Winamp Logo
Middagvervolgverhaal | DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos Cover
Middagvervolgverhaal | DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos Profile

Middagvervolgverhaal | DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos

Afrikaans, Old Time Radio, 1 season, 107 episodes, 23 hours, 33 minutes
About
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina moet weer afskeid neem van Jantjie, maar die keer geniet sy die ondersteuning en liefde van almal om haar. Sy is nie meer alleen nie en boonop lyk die toekoms baie rooskleurig.
4/26/201713 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jantjie vertel van sy Europese wedervaringe en van die interessante meisie van sy drome. Myra het een laaste geheim wat sy openbaar. Jantjie word gewaarsku om nie sy ou vriende in die Hexriviervallei te gaan opsoek nie.
4/26/201713 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey begin 'n nuwe loopbaan. Sara bel met slegte nuus. Mina se wildste verwagtinge word oortref.
4/25/201713 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina het groot nuus vir Jeffrey. Sara het nuus oor Jantjie. Drien Adams bel met slegte nuus. Jeffrey bring 'n verrassing vir Mina.
4/24/201713 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina, Jeffrey en Betta ervaar 'n unieke belewenis by Ouma Hannie. Jana het 'n reuse uitval met haar pa. Mina breek die wurggreep van die verlede oplaas.
4/21/201713 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey se lewe verander ingrypend ná 'n gesprek met Jana en 'n besoek aan Kaapstad. Die laaste las op Mina se gewete word na byna twintig jaar uitgewis.
4/20/201712 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara en Mina word deur Schoeman en Iris Oortzen oor die verlede gekonfronteer. Jana besin oor haar lewe en tree in 'n diep gesprek met Jeffrey.
4/19/201713 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Myra onthul 'n klompie onverwagte waarhede. Sara neem Mina na De Doorns vir 'n gesprek met Schoeman en Iris Oortzen oor Jantjie se herkoms.
4/18/201713 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Klaas Benson word begrawe. Jana ontvang 'n ontstellende oproep van Schoeman Oortzen. en Deon du Toit bring Mina se verlede in die reine.
4/16/201713 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina beleef ongekende emosionele pyn. Jana probeer sterk wees te midde van die krisis. Myra se lewe word aan flarde geruk.
4/13/201712 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina beleef ongekende emosionele pyn. Jana probeer sterk wees te midde van die krisis. Myra se lewe word aan flarde geruk.
4/13/201712 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die gevolge van Deon se openbaarmaking van Jantjie se herkoms verhewig eksponensiëel. Die baaierd in Jantjie se gemoed het rampspoedige gevolge.
4/12/201712 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die gevolge van Deon se openbaarmaking van Jantjie se herkoms verhewig eksponensiëel. Die baaierd in Jantjie se gemoed het rampspoedige gevolge.
4/11/201712 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die Jansens is besonder stug en hulle vreemde gedrag het almal aan die praat. Deon se besoek aan die Lodge se dameskroeg het katastrofiese gevolge.
4/11/201713 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Ouma Hannie verhoog die spanning in 'n reeds plofbare situasie. Mina en Betta ontdek 'n paar feite oor die verlede. Mina besef skielik aan wie Jeffrey haar herinner.
4/10/201712 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jantjie se vakansie raak vir hom net al hoe beter. Asof die bouwerk aan die Lodge nie genoeg doen om die rus te verstoor nie, word 'n onverwagte menslike komponent bygevoeg, en veral Jana ontgeld dit.
4/7/201712 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina en Deon se gesprek in die seegrot veroorsaak meer emosionele spanning vir Mina, en sy neem haar lewe en gevoelens weer in oënskou.
4/6/201712 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina beleef 'n wipwaentjierit van emosies met Jantjie se besoek. Deon versteur Mina se ekwilibrium, en sy maak 'n gevaarlike afspraak met hom.
