Winamp Logo
Monitor Cover
Monitor Profile

Monitor

Afrikaans, Foreign/International, 1 season, 3771 episodes, 4 days, 9 hours, 34 minutes
About
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Episode Artwork

Monitor 17 Mei 2024

Verskeie wette word op die laaste oomblik deur die parlement goedgekeur. Suid-Afrikaners in die buiteland stem vandag en môre in die verkiesing. 'n Interessante nuwe konsep word by Nampo bekendgestel - 'n plaaskombuis met die doel om voedselsekerheid te bevorder.
5/17/202450 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Mei 2024

Die Nasionale Gesondheidsversekerings-wet onderteken, maar daar is hewige reaksie uit sekere geledere. Die verkiesing maak landbouers onseker.
5/16/202448 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Mei 2024

Werkloosheid styg in die eerste kwartaal van die jaar. Die president sal vanmiddag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering onderteken. Die geregtelike doodsondersoek na Albert Luthuli gaan heropen word.
5/15/202447 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Mei 2024

Die ouma van Joslin Smith pleit by Smith se ma vir meer inligting. Ons praat met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering oor die jongste in die George gebou-ramp. Solidariteit dien 'n petisie by die parlement in teen die beplande BELA-wetgewing.
5/14/202450 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Mei 2024

Die polisieminister sê die George-gebouramp sal deeglik ondersoek word. Die moordenaars van die vyf-jarige Ditebogo Junior Phalane word gesoek. Politieke moorde is in die kollig. Openbare skole sal binnekort verplig word om leerlinge voorlopig te skors wat van ernstige misdrywe aangekla word.
5/13/202450 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Mei 2024

'n Pa vertel hoe sy seun 25 uur lank onder die puin in George vasgevang was. Daar word gesoek na die ontwikkelaar van die George-gebou wat ingetuimel het. Wie het die Kanna-toekennings gewen?
5/10/202447 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Mei 2024

'n Hofgeding dreig oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op Verkiesingsake. Reddingswerkers sal vandag met 'n soek- en herwinningsoperasie begin by die gebouramp in George. Eskom se stryd teen kabeldiewe is in die kollig.
5/9/202449 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Mei 2024

ActionSA se premierskandidaat in Gauteng, Funzi Ngobeni, en en nog 'n lid van die party, Hluphi Gafane, word ongedeerd uit 'n kapingsituasie gered. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê ondersoekbeamptes is reeds op die toneel in George waar 'n gebou Maandag ineengestort het. Intussen gaan die soektog na vasgekeerdes voort. ANC-veteraan Tokyo Sexwale vergelyk die regerende party met 'n huis wat brand.
5/8/202450 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Mei 2024

Minstens vier dood en 51 steeds vasgekeer in die George gebouramp. Vrystaat Landbou vra boere om omsigtig te werk te gaan wanneer hulle werkers in diens neem. Hamas aanvaar 'n skietstilstandooreenkoms.
5/7/202448 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Mei 2024

Werknemers van die Johannesburg-stadsraad word verantwoordelik gehou vir verlede jaar se brand in die Usindiso-gebou wat 76 lewens geëis het. Die ANC is skynbaar ontspanne oor die moontlike bedreiging wat die MK-party vir hulle inhou. Verskeie ongeregistreerde partye wil die uitstel van die verkiesing in die Konstitusionele Hof afdwing.
5/6/202449 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Mei 2024

Aktiviste in Kimberley glo nie politieke partye se planne om geslagsgeweld te stuit, is genoeg nie. Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel Suid-Afrika sal vanjaar die grootste ekonomie in Afrika word. Wêreld Persvryheidsdag word vandag herdenk.
5/3/202448 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Mei 2024

Die RGN waarsku dat gegradueerdes nie voldoende gekwalifiseer is nie. Versoeke dat die regering die boubedryfmafia vasvat. 'n Brand onder een van Johannesburg se besigste snelweë deur vandalisme veroorsaak.
5/2/202450 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Mei 2024

Die SAUK ontken bewerings van inmenging deur die Staatsveiligheidsagentskap. Die polisie ondersoek bewerings dat die MK-party handtekeninge vervals het as deel van sy registrasie as 'n nuwe politieke party. Die kopermynbedryf in Namakwaland herleef.
5/1/202450 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 April 2024

Die presidensie ontken dat die SAUK-groephoof van nuus en aktualiteit geteiken word in aanloop tot die verkiesing. Petrol om middernag duurder, maar diesel goedkoper. 'n Inentingspesialis verduidelik die voordele van 'n griepinspuiting.
4/30/202450 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 April 2024

Die slagoffers van die aanval op die Highgate Hotel in Oos-Londen in 1993, verwelkom die heropening van die ondersoek na dié voorval. Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die lewensomstandighede van mense in die tronk is beter as dié van die mense in Alexandra in Johannesburg. Die diep verdeeldheid in Israel se regering oor die Gasa-kwessie tree sterk na vore.
4/29/202449 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 April 2024

Die DA eis optrede van die Minister van Polisie, Bheki Cele, ná die dood van die driejarige Emilio Hutchinson. 'n Groep skepe met noodvoorraad vertrek vandag uit Turkye na Gasa. Die Menseregtekommissie wys die vinger na verskeie owerhede oor die Enyobeni-taverne-tragedie.
4/26/202447 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 April 2024

Meer tamaties sal binnekort op die winkelrakke beskikbaar wees. Die Veelpartykoalisie stel voor dat die kindertoelaag ook aan swanger vroue toegeken word. Ons fokus op die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing.
4/25/202447 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 April 2024

Vordering met die herstel van spoorlyne en treinstasies. Ons praat met 'n psigiater oor die groot aantal Suid-Afrikaners met hoë spanningsvlakke en depressie. Die soeklig val op Suid-Afrika se 30 jaar van demokrasie.
4/24/202449 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 April 2024

Die ANC sê hy gaan teen die MK-party se regsoorwinning appelleer. Die Kaapstad-metro bied 'n beloning van R250 000 aan vir inligting wat tot tot die inhegtenisneming van afpersers kan lei. Intelligente robotte word ingespan om mynwerk veiliger te maak.
4/23/202450 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 April 2024

'n Groep Afrikaner-organisasies wil 'n kultuurverdrag met die regering sluit. Wisselvallige weerpatrone plaas druk op boere. 'n Spesiale SAUK-projek fokus op die afgelope drie dekades se suksesse en nederlae.
4/22/202448 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 April 2024

Meer as 31 000 onderwysposte in openbare skole is vakant. Die Tshwane Metro het groot planne om sy finansies reg te ruk. In Iran word ontploffings gehoor in wat vermoedelik 'n Israelse aanval is.
4/19/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 April 2024

Agt mense word in die laaste 24 uur in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Dié slagting kom juis te midde van 'n debat oor 'n koeëlvaste-speelpark in Mitchellsplein om kinders teen bendegeweld te beskerm. 89 sake van geslags-gebaseerde-geweld word oor 'n tydperk van ses maande van die hofrol verwyder en die verkoop van gebottelde water neem ingrypend toe.
4/18/202449 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 April 2024

Suid-Afrika verklaar 'n dispuut met die Europese Unie by die Wêreldhandelsorganisasie oor regulasies op sitrus. Die OVK moedig kiesers aan wat nie op stemdag kan stem nie, om aansoek vir spesiale stemme te doen. Die DA dien 'n nuwe privatelede-wetsontwerp in om koalisieregerings op munisipale vlak beter te bestuur. Die Patriotic Alliance mik om die DA in die Wes-Kaap te onttroon.
4/17/202449 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 April 2024

'n Fratsoorstroming in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus eis vyf lewens. Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word in Amerika in hegtenis geneem. Landsburgers kan nou vrae en versoeke direk by die parlement indien.
4/16/202449 minutes
Episode Artwork

Monitor 15 April 2024

Iran se aanval op Israel verhoog die spanning in die Midde-Ooste - ons praat met 'n militêre kenner. Die IVP se KZN-premierskandidaat sê die skut van sy blouligkonvooi is polities gemotiveerd. Beleggers is versigtig om in Suid-Afrika te belê voor die verkiesing.
4/15/202451 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 April 2024

Maart was wéér, vir die tiende agtereenvolgende maand, die warmste maand op rekord. Plantgebaseerde alternatiewe produkte vir vleis sal nou permanent op winkelrakke beskikbaar wees. Twee brandweermanne durf die Twee Oseane-halfmarathon met hulle volledige uitrustings aan - vir 'n goeie doel.
4/12/202450 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 April 2024

Die stadsraad van Ekurhuleni in Gauteng kies na alle verwagting vandag ’n burgemeester. E-tol kom tot ’n einde, maar jy sal steeds jou agterstallige tolgeld moet betaal. Outisme-diagnoses neem toe.
4/11/202448 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 April 2024

Oudpresident Jacob Zuma mag as kandidaat in die verkiesing staan. Die Hooggeregshof gevra om Zuma se private vervolging van Billy Downer en Karyn Maughan te skrap. Die Persombud tik Rapport en Media 24 oor die vingers.
4/10/202450 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 April 2024

Uitspraak word vandag verwag in die hofsaak om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal verskyn. Nuwe riglyne word bekendgestel, wat beurtkrag tot op vlak 16 moontlik maak. Hoe voel jy oor 'n ANC/EFF-koalisieregering? Ons vind uit of dit kan gebeur.
4/9/202448 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 April 2024

Skole is in drie distrikte van die Wes-Kaap gesluit weens stormweer. Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het 'n paar brande suksesvol bekamp. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die ANC beplan om die DA in die Wes-Kaap te onttroon. Ons praat met die Cheetahs oor die groot vraag: Moet die Curriebeker voortgaan soos geskeduleer?
4/8/202449 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 April 2024

Politieke partye beloof om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig. Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal weer op 4 Junie in die hof verskyn. NAVO vier sy 75ste bestaansjaar - wat hou die toekoms in vir dié verdagsorganisasie?
4/5/202450 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 April 2024

Die EFF open 'n saak van crimen injuria by die polisie teen die DA-raadslid in Knysna, Sharon Sabbagh. Politieke partye is verlig oor die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as Speaker van die Nasionale Vergadering. Vier nasionale parke gaan vergroot word.
4/4/202450 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 April 2024

Dit is onduidelik wanneer Nosiviwe Mapisa-Nqakula haarself aan die polisie sal oorgee, of in hegtenis geneem word. Die Inkomstediens het meer geld ingevorder as verwag. Die tweepot-stelsel vir aftreegeld is een tree nader daaraan om in werking gestel te word.
4/3/202447 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 April 2024

Die renosterbedryf reageer op die regering se plan om die teel-in-aanhouding van renosters en ander wilde diere te stop. Ons praat oor fopnuus wat weer kop uitsteek. 'n Boek oor 'n Suid-Afrikaanse Mossad-agent sien die lig.
4/2/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 April 2024

Eskom se regstreekse kliënte sal van vandag af duurder betaal vir krag. Daar word voorgestel dat leefstyloudits op senior parlementariërs gedoen word. 'n Aantal senior ANC-lede in Noordwes verskyn nie op die party se provinsiale kandidaatlys nie.
4/1/202451 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2024

Die burgemeester van Ekhuruleni, Sivuyile Ngodwana, word uit sy amp verwyder. Duisende studente se toekoms hang in die weegskaal omdat vier privaat-kolleges se deure moet sluit. Die jongste toerismesyfers wys 'n toename in reisigers na en van Suid-Afrika. Boere in die Oos-Kaap vrees die ergste vir hulle mieliegewasse weens die provinsie se uitermatige droogte.
3/29/202447 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2024

Die repokoers word onveranderd gelaat. Die Tesourie is in die sop oor 'n onreëlmatige kontrak wat sowat tien jaar gelede toegeken is. Die Kaapstad Metro stel 'n verhoging in krag- en watertariewe voor.
3/28/202447 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Maart 2024

Statistieke Suid-Afrika sê indiensneming in die formele sektor het met meer as 10,7 miljoen mense afgeneem. Ladysmith in KwaZulu-Natal kry 'n nuwe naam. Die MK-party bly vir eers op die stembriewe.
3/27/202448 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Maart 2024

Suid-Afrika verwelkom die Verenigde Nasies se aanvaarding van 'n resolusie wat 'n skietstilstand in Gasa eis. Nog 'n beskuldigde in die Joslin Smith saak laat vaar haar borgtogaansoek. Bassirou Bioyome Faye, ’n voormalige politieke gevangene, moontlik die nuwe president van Senegal.
3/26/202448 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Maart 2025

Vier beskuldigdes verskyn in die hof in verband met Vrydagaand se terreuraanval in Moskou. Tagtig aasvoëls word in die Krugerwildtuin vergiftig. Die KKNK skop af.
3/25/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2024

Die voormalige bestuurshoof van Steinhoff, Markus Jooste, neem sy eie lewe 'n dag nadat hy 'n boete van R475-miljoen opgelê is. Die Nasionale Vergadering vra dat die Spesiale Ondersoekeenheid die SAL-Takatso-transaksie ondersoek. Johannesburg-huishoudings oorskry daagliks die gemiddelde toelaatbare waterverbruik. 'n Splinternuwe erfenissentrum in die Wes-Kaap word gebou ter bevordering van die Khoi- en San-gemeenskappe.
3/22/202449 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2024

Daar is groot teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake. Kleinhandelverkope het in Januarie met 2,1% op 'n jaargrondslag gedaal. Negentien kandidate ding mee om Senegal se volgende president te word. Ons fokus op die vordering wat gemaak is om Suid-Afrikaners se menseregte te bevorder.
3/21/202448 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Maart 2024

Politieke partye eis die kop van die Speaker in die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die hoogeregshof staan 'n eis van R93 miljoen toe teen polisieminister Bheki Cele, weens misdadige polisiebeamptes. Zimbabwe en Suid-Afrika sluit 'n waterooreenkoms.
3/20/202448 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Maart 2024

Private operateurs sal binnekort Transnet se spoorlyne kan gebruik. Goeie nuus wink vir dieselverbruikers by die vulstasie in April. Die DA wil hê die weermag moet help met die waterkrisis in Gauteng.
3/19/202449 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Maart 2024

Spanning tussen die IVP en ANC tydens 'n tradisionele geleentheid in Nongoma, KwaZulu-Natal. Rusland gaan na die stembus, maar die verwagting is dat Wladimir Poetin weer met 'n groot meerderheid sal wen. Inwoners van Tshwane en Johannesburg word gemaan om water spaarsamig te gebruik.
3/18/202447 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2024

Dreigemente teen die Verkiesingskommissie sal nié geduld word nie, waarsku die Minister in die Presidensie. Dit gons steeds oor 'n besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Dis vandag Wêreld Slaapdag. Ons praat met 'n kenner oor die belangrikheid van wondersoete slaap.
3/15/202448 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2024

Bykans tweemiljoen strafsake kon die afgelope sewe jaar nie afgehandel word nie weens gebrekkige dossiere. Die Takatso/SAL-transaksie is van die baan. Landbou is bekommerd oor die uitermate hitte en min reën.
3/14/202445 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Maart 2024

Sivuyile Ngodwana behou, vir nou, sy posisie as burgemeester van Ekurhuleni nadat 'n tweede mosie van wantroue teen hom uitgestel word. Ons vind meer uit oor die stand van watersake in Johannesburg met die voortslepende watertekort in groot dele van die metro. 'n Werknemer van die Verkiesingskommissie kry die trekpas nadat kandidaatlyste uitlek - ons praat met 'n ontleder oor die OVK se beslissende optrede. Gauteng se moordsyfer styg met byna vier persent in die derde kwartaal van verlede jaar.
3/13/202445 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Maart 2024

'n Meningsopname plaas Jacob Zuma se MK Party algeheel derde - en eerste in KwaZuluNatal, voor die verkiesing. Ramadaan begin amptelik vir Moslems in Suid-Afrika. 'n Rolprentmaker van Oekraïne palm 'n Oscar in.
3/12/202446 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Maart 2024

Die IVP sê poste wat min of geen vaardighede vereis, moet vir Suid-Afrikaners gereserveer word. Die ACDP wil 'n nuwe Bybelse wetgewing ter tafel lê. Al Jama-ah sê hy gaan die onwettige uitvloei van geld uit Suid-Afrika beveg en die rolprent Oppenheimer, is die groot wenner by vanjaar se Oscar-toekennings.
3/11/202450 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2024

Februarie is die negende agtereenvolgende maand van rekord-temperature. Goud bereik 'n rekordprys - wat hou dit vir Suid-Afrika in? Vandag is die verkiesingspertyd vir die inhandiging van kandidatelyste en handtekeninge.
3/8/202450 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2024

Die soektog na die sesjarige Joshlin Smith wat in Sandanha in die Wes-Kaap vermis geraak het, bereik 'n kritieke stadium. Intussen word sowat 1 300 gevalle van mense wat vermis word, elke maand aangemeld. Presies hoeveel withaaie swem langs die Suid-Afrikaanse kus? Wetenskaplikes verskil daaroor.
3/7/202446 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Maart 2024

Gauteng se regering nader banke om e-tolskuld te delg. Suid-Afrika spring 'n tegniese resessie vry. Ons ontleed die jongste uitslag van die Amerikaanse voorverkiesings.
3/6/202450 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Maart 2024

Brandstofpryse styg wéér, hoofsaaklik weens geo-politieke kwessies. Geld word steeds deur Suid-Afrika gekanaliseer om militante organisasies soos ISIS in Wes-Afrika te finansier. Hoe rustig is jy op die pad, of is jy geirriteerd en gefrustreerd? Ons praat oor padwoede.
3/5/202449 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Maart 2024

Die onwettige grondbesetting in Lourierpark in Bloemfontein gaan voort, ondanks 'n hofbevel. DNS-toetse sal gedoen word op bebloede klere wat in 'n oop veld gevind is, om te bepaal of dit aan die vermiste Joslin Smith behoort. Navorsing wys dat 50% van Suid-Afrikaanse vroue teen 2030 oorgewig kan wees of aan vetsug ly.
3/4/202450 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2024

Die soektog na die vermiste Joslin Smith van Saldanha duur onverpoosd voort. Reaksie op Transnet se nuwe leierskap. Die Wetsontwerp op Skuldverligting aan Eskom is na die president verwys om dit te onderteken.
3/1/202447 minutes
Episode Artwork

Monitor 29 Februarie 2024

Politieke skaakstukke val in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap, en dalk ook vandag in Ekurhuleni in Gauteng. Die polisie se hoofkantoor in Pretoria word gesluit omdat dit nie aan die vereistes van beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen nie. Vyf verdagtes in die hof in verband met die moord op die rap-kunstenaar, Kienan 'AKA' Forbes, en sy vriend, Tebello 'Tibs' Motsoane.
2/29/202449 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Februarie 2024

Ses in hegtenis geneem vir die moord op AKA, maar hoe verloop die strafregproses nou? Action SA wys Angela Sobey as sy premierskandidaat vir die Wes-Kaap aan. Kommer oor die groot aantal renosters wat in KwaZulu-Natal gestroop word.
2/28/202450 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Februarie 2024

Die verkiesingskommissie verwerp sommige politieke partye se klagtes dat daar te min tyd is om registrasieprosse af te handel. Die soektog in Saldanha in die Wes-Kaap na die vermiste sesjarige Joslin Smith gaan voort. Die Amerikaanse president, Joe Biden, hoop dat 'n tydelike skietstaking in die Gazastrook teen Maandag bereik sal word.
2/27/202448 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Februarie 2024

Pro-Palestynse aktiviste betoog landwyd vir 'n einde aan die oorlog tussen Israel en Hamas. Ons bespreek die verskil in beleid tussen die drie grootste politieke partye. Oudpresident Donald Trump stewig op koers na nóg 'n presidentsbenoeming.
2/26/202450 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Februarie 2024

Gemeenskapsforums in die Noord-Kaap stig 'n nuwe politieke party. Die Tesourie ken R1,4 miljard toe aan Nasionale Gesondheidsversekering. Statistieke Suid-Afrika sê minder toeriste het in gastehuise tuisgegaan in Desember verlede jaar.
2/23/202446 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Februarie 2024

Die parlement stem ten gunste daarvan om twee regters te skors. 'n Video van 'n Suid-Afrikaner wat sy lot in Ierland bekla, ontketen 'n debat op sosiale media. Honderde veteraanmotors, presies soos die dag toe hulle vervaardig is, word onder 'n dik laag stof in 'n skuur ontdek.
2/22/202448 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Februarie 2024

Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei stembus toe. Meer as 60 beweerde aanhitsers van die 2021-onluste van terrorisme aangekla. Sal ons meer inkomstebelasting betaal, of sal daar aan dienste besnoei word?
2/21/202448 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Februarie 2024

Kommer dat skuld dalk in Finansminister Enoch Godongwana se begroting sal toeneem. Roger Jardine se nuwe party, Change Starts Now, sal 'n welvaartsbelasting inspan om die land reg te ruk. 'n Afvaardiging van omgewingsaktiviste en regeringsamptenare besoek Munsieville aan die Wes-Rand om waterbesoedeling te ondersoek.
2/20/202448 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Februarie 2024

Die DA-leier sê sy party werp alles in die stryd vir die verkiesing. Varkpes breek wéér uit in die Wes-Kaap. Honderde Russe in hegtenis geneem ná die dood van die opposisiepolitikus Alexei Nawalni.
2/19/202440 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Februarie 2024

Die Veelpartyhandves vra die hulp van buitelandse waarnemers tydens die verkiesing. 'n Politieke wetenskaplike ontleed die president se staatsrede-repliek. Agt vooraanstaande Suid-Afrikaanse medici steun bystanddood.
2/16/202448 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Februarie 2024

Kommer oor die gebruik van glisofaat om waterslaai in die Vaalrivier te verwyder. Die DA se mosie om die Ethekwini Metro te ontbind, misluk. Prabowo Subianto is die voorloper in Indonesië se presidentsverkiesing.
2/15/202447 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Februarie 2024

Bafana Bafana deur talle ondersteuners verwelkom by OR Tambo-lughawe. Die ANC gaan voort met kaderontplooiing, ter wille van transformasie. Zimbabwe begin binnekort met openbare verhore oor die Matabeleland-slagting van die 1980's. Navorsing gedoen oor depressie onder die werklose jeug.
2/14/202448 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Februarie 2024

Inwoners van Ermelo vra vir ingryping oor die waterkrisis in dié dorp. Die Tshwane Metro wil sy uitgawes oor die volgende ses maande met 'n miljard rand per maand verminder. Die uitdagings van radio in 'n digitale wêreld is in die kollig.
2/13/202449 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Februarie 2024

Twee Suid-Afrikaners is ná 'n jaar steeds in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee, maar die regering sleep glo sy voete om hulle vrygelaat te kry. Eskom ontken dat Vlak 6-beurtkrag die gevolg van sabotasie is. Sal die EFF die amptelike opposisie word?
2/12/202449 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Februarie 2024

President Cyril Ramaphosa fokus in sy staatsrede op die afgelope 30 jaar se suksesse. Ons vra ontleders wat hulle dink. Tientalle onwettige elektrisiteitsverbindings is onlangs in Tshwane ontkoppel, en die metro het nóg sowat 1 500 wanbetalers in sy visier. Miljoene kiesers stroom na die stembusse in Pakistan, ondanks die onlangse vlaag van terreur en geweld.
2/9/202448 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Februarie 2024

Rolspelers in die onderwys en landbou vertel wat hulle verwagtinge van die staatsrede verwag. Die Nasionale Tesourie gaan volstoom voort om die tweepot-aftreestelsel teen September in werking te stel. Bafana Bafana herstel trots in hom, in weerwil van die nederlaag teen Nigerië.
2/8/202448 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Februarie 2024

Ses leerders sterf in 'n busongeluk naby Ventersburg in die Vrystaat. Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Duduzane Zuma, stig sy eie party, en wys sy kleure. Opposisiepartye het ’n reuse taak voor hulle om die ANC uit die saal te lig.
2/7/202450 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Februarie 2024

Sakelui vra die president om die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering terug parlement toe te stuur. Die werkgewersorganisasie, NEASA, meen die styging in die nasionale minimumloon kan werkskepping ontmoedig. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die ontslape president van Namibië, Hage Geingob.
2/6/202449 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Februarie 2024

Baie mense het die afgelope naweek vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings geregistreer, maar kiesersapatie bly 'n probleem. 'n Nuwe skietstilstand is op die tafel tussen Israel en Hamas, maar dit bring ook nuwe eise. Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van Namibië se president, Hage Geingob.
2/5/202448 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Februarie 2024

Eskom brei sy ladingverminderingsprojek in Gauteng uit ná 'n suksesvolle toetslopie in een van die provinsie se voorstede. Die regering verlaag invoertariewe op bevrore hoenderstukke. Dié naweek is jou laaste kans om te registreer om te stem in vanjaar se provinsiale en nasionale verkiesings.
2/2/202447 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Februarie 2024

'n Suid-Afrikaanse vrou ontvang 'n genadedood in Switserland. Die aantal geregistreerde kiesers styg tot meer as 27 miljoen op die vooraand van die tweede verkiesingsregistrasie-naweek. Die Afrika-voorkeurhandelsooreekoms tree in werking.
2/1/202450 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Januarie 2024

Die brand in Pringlebaai woed steeds buite beheer. Transperancy International sê demokrasie in Afrika is in gedrang. Hoërskoolleerlinge kan nou 'n kwalifikasie in sitrusproduksie verwerf.
1/31/202448 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Januarie 2024

President Cyril Ramaphosa sê hy is nie bekommerd oor oudpresident Jacob Zuma se skorsing nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind intussen dat die 2021-onluste nie met oudpresident Jacob Zuma verbind kan word nie. 10111 - Hoe werk dié nooddiens vir jou?
1/30/202448 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Januarie 2024

Die brande in die Kaapse Wynlanddistrik woed voort. Build One South Africa het groot planne om werkskepping te bevorder. Zimbabwe plaas 'n tydelike verbod op die invoer van aartappels uit Suid-Afrika.
1/29/202448 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Januarie 2024

Die Internasionale Geregshof lewer later vandag uitspraak in die Suid-Afrikaanse regering se volksmoord-saak teen Israel. Die stryd teen die brand in die Wolseley-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Die Reserwebank laat die rentekoers vir die vierde keer onveranderd op 8,25%.
1/26/202449 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Januarie 2024

Drankmisbruik is die hoofoorsaak van padsterftes oor die feestyd. Die Veelparty Handves onderneem om eiendomsreg te beskerm. Ekonome verwag nie dat rentekoerse vandag sal daal nie.
1/25/202448 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Januarie 2024

Politieke partye kritiseer die premier van Noordwes, Bushy Maape, nadat hy na Thailand reis om mediese behandeling te ontvang. Donald Trump word voorspel om die Amerikaanse deelstaat, New Hampshire, se Republikeinse voorverkiesing te wen. Die rand begin effens versterk teen die Amerikaanse dollar.
1/24/202449 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Januarie 2024

Daar is verskeie opsies vir matriekleerlinge wat gedruip het - ons praat met 'n onderwyskenner. Opposisiepartye bevraagteken weermagvlugte na ANC-bedrywighede. Die MK-party werk saam met ander linkse partye - 'n politieke ontleder bespreek die moontlikheid van 'n linkse koalisie.
1/23/202448 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Januarie 2023

Die regering gaan voort met sy plan om 'n onderwys-sertifikaat vir graad nege leerlinge in te stel. Die redakteursforum, SANEF, en Media Monitoring Africa vra die parlement om die SAUK-wetsontwerp terug te trek. Die politieke party, Rise Mzansi, wil wanfunksionele munisipaliteite onder administrasie plaas, indien hy aan bewind sou kom.
1/22/202448 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Januarie 2024

Onderwyskenners ontleed die matrie-uitslae. Pakistan loods teenaanvalle op Iran en kommer oor hongersnood en dodelike siektes in Gaza.
1/19/202449 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Januarie 2024

Die Onafhanklike Eksamenraad se matriek slaagsyfer is hoër as verlede jaar. 'n Styging in die brandstofprys word vir Februarie verwag en twee gevalle van Cholera is in Limpopo aangemeld.
1/18/202446 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Januarie 2024

Die land se skole begin vandag....maar plek-plek is daar probleme. Nóg ontwrigtende reën vir KwaZulu-Natal en die Wonderboom-lughawe in Pretoria gaan privaat bestuur word.
1/17/202447 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Januarie 2024

Kan Suid-Afrika se regsoptrede teen Israel Westerse beleggers afskrik? Die gemeenskap van Lethabo-park in Kimberley in the Noord-Kaap trek saam om leerlinge skoolgereed te kry. Die Kaapse Metro word van die selektiewe toepassing van munisipale regulasies beskuldig na die toeverf van 'n Palestynse vlag in die Bo-Kaap en die DA soek antwoorde, na Krieket Suid-Afrika se besluit om David Teeger van sy onder-19-kapteinskap te onthef.
1/16/202450 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Januarie 2024

Meer as 16-duisend misdadigers is verlede jaar saam met oud-president Zuma vrygelaat.. Sterrekundiges is opgewonde oor die sogenaamde Groot Ring wat ondek is en die sanger Koos du Plessis is vandag 40 jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede.
1/15/202449 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Januarie 2024

Suid-Afrika stel sy saak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die Tshwane Universiteit van Tegnologie smelt Joernalistiek en Openbare betrekkinge saam. 'n Mediakenner verduidelik die implikasies daarvan, en 'n Suid-Afrikaanse seiljag in 'n wedvaart om die wêreld - sonder moderne tegnologie.
1/12/202451 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Januarie 2024

Suid-Afrika se hofsaak teen Israel begin vandag. Ons fokus op die proses en die politieke gevolge vir alby lande en minstens 700-duisend SASSA begunstigdes wag steeds op hul  maatskaplike toelaes vir die maand van Januarie.
1/11/202447 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Januarie 2024

Minstens vyf mense nog vermis ná die oorstromings in KwaZulu-Natal. Regsspanne van Suid-Afrika en Israel berei voor vir die saak wat môre by die Internasionale Strafhof in Den Haag begin, en 'n politieke ontleder bespreek die ANC se LEUENS oor oud-president Zuma se brandpoel.
1/10/202449 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Januarie 2024

Siviele eise teen die polisie beloop in die eerste kwartaal reeds miljoene rand. 'n Deurbraak in die ondersoek na 'n vee-diefstal-sindikaat in Noordwes. Meer oor die nuwe Covid-19 variant, geken as J-N-punt-1, en kontant kraai lankal nie meer koning nie - maar wat is die implikasies van 'n kontantlose samelewing? Ons praat met 'n kenner.
1/9/202450 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Januarie 2024

Hoë-koppe word betrek by guns-lone van miljoene rande by NSFAS. Die ondersoek na die dood van die Cradock 4 heropen. en 158 aasvoëls gaan van Noordwes na die Oos-Kaap verskuif word.
1/8/202447 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Januarie 2024

Hulde aan 'n legendariese radio- en televisie-persoonlikheid. Die tronkdeure swaai oop vir Oscar Pistorius, en die voortslepende waterkrisis in dele van die Noord-Kaap noop die burgerlike samelewing om die howe te nader.
1/5/202453 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Januarie 2024

