Winamp Logo
Leefwêreld van die Gestremde Cover
Leefwêreld van die Gestremde Profile

Leefwêreld van die Gestremde

Afrikaans, Social, 1 season, 620 episodes, 2 days, 8 hours, 52 minutes
About
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 12 Mei 2024

Hoe aanvaar mense die uitdagings wat met blindheid gepaardgaan? Ivaan Levedal het sy sig op ‘n jong ouderdom te verloor, en gee graag wenke oor hoe die gemeenskap teenoor Blindes kan optree. Deirdre Barnes is ‘n ma met ‘n dogter wat op vyfjarige ouderdom met ‘n seldsame toestand gediagnoseer is. Sy samel geld in om om ouers in diesselfde situasie te help, en in die proses kweek sy bewustheid en empatie.
5/12/202424 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 Mei 2024

Melvin Farmer vertel van sy seun, Jaybee, en hoe ‘n motorongeluk die lewe van die Farmer-gesin onomkeerbaar verander het. Dis 'n storie van die trauma wat ‘n jong seun moes ervaar, en hoe hy ná jare op ‘n positiewe wyse steeds talle uitdagings aanpak. Die 8ste Wêreld Para-atlete Grand Prix het onlangs in Marokko plaasgevind. Dit was ter voorbereiding en kwalifisering vir die Paralimpiese Spele later vanjaar in Parys, Frankryk. Manie Blom is ‘n blinde sportman wat vertel van sy uitsonderlike en soms baie moeilike uitdagings wat hy voor en tydens die besoek aan Marrakesj ervaar het.
5/5/202420 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 28 April 2024

Van der Spuy Brink het oornag die gehoor in sy een oor verloor, en geleidelik daarna ook in sy ander oor. Hy vertel van die ervaring, en dat sy gehoorverlies en doofheid deur jarelange blootstellig aan geraas gevolg het. Hy het kogliêre inplantings, en vertel van die uitdagings daarvan en hoe sy kommunikasievermoë binne gesinsverband geraak word. Rodney en Maria Lackay was tien jaar gelede in ‘n ongeluk, en die paartjie is beide sedertdien in ‘n rolstoel. Hulle vertel van hulle reis van genesing, en hulle lewenstaak om ander positief te beïnvloed. Die twee leef voluit, en bedryf hulle eie gastehuis.
4/28/202423 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 21 April 2024

24 April is Wêreld Geraasbewustheidsdag. Ons hoor hoe gehoor beïnvloed word deur geraas. Blind SA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat al vir byna agt dekades baanbrekerswerk doen vir mense met siggestremdhede. Hulle het duisende lede landwyd, en kom deurentyd met innoverende idees vorendag. Die jongste is ‘n groep opgeleide smaakontleders, wat voedsel proe en geure en smake bestudeer.
4/21/202423 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 14 April 2024

Lana van der Westhuizen, ‘n ma van vier kinders met gestremdhede, vertel hoe sy haar situasie hanteer. Brunhild Strauss inspireer en bemagtig mense met gestremdhede, en kry hulp vir diegene wat dit nodig het in die Namakwaland-omgewing. Hy het onlangs in die jaarlikse rolstoelresies in George deelgeneem. Hy vertel van die belangrikheid daarvan om voluit te leef om liggaam en gees gesond te hou.
4/14/202423 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 7 April 2024

Sharon Davids vertel van haar blog, The Sight Seeing Blind Bride, wat mense bewus maak dat mense met gestremdhede voluit en gelukkig hulle plek in die samelewing volstaan. Rett-sindroom is ‘n  seldsame siekte wat onverklaard by veral jong meisies voorkom. Die ontwikkeling van die baba is normaal tot op tweejarige ouderdom, en al die doelpale word bereik. Dan stop die liggaamlike ontwikkeling skielik, en selfs spraak word beïnvloed. Jacqui January vind meer uit van hierdie toestand, en van die pogings om ouers te ondersteun.
4/7/202427 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 31 Maart 2024

Adrian Davids is blind, en deur middel van sy projek, Wisp Wonder, wil hy mede-gestremdes met sy potgooie bemagtig  om rekenaarprogramme beter te verstaan. Ds. Jan Botha het as kapelaan in die SA Weermag diens gedoen. Daarna was hy geruime tyd in die bediening as predikant. Hy praat oor pastorale berading en die rol van 'n lewensgids in die hantering van trauma en die uitdagings van gestremdhede.
3/31/202423 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 24 Maart 2024

Waarom moet mense wat totaal doof is en wat Gebaretaal as moedertaal gebruik, in afsonderlike gemeentes geestelike bediening ontvang? Hoe kan kerkgeboue prakties aan die behoeftes van Dowes voldoen? Die Tshwane Place of Safety Association het twee huise van veiligheid vir kinders met spesiale behoeftes en/of gestremdhede. Ons hoor van ‘n baba wat sonder arms en bene gebore is, en by die huis beland het toe sy drie dae oud was. Vandag is sy ‘n dapper 12 jarige wat hardloop – op haar manier – self eet, en ‘n sin vir humor het.
3/24/202424 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 17 Maart 2024

Ons fokus op die uitdagings van kinders met liggaamlike gestremdhede. Daar is in baie gevalle hulpmiddels beskikbaar, en ons vertel van die assesseringsproses om toegang hiertoe te kry. Donderdag 21 Maart is Wêreld Downsindroomdag. Jong volwassenses wat met Downsindroom leef, en baie gelukkig is om hulleself in die arbeidsmark te bevind, gesels saam. Hulle lewer ‘n waardevolle bydrae om die stigmatisering van mense met Downsindroom in die werkplek te kortwiek.
3/17/202423 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 Maart 2024

Shonaquip se Ndinogona-projek bemagtig kleuterskoolpersoneel vir toeganklikheid vir kinders met gestremdhede. Annelise Boot van Downsindroom SA gesels oor Wereld Downsindroomdag op 21 Maart.
3/10/202424 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 3 Maart 2024

Wêreld Gehoordag word op 3 Maart gevier. Erica du Toit van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede vertel wat hierdie spesiale dag vir Suid-Afrika en sy mense beteken. Professor De Wet Swanepoel van die Universiteit van Pretoria praat oor interessante tendense wat deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie bekend gemaak is t.o.v. gehoorgesondheid. Mona Mohammed het ‘n skenking van Loslitdag ontvang, en sy vertel hoe dit haar mobiliteit verbeter het. ‘n Rolstoel vir mense met ‘n liggaamlike gestremdheid is ‘n simbool van vryheid.
3/3/202425 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 25 Februarie 2024