4/4/201713 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se groot verlange na Jantjie word oplaas getemper wanneer hy vroegoggend by Whitewing Lodge opdaag. Die vrolike ontbyt met al Jantjie se stories word skielik vir Mina 'n onhoudbare situasie.
4/3/201712 minutes
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die permanente inwoners van Whitewing Lodge probeer hulle sorge en kommer ontkom. Jana se kinderdae spook by haar. 'n Oproep verdiep die raaisel van die hangertjie wat om die geraamte se nek was.
4/3/201713 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Paul Jansens ontvang 'n ontstellende oproep van sy dogter. Die spanning oor die onlangse gebeure en onthullings by Whitewing Lodge bedreig Mina en Jana se vriendskap. Jana ontvang 'n oproep wat die raaisel van die geraamte verdiep.
3/31/201712 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Ouma Hannie vertel vir Mina wat meer as drie dekades gelede by Vier Winde gebeur het. Jeffrey kry onverwags besoek van Betta. Jana se lewe dreig om 'n ontstellende wending te neem wat niemand kon voorsien nie.
3/30/201713 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die permanente inwoners van Whitewing Lodge is diep geskok oor die geraamte wat onder die toring se vloer ontdek is. Jantjie vertel Mina in 'n telefoongesprek hoe die soeke na sy ma hom affekteer. Ouma Hannie maak 'n skokkende onthulling.
3/29/201712 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Myra se voorspellings spook by Mina. Ouma Hannie praat haar hart uit. Die bouers maak 'n skokkende ontdekking.
3/28/201712 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina probeer sin maak by Betta ná wat Myra Ballantyne se kaarte vir haar voorspel het. Jana ontdek dat Mina nie die volle verhaal van die destydse polisieondersoek in die Hexvallei vertel het nie. 'n Onskuldige aankondiging maak Mina benoud.
3/27/201713 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se kuiertjie by Klaas en Myra neem 'n onvoorsiene wending. Die lewe soos wat almal op Visbaai dit geken het, mag permanent verander.
3/24/201712 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina besoek Ouma Hannie met die doel om haar hart oop te maak. Desember is baie winsgewend vir Whitewing Lodge, maar besorg ook heelwat hoofbrekens. Klaas vra Mina 'n ongemaklike vraag.
3/23/201713 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die Jansens se besoek het almal by Whitewing Lodge op hol. Jeffrey is raadop en Mina vrees die laat Sondagmiddagete.
3/22/201713 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey laat hom nie van Mina se onwilligheid om met hom te trou, afskrik nie. Marie maak 'n laspos van haarself. Mina se verlede haal haar onverwags in.
3/20/201711 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die vrede op Whitewing Lodge word versteur. Jana se oënskynlike sterk mondering word beproef. Mina en die kombuispersoneel besef hulle moet hare op hulle tande ontwikkel!
3/20/201712 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jana se planne met Whitewing Lodge besorg haar heelwat hoofbrekens. Mina beken aspekte van haar verlede wat haar baie ongemaklik laat voel. Schoeman en Iris Oortzen is diep bekommerd oor Jantjie.
3/17/201712 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jantjie Oortzen het sy matriekeksamen klaar geskryf, maar sy ouma, Iris Oortzen, vrees daar broei onheil. 'n Besoek aan die polisiestasie op De Doorns frustreer Jantjie mateloos.
3/16/201712 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se verlange na Jantjie laat haar oor die dae in De Doorns gesels. Myra is vol stories, en Jana maak haar reg om minder-welkome gaste te ontvang.
3/15/201712 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Klaas maak 'n oorlas van homself, en Myra kom tot die redding. Mina praat haar hart uit, en Jana maak 'n belangrike aankondiging.
3/14/201713 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey besoek Mina met ontstellende nuus. Mina soek vrugteloos by al haar vertrouelinge na rigting en berusting. Ouma Hannie probeer Jeffrey uit sy emosionele warboel help.
