Winamp Logo
Taaldinge Cover
Taaldinge Profile

Taaldinge

Afrikaans, News magazine, 1 season, 646 episodes, 2 days, 2 hours, 14 minutes
About
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Episode Artwork

Taaldinge 21 Julie 2024

Die tweede deel van die gesprek oor voegwoorde, fokus onder meer op voegwoordelike bywoorde, en leestekengebruik en voegwoorde. Dit is deel van ‘n reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA. Ina Strydom se gas is Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys.
7/21/202419 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 Julie 2024

In die tweede program in die reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA, praat Ina Strydom met Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, oor voegwoorde.
7/14/202420 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 7 Julie 2024

Ina Strydom praat met Frazer Barry oor die taal van rymklets, en hoe dit gebruik word vir protes en kommentaar; waarom dié term verkieslik is bo kletsrym, en oor rymklets in Afrikaans.
7/7/202421 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 30 Junie 2024

Wat is “hung parliament” in Afrikaans? Hoe word die woord “helaas” gebruik? En wat is volksetimologie? Dié en ander luisteraarsvrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ina Strydom stel die vrae namens die luisteraars.
6/30/202423 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 23 Junie 2024

Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom meer oor holistiese ontwikkeling by kinders, hoe taalvaardighede deel uitmaak van kommunikasievaardighede en waarom leesvaardigheid beskou word as die sleutel tot sukses.
6/23/202422 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 16 Junie 2024

Die Afrikaanse Wikipedia het in die afgelope twee jaar gegroei van net meer as 103 000 tot meer as 117 000 artikels van hoogstaande gehalte. Hoe gaan hulle te werk om gehalte te beheer? En hoe maak hulle seker dat tegniese inligting in goeie Afrikaans weergegee word? Die Direkteur: Afrikaans in die Wikimedia-raad, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom hoe hulle te werk gaan.
6/16/202423 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 9 Junie 2024

Om onderwysers en onderwysstudente wat met Afrikaanse grammatika werk so ‘n bietjie ondersteuning te gee, begin Ina Strydom met ‘n kort reeks in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans. Eerste aan die beurt is die voornaamwoord. VivA se projekbestuurder: grammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, vertel hoe dié woordsoort werk.
6/9/202426 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 2 Junie 2024

Die adjunkdirekteur van die Skool vir Tale by die NWU se Potchefstroomkampus, prof. Adri Breed, vertel vir Ina Strydom van haar navorsing oor perspektief in Afrikaans, en in die besonder die gebruik van “besig om te”, wat klaarblyklik al meer voorkom.
6/2/202420 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 26 Mei 2024

Emoji’s is veel meer as prentjies en versierings. Dit is linguistiese elemente wat betekenis oordra, emosies toevoeg en die toon van sinne kan verander. Prof. Donovan Lawrence van die Universiteit van Wes-Kaapland vertel vir Ina Strydom van sy navorsing.
5/26/202423 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 Mei 2024

Wat is ‘n amptelike taal, en waarvoor word dit gebruik? Teen die agtergrond van die viering van 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal, praat Ina Strydom hieroor met die taalpraktisyn en vertaler, Tom McLachlan. Hy verduidelik ook die konteks waarbinne Afrikaans ‘n amptelike taal geword het.
5/19/202423 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 Mei 2024

Afrikaans as amptelike taal word aanstaande jaar 100 jaar oud.  Die afgelope week is die veldtog, Afrikaans  Amptelik 100, bekend gestel wat daarop gemik is om dié belangrike mylpaal te vier.  Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor wát presies gevier word – en waarom.
5/12/202424 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 Mei 2025

Plekname weerspieël baie van die geskiedenis, en die taal se geskiedenis. ‘n Taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom van die plekname wat deur die natuur geïnspireer is, en hulle praat oor die verskynsel van pleknaamverandering.
5/5/202423 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 28 April 2024

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs bekend gemaak aan wie sy gesogte pryse vanjaar toegeken word. Prof. Eleanor Cornelius, professor in Toegepaste Linguistiek is die ontvanger van die CL Engelbrech-prys vir Taalkunde vir haar boek, Gewone Taal – ‘n oorsig. Sy vertel vir Ina Strydom wat “gewone taal” is en hoekom dit belangrik is.
4/28/202424 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 21 April 2024

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, doen besondere werk oor Afrikaans grammatika en het ‘n portaal vir taalonderrig.  Die projekleier, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die taalonderrigportaal en wat dit alles bied.
4/21/202426 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 April 2024

Twee verteenwoordigers van die Griekwa-koningshuis, kaptein Aaron Messelaar en hoofvrou Rachel Cloete, vertel vir Ina Strydom meer oor die Griekwa-gemeenskap en Afrikaans.  Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, neem ook aan die gesprek deel.
4/14/202423 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 7 April 2024

Na aanleiding van ‘n onlangse rubriek in Beeld waarin die rubriekskrywer Jana Luther vra of dit tyd geword het vir ‘n Red-‘n-Woord projek, praat Ina Strydom met haar oor ou Afrikaanse woorde – en watter  gered kan word, of behoort gered te word.  
4/7/202423 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 31 Maart 2024

Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae; die herkoms van uitdrukkings soos husse met lang ore en bossies het oë; en die meervoud van keurspel.
3/31/202419 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 24 Maart 2024

Akademia het pas ‘n BA Taalstudies bekend gestel. Die hoof van die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, dr. Alé Steyn, vertel vir Ina Strydom wat dié kursus besonders maak, en waarom taalstudie so belangrik is.
3/24/202425 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 17 Maart 2024

Die waarde van ‘n woordeboek vir ‘n skoolkind kan nooit genoeg beklemtoon word nie. Die senior leksikograaf en eindredakteur by Pharos, Delana Fourie, vertel vir Ina Strydom van die jongste woordeboek in hulle stal, die Senior Tweetalige Skoolwoordeboek. Hulle praat ook oor die waarde en belangrikheid van woordeboeke in die algemeen.
3/17/202423 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 10 Maart 2024

Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.
3/10/202425 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 3 Maart 2024

Die uitspraak van eiename, plekname en ander benamings in vreemde tale bly ‘n tameletjie vir die meeste mense. Moet die uitspraak so ná as moontlik aan die brontaal wees, of moet dit aangepas word na die klanke van die eie taal? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing oor dié kwessie. https://bit.ly/Uitspraakvoorkeure
3/3/202420 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 25 Februarie 2024

Eersterust is ’n Afrikaanse gemeenskap in Pretoria. Hulle het groot uitdagings wat betref die oordrag van Afrikaans tussen die generasies omdat die druk om te verengels, voortdurend toeneem. Die Eersterust Taal- en Ontwikkelingsforum het ‘n paar jaar gelede tot stand gekom om Afrikaans en moedertaal in die gemeenskap te bevorder. Die ATR se noordelike koördineerder, Merlyn van der Rheede, die voorsitter van ETOF, Nolan Leyds, en die sekretaris, Danie Mathys, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle projekte en planne.
2/25/202423 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 18 Februarie 2024

Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits?  Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees.
2/18/202424 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 11 Februarie 2024

Emeritus-professor Hein Willemse vertel vir Ina Strydom meer oor die skrywer van die boek, The Arabic Afrikaans Writing Tradition, Achmat Davids; en die bydrae van die boek tot die geskiedenis van Afrikaans. Hy praat ook oor die rol van variëteite en Standaardafrikaans.
2/11/202424 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 4 Februarie 2024

Afrikaans is toenemend onder druk by universiteite, skole, in howe en in die werkplek, maar internasionaal groei die belangstelling in die taal. Nie net word die taal by verskeie universiteite in die buiteland as vak aangebied nie, maar taalkundiges elders in die wêreld doen ook navorsing oor Afrikaans. Die organiseerder van die 4de Internasionale Afrikaansgrammatika-werkwinkel, Monique Rabe van die NWU, vertel vir Ina Strydom van die referate wat gelewer is.
2/4/202420 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 28 Januarie 2024

Waar kom die woord, sjebeen, vandaan? Wat is kontaminasie as dit met woorde of taal verband hou?  Is die woorde, brutaal en wreed, sinonieme?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord hierdie en ander taalnavrae.
1/28/202417 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 21 Januarie 2024

Die taalkundige, Prof Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom hoe hy te werk gaan om die storie van Afrikaans se verlede, hede en toekoms in ‘n kompakte vorm te vertel.
1/21/202423 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 Januarie 2024

Een van die heel oudste variëteite van Afrikaans kom uit die Bo-Kaap, naamlik Maleier-Afrikaans of Moslem-Afrikaans of Arabiese Afrikaans.  Twee taal- en erfenisaktiviste, Fatima Allie en Mogamat Alexander vertel vir Ina Strydom van hulle projek om Afrikaans weer in die Bo-Kaap te vestig.  Die projek word met die steun van die ATR gedoen.
1/14/202422 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 7 Januarie 2024

Waarom is die standaardvariëteit van ‘n taal noodsaaklik, en waarvoor word dit gebruik?  Ina Strydom vra die taalkundige, Prof Ernst Kotze onder meer hoe daar op die standaardvariëteit besluit word en uit watter stappe die standaardiseringsproses bestaan.
1/7/202424 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 31 Desember 2023

Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord “laaitie” vandaan?  En waarom kry sommige plekname ‘n lidwoord vooraan?  Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word.  Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
12/31/202319 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 24 Desember 2023

Sommige gewoontes en gebruike tydens Kersfees en Nuwejaar is eeue oud; en al die gelowe het ‘n fees wat verband hou met lig – wanneer die lig die donker verdring. Uit die argief kom ‘n gesprek wat Ina Strydom met Jana Luther van die WAT gehad het oor sommige van die gebruike en tradisies wat met Kersfees en Nuwejaar verband hou.
12/24/202318 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 17 Desember 2023

Die eerste Departement Afrikaans en Nederlands het in 1918 by die Grey Universiteitskollege – vandag die Universiteit van die Vrystaat – tot stand gekom.  ‘n Gedenkboek “Van toeka af die toekoms in”, het pas verskyn. Proff. Angelique van Niekerk en Henning Pieterse, die redakteurs, vertel vir Ina Strydom meer oor die boek en die geskiedenis van die Departement.
12/17/202325 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 10 Desember 2023

