Winamp Logo
Sondagjoernaal Cover
Sondagjoernaal Profile

Sondagjoernaal

Afrikaans, Religion, 1 season, 396 episodes, 3 days, 12 hours, 55 minutes
About
Ds. Henk Saaiman vertel van ‘n besoek aan christene in China; Lisa Truter gesels oor die Zoë Trust se skuilhuis vir kinders; Celeste van Niekerk gesels oor die Bread for Life-projek; Hein Reyneke vertel hoe Scas ‘n verandering maak deur sport; vind meer uit oor die Help Lift-projek by die Driehoekgemeente in Vanderbijlpark; en Magriet Smit gesels oor die gebruik van die evangelie terwyl hulle kinders leer lees.
Episode Artwork

Sondagjoernaal 27 Maart 2022

In die laaste aflewering van Sondagjoernaal gesels kyk Lizelle de Bruin na die werk wat die Church of Scotland doen, die verlies van 'n lewensmaat, ontwerpelemente vir veeldoelige kerke, en dr. Jannie le Roux sê daar is dalk waarde in spyt wees.
3/27/202234 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 20 Maart 2022

Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis praat oor hoe die toekoms vir die Kerk lyk. Jaco Brand, ‘n landskapargitek van Rawsonville, vertel hoe die Here hom gelei het om te werk met dít wat hy in sy hand het. Dr. Michiel van der Merwe vertel hoe hy gidshonde oplei.
3/20/202240 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 13 Maart 2022

Dr. Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FEBA Radio, praat oor leierskap. Berlise Lourens, bemarkingsbestuurder van CLF, vertel van hulle gratis pamflette wat beskikbaar is. Ds. Stephan Spies van CMP en dr. Kola de Klerk van Judea Harvest praat oor die Bybel in Oekraïns. Michelle Potgieter, ‘n berader in Oekraïne, vertel wat in die land gebeur.
3/13/202240 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 6 Maart 2022

Dr. Dave Viljoen van die Kenridge NG Gemeente praat oor die vreugde van gee. André en Anna-Marie Thiart vertel van hulle werk in Mosambiek. Barrie Burger, Noenieput se perdefluisteraar, vertel van sy werk. Dr. Ernst van Jaarsveld, meesterplantkundige, deel interessante feite oor die Johannes-broodboom.
3/6/202242 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 27 Februarie 2022

Dr. Lourens Schoeman van die Ladysmith NG Kerk praat oor die geloofsgemeenskap van Ladysmith, en hoe hulle saamstaan in ‘n tyd van krisisse. Bianca van Aswegen vertel van haar werk met vermiste kinders. Helene Meisenheimer, ‘n joernalis by die Kerkbode, gesels oor haar werk en geloofspad. Wilma Christoffels van Helpende Handjies op Montagu praat oor hulle werk in die gemeenskap.
2/27/202234 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 20 Februarie 2022

Dr. Arno van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat praat oor eenheid in ‘n geloofsgemeenskap. Pastoor Adriaan en Leza Graaff vertel van hulle huis van genade op Kimberley. Dr. Andrew Kok van die NG Kerkargief het interessante feite oor kerkgeboue. Ds. Nioma Venter, assessor van die moderamen in die Wes-Kaap, praat oor die staptog tussen Sutherland en Merweville ten bate van die droogtefonds.
2/20/202238 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 13 Februarie 2022

Prof. Piet Meiring praat oor vergifnis en leierskap, en waarom vergifnis nodig is. Elsabe Wright, skriba van die Montagu NG-gemeente, vertel van hulle barmhartigheidskomitee se werk om mense van die gemeenskap by te staan. Die redakteur van Kerkbode, Le Roux Schoeman, praat oor die uitdaging om aan te pas in ‘n digitale era. Helene de Haas, woordkunstenaar van Prins Albert, gesels oor woorde wat lewe gee.
2/13/202241 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 6 Februarie 2022

Ds. Danie du Toit van die Paarl Strooidakkerk praat oor die lewe van prof. Jaap du Rand. Suster Amelia Coetzee van Jeffreysbaai praat oor haar geloofspad. Ds. Tonie Viljoen, koshuishoof van Sonop Christelike Tehuis, praat oor die ondersteuning van eerstejaarstudente op hulle geloofspad. Annatjie Roets van Malmesbury vertel van hulle bidbeertjie-projek.
2/6/202237 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 30 Januarie 2022

Joernalis Ivor Price praat oor leierskap en wat ons by die landbou daaroor kan leer. Anda Grobbelaar deel haar geloofstorie oor hulle stilgebore baba. Beminde Jacobs van Trompsburg vertel hoe sy haar kop moes optel ná haar man se dood aan die begin van die inperking weens die virus. Gustav Kros, direkteur van Incontext International, gee Christelike perspektief oor ‘n paar sake in die nuus.
1/30/202241 minutes
Episode Artwork

Sondagjoernaal 23 Januarie 2022

Ds. Johan Smit van VitaAmp praat oor leierskap, en wat dit nié is nie. Dr. Marinda van Niekerk, bestuurshoof van PEN in Pretoria, praat oor hulle werk en omgewing. Argitek De Waal Ritter praat oor heilige ruimtes. Barend la Grange, bedryfshoof en trusteelid van die Privilege Foundation, vertel hoe om jou hoopmeter aan die gang te hou.
1/23/202240 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 16 Januarie 2022