3/13/201713 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die hele Visbaai is in rep en roer, en beskou Mina en Jeffrey as 'n paartjie, maar Mina ontken dit ten sterkste. Jeffrey gaan wys die vordering van sy huis vir Mina, en sy vrees dat hy haar formeel om haar hand sal vra. 'n Eenvoudige belewenis laat Mina besef waar sy regtig tuis is en hoort.
3/10/201712 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina word oorreed om saam met Jeffrey in die laerskoolkonsert te sing. 'n Onverwagse herinnering bring Mina van stryk. Die konsert is 'n reuse sukses, maar Mina beleef ontstellende emosies.
3/9/201713 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina is geskok oor die slot van Jeffrey se vertelling. Doorsie se lewe kry nuwe betekenis, en Mina word voor 'n uitdaging gestel.
3/8/201713 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey vertel sy hartseer verhaal aan Mina op Visbaai se rotse. Mina hoor van die groot leemte in sy lewe en sy liefde vir Bonita Small.
3/7/201713 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey begin Mina sy hartseer verhaal vertel. Hy spreek die vrees uit dat die waarheid oor sy verlede hulle vriendskap in die gedrang sal bring.
3/6/201712 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jeffrey is besorg oor die feit dat Mina te veel werk en te min rus, en gaan spreek Jana oor die aangeleentheid. Terwyl hulle langs die see stap, wil Mina by Jeffrey weet hoekom sy oë so vol hartseer is.
3/2/201713 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Besoeke aan Whitewing Lodge kry 'n hupstoot ná 'n verrassende wending. Meer personeel word benodig om in die kombuis te help. Jeffrey stuur 'n geskenk vir Mina.
3/2/201712 minutes
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dit is in die winter van 1975 en Jana is opgewonde oor die toeloop van gaste, ten spyte van die nat koue. Mina staan op die kaai om vis te koop, en ontmoet 'n baie aantreklike man wat vaagweg bekend lyk. Terug by die gastehuis sit sy twee en twee bymekaar...
3/1/201713 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina kry koue rillings in die ou kliptoring langs Whitewing Lodge. Betta stel Mina voor aan Ouma Hannie. Jeffrey Wilson hoor by sy ouma dat daar 'n baie mooi, opgevoede vrou by die gastehuis werk en dat sy wonderlik kan kosmaak.
2/28/201713 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina begin stadig maar seker die mense in Visbaai ken. Veral die jong mans is gek oor die pragtige jong vrou. Sy vind uit by Betta en Myra wat Jana se sondes is waarvan sy praat, en twee gaste, waarvan een 'n Australiër, is kwistig met die heuningkwas.
2/27/201713 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina leer haar “nuwe familie” van Whitewing Lodge beter ken. Sy is oortuig sy het die regte besluit geneem om nie in die Kaap te bly nie.
2/24/201713 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Jana en Mina kom op Visbaai aan, en Mina is in vervoering oor die klein dorpie en sy eenvoud. Onderweg van Visbaai na Whitewing Lodge, vertel Jana die treurige verhaal van 'n jong bruin moeder wat nog voor Jana se geboorte by Vier Winde gewerk het en een nag op pad huis toe met die paadjie oor die rotse hoog bo die see na haar dood geval het.
2/23/201712 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara en Mina ry na De Doorns om van Mina se besittings te gaan haal, en hulle word getref deur die veranderinge aan Goedemoed. Jana kom Mina haal en hulle pak die rit aan na Whitewing Lodge. Mina voel vir die eerste keer weer opgewonde oor die toekoms.
2/22/201713 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina lig Sara in dat sy besluit het om vir Jana te gaan werk. By die munisipale kantore waar Mina probeer uitvind wat van Sarah Adams geword het, word wonde uit die verlede oopgekrap. Jana bel om te reël om Mina te kom haal om haar nuwe lewe as sjef vir Whitewing Lodge te begin.