Fanie van der Merwe, ‘n Paralimpiese atleet wat Suid-Afrika by 3 Paralimpiese Spele verteenwoordig het, vertel wat hy deur sy mislukkings geleer het, en deel van die  oorwinnings wat hy daarna behaal het. Hy maak daagliks ‘n groot impak d.m.v. sy betrokkenheid by sport vir mense met gestremdhede. ‘n Blinde paartjie, Johannes en Jessica Gribb, vertel hoe hulle deelgeneem het aan 'n 60 km fietsresies ter ondersteuning en bewusmaking van oogsorg en blindheid. Retina SA se Lindsay Engelbreght gesels saam.
2/25/202424 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 18 Februarie 2024

Reinet Barnard praat oor haar rol as ‘n fisioterapeut by ‘n skool vir kinders met spesifieke behoeftes. Sy verduidelik hoe liggaamlike gestremdhede die leefwyse van kinders kan beïnvloed. Sy gee ook waardevolle wenke aan ouers. Manie Blom is ‘n kranige atleet. Dié blinde sportman gesels oor sy passie en toewyding midde al die uitdagings om Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele te verteenwoordig.
2/18/202424 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 11 Februarie 2024

Jac-Marie Smith vertel hoe haar bejaarde ma deur gehoorverlies geraak word, en verduidelik die impak van ontkenning. Lynette Petersen, die bestuurder van Huis Silverkruin op Wellington vertel hoe haar personeel opgelei word om die menswaardigheid van ouer persone met gestremdhede te beskerm. Eiland Huis is ‘n nie-winsgewende organisasie aan die Weskus, waar hulle al langer twee dekades ’n veilige versoringstuiste bied aan kinders met gestremdhede.
2/11/202423 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 4 Februarie 2024

Vincent Daniels was vier jaar oud toe sy ouers agterkom hy kyk anders na lig en donker. Hy vertel van sy lewensreis met retinitus pigmentosa, en hoe dit sy leefwêreld verander het. Lindie Fouché, ‘n sertifiseringsouditeur, vertel van mediese hulptoestelle wat gesertifiseer moet word in lyn met die voorwaardes van mediese fondse.
2/4/202423 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 28 Januarie 2024

Ben Greyling vertel van sy vrese as ‘n ouer van ‘n intellektueel gestremde dogter. Hy praat oor die kwesbaarheid van al die betrokkenes, en die kommer wat by ouers bestaan oor wat van hulle kinders sal word wanneer hulle nie meer daar is nie. Andries Maree, die president van die SA Hengel Konfederasie, en Sekretaris van die SA Oewerhengel Federasie, gesels oor hengel as ‘n sport vir persone met gestremdhede. Hulle maak voorsiening vir persone met verstandelike sowel as siggestremdhede. Anta de Korte hengel in die Noord-Kaap, en het al haar federasiekleure verwerf. Sy vertel van haar hengelsportloopbaan.
1/28/202426 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die Gestremde 21 Januarie 2024

Die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie)  fokus op die ondersteuning en opleiding van onderwysers. Ons hoor van spesifieke opleiding aan onderwysers vir Leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes.
1/21/202425 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 14 Januarie 2024

Daar is ‘n komitee wat toesien dat geldelike hulp van die publiek bv van Loslitdag eties bestee word, daar waar dit die nodigste is. Die Outeniqua Rystoel Wedren op George is ‘n  jaarlikse instelling vir uitsluitlik gestremde atlete met resies rolstoele. Die doel is vir gestremde atlete om skouer te skuur met ander SA Paralimpiese atlete.
1/14/202423 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 7 Januarie 2024

Lana van der Westhuizen vertel hoe sy haar vier kinders met gestremdhede ondersteun en hoe sy daagkliks veg om aan elkeen die geleentheid te gee om tot volle potensiaal te kan ontwikkel. Ons hoor ook van die ontoeganklikheid van die skoolsisteem in die Noord-Kaap en hoe hul poog om dit aan te spreek - want kinders met gestremdhede is ook maar soos sy dit stel “net kinders soos enige ander kind”.
1/7/202426 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 31 Desember 2023

Dorothy-Anne Howitson vertel oor haar belewenis as kind, nadat haar pa met Alzheimers gediagnoseer is. Sy deel die intense hartseer toe sy moes toekyk hoe ‘n eens talentvolle, trotse man/pa in totale ander mens verander het. Ons vier ook eersdaags Louis Braille se verjaardag. Vanjaar is die tema - Wêreld Braille-Dag is twee honderd jaar van braille.
12/31/202322 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 24 Desember 2023

Michelle Nell is blind en sy vertel van haar PHD-studie wat oa handel oor die uitdagings van Graad 11 leerlinge met sigverlies itv beroepsvoorligting, ontwikkeling asook berading. Sy gee raad aan mense wat navorsing in die veld van sig-gestremdheid wil doen. Alta du Toit is ‘n residensiele en dagsorg sentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Dis ‘n omgee gemeenskap waar almal van die inwoners hulle volle potensiaal kan bereik en lewenskwaliteit  kan beleef. Van die inwoners en die personeel deel hul kersfees-wense.
12/24/202324 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 17 Desember 2023

Ons hoor van ‘n bekende pianis wat sig gestremd is. Michelle Nel deel haar lewensverhaal en daaglikse uitdagings. Die talentvolle Stellenboshse jong vrou vertel van die ondersteuning van ander en rolmodelle in haar loopbaan, en ‘n volwasse persoon met Down Sindroom vertel van sy werk as self Advokaat vir die bewusmaking van mense met down sindroom.
12/17/202320 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 Desember 2023

Ons het sterk gefokus op die regte van mense met gestremdhede in November maand. En op die 3de Desember het ons Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede gevier. Die ope vraag is: wag rolspelers nou tot volgende jaar om dan weer die regte van mense met gestremdhede aan te spreek –  wat  gebeur intussen mbt redelike akkommodasie van mense met gestremdhede daagliks?  Die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Wes-kaap lig ons is en gee praktiese idees om voort te bou tov die regte en hulp aan mense met gestremdhede. Kersfees is om die draai! En geskenke word o.a. met kersfees geassosieer. Daar is baie lesse te leer oor die keuses wanneer ons geskenke koop en uit die geskenke kan ook waardevolle lesse spruit. Die bekende Barbie pop het ook nou “’n sussie” met Down Sindroom – hoe word die down sindroom pop ontvang en wat is die doelwit daarmee.
12/10/202323 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 3 Desember 2023

