Winamp Logo
Middagvervolgverhaal | PARADISO deur Charles J. Fourie Cover
Middagvervolgverhaal | PARADISO deur Charles J. Fourie Profile

Middagvervolgverhaal | PARADISO deur Charles J. Fourie

Afrikaans, Old Time Radio, 1 season, 90 episodes, 19 hours, 24 minutes
About
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Episode Artwork

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 1

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 1
3/9/201512 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 50 (slot)

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 50 (slot) Hierdie sluit PARADISO deur Charles J. Fourie dan af.. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, BLINDEKOL deur Andre Kotze . BLINDEKOL deur Andre Kotze
3/6/201513 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 49

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 49
3/5/201511 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 48

Arlo Madder, wat steeds voorgee dat hy Hadley is, vat Leanne om haar motor by die gym te gaan haal, maar wil eers 'n draai in Paardeneiland by 'n ou visfabriek maak. Felicity en Frans probeer die fabriek opspoor en Frans ontvang 'n oproep van Marijke wat vertel dat Hadley haar gebel het om te sê hy het Madder by die fabriek opgespoor.
3/4/201511 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 47

Marijke en Frans daag by Felicity se huis op net om uit te vind dat Leanne reeds weg is saam met Arlo Madder. Frans probeer Felicity met min hulp van Marijke oortuig dat Hadley eintlik Arlo Madder is en dat haar dogter se lewe in gevaar is.
3/3/201512 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 46

Marijke en Frans is op pad Bainskloof toe, maar sy vra hom om stil te hou omdat sy twyfel dat Arlo Madder hom as Hadley voordoen. Madder gaan gym toe as Hadley, en peuter met Leanne se motor sodat dit nie wil aanskakel nie. Hy bied aan om haar huis toe te neem, en Leanne aanvaar goedertrou sy aanbod…
3/2/201512 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 45

Marijke is kwaad wanneer sy die nuus hoor dat Oscar die waarheid omtrent Denise Morkel se dood probeer toesmeer. Leanne help Felicity om liedjies af te laai vir dokter Adams. Frans konfronteer Marijke met die waarheid oor Hadley.
2/27/201512 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 44

Felicity en Leanne word in die donker deur iemand agtervolg, en dan raak hulle motor se brandstof op in 'n gevaarlike nywerheidsgebied. Hadley verras Marijke met aandete en sy vind sy gedrag vreemd, maar sy weerhou haarself daarvan om iets daaroor te sê.
2/26/201511 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 43

Frans voel steeds skuldig oor Denise se dood. Oscar het nuus oor die goue aansteker wat hy in Hadley se kamer gekry het, en Frans konfronteer Marijke daaroor. Felicity en Leanne verdwaal op pad huis toe in 'n nywerheidsgebied, en in die skemer hou 'n motor agter hulle stil toe Leanne probeer om 'n kaart op haar selfoon te raadpleeg.
2/25/201513 minutes
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 42

Hadley besoek Felicity en vertel haar dat hy gaan uittrek nadat hy en Marijke weer versoen het. Oscar en Leanne probeer toegang tot Hadley se slaapkamer in Felicity se huis kry. Oscar maak 'n vreemde ontdekking net voor Hadley daar opdaag.
2/24/201513 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 41

Frans en Oscar is in sak en as na die moord op Denise. Arlo Madder kom haal Marijke by die hospitaal en hy trek, as Hadley Maritz, terug na hulle woonstel. Oscar verskerp sekuriteit by Felicity se huis uit vrees dat sy of Leanne die volgende slagoffers kan wees.
2/23/201512 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 40

Felicity en Leanne kry weer rusie omdat Felicity insinueer dat die ou mense vermoor is as gevolg van Leanne se trekkery. Marijke kom by die kothuis in die berg aan en voor sy weet, word die huisie voor haar oë opgeblaas. Met Denise daarin...
2/20/201513 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 39

Frans en Marijke arriveer in die Bainskloofpas en begin die soektog na 'n afgeleë huisie op die berg waar Madder moontlik vir Denise aanhou. Denise probeer met Madder onderhandel om haar lewe te spaar, met ironiese gevolge.
2/19/201512 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 38