2/21/201713 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara en Mina is ingeburger in die dubbelverdiepinghuis in Tamboerskloof. Mina het gehoor dat Distrik Ses volgens die groepsgebiedewet 'n wit gebied verklaar is, en sy gaan kyk hoe dit lyk. Die afgryse van haar besoek aan Distrik Ses laat Mina 'n belangrike besluit neem.
2/20/201712 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina waarsku die werkers van Goedemoed om ander werk te soek, want Cluver Coetzee is nie iemand vir wie hulle sal wil werk nie. Mina ontmoet 'n jeugkennis, Jana Jansens, wat haar lewe en toekoms ingrypend sal verander. Sonia Tredoux loop haar rieme styf.
2/17/201713 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara is besig om in te pak, en word deur die emosionele las oorweldig. 'n Plaaswerker deel ontstellende nuus aan Mina mee, wat later deur die nuwe eienaar, Cluver Coetzee, bevestig word. Mina besef sy moet begin afskeid neem van haar geliefde wingerdhuisie.
2/16/201713 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sonia word aangestel as Julie's Bistro se nuwe bestuurder. Mina begin saam met Sara planne maak om Kaap toe te trek. Iris vra Sara of daar nie dalk 'n manier is om Mina te oortuig om haar bedanking terug te trek nie. Mina trap 'n laaste stel af met Sonia.
2/15/201712 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina hoor by Mietjie dat Sonia male sonder tal die wens uitgespreek het dat Mina nooit terugkom na Julie's Bistro nie. Sara probeer Mina weer oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan. Mina neem 'n drastiese besluit.
2/14/201712 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara probeer Mina oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan, en Mina spreek haar vrese en kommer uit. Mina gaan spreek Iris met die doel om weer te begin werk, en ontmoet die giftige Sonia Tredoux.
2/13/201712 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Iris besluit om 'n pasafgestudeerde huishoudkundestudent, Sonia Tredoux, aan te stel om in Mina se plek waar te neem totdat sy gereed is om weer te kom werk. Sara wil die twee familieplase, Goedemoed en Hooglande, verkoop en teruggaan Kaap toe. Mina ervaar weer die gevoel wat sy as kind gehad het – dat sy 'n “tussenmens” is.
2/10/201713 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Iris Oortzen, Mina Afrika en Mietjie staan rustig en gesels in Julie's Bistro se kombuis oor die afgelope agt jaar se sukses. Dan bel Sara de Graaff met nuus wat hulle almal se lewens ingrypend en blywend sal verander.
2/9/201711 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina gaan lê besoek af by Schoeman se graf. Sy stel 'n belangrike personeellid aan om haar in die restourant by te staan en kies 'n betekenisvolle naam vir die restourant.
2/8/201714 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Oplaas word Elsie Lubbe se huisie opgeveil en Mina se senuwees word tot die uiterste beproef. Deon daag weer by Mina op, die keer in uniform. Haar wêreld stort in duie. Iris daag by die De Graaffs op met 'n goeie proposisie vir Mina.
2/7/201713 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die gesprek met die ongewilde dominee Venter bereik 'n kritieke punt wat Mina op die vlug laat slaan. Oplaas kom Mina met die hele mandjie patats vorendag en kry Sara en Erik geleentheid om hulle eie menings te vorm. Deon kom kuier en dra siviele klere, nie sy uniform nie.
2/6/201715 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se skets van haar droomhuis neem 'n hoogs onverwagte wending. Mietjie kom sê vir haar dat die De Graaffs haar ontbied het, maar kwalik het Mina se gesprek met Sara begin, of 'n besoeker daag op wat 'n ware lont in die kruitvat word.
2/3/201714 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se ondervraging word gekenmerk deur verskeie uiteenlopende gewaarwordings wat nie sy óf Deon voorsien het nie. Vleis Viljoen het verrassende, opwindende nuus vir Mina.
2/2/201714 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina verneem nog nuus van Mietjie omtrent die De Graaffs en besluit om maar in die wingerdhuisie te gaan bly tot hulle terugkeer. Mietjie kom benoud by Mina aan met nuus dat die polisie haar wil ondervra. Mina ontmoet Deon du Toit.