Wat is die stand van Afrikaans in die regswese – en hoekom is dit belangrik? Akademia het onlangs ‘n seminaar hieroor gehou as deel van die ATR se groter projek oor die stand van Afrikaans.  Die dekaan van Akademia se regsfakulteit, prof. Hermie Coetzee, en ‘n dosent in Opvoedkunde, dr. Annelise de Vries vertel vir Ina Strydom meer oor die onderwerpe wat bespreek is, en deel ‘n paar aanbevelings.
12/10/202321 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 3 Desember 2023

Die Afrikaanse Taalraad het met ‘n unieke projek in Macassar in die Wes-Kaap begin om Afrikaanse onderwys, en die belang van moedertaalonderwys en meertaligheid te beklemtoon. Dr Conrad Steenkamp en Ria Olivier van die ATR en Dr. Charles Flaendorp van die VGK -gemeente in die dorp vertel vir Ina Strydom hiervan.
12/3/202324 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 26 November 2023

‘n Paar taalnavrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT, soos die herkoms van die woorde ban en nerd.  Die ambassadeur van die Festival voor het Afrikaans, wat die naweek in Den Haag plaasvind, Frazer Barry, vertel vir Ina Strydom meer van dié fees.
11/26/202325 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 November 2023

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.
11/19/202321 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 November 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.
11/12/202319 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 November 2023

Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel?  En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe.  Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.
11/5/202318 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 29 Oktober 2023

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.
10/29/202321 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 22 Oktober 2023

Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is.  Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.
10/22/202324 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 15 Oktober 2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.
10/15/202320 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 8 Oktober 2023

‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.
10/8/202318 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 1 Oktober 2023

Skoolkinders se gebrekkige leesvermoë het verreikende gevolge, want volgens ‘n PIRLS-verslag kan slegs 19% van leeringe in Graad 4 met begrip lees.  Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir  Ina Strydom wat ouers en opvoeders kan doen om kinders se leesbegrip te verbeter.
10/1/202318 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 24 September 2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, is besig met verskeie projekte ter bevordering en bewaring van Afrikaans in al sy fasette.  Die bestuurshoof, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van die projekte, insluitend ‘n taal- en tegnologietoer vir skoolkinders, onderwyshulpmiddels en die uitgewery.
9/24/202324 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 17 September 2023

Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en die kultuur- en taalaktivis, dr. Willa Boezak, vertel vir Ina Strydom van ‘n werkswinkel oor Afrikaans en die Griekwa. Die tema was Afrikaans, taal van my voorouers – taal van my kinders.
9/17/202322 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 10 September 2023

Milanie Vosloo, die projekbestuurder van Afrikaans.com, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle leerhulpmiddels wat gratis beskikbaar is. Hulle praat ook oor die belangrikheid van moedertaal en moedertaalonderrig.
9/10/202318 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 3 September 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat aan bod kom,  sluit onder meer in die verskil tussen lankmoedig en verdraagsaam; die herkoms van ensemble, riemtelegram en stinkryk; en die rede waarom onmiddellik op dié manier gespel word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
9/3/202322 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 27 Augustus 2023

Waarom gebruik ‘n mens woorde soos dinges, of watsenaam?  En watter funksie het “uhm” in ‘n gesprek?  Prof. Donovan Lawrence, hoof van die department Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Wes-Kaapland, vertel vir Ina Strydom meer oor plekhouers en stopwoorde.
8/27/202320 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 20 Augustus 2023

Die gesogte Jan H. Maraisprys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ‘n hoë vlak in Afrikaans, is vanjaar toegeken aan die letterkundige, prof. Louise Viljoen van Stellenbosch.  Sy vertel vir Ina Strydom meer oor haar werk en loopbaan.
8/20/202321 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 13 Augustus 2023

Luisteraars se taalvrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van nommers, syfers en getalle; die herkoms van die uitdrukkings streepsuiker kry en riemspring; en die verskil tussen gebruiker en verbruiker.  Alet Cloete en Gerda Odendal van die W.A.T. verskaf die antwoorde op die vrae wat Ina Strydom namens die luisteraars vra.
8/13/202321 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 6 Augustus 2023

Die Internasionale Federasie van Vertalers is ‘n beroepsorganisasie vir vertalers, tolke en terminoloë. Onlangs is ‘n streeksentrum vir Afrika in die lewe geroep. Die ondervoorsitter, prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg, vertel vir Ina Strydom wat hierdie organisasie doen.
8/6/202325 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 30 Julie 2023

‘n Baie belangrike navorsingsprojek oor variasie in Afrikaans is onlangs aangekondig. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ProVaria handel, en waarom die projek van stapel gestuur word.
7/30/202324 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 23 Julie 2023

Iemand sing van ‘n boer in beton; ‘n groep noem hulleself ‘n Boere boy-band; vir sommige mense beteken dit ook die polisie. En dan is daar nog die mense wat kos op die land se tafels sit. Wat beteken boer en Boer vandag? Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg het ‘n akademiese artikel geskryf waarin sy die gebruike en betekenis ondersoek.
7/23/202323 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 16 Julie 2023