3 Desember is Internasionale dag vir persone met gestremdhede. Fanie du Toit hoor van die uitdagings wat kinders met gestremdhede in die Noord-kaap mee te kampe het. Is die insluiting van kinders met gestremdhede in hoofstroom skole ‘n realistiese beleid om te volg?
12/3/202323 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 26 November 2023

'n Hoogtepunt vir mense met gestremdhede, is dat gebaretaal as die 12e amptelike landstaal aangewys is. Jacqui January hoor van die NID en die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede wat hulle hiervan dink. Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid van selfoontegnologie vir persone met gestremdhede oor alle spektrums. Dr. Karin Smit leef met ‘n gestremdheid, en sy deel haar leefwêreld met ons.
11/26/202322 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 19 November 2023

Lizzy Arends kan net tussen lig en donker onderskei. Sy is ’n professionele masseuse, en gee waardevolle wenke oor hoe om teenoor mense met sigverlies op te tree. Vicki Fourie, ‘n voormalige Mej Dowe SA, praat oor die wonder van kogliêre inplantings, haar drome en hoe sy ander dowes bemagtig.
11/19/202325 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 November 2023

Suster Sandré Jordaan, ’n skoolverpleegkundige, is ma van ‘n tweeling met serebraal gestremdhede. Sy vertel hoe die tekort aan geleenthede vir jongmense met liggaamlike gestremdhede in Suid-Afrika hulle gesin raak. Ons hoor ook van die uitdagings wat sy as ma ervaar. Hoe ontwikkel ‘n ouer die identiteit en gesonde selfbeeld van jou kinders met gestremdhede in ‘n ontoeganklike samelewing? Hanelie Degenaar is ’n spraak- en taalterapeut by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is die organiseerders van die jaarlikse nasionale Outisme-simposium. Sy vertel wat alles by die simposium gebeur.
11/12/202322 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.
11/5/202321 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 29 Oktober 2023

Fanie du Toit praat met Johan du Preez oor die uitdagings van blindes wat alleen bly. Jacqui January hoor by ‘n navorser van die hoofuitdagings vir mense met gestremdhede in die werkplek.
10/29/202320 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 22 Oktober 2023

Fanie du Toit hoor wat die Kaapstad Vereniging vir Blindes doen om mense op te lei. Van die grootste uitdagings is dat mense met gestremdhede steeds nie voldoende in die arbeidsmark gevestig is nie. Van die opleiding sluit in volle toegang tot ‘n slimfoon, en opleiding in Braille, wat steeds relevant is midde in tegnologiese ontwikkeling. Jacqui January vertel van een van die oudste welsynsorganisasies in Suid-Afrika. Die SAVF is vanjaar 119 jaar oud. Daar is vrywilligers wat al langer as 50 jaar lank daar diens doen! Hulle moes doelwitaanpassings maak t.o.v. dienslewering om in pas te bly met 'n veranderende wêreld.
10/22/202324 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023

Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.
10/15/202324 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.
10/8/202323 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 1 Oktober 2023

Fanie du Toit gesels met Andrian Davids wat blind is, en ander siggestremdes bystaan met opleiding en tegniese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Jacqui January vind meer uit oor spierdistrofie.
10/1/202324 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 24 September 2023

Fanie du Toit vind meet uit van  die werksaamhede van die Paarl Skool se Ontwikkelingstigting. Jacqui January gesels met die ma van Hayley Holloway, ‘n energieke en sportiewe dogter, wat vroeër vanjaar met spierdistrofie gediagnoseer is.
9/24/202324 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 17 September 2023

Fanie du Toit hoor van pogings om mense met gestremdhede ekonomies onafhanklik te vestig. Hoe kan dit ontwikkel en volhoubaar in stand gehou word? January gesels met Frank Hunt. Sy vrou leef al vir 17 jaar met Alzheimers se siekte. Hy is besig om ‘n boek te skryf oor hulle lewe saam, en hoe die siekte hulle lewe verander het.
9/17/202322 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 September 2023

Fanie du Toit vertel van die prag en praal van Kaapstad se vlieërfees vir die bewusmaking van geestesgesondheid. Jacqui January kyk na die verskille tussen die simptome van Alzheimers se Siekte en normale veroudering.
9/10/202322 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 3 September 2023

Fanie du Toit gesels met Ronel van Dijk van Paarl Skool oor die gehalte van onderwys en opleiding wat skole vir kinders met spesifieke behoeftes aanbied. Die skool het al vele prestasies gehad, en ons hoor van die sportsoort, boccia. Jacqui January vind meer uit oor swemterapie vir kinders met gestremdhede. Ida van Wyk vertel van die voordele en vaardighede wat swemlesse bied.
9/3/202324 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 27 Augustus 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die rol van maatskaplike werkers in die lewe van mense met gestremdhede. Jacqui January fokos op Loslitdag wat oor 29 jaar miljoene rand ingesamel het vir mense wat leef met gestremdhede.
8/27/202325 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 20 Augustus 2023

Fanie du Toit gesels met Janeke Saunders, die ma van ‘n dowe seun, oor ouerskap met kinders met gestremdhede. Jacqui January fokus op die indien van belastingopgawes. Die sperdatum vir indiening is 26 Oktober, en ons help met inligting en wenke van waarvoor jy alles kan eis.
8/20/202327 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 13 Augustus 2023

Fanie du Toit praat met dr. Emile Gouws oor outisme. Hy leef met outisme, en het onlangs 'n byeenkoms van die Verenigde Nasies bygewoon waar die fokus op die bewusmaking van outisme en die unieke kwaliteite van mense met outisme geval het. Jacqui January gesels met Monica Gerhard, wat Amaliasindroom het - sy is sonder arms en bene gebore. Monica het hulp nodig met mobiliteit, maar doen amper alles op haar eie. Sy werk haar lewe lank, en is steeds baie aktief in haar gemeenskap en help veral mense met gestremdhede.
8/13/202323 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 6 Augustus 2023

Andries van Niekerk vertel van die werksaamhede van Convo met die beskikbaarstelling van aanlyntolkdiense  en kommunikasie vir mense met gehoorverlies. Dis 'n gevorderde tegnologie wat dowes d.m.v. ‘n toepassing op ‘n slimfoon metdie druk van ‘n knoppie aan 'n tolk verbind. Jacqui January  fokus op ‘n besondere vrou. Sy is 21 jaar oud, het klaar gematrikuleer en nou probeer sy op haar eie te spaar om verder te kan studeer. Leandre Vaughnic Kibido, beter bekend as Lallie, leef met albinisme.
8/6/202323 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 30 Julie 2023