2/1/201711 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina keer terug na die Vallei en word oorval met die jongste nuusgebeure op die dorp. Sy kom op Goedemoed voor dooiemansdeur te staan en verneem boonop skokkende nuus.
1/31/201712 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sêra vra Julie (alias Mina) of sy nie haar vertrek tot Kersfees wil uitstel nie, nadat sy nóg 'n brief van Steven ontvang het. Dylan raak ongeduldig omdat Julie hom aan 'n lyntjie hou. Drien waarsku haar om nie met Dylan se gevoelens te speel nie, veral omdat sy nie besef hoe groot die opoffering is wat hy maak nie. Mina se ervaring van Distrik Ses bereik 'n nuwe, skokkende laagtepunt.
1/30/201711 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina begaan 'n reuse misstap wat verreikende gevolge sal hê. Julie (alias Mina) kondig aan dat sy na deeglike oorweging besluit het om liewer na haar ma en twee boeties op Worcester terug te keer. Iris lê 'n verrassingsbesoek by die De Graaffs af met verstommende nuus.
1/27/201713 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sêra se aandrang op 'n naam vir die kind, het verrassende gevolge. Steven, Sêra se seun, skryf 'n brief huis toe wat Julie (alias Mina) diep laat nadink, met byna katastrofiese gevolge.
1/26/201714 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sêra, Drien en Miriam is baie besorg oor Julie (alias Mina) se ingesteldheid teenoor die baba. Dylan se luitenant waarsku hom en maak 'n bedekte dreigement. Sarah's Cafe and Diner beleef ongekende vooruitgang.
1/25/201713 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dylan vertel Julie (alias Mina) waarom hy by bendes betrokke geraak het. Sy bewys aan Sêra hoe goed die kafee finansieel vaar en doen 'n paar voorstelle aan die hand. Julie (alias Mina) se lewe verander ingrypend en permanent.
1/24/201712 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina se besoek aan Bettie lei tot 'n ontstellende ervaring. Dylan se laataandgesprek met Julie (alias Mina) neem 'n onvoorsiene wending. Mina wil weet hoekom Dylan hoegenaamd by bendes betrokke geraak het.
1/23/201713 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina (alias Julie Columbus) ontvang 'n brief van Sara de Graaff wat haar ontstel. Haar ontsteltenis beweeg haar om Bettie Els in Valkenburg te gaan besoek. Dylan maak sy hart teenoor Sêra oop.
1/20/201713 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dylan het 'n diep gesprek met Sêra oor die meisie van sy drome, Julie Columbus (alias Mina Afrika). Julie weet nie wat Dylan in haar sien nie, veral nie met haar swanger lyf nie. 'n Swartbord om die kafee se etes op te adverteer verdwyn, maar Dylan en sy bende sorg gou vir 'n ander een en verwilder alle voornemende diewe en vandale. Hulle word die kafee se nie-amptelike beskermers.
1/19/201715 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina kan nie glo dat die mees berugte bendeleier in die Kaap haar koffer vir haar gedra het tot by Sêra nie, en haar die hele tyd soos 'n dame behandel het nie. Sêra is bly om Mina weer te sien, maar kan haar nie help met verblyf nie. Sy raai Mina aan om maar liewer terug te gaan na haar mense toe, want Distrik Ses bars uit sy nate en val uitmekaar. Nes sy mense.
1/18/201714 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sonder werk en verblyf, bereik Mina se lewe 'n nuwe laagtepunt. Onderweg na Distrik Ses, keer 'n man haar voor wat wil weet waarheen sy op pad is. Hy dra haar swaar koffer en neem haar tot waar sy wil wees, en sê dat hy haar baie gou weer wil sien.
1/17/201711 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina verloor alle hoop om terug te keer na die Vallei. Boonop kom Dollie se uitrusting uiters verdag voor. 'n Nuwe vriendin, wat ook in die woonstelgebou werk, bring gelukkig nuwe hoop. Maar dan ontdek Rose dat Mina swanger is.