Hoekom skuif kerke en gemeentes so maklik van Afrikaans na Engels as geloofstaal? Die Afrikaanse Taalraad ondersoek dié kwessie. Die ondervoorsitter van die ATR, dr. Hendrik Theys, die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom wat die agtergrond tot die ondersoek is, en gee inligting oor ‘n simposium wat beplan word om die skakel tussen taal en geloof te belig, en ‘n basis vir gesprek te skep.
7/16/202322 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 9 Julie 2023

Die kwessie van standaardtaal is die afgelope tyd in die kollig. Daar is diegene wat meen “standaard” sluit mense uit. Maar wat is standaardtaal; wat is die doel daarvan; hoe werk dit elders in die wêreld; en is dit nodig om ‘n standaardtaal te hê? Die gesaghebbende taalkundige, prof. Ernst Kotze, beantwoord Ina Strydom se vrae.
7/9/202324 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 2 Julie 2023

Waarom gebruik ‘n mens ‘n komma as desimale skeier, en nie punt nie? En waarom kan ‘n mens nie maar net soos wat die gewoonte geword het, van biljoen praat in plaas van miljard nie? Die vertaler en taalpraktisyn, Tom McLachlan, vertel vir Ina Strydom wat die rede hiervoor is.
7/2/202320 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 25 Junie 2023

Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs ‘n seminaar gehou met die tema: Die einde van Standaardafrikaans? Die kommissie se voorsitter, Suléne Pilon, vertel vir Ina Strydom wat hulle gedagtegang oor dié kwessie is.
6/25/202324 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 18 Junie 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee, en vertel onder meer wat “kiri slam” beteken wat in ‘n gedig van ID du Plessis voorkom; en waar die woord “iesegrimmig” vandaan kom.
6/18/202323 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 11 Junie 2023

Afrikaans is oor twee jaar 100 jaar oud. Die projek om dié geleentheid te vier, is onlangs aangekondig. Teen hierdie agtergrond is dit dan ook nodig om bestek te neem van Afrikaans se infrastruktuur: wat is daar, en in watter toestand is dit?  Prof. Wannie Carstens van die NWU verduidelik vir Ina Strydom wat Afrikaans se infrastruktuur is, en hulle besin oor onderhoud en instandhouding.
6/11/202322 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 4 Junie 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van manlike en vroulike vorme; waarom tagtig met ‘n t begin en nie “agtig” is nie; en die verskil tussen insette en insae.  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee.
6/4/202322 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 28 Mei 2023

Vloek jy in Afrikaans of Engels? Vloek is ‘n interessante kwessie, en verskillende woorde is meer of minder aanvaarbaar vir verskillende mense. Maar watter rol speel tweetaligheid, en vloek ‘n mens dalk makliker in Engels as jy Afrikaans is, of anders om? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom van ‘n internasionale projek waarmee hy besig is.
5/28/202320 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 21 Mei 2023

Die verskil wat ‘n letter kan maak! Is dit ‘n tikfout of ‘n taalfout? Die bekendstelling van nuwe banknote het tot groot ontsteltenis gelei by sommige lede van die Tsonga-taalgemeenskap omdat die woord “bangikulu” wat Reserwebank beteken, sonder ‘n “n” gespel word soos op die vorige stel note. Die taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom waaroor die ontsteltenis gaan.
5/21/202318 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 Mei 2023

T staan vir ta en tsoenami; vir taai en vir têkkel, en nog vele meer. Die Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, vertel vir Ina Strydom wat dit behels om ‘n woordeboekdeel van die WAT saam te stel, nadat die deel wat met die letter T begin, onlangs voltooi is. Sy vertel ook meer oor die vordering met die tienjaarplan, en wat gebeur as al die dele voltooi is.
5/14/202320 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 7 Mei 2023

Universiteite se taalbeleid is dikwels in die kollig en het al tot verskeie hofsake gelei. Maar taalbeleid handel ook oor regverdigheid en die benadeling van studente op grond van taal. Proff. Albert Weidenam en Tobie van Dyk van Icelda vertel vir Ina Strydom hoekom akademiese geletterdheid en die insluiting daarvan in ‘n taalbeleid so belangrik is.
5/7/202319 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 30 April 2023

Luisteraars se taalnavrae is altyd interessant en leersaam. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel onder meer waar “op eie houtjie” en “uitknikker” vandaan kom. Hulle gee ook die Afrikaanse benaming vir “chatbot”, en verduidelik wat ‘n kon-konnetjie is.
4/30/202316 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 23 April 2023

Akademiese geletterdheid kom elke dan en wan in die soeklig, maar wat is dit en waarom wil universiteite dit meet? Proff. Albert Weideman en Tobie van Dyk vertel vir Ina Strydom waarom akademiese geletterdheid belangrik is, en wat uit toetse afgelei kan word.
4/23/202325 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 16 April 2023