Jacqui January gesels met Wilma Paulse en haar seun, Adam, wat op die outismespektrum is, oor tuisonderrig en die hantering en aanvaarding van sy toestand. Fanie du Toit hoor by Atta Humphries van die wêreld van ‘n dowe persoon en die uitdagings van lippelees. Sy verkies gebaretaal, wat onlangs die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika geword het.
7/30/202324 minutes
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 23 Julie 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor tegnologies gevorderde behandeling vir meervoudige sklerose. Jacqui January gesels met Mariaan Kotze en haar  37-jarige dogter, Lenay, wat leef met Williams-sindroom.
7/23/202323 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 16 Julie 2023

Ons wyk uit na die landelike gebiede van Vredendal, waar die Olifantsriviervereniging van en vir mense met gestremdhede vertel van hulle werksaamhede. Die Uniquely Me-kompetisie is ‘n inisiatief wat deur ‘n paar ouers begin is om kinders met gestremdehede op ‘n prettige manier te help met lewensvaardighede soos selfvertroue.
7/16/202321 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 9 Julie 2023

Fanie du Toit vind meer uit van meervoudige sklerose wat komplekse behandeling verg. Daar is nuwe vordering ten opsigte van die behandel, en dinge soos voedsel en dieet word toenemend ingesluit in die diagnose en behandeling. Jacqui January hoor van die werk van maatskaplike werkers, en die opleiding om hulle te help om hulle werk suksesvol te kan doen.
7/9/202326 minutes
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 2 Julie 2023

Fanie du Toit gesels met musikant Phillip Kotze. Phillip se doofheid is oorerflik en hy, sy pa en sy ouma van vaderskant het op dieselfde ouderdom doof geword. Hy vertel van die tegniese aspek van klank, en hoe hy dit hanteer. Jacqui January gesels met 'n jong vrou met ‘n hartkondisie, wat haar noop om al sedert kinderdae met 'n mediese waarskuwingshond te leef wat haar op pas.
7/2/202325 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 25 Junie 2023

Fanie du Toit hoor van 'n gemeenskapsuitreik-organisasie wat onder andere tweedehandse gehoorapparate versprei na mense wat dit nodig het, maar nie kan bekostig nie. Jacqui January fokus op jongmense met gestremdhede en spesiale leeruitdagings. Sy hoor van pogings om ‘n kultuur van menseregte te bevorder vir kinders met spesiale behoeftes.
6/25/202324 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 18 Junie 2023

Fanie du Toit kyk na die maatskaplike uitdagings van mense met gestremdhede in die veraf gedeeltes van die Noord-Kaapse platteland. Jacqui January gesels met jongmense en 'n skoolhoof  by 'n skool wat fokus op fisies gestremde leerders met spesiale behoeftes.
6/18/202328 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 11 Junie 2023

Fanie du Toit praat met Deon Ceronio oor watter toetse gedoen kan word om pasgebore babas se gehoor te toets. Jacqui January het inligting oor ‘n aanlyn gebaretaalwoordeboek  en aanlyn gebaretaalkursusse. Dis Jeugmaand en daar is ‘n pleidooi om jongmense wat leef met doofheid, ‘n kans te gee om die arbeidsmark te betree.
6/11/202322 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 4 Junie 2023

Fanie du Toit praat met 'n gestremde maatskaplike werker oor die uitdagings en diskriminasie toe sy gestudeer het. Jacqui January hoor by 'n paar blinde rolbalspelers wat die sport vir hulle liggaamlik en sosiaal beteken.
6/4/202321 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 28 Mei 2023

Fanie du Toit gesels met Deon Ceronio oor luisteraarsvrae oor die uitdagings en oorwinnings van kogliêre inplantings.  Jacqui January hoor van die ondersteuning en hulp vir versorgers van mense wat leef met demensie.
5/28/202323 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 21 Mei 2023

Fanie du Toit hoor hoe jy jou houding teenoor gestremdes positief kan verander. Die Nasionale Raad van en vir Gestremdes vertel ook van toegangklikheid en ondersteuning in openbare plekke. Jacqui January gesels met twee blinde persone oor die gedragsgewoontes van blindes, en hoe dit benader kan word deur ouers en versorgers. Hulle vertel ook wat hulle die graagste sou wou doen as hulle kon sien.
5/21/202323 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 14 Mei 2023

Fanie du Toit kyk na die rol van die versorger in die lewe van persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n paar jongmense wat werk as vrywilligers by ‘n tehuis in Steinkopf in Namakwaland, om die lewe vir ouerwordende persone en mense met gestremdhede te help vergemaklik.
5/14/202322 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 7 Mei 2023

Jacqui January hoor oor die proses wat ouers moet volg om ‘n kind met gestremdhede in ‘n spesiale skool te plaas. Fanie du Toit gesels met ‘n aktrise, wat vertel van haar rol as iemand wat leef met outisme.
5/7/202324 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 30 April 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die uitdagings waarmee ouers van kinders met gestremdhede te kampe het. Die Blinde Navigator Tydrenklub in Pretoria nooi vrywillige motorbestuurders uit om by die blinde navigatorspan aan te sluit.
4/30/202322 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 23 April 2023

Fanie du Toit gesels met die ma van 'n gestremde seun oor haar persoonlike ervaring van hom asook haar  haar perskeftief as 'n mediese persoon. Jacqui January besoek 'n skool vir blinde leerders op Wêreld Hardop Lees Dag.
4/23/202323 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 16 April 2023

Fanie du Toit vind meer uit van 'n minder sigbare gestremdheid, en die uitwerking daarvan op die persoon, hulle gesin en die gemeenskap. Jacqui January het nuus oor 'n kinderboekvrystelling om bewustheid oor gestremdheid onder kinders te vestig. Die boek handel oor die lewe van 'n ikoniese blinde hooggeregshofregter.
4/16/202320 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 9 April 2023

Fanie du Toit vind uit wat die beste tyd is om kinders vir 'n  gehoortoets te neem. Jacqui January hoor van die rol van radio in die verspreiding van inligting en bronne vir mense met gestremdhede.
4/9/202323 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 2 April 2023

Fanie du Toit vind meer uit van die beroep van proefleser van Brailledokumente. En, Jacqui January hoor van 'n blinde man wat 'n toepassing geskep het om toeganklikheid by winkelsentrums vir blindes te bevorder.
4/2/202322 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 26 Maart 2023

Fanie du Toit kyk weer na die uitdagings ten opsigte van die  versorging van persone met demensie en hulle versorgers. Jacqui January gesels met Deone Erasmus, ‘n blinde vrou wat Suid-Afrika in Engeland gaan verteenwoordig in ‘n lyndans-kampioenskap.
3/26/202322 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 19 Maart 2023