1/16/201711 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Omdat Mina beswaarlik 'n week by Rose en Mavis werk, is sy bekommerd dat sy nie tyd gegun sal word om die afspraak na te kom nie. Gatiep het 'n onfeilbare plan. Die dag waarop Mina gereken het om haar vorige lewe terug te wen, ontaard in 'n nagmerrie wat sy nooit sou kon voorsien het nie.
1/13/201712 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Omdat Mina so intens bewus is van die gevare wat agterstraat-aborsies inhou, wil sy seker maak dat sy dit sal oorleef. Dollie belowe om 'n bekwame, professionele persoon te kry om die prosedure uit te voer. Die prys laat Mina na haar asem snak.
1/12/201712 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina word teen Rose en Mavis White gewaarsku, en Miss Aucamp blyk miskien tóg nog iewers 'n tikkie menslikheid versteek te hê. Op Goedemoed is Erik en Sara al rasend omdat Mina skynbaar soos 'n groot speld verdwyn het. Met die eerste geleentheid wat Mina kry, gaan klop sy by Dollie aan om hulp.
1/11/201713 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Asof die ontmoeting met die twee rare Engelssprekende oujongnooiens nie vir Mina al vreemd genoeg was nie, word sy boonop aan Miss Aucamp en Dollie Davids blootgestel. Sy is vasbeslote om so gou moontlik terug te keer huis toe.
1/10/201711 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Rose en Mavis White se advertensie in die Engelse koerant blyk Mina se redding te wees. In die Vallei probeer Sara nog desperaat uitpluis wat van Mina kon geword het. Mina en Sara se verlange na mekaar is vir albei oorweldigend.
1/9/201712 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dankbaar om van Jerry en sy suster ontslae te wees, wag daar nuwe onaangename ervarings op Mina wanneer sy uiteindelik in die kamer is waarvoor sy so duur betaal het. In Distrik Ses se Hanoverstraat kry Mina ontbyt te koop by Sêra Adams, wat haar die pad beduie na Groenpunt en die Majestic Mansions.
1/6/201713 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Erik en Sara daag vroegmôre met 'n foto van Mina by die stasie op in die hoop dat iemand dalk sou onthou of sy 'n treinkaartjie gekoop het en waarheen. Mina besef dat sy 'n nuwe identiteit sal moet aanneem. Sy ontdek 'n nagmerrie-wêreld waarvan sy nooit eers bewus was nie.
1/5/201715 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Iris Oortzen is ontroosbaar oor Schoeman se dood, en Sara tref al die reëlings vir die begrafnis. Sara maak 'n skokkende ontdekking in Mina se kamer, en Sanet wonder of Schoeman nog sou gelewe het as sy tóg maar saam met hom in sy nuwe sportmotor gaan ry het.
1/4/201714 minutes
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die opruiming van die wingerdhuisie is afgehandel, en Mina kry Tietser se spaarboekie in 'n handsak. Erik se broer, Stefaans, verklaar Tietser se briefie 'n wettige dokument. Mina bring weer 'n nag in die wingerdhuisie deur en beleef 'n tweede gesprek met haar geliefde Tietser. Sanet ontvang 'n oproep van 'n vriendin wat haar geweldig ontstel.
1/3/201714 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Tietser se dood is vir die hele Vallei 'n skok. Ná die begrafnis bring Mina die nag in die wingerdhuisie deur. Tietser se teenwoordigheid is vir haar só sterk, dat Mina met haar in gesprek tree. Sara en Mietjie kom Mina help om Tietser se huisie op te ruim, en Mina maak toevallig 'n groot ontdekking.