Nog vyf lande sluit by BRICS aan..Kommer oor 'n hernude vlaag beurtkrag, en 'n bekende hotel langs die Weskus brand af.
1/4/202453 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Januarie 2024

Brandstofpryse daal vir die derde agtereenvolgende maand. Ramp-reaksiespanne in KwaZulu-Natal is op 'n gereedheidsgrondslag, met nog storms vandag, en nuwejaars-babas plaas tienerswangerskappe en afwesige pa's onder die soeklig.
1/3/202450 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Januarie 2024

27 lyke reeds gevind ná oorstromings  in die KwaZulu-Natalse Middellande. 'n Sensoriese tuin in Bronkhorstspruit verryk die lewens van dementia-lyers, en vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert 1994.
1/2/202446 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Januarie 2024

Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.
1/1/202443 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Desember 2023

Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.
12/29/202349 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Desember 2023

Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.
12/28/202352 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Desember 2023

Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.
12/27/202350 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Desember 2023

Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.
12/26/202349 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Desember 2023

'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.
12/25/202353 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Desember 2023

Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.
12/22/202347 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Desember 2023

Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.
12/21/202346 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Desember 2023

Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang.  'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in.  Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.
12/20/202344 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Desember 2023

Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.
12/19/202341 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Desember 2023

Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.
12/18/202346 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Desember 2023

'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.
12/15/202349 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Desember 2023

Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.
12/14/202349 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Desember 2023

Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik  - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.
12/13/202349 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Desember 2023

Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.
12/12/202344 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Desember 2023

Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.
12/11/202349 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Desember 2023

Die omstrede wysigingswetsontwerp op OPOD word na die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Kommer oor junior dokters wat nog nie vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar geplaas is nie. Botswana verleng sy verbod op die invoer van groente en vrugte uit Suid-Afrika.
12/8/202350 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Desember 2023

Hoe gaan Suid-Afrika sy waterkrisis oplos? Ons praat met die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu. RGN-navorsing dui op die mees negatiewe stemming voor verkiesings tot nog toe, en daar word vordering gemaak om die houer-agterstand by Durban se hawe uit die weg te ruim.
12/7/202348 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Desember 2023

'n Inkrimping in die ekonomie, maar brandstof is vandag goedkoper. Kritiek op die goedkeuring van die Haat-misdade en Haat-spraak wetsontwerp, en SkaakSA bied 'n aanlyn-toernooi aan.
12/6/202349 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Desember 2023

Die polisie maan teen verdere vigilante-optredes in Diepsloot in Johannesburg, waar sewe mense die naweek dood is. Wetenskaplikes by die COP-28-beraad beklemtoon die verband tussen klimaatsverandering en nuwe epidemies, en treinwiele rol weer tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad.
12/5/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Desember 2023

Die minister van Elektrisiteit moet binne 2 maande hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrystel. Die president van COP28 los 'n bom, en Zimbabwiërs en Lesotho burgers nog 2 jaar grasie gegee.
12/4/202349 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Desember 2023

Die voedselstelsel se bydra tot klimaatsverandering sal hoog op die agenda van die COP28-klimaatsberaad wees. Suid-Afrikaners gebruik al hoe minder kondome, wat die bekamping van MIV moeilik maak. Afriforum sê die konsepweergawe van die Nasionale Polisiëringsbeleid bied nie oplossings om polisiëring te verbeter nie.
12/1/202346 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 November 2023

'n Nuwe ontleding van politieke meningsopnames wys die ANC se steun het tot 33 persent gedaal. Die COP28-beraad begin later vandag in Dubai, en die Kaapstadse hawe sê hy het meeste van die agterstand by die hawe uit die weg geruim.
11/30/202347 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 November 2023

Ernstige waterprobleme in Limpopo en Noordwes. Gauteng wil by die regering leen om sy uitstaande 13 miljard-rand E-Tol skuld te delg, en Minister Cele moet Ian Cameron om verskoning vra.
11/29/202349 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 November 2023

Verskeie mense sterf in 'n mynongeluk by Impala Platinum se nommer elf skag in Rustenburg, in Noordwes. Volkswagen Suid-Afrika ontken dat hy sy deure gaan sluit. En die land beleef 'n ernstige tekort aan veeartse.
11/28/202348 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 November 2023

Die Sutherland 9 word waardig her-begrawe. 'n Welkome daling in brandstofpryse volgende week verwag, en Agri SA praat oor die impak van die hittegolf op landbou.
11/27/202348 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 November 2023

Navorsing wys dat een spesifieke atibiotikum 'n doeltreffende middel teen weerstandige tuberkulose is. Daar word verwag dat die skietstilstand in Gasa om sewe-uur vanoggend in werking sal tree. In Stellenbosch vind 'n konferensie hierdie naweek plaas om die rol van Bruinmense in die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou te neem.
11/24/202345 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 November 2023

Kommer oor die vinnige tempo waarteen die aarde se temperatuur styg. Solidariteit eis dat die NVG die voormalige Eskombaas, Matsela Khoko, en sy medebeskuldigdes wéér voor die hof bring. 'n Ekonoom bespreek die voor- en nadele van die tweepot aftreestelsel.
11/23/202347 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 22 November 2023

Die polisie is opsoek na verdagtes ná die skietdood van 'n beweerde bendeleier van Westbury in Johannesburg. Die Nasionale Vergadering aanvaar 'n mosie om Israel se ambassade tydelik te sluit. Die provinsiale wetgewer in Mpumalanga begin op kort kennisgewing met openbare sittings oor die Bela-wetgewing. Kiesers in Nederland gaan vandag na die stembus toe.
11/22/202347 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 November 2023

Kommer oor die Gautengse regering se voorneme om kinderwelsyn by nie-regeringsorganisasies oor te neem. Meer jongmense het die afgelope naweek geregistreer om te stem. Katar tree toe tot onderhandelinge tussen Israel en Hamas.
11/21/202347 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 November 2023

Regstappe word beplan oor die opeenhoping van vragmotors by die Richardsbaai-hawe. Die punte van leerlinge wat swak vaar in graad 4 en 9, sal weer aangepas word. Die polisie sê veediefstal het tussen Julie en September vanjaar afgeneem.
11/20/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 November 2023

Die DA sal vandag 'n klag teen Rand Water by die Menseregtekommissie lê. Nie alle partye in die parlement stem saam oor 'n diplomatieke sanksie van Israel nie. Die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, eis dat die regering alle diplomatieke bande met Israel verbreek.
11/17/202348 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 November 2023

'n Afgetrede brigadier sê die Eskom-intelligensie verslag is gegrond op ongestaafde inligting. Die Protea-afrigter sê die span het nie 'n probleem om vandag tweede te kolf nie, en ons skakel oor na Kaapstad, vir gesprekke oor Groen Geboue.
11/16/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 November 2023

Transnet staal hom teen 'n moontlike kredietafgradering. Die DA eis dringende ingryping in die waterkrisis in Gauteng. Meer Suid-Afrikaners werk nou, as voor die Covid-19-pandemie.
11/15/202348 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 November 2023

Die gesondheidstelsel in Gasa is op sy knieë. Madagaskar se verkiesing is in die weegskaal. Dis Wêreld Diabetesdag, en ons praat met 'n kenner oor die tekens en voorkoming.
11/14/202348 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 November 2023

Patricia De Lille is onbestrede as die leier van die Good-party herverkies.Die DA wil sy kiesersteun in die Wes-Kaap vermeerder. Nog verligting by die brandstofpomp voorspel.
11/13/202346 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 November 2023

Kommer oor ministers en hulle departemente wat nie wetgewing betyds voorlê nie. Die oorlog in Gaza gaan 'n diepgaande sosio-ekonomiese impak hê. Nóg 'n wêreldbeker vir Suid-Afrika - in blomkringe.
11/10/202345 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 November 2023

'n Toename in malariagevalle. Suid-Afrika werk saam met organisasies om humanitêre hulp aan Gaza te verskaf. 'n Versoek om die moord op polisiebeamptes tot verraad te verklaar.
11/9/202346 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 November 2023

Die politieke koors in Suid-Afrika loop hoog oor die Israel-Hamas konflik. Joernaliste in Gaza waag hulle lewe, maar hoekom doen hulle dit? Ons praat met 'n kenner. 'n Nuwe boek oor die geskidenis van swart rugby word gepubliseer.
11/8/202349 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 November 2023

Die Suid-Afrikaanse regering ontbied sy diplomate in Israel na Suid-Afrika. Watter impak sal El Niño op mielieproduksie hê? Dit is Aanneem-bewustheidsmaand.
11/7/202345 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 November 2023

Kritiek oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringskema met mediesefonds-belastingkortings te befonds. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Anthony Blinken, besoek die Midde-Ooste oor die oorlog tussen Israel en Hamas. In George word hommeltuie ingespan om drenkelinge te help.
11/6/202348 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 November 2023

Sakelui sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika deel bly van die AGOA-ooreenkoms. 'n Prokureur in verbruikersreg waarsku oor die slaggate van Swartvrydag. 'n Jong byeboer kraai koning oorsee.
11/3/202346 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 November 2023

Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.
11/2/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 November 2023

Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het.
11/1/202350 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Oktober 2023

Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.
10/31/202349 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Oktober 2023

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?
10/30/202349 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Oktober 2023

Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.
10/27/202348 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Oktober 2023

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.
10/26/202346 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Oktober 2023

Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.
10/25/202348 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Oktober 2023

Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.
10/24/202349 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Oktober 2023

Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose.
10/23/202349 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Oktober 2023

Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes.
10/20/202351 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Oktober 2023

Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?
10/19/202349 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Oktober 2023

Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties.
10/18/202349 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Oktober 2023

Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon.
10/17/202348 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Oktober 2023

Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk.
10/16/202349 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Oktober 2023

Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend.
10/13/202352 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Oktober 2023

Kgosi Kwena Mangope is Action SA se premierskandidaat vir Noordwes. Daar is toenemende druk op die Departement van Openbare Ondernemings om Transnet reg te ruk. Meer as twee miljard mense wêreldwyd ervaar probleme met hulle sig. Voedselsekerheid is in die kollig by Agri SA se nasionale kongres.
10/12/202349 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Oktober 2023

Ons praat met 'n kenner oor die metode van oorlogvoering in Gaza. Maties se viserektor verduidelik hoe die Khampephe-verslag op die kampus geïmplimenteer word. Ons praat oor 'n dokumentêre film wat oor die verskuiwing van Bruinmense in Stellenbosch handel.
10/11/202348 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Oktober 2023

Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITSA en ROU.
10/10/202350 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Oktober 2023

Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.
10/9/202347 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Oktober 2023

Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.
10/6/202347 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Oktober 2023

Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.
10/5/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Oktober 2023

Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...
10/4/202348 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Oktober 2023

Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan.
10/3/202348 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Oktober 2023

Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum.
10/2/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 September 2023

Eskom hoop om beurtkrag in die somer tot fase vier te beperk. Ons kry die jongste nuus uit die Tshwane-metro, waar dienslewering stilstaan weens die voortslepende onwettige munisipale staking. Inwoners van Kariega in die Oos-Kaap sê daar is 'n toename in pogings van ontvoering van tienermeisies.
9/29/202347 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 September 2023

Wes-Kaapse boere doen skadebepalings ná die naweek se swaar reën en oorstromings. Die H7-stam van voëlgriep kom nou in minstens vyf provinsies voor. 'n Waternavorsingspesialis sê swak bestuur en instandhouding van waterinfrastruktuur dra grootliks by tot die watertekorte in Gauteng.
9/28/202346 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 September 2023

Sommige paaie in die Wes-Kaap is weer begaanbaar nadat storms die provinsie vroeër vandeesweek getref het. Suid-Afrika staan bekend as die proteshoofstad van die wêreld. Die laaste groep Working on Fire-brandbestryders, wat vroeër vanjaar na Kanada ontplooi is, is terug in die land.
9/27/202348 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 September 2023

Swaar reën en oorstromings in die Wes-Kaap rig groot skade aan. Boere het reeds 'n miljard rand se vee en weidingsveld verloor weens die verwoestende brande. Chris Pappas is die DA se premierskandidaat in KwaZulu-Natal. Die nuwe transmissie-maatskappy van Eskom wil teen November begin handel dryf.
9/26/202345 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 September 2023

Action Society loof die vinnige optrede van die polisie en Hoedspruit Plaaswag om transitorowers vas te trek. Suid-Afrikaners vier Erfenisdag. 'n Onvoltooide multimiljoenrand waterbehandeling- en rioolaanleg by Kampersrus in Hoedspruit, Limpopo, is gestaak.
9/25/202346 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 September 2023

Die hof beveel die minister van landbou om alle inligting rakende grondeise bekend te maak. Die Reserwebank het die repokoers onverandered gelaat. Daar is steeds 'n groot tekort aan bloedvoorraad in die Wes-Kaap. Kommer oor 'n groot aantal hartpasiënte wat nie hulle medikasie drink nie.
9/22/202345 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 September 2023

Sal die Reserwebank vandag aan die rentekoers torring? Suid-Afrika sal steeds as gasheer optree vir die AGOA-forum in November. Ruan Pienaar bespreek die Bokke se strategie teen Ierland.
9/21/202346 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 September 2023

President Cyril Ramaphosa vra die Verenigde Nasies om vredesinisiatiewe in Oekraïne te versnel. Die implementering van die Zondo-kommissie se voorstelle oor staatskaping vorder teen 'n slakkepas. Solidariteit besoek die VSA oor AGOA en Suid-Afrika se buitelandse beleid.
9/20/202346 minutes
Episode Artwork

Monitor 19 September 2023

Die jongste oor die brande in Noordwes. Afrikalande sluit 'n veiligheidsooreenkoms. Vir die eerste keer in 'n jaar is daar weer 'n Afrikaanse rolprent op die silwerdoek.
9/19/202347 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 September 2023

Die Weerburo waarsku oor voortgesette onstuimige seetoestande in die Suid-Kaap. Wat is die stand van ons demokrasie in 'n wêreld waar dit toenemend met outokrasie vervang word? President Cyril Ramaphosa vlieg na New York waar die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vandeesweek sit.
9/18/202347 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 September 2023

Minstens die helfte van kankergevalle onder kinders in Suid-Afrika word nooit gediagnoseer nie. Kommer oor die lae vervolgingskoers van plaasaanvalle- en moordsake. Opposisiepartye in Noordwes beplan om 'n mosie van wantroue in die Premier in te dien. Die Tshwane-metro sê die munisipale staking en gepaardgaande geweld is 'n poging om die stad onregeerbaar te maak.
9/15/202344 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 September 2023

Die raad van ondersoek na die brand in Marshalltown, Johannesburg, kry skerp tande om sy taak te verrig. Die DA maak sy premierskandidaat in Gauteng bekend. Ons praat oor gerugte dat Vlak 7-beurtkrag dalk geïmplementeer gaan word.
9/14/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 September 2023

Meer as 2 300 mense dood en 10 000 steeds vermis ná oorstromings in Libië. Eiertekorte weens voëlgriep. Voormalige Springbokkapteins die josie in oor die Bokke se peperment-tandepasta truie.
9/13/202350 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 September 2023

'n Wedloop teen tyd om oorlewendes uit die puin van die aardbewing in Marokko te grawe. Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal miljoene verloor as sy in 'n staat van beskuldiging geplaas word, ten gunste waarvan die parlement met 'n oorweldigende meerderheid gestem het. Ideologiese verskille kniehalter die NEDLAC-forum.
9/12/202350 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 September 2023

Ons bespreek Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap. Die dodetal in die Marokko-aardbewing styg skerp. Ons ontleed die G20-beraad.
9/11/202349 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 September 2023

Die Parlement gee die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente twee weke om uitdagings in sy huidige finansieringsmodel op te los. Navorsing wys 'n toename in Suid-Afrikaners se lewenstevredenheid, ondanks 'n vertrouensbreuk tussen landsburgers en die regering. Owerhede in Johannesburg slaan toe op gekaapte geboue in die middestad.
9/8/202350 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 September 2023

Eskom bestee miljarde aan diesel vir turbines om noodkrag op te wek. 'n Studie wys gelduitleners gebruik slenters om skuld van leners se salarisse te verhaal. Sakevertroue styg effens in die derde kwartaal. Vroue in Mexiko het nou die reg op aborsie.
9/7/202350 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 September 2023

'n Rekordverhoging in brandstofpryse. Noord-Korea beplan om wapens aan Moskou te verskaf. Ons skakel oor na Pretoria, waar die span by TLU-SA se jaarkongres uitsaai.
9/6/202346 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 September 2023

Die Appèlhof beslis die ANC moet sy kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig. Die Gautengse onderwysdepartement begin met die plasing van leerlinge vir die 2024 skooljaar. Politieke partye reageer op die verslag oor die Russiese vragskip, Lady R. 'n Studie bevind dat die bedryfsprobleme by Transnet die land se ekonomie daagliks R1 miljard kos.
9/5/202348 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 September 2023

'n Onafhanklike paneel bevind dat geen wapens op die Russiese skip Lady R gelaai is nie. Brande woed in die Vrystaat. Die Kill the Boer-saak sal vandag in die Appèlhof aangehoor word.
9/4/202350 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 September 2023

Die Wes-Kaapse owerheid sluit 'n ooreenkoms met die taxibedryf. Julle het jullle plig versuim, sê oudburgemeester Herman Mashaba oor gister se brand in Johannesburg se middestad. 'n Nuwe algoritme is suksesvol om asteroïedes op te spoor wat die aarde bedreig.
9/1/202350 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Augustus 2023

Die omstrede Ace Magashule stig 'n nuwe party. Die Tshwane-metro beplan streng optrede teen stakers. 'n Egpaar wat lewens wil red, reis met 'n omgeboude trok om die aarde met olie van vis-en-skyfie winkels.
8/31/202347 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Augustus 2023

Kholeka Gcaleka is benoem om die nuwe Openbare Beskermer te wees, maar nie almal stem daarmee saam nie. Die Menseregtekommissie ondersoek die rioolprobleme in Kimberley. Kommer oor riool wat in die Seekoeivlei-natuurreservaat in die Vrystaat vloei. Wysigings aan die Kieswet word in die Konstitusionele Hof betwis.
8/30/202350 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Augustus 2023

'n Kritieke tekort aan bloed in die Wes-Kaap. Kommer oor Johannesburg se vuil lug. 'n Huldeblyk aan die akteur, Bradley Olivier.
8/29/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Augustus 2023

Die DA wil hê die raad van die Johannesburg Metro moet ontbind word. Boere bereken die skade ná veldbrande in die Vrystaat. Alan Winde staan vir 'n tweede termyn as premier van die Wes-Kaap. Die opposisie in Zimbabwe weier om die verkiesingsuitslag te aanvaar.
8/28/202347 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Augustus 2023

'n Tshwane-metro vergadering oor stakende werkers stort in duie. Dwaalkoeëls teister inwoners in die omgewing van die Wespark-begraafplaas in Johannesburg, waar bendeleiers en politieke figure dikwels met die skiet van vuurwapens begrawe word. Een van die slagoffers van die sogenaamde Springs Monster praat oor sy ervaring.
8/25/202343 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Augustus 2023

Russiese lugvaart-owerhede bevestig dat die Wagner-hoof op 'n vliegtuig was wat neergestort het. Indië maak geskiedenis met 'n maanlanding. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die BRICS-beraad.
8/24/202348 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Augustus 2023

Onderhoude word vandag gevoer met kandidate vir die amp van Openbare Beskermer. Die ondersoekende joernalis, Derek Watts, sterf. Stewige groei in die inkomste van restaurante en koffiewinkels. Zimbabwiërs trek vandag kruisies in die algemene verkiesing.
8/23/202347 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Augustus 2023

Twee-en-dertig vlieëniers van die Lugmag kon die afgelope twee jaar nie vlieg nie. Opposisiepartye grom oor die Reserwebank se Phala-Phala bevindings. Die Silwerskerm-fees skud sy vere reg.
8/22/202346 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Augustus 2023

Kommer oor die groot toename in moorde op polisielede. Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by BRICS aan te sluit. Die UDF vier sy 40e bestaansjaar.
8/21/202349 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Augustus 2023

Landbou vra dat die minimumloon in toom gehou word. Opposisiepartye by die veelpartykonvensie bereik 'n ooreenkoms oor die verdeling van mag. Ons praat met 'n politieke ontleder hieroor. Meer as 20 000 Kanadese vlug voor verwoestende brande.
8/18/202349 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Augustus 2023

Die Solidariteit Navorsingsinstituut sê daar is nie genoeg geld in die fiskus om die Nasionale Gesondheidsversekering te befonds nie. Kommer oor die hoë werkloosheidsyfer, veral onder huiswerkers. Opposisiepartye gaan vandag voort met samesprekings om 'n voorverkiesingsooreenkoms te bereik. 'n Kragkrisis in Lichtenburg het 'n groot impak op die produksie van sonneblomolie.
8/17/202349 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Augustus 2023

Verskeie politieke partye is ontevrede met die verklaring van die ANC se nasionale dialoog oor koalisieregerings, en sal dit nie onderteken nie. Intussen vind 'n gesprek onder opposiepartye oor die DA se sogenaamde "moonshot pact" vandag plaas. Die drukgroep, Open Secrets, maak skokbewerings oor die Lady R Russiese vragskip-sage.
8/16/202350 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Augustus 2023

OUTA wil hê die Johannesburg Metro moet die verhoging in eiendomswaarde tot nege persent beperk. Die nasionale burgerlike organisasie ISANCO gaan deelneem aan die veelparty-konferensie. Afriforum eis optrede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit oor die rioolbesoedeling in die Vaalrivier. 'n Nuwe Covid-subvariant van belang is besig om wêreldwyd te versprei.
8/15/202349 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Augustus 2023

Talle onwettige buitelanders word in polisie-operasies in die middestad van Johannesburg vasgetrek. Die DA stel sy visier op die ANC, maar is dit as bondgenoot of aartsvyand? Niger se militere regering beoog om die afgesette president, Mohammed Bazoum, vir hoogverraad te vervolg.
8/14/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Augustus 2023

Wat gebeur noudat Die taxistaking in die Wes-Kaap afgelas is? OUTA hou vol NSFAS het onreëlmatig tenders aan derdeparty-diensverskaffers toegeken. Iran is dalk binnekort 'n lid van die BRICS-groepering.
8/11/202349 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Augustus 2023

Julie was die aarde se warmste maand nóg, en die Suidpool se ys het tot sy laagste vlak gekrimp. Boonop sal Suid-Afrika dié somer 'n El Niño-stelsel beleef. Ons praat hieroor met 'n klimatoloog en 'n landbou-ekonoom. Nuwe navorsing beklemtoon die voordele wat stap inhou. 'n Totale aanslag teen dwelmhandel in Suid- en Sentraal-Amerika.
8/10/202350 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Augustus 2023

Hongersnood blyk 'n dringende probleem in die Oos-Kaap te wees, nadat 'n ma haar drie dogters en haarself om die lewe gebring het. 'n Ooreenkoms oor taxigeweld teen busse word in die Oos-Kaap bereik. Ons praat oor die politieke dimensie van die taxistakng in die Wes-Kaap.
8/9/202349 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Augustus 2023

Kaapstad kry 'n interdik teen die taxibedryf. Kommer oor ’n toename in plaasmoorde. Die Wêreldbeker Springbokgroep word vandag bekendgemaak.
8/8/202350 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Augustus 2023

Die taxistaking in Kaapstad gaan voort nadat gesprekke tussen SANTACO en die Wes-Kaapse regering misluk. Politieke partye besluit op 'n raamwerk om koalisies te bestuur. Onwettige mynwerkers en die Johannesburg metropolisie raak slaags aan die Wes-Rand.
8/7/202348 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Augustus 2023

EFF-leier Julius Malema se uitsprake oor Rusland en die boere wek opspraak in die buiteland. 'n Beraad van politieke partye oor koalisies begin vandag. Rusland bou 'n fasiliteit by die Hartebeesthoek-ruimtesentrum in Noordwes om ruimterommel waar te neem.
8/4/202351 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Augustus 2023

Agt vermeende onwettige myners sterf naby Kleinsee in die Noord-Kaap. Oudpresident Donald Trump is vandag weer terug in die hof. Suid-Afrikaners voeg hulle stem by 'n internasionale veldtog teen mensehandel.
8/3/202352 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Augustus 2023

Inwoners van Riverlea, suid van Johannesburg, vra vir deurlopende polisie-teenwoordigheid in die gebied om orde daar te herstel. Die agt lede van die presidensiële beskermingseenheid moet weer in September in die hof verskyn nadat die staat die hof nié kon oortuig om borgtog te weier nie. Daar was 'n afname in renosterstropery, maar dis nie alles goeie nuus nie.
8/2/202350 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Augustus 2023

Die DA wend hom tot die VN oor die EFF se Kill the Boer-singery. AGRI SA waarsku dat voorgestelde watergebruikwetgewing voedselsekerheid kan benadeel. Ontstoke inwoners van Riverlea eis dat die regering dringend ingryp by onwettige mynbedrywighede.
8/1/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Julie 2023

Agri SA woedend oor EFF se sing van Kill the boer. Die oorlog in Oekraïne veroorsaak groot kunsmistekorte. Hoe relevant is die ANC Veteraneliga?
7/31/202348 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Julie 2023

Die EFF vier sy tiende bestaansjaar - ons praat met 'n ontleder oor dié party se politieke ontwikkeling. Die landboumuseum op Lichtenburg beleef nóg ’n terugslag. Banyana Banyana speel gelykop teen Argentinië in die Vroue Sokkerwêreldbekertoernooi - die droom van die uitklopfase lê nog nie aan skerwe nie.
7/28/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Julie 2023

Johannesburg se middestad sal as 'n rampgebied verklaar word. Weermagoffisiere kondig 'n suksesvolle staatsgreep in Niger in Wes-Afrika aan. Die Ierse sanger, Sinead O'Connor, sterf in die ouderdom van 56.
7/27/202347 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Julie 2023

Die Wes-Kaapse regering maak 'n strategie vir die versnelling van ekonomiese groei in dié provinsie bekend. Infeksiebeheermaatreëls in Gauteng se staatshospitale is onder die soeklig nadat duisende pasiënte oor die afgelope jaar infeksies opgedoen het. Die ANC se verkiesings van die bestuurslede van sy jeug- en vroueligas is agter die rug - ons vra of die party werklik besig is om sy huis in orde te kry.
7/26/202349 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Julie 2023

Die regering stel 'n meesterplan bekend vir die ontwikkeling van 'n hernubare energiebedryf. Afriforum wil hê die Verenigde Nasies moet Suid-Afrika se swak voorsiening van water ondersoek. Veiligheidsraadgewers van die Brics-groepering kom in Suid-Afrika byeen om onder meer die hervorming van die VN-veiligheidsraad te bespreek.
7/25/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Julie 2023

Die ANC-Vroueliga het 'n nuwe president - hoe relevant is die liga nog? 'n Opname bevind dat Suid-Afrikaners toegegooi is onder die skuld. Durban se filmmark lok vervaardigers van dwarsoor die wêreld.
7/24/202349 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Julie 2023

Rentekoerse bly onveranderd. Moontlike redes vir die Johannesburg-ontploffing gegee. Oekraïne gebruik nou trosbomme teen Rusland.
7/21/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Julie 2023

Een persoon sterf in 'n ontploffing in Johannesburg se middestad. Die BRICS-beraad in Suid-Afrika gaan volstoom voort, maar sonder die Russiese president, Wladimir Putin. Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor die implikasies van die besluit. Is die einde van rentekoersverhogings in sig?
7/20/202344 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Julie 2023

Die prys van diesel sal na verwagting aanstaande maand styg. Gebaretaal word vandag amptelik 'n landstaal. Die polise onderneem om onopgeloste sake, wat verbind word aan Norman Afzal Simons, weer te ondersoek.
7/19/202349 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Julie 2023

Na byna 30 jaar is daar meer vrae as antwoorde op die vooraand van die sogenaamde "station strangler" se vrylating op parool. Die DA se konsepwetsontwerp wat meer magte aan premiers sal gee, ontlok kritiek. Op internasionale Nelson Mandeladag wonder mense waar politieke leiers die spoor byster geraak het.
7/18/202349 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Julie 2023

Die AA sê die Aarto-wetgewing sal nié padveiligheid verbeter nie. Die sogenaamde stasiemoordenaar sal onder huisarres geplaas word wanneer hy op parool vrygelaat word. 'n Kenner sê belastingbetalers moet hulle outomatiese belastingassessering deeglik bestudeer. Die Swartsee-graanooreenkoms verstryk vandag, tensy Rusland dit verleng.
7/17/202349 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Julie 2023

Gauteng se regering wil 'n provinsiale staatsbank op die been bring. 'n Kenner antwoord die vraag - sal oudpresident Jacob Zuma terug tronk toe gaan? Wie gaan more uitdraf as Springbok-kaptein?
7/14/202349 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Julie 2023

Vrae oor hoekom daar nie vinniger teen vragmotoraanvallers opgetree is nie. 'n Party-woordvoerder sê hulle COPE steeds. Dis nou baie makliker om 'n orgaanskenker te word.
7/13/202348 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Julie 2023

Watertoevoer na groot dele van Johannesburg word tot Vrydag onderbreek. Rand Water sê munisipale wanbestuur dra by tot die waterkrisis in Gauteng. 'n Dodelike haassiekte steek weer kop uit. Die Poskantoor is in sakeredding geplaas - ons vind uit hoe dié proses werk.
7/12/202348 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Julie 2023

Die oudpolisieman wat die blouligaanval op sosiale media versprei het, kry dreigemente. Die Verkiesingskommissie teken 'n ooreenkoms om fopnuus op sosiale media te bekamp. Gautengers baljaar in die sneeu.
7/11/202349 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Julie 2023

Die ANC sê die koalisiestelsel moet hersien word. Sneeu word in Mpumalanga en die Oos-Kaap voorspel. Die SAUK se geldelike verknorsing verdiep. Wintersiektes by kinders is in die kollig.
7/10/202350 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Julie 2023

Die polisie ondersoek ’n massa skietvoorval in Hanover Park op die Kaapse Vlakte. Sakelui verwag dat inflasie vanjaar tot bykans 7% persent kan styg. Navorsing wys Suid-Afrikaners is treurig om geld te spaar. Kommer oor die groot tekort aan maatskaplike werkers.
7/7/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Julie 2023

'n Gaslekkasie aan die Oosrand wat 16 lewens geëis het, word met onwettige myners verbind. Cosatu betoog vandag landwyd oor 'n lang lys kwessies. Die slagoffers van Maandag se bloulig-aanranding oorweeg regstappe.
7/6/202349 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Julie 2023

Petrol is vandag goedkoper, maar diesel duurder - 'n ekonoom verduidelik hoekom. OPOD ondervra die slagoffers van adjunkpresident Paul Mashatile se beskermingseenheid. 'n Politieke wetenskaplike bekyk die uitsonderlike verhouding tussen die VSA en Israel.
7/5/202349 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Julie 2023