Watter nut het idiome? Dalk moet ‘n mens sommer maar reguit sê wat jy bedoel. Maar enige moedertaalspreker wat sy sout werd is, sal weet dat uitdrukkings en idiome so ingeburger is dat ‘n mens skaars besef jy gebruik dit. Die oorsprong van uitdrukkings in Afrikaans kan gevind word in bronne wat wissel van die antieke tyd tot vandag; van bedrywe soos skeepvaart tot sport. Betaalmiddels, oud en nuut, is ‘n ryk bron van idiome. Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom waar uitdrukkings soos “sy sout werd” en “kruis of munt” vandaan kom.
4/16/202322 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 9 April 2023

‘n Paar weke gelede is daar bestek geneem van die stand van Afrikaans, en die fokus was op die positiewe punte. Daar is egter ook rooi ligte wat flikker waarvan kennis geneem moet word. Prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp bespreek ‘n paar van die gevaarligte vir Afrikaans met Ina Strydom.
4/9/202324 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 2 April 2023

Wat is die verskil tussen state en deelstate; konsert en concerto; en bakatel en bagatelle? ‘n Nuwe spanlid, dr. Gerda Odendaal, sluit by Alet Cloete van die WAT aan om saam met Ina Strydom luisteraars se navrae oor taalkwessies te beantwoord.
4/2/202320 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 26 Maart 2023

Dis altyd moeilik om plagiaat te bewys, en kunsmatige intelligensie kan dit selfs moeiliker maak. Maar daar is taalkundige beginsels wat in die proses gebruik kan word om die identiteit van die outeur te bepaal. Taalkundige prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom hoe forensiese linguistiek hiervoor gebruik word. Dit is die vakgebied waar taal gebruik word om regskwessies te help oplos soos plagiaat, laster of naamskending wanneer die outeur anoniem is of ‘n skuilnaam gebruik.
3/26/202318 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 Maart 2023

Om 'n vreemde taal aan te leer maak nie net nuwe wêrelde oop wat betref musiek en letterkunde nie, maar kan ook help om werksgeleenthede en selfs verblyfreg te kry.  Prof. Angelique van Niekerk, hoof van die Departement, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom van 'n aanleerderskursus wat mense in staat kan stel om Nederlands genoegsaam onder die knie te kry om in die land te kan woon.
3/19/202325 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 Maart 2023

Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe die oudit gedoen word.
3/12/202318 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 Maart 2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne.
3/5/202320 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 26 Februarie 2023

Daar is vir die eerste keer 'n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek. 
2/26/202323 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 Februarie 2023

Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur?  Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus.  Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit.
2/19/202325 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 Februarie 2023

As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig.  Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan.
2/12/202320 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 Februarie 2023

‘n Taalkundedosent van die department Afrikaans by die NWU se Potchefstroom-kampus, Nina Brink, vertel hoe metonimie in babas en peuters se vroeë taalgebruik voorkom.
2/4/202319 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 29 Januarie 2023

Die Afrikaanse Taalraad is op vele vlakke betrokke om Afrikaans in al sy variëteite te bevorder en te beskerm. Die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die ondervoorsitter van die direksie, dr. Hendrik Theys, en die koördineerder in die Suide, Ria Olivier, vertel aan Ina Strydom wat hulle planne vir die jaar is.
1/29/202322 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 22 Januarie 2023

Dr. Phillip Louw is die nuwe hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy praat oor die noodsaaklikheid van skoolwoordeboeke in ander tale, die belang van moedertaalonderrig, en sy visie vir die WAT.
1/22/202320 minutes
Episode Artwork

Taaldinge 15 Januarie 2023

Die aanspreekvorme, oom en tannie, het sommige mense warm onder die kraag. Ander meen dis ‘n teken van respek. Dr. Carla Ellis van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs haar Ph.D verwerf met ‘n sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van dié aanspreekvorme. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die studie en haar bevindings.
1/15/202323 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 8 Januarie 2023

Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Pretoria, vertel hoe woorde van vreemde herkoms in Afrikaans hanteer word. Daar is vertaling, transkripsie, transliterasie en ontlening.
1/8/202322 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 1 Januarie 2023

Jana Luther van die WAT vertel meer oor nuwejaarsvierings, en die herkoms van woorde soos joel en jol en beier.
1/1/202318 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 18 Desember 2022

Luisteraars se taalnavraae word beantwoord - Waarom praat ‘n mens van die Paarl en die Strand, maar nie van die George nie? Wanneer is dit hakkie en wanneer is dit hakie? Wat beteken kwiksoties?
12/18/202219 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 11 Desember 2022

Die aktrise Charlize Theron se uitlating dat daar net 44 Afrikaanssprekendes oor is, het wye en soms heftige reaksie ontlok. Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, praat oor wat dit vir Afrikaans beteken het, en die gevaarligte wat wel vir Afrikaans flits.
12/11/202221 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 4 Desember 2022

Waarom praat ons van “’n feit soos ‘n koei”?  En is dit korrek om te praat van rippeleffek?  Dr. Willem Botha en Alet Cloete beantwoord taalnavrae saam met Ina Strydom.
12/4/202218 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 27 November 2022