Felicity maak vir Arlo ontbyt, en as Hadley gee hy voor dat hy kwaad is omdat sy hom nie wakker gemaak het ná die moord nie. Oscar en Frans is onder toenemende druk om Denise op te spoor. Frans los die raaisel van die Death Metal Band se naam op, en hy dink hy weet waar Denise aangehou word.
2/18/201512 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 37

Frans daag by die moordtoneel op by die huis waar Leanne sou woon en is net so geskok oor die wrede moord. Hy voel Marijke fokus nie op haar werk nie. Oscar vat Leanne terug huis toe waar Felicity hulle onskuldig meedeel dat Hadley reeds by haar ingetrek het, en vroeg gaan slaap het.
2/17/201513 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 36

Arlo keer terug om vir Denise aandete te bring. Hy vertel haar van sy plan om permanent Hadley te wees. Oscar help Leanne om haar goed na die tuinwoonstel te trek, en hulle kom af op 'n grusame toneel by haar nuwe blyplek.
2/15/201512 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 35

Frans besoek Marijke om te hoor of hulle enige vordering gemaak het met die soektog na Denise. Leanne vertel haar ma dat sy 'n geskikte woonstel gekry het en die volgende dag gaan uittrek. Hadley is ontsteld oor 'n konfrontasie met Frans, en huil op Marijke se skouer.
2/13/201513 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 34

Hadley daag op by die restaurant waar Denise ontvoer is, en help Marijke om 'n verdere leidraad te kry. Felicity vertel Leanne dat sy aangebied het dat Hadley tydelik by haar kom woon nadat Leanne uitgetrek het. Oscar plaas druk op Marijke om uit te vind waar Madder Denise aanhou, voor dit te laat is.
2/12/201513 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 33

Marijke daag by die restaurant op waar Denise ontvoer is, en kom ook tot die gevolgtrekking dat dit Arlo Madder se werk is. Madder hou Denise aan in 'n vertrek op 'n afgeleë plek buite Kaapstad en stel vir haar 'n angswekkende strik wat sal verhoed dat sy ontsnap.
2/11/201513 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 32

Frans en Oscar kry die nuus dat Denise ontvoer is, en haas hulle na die restaurant in Houtbaai. Felicity verras Leanne met 'n waterblommetjiebredie. Leanne is teleurgesteld wanneer Oscar bel en hulle fliekafspraak kanselleer.
2/10/201513 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 31

Marijke gee Leanne die versekering dat sy nie vir Hadley hoef bang te wees nie. Denise is kwaad vir Frans omdat hy Oscar gevra het om met haar te kom praat oor hulle verhouding. Oscar vra Frans of hy sou belangstel in 'n klandestiene ondersoek in Ierland.
2/9/201512 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 30

Leanne is vasbeslote om haar eie blyplek te kry, ten spyte van Felicity se pogings om haar tuis te hou. Oscar vra Denise om Frans ruimte te gee en verwittig haar ook dat hy iemand anders gaan aanstel om haar op te pas. Marijke kom vorendag met 'n oortuigende teorie wat Hadley se vreemde gedrag verklaar.
2/6/201512 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 29

Leanne wil op haar eie gaan woon, maar Felicity is glad nie gelukkig hieroor nie, en waarsku haar dat Arlo Madder steeds op vrye voet is. Frans vra Oscar om met Denise te praat, aangesien hy voel sy is besig om hulle professionele verhouding te vertroebel.
2/5/201512 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 28

Marijke is nie gelukkig met Hadley (in werklikheid Arlo Madder) se optrede nie, en vra hom om homself reg te ruk voor hy terugkom na hulle woonstel. Frans en Oscar besluit om 'n ogie oor Hadley te hou. Denise verras Frans met 'n uitspattige aandete.
2/4/201511 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 27

Frans en Marijke kom af op 'n verkoolde lyk in die skuur van die oorlede Koot van Tonder se plaas op die Weskus. Arlo Madder se voorkoms en rolspel as Hadley Maritz flous almal, en niemand is daarvan bewus dat die gevaarlike reeksmoordenaar in hulle midde is nie…
2/3/201513 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 26