Beurtkrag of kragvermindering - wat verkies jy? Ons hoor wat Eskom se nuwe plan behels. 'n Biskop van Springbok in die Noord-Kaap verskyn in die hof op aanklagte van seksuele misdrywe. Frankryk is kalm, maar gespanne na die afgelope paar dae se onluste.
7/4/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Julie 2023

Nóg liggame in Namakwaland gevind ná oorstromings. Hoe relevant is die ANC Jeugliga? Die Inniebos-fees is 'n dawerende sukses.
7/3/202349 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Junie 2023

Suid-Afrika begin die vierdag-werksweek toets. Navorsers sê mense raak te hans met leeus. Ons skakel oor na InniBos waar Lizz Meiring met ons gaan praat oor interaktiewe teater.
6/30/202348 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Junie 2023

Die KVBA beslis dat ras nie die enigste faktor mag wees, en dat niemand afgedank mag word nie. 'n Rolprentmaker werp lig op 'n Suid-Afrikaner wat glo 'n kind by 'n ruimtewese gehad het. Ons skakel oor na InniBos.
6/29/202346 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Junie 2023

Tot soveel as 97 000 mense het hulle werk die afgelope jaar veloor. Nog Suid-Afrikaanse jagluiperds sterf in die noorde van Indië. Die Wagner-huursoldategroep neem glo beheer oor in die Sentraal Afrika Republiek.
6/28/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Junie 2023

Groot kommer oor Suid-Afrika se hoë vlakke van dwelmmisbruik. Ontleders sê president Waldimir Poetin is verswak deur die kortstondige Wagner-rebellie. 'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker bring hulde aan sy tuisdorp, Calvinië.
6/27/202346 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Junie 2023

President Cyril Ramaphosa sê die doel van die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland was om verdere lewensverlies te beperk. Die ANC in die Wes-Kaap het 'n nuwe leier. Meer as 700 verdagtes in die konstruksiemafia word gearresteer.
6/26/202348 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Junie 2023

Die Artikel 194-ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane, sleep voort, terwyl die soeke na 'n nuwe OB nou amptelik begin het. Die ANC in die Wes-Kaap se langverwagte negende provinsiale konferensie vind uiteindelik die naweek in Kaapstad plaas. Ons praat met Agri Wes-Kaap vir die jongste nuus in die nadraai van die oorstromings in dié provinsie.
6/23/202346 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Junie 2023

Nóg 'n bloedige week op die Kaapse Vlakte. Inflasie sak terug - beteken dit die einde van rentekoersverhogings? Museumteater maak sy verskyning in Suid-Afrika.
6/22/202348 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Junie 2023

Die ANC in die Wes-Kaap hou sy provinsiale konferensie maande nadat dit moes gebeur het. Georganiseerde landbou beraam die skade van die oorstromings in die Wes-Kaap. Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê verkeerde inligting word oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp versprei.
6/21/202348 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Junie 2023

Wes-Kapenaars staal hulle vir nog reën te midde grootskaalse opruimingswerk weens die onlangse oorstromings. Die ANC het nog tot môre toe kans om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. Tienerswangerskap in die Noord-Kaap skiet die hoogte in.
6/20/202347 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Junie 2023

Nog stormweer word vandag in die Kaap verwag. President Cyril Ramaphosa oorhandig 'n tienpuntplan vir vrede aan Wladimir Putin, maar daar is 'n angeltjie in die voorstelle. Ons saai die eerste van 'n reeks bydraes oor Sirië uit.
6/19/202347 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Junie 2023

Vakbonde bereik 'n historiese loonooreenkoms met ESKOM. Nóg koue fronte op pad na die Wes- en Noord-Kaap. Jeugdag word vandag gevier.
6/16/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Junie 2023

Die aansoekproses begin vandag vir plasing van graad 1 en 8 leerlinge in Gautengse skole vir 2024. Die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering is in die kollig. OUTA kritiseer die Gautengse regering vir sy gesloer met die afskaffing van die e-tolstelsel. Die Minister van Elektrisiteit gaan na China reis om met die ses grootste sonpaneelvervaardigers te vergader.
6/15/202348 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Junie 2023

Reaksie op die goedkeuring van die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Republikeine én Demokrate oorweeg dit nou om Suid-Afrika uit AGOA te skop. Die sardientjies begin loop.
6/14/202347 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Junie 2023

Suid-Afrika kry krag van Mosambiek. Ace Magashule is uit die ANC geskop. Daar is steeds 'n tekort aan teengif vir slangbyte. Agbiz is bekommerd oor die beplande raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies.
6/13/202348 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Junie 2023

'n Geoloog verduidelik gister se aardbewing in Gauteng, en of 'n grote verwag moet word. 'n Projek wat bekostigbare kos verskaf, groei met rasse skrede. Hoe volhoubaar is die laer beurtkrag-fases? Ons praat met 'n kenner.
6/12/202352 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Junie 2023

TLU SA vra die president om die minister van polisie, Bheki Cele, af te dank. Honderde senior bestuurders in die staatsdiens het nie die nodige kwalifikasies vir hulle poste nie. Daar is 'n groot tekort aan bloedvoorraad. Drie lande word lede van die nuwe ontwikkelingsbank, wat deur die BRICS-groepering gestig is.
6/9/202349 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Junie 2023

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, bedank ná skokbewerings van omkopery waarby Dyanti en twee ander ANC-hoës betrek word. Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president sal teen gister se hofuitspraak appelleer, wat sy private vervolging van advokaat Billy Downer en joernalis Karyn Maughan tersyde gestel het. Duisende mense word jaarliks as onbekendes in Suid-Afrika en ander lande begrawe, ondanks die vooruitgang wat daar met DNS-ontleding gemaak is.
6/8/202347 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Junie 2023

Kommer oor beplande raskwotas en 'n moontlike uitvloei van vaardighede. ’n Resessie is vir nou eers afgeweer, maar ekonome waarsku oor die tweede kwartaal. Verskeie munisipaliteite gewaarsku oor die kwaliteit van drinkwater.
6/7/202349 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Junie 2023

Politieke Partye reageer op die dood van die LP en voormalige kabinetslid, Tina Joemat Pettersen. Johannesburg se toekoms word vandag duideliker met die lewering van die stadsrede. Eskom betrek ou ingenieurs om sy kragstasies aan die gang te hou. Suid-Afrikaanse onderwysers word oorsee gelok.
6/6/202351 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Junie 2023

Suid-Afrika oorweeg sy opsies vir die BRICS-beraad in Augustus. Die Suid-Afrikaanse boubedryf skud sy vere reg op Wêreld Omgewingsdag. 'n Bekende politieke ontleder sê die tekens is daar dat die ANC, nes die NP destyds, se einde in sig is.
6/5/202350 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Junie 2023

Die Motor van die Jaar is... 'n bakkie! Die Mzanzi Jeugkoor maak opslae in die VSA. 'n Projek om pappegaaie van uitwissing te red, help ook arm Oos-Kaapse gemeenskappe.
6/2/202346 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Junie 2023

President Cyril Ramaphosa word as 'n bedrieër beskryf, wat nie sy beloftes nakom nie. Die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gee vandag meer besonderhede oor die regering se ingryping teen cholera in Tshwane. Die geskiedkundige figuur, Wolraad Woltemade, se heldedaad van 250 jaar gelede word herdenk.
6/1/202349 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Mei 2023

Nog gevalle van cholera in Hammanskraal aangemeld. Meer as 10 000 verkragtings is in die eerste drie maande van vanjaar by die polisie aangemeld. Die bevordering van entrepreneurskap is in die kollig, te midde van grootskaalse afleggings wat dreig. Buitelandse ministers van BRICS-lidlande vergader môre in Kaapstad oor die moontlike uitbreiding van dié groepering.
5/31/202349 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Mei 2021

Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken dat hy wapens op die Russiese vragskip, Lady R, gelaai het. Nie-regeringsorganisasies wat kinderbeskermingsdienste lewer, kla omdat die regering hulle finansieel nie genoeg help nie. Is die Menseregtekommissie se beslissings afdwingbaar? 'n Hof sal nou daaroor besluit.
5/30/202350 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Mei 2023

Vakbonde verwerp Eskom se jongste loonaanbod. Die minister van elektrisiteit kry uiteindelik sy magte en pligte, maar kommer bestaan oor wat hy met dié nuwe bevoegdhede gaan doen. 'n Onafhanklike paneel is aangestel om die bewerings te ondersoek dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het. 'n Navorser sê rioolbesoedeling en die swak bestuur van afvalwaterstelsels dra by tot die cholera-krisis.
5/29/202347 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Mei 2023

Die eerste sterfte aan cholera word in die Vrystaat aangeteken. Afriforum neem watermonsters in die Vaalrivier waarvan een positief vir cholera toets. Rentekoerse styg met 'n verdere 50 basispunte. 'n Mosie van wantroue teen die burgemeester in die Nelson Mandela Metro, Retief Odendaal, word na verwagting vandag gedebatteer.
5/26/202348 minutes
Episode Artwork

Monitor 25 Mei 2023

Verbruikersinflasie is op sy laagste vlak in maande. Kommer oor 'n skerp styging in skole se eiendomsbelasting. 'n Eeu gelede het die eerste vrou onwettig aan die Comrades deelgeneem.
5/25/202343 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Mei 2023

'n Toename in gevalle van pampoentjies. Burgerregtegroepe glo konsepwetgewing oor die nasionale raad op geslagsgeweld is onvoldoende om dié misdaad te stuit. Verskeie lande oorweeg voorstelle om kunsmatige intelligensie te reguleer.
5/24/202347 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Mei 2023

Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging.
5/23/202346 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Mei 2023

Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig.
5/22/202348 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Mei 2023

Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees.
5/19/202353 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Mei 2023

Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas.
5/18/202350 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Mei 2023

President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag.
5/17/202350 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Mei 2023

President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom.
5/16/202349 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Mei 2023

President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het.
5/15/202350 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Mei 2023

Die VSA beskuldig Suid-Afrika dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf. Die rand val skerp teen die dollar. Koue en reën word vir groot dele van die land voorspel.
5/12/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Mei 2023

Die nasionale regering gaan ingryp by die bestuur van die eThwekini Metro. Daar is vier keer meer private veiligheidswagte as polisielede in die land. Gun Free South Africa wil 'n groepsgeding teen die polisiediens instel. Die Eskom-raad kom onder skoot in die parlement oor bewerings van korrupsie en misdaadsindikate by die kragvoorsiener.
5/11/202351 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Mei 2023

Dit is vandag 29 jaar sedert oudpresident Nelson Mandela sy inhuldigingstoespraak gelewer het – hoe lyk ons demokrasie vandag? Onderhandelinge oor die vrylating van die gyselaar, Gerco van Deventer, vorder stadig maar seker. Ons praat met die medekaptein van die land se eerste beroepsrugbyspan vir vroue, Libbie Janse Van Rensburg.
5/10/202351 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Mei 2023

Die tweede ronde van loononderhandelinge by Eskom begin. Die Minister van Toerisme stel 'n ambisieuse teiken om miljoene besoekers teen 2030 na Suid-Afrika te lok. ons praat met twee kenners oor hoe die ekonomiese en maatskaplike omstandighede in die land Suid-Afrikaners se geestesgesondheid beïnvloed.
5/9/202349 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Mei 2023

Die burgemeester van Gqeberha, Retief Odendaal, wend hom na die hof om 'n mosie van wantroue af te weer. Die sonkragverskaffer, Rural Free State, vergader met Eskom oor beurtkrag in Frankfort. dagga-aktiviste betoog by die parlement.
5/8/202350 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Mei 2023

Die Johannesburg Metroraad sal vandag weer probeer om 'n nuwe burgemeester te verkies nadat verskeie politieke partye gister samesprekings gevoer het. Suid-Afrikaanse gebaretaal is een stap nader om 'n amptelike landstaal te word. Die DA lê nuwe wetgewing in die parlement ter tafel om kabinetslede se byvoordele te reguleer. Ons praat met Suid-Afrika se enigste aktiewe speler in die Amerikaanse voetballiga, die NFL.
5/5/202349 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Mei 2023

Die aktivistegroep, Verslaggewers Sonder Grense, waarsku teen die opkoms van 'n sogenaamde fopnuus-bedryf. 'n Hofordonnans word in Motherwell in die Oos-Kaap doodgeskiet tydens ’n ontsnappingspoging. Die Reserwebank stel nuwe munte en banknote bekend.
5/4/202352 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Mei 2023

Suid-Afrika in 'n stryd om sitrus na die Europese Unie uit te voer. Parlementslede krap kop oor hoe Suid-Afrika van die gryslys verwyder kan word. Die dieselprys sak weer, maar petrol is vandag duurder.
5/3/202349 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Mei 2023

Suid-Afrikaners wat in Soedan was, is verlig om weer by die huis te wees, maar daar is nog ten minste 22 wat sukkel om terug te keer. Gauteng se eksperiment met 'n misdaadvoorkomingsmag word verwelkom. Werkersdag wat gister gevier is, is vir meeste mense 'n herinnering aan lae lone en hoë inflasie.
5/2/202352 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Mei 2023

Die laaste groep Suid-Afrikaners vanuit Soedan is by die huis. 'n Onsekere toekoms vir Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon en werk. Reaksie op die nuutaangestelde misdaadvoorkomingsbeamptes in Gauteng.
5/1/202352 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 April 2023

Black Sash is bekommerd oor die uitdagings wat begunstigdes van maatskaplike toelaes kan ondervind, met die instelling van 'n nuwe kaartlose betalingstelsel. Bahrein, Egipte en Indonesië wil lidlande van die BRICS-groepering word. Die openbare raadplegingsproses oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys word verleng.
4/28/202348 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 April 2023

Die voormalige Eskombaas, André de Ruyter, frustreer parlementslede met sy swye oor korrupsie by die energieverskaffer. Die Wes-Kaapse regering se plan met haweloses word gekritiseer, maar ook geprys. Die jagluiperd-projek in Indië vorder glo goed, in weerwil van die dood van twee van die diere.
4/27/202349 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 April 2023

Suid-Afrika gaan aan die Internasionale Strafhof onttrek. Nóg 'n verkrygingsskandaal by die Gautengse Departement van Gesondheid. President Joe Biden van die VSA gaan vir 'n tweede termyn staan.
4/26/202349 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 April 2023

'n Nood-ontruimingsplan vir Suid-Afrikaners in Soedan is gister in werking gestel. Ons verneem dat die plan twee busse behels, maar die res van die plan is in geheimhouding gehul. Die burgemeester van Johannesburg, Thapelo Amad, bedank uit sy pos. Presisdent Cyril Ramaphosa praat oor 'n ANC-voorstel om koalisies te reguleer.
4/25/202348 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 April 2023

Dit sal R29-miljard kos om die Vrystaat se paaie rybaar te maak. Nuwe hoop vir 'n man wat reeds ses jaar deur Al Kaïda aangehou word. 'n Beroep gedoen dat Suid-Afrika uit BRICS padgee.
4/24/202348 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 April 2023

Is die Fase 6-beurtkrag van vandag dieselfde Fase 6 van twee of drie jaar gelede? Boere vra dat kragvermindering op hulle plase toegepas word. Hoe maak ons seker dat kunsmatige intelligensie nie buite beheer raak nie.
4/21/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 April 2023

Die beweerde meesterbrein agter ’n kinderhandel-en-molesteringsnetwerk, Gerhard Ackerman, hou vol hy is onskuldig. Die Thabo Bester-sage neem die een wending na die ander. Ons vra ’n SAUK-navorser om die nuwe stukkies van die legkaart bymekaar te sit. Die Tshwane-metro wil sy ongebruikte munisipale grond verkoop om die stad se geldsake te help herstel.
4/20/202348 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 April 2023

Verskeie politieke partye verwelkom die aanstelling van 'n nuwe SAUK-raad. Die president bekragtig veranderinge aan die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld. Die Departement van Basiese Onderwys sê daar is 'n afname in die getal leerlinge wat skool voortydig verlaat.
4/19/202349 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 April 2023

Onafhanklike kandidate sal voortaan aan provinsiale en nasionale verkiesings mag deelneem. Die vrou van die paramedikus wat al ses jaar deur Al Kaïda aangehou word, praat. Aantygings van nepotisme teen die Matie-rektor sal deur 'n komitee ondersoek word.
4/18/202346 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 April 2023

Die Tshwane-metro kan moontlik onder administrasie geplaas word. Kommer oor die sielkundige impak wat die droogte op boere in die Noord-Kaap het. Die voorsitter van die Afrika Unie Kommissie gaan na Soedan reis om 'n skietstilstand te onderhandel.
4/17/202349 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 April 2023

Verskeie organisasies wil hof toe gaan ná die bekragtiging van die Wet op Diensbillikheid. Die president wil in die volgende vyf jaar beleggings van R2 000-miljard na Suid-Afrika lok. Die Munisipale Afbakeningsraad oorweeg 'n aansoek om Rustenburg in 'n metropolitaanse munisipaliteit te verander.
4/14/202348 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 April 2023

Die jongste nuus oor die terugkeur na Suid Afrika van Thabo Bester en Nandipha Magudumana. 'n Vrou wat jare gelede deur Bester geteiken is, vertel van haar noue ontkoming met hom. Hooggeplaastes, sakelui en staatsamptenare van regoor die wêreld is in Sandton, Johannesburgm vir die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie.
4/13/202350 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 April 2023

Woede oor die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping meer as 'n jaar gelede, is aan die toeneem onder Suid-Afrikaners. Ons berig oor twee beskuldigdes wat intussen in die hof verskyn het in verband met Bester se ontsnapping, en nog arrestasies word in die saak verwag. Planne om die ou duikboot, SAS Assegaai, na sy laaste rusplek te verskuif, is in 'n gevorderde stadium.
4/12/202349 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 April 2023

Gevalle van Afrika-perdesiekte is aan die toeneem in Gauteng. Onderwysersvakbonde is bekommerd oor die toename in rooftogte by openbare skole. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie monitor 'n nuwe subvariant van Covid-19.
4/11/202342 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 April 2023

'n Misdaadaktivis beweer Thabo Bester het die tronk verskeie kere verlaat voor sy finale ontsnapping in Mei verlede jaar. Ons praat oor verskeie van die vrae oor dié storie, asook die mislukte uitlewering van die Guptas ontstaan. 'n jong Suid-Afrikaner kry die geleentheid om dalk eendag aan die Formule 1-kampioenskap deel te neem.
4/10/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 April 2023

Die bloeddiens het 'n tekort aan bloedvoorraad vir die O-groep. Hoër fases van beurtkrag kan dalk hierdie winter ingestel word. Frankryk plaas sy hoop op China om Rusland te oorreed om vredesamesprekings met Oekraïne te begin.
4/7/202350 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 April 2023

Eskom sal wel verantwoording moet doen oor wanbesteding, nadat die regering die kragvoorsiener se vrystelling van sekere bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur voorlopig terugtrek. Die ramptoestand oor die kragkrisis word na minder as twee maande beëindig. Verkeersowerhede regoor die land is slaggereed vir wanneer Paasverkeer toeneem.
4/6/202349 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 April 2023

'n Spesiale gesamentlike sitting van verskeie parlementêre komitees sal vandag plaasvind oor die vrystel van Eskom om onreëlmatige en verwistende uitgawes te rapporteer. Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, sê sy vervolging weens die beweerde betaling van omkoopgeld is polities gemotiveer. Australië word die sewende land om Tiktok weens spioenasieoorwegings op regeringsfone te verban.
4/5/202347 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 April 2023

'n Bykomende R37,4 miljard gaan bestee word aan salarisse vir staatsdiensamptenare. Kommer oor die swak bestuur van Transnet. Finland word vandag amptelik 'n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.
4/4/202351 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 April 2023

John Steenhuisen word as leier van die DA herverkies, en kom met 'n ambisieuse plan vorendag. Die veteraanjoernalis, Jeremy Gordin, word dood by sy huis in Joahnnesburg aangetref. Die luukse passasierskip, Queen Mary 2, kom vandag in Durban se hawe aan.
4/3/202351 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Maart 2023

'n Skokrentekoersverhoging laat Suid-Afrikaners na hulle asem snak. 'n Nuwe politieke party wil die meer gevestigde partye die stryd aansê in aanstaande jaar se verkiesing. Ons vra hoeveel waarde sal die minister van elektrisiteit se besoeke aan kragstasies ons werklik bied?
3/31/202345 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 30 Maart 2023

Amerikaanse veghonde verskeur 'n bejaarde vrou in Bonteheuwel in die Wes-Kaap. Rentekoerse word moontlik vandag met 25 basispunte verhoog. China Airlines hervat vlugte na Suid-Afrika.
3/30/202347 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2023

Die Tshwane-metro het uiteindelik 'n burgemeester. Die Vereniging van Staatsdiensamptenare aanvaar 'n loonverhoging van 7,5%. Humza Yousaf is die nuwe premier van Skotland.
3/29/202347 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2023

Drie mense word vir ondervraging aangehou in verband met die moord op die kletsrymer, AKA. Die paroolraad sit Vrydag oor die voormalige lemnaelloper, Oscar Pistorius. Vertroue in die kleinhandelsektor daal weens faktore soos inflasie, rentekoerse en beurtkrag.
3/28/202347 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Maart 2023

'n Ugandese joernalis praat oor nuwe, drakoniese wetgewing in haar land. Die Slag van Cuito Cuanavale word herdenk - 'n draaipunt in Suidelike Afrika se geskiedenis. Wat is president Poetin se plan met Russiese kernwapens in Belarus?
3/27/202348 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Maart 2023

BP onttrek sy dienste aan Suid-Afrikaanse lughawens. Die Wes-Kaap stel 'n 15 jaar waterplan bekend om toekomstige droogtes te oorleef. 'n Groep spesiale ateljeegaste vertel hoe hulle skolesport gaan gebruik om kinders in nood te help. Op Wêreld TB-dag ondersoek ons die voorkoms van dié siekte onder diere.
3/24/202345 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Maart 2023

Beurtkrag se impak op selfoonopvangs kos landbou reeds R400 miljoen. 'n Nooddienswerker vertel van die verwoesting wat Sikloon Freddy in Malawi gesaai het. Die inflasiekoers styg tot 7%.
3/23/202344 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2023

Die Nasionale Vergadering hou vandag 'n debat oor 'n mosie van wantroue in die Speaker. Die DA gaan regstappe teen die regering doen om puttoilette by openbare skole te verwyder. Die jongste navorsing wys dat maatskaplike werkers bedank weens groot werksladings en stres.
3/22/202347 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2023

Reaksie op die EFF se protesaksie. Hoeveel is daar te vier vandag op Menseregtedag? Oudpresident Donald Trump moontlik vandeesweek in hegtenis geneem.
3/21/202347 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Maart 2023

Die polisie is gereed om moontlike geweld tydens die EFF se betogings te stuit. Openbare sittings word oor die omstrede Bela-wetgewing gehou. Suid-Afrika wil gasheer wees vir vredesamesprekings tussen Rusland en Oekraïne.
3/20/202349 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Maart 2023

Die polisie belowe dat die EFF nie Maandag die land tot 'n stilstand sal dwing nie. Ons vra 'n kenner of die polisie wel die staking onder beheer kan hou. Die bankreus, Credit Suisse, moet miljarde dollar leen om sy finansies te ondersteun.
3/17/202348 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Maart 2023

Die EFF sê hulle sal Maandag vreedsaam betoog, tensy hulle gekeer word. Reaksie op die MRK-verslag oor Maties se taalbeleid. Die mans Proteaspan begin vandag met 'n splinternuwe witbalera. Ons praat met die kolfafrigter JP Duminy.
3/16/202345 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2023

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie vra lande om strenger wetgewing in te stel om landsburgers se soutinname drasties te verminder. Minder staal- en metaalprodukte is in Janaurie vervaardig as 'n jaar gelede. Die president van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, is môre op 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika.
3/15/202348 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2023

ActionSA se voorsitter in Gauteng bedank. Sikloon Freddy tref Mosambiek wéér - ons praat met 'n kenner oor dié uitsonderlike verskynsel. Die land se pampoenkoning praat oor sy bielie van 890 kilogram.
3/14/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Maart 2023

Huldeblyke stroom in na die dood van die kletsrymer, Costa Titch. Opposisiepartye verwerp die Openbare Beskermer se voorlopige verslag oor die Phala Phala-sage. Die president van China, Xi Jinping, maak veranderinge aan sy kabinet.
3/13/202351 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Maart 2023

Die DA het 'n oorsigbesoek aan drie hospitale in Bloemfontein gedoen om die omvang van die staking deur gesondheidswerkers in dié stad te bepaal. Die Kaapse Metro gaan bome verwyder wat met die stompkopkewer besmet is. Opposisiepartye in Turkye snoer kragte saam om die regerende party in die komende verkiesing te ontsetel.
3/10/202348 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Maart 2023

Amptenare van die departement van gesondheid sê daar sal streng teen stakende gesondheidswerkers optree wat hulle aan geweld of intimidasie skuldig maak. 'n Parlementêre debat oor die Afghaanse immigrante vind plaas. 'n Leeu het in Centurion in Pretoria ontsnap. Mense word gewaarsku om binneshuis met hulle kinders en troeteldiere te bly.
3/9/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2023

Pretoria is wéér sonder 'n burgemeester. Beurtkrag dwing die ekonomie tot op die rand van 'n resessie. Die tweede kriekettoets teen die Windies begin op die Wanderers.
3/8/202347 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2023

Landsburgers het gister geen illusies gehad oor wat hulle van president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling verwag nie. Die situasie by Wits bly gespanne met studente wat voortgaan met betogings. Die stroomdiens, Showmax, skik hom reg vir 'n nuwe gedaante.
3/7/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Maart 2023

'n Regskenner reageer op die ANC se prokureursbrief aan André de Ruyter. Die president se woordvoerder verdedig sy traagheid om 'n nuwe kabinet aan te kondig. Kleinboere vra die regering om toegang tot versekering.
3/6/202348 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Maart 2023

'n Egpaar kry 14 jaar tronkstraf vir die herhaaldelike aanranding van 'n ses maande oue baba. Die regering word gedwing om vlugtelinge uit Afghanistan in die land toe te laat. 'n Entrepreneur van Hartebeespoort maak jenewer uit indringer waterhiasinte.
3/3/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Maart 2023

Veranderinge aan die kabinet sal in die komende dae aangekondig word. Die rioolprobleem dra by tot die hiasinteplaag in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Verskeie partye eis die Noordwes-premier se kop.
3/2/202348 minutes
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2023

Die DA kry slae in die Tshwane-burgemeestersverkiesing. Meer Suid-Afrikaners het werk, maar minder het geld in die sak om elke maand te oorleef. 'n Amerikaanse resolusie om betrekkinge met Suid-Afrika te hersien ná die militêre oefening met Rusland.
3/1/202348 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Februarie 2023

Twee mense sterf in bendeverwante geweld in Westbury, Johannesburg. Die getal egskeidings het in 2021 met 13,1% toegeneem. Uganda se president, Yoweri Museveni, is vandag op staatsbesoek aan Suid-Afrika.
2/28/202350 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Februarie 2023

Die president hof toe gesleep oor die vertraging van die aanstel van die SAUK-raad. Die VSA waarsku sy burgers in Suid-Afrika. Druk op André de Ruyter om sy bewerings van korrupsie by die kragreus met bewyse te staaf.
2/27/202348 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Februarie 2023

Gemengde reaksie op André de Ruyter se skielike vertrek. Nóg 'n baanbrekeroperasie by die Grootte Schuur-hospitaal. Rusland het Oekraïne vandag 'n jaar gelede binnegeval.
2/24/202348 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Februarie 2023

Ons kry reaksie op die minister van finansies se begrotigsrede, en André de Ruyter se voortydige uittrede by Eskom. Nog niemand is in verband met die Life Esidimeni-tragedie van 2016 in hegtenis geneem nie, en die saak sloer steeds. 'n Onlangse konferensie plaas waninligtingsveldtogte in Afrika onder die soeklig.
2/23/202351 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Februarie 2023

Ons vind uit hoe jy soos 'n ekonoom na die begroting moet luister. Laer damvlakke in die Wes-Kaap beteken dat besparingsmaatreëls ingestel kan word. Blink planne om misdaad onder beheer te bring in Gauteng laat die wenkbroue lig.
2/22/202349 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Februarie 2023

Politieke partye en 'n ekonoom deel hulle verwagtinge vir die begrotingsrede. Fase 6-beurtkrag sal tot minstens Woensdag toegepas word. Die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, maak groot beloftes om misdaad te bestry.
2/21/202349 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Februarie 2023

By die Vaaldam is daar nou twaalf sluise oop. Ons kyk na die uitwerking van die volgehoue reën op verskeie plekke in die land. Suid-Afrika bevind hom midde in 'n diplomatieke geskil tussen die Afrika Unie en Israel. Pro-Oekraïense groepe betoog in Durban teen die afgelope week se vlootoefening, wat Rusland insluit.
2/20/202350 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Februarie 2023

Die regering erken dat hy die stryd teen misdaad verloor. Die Mededingingskommissie begin met 'n deurtastende ondersoek na die varsprodukte-waardeketting. Die grootste renosterplaas in die wêreld gaan opgeveil word.
2/17/202346 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Februarie 2023

Die regering word versoek om so gou moontlik rampgeld aan boere te verskaf. Nóg 'n styging in die brandstofprys word voorspel. Politieke partye kritiseer die president vir sy hantering van die krag- en misdaadkrisisse. Skotland se premier bedank.
2/16/202343 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 15 Februarie 2023

Cyril Ramaphosa se regering word van magsbeheptheid beskuldig. Die weermag se Gewapende Mag-feesvieringe vind plaas teen die agtergrond van die omtrede militêre oefening saam met Rusland. Die moordenaar van Tazne van Wyk van Elsiesrivier word nege keer lewenslange tronkstraf opgelê.
2/15/202347 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Februarie 2023

Kommer oor die miljoene onwettige vuurwapens in die land. Vloede noodsaak die regering om 'n ramptoestand te verklaar, terwyl nóg reën vandeesweek na die noorde en ooste op pad is. Die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te dank.
2/14/202350 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Februarie 2023

Die moord op die kletsrymer, AKA, en sy vriend ontlok wydlopende medelye en kommentaar. Die weerburo reik ’n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir die noordelike en oostelike dele van die land uit, maar wat beteken dit? 'n Suid-Afrikaanse nooddienswerker vertel van sy ervaring in Turkye.
2/13/202347 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Februarie 2023

President Ramaphosa kondig 'n ramptoestand oor die kragkrisis af, en sê hy sal 'n minister van elektrisiteit in die Presidensie aanstel. Ons ontleed die ekonomiese aspekte van die staatsrede. Hoe sal die misbruik van kunsmatige intelligensie-hulpmiddels onderrig in skole beïnvloed?
2/10/202346 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Februarie 2023

Landsburgers hoop dat president Cyril Ramaphosa in sy staatsrede rigting sal gee oor krisisse soos beurtkrag. Suid-Afrikaners betoog in Frankryk teen Total Energie se beoogde gaseksplorasie aan die Weskus. Leerders se leesvermoë neem af ná die Covid-pandemie.
2/9/202353 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Februarie 2023