Prof. Wannie Carstens van die NWU en Roné Wierenga van VivA vertel vir Ina Strydom van enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans, en wat die oogmerk hiervan is.
11/27/202224 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 20 November 2022

Prof. Frenette Southwood en Helena Oosthuizen van die Universiteit Stellenbosch en Nina Brink van die Noordwes-Univesiteit vertel van ‘n kindertaalprojek wat gedoen word in al elf landstale. Die oogmerk is om kindertaalontwikkeling te monitor en leemtes betyds op te spoor.
11/20/202224 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 13 November 2022

Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom van die heersende teorieë oor taal en die kognitiewe wetenskap, en tegnologiese voortuitgang in dié verband.
11/13/202220 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 6 November 2022

Prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU vertel vir Ina Strydom van nuwe navorsing wat bevind het dat ouers advies in boeke wil hê, wat soortgelyk is aan die ouderdomsbeperkings in rolprente. Die skrywers en uitgewers moet hierdie inligting in boeke aanbring.
11/6/202222 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 30 Oktober 2022

Jana Luther, sekretaris van die Taalkommissie, praat oor standaardtaal en geselstaal, dat die een nie belangriker as die ander is nie, en dat daar ruimte vir variasie moet wees.
10/30/202217 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 23 Oktober 2022

Roné Wierenga vertel vir Ina Strydom van VivA se spraakatlas, en ‘n databasis van stemopnames wat vir taaltegnologieë gebruik word.
10/23/202220 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 16 Oktober 2022

In Taalnavrae gee dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur van die WAT, onder meer duidelikheid oor die verskil tussen naatloos en soomloos; die beklemtoning van woorde se invloed op die betekenis van ‘n sin; en die gebruik van manlike en vroulike vorme van woorde.
10/16/202221 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 9 Oktober 2022

‘n Nuwe Afrikaanse boek oor filmontleding, en met Afrikaanse filmterme, verskyn binnekort. Dit is veral gemik op senior hoërskoolleerlinge, maar is ook geskik vir onderwysers en ander belangstellendes. Leon van Nierop het vir Ina Strydom vertel hoe hulle te werk gegaan het met die terminologielys, en hoe die boek bydra tot die ontwikkeling van die Afrikaanse filmbedryf.
10/9/202221 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 2 Oktober 2022

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het onlangs deelgeneem aan ‘n konferensie in Duitsland met die tema, Klein Tale, Groot Idees. VivA se taalkundeskrywer en onderrigmateriaalontwerper, Nadine Fouche-Karsten, vertel meer oor VivA se bydrae, en die waarde van die konferensie.
10/2/202219 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 25 September 2022

Die voorsitter van die Suider Afrikaanse Neerlandistiekvereniging, prof. Adri Breedt, vertel van hulle onlangse kongres saam met die Internasionale Neerlandistiekvereniging. Prof. Anne-Marie Beukers gee besonderhede oor die nagraadse beurse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
9/25/202221 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 18 September 2022

Prof. Donovan Lawrence van die Departement Afrikaans aan die UWK praat met Ina Strydom oor taalvariasie, wat dit is, en waarom dit belangrik is vir Afrikaansonderrig in skole.
9/18/202220 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 11 September 2022

Die hoofredakteur van die WAT, dr. Willem Botha, en ‘n senior mederedakteur, Alet Cloete, beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle bespreek onder meer stadion vs stadium, en ronde vs rondte.
9/11/202222 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 4 September 2022

Wat is die aard van Standaardafrikaans? Hoe pas dit in tussen al die Afrikaanse variëteite? Hoe gaan  die Taalkommissie te werk om dit te beskryf?  Die voorsitter van die kommissie, Suléne Pilon, praat met Ina Strydom hieroor.
9/4/202222 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 28 Augustus 2022

Die Afrikaanse Taalraad wil wetenskaplik bepaal wat die stand van Afrikaans is.  Die raad se bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel meer oor die projek.
8/28/202224 minutes
Episode Artwork

Taaldinge 21 Augustus 2022

Die Afrikaanse Wikipedia groei aansienlik, en is van hoë gehalte. ‘n Direkteur van die Wikimedia-stigting Suid-Afrika, Deon Steyn, vertel van ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
8/21/202219 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 Augustus 2022

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord deur Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT.  Van die vrae wat bespreek word is die herkoms van die woord UITERAARD en die uitdrukking LEPEL IN DIE DAK STEEK. En, is die Guptas AAN DIE MAN GEBRING of AAN DIE KAAK GESTEL?
8/14/202222 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 7 Augustus 2022

Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom van die UJ-pryse vir Zoeloe, Noord-Sotho en literêre vertaling wat pas bekend gemaak is.  Sy vertel ook wat die vereistes vir ‘n goeie vertaling is.
8/7/202220 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 31 Julie 2022

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, stel ‘n nuwe toepassing bekend vir sy aanlyn Lees- en Luisterbiblioteek wat daarop gemik is om kinders se lees- en spelvaardighede te bevorder. Die taaladviseur, Sophia Kapp, vertel hoe dit werk.
7/31/202221 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 24 Julie 2022