Marijke vra Frans om saam met haar na Koot van Tonder se ou plaas te gaan, want sy glo die sleutel wat Arlo Madder in die pakkie by Denise gelos het, is 'n leidraad en sal die skuur oopsluit. Felicity kry 'n onverwagse besoek van Hadley Maritz.
2/2/201513 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 25

Denise kry 'n onverwagse middernagtelike besoek van Arlo Madder, wat by haar huis inbreek en 'n pakkie vir Frans laat. Marijke daag by haar woonstel op en vind Hadley in die stort. Maar is dit Hadley?
1/30/201512 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 24

Denise trap Marijke uit omdat sy Frans ontstel het en daarom indirek haar veiligheid bedreig. Leanne kry 'n onverwagse besoek van Madder by die gym, wat hom steeds voordoen as Hadley.
1/29/201513 minutes, 1 second
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 23

Leanne is geskok wanneer sy uitvind Felicity het Hadley na hulle huis genooi om die nag oor te slaap. Albei sou egter met afgryse vervul gewees het as hulle die ware identiteit van hulle gas moes weet...
1/28/201512 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 22

Frans vergesel Denise na 'n dinee by die Franse ambassade. Op pad daarheen gaan hulle na Vlaeberg, en Frans sien Hadley Maritz, min wetende dat dit eintlik Arlo Madder is.
1/27/201512 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 21

Leanne is bekommerd oor Felicity wat dink dat daar afluisterapparate in hulle huis is. Frans kuier by Marijke en verneem dat Hadley steeds vermis word. Hy probeer haar troos.
1/26/201512 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 20

Frans bevind hom in ’n komiese penarie tussen Denise en Marijke. Leanne is agterdogtig oor haar ma se optrede en konfronteer Felicity oor die feit dat sy gejok het dat sy weer by die hospitaal begin werk het. Marijke bieg teenoor Frans dat sy al lankal bekommerd is oor Hadley en vermoed dat hy aan posttraumatiese stres sindroom ly.
1/23/201512 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 19

Hadley probeer desperaat om Madder van sy plan te laat afsien om homself as kolonel Hadley Maritz voor te doen. Marijke probeer vasstel of Felicity iets met Hadley se skielike verdwyning te make het. Marijke daag ongenooid by Denise Morkel se huis op om met Frans te praat en die vonke spat behoorlik!
1/22/201513 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 18

Madder neem Hadley gevange en vertel hom van sy plan om sy reis na die sogenaamde Paradiso saam met Marijke voor te sit. Oscar besoek Felicity en vind ʼn parate ou vrou wat hom in sy mou laat lag. Marijke is bekommerd oor Hadley wat spoorloos verdwyn het en bel Oscar om te help soek na hom.
1/21/201513 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 17

Hadley vra Oscar om met Felicity Geduld te gaan praat en haar te oortuig om haar neus uit hulle ondersoek te hou. Frans ontmoet Denise Morkel en is onkant betrap deur haar skoonheid. Hadley kry 'n anonieme oproep om iemand te ontmoet wat inligting vir hom het oor Arlo Madder, en maak 'n skokkende ontdekking wanneer hy die persoon ontmoet.
1/20/201512 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 16

Die plastiese chirurg onthul aan Arlo Madder sy nuwe voorkoms. Felicity is kwaad vir haar dogter, Leanne, omdat sy Hadley Maritz gebel het om te help keer dat haar ma haar plan uitvoer om Madder vas te trek. Oscar gee Frans meer inligting oor die Openbare Beskermer, Denise Morkel, aan wie Frans beskerming moet verleen.
1/19/201513 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 15

Arlo Madder besoek 'n plastiese chirurg en onthul sy skokkende plan om by sy geliefde Marijke uit te kom en so sy reis saam met haar na die Paradiso voort te sit. Hadley probeer Felicity oortuig om af te sien van haar plan om Madder te vang en in te meng met hulle ondersoek. Frans neem hartseer afskeid van sy dogter, Sandra.
1/16/201512 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 14