Die publiek kan skriftelike voorleggings indien oor die onteiening van grond vir openbare doeleindes. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sê 'n tekort aan werksgeleenthede is die hoofrede hoekom jong mense by terreurgroepe in Afrika suid van die Sahara aansluit. Die Reserwebank verlaag sy verwagte groeikoers vir Suid-Afrika se ekonomie weens beurtkrag.
2/8/202351 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Februarie 2023

Die organiseerders van die Johannesburg Rolprentfees kan dalk vervolg word omdat hulle die fliek, Black Girl, vertoon het. Die wêreld se langste internetkabel word langs die kus van Afrika aangelê. Dit sal uiteindelik sowat 45 000 km lank wees. Die groen komeet sal hopelik van Vrydag af in die Suid-Afrikaanse hemelruim sigbaar wees.
2/7/202353 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Februarie 2023

Kommer oor 'n skerp styging in nuwe gevalle van masels. Die Vrystaatse ANC oorweeg om die premier, Sisi Ntombela, te herroep. Adjunkpresident David Mabuza het bevestig dat hy sy bedanking by president Cyril Ramaphosa ingedien het.
2/6/202346 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Februarie 2023

Tukkies het 'n plan om beurtkrag te beperk. 'n Miljoen Franse protesteer teen die verhoging van die aftreeouderdom. Kunsmatige intelligensie maak kuberaanvalle ál meer gesofistikeerd en suksesvol.
2/3/202346 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Februarie 2023

Die voertuigvervaardigingsektor sukkel reeds, en beurtrkrag help ook glad nie. Suid-Afrikaners reageer met skok en ongeloof op die nuus dat SA Toerisme dit oorweeg om die Engelse sokkerspan, Tottenham Hotspur, as deel van 'n reklameveldtog te borg, om toerisme na Suid-Afrika te bevorder. Die aandag word weer op die gevierde digter Ingrid Jonker gevestig ná die dood van haar dogter.
2/2/202348 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Februarie 2023

Bykans twee miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika in Desember verlede jaar besoek. Die kredietburo, TPN, sê al hoe meer ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Verskeie groepe wil hof toe gaan oor landsburgers se reg tot water, wat geskend word weens water- en kragonderbrekings.
2/1/202349 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Januarie 2023

Regter Piet Koen word geloof vir sy besluit om hom aan die Jacob Zuma-wapenskandaalsaak te onttrek. Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê sy stel haar beskikbaar vir die hoogste pos in die DA. Ons praat oor gevaarlike en eksotiese troeteldiere.
1/31/202349 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Januarie 2023

Watertoevoer word in twee Gautengse stede onderbreek. ANC-president Cyril Ramaphosa voorspel 'n moeilike verkiesing vir die party in 2024. Inwoners van Touwsrivier in die Wes-Kaap het Saterdag die geleentheid gekry om hul oë vir katarakte te laat toets.
1/30/202342 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Januarie 2023

Die Johannesburgse burgemeester, dr. Mpho Phalatse, is wéér uit haar amp verwyder. Die Reserwebank kondig nóg 'n rentekoersverhoging aan. Meer as ‘n duisend gekwalifiseerde mediese dokters sit sonder werk. Suikerrietkwekers steier onder voortgesette beurtkrag.
1/27/202349 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Januarie 2023

Die polise verskerp hulle teenwoordigheid in Hanover Park in Kaapstad nadat drie mense vermoor is. Gift of the Givers gryp in by die waterkrisis op Fort Beaufort in die Oos-Kaap. Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou.
1/26/202350 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Januarie 2023

Begrafnisondernemings sukkel om lyke koud te hou weens beurtkrag. Die DA ruk vandag op na Luthuli-huis oor die kragkrisis. Die Klein Karoo verwelkom vyf nuwe jagluiperdwelpies.
1/25/202351 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Januarie 2023

Melkboere gaan swaar gebuk onder beurtkrag. Honderde leerlinge is steeds nie in Gautengse en Wes-Kaapse skole geplaas nie. Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sal later vandeesweek Suid-Afrika besoek.
1/24/202350 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Januarie 2023

'n Beroep dat Noord-Kaapse plaaswerkers se ure aangepas word nadat sewe werkers weens hitte-uitputting sterf. Afriforum gaan sy eie kragmaatskappy stig. Die KKNK is terug in sy volle glorie.
1/23/202352 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Januarie 2023

Reaksie op die matriekuitslae. 'n Uitblinker vertel watter impak Covid en beurtkrag op hom gehad het. Die Benede-Oranjerivierstreek verwag 'n groot inkrimping in sy tafeldruif-oes.
1/20/202345 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Januarie 2023

Ons praat met ‘n kenner vir ‘n vooruitsig van die 2022-matriekuitslae vir openbare skole wat later vandag bekendgemaak word. Die regering het tot more kans om antwoorde te gee oor Eskom, of die hof is sy voorland. Landbou-rolspelers waarsku teen skerp stygings in kospryse.
1/19/202344 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Januarie 2023

'n Afname in padsterftes in die feestyd. Die landboubedryf vra Eskom om boere, ter wille van voedselsekerheid, van beurtkrag vry te skeld. Zebras in droë streke is dalk die oplossing vir Suid-Afrikaners se vleislus. Reaksie op Suid-Afrika se vlootoefening met Rusland en China.
1/18/202347 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Januarie 2023

Effense verligting vir kragverbruikers met Fase 4 en 5, maar baie vra of dit genoeg is om 'n opstand af te weer. Die president kondig 'n routydperk af vir die ontslape eerste speaker van demokratiese Suid-Afrika, Frene Ginwala. Die ANC in die Vrystaat sê hy is gereed vir sy langverwagte provinsiale konferensie die naweek.
1/17/202349 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Januarie 2023

Vrystaat Landbou is baie bekommerd oor krag-tariefverhogings. 'n Toename in eise van toerusting wat breek weens beurtkrag. 'n Nuwe dokumentêre reeks fokus op die Khoe Khoe.
1/16/202349 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Januarie 2023

Elektrisiteit word bykans 19% duurder. Uitspraak voorbehou in die president se hofaansoek teen private vervolging. Ons praat met Harold Volbrecht oor die dood van Suid-Afrika se eerste swaargewigbokskampioen Gerrie Coetzee. Hoekom het Denemarke nie meer bankrooftogte nie?
1/13/202348 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 12 Januarie 2023

NERSA besluit vandag of hy wel 'n 32% tariefverhoging aan ESKOM sal toestaan. Die vervaardigingsektor steier onder voortdurende beurtkrag. Ses mense, onder wie 'n tweejarige kind, sterf in 'n brand in Oudtshoorn.
1/12/202352 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Januarie 2023

Die soektog na olie en gas aan die Weskus kan voortgaan nadat die departement van minerale hulpbronne seismiese opnames goedgekeur het. Watervlakke van die voorsieningsdamme in die Nelson Mandelabaai-metro is op die laagste vlakke nóg. Die posbank is gereed om sy skoene as staatsbank vol te staan. 'n Gedenkdiens vir die 12 gesondheidswerkers van die Tambo-gedenkhospitaal is gister gehou, terwyl die eKhuruleni-metro sê daar is genoeg bewyse om die bestuurder van die gastenkwa wat in Boksburg ontplof het te vervolg. Ons hoor van Frieda Schlünz en Bessie Grant, twee vroue met 'n wen-resep vir oudword!
1/11/202352 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Januarie 2023

Die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes is sy burgemeester kwyt. President Cyril Ramaphosa bevestig dat hy 'n kabinetskommeling beplan, maar swyg oor presies wanneer. Die veelsydige Proteaspeler, Dwaine Pretorius, kondig sy uittrede uit internasionale krieket aan. Die Ministerie van Gesondheid spreek later die land toe oor die nuwe XBB 1.1.5-subvariant van Covid. Meer as 700 veroordeelde seksoortreders se name word op die Nasionale Register geplaas. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging sukkel om kop bo water te hou.
1/10/202350 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Januarie 2023

Die ANC het ses gebiede uitgewys waaraan hy as regerende party dringende en besliste aandag moet skenk. Ons bespreek Adriaan Vlok se nalatenskap met sy oudkollega dr. Leon Wessels. Kaapse inwoners word gewaarsku teen 'n vals aanlynbehuisingskema.
1/9/202350 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Januarie 2023

Vrystaatse boere word deur grootskaalse saaddiefstal geteister. Jy kan jou e-tolgeld terugkry. Die vrou van 'n vermoorde speurder vertel van die nagmerrie wat sy beleef het.
1/6/202350 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Januarie 2023

Die polisie maak 'n deurbraak in die 2019-skietery op Oujaarsaand in Melville, Johannesburg. Verskeie strande in KwaZulu-Natal én nou ook in die Wes-Kaap is gesluit weens rioolbesoedeling. Die finansiële verliese weens 'n tegniese brandstoffout wat vliegtuie by O.R Tambo gehok het, word nog bereken.
1/5/202349 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Januarie 2023

Die ANC maak gereed vir die jaarlikse herdenking van sy totstandkoming op 8 Januarie. Koalisiepolitiek sal volgens ontleders vanjaar 'n taai tameletjie wees vir munisipaliteite. Ons bring hulde aan 'n motorsportikoon.
1/4/202351 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Januarie 2023

Die besluit oor of Suid-Afrika op die internasionale finansiële gryslys geplaas sal word, wink. Motoriste begin die jaar met 'n ekstra paar sent in die sak, danksy brandstofpryse wat môre daal. Gauteng se omstrede e-tolstelsel kan moontlik eers volgende jaar geskrap word.
1/3/202349 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Januarie 2023

Boere vra vir belastingkortings om die impak van beurtkrag te versag. 'n Landdros in Limpopo onttrek hom aan 'n moordsaak weens doodsdreigemente. 'n Jong man wat erg beseer is tydens die Hoërskool Driehoek-tragedie, kry 'n nuwe lewe nadat goeie samaritane ingryp.
1/2/202351 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Desember 2022

Ons ondersoek die stand van die Lugmag ná 'n jaar van terugslae. Ons kyk ook hoe die ekonomie vanjaar gevaar het. Die Kaapse Klopse is na twee jaar weer terug om die Nuwejaar te vier.
12/30/202247 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Desember 2022

Bewerings dat president Cyril Ramaphosa en ander, stemme by die ANC se verkiesingskonferensie gekoop het, is skynbaar vals. Die vrylating van die bestuurder van die vragmotor wat by die gasontploffing in Boksburg betrokke was, ontlok wye reaksie. 'n Vrou voltooi haar bewaringstap van 300 kilometer langs die Kaapse kus.
12/29/202250 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Desember 2022

Ons bespreek die behandeling van brandwonde. 'n Klomp pikkewyne keer terug Dyer-eiland toe. 'n Nuwe beesras word in Suid-Afrika bekendgestel.
12/28/202250 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Desember 2022

Saterdag se gru-ongeluk toe 'n tenkwa met gas by 'n brug in Boksburg ontplof het, laat vrae ontstaan oor die toestand van die padteken wat die hoogte van die brug aandui. Die meeste dele van oThongathi, noord van Durban, het ná agt maande weer water. Pikkewyne word op Dyer-eiland aan die Suid-Kaapse kus vrygelaat.
12/27/202253 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Desember 2022

Die voormalige ANC-lid, Carl Niehaus, wat Vrydag sy bedanking uit die party aangekondig het, sê die regerende party sal sy meerderheid in die volgende verkiesing verloor. Agri-SA vra vir bykomende kortings op die prys van diesel en petrol. Noord-Korea ontken dat hy wapens aan 'n Russiese militêre kontrakteur, die Wagner-groep, verkoop het.
12/26/202251 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Desember 2022

Die land se hoofroetes sal vanmiddag baie besig raak - ons vertel jou wat die beste tyd is om te reis. Jy wil braai, maar vleis het duurder geword - ons vind uit wat daartoe lei en hoe lank die hoë pryse nog gaan hou. 'n Kranige stapper gee raad oor hoe jy veilig kan wees in die veld.
12/23/202246 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Desember 2022

Die nuwe nasionale uitvoerende komitee van die ANC sorg vir 'n paar verrassings. Die Dias-strand by Mosselbaai in die Suid-Kaap waar vier dwergspermwalvisse van kant gemaak is, word weens haai-aktiwiteit gesluit. Duitsland gee 20 bronsbeelde terug aan Nigerië wat in die koloniale tyd gesteel is.
12/22/202248 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Desember 2022

Watertoevoer is grootliks herstel in Kimberley in die Noord-Kaap. Covid-19-gevalle neem skerp toe in China. Die ANC se 55e konferensie is verdaag tot 5 Januarie aanstaande jaar.
12/21/202248 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Desember 2022

Ses word sewe - die ANC se nuwe leiers en sy konferensie word in diepte ontleed. Swartbemagtigingsregulasies vir staatsinstellings verander weer. Ons kyk na die impak van hierdie seisoen se gereelde reënbuie op druiwe-oeste.
12/20/202247 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Desember 2022

Die leierskapstryd in die ANC blyk, sover, 'n gelykop stryd te wees tussen Cyril Ramaphosa en Zweli Mkhize. Die weermag word by kragstasies ontplooi om sabotasie en vandalisme te keer, iets wat gevaarligte vir sommige ontleders laat flikker. Is die aanspreekvorms, oom en tannie, nog relevant?
12/19/202245 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Desember 2022

‘n Toename in indiensneming in die sakedienste, handel- en kontruksiebedrywe. Die Oos-Kaapse regering wil die burgemeesterskomitee-stelsel in die Nelson Mandela Baai Metro skrap. Vleisinflasie is die hoogste in vyf jaar.
12/16/202247 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Desember 2022

Eskom is ruiterloos ná die bedanking van sy bestuurshoof. Inwoners van Ditsobotla in Noordwes stem in 'n tussenverkiesing teen chaos en wanbestuur. 'n Reusagtige lelie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin blom vir die eerste keer.
12/15/202247 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Desember 2022

Nóg Durbanse strande word heropen, maar daar is steeds kommer oor die hoë vlakke van E.coli in die seewater. Deurslaggewende tussenverkiesings vind vandag in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes plaas. Die parlement se Artikel 89-proses om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas, kom tot 'n einde.
12/14/202250 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Desember 2022

Beurtkrag, wat oral voorkom, het onverwagte newe-effekte in Johannesburg. In die Tankwa Karoo was daar onseisoenale donderweer, reën en hael, en paaie het verspoel. 'n Argeologiese vonds in Engeland wys dat die onverwagte tog wel soms plaasvind.
12/13/202252 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Desember 2022

Die Nelson Mandelabaai Metro verwelkom vakansiegangers, ondanks 'n droogte. Wydverspreide reën word vandeesweek landswyd verwag. Produksie van die Boeing 747 word na meer as vyf dekades gestaak.
12/12/202252 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Desember 2022

Minder Suid-Afrikaanse petroleum- en chemiese produkte is in Oktober vervaardig. Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie sal eers môre afgeskakel word. Dr. Willem Botha praat onder meer oor woorde soos "blerts" en "aartsvyand".
12/9/202245 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Desember 2022

'n Kenner meen daar ís lig aan die einde van die tonnel wat beurtkrag betref. Vroue praat uit nadat hulle in staatshospitale gedwing is om te steriliseer. Wetenskaplikes ondersoek opsies om kunsmatige intelligensie vir maatskaplike geregtigheid in te span.
12/8/202250 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Desember 2022

'n Sterk vertoning van die BBP weer 'n resessie af. Die Suid-Afrikaanse Vloot kry amptelik 'n nuwe hoof. Die besoedeling van die Vaalrivier word binnekort in die Parlement bespreek.
12/7/202247 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Desember 2022

Reaksie op die nuus dat die parlement eers oor 'n week oor die Phala Phala-sage sal sit. Die volgende fase van die SKA-projek word in die Noord-Kaap bekendgestel. SAPHRA keur nog twee Pfizer-entstowwe teen Covid-19 goed.
12/6/202251 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Desember 2022

Die liggame van 14 kerkgangers is gekry nadat die Jukskei-rivier skielik afkom. Opposisiepartye vra dat die proses voortgaan om die president in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die SKA-Mid-teleskoop word vandag bekendgestel.
12/5/202243 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 2 Desember 2022

President Cyril Ramaphosa oorweeg nog sy politieke opsies ná die Artikel 89-paneel se verdoemende verslag oor die Phala Phala-skandaal, maar wat beteken dit vir Suid-Afrikaners? Kunstenaars is ontevrede omdat hulle ná hulle optrede by die Vrystaatse kunstefees, nie betaal is nie. Streng nuwe maatreëls teen die diefstal van openbare infratruktuur, soos koperkabels, word ingestel.
12/2/202247 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Desember 2022

Reaksie op die bevindings oor die Phala Phala-kwessie. Haglike werksomstandighede by die polisie blootgelê. Wêreld Vigsdag word vandag herdenk.
12/1/202252 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 November 2022

Talle huise in Beachview en Seaview in Gqeberha is ontruim weens 'n veldbrand. Werknemers in die staatsdiens wag steeds vir die regering se terugvoer op hulle eise. Die koers van werkloosheid het in die derde kwartaal met 'n volle persentasiepunt gedaal.
11/30/202246 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 November 2022

Oorlogstories oor geweld teen vroue en kinders word in Bloemfontein uitgebeeld. 'n Studie bevind dat ouers wraakmoorde op kinders pleeg om hulle huweliks- of lewensmaat seer te maak. Die Afrikaanse Taalraad vereer twee bekendes op Monitor.
11/29/202250 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 November 2022

Meer as 35 000 voornemende graad 1 en 8 leerlinge moet nog in openbare skole in Gauteng geplaas word. Verdeeldheid in die Vrystaatse ANC verdiep verder nadat twee streekskonferensies gelyktydig deur strydende faksies gehou is. Duisende landsburgers van China betoog teen dié land se streng Covid-19-maatreëls.
11/28/202249 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 November 2022

Die repokoers word weer met 75 basispunte verhoog. Eskom kry 50 miljoen liter diesel van PetroSA vir noodkragopwekking. Byna 40 miljoen kinders het verlede jaar 'n geskeduleerde entstofdosis teen masels misgeloop.
11/25/202238 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 November 2022

Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Duurder kos en vervoer blaas inflasie aan. Nóg 'n skok by die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
11/24/202238 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 November 2022

Cyril Ramaphosa se presidentskap van die ANC word in Desember deur een ander kandidaat uitgedaag. Die spooragentskap, Prasa, sê sy langafstanddiens, die Shosoloza Meyl, is in intensiewe sorg, maar nog nie dood nie. Kommentaar word steeds gelewer op die konstitusionele hof se beslissing dat die sluipmoordenaar Janusz Walus parool moet kry.
11/23/202247 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 November 2022

Gemengde reaksie op Janusz Walusz se vrylating op parool. Politieke partye verwelkom die Appélhofbeslissing in oudpresident Zuma se mediese paroolsaak. Die jongste nuus van die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
11/22/202240 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 November 2022

Eskom se diesel is klaar by twee van sy gasturbine-aanlegte in die Wes-Kaap. Die werkgewersorganisasie, Cofesa, vra huishoudings, sakeondernemings, skole en boere om sonkrag aan Eskom te verkoop. Verreikende ooreenkomste oor onder meer skadevergoeding weens klimaatsverandering word by COP27 in Egipte gesluit.
11/21/202239 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 November 2022

Ouers kan op die swartlys van kredietburo's geplaas word indien hulle nie hulle kinders se skoolfooie betaal nie. Die direkteur van SA rugby, Rassie Erasmus, is weer deur Wêreldrugby geskors. Is Afrikaans 'n sterwende taal? Ons kry reaksie by die Afrikaanse Taalraad.
11/18/202251 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 November 2022

Donald Trump sê hy is gereed vir ‘n tweede poging om die Withuis te betrek. Die wêreld reageer ontsteld op 'n missielaanval op Pole. 'n Voorstel van die Department van Basiese Onderwys vir gelsagsneutrale kleedkamers by skole, ontplof in 'n nasionale debat. Die Verenigde Nasies voorspel 'n afplatting in bevolkingsaanwas - wat beteken dit?
11/16/202253 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 November 2022

Die ANC trek laer om president Ramaphosa. Action SA gee pad uit 'n DA-koalisie. Boere en raadslede van die Nelson Mandela Baai-metro soek na oplossings vir die droogte wat die streek teister.
11/15/202251 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 November 2022

President Ramaphosa kom reltatief ongedeurd daarvan af by die vergadering van die ANC se Uitvoerende Komitee. Laagliggende gebiede stroomaf van die Vaaldam moet dalk ontruim word uit vrees vir oorstromings. Die Vryheidsfront Plus doen verkiesingswerk in Ditsobotla in Noordwes. 'n Bomontploffing in Istanboel, Turkye, dood ses mense en beseer 81.
11/14/202254 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 November 2022

Daar word uit verskeie oorde gereageer op die Khampepe-verslag oor bewerings van rassisme by Stellenbosch Universitei. Die Menseregtekommisie tik die EFF-leier, Julius Malema, oor die vingers oor sy Vryheidsdag-uitlatings oor rewolusie. Politieke ontleder professor Jo-Ansie van Wyk bied 'n lesing aan oor Onthou, Vergeet, en Nostalgie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
11/11/202247 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 November 2022

Honderde Oos-Kapenaars se oproepe aan die polisie se noodnommer, 10111, word nie beantwoord nie. 'n Verslag deur oudregter Sisi Khampepe beveel aan dat die Universiteit Stellenbosch dit oorweeg om sy taalbeleid te hersien. Bykans 60 brilpikkewynkuikens is onlangs vanaf Dyer-eiland in die Gansbaaiomgewing verwyder om hulle 'n tweede kans op lewe te gee.
11/10/202247 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 November 2022

President Ramaphosa sê Suid-Afrika benodig $98-miljard om 'n billike oorgang na hernubare energiebronne te implementeer. Tania Campbell word herkies as die burgemeester van die Ekurhuleni-metro. Hoekom glo ons so maklik vals gesondheidsaansprake? Nuwe navorsing gee antwoorde.
11/9/202249 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 November 2022

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê die afgelope agt jaar was die warmste op rekord. Voedselsekerheid is in die kollig by die COP27-klimaatsberaad. Amerikaners trek vandag hulle kruisies in die uiters belangrike middeltermyn-verkiesings. Die plaaslike mark is reeds besig om beleggers en ontwikkelaars te lok na meer volhoubare en omgewingsvriendelike praktyke. Die Departement van Basiese Onderwys wil bywoning in graad R verpligtend vir alle kinders maak..
11/8/202249 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 November 2022

Suid-Afrika se energie-oorgangsplan word vandag by die VN se klimaatberaad in Egipte voorgelê. Sewe-en-vyftig Blou Vlae wapper landwyd. nederland pooitjie die Proteas, terwyl Suid-Afrika ook op die rugbyveld klippe kou.
11/7/202245 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 November 2022

Inwoners van West Village aan Gauteng se Wesrand vertel van die skrikbewind wat onwettige myners voer. Nie-regeringorganisasies gee terugvoer oor hulle deelname aan die geslagsgeweld-beraad die afgelope week. Die familie van 'n Durbanse egpaar wat glo weens gifgas dood is, sê staatslaboratoriums se gesloer kan geregtigheid in die wiele ry.
11/4/202251 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 November 2022

Daar is groot planne om slim stede in Suid-Afrika te ontwikkel. 'n Ooreenkoms is bereik om die twee jaar lange burgeroorlog in Ethiopië se Tigray-streek te beëindig. Die mark vir heroïen en metamfetamien in Suid-Afrika groei, en dit wek kommer onder aktiviste teen dwelmmisbruik.
11/3/202250 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 November 2022

Suid-Afrika spring 'n groot internasionale voëlgriep-uitbreking vry. Hoe kan Eskom se nuwe positiewe vooruitsig, danksy Moody's, die kragvoorsiener in staat stel om beurtkrag hok te slaan? Die systap-koning, Cheslin Kolbe, is weer terug in die Bokspan - dié slag op heelagter.
11/2/202249 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 November 2022

Beleggers word steeds gesoek om die vrugte-inmaakfabriek op Ashton in die Wes-Kaap te red. Imtiaz Fazel is as die nuwe inspekteurgeneraal van intelligensie aangestel. Die tweede presidensiële beraad oor geslagsgeweld begin vandag. Ons vind uit of die regering sy vorige beloftes nagekom het.
11/1/202252 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Oktober 2022

'n Nasionale tydperk van rou word in Suid-Korea afgekondig nadat 153 mense in 'n stormloop sterf. Die matriekeksamen begin vandag. Wie is die nuwe Zulu-koning, en hoeveel mag het hy? 'n Fietsryer trap meer as 'n 1 500 kilometer om geestesgesondheid te beklemtoon.
10/31/202248 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Oktober 2022

Veertien verdagtes in 'n verkragtingsaak is vry weens swak polisiewerk - ons vra wat skeefgeloop het. Die VSA gee meer besonderhede oor 'n terreurwaarskuwing in Sandton. Die toelatingsproses vir graad 1- en 8-leerders in Gauteng verloop nie glad nie.
10/28/202248 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Oktober 2022

Reaksie op die mediumtermyn-begroting. Die SAUK se Afrikaanse radiodiens is vandag 85 jaar oud - ons praat met die veteraanomroeper Nic de Jager.
10/27/202247 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Oktober 2022

Ekonome sê die minister van finansies sal sy lyf vanmiddag koorddanser moet hou om 'n gebalanseerde begroting aan te bied. Rekenaarvakke soos robotika en kodering sal van volgende jaar af by die laerskoolkurrikulum ingesluit word. Tien Pierneef-skilderye wat jare lank in die Sonop manskoshuis by die Universiteit van Pretoria gehang het, vind 'n nuwe tuiste by die Voortrekkermonument.
10/26/202252 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Oktober 2022

Ekonome en vakbonde is dit eens dat die aanbevelings van die staatskapingsverslag implementeer moet word. Dis-Chem word hof toe gesleep. Rishi Sunak sal geskiedenis maak as Brittanje se nuwe premier.
10/25/202252 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Oktober 2022

President Cyril Ramaphosa kom onder skoot van alle kante. Intussen maak die president maatreëls teen staatskaping bekend. 'n Matie-student word geskors ná nog 'n urineringsvoorval.
10/24/202250 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Oktober 2022

Die beurtkragswaard hang nog oor ons koppe - hoe lank sal Eskom nog hou? Intussen sal matrieks in die donker moet voorberei vir hulle eindeksamen. Ons plaas weer die kollig op genadedood.
10/21/202251 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Oktober 2022

Boere in die Noord-Kaap ly groot verliese weens verwoestende veldbrande. Die Ubuntu Rural Women and Youth Movement versoek die president om 'n ramptoestand oor geslagsgeweld af te kondig. 'n Kenner sê verouderde en wanfunksionele waterinfrastruktuur is een van die hoofredes vir die watertekorte in Gauteng.
10/20/202253 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Oktober 2022

Ons praat met 'n ondersoekende joernalis oor die beslaglegging op Markus Jooste se bates. Ou duikpakke en plastiekdoppies gee kinders op straat 'n tweede kans. Boland kry n nuwe rugbykompetisie wat te sien sal wees op SABC Sport.
10/19/202252 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Oktober 2022

Wysigings aan die ministeriële handboek wat die byvoordele van kabinetslede bepaal, is voorlopig teruggetrek. UNTU onderteken 'n drie jaar loonooreenkoms met Transnet. Liz Truss se toekoms as Britse premier is in die weegskaal.
10/18/202253 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Oktober 2022

Reën is op pad na gebiede wat 'n langdurige hittegolf beleef het. Suid-Afrika smee sterker ekonomiese bande met Saoedi-Arabië. Afgetrede hoofregter Mogoeng Mogoeng is aangewys as die president van 'n nuwe politieke party - ons praat met 'n ontleder. Namibië skok Sri Lanka by die T20-Wêreldbekertoernooi.
10/17/202252 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Oktober 2022

Beurtkrag en die gesloer by hawens dwing die landbou op sy knieë. Krygskenner Abel Esterhuyse is terug uit Amsterdam waar hy 'n internasionale konferensie oor die Toekoms van Oorlog bygewoon het, en soos verwag was Oekraïne een van die groot gesprekspunte. 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike help NASA om uit te vind of sekere mane in ons sonnestelsel lewe kan huisves. En, ons het ‘n debat oor genadedood.
10/14/20221 hour, 26 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Oktober 2022

Nog 'n aanval op Oekraïne. Ons bespreek die moontlikheid van afstigting in die Wes-Kaap, en sprake van die afwenteling van magte. Ons praat met 'n outistiese man wat bo sy omstandighede uitgestyg het.
10/13/20221 hour, 32 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Oktober 2022

Die Tesourie word oor die vingers geraps oor sy skynbare gesloer met die Wetsontwerp op die Bekamping van Terreur en Geldwassery. 'n Herrie ontstaan oor 'n Angolese vliegtuig wat sonder klaring in Kaapstad geland het. En daar is gesprekke oor die ekonomie van die Wes-Kaap en die persepsie dat die gaping tussen ryk en arm daar al hoe groter word.
10/12/20221 hour, 34 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Oktober 2022

Burgerlikes in Oekraïne word nou deur Rusland geteiken. Krotoa is 'n wekroep om op te staan vir Khoisan-identiteit. Ons bespreek Maties se taalbeleid.
10/11/20221 hour, 33 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Oktober 2022

Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme.
10/10/20221 hour, 22 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Oktober 2022

Transnet kondig force majeure by sy hawens en stasies aan. Kimberley is vir vyf dae sonder water. 'n Hittegolf, beurtkrag en watertekorte het 'n groot invloed op landboubedrywighede.
10/7/202254 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Oktober 2022

Die gevolge van die skietdood van 'n Duitse toeris in Mpumalnga kring uit, maar die polisie sê hulle is kort op die hakke van die verdagtes. Ons praat met die SAUK se finansiële hoof oor die uitsaaier se finansies. Uitheemse karp word in die Tuinroete gevang om kos vir behoeftiges te gee.
10/6/202248 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Oktober 2022

Werknemers by Transnet gaan staak. David Makhura bedank as premier van Gauteng, en word vervang met Panyaza Lesufi. Die Landbank sukkel om sy skuld te delg.
10/5/202254 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Oktober 2022

Die DA gaan hof toe om Johannesburg terug te wen nadat die burgemeester, Mpho Phalatse, met 'n mosie van wantroue oonttroon is. Intercape se bestuurhoof verset hom teen die taxi-mafia. 'n Genetikus kry die Nobelprys vir fisiologie vir sy werk oor die Denisova- en Neandertal-oermense.
10/4/202252 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Oktober 2022

Gautengse ouers sal van vandag af SMS'e kry met aanbiedings vir plasing in openbare skole vir 2023. Die Openbare Beskermer se kantoor bevind onreëlmatighede in die Weermag se aankoop van Kubaanse medisyne. Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool sê beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die derde kwartaal afgeneem.
10/3/202248 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 September 2022

'n Mosie van wantroue in die Johannesburgse burgemeester Mpho Phalatse word dalk vandag reeds aangehoor. Sakeliga vergader vandag met die regering oor die krisis in Lichtenburg in Noordwes. Sekswerk is dalk binne twee jaar wettig.
9/30/202250 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 September 2022