Dr. Stephan Joubert praat oor leierskap en die voorbeeld wat Moses gestel het. Perderuiter en akteur Eddie Newman vertel hoe hy die lewe aanpak ná sy tradisionele inisiasie. Andrew Buitendach vertel van sy geloofspad, en van die Jan Frederick wat Jesus se pyn probeer verlig het. Ds. Chris de Vries van die Kapanong-gemeente in Bloemfontein vertel van sy werk en omgewing.
1/16/202236 minutes, 1 second
Episode Artwork

Sondagjoernaal 9 Januarie 2022

Dr. Dave Viljoen van die NG Kerk Kenridge praat oor hoop en dankbaarheid. Sielkundige en skrywer dr. Pieter van Jaarsveld praat oor positiwiteit en hoe om die nuwe jaar aan te pak.
1/9/202237 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 2 Januarie 2022

Ds. Rudi Swanepoel van die Andrew Murray-gemeente in Johannesburg vertel hoe om nuwe asem in jou geloof te blaas. Deliah Niemand, ‘n luisteraar, praat oor haar geloofspad. Ds. Gert-Henrik Feldmann van die Nuwe Hoop Rehabilitasiesentrum praat oor sy pad van metallurgiese ingenieur na predikant. Pastoor Lynette Beer gesels oor dankbaarheid en hoop.
1/2/202236 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 26 Desember 2021

Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis praat oor 2021 en hoe ons 2022 gaan aanpak. Dr. Wouter van Wyk, sekretaris van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk, praat oor wat 2021 alles vir die kerk ingehou het. Dr. Marlena Kruger gesels oor depressie. Ds. Henri Meyer van Mosselbaai praat oor dankbaarheid.
12/26/202141 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 19 Desember 2021

Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, dr. Bruce Theron, predikant by Ebenezer Congregational Kerk van die United Congregational Church of Southern Africa, dr. Isak Burger, afgetrede president van die AGS van Suid-Afrika, en dr. Donald Katts, voorsitter van die Wes-Kaapdistrik van die Volkskerk van Suid Afrika, gee hulle Kersboodskappe.
12/19/202134 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 12 Desember 2021

Ds. Awie Brand van Caledon-Wes vertel van Loeriesfontein se basaar. Ou Testamentikus, ds. Neels van Tonder, verduidelik hoe die stal sou gelyk het waarin Jesus waarskynlik gebore is. Dr. Willem Botha, die uitvoerende direkteur, van die WAT praat oor die taal wat ons in die Kersseisoen gebruik. Opvoedkundige sielkundige Quinten Adams en die shack bouers deel ‘n paar gedagtes oor Kersfees.
12/12/202139 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 5 Desember 2021

Dr. Dave Viljoen van Kenridge praat oor die kleure van Kersfees. Ds. Antoinette Wilson van Lydenburg vertel hoe om Kersfees vir kinders interessant te maak. Ds. Neels van Tonder van Warmbad praat oor hoe die stal sou gelyk het waarin Jesus waarskynlik gebore is. Dr. Jannie le Roux praat oor dankbaarheid en hoop.
12/5/202143 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 28 November 2021

Dr. Pieter van der Walt, verbonde aan die teologiese fakulteit van Stellenbosch, en dr. Etienne van der Wal, neuroloog, praat oor die Fibonacci-syferreeks en die teenpole van geloof en wetenskap.Stephan Walters van SIM-sending vertel van sy gesin se werk in Peru in die Andes-gebergte. Landdros Charl van Niekerk praat oor boeliegedrag, sy dogter se dood, en hoe hy as pa dit ervaar het. Dr. Ansa van Geest praat oor haar ervaring tydens Covid.
11/28/202137 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 21 November 2021

Ds. Jan Oberholzer van die Dowe Familiekerk op Worcester praat oor die gemeente se uitdagings. Monique Strydom van Matla-a-bana vertel van hulle werk saam met die polisie om die aanmelding van geweld teen kinders makliker te maak. Bettina Wyngaardt, prokureur en aktivis, praat oor die rol van die kerk met die beskerming van vroue en kinders. Adri van Niekerk, ‘n berader, praat oor boeliegedrag en haar dogter se dood.
11/21/202143 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 14 November 2021

Ds. Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vertel van hulle nuwe gratis toepassing vir slimfone. Skrywer, Melanie Vosloo praat oor haar jongste boek, KRAG VIR ELKE DAG. Ds. Scherlize van der Merwe van die Ysterplaat Gemeenskapskerk vertel van hulle Isibindi-projek. Skrywer Riekert Botha praat oor sy boek, WEES OOR NIKS BESORG NIE.
11/14/202135 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 7 November 2021

Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis praat oor die Hoop- en Versoeningstrust se projekte. Ds. Lambert Jacobs van die Stellenbosch-Noord gemeente praat oor hulle plek in die gemeenskap as ‘n gemeenskapsentrum. Angus Buchan, evangelis en skrywer, praat oor sy boek. Ds. Eric Swanepoel van Incontext International praat oor die waarde van ‘n getuienis.
11/7/202136 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Sondagjoernaal 31 Oktober 2021

Dr. Dave Viljoen van die NG Kerk Kenridge praat oor die klip voor die graf. Pierre du Plessis van In Via praat oor troeteldiere in die kerk op St. Francisdag. Ds. Ben van Tonder van Graaff-Reinet vertel van hulle kerk en herinneringstuin. Melvina Engelbrecht, uitvoerende direkteur van Ngwedi Molalatladi, praat oor hulle gemeenskapswerk.
10/31/202138 minutes, 23 seconds