Frans bieg teenoor Oscar dat hy nog gevoelens vir Marijke het. Leanne Geduld is bekommerd oor haar ma, veral nadat Felicity aankondig dat sy Arlo Madder op eie houtjie gaan vastrek uit weerwraak vir sy aanval op haar geliefde dokter Adams. Madder vermoor ʼn gastehuiseienaar en Hadley besluit om sy en Marijke se wittebrood af te stel.
1/15/201513 minutes
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 13

Felicity bieg teenoor haar dogter dat sy verlief is op dokter Adams vir wie Madder aangeval het tydens sy ontsnapping. Madder daag by Marijke se woonstel op, of is dit net haar verbeelding? Sandra lig Frans in dat sy en Tinus in Ierland gaan woon.
1/14/201512 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 12

Marijke begin soortgelyke terugflitse as Hadley ervaar, en Sandra staan haar by met die voorbereiding vir haar en Hadley se troue. Hadley besoek die hospitaal en ontmoet Felicity Geduld, die matrone wat aan diens was tydens Madder se ontsnapping. Frans en Oscar wonder of Hadley enigsins vir sy eie troue gaan opdaag.
1/13/201512 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 11

Marijke is bekommerd oor Hadley se nagmerries en dink hy ly aan posttraumatiese stres sindroom. Arlo Madder ontwaak intussen uit sy koma en ontsnap uit die hospitaal. Oscar bied Frans werk aan as lyfwag vir die Wes-Kaapse Openbare Beskermer, Denise Morkel.
1/12/201513 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 10

Frans vra Oscar om hom by te staan wanneer Marijke deur Arlo Madder ontbied word om hom op Duiwelspiek te ontmoet. Madder word tydens die lokval geskiet en Hadley skrik weer eens wakker uit 'n nagmerrie en verneem tot sy verbasing van Marijke dat Brenda Gouws dood is.
1/9/201511 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 9

Arlo Madder vermoor Koot van Tonder en sy lyk word teen Tafelberg gelaat as lokaas vir Marijke. Frans vertel Oscar dat Madder een van Koot van Tonder se groot finansiële ondersteuners is en daarom met die verregses se terreurplanne verbind kan word.
1/8/201512 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 8

Hadley en Marijke besoek weer die hospitaal waar Arlo Madder in 'n koma lê. Hadley is oortuig dat Madder op een of ander manier sy nagmerries beheer. Dit lei weer na 'n terugflits waartydens Brenda en Dewald vir Koot van Tonder gevange neem.
1/7/201512 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 7

Hadley word deur Brenda en Dewald in 'n lokval op Tafelberg gelei. Sandra wil weet of daar iets romanties tussen Hadley en Marijke broei. Hadley besef te laat dat Brenda nog die hele tyd met Arlo Madder saamwerk. Of is alles maar net deel van Hadley se nagmerries en terugflitse?
1/6/201511 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 6

Marijke is emosioneel oor kolonel September se begrafnis en vererg haar as Hadley dit weens die ondersoek nie wil bywoon nie. Frans vertel Giel dat Koot hom uitverkoop het en vra of hy teen Koot sal getuig.
1/5/201513 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 5

Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw is op die spoor van Dewald Gerber, Arlo Madder se wag by die inrigting waar hy aangehou word, in 'n poging om die verbintenis tussen hom en Madder te probeer vasstel. Hulle keer terug na die hotel by Hangklip om 'n foto van Gerber aan die kroegmeisie te wys. Dalk herken sy hom? Intussen verdwyn Brenda uit die huis van veiligheid. Is sy dalk deur Gerber ontvoer?
1/2/201511 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 4

Frans Malan en Oscar Jacobs begin met die operasie om Tinus Laubscher te red uit 'n kelder waar Koot van Tonder se manne hom aanhou. Brenda Gouws verneem van kaptein Marijke Louw dat sy en die reeksmoordenaar, Arlo Madder, broer en suster is. Brenda veins verbasing om haar ware identiteit te verdoesel.
12/31/201412 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 3