Fanie du Toit kyk na die potensiaal en vaardighede van mense met sigverlies. Jacqui January gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede, wat besighede uitnooi om hulle te nader vir hulp om omvattende toegangklikheid van hulle kantore te verseker.
3/19/202322 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 12 Maart 2023

Fanie du Toit hoor van padveilighied uit die perspektief van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van ‘n organisasie wat bewusmaking en praktiese werk in Pretoria doen vir mense met gestremdhede.
3/12/202322 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 Maart 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor Wêreld Gehoordag wat jaarliks op 3 Maart gevier word. Jacqui January hoor van hulp wat beskikbaar is vir die ouers van kinders met gestremdhede.
3/5/202322 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 26 Februarie 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die toenemende aantal gevalle van verlammende polio en postpoliogevalle in Suidelike Afrika en selfs in New York. Jacqui January gesels met 'n sportafrigter vir blinde krieketspelers, en met gestremde sportmense oor rolbal.
2/26/202323 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 19 Februarie 2023

Fanie du Toit gesels met Hannes de Jager, wat ná 'n rugbybesering in 'n rolstoel is, en vandag steeds sy plek in die gemeenskap volstaan. Jacqui January gesels met pastoor Willie Botha, wat blind is en die land deurkruis om ander positief te inspireer met sy sang en getuienis.
2/19/202324 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 12 Februarie 2023

Fanie du Toit gesels met 'n vrou van kort statuur oor verhoudings tussen mense met gestremdhede en ander persone. Jacqui January vind meer uiot van Boccia, 'n sportsoort vir persone met serebraal gestremdhede. Boccia is 'n teikenbalsport wat soortgelyk is aan rolbal.
2/12/202319 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 Februarie 2023

Fanie du Toit vind meer uit van dienste vir gestremdes in die Noord-Kaap. Jacqui January vertel van 'n skool vir leerders met erge verstandelike gestremdhede, en planne om hulle ná skool voor te berei vir die arbeidsmark.
2/5/202322 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 29 Januarie 2023

Fanie du Toit kyk verder na die terme en titels wat aanvaarbaar is vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Weskus-gemeenskap wat die pad na die vuurtoring skoonmaak vir rolstoelgebruikers.
1/29/202321 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 22 Januarie 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die benamings wat gebruik behoort te word met verwysing na mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde paartjie oor die bevordering van rolbal onder siggestremde mense.
1/22/202323 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 15 Januarie 2023

Fanie du Toit kyk na die sigma wat kleef aan siggestremde persone in die werkplek. Jacqui January fokus op toeganklikheid vir persone met rolstoele by toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap.
1/15/202322 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 8 Januarie 2023

Fanie du Toit gesels met twee vroue met dieselfde diagnose, sigverlies, -wat totaal verskillende ervarings daarvan het. Jacqui January vind meer uit van die toeganklikheid van nasionale parke vir mense met gestremdhede.
1/8/202319 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 1 Januarie 2023

Fanie du Toit se gas, Jeanne Nel, beantwoord luisteraarsvrae oor demensie. Jacqui January win praktiese raad in oor hoe om jou ingesteldheid te verbeter ten opsigte van die uitdagings waarmee jy saamleef.
1/1/202322 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 25 Desember 2022

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede, en hoe hulle letterlik in mekaar se voetspore en rolstoele meeleef. Jacqui January gesels met 'n vrou met albinisme, oor haar aktivisme en haar omgee en liefde vir Kersfees.
12/25/202223 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 18 Desember 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die werksgeleenthede van die Ocean View Vereniging vir Mense met Gestremdhede, en hoe vissermanne ook hierby betrek word. Jacqui January hoor van die betrokkenheid van kinders met gestremdhede in familie-kersfeesvierings.
12/18/202221 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 11 Desember 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die Jo-Dolphin Swartland Vereniging vir Persone met Gestremdhede in Malmesbury. En Jacqui January hoor van bestuurderslisensies vir persone met liggaamlike gestremdhede.
12/11/202222 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 4 Desember 2022

Fanie du Toit kyk na wetgewing oor die aanspreekvorms van persone met gestremdhede en die terms wat gebruik word vir gestremdhede. Jacqui January vind uit meer van Badisa, 'n organisasie wat professionele maatskaplike dienste aan die mees kwesbare persone lewer.  Wat is hulle fokus in die maand waar bewustheid gekweek word vir die regte vir persone met gestremdhede?
12/4/202222 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 27 November 2022

Fanie du Toit vind meer uit van gids-, diens- en ondersteuningshonde vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Braille-museum, 'n eerste vir Suid-Afrika, wat onlags sy deure geopen het.
11/27/202224 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 20 November 2022

Fanie du Toit kry praktiese raad oor geestesgesondheid en selfdood. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat dit haar lewenstaak maak om kinders met gestremdhede en leeruitdagings en hulle te help.
11/20/202224 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 13 November 2022

Fanie du Toit gesels met Sandra Prinsloo, wat met haar eenvrou-vertonings nou ook mense met gestremdhede betrek en bloot stel aan die verhoog. Jacqui January hoor van die nie-regeringsorganisasie, Loud Ability, wat mense met gestremdhede deel maak van musiekopvoerings om sodoende hulle talente te ontwikkel.
11/13/202219 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 6 November 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor geestesgesondheidsprograme vir kinders en jongmense. Jacqui January gesels met Heiron Joseph. Hy is sedert 'n duikongeluk 'n kwadrupleeg. Deesdae is hy ‘n mondkunstenaar, en het onlangs sy werk in Switserland uitgestal.
11/6/202224 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 30 Oktober 2022

Wat behels die Intersektorale Globale Aksieplan en hoe kan mense met ‘n neurologiese gestremdheid, soos epilepsie, daarby baat? Vicki Fourie, 'n voormalige Mej. Dowe SA, woeker om 'n groot impak te maak op sowel die dowe as die horende gemeenskap. Sy het ‘n Bybelskool in die Oos-Kaap gestig, en bied skryfklasse aan vir mense met gehoorgestremdhede.
10/30/202223 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 23 Oktober 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die impak van elektriese hipersensitiwiteit. En, Jacqui January hoor van hoofstroomonderwys wat inklusief is vir verskillende leer- en ontwikkelingsareas.
10/23/202223 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 16 Oktober 2022

Die nasionale Dowe krieketspan is terug van 'n toernooi in Dubai. Ons gesels met die afrigter oor die toernooi en die afrigting van persone met gehoorgestremdhede. Ons hoor van die uitdagings van die ORION-organisasie in Atlantis, ‘n veilige tuiste vir volwassenes wat leef met gestremdhede.
10/16/202223 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 9 Oktober 2022