1/1/201714 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Iris Oortzen beveel Mina as't ware om die spyseniering vir Schoeman se agtiende verjaardag te behartig. Vleis Viljoen is beïndruk met Mina se vaardighede en erken dat die Vallei die De Grootts in die verlede veroordeel het omdat hulle Mina ingeneem het. Sara bied aan om as tussenganger op te tree toe Mina weier om by Schoeman se partytjie betrokke te wees. Ná Schoeman se geslaagde partytjie, het Sara nuus wat Mina se wêreld feitlik in duie laat stort.
12/29/201613 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina stel Boeta Bantjies aan Sara en Erik voor. Erik vertrou Boeta se bedoelings met Mina glad nie, en Boeta glo Erik is inherent rassisties. Mina is ontwykend toe Boeta haar uitvra oor haar afsydigheid. Erik se 45ste verjaardagpartytjie, waarvoor Mina die spyseniering doen, het die hele Vallei aan die praat.
12/29/201614 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sanet kom kuier by Mina, maar is verstom oor hoe min belang Mina skielik by Boeta het. Mina spog by Sanet met haar resepteplakboek, en vertel meer van haar planne met Erik se verjaardagpartytjie. Terwyl Sara en Mina gesels oor aankope vir Erik se partytjie, daag die polisiesersant op...
12/28/201613 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

'n Polisiesersant wil weet of Bettie se aantygings waar is, en vir 'n tyd lank hang 'n vreeslike swaard oor Mina se kop. Mina, Elsie Lubbe en Sara word beveel om die volgende oggend verklarings by die polisiekantoor te gaan aflê.
12/26/201613 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dominee Venter word deur die bedeesde Elsie Lubbe geskok. Drie-uur in die môre word Mina wakker, maar nie sy of enigiemand in die Vallei sou bedag kon wees op die ervaring wat Bettie Els hulle sou besorg nie...
12/25/201613 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina beleef die donkerste nag van haar lewe. Dominee Venter kom doen huisbesoek by Elsie Lubbe net toe Mina klaar les by haar gehad het. Hy besluit om ernstig met Elsie oor Mina te praat...
12/23/201613 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Schoeman nooi Sanet en Mina om saam met hom en van sy maats na die plaaslike bioskoop te gaan. Tietser waarsku Mina teen Boeta Bantjies. Schoeman, Sanet en Mina gaan na die Vlooifliek toe en geniet die aand baie. Dan val daar egter 'n donker skadu oor die aand se vrolikheid...
12/22/201613 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Tietser waarsku Boeta om sy hande van Mina af te hou, en Schoeman maak weer ogies vir Mina. Bettie Els is nie 'n maklike mens nie, en is nie baie gelukkig dat Mina in haar geldsake namens Elsie Lubbe kom snuffel nie.
12/21/201613 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sanet is bekommerd oor Schoeman se lawwe spelery, maar Mina steur haar nie aan hom nie. Boeta is haar droomman. In die maanlig by die plaasdam probeer Boeta dan ook sy gevoelens vir Mina demonstreer, maar hy loop hom vas.
12/20/201611 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina vertel Tietser opgewonde van haar klasse by Elsie Lubbe. Boeta Bantjies vertel Mina ná die skoolkonsert hoe hy haar bewonder, en Mina wil by Sara weet of sy dink daar is 'n loopbaan vir 'n Bruinmens in die kosbedryf.
12/19/201613 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Tietser vertel vir Mina en Sanet van haar jongdae. Elsie Lubbe hoor van Mina se begeerte om met kos te werk, en sy lê besoek af by Bettie Els om met haar 'n afspraak te maak om na Bettie se negosiewinkeltjie se geldsake te kyk.
12/15/201613 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina verneem van Erik dat sy hulle gelukbringerkind is, en is ontsteld oor die rede vir die beskrywing. Mina is baie opgewonde, want juffrou Elsie Lubbe het ingestem om haar met 'n paar hoërskoolvakke te help.
12/15/201614 minutes
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Sara oortuig Mina om met meer Bruinmense te meng sodat sy meer aanvaarbaar vir haar eie mense kan wees. Iris is oortuig dat die De Graaffs ongemaklik begin voel met Mina in die huis, en haar vir iemand in die bruin gemeenskap gaan gee om verder groot te maak.