Die DA-koalisie kry pak in die Johannesburgse stadsraad. Nog inhegtenisnemings word verwag in die Estina-melkplaas-saak. Die Proteas val lelik vas teen Indië.
9/29/202249 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 September 2022

Prof. Richard Calland is nie meer 'n lid van die parlementêre paneel wat president Cyril Ramaphosa moet ondersoek nie. Bykans 120 000 mense het hulle werk in die tweede kwartaal verloor. Die wal van nog 'n dam by Jagersfontein in die Vrystaat het gebreek.
9/28/202247 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 September 2022

Drie honderd raadslede in KwaZulu-Natal is ongeletterd. Vier Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R255-miljoen rand. 'n Selfoonmaatskappy gaan al sy krag van onafhanklike kragverskaffers ontvang.
9/27/202244 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 September 2022

Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is.
9/26/202246 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 September 2022

Reaksie op die jongste repokoers-verhoging. Nuwe oorlogswolke pak saam oor Oekraïne. Vandag is Wêreld Gebaretaaldag.
9/23/202251 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 September 2022

Die Konstitusionele Hof beslis dat die Wet op Kopiereg diskrimineer teen persone met siggestremdhede. Die Potchefstroom Landdroshof is tydelik gesluit nadat 'n deel van die gebou se dak intuimel. Die regering wil honderde staatseiendomme verkoop. Jy sal waarskynlik in Oktober duurder vir diesel betaal.
9/22/202251 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 September 2022

Suid-Afrikaners voel woede, frustrasie en wanhoop met Eskom se jongste rondte beurtkrag. Dis Erfenismaand en ons wonder wat daar is wat ons diverse samelewing saambind, behalwe miskien ons misnoeë met beurtkrag? Die Afrika Lugvaart en Verdedigingskou begin vandag by die Waterkloof Lugmagbasis.
9/21/202250 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 September 2022

AgriSA waarsku dat die voortgesette beurtkrag 'n ernome impak op voedselproduksie kan hê. Ekonome voorspel dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog sal word. Verskeie strande in die Ethekwini-metro is steeds gesluit weens hoë vlakke van e-coli in die water.
9/20/202251 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 September 2022

President Cyril Ramaphosa knip sy besoek aan die Verenigde Koninkryk kort te midde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Intussen word eise vir radikale optrede gemaak. Ramaphosa het moeilike sake met president Joe Biden aangeroer tydens sy besoek aan Amerika.
9/19/202252 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 September 2022

Die adjunkpresident sê die regering wil onwettige mynbedrywighede hokslaan, en dat die privatisering van Eskom nie op die kaarte is nie. Inwoners van Eldorado Park slaap in tente om die polisie se aandag te kry. Die prys van sommige soorte vleis begin daal.
9/16/202247 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 September 2022

Die Valke ondersoek die moord op die Kaapse Landdros, Romay van Rooyen. Beurtkrag ontwrig skole se werksaamhede. Inwoners van Harrismith in die Vrystaat sit vir 10 dae sonder krag.
9/15/202250 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 September 2022

Vingers word nou na die mynmaatskappy, JDC Mining, gewys nadat die wal van 'n slikdam in Jagersfontein in die Vrystaat gebreek het. Die bestuur van die myn hou vol dat hulle aan alle wetlike vereistes voldoen het. Oekraïne se onlangse militêre suksesse teen Rusland laat die hoop weer opvlam vir 'n skietstilstand.
9/14/202248 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 September 2022

Inwoners van Jagersfontein in die Vrystaat vertel hoe hulle moes vlug toe 'n myndam se wal breek. Twee en veertig van Eskom se opwekkingseenhede het verlede week die gees gegee - ons plaas dit in perspektief. Die gehalte van Johannesburg se lug kom onder die loep nadat 'n luggehalte moniteringstasie heropen is.
9/13/202245 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 September 2022

'n Vloedramp tref Jagersfontein in die Vrystaat nadat 'n slikdam se wal breek. Die regering sê die ramp sal ondersoek word. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die dorp vandag besoek. Ons saai uit by die Augrabieswaterval Nasionale Park want dis Nasionale Parke Week.
9/12/202235 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 9 September 2022

Die wêreld maak reg vir 'n nuwe era in Brittanje ná die dood van koningin Elizabeth die Tweede. Ons praat met 'n hedendaagse Daniël oor sy ervaring in die leeukuil, by wyse van spreke. In ons woordrubriek hoor ons hoe 'n lugwaardin 400 passasiers met net 200 maaltye gelukkig kon hou.
9/9/202242 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 September 2022

Die DAK Netwerk spreek sy kommer uit oor die tekort aan wiskunde-onderwysers in die grondslagfase. Die onderwysvakbond NAPTOSA sê daar is 'n toename in voorvalle waar onderwysers deur leerlinge aangerand word. Daar is 'n nuwe soort stroming, wat veral aanklank vind by jongmense.
9/8/202239 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 September 2022

Vrystaat Landbou eis dringende optrede teen bek-en-klou-seer. Die ekonomie krimp in die tweede kwartaal. Miljoene rand, wat bestem was vir die bou van die Vrystaatse wetgewergebou in Bloemfontein, is wanbestee.
9/7/202243 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 September 2022

Metro-munisipaliteite se uitstaande skuld aan Eskom neem toe. Kommer oor 'n tekort aan noodsaaklike medisyne. Liz Truss is die nuwe premier van Brittanje.
9/6/202244 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 September 2022

Die veelparty-koalisie in Johannesburg gaan vandag klagtes lê teen die ANC en sy vennote in die raad. Zimbabwiërs in Suid-Afrika het tot einde Junie tyd om vir visums aansoek te doen. Ons bespreek die Bokke se oorwinning met 'n rugbykenner.
9/5/202241 minutes
Episode Artwork

Monitor 2 September 2022

Die DA lek sy wonde ná politieke terugslae in Johannesburg en Knysna. Betogers van Operasie Dudula en die EFF bots oor buitelanders by die Kalafong-hospitaal in Pretoria. Weet jy wat die boom van die jaar is?
9/2/202249 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 September 2022

Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf styg, danksy meer mense wat in hotelle oornag. Veeboere eis vergoeding vir verliese weens die verbod op die verskuiwing van beeste. Regskenners sê dis moontlik dat daar op van oudpresident Jacob Zuma se pensioenvoordele beslag gelê kan word.
9/1/202249 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Augustus 2022

Die Rooi Barette maak weer amok, terwyl die president steeds swyg oor Phala Phala. 'n Sesde Covid-vlaag is moontlik ons voorland. VBS-likwidateurs mag beslag lê op oudpresident Zuma se roerende bates.
8/31/202247 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Augustus 2022

Die bruinsprinkaan is vroeër as wat verwag is, in die Hexrivier-vallei in die Wes-Kaap, gewaar. Die nie-regeringsorganisasie, 1000 Women's Trust, sê die politieke wil ontbreek om geslagsgeweld te stuit. Daar wag 'n opdraende stryd op president Cyril Ramaphosa vanmiddag tydens sy vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering.
8/30/202251 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Augustus 2022

Suid-Afrika se Gripen-vegvliegtuie het meer as 'n jaar laas opgestyg. Tete Dijana, 'n veiligheidswag van Noordwes, wen die Comrades in net meer as vyf en 'n half uur. 'n Rus was die eerste vrou oor die wenstreep. Ons praat met 'n kenner oor Saterdag se omstrede skeidsregter in die Bokke/Wallabies-stryd.
8/29/202248 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Augustus 2022

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling voorspel dat die land se ekonomie vanjaar teen 1,8% sal groei. Die agterstand in DNS-toetse in die Wes-Kaap word aansienlik verklein. Die MPLA-party loop voor in Angola se verkiesing.
8/26/202250 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Augustus 2022

Vakbonde se dag van protes openbaar teenstrydige standpunte oor hoe om die ekonomie te red. Die geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane word van 'n onbuigsame en onsensitiewe bestuurstyl beskuldig. Strenger beheer oor die R350-toelaag sal voortaan uitgeoefen word. Oekraïne sê minstens 22 mense is dood in 'n Russiese missielaanval op 'n treinstasie in Chaplyne in die ooste van die land. Die Springbokke het nege jaar laas in Australië teen die Wallabies gewen - is dit 'n droogte wat hulle hierdie naweek kan breek?
8/25/202249 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Augustus 2022

Vakbonde staak vandag landwyd. Watter impak sal bek-en-klouseer op rooivleispryse hê? Hulde aan Vytjie Mentor.
8/24/202252 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Augustus 2022

Vakbonde skop vas teen die regering se suinige loonbeleid, en gaan voort met 'n algemene staking teen duur lewenskoste. 'n Nuwe terreurwet sal die polisie glo groter magte gee. San-aktiviste wil hê dat hulle tale binne die volgende vyf jaar deel van die skoolkurrikulum moet wees.
8/23/202250 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Augustus 2022

Kenners meen die kans is skraal dat die Wes-Kaapse Regterpresident se jongste aansoek sal slaag. Spoedkameras in Johannesburg en Pretoria is al vir langer as 'n jaar buite werking. Wetenskaplikes verbind die DNS van 'n mammoetkalfie, wat 28 000 jaar gelede gevrek het, met die Afrika-olifant.
8/22/202250 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Augustus 2022

Kaapstad Metro wil die metropolisie se polisiëringsmag versterk om misdaad te stuit. Meer mense kwalifiseer nou vir die maatskaplike noodtoelaag nadat die inkomstedrempel verhoog is. Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, is die nuwe voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
8/19/202248 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Augustus 2022

'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn naby Krugerdorp vertel van haar ervaring. 'n Staking in die staatsdiens lê dalk voor die deur. Dit is nie seker presies wanneer Namakwaland weer toe onder die blomme sal wees nie.
8/18/202250 minutes
Episode Artwork

Monitor 17 Augustus 2022

Die Menseregtekommissie gryp in by die waterkrisis in KwaZulu-Natal. Ons vind uit waarom die Landbank homself moes verdedig teen bewerings van boelietaktiek. Vroue word aangemoedig om op te staan en hulle stem te laat hoor. Onwettige betreding op private eiendom word met nuwe wetgewing aangespreek. Die indiensneming van ouer mense met ervaring is 'n antwoord op die land se vaardigheidskrisis, maar wat van die jeug wat daardeur benadeel word?
8/17/202247 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Augustus 2022

Dis vandag tien jaar sedert die Marikana-slagting. Ons praat met een van die verslaggewers wat op die toneel was. Kommer omdat beoogde wysigings aan die Kieswet glo nie genoeg doen om die kiesstelsel te hervorm nie. 'n Klomp nie-regeringsorganisasies span saam teen gaseksplorasie. Dertig jaar van die wêreldwye web word herdenk.
8/16/202246 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Augustus 2022

Die ANC Noordwes-konferensie is getref deur ongerymdhede met akkreditasie en 'n onvoltooide stemproses. Gelykheid in die werksplek kan die wêreldekonomie met duisende miljard Amerikaanse dollar laat groei. Ons vra of klimaatsverandering vinniger gebeur as wat aanvanklik verwag is. Ons sweef rond met Suid-Afrika se beste sweeftuigvlieënier. Ons vind uit hoe jy jou vlerke op 'n goedkoop manier kan sprei. Ons praat oor strokiesprente se toekoms en waarde.
8/15/202248 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Augustus 2022

Frustrasie en woede oor leë beloftes oor DNS-toetse. Boere bepeins die voor- en nadele van biodiesel. Denel is op koers om te herbou, maar sal dit volhoubaar wees? Suid-Afrika het in 2021 1,1-miljoen ton papier herwin. 'n Predikant vertel waarom 'n merkwaardige kerk in Oos-Londen te koop is.
8/12/202251 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 11 Augustus 2022

Talle Springbokondersteuners is Saterdag in Mbombela tydens die kragmeting teen die All Blacks van hulle selfone beroof. 'n Skoolkind in Delft in die Wes-Kaap kry glo 'n pakkie tik in sy springmielies. Nog verdagtes verskyn dalk vandag in die hof in verband met die verkragting van agt vroue in Krugersdorp.
8/11/202252 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Augustus 2022

Daar is weer oproepe dat die Kaapstad Internasionale Lughawe na Krotoa vernoem word. Die Nasionale Skuilingsbeweging eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Eskom stel 'n nuwe tariefstruktuur aan die energiereguleerder, Nersa, voor.
8/10/202251 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Augustus 2022

Die regering en belanghebbendes begin 'n nasionale slaggate-veldtog. Vroue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap sê hulle situasie het nie verbeter nie. Ons skakel oor na ons span by 'n boksateljee vir vroue in Cresta Crossing in Johannesburg.
8/9/202250 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Augustus 2022

Skerp stygings in munisipale tariewe knou openbare skole se geldsake. 'n Nuwe premier van KwaZulu-Natal sal binnekort aangewys word. 'n Skietstilstand in die Gasa-strook tree in werking.
8/8/202252 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Augustus 2022

Inwoners van Kagiso in Krugersdorp spring in om Zama Zamas self aan die kaak te stel. Die gesondheidsprodukte-reguleerder, SAHPRA, sê een sterfte is na aanleiding van die Jonhson & Johnson-entstof teen Covid-19 aangemeld. Die Springbokke se geheime wapen teen die All Blacks op tuisgrond is soos altyd sy groot ondersteunerstal, maar wat van die talle Suid-Afrikaners wat nie die Bokke nie, maar die All Blacks steun?
8/5/202250 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Augustus 2022

Woede oor 'n eerstejaarstudent wat sy lyf professor hou. Suid-Afrikaanse vroue word aangemoedig om babas van dag een tot dag 182 te borsvoed. Oos-Kaapse boere sit koppe bymekaar om provinsiale probleme op te los. China is die swartskaap in die verhaal weens plaaslike woluitvoere wat steeds verbied word. Kapenaars wat roekeloos bestuur, se wiele kan onder hulle uitgeruk word.
8/4/202249 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Augustus 2022

Duisende huiswerkers verloor hulle werk omdat hulle werkgewers emigreer of dit nie meer kan bekostig nie. China het die Amerikaanse Speaker, Nancy Pelosi, skerp gekritiseer oor haar besoek aan Taiwan. Die nasionale tesourie stel nuwe wetgewing voor wat die baan weg vir 'n tweepot-stelsel van aftreegeld.
8/3/202249 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Augustus 2022

Van oplossings vir die kragkrisis tot beloftes om misdaad hok te slaan - die regering het dié vure probeer doodslaan. Die Brilpikkewyn loop die gevaar om uit te sterf.
8/2/202249 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Augustus 2022

Vakbonde is gefrustreerd met die regering se gesloer om wetgewing te verander, wat werknemers toegang tot 'n gedeelte van hulle aftreegeld kan gee. Brandstof is van Woensdag af goedkoper, maar gas word duurder. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die meerderheid van partylede steun die opsystaan-reël.
8/1/202250 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Julie 2022

Boere kan nou hul grondeisstatus binne 20 sekondes bepaal. Dit woeker agter die skerms by die ANC se beleidskonferensie. Die viermalige Formule Een wêreldkampioen, Sebastian Vettel, groet die sport. Rusland beplan om sy eie ruimtestasie te bou. Die EFF is nege jaar oud - is dit dalk tyd vir nuwe leierskap?
7/29/202250 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Julie 2022

Die prys van motorbande kan moontlik die hoogte inskiet indien nuwe invoerheffings goedgekeur word. Die DA vra die Parlement om 'n oorsigkomitee oor die Presidensie te stig. Die ANC stel voor dat 'n grondhervormingsfonds geskep word.
7/28/202250 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Julie 2022

'n Palestynse diplomatieke afvaardiging word hartlik in Suid-Afrika verwelkom, terwyl die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die Palestynse vraagstuk vergader. Die regering oorweeg die deregulering van 93-oktaan brandstrof én ‘n plafon op die prys daarvan. Die ANC se beleidskonferensie begin by Nasrec in Johannesburg.
7/27/202251 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Julie 2022

Nuwe navorsing wys dat Suid-Afrikaners al hoe meer stres oor hulle geldsake. Die regering sê hy gaan administratiewe rompslomp, wat Eskom se instandhoudingswerk bemoeilik, uitskakel. President Cyril Ramaphosa stel 'n nasionale energiekrisiskomitee aan, maar opposisiepartye voel dat hy kragvoorsiening in die land privatiseer. Die Nasionale Seereddingsinistituut sê oorlewingswemlesse kan help om verdrinkings te verminder. Die Black Lawyers Assosciation het die Regterlike Dienskommissie veroordeel vir die manier waarop die voortslepende regstryd van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, hanteer is.
7/26/202252 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Julie 2022

Banyana Banyana gekroon as die kampioene van Afrika. ‘n Boer van Ermelo wat in die tronk is nadat hy glo twee kinders raakgery het, word as 'n goeie man beskryf deur dié wat hom ken. Die Taliban-faksie van die ANC kry die oorhand in KwaZulu-Natal.
7/25/202252 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Julie 2022

Gaan die vonke spat tydens die ANC se provinsiale kongres in KwaZulu-Natal se provinsiale kongres? Die regulering van kriptogeldeenhede is op hande. Lizz Truss pak Rishi Sunak in die stryd om die Tory-leierskap en Britse premierskap. Ouers in Gauteng kan van vandag af aansoek doen vir hulle kinders se toelating vir Graad 1 en 8. Twintig jagluiperds van Suid-Afrika en Namibië kry 'n nuwe tuiste in Indië.
7/22/202248 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Julie 2022

Die Sentrale Energiefonds wil 'n staatsbeheerde gasmaatskappy stig. Die publiek kan nou kommentaar lewer op die voorgestelde wysiging van die Grondwet om gebaretaal as 'n amptelike taal te verklaar. In Upington in die Noord-Kaap het inwoners 'n vullisstortingsterrein in 'n tuin omskep.
7/21/202251 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Julie 2022

Daar word verwag dat 'n verdere renteroersvehoging later dié week aangekondig sal word. 'n Navorsingsinstelling sê onwettige myners moet gereguleer word. Nog 'n organisasie wil hê polisiëring in die Wes-Kaap moet na die provinsiale regering afgewentel word.
7/20/202249 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Julie 2022

Vrystaat Landbou spreek sy kommer uit oor 'n tekort aan polisievoertuie in die provinsie. Die digter Don Mattera word ter ruste gelê. Iran en Argentinië wil lidlande van die BRICS-groepering word.
7/19/202245 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Julie 2022

Twee verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met 'n plaasaanval naby Kestell in die Vrystaat, wat sewe lewens geëis het. Huldeblyke stroom in ná die dood van die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Ons saai uit vanaf Krugersdorp-Noord in Gauteng, waar daar krisispakkies aan sowat 550 mense uitgedeel word.
7/18/202245 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Julie 2022

Die EFF beplan 'n nasionale staking om president Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Blade Nzimande sê Cosatu en die ANC staar vandag meer uitdagings in die gesig as aan die begin van ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ivana Trump, voormalige vrou van oudpresident Donald Trump van Amerika, sterf in die ouderdom van 73 jaar.
7/15/202247 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Julie 2022

Kommer oor 'n krimpende polisiemag. en wat dit vir misdaadbekamping beteken. 'n Verslag oor polisiestasies se vermoë om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te help sê dat baie sake onttrek word lank voor hofprosesse voltooi is. Die regering word tot Oktober tyd gegee om sy finansiële stelsel op te knap in die stryd teen geldwassery en terreurfinansiering. Suid-Afrika se nuwe Grensbestuursowerheid begin vandag met sy werksaamhede.
7/14/202251 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Julie 2022

Miljoene kartonne sitrusvrugte kan vernietig word weens nuwe EU-regulasies. Die Kaapse burgemeester sê die perk van 100 Megawatt vir die selfopwekking van krag sonder 'n lisensie, moet verwyder word. Sri Lanka se president vlug landuit, ure voor hy sou bedank.
7/13/202251 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Julie 2022

Die polisie soek vyf verdagtes in verband met die naweek se skietery by 'n taverne in Soweto. Beurtkrag kan nog weke duur. 'n Jaar nadat die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng meer as 340 mense se lewe geëis het, word daar steeds vrae gevra oor die polisie se vermoë om misdaad te bekamp.
7/12/202252 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Julie 2022

Veiligheid by tavernes en sjebeens is in die kollig ná 'n reeks skietvoorvalle die afgelope naweek. Huldeblyke stroom in ná die dood van die rolprentresensent, Barry Ronge. 'n Hond wat verlede jaar tydens die onrus in Phoenix gered is, Skippy, soek steeds 'n nuwe tuiste.
7/11/202252 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Julie 2022

Meer as ses miljoen pasiënte met 'n geestesgesondheidstoestand wag om gediagnoseer te word. Strafregtelike klagtes is aanhangig gemaak teen die polisieminister, maar gaan dit iets beteken? Werknemers wat werk toe gaan terwyl hulle siek of beseer is, kos die ekonomie baie geld. En, Koebaai Boris!
7/8/202247 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Julie 2022

Peperduur brandstof en voedsel beinvloed Suid-Afrikaners se geestesgesondheid. Nuwe regulasies bepaal dat vuurwapens tydens die lisensie-aansoekproses tuis gehou mag word. Turkye se inflasie staan op bykans 80%.
7/7/202248 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Julie 2022

Daar is uiteenlopende standpunte oor die voorgestelde wysigings aan die Skolewet. Miljoene psigiatriese pasiënte wag op behandeling vir geestesgesondheidstoestande. Wat is die implikasies van Eskom se salarisooreenkoms met stakende werkers? Mynbouproduksie steier onder beurtkrag.
7/6/202251 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Julie 2022

Nóg 'n brandstofprys-skok om middernag. Pas op vir foefies wat glo brandstofverbruik verbeter. 'n Suid-Afrikaanse dokumentêr blink uit by die Encounters internasionale Filmfees.
7/5/202252 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Julie 2022

Beurtkrag duur voort terwyl alle oë op die loononderhandelings tussen Eskom en stakende werkers is. Die hooggeregshof beslis dat president Cyril Ramaphosa aanspreeklik gehou kan word vir die Marikana-slagting. 'n Konstitusionele Hof-uitspraak versterk die regte van vroue in Moslem-huwelike. Die kommissie vir die herstel van grondregte moet nog duisende uitstaande grondeise afhandel. Die voormalige Springbokstut, Jannie du Plessis, sluit by ons aan vir 'n ontleding van die naweek se toetswedstryd tussen die Bokke en Wallis.
7/4/202247 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Julie 2022

Ons vra kenners of Eskom se bestuur nou maar die trekpas moet kry. Daar is kommer oor die erge agteruitgang van Potchefstroom se landbou-kollege. Julie is Spaarmaand, en ons vra hoe jy hieruit kan munt slaan.
7/1/202246 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Junie 2022

Die DA dien strafregtelike klagte teen die ANC in. Agri-SA is bekommerd oor die uitwerking van beurtkrag op die landbou. Olifante word in die Kruger Wildtuin dopgehou vir tuberkulose.
6/30/202243 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Junie 2022

Daar is vordering in gesprekke tussen Eskom en stakende werkers, maar die land se kragkrisis is nog lank nie verby nie. Daar is kritiek teen die basiese onderwysdepartement se voorgestelde wysigings aan die Wet op Norme en Standaarde vir Openbare Skole-infrastruktuur. 'n Kenner sê menslike hulpbronpraktyke by munisipaliteite moet ook geoudit word. Gemeenskappe in die omgewing van die Kruger Nasionale Park word van waterbesoedeling beskuldig. Saaiboere in dele van die land is bekommerd oor die kwaliteit van hulle oeste weens aanhoudende reën en siektes.
6/29/202246 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Junie 2022

Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Ramaphosa se deelname aan die G7-beraad. 'n Regsgeleerde bekyk die omkeer van die 1973 aborsie-uitspraak in die VSA. 'n Nuwe dokumentêr vra groter erkenning vir Bruin Afrikaanse musiek.
6/28/202247 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Junie 2022

6/27/202250 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Junie 2022

Suid-Afrika is ontmasker, maar nou steek 'n nuwe gevaar kop uit. Ons vra of 'n kabinetskommeling moontlik is nadat die finale gedeeltes van die Zondo-verslag aan die president oorhandig is. Nog koue weer en sneeu word vir die naweek voorspel.
6/24/202245 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Junie 2022

Ná vier-en-'n-half jaar se sittings en sowat 'n miljard rand van belastingbetalers se geld, is die finale verslag oor staatskaping uiteindelik gisteraand aan die president oorhandig. Die Menseregtekommissie in Gauteng sê die gewelddadige optrede teen haweloses in die provinsie moet summier gestaak word. Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, spreek die media vandag toe nadat verskeie Covid-19-regulasies gisteraand per kennisgewing in die Staatskoerant opgeskort is. Ons praat met 'n ingenieur oor hoe die waterkrisis is die Nelson Mandela Baai Metro bestuur word. Die Nasionale Kunstefees in Makhanda verwelkom feesgangers in lewende lywe vir die eerste keer sedert die begin van die Covid-pandemie.
6/23/202246 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Junie 2022

Die hotelbedryf trek steeds swaar in die nadraai van die pandemie. SANCA sê die misbruik van dagga onder jong mense neem toe. Afrika het meer as R400-miljard per jaar nodig om elektrisiteit aan almal te verskaf.
6/22/202246 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Junie 2022

Die oorhandiging van die laaste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping is weer eens uitgestel. Het die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, genoeg gedoen om die pos van adjunkhoofregter los te slaan? Die burgerlike samelewing wil help om misdaad by die grens met Zimbabwe te bestry. Eers word die Impofu-dam amptelik buite diens gestel, en nou loop die Churchill-dam byna leeg - ons praat met die nasionale departement oor die Oos-Kaap se voortslepende waterkrisis. Die Verenigde Nasies se verdragskonferensie oor die verbod op kernwapens begin vandag in Wene, Oostenryk.
6/21/202247 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Junie 2022

Die finale deel van die Zondo Kommissie se verslag oor staatskaping word vandag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Beurtwater word in die eThekwini-Metro ingestel. Kommer oor die lae vlak van die Kougadam in die Oos-Kaap.
6/20/202242 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Junie 2022

Ten minste vier mense is gister in hegtenis geneem in verband met die grootskaalse staking deur vragmotorbestuurders. Burgerregte-organisasies eis onvoorwaardelike toegang tot die Nasionale Register vir Seksoortreders. Kritiek teen die uitvoerende hoof van die Rahima Moosa hospitaal weens die beweerde voortslepende viktimisering van die fluijieblaser, dr. Tim de Maayer. Motorsportaanhangers is aan die gons oor die moontlikheid dat die Formule 1 Grand Prix in Suid-Afrika aangebied kan word. Anita Visser gooi 'n draai by die SAUK se klankargief op die dertigste herdenking van die Boipatong-bloedbad.
6/17/202248 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Junie 2022

Op Jeugdag word jongmense daarvan beskuldig dat hulle nie polities betrokke is nie. Volgens die ouditeur-generaal se jongste verslag het min munisipaliteite 'n skoon oudit gekry. Die hardhandige optrede teen haweloses in Krugersdorp ontlok sterk reaksie.
6/16/202240 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Junie 2022

Namibië se ombud gaan nie ondersoek instel na die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo nie. 'n Klagte is by die Menseregtekommissie ingedien nadat die Mogale City munisipaliteit beslag gelê het op hawelose mense se besittings. Watertekorte in die Nelson Mandelabaai Metro kan tot gevolg hê dat die rioolstelsel nie sal werk nie.
6/15/202242 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Junie 2022

Sommige politici meen die nuwe Kieswet, waaraan die parlement hard werk om teen November af te handel, is ontoereikend. ‘n Ooggetuie vertel hoe rowers en veiligheidswagte by 'n apteek in Melville in Johannesburg op mekaar geskiet het. Op Wêreld Bloedskenkdag berig ons oor voëls wat aan ander voëls bloed skenk.
6/14/202243 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Junie 2022

Honderde mense sal hulle werk verloor tydens die likwidasieproses van Comair. Dag Zero kruip al hoe nader vir inwoners van die Nelson Mandelabaai Metro. Franse kiesers trek hulle kruisies in die eerste ronde van parlementêre verkiesings.
6/13/202233 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Junie 2022

Ekonome verwag nog 'n verhoging in die brandstofprys. Die polisie is op 'n gereedheidsgrondslag vir 'n moontlike nasionale stilstand. Die Wêreldbank sê Suid-Afrikaanse hawens is van die swakste ter wêreld.
6/10/202250 minutes
Episode Artwork

Monitor 9 Junie 2022

'n Video wat glo wys hoe 'n man sy vrou aanrand, het die afgelope week opslae gemaak. Ons praat met die slagoffer daaroor. 'n Nare stank in Pretoria het inwoners aan die praat. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, sê glo die weglating van Afrikaans uit die taalmonument se naam is nie onderhandelbaar nie. Talle van die skilder Irma Stern se werke gaan in Kaapstad opgeveil word.
6/9/202249 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Junie 2022

Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk groei. Baie meer mans pleeg selfdood as vroue. Hoeveel politieke lewens het Boris Johnson?
6/8/202248 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Junie 2022

Die Departement van Justisie bevestig die inhegtenisneming van twee Gupta-broers in Dubai. Een van Gauteng se mees gesoekte misdadigers loop hom teen 'n spesiale taakspan van die polisie vas. Druk is aan die oplaai ná die beweerde diefstal van miljoene dollar by president Cyril Ramaphosa se wildsplaas.
6/7/202250 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Junie 2022

Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Wêreld Omgewingsdag is gister herdenk. Mense bo vyftig kan nou 'n bykomende Covid-19-versterkingsdosis kry.
6/6/202252 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Junie 2022

Boere naby Calitzdorp in die Wes-Kaap sukkel steeds om kop bo water te hou. Dokters verwag dat meer mense hierdie winter griep en verkoue sal kry ná die verslapping van inperkingsmaatreëls. Meer kinders sukkel met hulle geestesgesondheid.
6/3/202244 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Junie 2022

Die polisie bevestig dat die voormalige spioenbaas, Arthur Fraser, misdaadklagtes teen president Cyril Ramaphosa gelê het. Die Nasionale Vervolgingsgesag maak vordering met ondersoeke na apartheidsmisdade. 'n Beskuldigende vinger word onder meer na die polisie gewys omdat duisende misdadigers vry rondloop.
6/2/202240 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Junie 2022

Suid-Afrika se werkloosheidskoers het ietwat verbeter. Brandstofpryse het om middernag skerp gestyg, ondanks nóg 'n tydelike verlaging in die brandstofheffing. Oproepe dat meer hulpbronne beskikbaar gestel word om plaasaanvallers agter tralies te kry.
6/1/202242 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Mei 2022

Motoriste wag in spanning op 'n skerp styging in die brandstofprys, maar die regering rep nog geen woord hieroor nie. Ons praat oor 'n belangrike uitspraak in die Konstitusionele Hof oor wapenlisensies.
5/31/202243 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Mei 2022