Fanie du Toit kyk na die alternatiewe behandeling en tuisversorging van demensie. Jacqui January hoor van 'n positiewe uitkoms nadat Blind SA die Konstitusionale Hof genader het oor kopieregwetgewing wat siggestremde persone van toegang tot leesstof op die internet weerhou.
10/9/202222 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 2 Oktober 2022

Fanie du Toit kyk na die uitdagings van ouers met kinders met gestremdhede, en die ondersteuning wat aan mekaar gebied kan word. Jacqui January gesels met Velia Venter van Lambertsbaai oor haar drome en loopbaan, en van die uitdagings en suksesse op haar pad.
10/2/202219 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 25 September 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die vordering met toegangklikheid van openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor wat Loslitdae vir die mense van Namakwaland beteken.
9/25/202222 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 18 September 2022

Die program vier sy 1,250ste uitsending! Jacqui January en Fanie du Toit gesels met Louise Jooste en Kobus Burger van RSG en vorige deelnemers oor van die hoogtepunte, en die bewusmaking wat deur die program gekweek word.
9/18/202221 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 11 September 2022

Fanie du Toit hoor van die wonderlike verhouding tussen kinders met outisme en ‘n dierbare vriend – ‘n hond. Alle aanduidings is dat die verhouding ‘n positiewe impak het op kinders wanneer hulle angstig is. Jacqui January gesels met ‘n mamma wat kreatief geraak het nadat haar seun met outisme gediagnoseer is. Sy het ‘n eiesoortige kompetisie, Uniquely Me Pageant, begin om mense met gestremdhede te help om hulle selfbeeld te bou en selfvertroue te kweek. Met die geld wat hierdeur ingesamel word, help sy om rolstoele aan kinders te verskaf.
9/11/202222 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 4 September 2022

Fanie du Toit vind meer uit van die dienste wat die Kaapstadse Vereniging vir Persone met Gestremdhede aanm sy lede en hulle families lewer. Jacqui January gesels met Mej. Rolstoel SA oor die bewusmaking van spierdistrofie. Sy vertel ook van die kompetisie waar sy Suid-Afrika in Meksiko gaan verteenwoordig.
9/4/202222 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 28 Augustus 2022

Loslitdag vier van vanjaar sy 28ste bestaansjaar! Meer as 600 organisasies, spesifiek vir mense met gestremdhede, word finansieel bevoordeel deur hierdie belangrike projek. Arthur McGee is aangewys as SA Krieket se Dowe Krieketspeler vir 2022. Hy het op driejarige ouderdom doof geword, en leef vandag voluit met twee kogliêre inplantings. Hy is eerstejaar ingenieurstudent aan die Universiteit van Pretoria, en gaan in September saam met die SA Dowe Krieketspan Suid-Afrika in Dubai op die krieketveld verteenwoordig.
8/28/202221 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 21 Augustus 2022

SARDA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat perdryterapie verskaf aan mense met spesiale behoeftes. Hulle word gekonfronteer met baie uitdagings, ondermeer ‘n grondeis, maar die organisasie beur voort om dienste, al vir byna 50 jaar, aan gestremdes te lewer. Hoe kan ‘n trustfonds gestruktureer word om voorsiening te maak vir ‘n persoon met 'n gestremdheid wanneer hulle voog of voorsiener tot sterwe sou kom?
8/21/202219 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 14 Augustus 2022

‘n Maatskaplike werker vertel van demensie, ‘n meer onsigbare vorm van gestremdheid. Sy vertel van die vroeë simptome, die risikos en voorkomingsmaatreëls. Jacqui January vertel die storie van 'n blinde persoon se ervaring by 'n internasionale danskompetisie.
8/14/202223 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 7 Augustus 2022

Arbeidsterapeut Marianne Heese vertel van Whatsapp- en aanlyngesprekke en opleiding om ouers te help met die opvoeding van hulle gestremde kinders. Johanni Meiring het twee kinders op die outismespektrum. Sy praat oor die uitdagings en die gewaarwording dat dinge anders as ander gesinne vir hulle sal wees.
8/7/202223 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 31 Julie 2022

Fanie du Toit kyk na die uitdagings van minder sigbare gestremdhede, soos demensie. 'n Pa met twee seuns op die outismespektrum vertel van die uitdagings, en hoe Hokkie vir Outisme begin het.
7/31/202222 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 24 Julie 2022

Fanie du Toit gesels met ‘n paramedikus wat ‘n rolstoelgebruiker is. Hy vertel onder meer hoe hy homself by trappe ophelp met sy hande. Jacqui January gesels met ‘n skoolhoof wat ‘n skool vir leerders met verstandelike gestremdhede moes vestig. Hy het onlangs afgetree, en deel van sy ervarings.
7/24/202221 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 17 Julie 2022

Janet Hauman is ‘n oudioloog van Kimberley wat leef met gehoorverlies. Sy vertel van die uitdagings om in openbare plekke met toestelle oor die weg te kom, en dit optimaal te gebruik. Sy praat ook oor die lis-sisteem klankstelsel, en gee praktiese wenke om toegangklikheid en deelname in kerke vir persone met gestremdhede te bevorder en te verbeter. ‘n Belastingkenner vertel hoe om mediese krediete te eis vir ‘n familielid of iemand anders wat leef met ‘n gestremdheid.
7/17/202225 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 Julie 2022

Dr. Ambrose Swartbooi het ná ‘n motorongeluk 'n radioloog geword. Hy kom deesdae oor die weg met behulp van sy rolstoel, maar dit hou hom glad nie terug om sy werk na die beste van sy vermoë te doen nie. Jaco Neethling is ‘n gholfafrigter. Sy passie is om mense met gestremdhede opleiding te gee in gholf. Die SA Vereniging van Gholf vir Persone met Gestremdhede doen bewusmaking vir die sport onder mense met gestremdhede.
7/10/202224 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 3 Julie 2022

Fanie du Toit gesels met Sonja van Wyk van die Meerhofskool vir kinders wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n selfopgeleide mondskilder. Sy is in ‘n rolstoel en kan net haar kop beweeg.
7/3/202226 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 26 Junie 2022

Die Meerhof Skool vir kinders met gestremdhede langs die Hartbeespoortdam, was ‘n hospitaal tydens die Twee Wêreldoorlog. Daar is 245 leerders van graad R tot graad 12. Hy vertel van die skool se geskiedenis en wat hulle behoeftes is. Blind SA het verlede jaar 75 jaar oud geword. Hulle bied broodnodige hulp met werksoek en ander ondersteuning aan blind en siggestremde persone. Hulle is in die proses om ‘n opleidingsentrum in Brixton, Johannesburg, te vestig vir persone met siggestremdhede.
6/26/202224 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 19 Junie 2022