Frans Malan probeer met Koot van Tonder onderhandel en bied aan om hom te help vlug na Australië as hy vir hulle inligting gee oor waar Tinus Laubscher is. Majoor Hadley Maritz skrik wakker uit sy slaap en besef dat alles wat hy ervaar het, net 'n nagmerrie is. Of is dit?
12/31/201412 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 2

Majoor Hadley Maritz begin toenemend terugflitse ervaar en gebeure uit die verlede herleef. Oscar Jacobs probeer by Giel Rademeyer uitvind waar hulle Tinus Laubscher, Sandra Malan se verloofde, aanhou. Frans Malan probeer om Koot van Tonder te oortuig om van sy plan af te sien om 'n bom by 'n politieke konferensie te laat ontplof.
12/30/201411 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 2

Majoor Hadley Maritz begin toenemend terugflitse ervaar en gebeure uit die verlede herleef. Oscar Jacobs probeer by Giel Rademeyer uitvind waar hulle Tinus Laubscher, Sandra Malan se verloofde, aanhou. Frans Malan probeer om Koot van Tonder te oortuig om van sy plan af te sien om 'n bom by 'n politieke konferensie te laat ontplof.
12/30/201411 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 1

Die reeksmoordenaar, Arlo Madder, lê in die hospitaal in 'n koma nadat hy teen die einde van die vorige vervolgverhaal, Purgatorio, geskiet is. Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw besoek die hospitaal en Hadley maak 'n grap oor Madder se toestand wat hom duur te staan sal kom.
12/29/201413 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 1

Die reeksmoordenaar, Arlo Madder, lê in die hospitaal in 'n koma nadat hy teen die einde van die vorige vervolgverhaal, Purgatorio, geskiet is. Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw besoek die hospitaal en Hadley maak 'n grap oor Madder se toestand wat hom duur te staan sal kom.
12/29/201413 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 60

Sal Marius en Ansie mekaar weer vind na al die jare? Is Yvette en Rikus vir mekaar bestem?
12/25/201413 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 59

Wie gaan Rikus oortuig om sy pa te ontmoet? Die sandglas is besig om leeg te loop.
12/24/201412 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 58

Is Ansie hier om Rikus terug te vat Johannesburg toe? Het sy dalk 'n versteekte agenda?
12/23/201415 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 57

Ansie vra Yvette om verskoning. Yvette moet by Marius bieg.
12/22/201413 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 56

Yvette moet haar optrede aan Marius verduidelik. Sal hy haar vergewe?
12/19/201413 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 55

Rikus kry 'n onverwagse besoeker op Bergplaas. Grant doen 'n goeie daad. Yvette loop op dun ys.
12/18/201414 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 54

Susan bak en brou en koop vir 'n vale. Henri probeer keer, maar dit help nie. Rikus besoek Yvette.
12/17/201415 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 53

Henri en Nita besoek die Botaniese tuin in Nelspruit. Dis duidelik dat hy besonder baie van haar hou, dalk meer as wat hy aan homself sal erken. Die vraag is: Hou sy genoeg van hom om nie pad te gee voordat sake ernstig raak nie.
12/15/201412 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 52

Daar is bouers by Errol en Veronica se huis, en Errol moet verduidelik wat hulle daar doen. Henri kry 'n etiketles.
12/15/201414 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 51

Grant is in die moeilikheid, en Henri word ook deur die polisie ingeroep om te verduidelik wat sy onlangse bewegings was. Henri is in gedagte en ry in iemand se motor vas. Kan dit dalk sy hele toekoms verander?
12/12/201414 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 50

Yvette is op 'n missie van haar eie. Sal sy haar vingers verbrand? Errol moet dinge regmaak.
12/11/201413 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 49

Rikus het probleme op Bergplaas. Veronica ontdek iets omtrent Errol waarvan sy nie bewus was nie, en sy hou nie noodwendig daarvan nie.
12/10/201412 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 48

Errol het groot planne. Sal Veronica daarby inval? Rikus en Yvette moet noodwendig met mekaar praat.
12/9/201413 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 47

Veronica probeer Rikus bewus maak van 'n emosie wat hy, of nie ervaar nie, of dalk nie kan ervaar nie, want dit bestaan nie. Henri ontmoet sy vriend Grant. Wat wil hy met hom bespreek?
12/8/201412 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 46