Ons praat met die voorsitter van die raad van die Afrikaanse Taalmonument. 'n Taalkundige vra vir 'n Groot Afrikaanse Gesprek. Die Amerikaanse Vuurwapenvereniging maak sy stem dik kort ná die massa-skietdood van 19 skoliere en twee onderwysers.
5/30/202245 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Mei 2022

Die stompkopkewer-plaag kan die ekonomie miljarde rand kos. Kundiges glo krag wat uit afval opgewek word, kan energiesekerheid bevorder. Navorsing wys leerlinge het 'n jaar se agterstand in lees- en syfervaardighede weens die Covid-19-pandemie.
5/27/202244 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Mei 2022

Die jongste massa-skietvoorval in Amerika plaas vuurwapenbeheer weer in die kollig. Kritiek teen die Taalmonument-voorstel kring uit. Die Suid-Afrikaanse dubbelspelspeler, Raven Klaasen, en sy Nederlandse maat is deur na die volgende ronde van die Franse Ope.
5/26/202252 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Mei 2022

Agttien kinders en drie volwassenes word by 'n laerskool in Texas in die VSA afgemaai. Kommer is aan die toeneem oor die volgende brandstofprysstyging van 'n geskatte R3,50 per liter. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê nagenoeg R30-miljoen sal vir die stryd teen bendegeweld beskikbaar gestel word.
5/25/202243 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Mei 2022

KwaZuluNatal wéér in die greep van vloede en modderstortings. Ons praat met 'n klimatoloog oor die verwoesting in die provinsie. Hoe bang moet Suid-Afrikaners vir aap-pokke wees?
5/24/202249 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Mei 2022

Oorstromings vind weer in KwaZulu-Natal plaas, veral in Umdloti, noord van Durban. 'n tweejarige seuntjie sterf in 'n busongeluk op Wildernishoogte naby George. ‘n Oudsoldaat pak die tog aan na Ondangwa in die verre noorde van Namibië om aandag op PTSV en geslagsgeweld te vestig.
5/23/202246 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Mei 2022

'n Kenner sê 'n deeglike ondersoek is nodig na die stand van die land se watervoorraad. Herlewingsboerdery word toenemend gewild in Suid-Afrika. Dr. Willem Botha van die WAT praat oor die woord, boelie.
5/20/202248 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Mei 2022

Die vierde deel van die staatkapingsverslag word aan die parlement oorhandig. 'n Koue en nat naweek lê vir groot dele van die land voor. Oekraïne se ambassadeur besoek NAMPO om die landbousektor ná die oorlog te herbou.
5/19/202250 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Mei 2022

Brandstofpryse kan in Junie met bykans R2 per liter styg. 'n Swart student by Maties lê 'n klag by die polisie nadat 'n video van 'n klaarblyklike rassevoorval op sosiale media versprei word. Ons kry die jongste landbounuus by die Nampo-oesfees in die Vrystaat.
5/18/202248 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Mei 2022

Matie-betogers eis dat 'n student permanent geskors word ná 'n beweerde rassevoorval. Tony Yengeni en Raymond Zondo is op die drumpel van 'n kaalvuisgeveg voor die Regterlike Dienstekommissie. Ons skakel oor na Suzanne Paxton by die NAMPO-Oesdag waar die bedryf se brandpunte onder die soeklig is.
5/17/202252 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Mei 2022

Sowat 160-miljoen kinders wêreldwyd is arbeiders, en die helfte van hulle is van vyf tot elf jaar oud. NAVO vergader oor Finland en Swede se moontlike lidmaatskap terwyl Oekraïne militêre suksesse teen die Russe aanteken. Die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap is op die vooraand van Dag Zero wat water betref.
5/16/202243 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Mei 2022

Belanghebbendes in die landbousektor onderteken 'n meesterplan om groei in die sektor te stimuleer. Die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel, dreig met regstappe teen die mediapersoonlikheid JJ Tabane oor bewerings in verband met die Congress of the People. Siggestremdes gaan hof toe teen kopieregwetgewing. Die kommunikasieowerheid, OKOSA, wil biometriese data soos vingerafdrukke, gesigsherkenning en retinaskanderings met SIM-kaarte koppel. AmaBhungane en die Financial Mail slaag met hulle aansoek oor die Steinhoff-verslag. Tienduisend rybewyskaarte lê onafgehaal by rybewyssentrums.
5/13/202250 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Mei 2022

Kommer oor miljoene KwaZulu-Natallers wat nie ingeënt is nie. 'n Tukkie verwerf sy geskiedenisgraad oor koesisters en koeksisters. Hoe kan en moet Afrika kernkrag vreedsaam toepas?
5/12/202250 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Mei 2022

Begunstigdes van die R350-noodtoelaag sal nie meer dié geld by takke van die Poskantoor kan trek nie. Die regering wil verpligte gemeenskapsdiens vir regslui instel. Statistieke Suid-Afrika het nog drie dae oor om vanjaar se sensusopname in die Wes-Kaap te voltooi.
5/11/202249 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Mei 2022

Die DA-leier praat oor sy besoek aan Oekraïne. Suid-Afrika is die land wat sesde ergste onder kubermisdaad deurloop. Tot hoe 'n mate benadeel faksiegevegte die ANC? Ons praat met 'n politieke ontleder.
5/10/202249 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Mei 2022

Boere is ongelukkig oor die sluiting van die R30-pad tussen Allanridge en Bothaville. Nog 'n groot sardientjieloop aan die KwaZulu-Natalse kus verwag. Studente en werkersvakbonde in Zimbabwe hou vandag 'n wegblyprotesaksie.
5/9/202248 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Mei 2022

Motoriste wat nagelaat het om hulle rybewyse te hernu, is van vandag af voëlvry, of fair game soos die Engelse sê. Of dalk nie - ons praat met die Metropolisie in Johannesburg om te hoor wat nou gaan gebeur. Baie waarnemers sê skrootwerwe moet gesluit word om kabeldiefstal te bekamp.
5/6/202248 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Mei 2022

Een uit elke vyf Suid-Afrikaanse boere beplan om oor die volgende dekade uit te tree. Die hoër dieselprys is 'n gevoelige slag vir die landbousektor. Hulde aan 'n bekende spotprent-tekenaar.
5/5/202253 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Mei 2022

Die regering word versoek om sy pogings te verskerp om geslagsgeweld hok te slaan. Beurtkrag sal tot volgende week toegepas word. Die militêre regering in Mali verbreek sy verdedigingsooreenkomste met Frankryk.
5/4/202253 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Mei 2022

Die DA lê besoek af in Oekraïne. Rusland onttrek aan die internasionale ruimtestasie, maar behou beheer oor sy wentelbaan. Ons praat met twee vlieëniers wat om die Suid-Afrikaanse kus vlieg.
5/3/202252 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Mei 2022

'n Kenner verduidelik die konsep van 'n sogenaamde "gig"-ekonomie. Een uit elke vyf reptiele word deur uitsterwing bedreig. Daar is 'n groot toename in hoërskoolleerlinge wat dagga op skoolterreine gebruik.
5/2/202247 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 April 2022

Indonesië plaas 'n verbod op die uitvoer van palmolie. OUTA sleep Nersa hof toe oor die goedkeuring van lisensies aan Karpowership. Sakelui en inwoners van Kirkwood is bekommerd oor die langdurige impak van betogings deur plaaswerkers op die plaaslike ekonomie.
4/29/202243 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 April 2022

Boere is skepties oor die ANC-regering se nuwe grondhervormingsplan. 'n Swart vrou sal vir die eerste keer aan 'n langtermynsending aan boord van die internasionale ruimtestasie deelneem. Die internasionale strafhof ondersoek agtduisend gevalle van oorlogsmisdade in Oekraïne.
4/28/202246 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 April 2022

Is die land reeds in die greep van die vyfde vlaag van Covid-19? Vryheidsdag word vandag gevier, 28 jaar ná die eerste demokratiese verkiesing. Vandag is ook Wêreld Gidshonddag.
4/27/202248 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 April 2022

Humanitêre organisasies het hulle hande vol in KwaZulu-Natal ná die oorstromings van twee weke gelede. 'n Geskil tussen die Eskom-raadslid, Busisiwe Mavuso, en die parlementêre komitee, SKOOR, ontlok wye reaksie. Is dit meer gesond om kaalvoet te loop?
4/26/202248 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 April 2022

Boere in KwaZulu-Natal lei meer as R500-miljoen se vloedskade. Hulde aan die politikus en Springbok-rugbykaptein Dawie de Villiers. Ons praat met die president van die Blou Bulle oor die ontydige afsterwe van die oud-Bok Pedri Wannenburg. Vandag is Internasionale Malariadag. Die plaaslike gruwelfliek, Gaia, bekoor internasionale gehore.
4/25/202250 minutes
Episode Artwork

Monitor 22 April 2022

Meer kleinsakeondernemings huur persele in winkelsentrums. Blind SA se stryd om toegang tot duisende boeke in Braille, draai in die Konstitusionele Hof. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor beplan om sy dienste en mandaat uit te brei.
4/22/202249 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 April 2022

Geld stroom steeds in vanuit alle oorde, ook uit die buiteland, om slagoffers van die vloedramp in KwaZulu-Natal en elders te help. Intussen gaan Suid-Afrikaners voort met opruimingswerk. Die parlementêre oorsigkomitee, SKOOR, besoek die Medupi-kragstasie om uit te vind wat beurtkrag noodsaak. 'n Doktorsgraadstudent van Stellenbosch ontwikkel 'n botsingvoorkomingstelsel vir hommeltuie.
4/21/202252 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 April 2022

Inwoners van Eldorado Park in Johannesburg staan op teen kabeldiewe en vandale. 'n Energiekenner praat oor Eskom se probleme - en moontlike oplossings. Sowat vyfmiljoen Oekraïners het reeds uit hulle land gevlug.
4/20/202245 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 April 2022

Siniese Suid-Afrikaners sien groot potensiaal vir korrupsie in die regering se R1-miljard reddingsboei vir die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal, maar president Cyril Ramaphosa kondig spesiale maatreëls aan om dit te verhoed. Inwoners van Kleinsee vra die regering weer eens om delwerye te wettig.
4/19/202251 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 April 2022

Minstens 63 mense word steeds in KwaZulu-Natal vermis, terwyl duisende inwoners sonder skuiling, elektrisiteit of water moet klaarkom. Gerda Steyn verpletter 'n drie dekade oue rekord. Nóg 'n groot prestasie vir die Matie-koor.
4/18/202248 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 April 2022

Die omvang van die vloedskade aan die landboubedryf in KwaZulu-Natal word nog bepaal. Die prys van diesel het die afgelope tyd skerp gestyg. Is jy getel? Ons vind uit hoe vanjaar se sensusopname verloop. 'n Rolprent oor boeliegedrag op skool maak sy buiging op die silwerdoek.
4/15/202250 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 April 2022

Terwyl die dodetal in KwaZulu-Natal skerp styg, probeer inwoners die skade bepaal. Nóg baie reën lê die Paasnaweek voor. 'n Kenner verduidelik hoe jy veilig op nat paaie bestuur.
4/14/202256 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 April 2022

Reddingspogings word in dele van KwaZulu-Natal voortgesit ná swaar reën en oorstromings. Die stormweer in die provinsie kry ook die skuld vir Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind dat die sanger Steve Hofmeyr se uitlatings oor die LGBT-plus gemeenskap strydig is met diskriminasiewetgewing.
4/13/202252 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 April 2022

Swaar reën laat 'n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal. Ons praat met Agri SA oor hoe die oorlog in Oekraïne Suid-Afrika beinvloed. Vanwaar die skuif na regs in die Franse verkiesing? Aardklop bied vanjaar drie kleiner feeste aan.
4/12/202253 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 April 2022

Die strafsaak teen oudpresident Jacob Zuma en die wapenvervaardiger Thales word vandag voortgesit, en hierdie keer word dit dalk nie so maklik weer uitgestel nie. Die prys van kookolie skiet die hoogte in, maar word ons dalk om die bos gelei oor die redes daarvoor? Suid-Afrika se Meerkat-teleskoop maak 'n indrukwekkende waarneming van internasionale belang in die diepste ruimte.
4/11/202254 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 April 2022

Die AA vra vir 'n hersiening van die sogenaamde bloulig-brigades. Die Mangaung Metro is onder nasionale administrasie geplaas. Suid-Afrika sal teen 2025 'n ernstige watertekort ervaar.
4/8/202253 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 April 2022

Landbou wil alle vee teen bek-en-klouseer inent, maar Suid-Afrika het nie entstof beskikbaar nie. Betogers eis beter polisiëring in Diepsloot, noord van Johannesburg. Ontevredenheid oor moontlike olie- en gasontginning in die Noord-Kaap.
4/7/202252 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 April 2022

Boewe teiken fietsryers in verskeie buurte van Pretoria. In sommige gevalle word hulle omgery en hulle fietse gevat. Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie glo Rusland beoog 'n groot teenoffensief in die ooste van Oekraïne. Die president van Oekraïne sê die VN-Veiligheidsraad het misluk in pogings om die oorlog te stop, en dat Rusland aanspreeklik gehou moet word vir sy gruweldade. Sommige wetenskaplikes dink dis 'n slegte idee om buiteruimtelike wesens te probeer kontak. Die Regterlike Dienskommissie beveel vier van die vyf kandidate aan vir die twee poste in die Konstitusionele Hof. 'n Sstudent wat 'n stryd teen breingewasse gehad het, kry vandag haar doktersgraad in Stellenbosch.
4/6/202253 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Maart 2022

Die ramptoestand word ná 750 dae opgehef. Ons praat met politieke en mediese kenners. Kommer oor president Poetin se sielkundige profiel. Die prys van brandstof styg om middernag.
4/5/202250 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 April 2022

Daar is al hoe meer bewyse dat oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg is. Inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap is geskok en woedend ná die moord op 'n elf-jarige meisie. ANC-hoës vergader later vanoggend met die president van die ANC-Vroueliga, Bathabile Dlamini, oor haar meineed-vonnis.
4/4/202251 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 April 2022 - Deel 2

Leon van Nierop kritiseer die aksiefilm AMBULANCE. Willem Botha bespreek die woorde "katel" en "kooi".
4/1/202239 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 April 2022 - Deel 1

Die president kondig Suid-Afrika se nuwe polisiekommissaris aan. Die brandstofheffing word verlaag om vuisvoos motoriste te help, maar branstofpryse sal stééds Woensdag styg.
4/1/202238 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 2

'n Dringende oplossing word gesoek vir landbouprodukte wat steeds in die Kaapstadse hawe lê en nie uitgevoer kan word nie. Vier nuwe boomsoorte in Suid-Afrika word by die lys van bedreigde spesies gevoeg. Ons ontleed 'n konsepooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne.
3/31/202241 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 1

Die DA se mosie om van kabinetsministers ontslae te raak, misluk. Die AA vra dat vandag se spertyd vir die hernuwing van rybewyse weer uitgestel moet word. Die oopwater-swemmer Sarah Ferguson se aanslag op die swemroete van Durban na Kaapstad ly skipbreuk.
3/31/202244 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Maart 2022 - Deel 2

Werkloosheid styg tot 'n nuwe rekordvlak. Meer buitelandse toeriste besoek die land in Januarie. Inwoners van Hangberg in Kaapstad vertel hoe dit voel om in 'n Silwerskermfees-fliek te verskyn.
3/30/202243 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Maart 2022 - Deel 1

Operasionale uitdagings by die land se hawens kniehalter vrugteuitvoerders. Kommer heers oor rioolvuil wat in die Kamiesberg munisipale gebied gestort word. 'n Nuwe Covid-variant, Deltakron, versprei in Amerika en Europa.
3/30/202243 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2022 - Deel 2

Die opsystaanreël van die ANC kry teenstand van die party se takke in Kwazulu-Natal. Amnestie Internasionaal looi Suid-Afrika oor vreemdelingehaat. Die nuwe opposisieparty in Zimbabwe, CCC, behaal ongewone sukses in die afgelope naweek se verkiesings.
3/29/202247 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2022 - Deel 1

Suid-Afrika is diep verdeel oor die kwessie van buitelanders. Verdere onderhandelings om die oorlog in Oekraïne te beëindig vind vandeesweek plaas teen die agtergrond van die vlugtelingekrisis. Die vakbond Solidariteit beoog om 21 staatskapers by die polisie aan te kla.
3/29/202244 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2022 - Deel 2

Minder mense het in 2020 voor die kansel beland. Nuwe wetgewing oor huwelike sal binnekort aan die kabinet voorgelê word. Die rolprent Dune maak skoonskip by die Oscar-toekennings.
3/28/202239 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2022 - Deel 1

Opposisiepartye wil die burgemeester van die Mangaung-Metro uit die kussings lig. Die rolprente Barakat en Gaia wen groot by die Silwerskermfees-toekennings. Die MRK gryp in om die spanning tussen inwoners en buitelanders op Bredasdorp te ontlont.
3/28/202242 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Maart 2022 - Deel 2

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, is een van net drie kabinetsministers wat 'n slaagpunt van die DA kon kry. Rusland probeer sogenaamde vyandige lande dwing om gas met Roebel te koop. Die regering en tabakbedryf kruis swaarde oor nuwe belasting, wat na verwagting aanstaande jaar in werking tree.
3/25/202248 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Maart 2022 - Deel 1

Die Reserwebank verhoog die repokoers met 25 basispunte vir 'n derde keer in vier maande. Die Wêreldbank verkoop die eerste natuurlewebewaringseffekte ter waarde van sowat R2,2-miljard rand.
3/25/202244 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Maart 2022 - Deel 2

Amerika beplan nog sanksies teen Rusland. Britse, EU en Amerikaanse amptenare sukkel om op Russiese oligarge se seiljagte beslag te lê. 'n Afrikaanse fliek oor fopdossery maak sy debuut by die Silwerskermfees.
3/24/202242 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Maart 2022 - Deel 1

Rompslomp en verouderde wetgewing verhinder werkskepping en ekonomiese selfstandigheid in townships. Bek-en-klouseer versprei na nog twee gebiede in KwaZulu-Natal. Duisende Suid-Afrikaners sterf jaarliks aan tuberkulose.
3/24/202243 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Maart 2022 - Deel 2

'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler praat oor sy Russiese ervaring. Die tiende Silwerskermfees begin vandag.
3/23/202242 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Maart 2022 - Deel 1

Covid-19-inperkingsmaatreëls word aangepas. Bek-en-klouseer kom die rooivleisbedryf duur te staan.
3/23/202245 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2022 - Deel 2

Meer mense soek hulp met hulle geestesgesondheidtoestand. Skoner lug vir Gauteng en Mpumalanga - 'n hofuitspraak dwing die regering om nou op te tree vir jou gesondheid. Die James Webb-teleskoop stuur helder foto’s terug van 'n dowwe ster wat die menslike oog skaars kan sien. 'n Nederlandse omroeper vertel watter bydrae wat sy land lewer om Oekraïners se lot te probeer versag. En, Esté de Klerk berig dat die Amerikaanse president, Joe Biden, dink Rusland is in 'n hoek vasgekeer oor Oekraïne.
3/22/202244 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2022 - Deel 1

Ons gooi 'n wye oog oor landbou, met nuus wat wissel van 'n nuwe oesnavorsingsplatform tot veediefstal. Die belangrikheid van grondwater word beklemtoon op Wêreld Waterdag. Die ANC roep Thabo Mbeki se hulp in om strydende groepe te paai. Ons bespreek planne om Suid-Afrika se COVID-noodmaatreëls te vervang met nuwe regulasies.
3/22/202244 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2022 - Deel 2

Leefstyl oudits sal voortaan verpligtend wees vir alle nasionale en provinsiale departemente. Die Proteas stof Bangladesj maklik af, terwyl al die Suid-Afrikaanse rugbyspanne in die VRK-toernooi hulle wedstryde wen.
3/21/202248 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2022 - Deel 1

Hoeveel is daar te vier op Menseregtedag? Kuberkrakers eis miljoene rand in ruil vir Suid-Afrikaners se inligting. 'n Oekraïner vertel hoe hulle mense land uit help.
3/21/202243 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Maart 2022 - Deel 2

Verbruikersvertroue daal. Laat slapeloosheid jou snags rondrol? 'n Kenner gee raad. Dr. Willem Botha van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal praat oor galopsop.
3/18/202243 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Maart 2022 - Deel 1

Amptenare van die Renosterberg-munisipaliteit ontvang twee maande se agterstallige salarisse. Kinderwelsyn SA in die Oos-Kaap sê staatsbefondsing aan nieregeringsorganisasies wat maatskaplike dienste verskaf, word ingekort. Klein- en mediumskaal pluimveeboere in Johannesburg kry 'n welkome hupstoot.
3/18/202245 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Maart 2022 - Deel 2

Ons praat met 'n Oekraïnse politieke en militêre ontleder oor die oorlog. Die Cheetahs is steeds onoorwonne.
3/17/202241 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Maart 2022 - Deel 1

Die VN-veiligheidsraad hou ‘n noodsitting oor die situasie in Oekraïne, terwyl die druk op Rusland toeneem. Kleinhandelverkope styg, maar wat hou 'n verwagte brandstofprys van R24 per liter vir die ekonomie in?
3/17/202244 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Maart 2022 - Deel 2

Baie Suid-Afrikaners sê Sensus 2022 ignoreer hulle. Die Burgerlugvaartowerheid sê hy werk saam met Comair om die redery so gou moontlik weer in die lug te kry.
3/16/202246 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Maart 2022 - Deel 1

Die verlenging van die ramptoestand word wyd gekritiseer. Die DA sê die Suid-Afrikaanse regering het die verkeerde kant in die konflik tussen Rusland en Oekraӗne gekies. Ons praat oor Suid-Afrika se superrykes wat minder word.
3/16/202247 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2022 - Deel 2

Wie is president Wladimir Poetin se binnekring? Sikloon Gombe los 'n spoor van verwoesting in Mosambiek.
3/15/202244 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2022 - Deel 1

Kommer oor springkaanplae in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes. Kenners verskil oor of president Wladimir Poetin kernwapens sal gebruik.
3/15/202243 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2022 - Deel 2

Die Wes-Kaap en Kalifornië sluit 'n landbou-ooreenkoms. Wetenskaplikes is opgewonde oor die onlangse ontdekking van sir Ernest Shackleton se legendariese ysbrekerskip, The Endurance, in Antarktika.
3/14/202246 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2022 - Deel 1

Die nasionale coronavirusbevelsraad vergader vandag om die moontlike opheffing van die nasionale ramptoestand te bespreek. Comair se vlerke word weens veiligheidsoorwegings vir 'n onbepaalde tyd geknip. Ons praat oor die gevare van te veel sout in kos.
3/14/202245 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Maart 2022 - Deel 2

Kan Suid-Afrikaners ESKOM hof toe sleep oor langer as geskeduleerde beurtkrag? Verskeie Europese rugbyspanne is die naweek plaaslik in aksie.
3/11/202246 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Maart 2022 - Deel 1

Talle opposisiepartye verwelkom regter Raymond Zondo se aanstelling as hoofregter. Die oorlog in Oekraïne het 'n groot impak op Suid-Afrika se sagtevrugte-uitvoere.
3/11/202241 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Maart 2022 - Deel 1

Die Nasionale Vervolgingsgesag eis tronkstraf vir die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, nadat sy aan meineed skuldig bevind is. Eskom gebruik sowat nege miljoen liter diesel per dag om krag op te wek. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne benadeel Suid-Afrika se landbou-uitvoere.
3/10/202244 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Maart 2022 - Deel 2

Eskom gebruik sowat nege miljoen liter diesel per dag om krag op te wek. Sommige ANC-politici het hulle reeds ten gunste van 'n tweede termyn vir Cyril Ramaphosa uitgespreek. Rusland se Minister van Buitelandse Sake is in Turkye vir samesprekings oor die oorlog in Oekraïne.
3/10/202238 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Maart 2022 - Deel 2

Suid-Afrika se ekonomie het verlede jaar met bykans 5% gegroei. Ons praat met 'n onderwyskenner en 'n sielkundige oor die impak van te veel huiswerk op kinders. 'n nuwe aanlyn Afrikaanse naslaangids vir laerskoolleerlinge is bekendgestel.
3/9/202244 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Maart 2022 - Deel 1

'n Kenner sê sportbeleid moet dringend verander word om geslagsgelykheid te bevorder. Gemeenskapskolleges kry 'n groot finansiële inspuiting. 'n Hofsaak oor die toekenning van munisipale setels in Noordwes.
3/9/202237 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2022 - Deel 2

Verskeie politieke partye eis dat alle oorblywende Covid-19-regulasies opgeskort moet word. 'n Kernaktivis dagvaar Gwede Mantashe nadat die aktivis van die kernreguleerder se raad verwyder is.
3/8/202245 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2022 - Deel 1

Inwoners betoog by die Wessel Maree Hoërskool in Odendaalsrus ná 'n onderonsie tussen 'n onderwyser en 'n leerling. Die Wes-Kaap ervaar 'n ernstige tekort aan bloed. Die Gariep-dam in die Vrystaat vier sy 50ste verjaarsdag.
3/8/202241 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2022 - Deel 2

'n Hofaansoek is ingedien om die uitreiking van vuurwapenlisensies te versnel. Kabeldiefstal hou 'n groot bedreiging in vir Kimberley se ekonomie. 'n Politieke ontleder gee sy mening oor individue se voorneme om bevindinge van die Zondo-kommissie op hersiening te neem.
3/7/202239 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2022 - Deel 1

Navorsing deur Black Sash dui aan die kindertoelaag moet verhoog word. FNB Landbou voorspel dat voedselinflasie op die korttermyn skerp sal styg. Gift of the Givers verleen humanitêre hulp aan inwoners van Oekraïne.
3/7/202238 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Maart 2022 - Deel 2

'n Nuwe Suid-Afrikaanse wet bring sensuur na die internet, maar sommige kommentators sê die goeie word saam met die slegte uitgegooi. Die herstel van oeroue wild-trekroetes word oorweeg om met die beskerming van diere soos olifante te help.
3/4/202243 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Maart 2022 - Deel 1

Die Gelykheidshof bestempel twee lede van die BLF se twiets oor die Hoërskool Driehoek-tragedie van 2019, as haatspraak. Vier leerlinge is in 2019 by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark dood toe 'n loopvlak inmekaar gestort het. 'n Tweede ronde gesprekke tussen afgevaardigdes van Rusland en Oekraïne om die oorlog te beëindig, het gister plaasgevind.
3/4/202239 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Maart 2022 - Deel 2

Gwede Mantashe gaan die jongste Zondo-verslag in die hof laat hersien. Die VN oorweeg 'n internasionale verdrag om plastiekbesoedeling te bestry. Olifante in die Krugerwildtuin word getoets vir tuberkulose.
3/3/202239 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Maart 2022 - Deel 1

Bendegeweld ruk handuit in Roodepan in Kimberley. Opposisiepartye versoek dat die volledige verslag oor bewerings van seksuele wangedrag teen Albert Fritz bekendgemaak word. Die SAUK en Supersport kry die uitsaairegte vir 2023 Netbal Wêreldbekertoenooi.
3/3/202243 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Maart 2022 - Deel 2

Die derde staatkapingsverslag word bekendgestel. ‘n Vrou getuig oor haar broer se dood in die Life Esidimeni-tragedie. Rugby, sokker, atletiek en ander sportkodes skop Rusland uit alle kompetisies.
3/2/202242 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Maart 2022 - Deel 1

Agri Noord-Kaap waarsku dat die sprinkaanplaag in die provinsie in die komende dae selfs erger skade aan landbou kan aanrig. Moontlike oorlogsmisdade teen president Putin word ondersoek. Ons praat met 'n kenner wat spesialiseer in oorlogsreg.
3/2/202239 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2022 - Deel 2

Die poskantoor gaan van sy eiendom verkoop. Die prys van basiese voedselsoorte daal. Slegs twee staatshospitale kan geslagsveranderingsoperasies doen.
3/1/202243 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2022 - Deel 1

Staatsdiensvakbonde se appèlaansoek oor salarisverhogings is van die hand gewys. Die regering word versoek om sy beleid meer inklusief te maak om die regte van transgender mense te bevorder. Nuwe navorsing oor die gehalte van internet in Afrika.
3/1/202241 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Februarie 2022 - Deel 2

Rusland plaas sy kernmagte op 'n hoë gereedheidsgrondslag. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die afdanking van die nasionale polisiekommisaris.
2/28/202242 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Februarie 2022 - Deel 1

'n Brandstofprysskok wag op Suid-Afrikaners. 'n Suid-Afrikaner praat oor die oorlog in Oekraïne.
2/28/202238 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Februarie 2022 - Deel 2

Amerika stel nog ekonomiese sanksies teen Rusland in. Die Suid-Afrikaanse ambassade moet nog ontruimingsplanne inwerking stel vir Suid-Afrikaners wat in Kiëf is. Aandelebeurse wêreldwyd daal skerp.
2/25/202242 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Februarie 2022 - Deel 1

Eskom se kragtariewe styg met bykans 10%. Boere in Mpumalanga loop erger as ooit deur onder veediefstal. ‘n Petisie om rasseklassifikasie te skrap, word deur die parlement bespreek.
2/25/202242 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Pogings om die Kenmare Kloof op te knap, is goed op dreef

Tientalle mense, hoofsaaklik pelgrims, het die afgelope tyd in die Kenmare Kloof aan die Gautengse Wesrand verdrink tydens geestelike rituele. Die Kenmare Kloof Bewaringsvereniging, sê dis tyd dat dié onnodige sterftes gestop word, deur die gebied doeltreffend te bestuur. Die sterftes is maar een van die kwessies wat die vereniging wil hokslaan. Samesprekings met die relevante owerheid verloop goed, en die vereniging hoop dat hy teen Augustus vanjaar, die grond by die Mogale City Munisipliteit, en die Johannesburg Metro, onder voogdyskap kan neem. Marlinée Fouché was by die vereniging se eerste opruimsessie, ná bykans 2 jaar van inperkingsregulasies.
2/24/20225 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Februarie 2022 - Deel 2

Ons praat met 'n politieke ontleder en 'n landboukenner oor die begrotingsrede. Die tweede kriekettoets teen Nieu-Seeland begin om middernag Suid-Afrikaanse tyd.
2/24/202241 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Februarie 2022 - Deel 1

Die Arbeidshof beslis dat Denel binne tien dae R90-miljoen se salarisse aan Solidaiteit-werknemers moet uitbetaal. Die begrotingsrede ontlok gemengde reaksie van opposisiepartye.
2/24/202238 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Februarie 2022 - Deel 2

Die Weste reageer met nog sanksies nadat Rusland soldate in die ooste van Oekraïne ontplooi het. Veelpartykoalisies word in Tshwane, Ekhuruleni en Johannesburg geformaliseer.
2/23/202245 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Februarie 2022 - Deel 1

Pensioenarisse hoop daar is vanjaar 'n paar rand meer vir hulle in die begrotingstrede. Sosiale media gons nadat die polisie vroeër vandeesweek op transitorowers in Rosettenville in die suide van Johannesburg toegeslaan het.
2/23/202243 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Februarie 2022 - Deel 2