12/13/201613 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Schoeman leun oor die klimopheining en knoop 'n geselsie met Mina aan wat haar kwets. Asof Schoeman se aanmerkings nie genoeg is nie, vryf sy ma, Iris, verder sout in Mina se wonde. Tietser gesels indringend met Sara oor Mina se sosiale dilemma.
12/13/201613 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina sê vir Tietser dit voel vir haar of sy nêrens inpas nie. Aletta laat Sara goed verstaan dis tyd dat sy begin om haar van Mina, wat nou al groot is, te onttrek. Dit sal vir haar aanvaarbaar wees as Mina aanbly as een van die talle huishulpe. Mina praat met Tietser oor die afdruk van die engel bo Tietser se bed.
12/12/201614 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Dit is jare later en Mina staan op die punt om terug te gaan na Goedemoed. Sy is hartseer want niemand het haar gevra of sy sal wil teruggaan as sy in 'n buitekamer moet bly nie. Op 'n dag kuier Mina en Sanet by Tietser, en Mina praat oor die dinge wat haar grief en seermaak.
12/9/201614 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Erik steur hom aan die ouvroustories van die Vallei dat Sara 'n miskraam sal hê, en hy gebruik die geleentheid om Sara te oortuig dat Mina by Tietser moet gaan woon. Gert Afrika, Mina se pa, trou weer, en Sara neem Mina teësinnig na Tietser, maar sweer dat Mina, wanneer sy groter is, sal terugkom na haar toe.
12/8/201614 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die De Graaff-familie gaan elke Kersvakansie na Kleinmond waar die patriarg, Sarel de Graaff, 'n reuse dubbelverdiepinghuis teen die see laat bou het. Sara wil Mina met alle geweld saamneem, maar moet uiteindelik besgee. Tydens die vakansie word Sara siek en lusteloos, en belowe Erik en Aletta om haar dokter te gaan spreek sodra hulle terug is op die plaas.
12/7/201615 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Mina kruip vinnig in Erik se hart, en hulle lees om die beurt saans vir haar slaaptydstories en kinderrympies. Soms kom Gert luister na die stories. Hy kan nie glo dat sy kind in so 'n pragtige kamer ín meneer De Graaff se huis slaap nie. Aletta, hoewel betower deur die pragtige kind se persoonlikheid en intelligensie, wys Sara en Erik op die teenkanting van die ganse gemeenskap. Die kind durf nie langer by hulle bly nie.
12/6/201614 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Gert se skoonma sterf skielik weens 'n beroerteaanval. Hy wend hom tot Erik om hom te hulp te kom. Sara neem die kind tot Erik se ontsteltenis, en sê dat hulle tydelik na die driejarige Mina sal omsien. Aletta lê besoek af om die onsinnigheid te beëindig. Erik probeer Sara oortuig dat die bruin kind nie by hulle durf bly nie.
12/5/201613 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die moeder van die pasgebore dogtertjie sterf aan 'n swak hart, en Gert wend hom tot sy skoonma in die lokasie om die kind te versorg. Sara is diepgeraak oor die aangeleentheid. Aletta kom bekla haar lot by Erik dat hulle weens Sara se ondankbaarheid so ver van haar af woon.
12/2/201612 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Middagvervolgverhaal

Die verhaal van Mina Afrika, kind van 'n plaaswerker van die Hexriviervallei, Gert Afrika, begin op 'n stormagtige nag in 1942 op die plaas Goedemoed van die De Graaff familie: Aletta en haar oudste seun, Erik en sy vrou Sara. Baie gou blyk dit egter dat die verhouding tussen veral skoonmoeder en -dogter stram is, hoofsaaklik omdat daar nog geen erfgenaam vir die spogplaas met sy uitvoer-tafeldruiwe voortgebring is nie.
12/1/201612 minutes, 50 seconds