Veronica Pronk en Anel Stofberg vertel van die werksaamhede van die Kaapstadse Vereniging vir Blindes, wat al 93 jaar lank mense met visuele gestremdhede bystaan. Hulle bied opleidingskursusse aan wat nasionaal erken word. Werk word ook gedoen om die publiek te bemagtig met inligting om onkunde te verminder  sodat die houding teenoor mense met gestremdhede positief kan verander. Pearl Heyns is 'n siggestremde toerismebeampte by die Namakwa Distriksmunisipaliteit. Sy help uit die aard van haar gestremdheid om die bedryf en die gemeenskap bewus te maak van die rol van, en ondersteuning aan gestremdes.
6/19/202222 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 12 Junie 2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, wat die afgelope 85 jaar ondersteuning en hulp aanbied. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwasse persone met verstandelike en liggaamlike gestremdhede in Mpumalanga.
6/12/202224 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 Junie 2022

Fanie du Toit gesels met Janine Stampher van Camphill Village aan die Weskus. Dit is in 1964 gevestig, en was die eerste sentrum vir gestremde volwassenes in Suid-Afrika. Hulle maak plaasprodukte, en is veral bekend vir hulle rogbrood. Jacqui January gesels met Jessica en Johannes Gribb, ‘n blinde paartjie wat voluit lewe en nou goud los geslaan het in die Nasionale Rolbalkampioenskap in die afdeling vir paartjies. Hulle vertel hulle verhaal met humor en ‘n positiewe ingesteldheid.
6/5/202225 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 29 Mei 2022

Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die hantering van gestremde en nie-gestremde kinders in dieselfde huishouding. Jacqui January vind meer uit van die maatskaplike dienste wat Badisa aan die mees kwesbare persone lewer. Hulle sorg vir ouer mense met funksionele gestremdhede en jong kinders en gesinne in nood.
5/29/202222 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 22 Mei 2022

Fanie du Toit gesels met Tersia de Kok oor die hearX Stigting. Hulle fokus op die bewusmaking van wat blootstelling aan geraas vir lang periodes aan jou gehoor doen. Jacqui January gesels met Alcinon Cloete van Steinkopf in Namakwaland oor die Namaqua Wheelchair Clinic, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat rolstoele te herwin, herstel en onderhou vir behoeftige mense. Dit is die enigste maatskappy in Namakwaland wat hierdie soort ondersteuning bied.
5/22/202225 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 15 Mei 2022

Die Tygerberg Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede bestaan al sedert 1932.  Van die grootste uitdagings waarmee hulle te kampe het, is openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Gebaretaal word by die Universiteit van die Vrystaat aangebied, en sowel doawe as horende studente kan in die vak fokus tot op doktorale vlak. Daar is nou ook ‘n aanlynkursus beskikbaar vir die publiek wat gebaretaal wil leer. Handgebare word uitgebeeld in die emojis op ons slimfone - dra dit enigsins by tot ‘n kultuur van gebaretaal?
5/15/202226 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 8 Mei 2022

Akteur Erik Holm vertel van sy houtdraaiwerk, en hoe hy as kwadrupleeg weer moes leer om kitaar te speel. Aniki Theart is ‘n dansinstruktrise en afgetrede onderwyseres. Sy het n.a.v. haar eie uitdagings begin dans, leer nou vir kinders met gestremdhede om ook te dans.
5/8/202225 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 1 Mei 2022

Fanie du Toit gesels met akteur Erik Holm oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk waarin hy sy nek gebreek het. Jacqui January gesels met 'n joernalis en skrywer oor navorsing wat is gedoen is oor die impak wat verslagdoening oor geestesongesteldhede op joernaliste het.
5/1/202225 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 24 April 2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, en 'n projek vir werkskepping vir persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met rolbalspeler Herman Scholtz. Hy het slegs 5% sig, en is al plaaslik en internasionaal bekroon vir sy vaardighede as rolbalspeler.
4/24/202222 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 17 April 2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van Epilepsie SA. Jacqui January gesels met 'n enkelma oor die uitdagings van ouers met kinders met spesiale behoeftes en gestremdhede.
4/17/202222 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 10 April 2022

Fanie du Toit kry antwoorde na aanleding van luisteraarsvrae oor die rabat op die invoer van aangepaste voertuie. Emile Gouws gesels ook saam oor outisme. Jacqui January gesels met 'n boervrou wat, ná 'n motorongeluk, 'n tetrapleeg is.
4/10/202223 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 3 April 2022

Fanie du Toit gesels met Jakkie Pieters, 'n rolstoelgebruiker, oor onsekerhede en ondersteuning ná 'n traumatiese ongeluk. Jakkie gee ook praktiese raad en idees oor die hantering van 'n gestremdheid. Jacqui January hoor van Deone Erasmus, wat siggestremd is, en haar seun wat Suid-Afrika in Julie by die Wêreld Lyndanskompetisie in Engeland sal verteenwoordig.
4/3/202226 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 27 Maart 2022

Fanie du Toit praat met  Gavin Davids oor die werksaamhede van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede in die Vrystaat. Jacqui January gesels parapleeg Brunhild Strauss.  Hy vertel van sy deelname aan ‘n 109 km fietsresies om geld in te samel vir rolstoele vir mense in sy gemeenskap in Namakwaland.
3/27/202225 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 20 Maart 2022

Fanie du Toit gesels met 'n ma oor haar verhouding met haar dogter wat Downsindroom het. Sy vertel ook van die verhouding met die ander kinders in die gesin. Jacqui January kyk na Meervoudige Sklerose. Wêreldwyd kry meer vroue as mans dit, en dis ongehoord in die meeste Afrikalande en lande naby die ewenaar.
3/20/202226 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 13 Maart 2022

Fanie du Toit praat met Emile Gouws, wat met outisme gediagnoseer is. Hy is aangewys as raadslid van die  Internasionale Outistiese Navorsingsraad. Jacqui January leer meer van van die interessanthede van gebaretaal, soos die rol van 'n werkwoord  en gebaretaal as 'n universele taal.
3/13/202224 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 6 Maart 2022

Fanie du Toit vind meer uit oor post-polio-sindroom en hoe dit behandel word. Jacqui January gesels met Yolande van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Oudioloë oor Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier is. Sy vertel van die hoofoorsake van gehoorverlies, waarvan geraas bo aan die lys is. 
3/6/202223 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 27 Februarie 2022