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die verrotting in die Staatsveiligheidsagentskap. Touwsrivier kry mediese hulp.
2/22/202240 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Februarie 2022 - Deel 1

Kritiek op bestuurders in die staatsdiens se salarisverhogings van R450-miljoen. Op die vooraand van die begrotingsrede versoek opposisiepartye dat reddingsboeie aan staatsondernemings gesny word.
2/22/202244 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Februarie 2022 - Deel 2

Die Menseregtekommissie sit sy ondersoek voort na die onluste wat in Julie verlede jaar in Gauteng en KwaZulu-Natal plaasgevind het. Onwettige myners word die slagoffers van ingewandskoors in Noordwes. Polio steek sy kop uit in Malawi.
2/21/202238 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Februarie 2022 - Deel 1

Sommige lede van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is omgekrap oor dr. Angelique Coetzee se skorsing as raadslid. 'n Sogenaamde Quantum-bende voer 'n skrikbewind in Macassar op die Kaapse Vlakte. Ons praat oor gebaretaal as 'n medium van kommunikasie tussen horendes en niehorendes.
2/21/202242 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 2

Die Nasionale Vervolgingsgesag wil die privaatsektor vir befondsing nader. Die SAA Mediese Vereniging het aangekondig dat dr. Angelique Coetzee as voorsitter van die liggaam bedank het. Leon van Nierop resenseer die opspraakwekkende THE TINDER SWINDLER. En, ons woord van die week is platanna.
2/18/202244 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 1

Suid-Afrika se swak wetgewing en maatreëls om geldwassery te bekamp, kan hom ernstige sanksies op die hals haal. Brittanje wil goue visums vir Russe staak as straf vir president Poetin. Die sensussperdatum gaan dalk verleng word.
2/18/202239 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa vra geduld vir sy omkeerstrategieë. Die Outomobiel Assosiasie pleit dat brandstofheffings nie verhoog moet word nie. 'n Uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor swart ekonomiese bemagtiging word in sekere oorde as 'n geskiedkundige deurbraak beskou.
2/17/202241 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Februarie 2022 - Deel 1

Sommige polisiebeamptes is sku vir berading ná traumatiese voorvalle. Daar is toenemende bewyse dat stamselbehandeling MIV-Vigs in sekere gevalle kan genees. 'n Regstryd ontwikkel oor die naamsverandering van Hoërskool DF Malan in Kaapstad.
2/17/202237 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 2

Parlementslede debatteer oor die regering se ekonomiese verantwoordelikheid en staatskaping. Ons kry reaksie by politieke ontleder dr. Harlan Cloete oor die tweede dag van die debat oor die staatsrede. 'n Baba van Atlantis buite Kaapstad by wie 'n seldsame bloedkanker gediagnoseer is, wag op 'n stamselskenker.
2/16/202243 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Februarie 2022 - Deel 1

Die Openbare Beskermer gaan die agterstand in die verwerking van DNS-monsters by die polisie se forensiese afdeling ondersoek. Die Menseregtekommissie besoek Klawer om vas te stel waar die owerheid die dertienjarige Jerobejin van Wyk versaak het. Die gasvryheidsbedryfsliggaam, Fedhasa, sê Suid-Afrika se elektroniese visumstelsel werk nie.
2/16/202247 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 2

Die DA wil 'n mosie van wantroue teen die hele kabinet by die parlement indien. Boere is ongelukkig oor 'n plan om Eskom te dwing om krag uitsluitlik aan munipaliteite te verskaf. Ons praat oor diere wat bloed skenk, of dit in noodgevalle ontvang.
2/15/202243 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Februarie 2022 - Deel 1

President Cyril Ramaphosa se staatsrede word in die parlement geprys én gekritiseer. Die Universiteit van Pretoria ontken dat studente verbied word om Afrikaans in die koshuis te praat.
2/15/202237 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Februarie 2022 - Deel 2

Die Departement van Basiese Onderwys oorweeg dit om die mag oor te neem van openbare skole om self oor hulle taal- en toelatingsbeleid te besluit. Die president van Tunisië versterk sy greep op die land se regbank. Walliese navorsers het bewyse dat daar chemikalieë in otters is wat in kleefplastiek voorkom.
2/14/202239 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Februarie 2022 - Deel 1

Die redakteursforum, SANEF, is bekommerd oor beperkings op joernaliste se toegang tot die howe. Die hiasinteplaag op die Hartebeespoortdam is besig om hand uit te ruk. 'n Petisie om sensortegnologie vir die monitering van glukose vir alle Tipe 1 diabete in die land beskikbaar te stel.
2/14/202236 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Februarie 2022 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa kondig 'n sosiale vennootskap aan om die ekonomie om te draai. Die verlenging van die Covid-19-toelaag met nog 'n jaar kan die begin wees van 'n basiese inkomstetoelaag. Ons praat oor die implikasies van gisteraand se staatsrede. 'n Mikrobioloog praat oor die Verenigde Nasies as Internasionale Dag vir Vroue en Meisies in die Wetenskap. Leon van Nierop raak liries oor Agatha Christie se DEATH ON THE NILE in sy weeklikse fliekrubriek.
2/11/202244 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Februarie 2022 - Deel 1

Daar is 'n nuwe VIGS-variant wat mense vinniger siek maak. 'n Suid-Afrikaanse konsepvliegtuig vang die oog van Hollywood. Die Amahlathi-munisipaliteit in Stutterheim in die Oos-Kaap kan nie salarisse betaal nie, maar laat werknemers toe om kos op skuld by die plaaslike Pick 'n Pay te koop.
2/11/202244 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Februarie - Deel 2

Huiswerkers se minimumloon styg skerp. Die Suikerriet-kwekersvereniging vra die regering om die bedryf te ondersteun. Athol Trollip sluit by Action SA aan.
2/10/202241 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Februarie - Deel 1

Vroueskuilings hoop om meer befondsing van die regering te ontvang. 'n Versoek aan die Departement van Gesondheid om veiligheid by gesondheidsinstellings te verskerp. 'n Pasiënt wat direk geraak word deur die hoë prys van die kankermiddel Herceptin, deel haar verhaal met ons.
2/10/202242 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Februarie 2022 - Deel 2

Het die president sy staatsredebelofte om geslagsgeweld uit te roei, nagekom? Ons praat met 'n kenner. Ná twee jaar hou Oudtshoorn weer makietie.
2/9/202240 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Februarie 2022 - Deel 1

Politieke partye vra dat koppe rol oor die Julie-onluste. Ons praat ook oor hoe rassehaat in KwaZulu-Natal gemeenskappe verdeel.
2/9/202239 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Februarie 2022 - Deel 2

'n Verslag wys dat die kabinet aanspreeklik is vir die onluste in Julie verlede jaar. Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Cyril Ramaphosa se beloftes in sy vorige staatsrede. 'n Kenner reageer op sprake van 'n moontlike Russiese inval in Oekraïene.
2/8/202244 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Februarie 2022 - Deel 1

Die moord op 'n 13-jarige seun ruk die gemeenskap van Klawer. 'n Gemeenskapsaktivis sê intussen sulke gruweldade gebeur gereeld op kleiner dorpe. SAHPRA keur die gebruik van twee nuwe Covid-19 entstowwe goed.
2/8/202247 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Februarie 2022 - Deel 2

Vroue is bang om openbare vervoer te gebruik. Brittanje se koningin Elisabeth II vier 70 jaar op die troon.
2/7/202241 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Februarie 2022 - Deel 1

Die Regterlike Dienskommissie kan regstappe verwag oor die manier waarop onderhoude vir hoofregter gevoer is. Kinders keer vir die eerste keer sedert die begin van die pandemie voltyds terug na die klaskamer.
2/7/202243 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Februarie 2022 - Deel 2

'n Sensus-opname onder die land se tronkbevolking sal gebruik word om die huisvesting van gevangenes te beplan. Die Winter Olimpiese Spele begin vandag in Beijing. 'n Renosterkalfie sterk goed aan ná 'n hoërisiko mediese prosedure. Die oorlogswolke pak saam op die grens tussen Rusland en Oekraïene. Die maan val op die aarde in MOONFALL, wat Leon van Nierop in sy fliekrubriek resenseer.
2/4/202244 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Februarie 2022 - Deel 1

'n Sub-variant van Omicron wek kommer oor 'n moontlike oplewing van Covid-19-infeksies. Verbruikers steier onder stygende kospryse. Dis vandag Wêreld Kankervoorkomingsdag - ons hoor by 'n spesialis of die oormatige gebruik van selfone breinkanker veroorsaak. Universiteite Suid-Afrika reageer op die regering se plan om universiteitsfooie vir 2022 te verhoog. Die EFF herhaal sy oproep dat LP's in hulle massas na die Parlement terugkeer. Die SA Polisiediens hervat sy keuringsinname vir polisierekrute.
2/4/202242 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Februarie 2022 - Deel 2

Hoe doeltreffend is kommissies van ondersoek? Sutherland hou nou voorwerpe dop wat die aarde kan tref.
2/3/202241 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Februarie 2022 - Deel 1

Watter impak sal beurtkrag op die sensus hê? Die regering word hof toe gesleep oor die voortdurende ramptoestand.
2/3/202238 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Februarie 2022 - Deel 2

Daar is meningsverskille oor die idee van 'n basiese inkomstetoelaag, nie net onder kenners nie, maar ook onder regeringsraadgewers. Ons kyk hoe toekomstige beleid hieroor kan lyk. Die regering beplan om wetgewing oor immigrasie en werk in Suid-Afrika te hersien. 'n Weerligstraal met 'n rekordlengte van oor die 760 km word in die Amerikaanse deelstaat, Texas, aangeteken.
2/2/202243 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Februarie 2022 - Deel 1

Die name van prominente politici word in die tweede deel van die Zondo-kommissie se staatskapingsverslag genoem. Sensus 2022 begin môre in alle erns, maar baie mense is bekommerd dat dit 'n dekmantel vir skurke kan word. Die jongste aanpassings van Covid19-regulasies kan 'n positiewe uitwerking op die ekonomie hê.
2/2/202238 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Februarie 2022 - Deel 2

Ons praat met die Wes-Kaapse premier oor die bewerings van seksuele wangedrag teen Albert Fritz. Die Blitsbokke loop breëbors rond ná nóg 'n oorwinning.
2/1/202239 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Februarie 2022 - Deel 1

'n Gevoelige slag vir vuisvoos motoriste, met nóg groot verhogings in brandstofpryse. 'n Fluitjieblaser-organisasie vra vir die spoedige implementering van die Spesiale Ondersoekeenheid se aanbevelings in Limpopo.
2/1/202237 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Januarie 2022 - Deel 2

Onwettige elektrisiteitsverbindings eis die lewe van 'n vierjarige seun in George in die Suid-Kaap. Opposisiepartye in die Kaapstad Metro eis dat koppe rol ná 'n verslag oor die Strandfontein-kamp vir haweloses. Humphrey, die hond met ‘n ruim hart, word deur die Umhlanga-toerismevereniging as gelukbringer aangeneem.
1/31/202242 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Januarie 2022 - Deel 1

Mediavryheidorganisasies sê die afdanking van die SAUK se nuushoof, Phatiswa Magopeni, dui op politieke inmenging by die openbare uitsaaier. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om appèl in die wapenskandaal word aangehoor. Die tesourie skuld die Spesiale Ondersoekeenheid R216-miljoen vir die ondersoek na korrupsie oor COVID persoonlike beskermende toerusting.
1/31/202236 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 2

'n Ekonoom verduidelik wat nóg 'n rentekoersverhoging vir die verbruiker inhou. Leon van Nierop vertel van 'n rateltaai-film oor 'n vrou wat uit die tronk vrygelaat word.
1/28/202241 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 1

Wat voer Rusland in die mou met die bande wat hy met lande smee? Ons praat met 'n politieke ontleder. Koos Roets lig die sluier oor sy Gerrie Coetzee-rolprent.
1/28/202237 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 2

Diplomate van 13 lande oorhandig geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa. Die oudste grondeiser in Distrik Ses in Kaapstad, Shariefa Kahn, sterf voor sy in haar nuwe huis kon intrek. Agri-SA se leiers vergader met die Minister van Landbou, Thoko Didiza, en 'n reeks besluite word geneem.
1/27/202243 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Januarie 2022 - Deel 1

Die ANC vra die polisie om die saak van die geskorste provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid, Atbert Fritz, te ondersoek. 'n Mediese span van Tygerberg-hospitaal verwyder 'n groot gewas uit 'n 35 week oue fetus. Sowat 850 werknemers van die staatsonderneming, PetroSA, kan in die pad gesteek word.
1/27/202240 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 2

Sommige ontleders sê 'n militêre inval in Oekraïne is oppad, nadat verskeie lande hulle diplomate uit Kiëf onttrek. Khoi-aktiviste sê die ontwikkeling van Amazon se hoofkwartier in Afrika vernietig 'n kultuurerfenisgebied.
1/26/202245 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 1

Onderhoude vir 'n nuwe hoofregter van die Konstitutionale Hof begin in Februarie. Ons vind meer uit oor die vier kanidate. 'n Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid wys dat 62% van Covid-19-verwante verkrygingsprosedures onreëlmatig was. Die EFF ontbind sy provinsiale leierskap in Limpopo. Gemeenskapslede van Rustenburg sê hulle baat nie by mynaktiwiteite in die gebied nie. Ons kry die jongste oor verskeie brande wat woed in die berge tussen Worcester en Touwsrivier in die Wes-Kaap. Die publiek word versoek om aanlyn te registreer vir die 2022-sensus.
1/26/202242 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 2

Die lening van die Wereldbank aan Suid-Afrika word bevraagteken. Weerstand teen verpligte inenting is aan die oplaai. Huldeblyke stroom in ná die dood van die invloedryke Suid-Afrikaanse teoloog, prof. Jaap Durand.
1/25/202243 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 1

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, stel 'n waarnemende provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid aan ná die skorsing van Albert Fritz. Die ANC-parlementslid Mervyn Dirks doen regsstappe teen sy skorsing. Onderwysers by die Phomolong Sekondêre Skool in Tembisa aan die Oos-Rand sê hulle vrees vir hulle lewe nadat die adjunkskoolhoof voor die skoolhek doodgeskiet is.
1/25/202240 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 2

Die stof het nog nie gaan lê nie oor die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op die grondwet en regters. Ons bespreek die nalatenskap van die ontslape polisieman, Frank Dutton. Die Blou Bulle se president doen 'n beroep op SA Rugby om sportstadions weer tot volle kapasiteit oop te stel vir toeskouers.
1/24/202245 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 1

Ons kry die jongste nuus oor die situasie by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria, nadat 'n brand gisteraand daar uitgebreek het. Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê die publiek móét weet hoe die ANC se kanderontplooiingskomitee besluite by staats-nstellings beïnvloed het. Eskom verseker landsburgers dat die kragvoorsiener alles in sy vermoë sal doen om vanjaar beurtkrag te vermy. Boere in dele van die Vrystaat ly miljoene rand se verlies weens swaar reën. Die bestuursopleidingsinstelling, Mancosa, sê tersiêre instellings lewer nie genoeg nuwe ondwerwysers nie. 'n Kenner sê die wetgewing om fluitjieblasers te beskerm is onvoldoende.
1/24/202238 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 2

'n Oudit van die Norwood-polisiestasie in Johannesburg wys dat minstens 158 vuurwapens daar verdwyn het. Spanning is aan die oplaai nadat Rusland soldate langs die grens met Oekraïene ontplooi het. Die oudvryheidsvegter en teoloog, Allan Boesak, sê die verslag van die Zondo-kommissie behoort 'n wekroep te wees.
1/21/202245 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 1

Die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, ontken dat sy om verskoning gevra het vir haar kritiek van die regbank. Bloedige warm weer word in dele van die Kaap verwag, wat die gevaar van veldbrande soveel groter maak. Suksesvolle matrikulante beplan hulle toekoms nadat die uitslae om middernag bekendgemaak is.
1/21/202243 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 2

Die voormalige bestuurshoof van Old Mutual, Peter Moyo, beskuldig Old Mutual van kontrakbreuk omdat sy kontrak sonder 'n tugverhoor beëindig is. Verskeie skole in KwaZulu-Natal se deure bly gesluit weens 'n voortslepende tradisionele leierskapsgeskil. Kenners waarsku dat tropiese storms KwaZulu Natal se voorland is. 'n Groen-waterstofprojek in die Noord-Kaap kan duisende werksgeleenthede skep.
1/20/202239 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 1

'n Studie bevind dat twee inentings en 'n skraagdosis nie genoeg is om jou teen die hoogsaansteeklike Omicron-variant van die Coronavirus te beskerm nie. Ons vind uit of inentings teen griep, polio of masels erge simptome van Covid-19 kan verlig. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, maak die matriekeindeksamen-resultate vandag bekend. Ons praat met 'n onderwyskenner oor sy verwagtinge.
1/20/202244 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 2

'n Studie bevind dat Covid ook van mens na dier oorgedra is. Ons praat met een van die navorsers. Navorsers aan die Oregon Universiteit in Amerika het bevind dat twee sure wat in dagga voorkom, moontlik kan verhoed dat die Covid-19-virus aan mensselle heg. 'n Kommerwekkende styging in die getal padsterftes oor die feestyd. 'n Inwoner op die oewer van die Vaalrivier vertel hoe hy moes padgee weens die hoë watervlak.
1/19/202241 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 1

Nooddienste in Noordwes is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag, nadat nóg water uit die oorvol Vaaldam gelaat is. Privaatskole behaal 'n slaagsyfer van meer as 98%. Ons praat met 'n paar slimkoppe.
1/19/202239 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 2

Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw.
1/18/202240 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1

Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor die publikasie van matriekuitslae in die media. FEDSAS sleep die Oos-Kaapse Departement van Onderwys hof toe omdat hy glo versuim het om handboeke en skryfbehoeftes aan die provinsie se skole te voorsien. Tegnologie-liefhebbers moet opdok weens 'n tekort aan hardeware wat rekenaarkomponente se pryse die hoogte laat inskiet.
1/18/202241 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 2

Die stof wil nie gaan lê oor die uitlatings van Lindiwe Sisulu nie. Ons praat met 'n politieke ontleder. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.
1/17/202241 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Kan 'n mens met koolstof boer? Dié boer sê "ja"

Die Wêreld Ekonomiese Forum se risiko-verslag, wat op die 11e Januarie vanjaar vrygestel is, toon dat klimaatsverandering en die gevolglike ekologiese agteruitgang van natuurlike habitatte, 'n reusebedreiging vir die Afrika-ekonomie inhou . 'n Beroep is gedoen om die mensgemaakte skade wat aangerig is weens droogte, oorstromings, erosie en die oorbewyding van grond, teen te werk. 'n Grondeienaar in die Baviaanskloof, Pieter Kruger, wy sy lewe aan die herstel van die natuurlike ekosisteem op sy plaas, Zandvlakte. Hy het twaalf jaar terug begin om die Spekboombioom op sy plaas te herstel, en het sedertdien sowat 4-miljoen nuwe plante op die plaas geplant. Tydens 'n besoek aan die streek, het hy vir Marlinée Fouché gaan wys waarmee hulle daagliks besig is... 
1/17/20228 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 1

Fluitjieblasers vra dat die Zondo-kommissie se aanbevelings oor getuiebeskerming geïmplementeer word. Begunstiges van die Vrede-suiwelplaasprojek ontvang uiteindelik hullr deel van die projek.
1/17/202244 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 2

Ons praat met 'n kenner oor die skerp toename in ontvoerings in die land. Famililede van die slagoffers van 'n gru-ongeluk in Limpopo moet DNS-monsters verskaf om hulle geliefdes uit te ken. 'n Omgewingsbewaarder waarsku teen sogenaamde uilvriendelike rottegif. Burgerregte organisasies reageer op die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se opiniestuk waarin sy die regbank en die grondwet aanval.
1/14/202243 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 1

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê die nasionale ramptoestand het 'n negatiewe impak op leerders. Drie Suid-Afrikaans-vervaardigde satelliete sorg vir 'n geskiedkundige oomblik toe dit gister in die VSA gelanseer is. Raad aan angstige matrieks wat wag vir hulle 2021 eindeksamenuitslae.
1/14/202242 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 2

Opwinding én haakplekke op die eerste dag van die nuwe skooljaar vir binnelandse leerlinge. Indië dreig om beheer van die kriekettoets op Nuweland te neem.
1/13/202239 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 1

Hewige kritiek teen minister Lindiwe Sisulu, ná haar aanval op die regbank. Die DA sê die ANC se kader-ontplooiing lei tot staatskaping.
1/13/202241 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 2

Daar is reeds sowat 30,000 name op die nasionale register van seksoortreders. Rwandese soldate sal in Mosambiek aanbly waar die stryd teen ekstremiste voortduur.
1/12/202243 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 1

Skole in die binneland bgein vandag, met die voortsetting van baie van verlede jaar se Covid-19-maatreëls. Wetenskaplikes meen die oorplanting van 'n geneties gemodifiseerde varkhart in 'n mens, bring hoop vir mense met hartkwale. Die afgelope sewe jaar was die warmste in die geskiedenis van die planeet. Eskom en die energiereguleerder, NERSA, twis oor ‘n verhoging in elektrisiteitstariewe - sal dit 20% of 40% wees?
1/12/202241 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 2

Die ANC sê 'n gebrek aan befondsing van die privaatsektor is die rede vir sy huidige geldelike verknorsing. Ons praat met 'n kenner oor gesonde spaargewoontes. Sommige kenners sê Suid-Afrika moet sy verbintenis tot die militêre stryd in die noorde van Mosambiek heroorweeg.
1/11/202242 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 1

Die onderwysvakbond, NAPTOSA, wil hê skole moet terugkeer na voltydse onderrig. Ons hoor by 'n onderwyskenner of skole gereed is hiervoor. Ons kry die jongste inligting oor die brande in Kleinmond in die Wes-Kaap. Die IVP in KwaZulu-Natal wil verskeie amptenare van die Mtubatuba-munisipaliteit deur 'n mosie van wantroue verwyder. Die Padverkeer-oortredingsagentskap sê hy is op dreef om die nasionale AARTO Wysigingswet in werking te stel.
1/11/202238 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 2

Die ANC gaan 'n vernuwingskommissie stig om die party te laat herleef. Dit is een van die dinge wat ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag tydens sy Januarie 8-toespraak gesê het. Ons fliekresensent Leon van Nierop bring hulde aan die bekroonde akteur Sidney Poitier. Ons kyk na Suid-Afrika se militêre rol in Mosambiek. Sommige ontleders sê die land moet meer soldate en toerusting stuur.
1/10/202243 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 1

Politieke partye looi die regering oor die brand in die parlement. Talle inwoners van Wepener in die Suid-Vrystaat het steeds nie water nie. Hoewel pogings gesneuwel het om die grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding toe te laat, sal wetgewing met 'n soortgelyke strekking vanjaar oorweeg word.
1/10/202243 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Januarie 2022

Die Good-party in Kaapstad beskryf die metro se hervestigde spesiale misdaadondersoekeenheid as 'n koverte spioenasie-eenheid. Daar word verwag dat president Cyril Ramaphosa harde woorde oor staatskaping in die ANC se Januarie 8-verklaring sal hê. Die waghondorganisasie, OUTA, sê die vyfjaarlikse hernuwing van rybewyse moet geskrap word.
1/7/202245 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Januarie 2022

Die DA beskuldig die ANC van inmenging by die aanstelling van regters. Stygende insetkoste, die massa-invoer van melk en die onlangse sluiting van Clover se Lichtenburg-tak het meegebring dat baie melkboere in Noordwes hulle besighede moes sluit. Die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens het minder as drie dae se bloedvoorraad vir pasiënte in nood. ‘n Rekenaargogga, soortgelyk aan Y2K wat die wêreld 22 jaar gelede op hol gehad het, het Microsoft Exchange lamgelê.
1/6/202246 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Januarie 2022

Dit kan tot soveel as 'n mijard rand kos om die parlementsgebou te herstel - ons praat met ‘n argitek van die gebou. Die eerste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping word aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die verslag sê Transnet se borgskap van die destydse TNA-sakeontbytprogramme was onregmatig en 'n geldelike verkwisting. Die Y2K-rekenaargogga wat die wêreld 22 jaar gelede op hol gehad het, neem nou weerwraak van anderkant die graf.
1/5/202248 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Januarie 2022

'n 49-jarige verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die brand by die parlement in Kaapstad. Oorvol damme in die Vaalrivier bied geleenthede vir toerisme en ontspanning. Ons praat oor die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap wat skouspelagtig vertoon weens die baie water wat in die Oranjerivier afkom. Verkeer op die land se paaie neem toe soos mense van die kus af terugkeer huistoe. Brandstofpryse daal met tussen 67 sent en 71 sent per liter. Die hooggeregshof in Johannesburg hoor vandag 'n dringende aansoek aan deur die organisasie, Democracy in Action, wat wil verhoed dat die Staatskapingskommissie se eerste verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word.
1/4/202245 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Januarie 2022

'n 49-jarige man verskyn môre in die hof in verband met die brand by die Parlementsgebou. Die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum begin 'n veldtog om paaie in dié woonbuurt veiliger te maak. Tweede Nuwejaar word op 'n spesiale manier gevier.
1/3/202248 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Desember 2021

Vriende bring hulde aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Die eerste FM radio-uitsendings hjet vandag 60 jaar gelede plaasgevind. Die kabinet kondig aan dat die aandklokreël opgehef word. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor vanjaar se 20 beste rolprente. Dr. Willem Botha praat oor Oujaarsdag.
12/31/202148 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Desember 2021

Die plaaslike regeringsvereniging, Salga, wil hê alle verbruikers moet hulle krag slegs van munisipaliteite koop. Ons gee 'n oorsig oor die 2021-skooljaar. Die polisiehond Snoekie laat dwelmhandelaars aan die pen ry. 'n Moontlike brandstofprysverlaging in die vooruitsig. Klimaatsaktiviste is bekommerd oor 'n afname van sowat 60% in seeskulpe, wat in Mauritius aangeteken is.
12/30/202147 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Desember 2021

Shell moet sy seismiese opname aan die Wildekus staak. Wydverspreide reën en donderstorms word vir die res van die week voorspel. Ons kyk na die hoogte- en laagtepunte van die afgelope ekonomiese jaar. Suid-Afrikaners wat 'n tweede dosis van die Pfizer-entstof teen Covid-19 ses maande gelede of langer terug ontvang het, kan nou 'n versterkingsdosis kry. Die Kaapstad Metro sê talle strate om die stadsaal sal vandag gesluit word met die oog op die interkerklike huldigingsdiens vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu later vanaand. 2021 was 'n baie moeilike jaar vir krieket - ons vind uit wat gebeur het, en hoe die toekoms lyk.
12/29/202147 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Desember 2021

President Cyril Ramaphosa sê die huldeblyke wat vanoor die wêreld heen instroom vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is 'n bewys van die enorme aansien wat hy geniet het. Ons fokus op sy werk teen TB en MIV/Vigs. Die James Webb-teleskoop bereik die eerste mylpaal in sy lang reis na ‘n donker, koue bestemming. Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die aandklokreël vóór Oujaarsaand te beëindig.
12/28/202147 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Desember 2021

Wyle Anglikaanse emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu word onthou as 'n ikoniese geestelike leier en anti-apartheidsaktivis. Ons praat met sy jarelange vriende en kollegas oor sy nalatenskap. Ons leer meer van blou-apies wat gered en in nuwe troppe geïntegreer word.
12/27/202149 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Desember 2021 - Deel 2

Navorsing wys dat sekere lig malaria kan uitroei. Watter rolprente is die lekkerste vir Oukersaand? Leon van Nierop het 'n paar idees. Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van die woorde, Oukersaand en Kerfees. Die veteraan nuusman, Freek Robinson, praat oor sy memoir, Op die Man Af.
12/24/202144 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Desember 2021 - Deel 1

Die dood van meer as 30 seuns tydens die jongste inisiasieproses word as 'n menseslagting beskryf. Die Wes-Kaap ervaar 'n skerp afname in inentingsgetalle. Die Minister van Gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê inentings teen Covid-19 bespaar die ekonomie baie geld. Kuberkrakers teiken maatskappye en instellings regoor die land. 'n Kenner deel sy wenke vir 'n veiliger feesgety. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, waarsku dat Covid-19-regulasies in KwaZulu-Natal streng toegepas sal word.
12/24/202139 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Desember 2021 - Deel 2

Opgraderings aan die Koeberg-kragstasie se kernkragreaktors word bevraagteken. 'n Gelekte opname van president Cyril Ramaphosa het die tonge los - 'n politieke ontleder probeer sin maak van die opname en die betekenis daarvan. Ouers word gemaan om hulle kinders se veiligheid te verseker tydens die vakansietyd. Twee babas word uit die puin van ‘n tornado gered.
12/23/202142 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Desember 2021 - Deel 1

Covid-infeksies in Gauteng en ander binnelandse provinsies neem af. Nelson Mandelabaai Metro maak planne bekend om waterinfrastruktuur te verbeter. Ons vind meer uit oor die Aarde se sogenaamde Black Box, wat data oor klimaatverandering insamel. 'n Ruimtekapsule van vyftig jaar gelede word binnekort oopgemaak.
12/23/202136 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 2

Strenger wetgewing vir die bestuur en voorkoming van tienerswangerskappe beplan. Die Menseregtekommissie neem vyf provinsiale onderwysdepartemente hof toe oor die gebruik van puttoilette by skole. Die Lost Bird-projek vra voëlkykliefhebbers om hulle te help soek na voëlspesies, wat vir lank nie gesien is nie.
12/22/202140 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 1

Jacob Zuma mag appelleer teen 'n hofbeslissing oor sy mediese parool. 'n Suid-Afrikaanse soldaat is in Mosambiek doodgeskiet. Die toerismebedryf pleit dat die Europese Unie reisbeperkings moet ophef.
12/22/202136 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 2

Ons praat oor die debat oor of kwarantyn en Covid-19-kontakopsporing opgeskort moet word. Die mors van kos neem in die feestyd met 25% toe. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl word vandag aangehoor.
12/21/202145 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 1

Die hof se weiering om bortog aan Babita Deokaran se vermeende moordenaars toe te staan, word verwelkom. Ons kry die jongste nuus oor die vakansieverkeer, en 'n kenner gee raad oor hoe om veilig op die paaie te wees.
12/21/202139 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 2

Inwoners van die Matjhabeng Munisipaliteit sit al sewe dae sonder water. Vrystaatse boere ly skade ná groot reën. 'n Goeie, maar kleiner wyndruifoes in 2022 verwag.
12/20/202143 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 1

Die produsenteprys vir bees- en skaapvleis styg skerp. Ons praat met 'n traumaberader oor hoe om vakansiedepressie te vermy. Die impak van die Julie-onluste word steeds deur sakeondernemings gevoel.
12/20/202138 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 2

Verdere reaksie op die tussentydse Sosiale Geregtlikheid en Nasiebou-krieketverslag. Leon van Nierop sê wat hy van die plaaslike rolprent, Klein Karoo 2, dink. Willem Botha bespreek die woorde, pendel en skraagdosis.
12/17/202142 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 1