Jana Luther vertel hoe sitate van bekende skrywers in die WAT opgeneem is, om hulle gebruik van bepaalde woorde en begrippe aan te dui.  Die ouer skrywers, Alba Bouwer, Audrey Blignault, E. Kotze en Louis Leipoldt word as voorbeelde gebruik.
7/24/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 17 Julie 2022

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT verduidelik onder meer die herkoms van die uitdrukking, “weet watter vleis jy in die kuip het”, en waarom so baie Afrikaanse vanne na voëls en diere verwys.
7/17/202222 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 10 Julie 2022

Baie tale het ‘n bydrae gelewer tot die ontstaan van Afrikaans – ook Arabies. Dr. Shamiega Chaudharie, ‘n dosent in Afrikaans aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, vertel vir Ina Strydom meer hieroor, en oor ‘n projek van die Afrikaanse Taalmonument en Museum wat daarop gemik is om Afrikaans se Arabiese erfenis te bewaar.
7/10/202218 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 3 Julie 2022

Klitsgras, waaigras, matjiesgras, lievenheerbesies en joggemlangasems. Dit is maar net enkele van die interessante gras- en gogganame wat in die WAT opgeteken is, en waaroor Jana Luther meer vertel.
7/3/202221 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Taadlinge 26 Junie 2022

Die gesogte Jan H. Maraisprys vir uitnemende bydrae tot Afrikaans as akademiese taal is vanjaar toegeken aan die leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch. Hy vertel vir Ina Strydom waarom die toekenning belangrik is, waarom Afrikaans as akademiese taal behoue moet bly, en waarom woordeboeke belangrik is.
6/26/202222 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 Junie 2022

Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom wat gebeur in twee- en meertalige mense se koppe wanneer hulle van een taal na ‘n ander verwissel. Die studieveld is diasistemiese konstruksiegrammatika.
6/19/202222 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 Junie 2022

Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae. Hulle verduidelik onder meer waar die uitdrukkings “ruimskoots voorsien” en “die gort is gaar” vandaan kom. En, waarom gebruik ons in Afrikaans miljard wanneer die Engels van biljoen praat?
6/12/202221 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 Junie 2022

Prof. Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom waarom hy meen dit is tyd vir die Groot Afrikaanse Gesprek.
6/5/202221 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 29 Mei 2022

‘n Lektor in Afrikaanse Taalkunde by die Universiteit van Pretoria, dr. Ansie Kriel, vertel vir Ina Strydom hoe taalstruktuur in propaganda aangewend word.
5/29/202220 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 22 Mei 2022

Waarom word ‘n bokkem nou juis ‘n bokkem genoem? Is dit reg om van ‘n pynvolle ervaring te praat? Waar kom die dorp Koekenaap se naam vandaan?  En dié van die Schiphol-lughawe? Dr. Willem Botha, hoofredakteur van die WAT, en Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalvrae te beantwoord.
5/22/202216 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 15 Mei 2022

Prof. Nerina Bosman van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria vertel vir Ina Strydom van wisselleerstoele ter bevordering van Neerlandistiek in Suid-Afrika, wat onlangs bekend gestel is.
5/14/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 8 Mei 2022

Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, en ‘n senior mederedakteur, Alet Cloete beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die oorsprong van die uitdrukking “soos die kraai vlieg”, en die herkoms van die word “bra” is van die interessanthede wat aan bod kom. En, waar kom die word verfomfaai vandaan?
5/8/202219 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 1 Mei 2022

Die Afrikaanse Taalraad en Afrikaans-departemente by universiteite het onlangs ‘n werkwinkel gehou om toekomsplanne te beraam en samewerkingsmoontlikhede te ondersoek.  Die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, en prof. Andries Visagie van die US se departement Afrikaans en Nederlands, vertel vir Ina Strydom meer van die byeenkoms.
5/1/202223 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 24 April 2022

Die projekleier van VivA se Taalondderrigportaal, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die Taalonderwysersforum wat onlangs bekend gestel is, en ‘n ander benadering tot die onderrig van grammatika.
4/24/202221 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 17 April 2022

Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom van die streektaalwoorde en -uitdrukkings wat in dié woordeboek vervat is, asook die ouer taalvorme wat in die WAT bewaar word.
4/17/202222 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 10 April 2022

Wat beteken pypkan? Is die uitdrukking “so skaars soos hoendertande” gepas? Waar kom die woord “turkoois” vandaan? Wat is die korrekte vertaling van “spreadsheet”? Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord luisteraars se taalnavrae.
4/10/202221 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 3 April 2022

‘n Groot gees in die Afrikaanse leefwêreld, prof. Jacques van der Elst, is onlangs oorlede. Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, bring hulde aan hom.  Daar is ook ‘n uittreksel uit ‘n argiefonderhoud wat Ina Strydom in 2017 met prof. Van der Elst gevoer het oor sy bydrae om bande tussen Afrikaanse en Nederlandse akademici te herstel.
4/3/202222 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 27 Maart 2022

Die hoof van die UWK se Departement Afrikaans en Neerlandistiek, dr. Donovan Lawrence, vertel vir Ina Strydom waar die benaming, malapropisme, vandaan kom, wat dit is en wat die funksie daarvan is.
3/27/202221 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 20 Maart 2022

Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, verduidelik aan Ina Strydom hoekom plekname van Oekraïense stede en dorpe verafrikaans word.  Hy verduidelik wat transliterasie is, en dat dit ‘n verskynsel is wat in alle tale voorkom.
3/20/202220 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 13 Maart 2022

Mag ‘n mens ‘n sin met ‘n voegwoord begin?  Ina Strydom en VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, bespreek voegwoorde in die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte.
3/13/202221 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 6 Maart 2022

Luisteraars se taalvrae beantwoord.  Ina Strydom en haar gaste, dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat onder meer oor die herkoms van “oulap se rooi”; die verskil tussen patrone en koeëls; en of ‘n mens moet praat van Oekraïne of die Oekraïne.
3/6/202220 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 27 Februarie 2022

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom van hulle pas afgelope konferensies, en van die fokuspunte wat geïdentifiseer is vir die bevordering van moedertaalonderrig.
2/27/202219 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 20 Februarie 2022

Op die vooraand van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie, neem Ina Strydom en haar gaste, prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp, bestek op van die stand van Afrikaans – ‘n terugskouing op 2021.
2/20/202222 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 13 Februarie 2022

Wat is die reël by die gebruik van die voornaamwoorde, wie en wat? Hoe word die woorddeel, -self, saam met wederkerende voornaamwoorde gebruik?  Ina Strydom en die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, sit die gesprekreeks oor skoolgrammatika voort, en fokus op die woordsoort voornaamwoorde. 
2/13/202223 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 6 Februarie 2022

Wat beteken “iets op sy elf en dertigste doen”; waarom kla ons “steen en been” en is dit hartomleiding of hartomlyning?  Hierdie en ander vrae word in Taalnavrae beantwoord. 
2/6/202214 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 30 Januarie 2022

Die Taalkommissie het vir die eerste keer in sy bestaan van meer as 100 jaar ‘n vrou as voorsitter. Ina Strydom praat met die nuwe voorsitter, Sulene Pilon, en die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, oor die Taalkommissie se nuwe model, en planne vir die kommissie se termyn.
1/30/202220 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 23 Januarie 2022

Ina Strydom en VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, sit hulle reeks oor skoolgrammatika voort en praat oor werkwoorde.  Dit sluit onder meer in:  hoe word daar onderskei tussen hoofwerkwoorde en niehoofwerkwoorde; wat is koppelwerkwoorde; en wat is ‘n omskrywingswerkwoord?
1/23/202222 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 16 Januarie 2022

Die voorsitter van die raad van die Afrikaanse taalmonument en -museum, Jean Meiring, vertel vir Ina Strydom meer oor die projekte van die ATM.
1/16/202221 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 9 Januarie 2022

Marlie Coetzee, die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), vertel meer van nuwe dienste en onderrighulpmiddels vir Afrikaansonderwysers en leerlinge.
1/9/202217 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 2 Januarie 2022

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Die gaste is dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hulle verduidelik onder meer waar die woord, blikners, vandaan kom, en wat die verskil is tussen blykbaar, skynbaar en klaarblyklik.
1/2/202217 minutes, 1 second
Episode Artwork

Taaldinge 26 Desember 2021

Teen die einde van die jaar maak woordeboeke en ander intansies hulle Woord van die Jaar bekend. Jana Luther vertel hoe die proses werk, en vertel ook van die woorde wat vanjaar aangewys is in ander dele van die wêreld.
12/26/202118 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 19 Desember 2021

In die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur Sophia Kapp, oor setsels. Sy verduidelik onder meer waarom dit nie net voorsetsels genoem word nie.
12/19/202122 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 12 Desember 2021

Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, verduidelik wat taalnorme is en hoe taalvariasie ‘n invloed het op normering.
12/12/202119 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 5 Desember 2021

In Taalnavrae beantwoord die kenners 'n vraag oor moderne tale wat makliker lyk as ouer tale; en die betekenis van magnus opus word verduidelik.
12/5/202119 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 28 November 2021

Emeritus-professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa,  Laurette Pretorius, praat oor die 20-jarige viering van Wikipedia in Afrikaans, en die waarde van Wikipedia in Afrikaans.
11/28/202121 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 21 November 2021

In die reeks oor woordsoorte verduidelik VIvA se taaladviseur, Sophia Kapp, hoe bywoorde herken en gebruik word.
11/21/202120 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 14 November 2021

Is Afrikaans ‘n inheemse taal? Die taalkundiges, proff. Ernst Kotze en Wannie Carstens, beantwoord dié vraag.
11/14/202122 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 7 November 2021

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vandeesweek die boek, Die AWS 100 jaar, deur wyle prof. Christo van Rensburg, amptelik bekend gestel. Die taalkundige en oudvoorsitter van die Taalkommissie, prof. Ernst Kotze, vertel meer oor die boek en sy waarde vir Afrikaans.
11/7/202120 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Taaldinge 31 Oktober 2021

Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae.
10/31/202115 minutes, 45 seconds