Fanie  du Toit kyk na die outismespektrum, en idees vir  gestruktureerde dramaterapie. Jacqui January gesels met ‘n ma oor haar tienjarige seun met spesiale behoeftes. Sy vertel van die waardevolle lesse wat sy by haar seun geleer het,  wat nie die vermoë het om homself in woorde uit te druk nie.
2/27/202225 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 20 Februarie 2022

Fanie du Toit kyk na redelike akkomodasie in die werkplek. Sy gas vertel van die leemte t.o.v. die bewusmaking vir die behoeftes en benodigdhede van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor watter hulp daar is vir volwassenes met gestremdhede om 'n profiel op die internet op te stel vir werkplasing. Die profiel is toegangklik vir werkgewers deur 'n eenvoudige elektroniese proses.
2/20/202224 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 13 Februarie 2022

Fanie du Toit kyk na die opleiding van gidshonde en hoe siggestremdes te werk kan gaan om te registreer vir 'n gidshond. Jacqui January gesels met 'n vrou wat haar vierjarige babaseuntjie aan die dood moes afstaan a.g.v. 'n seldsame kanker. Sy vertel van die gesin sy uitdagings, en van Rainbows and Smiles wat ondersteuning en hulp aan ouers bied.
2/13/202225 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 6 Februarie 2022

Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat serebraal gestremd is. Sy vertel van die verskilllende uitdagings van volwassenes en kinders met hierdie toestand. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid, aanvaarding en selfverryking om met jou uitdagings en gestremdhede saam te leef.
2/6/202224 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 30 Januarie 2022

Fanie du Toit kyk na die ondersteuning, hulp en praktiese raad wat die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede aan gestremdes bied. Jacqui January kyk na die aanpasbaarheid van kinders met gestremdhede by skole en in koshuise.
1/30/202224 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 23 Januarie 2022

Fanie du Toit hoor van die uitdagings van nieregeringsorganisasies en die dienste van die Nasionale Departement van/vir Persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir mense met gestremdhede om opgelei en geplaas word te word in die arbeidsmark.
1/23/202224 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 16 Januarie 2022

Fanie du Toit hoor van 'n onafhanklike sentrum wat 'n tuiste bied en hulp verskaf aan mense met mobiliteitsuitdagings. Jacqui January hoor van die Kaapstad Vereniging vir Persone met Fisiese Gestremdhede, wat help met basiese voedselnood.
1/16/202221 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 9 Januarie 2022

Fanie du Toit hoor van die werksaamhede en uitreikaksies van die Upington en Benede Oranjerivier vereniging vir persone wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat spesialiseer in gebaretaalonderrig. Sy vertel van die uitdagings en interessanthede om 'n taal aan gehoorgestremde studente te leer.
1/9/202223 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 2 Januarie 2022

Fanie du Toit gesels met 'n kwadrupleeg wat ondersteuning bied aan ander met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n parapleeg wat in die Wes-Kaap reis. Hy gee terugvoer oor die toegangklikheid van die toeristegeriewe vir mense met gestremdhede.
1/2/202221 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 26 Desember 2021

Marlene Swiegers vertel van die uitdagings wat met outisme gepaardgaan, met spesifieke verwysing na ouers en opvoerders. Tamelyn Bock is gekroon as Mej. Rolstoel SA. Sy vertel van die swaarkry en lekkerte om aan dié kompetisie deel  te neem. Sy sal Suid-Afrika in Oktober 2022 in Mexiko verteenwoordig.
12/26/202124 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 19 Desember 2021

Erica en Petra du Toit verduidelik definisies en terminologie van gestremdheid, en die beleid en wetgewing daaroor. Kayla Beukes gee hulp en raad aan ouers van kinders met gestremdhede. Sy het die leemte ervaar toe haar seuntjie met ‘n spinale koord-besering gebore is.
12/19/202123 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 12 Desember 2021

Fanie du Toit praat met Rechelle Mars oor geslagsgebaseerde geweld teen persone wat leef met gestremdhede, hulle kwesbaarheid, en hoe hulle bemagtig kan word. Jacqui January gesels met 'n ma-en-dogter-span. Cindy Engelbrecht, wat leef met Downsindroom, het onlangs 30 jaar oud geword. Dié Paralimpiese atleet het vele medaljes plaaslik en internasional verower. Sy vertel van haar Wonder Woman-partytjie, en hoe sy steeds oor hoër hoogtes droom.
12/12/202121 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 5 Desember 2021

Fanie du Toit hoor van die jongste navorsing en hulp vir Alzheimers en demensie. En Jacqui January hoor van eenvoudige idees en raad ter versorsing van jou oë.
12/5/202124 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 28 November 2021

Fanie du Toit hoor van waardevolle inligting en wetgewing wat beskikbaar is vir persone met gestremdhede wanneer hulle slagoffers van misdaad sou word. Jacqui January gesels met Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee oor haar wêreldrekord, haar sportloopbaan en haar leefwêreld.
11/28/202124 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 21 November 2021

Fanie du Toit vond meer uit van die jaarlikse outismesimposium. Navorsers, ouers, volwassenes met outisme, professionele mense en versorgers werk saam om praktiese raad en hulpmiddele te vind. Jacqui January gesels met Johannes Grib en sy vrou Jessica. Hy is blind en sy is doofblind is. Hulle vertel van hulle gidshonde, en die belangrikheid van die honde as lewensbelangrike hulpmiddele.
11/21/202124 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 14 November 2021

Helpende Hand is 'n organisasie wat gemeenskapsontwikkeling bevorder. Die netwerk wat hulle vestig, help ook vir 'n veilige tuiste vir en ondersteuning aan persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde man en sy vrou, wat doofblind is. Dié twee ry fiets en help met bewusmaking en om geld in te samel vir gidshonde.
11/14/202127 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 7 November 2021

Fanie du Toit hoor van die Media-ontwikkeling en diversiteitsagentskap wat gemeenskapsradiostasies  inspan vir kommunikasie met gestremdes. Jacqui January hoor van 'n jaarlikse fietsresies waaraan mense met gestremdhede ook deelneem ter ondersteuning, bewusmaking en fondswerwing vir die opleiding van gidshonde.
11/7/202125 minutes, 1 second
Episode Artwork

Leefwêreld van die gestremde 31 Oktober 2021

Fanie du Toit hoor by Epilepsie SA van die nuwe idees wat op die horison is vir persone met gestremdhede. Jacqui January kyk na die geestesgesondheid van persone wat leef met gehoorverlies en doofheid. Word hulle anders as siende persone deur geestesongesteldheid geraak?
10/31/202124 minutes, 1 second