Ons het die jongste nuus oor hoe sake op die vernaamste roetes verloop. Nóg reën word vir die ooste van die land voorspel.
12/17/202140 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Desember 2021 - Deel 2

Eskom teken 'n groot netto wins aan, en stel duisende hektaar grond beskikbaar vir private groenkragopwekking. Daar is 'n effense afname in Suid-Afrika se Covid-19-toetspositiwiteitskoers. Ons praat met politieke ontleders oor ministers se prestasie om hulle teikens vir dienslewering te haal.
12/16/202144 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Desember 2021 - Deel 1

Die inflasiekoers is op sy hoogste vlak sedert 2017. Oudpresident Jacob Zuma doen aansoek om te appelleer teen die hofbeslissing, dat hy moet terugkeer tronk toe. Verkeer op die land se hoofroetes neem aansienlik toe.
12/16/202144 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Desember 2021 - Deel 2

Ons praat met 'n kenner oor die geregtelike prestasieverlag. 'n 83-jarige kry haar doktersgraad by Maties.
12/15/202142 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Desember 2021 - Deel 1

Brittanje hef die reisverbod na Suid-Afrika op. Kommer oor die onsuksesvolle vervolging van plaasaanvallers en veediewe in die Vrystaat.
12/15/202135 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Desember 2021 - Deel 2

Vyf politieke partye word teenwoordig in Johannesburg se burgemeesterskomitee. Ons bespreek die stand van demokrasie wêreldwyd. Verkeersowerhede verwag dat verkeersvolumes op die hoofroetes van môre af skerp sal toeneem.
12/14/202143 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Desember 2021 - Deel 1

Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf het in Oktober aansienlik gegroei. Die Sol Plaatje Universiteit het 'n beleid aanvaar wat behels dat alle studente en personeellede teen Covid-19 ingeënt moet wees om toegang tot die kampus te verkry.
12/14/202138 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Desember 2021 - Deel 2

Kommer neem toe oor 'n toename in hondsdolheid onder mense. 'n Spesialis aan die Instituut vir Oordraagbare Siektes, waarsku dat dié siekte dodelik is, en die president van die Suid-Afrikaanse Veeartseny-vereniging sê die regering moet meer doen om mense behoorlik in te lig wat voorkomingsmaatreëls betref. Lede van die ANC sleep die party hof toe oor beweerde ongerymdhede in die benoemingsproses. Die lugvaartsektor groet 'n legende ná 'n vliegongeluk die naweek.
12/13/202139 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Desember 2021 - Deel 1

President Cyril Ramaphosa het die afgelope naweek hulde gebring aan wyle oudpresident FW de Klerk, en is kort daarna gediagnoseer met Covid-19. Hy is nou in isolasie. Die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe, sê hy ondersteun Shell se beplande seismiese opnames aan die Oos-Kaapse Wildekus, terwyl duisende landsburgers steeds daarteen betoog op verskeie platforms. Moslemvroue vra hoe dit sou lyk as hulle toegelaat word in dele van moskees waar hulle verbied word. 'n Kenner vertel hoe sy 'n voormalige terroris bevriend het.
12/13/202139 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Desember 2021 - Deel 2

Die grondwet is vandag 25 jaar oud. Ons praat met twee grondwetkenners oor die sterk punte en leemtes in die grondwet. AMCU vra dat die bestuurshoof van die Sibanye Stillwater-mynmaatskappy bedank. Leon Van Nierop resenseer die veelbesproke rolprent, MY SON.
12/10/202143 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Desember 2021 - Deel 1

Die moordenaar van Marike de Klerk wil op parool vrygelaat word. Navorsing deur die Universiteit van Johannesburg wys dat meer as die helfte van volwassenes verpligte Covid-19-inentings in die werkplek steun.
12/10/202144 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Desember 2021 - Deel 2

Ons loer agter die skerms van die Parlement om te sien hoe partye met mekaar onderhandel om sekere wette deur te druk, al dan nie. Die vlerke van die Lugmag se Gripen-vegvliegtuie word tydelik geknip - en die Vloot is dalk volgende. Die aktrise, Lizz Meiring, vertel hoe die teaterwereld die afgelope 50 jaar verander het.
12/9/202147 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Desember 2021 - Deel 1

Ons ondersoek die ware impak van onreëlmatige uitgawes by regeringsentiteite. Nie alle handreinigers op winkelrakke voldoen aan standaarde nie. Taxibestuurders probeer om wetstoepassers in Kaapstad aan bande te lê.
12/9/202143 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Desember 2021 - Deel 2

Te min steun vir 'n grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Indië se krieketspan is wél op pad na Suid-Afrika vir toetse en eendagwedstryde.
12/8/202143 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Desember 2021 - Deel 1

'n Ekonoom reageer op die jongste Bruto Binnelandse Produk. 'n Nuwe wêreldkaart is pas saamgestel, wat 'n ander perspektief gee oor die ware grootte van sekere kontinente.
12/8/202140 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Desember 2021 - Deel 2

Gegradueerdes sukkel om werk te kry. Waar lê die probleem? Die gehalte van skoolonderrig kom onder die soeklig. Komediant Leon Schuster vertel waarom hy nie meer poetse bak in sy rolprente nie.
12/7/202144 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Desember 2021 - Deel 1

Dit is vandag 80 jaar sedert die aanval op Pearl Harbour in Hawaii. Die NVG verseker die publiek dat hulle aan staatskapingssake werk. Die 18e wysigingswetsontwerp van die grondwet word vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.
12/7/202145 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Desember 2021 - Deel 2

Gemengde reaksie op Maties se nuwe taalbeleid. 'n Suid-Afrikaanse wyn wen die eerste prys by die Wêreldfynproewers-uitdaging.
12/6/202141 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Desember 2021 - Deel 1

Teenstand teen die oliereus Shell se beplande soektog na olie- en aardgas-neerslae aan die Wildekus van die Oos-Kaap neem toe. Angela Merkel lê na 16 jaar die tuig neer - 'n kenner bespreek haar nalatenskap.
12/6/202139 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Desember 2021 - Deel 2

Die Europese Unie stel 'n beleggingsplan bekend as teenvoeter vir China se infrastruktuur-ontwikkelingsinisiatief. Die jongste algemene huishoudelike opname wys dat meer Suid-Afrikaners oor matriek of 'n naskoolse kwalifikasie beskik.
12/3/202140 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Desember 2021 - Deel 1

Die Omikron-variant dryf die styging in Covid-gevalle in Gauteng. Modimolle-Mookgophong in Limpopo se nuwe burgemeester word met 'n muntstuk verkies. Die Lughawensmaatskappy bevestig dat hy vrywillige skeidingspakkette aan sommige van sy werknemers gaan aanbied. Die toekoms van die Kannaland-munisipaliteit in die Klein Karoo is in die weegskaal weens 'n versuurde verhouding tussen die ANC en ICOSA. Die Universiteit van Stellenbosch aanvaar 'n nuwe taalbeleid.
12/3/202137 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Desember 2021 - Deel 2

Die jongste verwikkelinge oor Brittanje se reisbeperkings op Suider-Afrika. Alle vroue-tennistoernooie in Sjina word opgeskort. 'n Bekende akteur glo dat betrokke pa's, geweld teen vroue en kinders kan stuit. Die Noordwes Kamer van Handel en Nywerheid sê die belastingstelsel moet hersien word in die lig van die aansienlike skerp stygings in die brandstofprys. Shell sê indien hy die saak verloor oor sy seismiese opname aan die Wildekus, sal dit 'n reuse geldelike verlies wees en sal hy die projek moontlik heeltemal moet staak.
12/2/202136 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Desember 2021 - Deel 1

Kommer oor die groot aantal MIV-positiewe mense wat nie behandel word nie. Nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika verdubbel. Kwetsende boodskappe op sosiale media kan jou nou in die tronk laat beland. 'n Ma praat oor haar dogter wat al meer as een keer probeer het om haarself om die lewe te bring.
12/2/202138 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Desember 2021 - Deel 2

Die werkloosheidskoers styg tot 'n nuwe rekord van 34,9%. Ons praat met 'n kenner oor 'n onlangse hofbeslissing wat bepaal dat waterregtehouers die reg het om sodanige regte oor te dra.
12/1/202141 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Desember 2021 - Deel 1

Wetenskaplikes sê al hoe minder seksueel aktiewe mense gebruik kondome, wat die stryd teen MIV/VIGS bedreig. Die Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Francis Petersen, glo dat dit onmoontlik is om 'n florerende ekonomie op die rug van 'n verdeelde samelewing te bou.
12/1/202142 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 November 2021 - Deel 2

Wat is die fisiologiese impak op die groot aantal Suid-Afrikaanse meisies wat jaarliks swanger word? 'n Skot raak Afrikaans in minder as twee jaar baas.
11/30/202140 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Jong diabetes-lyer sê dié diagnose is nie 'n doodsvonnis nie

'n Oogkundige by Pretoria Oog-Insituut, Michelle Rautenbach, is op die ouderdom van 26 gediagnoseer met tipe-1 diabetes. Haar lewe het die afgelope twee jaar handomkeer verander. Sy moes haar lewenstyl drasties aanpas, en dra nou permanent 'n insulienpomp. Sy het aan Marlinée Fouché gesê haar persepsie van diabetes het verander toe sy self daarmee gekonfronteer is, en spits haar nou daarop toe om aan mense te wys dat dié diagnose nie 'n doodsvonnis is nie.  
11/30/20216 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 November 2021 - Deel 1

Kommer oor die groot aantal gesondheidswerkers wat nog nie ingeënt is nie. Suikersiekte kan jou blind maak.
11/30/202136 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 November 2021 - Deel 2

Suid-Afrika bly op vlak een van inperkings, en maak nou op inenting staat as die vernaamste wapen teen die Covid-19-pandemie. Noordwes-Universiteit se ingenieursdepartement onthul 'n proses om groen steenkool uit organiese afval te vervaardig.
11/29/202144 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 November 2021 - Deel 1

Suid-Afrika bly op vlak een van Covid-19-inperkings in weerwil van 'n nuwe variant van die virus. Landsburgers en baie buitelanders reageer met skok en verslaendheid op die verbod op vlugte na Suid-Afrika wat sommige lande ingestel het. Ons het intussen verneem dat die Verenigde Koninkryk weer vlugte na Suid-Afrika sal hervat. Die talle tienerswangerskappe in Suid-Afrika word by die Vigs-beraad in Durban veroordeel.
11/29/202142 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 November 2021 - Deel 2

Ons kyk na die nuwe Covid-19-variant, en die implikasies daarvan vir die land. Die Blitsbokke is weer in aksie. In sy weeklikse fliekrubriek vra Leon van Nierop: Is daar regtig nóg 'n Ghostbusters nodig?
11/26/202146 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 November 2021 - Deel 1

Brittanje plaas Suid-Afrika weer op sy rooilys weens 'n nuwe Covid-19-variant. Stormweer teister die Wes-Kaap.
11/26/202137 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 November 2021 - Deel 2

Die ANC het die burgemeesterskap van die eThekwini-Metro in KwaZulu-Natal behou, met Mxolisi Kaunda wat die DA se Nicole Graham verslaan het. Die ruimtemaatskappy, SpaceX, lanseer 'n vuurpyl wat daarop gemik is om 'n asteroïede van sy baan af te dwing. Duisende pasiente in Gauteng wag al maande, of selfs jare, op kankerbehandeling.
11/25/202148 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 November 2021 - Deel 1

Daar word gevrees dat trae Covid-19-inentings tot 'n vroeë vierde golf van infeksies kan lei. Ons wil weet: kan vroue werklik op die beskerming van die owerheid staatmaak in situasies van huishoudelike geweld? President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is gereed vir 'n terreuraanval as dit sou gebeur - maar is dit so? Die George-munisipaliteit in die Suid-Kaap gaan om ramphulp aansoek doen.
11/25/202143 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 November 2021 - Deel 2

Ballet-teatergangers gee minderbevoorregtes 'n vroeë Kersgeskenk. ‘n Beperkte aantal toeskouers sal van Vrydag af krieket in Centurion mag kyk - mits jy ingeënt is.
11/24/202144 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 November 2021 - Deel 1

Die vloedskade word in George bepaal. Die DA vergroot sy politieke grondgebied in Gauteng.
11/24/202138 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 November 2021 - Deel 2

Vragmotors met noodvoorraad is van Kimberley, Gqeberha, Graaff-Reinet en Kaapstad op pad na die vloedgeteisterde George. Nuwe stadsraadslede word ingehuldig en burgemeesters verkies.
11/23/202147 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 November 2021 - Deel 1

Uiterste weerstoestande is in George in die Suid-Kaap ervaar, terwyl daar in ander dele van die land ook buitengewone koue weer was. Eskom vra die energiereguleerder, NERSA, vir 'n 20% tariefverhoging. Openbare weerstand is aan die opbou teen Shell se olie- en gaseksplorasieplanne langs die Wildekus.
11/23/202142 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Só word Afrikaans in die digitale ruimte uitgebrei

Afrikaans is een van slegs 5 moderne tale wat so gevorderd is, dat dit sedert die begin van die twintigste eeu, tot volwaardige akademiese taal gevorder het. Daar word boonop heelwat vordering gemaak in die gebruik daarvan in die digitale ruimte, soos soekenjins en die digitale ensiklopedie, Wikipedia. Tydens die twintigste verjaarsdagviering van dié platform, is die klem geplaas op die mag van die aanlyn Afrikaanse gemeenskap vir die bevordering van dié taal in die oordrag van kennis. Marlinée Fouché berig diegene wat reeds skouer aan die wiel sit, se geesdriftigheid ken geen perke nie...
11/22/20218 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 November 2021 - Deel 2

Die ANC gaan sy koalisie-ooreenkoms in die Kannaland Munisipaliteit hersien. Die DA-strydros, James Selfe, tree uit na 43 jaar in die politiek.
11/22/202146 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 November 2021 - Deel 1

'n Versoek aan die hoëronderwyssektor om sy kurrikulum en beleid meer LGBTQI+ inklusief te maak. Meer as 16-miljoen Suid-Afrikaners het al minstens een dosis Covid-19-entstof ontvang. Die SAL-direksie sloer om Mango se sakereddingsplan goed te keur.
11/22/202142 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 November 2021 - Deel 2

Die skerp styging in brandstofpryse aan die begin van die maand het mense weer laat kopkrap oor die samestelling van die prys, en of dit billik is dat so 'n groot deel van die prys uit heffings moet bestaan. 'n Groot deel van Johannesburg is steeds sonder water ná die opgradering van Rand Water se infrastruktuur.
11/19/202145 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 November 2021 - Deel 1

Die restaurantvereniging sê daar is 'n agterstand van meer as 170 dranklisensies in Gauteng. Die repokoers styg met 25 basispunte - wat beteken dit? Minibustaxis sal na elektriese energie moet omskakel - maar nie sonder hoofbrekens nie.
11/19/202144 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 November 2021 - Deel 2

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, is vir 'n bepaalde tydperk uit alle wedstrydaktiwiteite geskors. 'n Kenner waarsku dat verbruikers hulleself moet beveilig wanneer hulle aanlyninkopies op Swartvrydag doen.
11/18/202144 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 November 2021 - Deel 1

Die Afrikaanse sanger, Theuns Jordaan, se stem word stil. SAFA begin sy eie ondersoek na wedstrydbeamptes se besluite in Bafana Bafana se kragmeting teen Ghana.
11/18/202139 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 November 2021 - Deel 2

Ons kyk na die politieke dinamika van die koalisiegeprekke om stadsrade te vorm. 'n Reisagentskap, het onlangs die eerste kommersiële vlug van Kaapstad na Antarktika met 'n Airbus A340 onderneem. Hulle sê dit is 'n gewilde bestemming.
11/17/202144 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 November 2021 - Deel 1

Ontvoerings neem drasties toe. Die Islamitiese Staat-militantegroep het aanspreeklikheid aanvaar vir selfmoordbomaanvalle in Ugandese se hoofstad, Kampala.
11/17/202140 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 November 2021 - Deel 2

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die uitvoerende komitee-stelsel as 'n alternatiewe regeerstelsel, indien koalisieregerings nie saamgestel kan word nie. President Cyril Ramaphosa moedig Afrikalande aan om die vryehandelsooreenkoms vir die vasteland te gebruik om handel tussen lande te bevorder.
11/16/202140 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 November 2021 - Deel 1

Rand Water sê watertoevoer in Gauteng sal teen Donderdag ten volle herstel wees. 'n Petisie om 'n beplande seismiese opname aan die Oos-Kaapse kus te stop. Brittanje en Amerika raai hulle landsburgers aan om Ethiopië te verlaat.
11/16/202143 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 November 2021 - Deel 2

Ons praat met 'n kenner oor die besluite wat by COP-26 geneem is. Koalisiesamesprekings oor Gautengse Metro's gaan in Sandton plaasvind. Hulde aan die skrywer Wilbur Smith. Wateronderbrekings kom van vandag af in dele van Gauteng voor. Muammar Ghaddafi se seun gaan as presidentskandidaat staan in die Libiese verkiesing.
11/15/202141 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 November 2021 - Deel 1

President Cyril Ramaphosa sê die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika nie platgeslaan nie. Diabetes maai onder Suid-Afrikaners. Ministers begin vandag voor die Mensregtekommissie verskyn oor die onrus in Julie.
11/15/202140 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 November 2021 - Deel 2

Oudpresident FW de Klerk spreek in 'n laaste video sy spyt uit oor sy aandeel in apartheid. Die Thabo Mbeki-stigting sê De Klerk het gekies om die realiteit te aanvaar, dat die apartheidstelsel nie verdedig kan word nie. 'n Rolprent oor demensie, HERE TODAY, is een van dié week se hoogtepunte. Leon van Nierop verduidelik hoekom in sy fliekrubriek. Dr. Willem Botha praat oor poedelkaal, kaalkop en ander kaal woorde. Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste helfte van vanjaar vinniger gegroei as wat verwag is.
11/12/202143 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 November 2021 - Deel 1

Huldeblyke stroom in na die dood van oudpresident FW De Klerk. Raksie op die mediumtermyn-begroting. Eskom het beurtkrag vir eers opgeskort, en sê die tekort aan opwekkingskapasiteit het verminder. Kommer dat gereelde kragonderbrekings tot 'n tekort aan plaasprodukte kan lei.
11/12/202143 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 November 2021 - Deel 2

Die Minister van Finansies lewer vanmiddag sy mediumtermyn-begrotingstoespraak in die parlement. Nieu-Seeland stuur Engeland huis toe in die T20-Wêreldbekertoernooi.
11/11/202139 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 November 2021 - Deel 1

Die Moti-ouers het bekendgemaak dat hulle vier seuns ongedeerd is. Inwoners van 'n voormalige Dorp-van-die-Jaar sit met die hande in die hare.
11/11/202139 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 November 2021 - Deel 2

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer more sy mediumtermyn-begrotingstoespraak in die parlement. Ons kry die jongste inligting oor die COP26-beraad in Skotland.
11/10/202142 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 November 2021 - Deel 1

Eskom se bestuurshoof, Andre de Ruyter, sê hy sal nié bedank nie, in weerwil van druk van sommige politieke partye en organisasies soos Numsa en die Black Business Council. Fluitjieblasers soos die akademikus Athol Williams, kla dat die regering nie hulle veiligheid kan waarborg nie.
11/10/202136 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 November 2021 - Deel 2

Beurtkrag kan die land 'n miljoen werksgeleenthede kos. Die Durbanse sakekamer waarsku dat die voorslepende beurtkrag die brose ekonomie in KwaZulu-Natal erg kan knou. President Ramaphosa sê die regering werk onverpoosd om 'n oplossing te vind vir die land se kragprobleme. 'n Graad 3 leerling van die Bloemfontein-Oos Laerskool is dood nadat sy deur weerlig getref is. Die Afrikaapse fliek, Barakat, is gekies as Suid-Afrika se inskrywing vir die Oscars.
11/9/202146 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 November 2021 - Deel 1

Kommer oor die impak van volgehoue beurtkrag op eksamens. Versoeke by COP26 dat daar dringend aandag geskenk word aan die tekort aan kunsmis. Meer as 20 000 regeringspensioene lê onopgeëis in 'n fonds. Beurtkrag skep al hor meer geleenthede vir misdadigers. Kragherstelwerk in die Tshwane Metro is glo deur reënweer en beurtkrag gekniehalter. Laerskole maak beswaar teen roterende skedules.
11/9/202137 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 November 2021 - Deel 2

Die familie van Reeva Steenkamp sê hulle is bereid om met die veroordeelde Oscar Pistorius oor parool te praat. 'n Suid-Afrikaner kry 'n Oscar-toekenning in die studente-afdeling. Ekonoom Mike Schussler waarsku oor werksverliese indien beurtkrag voortduur, en sê 350 000 werksverliese vanjaar is 'n groot moontlikheid. Die Good Party besluit om eerder in die opposisiebank te wees.
11/8/202141 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 November 2021 - Deel 1

Die Afrikasentrum vir Siektebeheer wil entstowwe teen 22 siektes plaaslik vervaardig. Koalisiegesprekke tussen politieke partye vir die 67 munisipaliteite landwyd waar geen party 'n volstrekte meerderheid gekry het nie, gaan voort. 'n Onafhanklike kandidaat word dalk die volgende burgemeester in die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Eskom waarsku dat die kragnetwerk onstabiel en onvoorspelbaar is, en daar 'n groot moontlikheid is dat daar vandeesweek na 'n hoër fase beurtkrag oorgeskakel kan word. DA-leier John Steenhuisen sê dit is nie die amptelike opposisieparty se werk om die ANC te red nie.
11/8/202134 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 November 2021 - Deel 2

Nuwe wetgewing tree in werking om verpakkingsrommel drasties te beperk. COP26-moondhede beloof miljarde om Suid-Afrika van steenkool te speen, maar wat gaan dan van al ons steenkool word? Koalisies is die meeste munisipaliteite se voorland. Leon van Nierop maak sy mees vermaaklike film van die jaar bekend.
11/5/202145 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 November 2021 - Deel 1

Kommer oor die verskraling van vakkeuses by skole. Vroeë inenting voorkom servikale kanker. Suid-Afrikaners bedank vir hulle deelname aan 'n vrye en regverdige verkiesing.
11/5/202138 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 November 2021 - Deel 2

'n Bedrag van meer as R130-miljard uit die buiteland om Eskom van steenkool te speen, hou glo groot voordele vir die land in. Nuwe navorsing oor die omstrede oermens, Homo Naledi, word vandag bekend gemaak. Die verkiesingsuitslag vir die Nelson Mandelabaai Metro is bekend. Die ANC en die DA is nek aan nek waar die DA 39,9% persent behaal het en die ANC 39,4%. Die Suid-Afrikaanse skrywer, Damon Galgut, het die gesogte Booker-prys gekry vir sy roman, The Promise.
11/4/202146 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 November 2021 - Deel 1

Ons kyk na die jongste nuus en uitslae van die afgelope munisipale verkiesings. Die Verkiesingskommissie gaan die finale uitslae van die verkiesings vanaand aankondig. Die verhoor van die vermeende reeksmoordenaar, Julius Mndawe van Hazyview, sal vandag in die hooggeregshof in Mpumalanga hervat word.
11/4/202142 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Só lyk dit binne een van die land se groenste geboue

Wêreldleiers by die COP26-klimaatsberaad het hulle verbind tot 'n meer omgewingsvriendelike toekoms. Geboue, veral kommersiële geboue, dra by tot minstens 'n derde van die koolstofdioksied wat in stede vrygestel word. Die Raad vir Groengeboue in Suid-Afrika se doel by vanjaar se beraad is om aandag hierop te vestig. Op internasionale vlak word daar gemik om teen 2030 'n nulpunt koolstofdioksiedvrylating te bereik met nuwe geboue. Ou geboue moet dié standaard teen 2050 bereik. Dit klink vergesog, maar daar is reeds heelwat vordering. Die ontwikkelingsmaatskappy, Legaro, streef daarna om groengeboue op te rig. Sy hoofkantoor in Johannesburg is 'n bewys dat dit nie net moontlik is nie, maar dat dit ook verskeie ekonomiese voordele inhou. Marlinée Fouché het daar besoek afgelê.
11/3/20217 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 November 2021 - Deel 2

Ons skakel oor na die Verkiesingsuitslagsentrum in Pretoria. Daar is kommer oor landbougemeenskappe se veiligheid langs die Lesotho-grens.
11/3/202147 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 November 2021 - Deel 1

'n Ekonoom verduidelik wat die kwaai styging in brandstofpryse vir die verbruiker inhou. Politieke ontleders bespreek die jongste verkiesingsuitslae en verrassings.
11/3/202143 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 November 2021 - Deel 2

Daar was talle klein probleme op stemdag, wat later in die dag uitgestryk is. Ons praat daaroor, asook met 'n verskeidenheid politieke partye vir hulle reaksie.
11/2/202149 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 November 2021 - Deel 1

Kiesers het gister in hulle miljoene gestem, sommige omdat hulle dringende verandering begeer. Ander sien weer die humor in die situasie. Ons berig daaroor vanaf die Uitslagsentrum in Pretoria.
11/2/202145 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 November 2021 - Deel 2

Ons praat met politieke ontleders en verslaggewers oor verkiesingskwessies en hoe die stemproses verloop.Die Verkiesingswaarnemerskommissie vra vir verdraagsaamheid en respek, en dat stemme in vandag se plaaslike regeringsverkiesing op 'n verantwoordelike wyse uitgebring word. Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê daar lê baie werk voor in die stryd teen klimaatsverandering. 'n Nuwe projek begin om mense meer bewus te maak van die gevare van seestrome en getye in Kaapstad.
11/1/202149 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 November 2021 - Deel 1

Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed om enige uitdagings op stemdag te hanteer. Nuwe navorsing wys dat politieke partye minder geld op verkiesingsadvertensies bestee. 'n Ondersoek begin na gister se brand by Clairwood, wat die lewe van drie mense geëis het. Airlink is die eerste lugredery om 'n digitale reisdokument te toets.
11/1/202147 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Oktober 2021 - Deel 2

'n Verslag oor klimaatsverandering met die titel, The Heat Is On, word op die vooraand van die COP26-klimaatsberaad bekendgestel. Ons praat met 'n kenner oor die sombere implikasies van die verslag. 'n Tekort aan glasbottels lei tot verliese in die drankbedryf. Ons praat met 'n groen party oor omgewingskwessies. NUMSA vra antwoorde op die aankondiging van die nuwe groenkragprojekte. 'n DA-burgemeesterskandidaat vra kiesers om die party vir die volgende vyf jaar 'n kans te gee om munisipaliteite te bestuur.
10/29/202146 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Oktober 2021 - Deel 1

Klein apteke wurg finansieel, deels omdat die regering hulle nog nie vir Covid-inentings betaal het nie. Kleiner partye oorheers stembriewe in talle wyke. Ons praat met die Daggaparty. Sommige politieke partye beskou plakaatvandalisme met 'n filosofiese oog. Die groenkragprojekte in bodronde 5 beteken R50-miljard se belegging vir Suid-Afrika. Fase 2 beurtkrag het om vyfuur in werking getree en sal tot môreoggend vyfuur duur.
10/29/202142 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Oktober 2021 - Deel 2

In ons verkiesingsdebat val die kollig op die Emakhazeni-munisipaliteit (voorheen Belfast) in Mpumalanga. Ander dorpe wat hieronder val is Dullstroom, Entokozweni (die ou Machadodorp) en Emgwenya (oorheen Waterval Boven). Die gebied is bekend vir sy visvang, en naby genoeg aan Gauteng sodat stedelinge gereeld die drie uur lange rit onderneem net om ‘n visstok daar in die waters te gaan steek. Helaas het die dorpe baie agter uitgaan. Die debatvoerders is van die ANC, DA en Vryheidsfront Plus.
10/28/202148 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Oktober 2021 - Deel 1

Strenger maatreëls is ingestel om te keer dat vraestelle tydens die matriekeindeksamen uitlek. Kleiner partye in George wil hulle kiesersteun vergroot. 'n Nuwe studie bevind dat vroue meer toegewyd is as mans om hulle kruisies te trek. Die Gautengse regering sê hy gaan regstappe doen teen die Independent Media-groep wat in 'n verslag beweer dat die tienling, of sogenaamde Tembisa 10, inderdaad gebore is. Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê daar sal op stemdag geen beurtkrag wees nie.
10/28/202144 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Oktober 2021 - Deel 2

Verkiesingsdebat: Die fokus val op die Sol Plaatje-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake het die munisipaliteit vroeër vanjaar voor stok gekry oor verkwistende uitgawes van R165-miljoen in vorige jare en R41-miljoen rand vanjaar. Ons praat vanoggend met verteenwoordiges van die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en Patriotic Alliance.
10/27/202150 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 27 Oktober 2021 - Deel 1

Mense betoog steeds te midde van 'n militêre teenwoordigheid in die strate van Soedan. Polisiestasies word 'n gewilde teiken vir boewe. Matrikulante begin vandag met hulle eindeksamen. Daar is kommer oor die lae inentingskoers van mense wat hulle tweede inenting teen Covid-19 moet kry.
10/27/202144 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Oktober 2021 - Deel 2

Dis nie aldag dat ‘n dorp se inwoners die munisipaliteit hof toe sleep nie, maar dis wat toenemend in Noordwes gebeur waar sakelui en boere desperaat is weens swak toevoerroetes en riool wat oral gestort word. Dis maar net enkele van die probleme wat aandag kry in ons verkiesingsdebat oor die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat Koster en Swartruggens insluit. Die ANC, EFF en DA is die groot partye wat vandag verteenwoordig word, maar onafhanklike kandidate kry ook ‘n spreekbeurt. Daar is sewe Ooafhanklikes in Kgetlengrivier wat op 1 November gaan meeding vir jou stem.
10/26/202148 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Oktober 2021 - Deel 1

Eskom hoop om die risiko van beurtkrag op verkiesingsdag te beperk. Bykomende polisielede gaan in gebiede ontplooi word waar die risiko vir politieke geweld tydens die verkiesing groot is. Uitspraak word vandag gelewer in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof oor oudpresident Jacob Zuma se aansoek dat die staatsaanklaer, advokaat Billy Downer, aan die saak onttrek word. Eskom sê daar is 'n toename in voorvalle van diefstal van toerusting by kragstasies. Amerika het sy reuse hulppakket opgeskort wat bedoel was vir Soedan se vreedsame oorgang.
10/26/202147 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Oktober 2021 - Deel 2

Oud-premier HF Verwoerd se moordenaar word vereer. Ons praat met twee politieke ontleders hieroor. Pieter van der Berg sit gereed met die naweek se sportnuus. En, Leon van Nierop bespreek 'n reeks oor 'n werker en haar stofsuier.
10/15/202144 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Oktober 2021 - Deel 1

Drie ministers bevry ná 'n gyselaarsdrama met militêre veterane. Ons praat met kenners oor die probleem van groeivertraging onder kinders.
10/15/202141 minutes, 18 seconds