Daar is probleme by Bergplaas se grensdraad. Henri lê besoek af by Marius in die hospitaal.
12/5/201415 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 45

Dis Veronica en Errol se dag. Maak sy die regte besluit, of moet sy eers weer oor die saak dink. Wat voer Yvette in die mou?
12/4/201412 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 44

Veronica het erge muisneste. Errol sorg vir 'n verrassing by die werk. Gaan Susan regtig padgee Kaap toe?
12/3/201412 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 43

Yvette kry onverwags besoek van Henri. Waarom skielik die besoek?
12/2/201412 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 42

Errol proe vir die eerste keer Veronica se kerrie en dis vuurwarm. Sy en Rikus stamp koppe.
12/1/201412 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 41

Errol tik Yvette oor die vingers. Henri ontmoet dalk sy wederhelfte.
11/28/201413 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 40

Rikus is ongelukkig oor die DNS-toets. Sal dit 'n kloof tussen hom en Yvette veroorsaak? Lente gaan dalk 'n verrassing kry, en miskien sal dit nie so aangenaam wees soos sy dit graag sou wou hê nie.
11/27/201414 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 39

Yvette maak 'n draai op Bergplaas. Rikus is nie beϊndruk met haar nie. Henri is baie ongelukkig oor die stand van sake tussen Koos en Susan.
11/26/201412 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 38

Grant maak weer 'n slag sy verskyning en hy en Henri het 'n sak vol planne om foto's van die renosters in die hande te kry. Rikus het egter 'n nuwe elektroniese hek op Bergplaas laat installeer en dis nie so maklik om dit oop te kry nie.
11/25/201412 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 37

Was daar 'n omwenteling in Koos se lewe? Veronica en Errol spook sake uit.
11/24/201412 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 36

Susan is terug van die Kaap af en sy is vol stories. Gaan Yvette Henri hierdie keer vervolg.
11/21/201414 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 35

Rikus vertel Yvette wat in die diereryk aangaan en sy is beϊndruk met sy kennis. Veronica leer Errol beter ken.
11/20/201412 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 34

Die BBC wil 'n program oor die renosters op Bergplaas kom skiet met Rikus as gas. Wanneer Yvette vergeet daar is wilde diere op Bergplaas word sy wreed ontnugter.
11/19/201412 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 33

Rikus en Yvette bring tyd saam deur op Bergplaas en dit lyk tog asof daar iets tussen Errol en Veronica wil gebeur.
11/18/201412 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 32

Yvette is besig om Henri stadig maar seker vas te vat. Errol rig 'n waarskuwing aan Yvette en Veronica.
11/17/201411 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 31

Errol probeer steeds kliphard om Veronica die hof te maak. Henri kry 'n verrassing waar van hy nie baie hou nie.
11/14/201414 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 30

Errol probeer sy bes om Susan te help.
11/13/201411 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 29

Susan het 'n probleem. Sy vra hulp by Veronica van alle mense. Henri kry 'n onverwagte stortbad!
11/12/201413 minutes, 1 second
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 28

Daar is slegte nuus vir sommige karakters, en vir ander verligting. Yvette maak onverwags haar verskyning op Bergplaas.
11/11/201413 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 27

Die veelbesproke TV-program word uitgesaai. Is Rikus reg? Is die program 'n mors van tyd en geld. Henri is baie positief en het groot planne vir die toekoms.
11/10/201412 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 26

Errol gaan haal Veronica op Laingsburg. Sal sy goeie bedoelings goed ontvang word of nie?
11/7/201413 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 25

Yvette hoor die storie agter die storie wat Zaunda en Rikus se verlede betref. Henri loop hom vas met 'n vrou van die wêreld.
11/6/201413 minutes
Episode Artwork

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 24

Die TV-span kom op die plaas aan, en Henri is in sy element. 'n Ou vriendin van Rikus maak haar verskyning. Hy protesteer, maar sy hou vol hulle ken mekaar intiem.
11/5/201412 minutes, 58 seconds