Winamp Logo
Groeipyne Cover
Groeipyne Profile

Groeipyne

Afrikaans, Education, 1 season, 513 episodes, 1 day, 47 minutes
About
Hoe praat mens met kinders oor die dood? Hoeveel moet kinders betrokke wees by die begrafnis? Watter voorsorg kan ’n mens tref dat kinders nie emosionele en sielkundige letsels opdoen by die afsterwe van ’n geliefde nie?
Episode Artwork

Groeipyne 16 Mei 2024

Wat maak ek as ouer van ‘n voorskoolse kind met leeruitdagings? Hennie Mentz, die bestuurshoof van Curro Uitzicht, ‘n leerondersteuningskool in Kaapstad, gee raad.
5/16/202424 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 Mei 2024

Milanie Vosloo, projekbestuurder van Afrikaans.com, praat oor die belangrike rol wat ma's speel in die holistiese ontwikkeling van hulle kinders.
5/9/202420 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 Mei 2024

Ons fokus op die belangrike rol wat grootouers speel in die grootmaak van kinders. En, van watter ouderdom af mag kleintjies by oupa en ouma oornag? Sielkundige Fiona Doman-Olivier het die antwoorde.
5/2/202422 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 25 April 2024

Ons sit die gesprek oor die seksuele mishandeling en uitbuiting van kinders voort. Edith Kriel, die bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Jellybeanz, vertel van die werk wat hulle met jong slagoffers en hulle gesinne doen.
4/25/202422 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 18 April 2024

Suid-Afrikaanse kinders is van die kwesbaarste ter wêreld. Statistiek dui daarop dat een uit elke drie kinders voor die ouderdom van 18 jaar seksueel mishandel word. Edith Kriel, die bestuurshoof  van Jellybeanz, praat oor die uitwerking hiervan op kinders en gesinne, asook die werk wat hulle doen.
4/18/202423 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 11 April 2024

Die fokus is op die seksuele uitbuiting en misbruik van kinders. Ouers wil weet hoe om hulle kinders te bemagtig. Fanie Viljoen, skrywer van die kinderboek DIE DAG AS DIE DRAAK KOM, deel van sy insigte en navorsing vir die boek.
4/11/202420 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 4 April 2024

Die tweede kwartaal van die skooljaar het begin, en die kleintjies is terug by die kleuterskool. Kleinkinder-onderrigspesialis Yolandi van den Heever gee raad oor hoe om weer in 'n roetine te kom, en wat om in die klaskamer te verwag.
4/4/202420 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 28 Maart 2025

Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, gee raad oor kinders met leer-struikelblokke. Sy verduidelik ook hoe die Kinderwet ouers en skole se verantwoordelikhede ten opsigte van leer en onderrig uiteensit.
3/28/202424 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 21 Maart 2024

Die eerste kwartaal van die nuwe skooljaar is verby, en leerders het hulle vorderingsverslae ontvang. Hoe moet ouers van kinders in die pre- en grondslagfase hierdie rapporte interpreteer? Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, het raad.
3/21/202421 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 14 Maart 2024

Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor die ontwikkeling van kinders se leesvaardighede.
3/14/202425 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 7 Maart 2024

Ouervervreemding is ‘n verskynsel wat ‘n verwoestende uitwerking op gesinne en families kan hê. Marietjie Havenga, ‘n onderrig- en leerspesialis van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, het navorsing hieroor gedoen, en deel haar insigte vanuit ‘n onderwysperspektief.
3/7/202425 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 29 Februarie 2024

Spraakterapeut en skrywer Christien Neser deel haar insigte oor die angs-toestand, selektiewe mutisme, uit gevallestudies, en gee raad aan onderwysers oor hoe om kinders met SM in die klaskamer te help.
2/29/202425 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 22 Februarie 2024

Kliniese sielkundige en spelterapeut Jo-Marie Bothma werp meer lig op selektiewe mutisme, ‘n angstoestand wat veroorsaak dat jong kinders so te sê stom word in sekere situasies.
2/22/202425 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 15 Februarie 2024

Ons fokus op lees, en die rol wat ‘n gemeenskap-ontwikkelingsorganisasie speel om kinders se leesvermoë te verbeter. Chareldine van der Merwe, die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, vertel van die werk wat hulle doen.
2/15/202424 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 8 Februarie 2024

Ons fokus op die omstrede Bela-wet, wat veral Afrikaanse skoolgemeenskappe warm onder die kraag het. Hou dit ‘n bedreiging vir moedertaalonderrig in? Daan Potgieter, bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, en Milanie Vosloo, Afrikaans.com se projekbestuurder, vertel meer.
2/8/202422 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 1 Februarie 2024

Wat is van die faktore wat jou kind se spraak-en taalontwikkeling kan belemmer?
2/1/202425 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 25 Januarie 2024

Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, gee raad oor hoe om peuters en kleuters te dissiplineer.
1/25/202424 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 18 Januarie 2024

Die nuwe akademiese jaar het begin en in hierdie week se Groeipyne fokus ons op roetine om ons weer aan die gang te kry. 'n Spesialis in voorskoolse onderwys en kleuterskoolonderwyser, Yolandi van den Heever deel haar insigte en gee ook waardevolle raad.
1/18/202423 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 11 Januarie 2024

Hierdie week kyk ons vir oulaas terug op die Groeipyne hoogtepunte van 2023 en herkou ons aan die insigte en wenke van kenners oor verskeie onderwerpe.
1/11/202423 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 4 Januarie 2024

So met die aanvang van ‘n nuwe jaar kyk ons terug op die Groeiipyne hoogtepunte van 2023 en herkou ons aan die insigte en wenke van kenners oor verskeie onderwerpe.
1/4/202425 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 21 Desember 2023

Die jaar is amper verby en in retrospek kan ons nou baie van die jaar se gebeure – en die inpak daarvan op ons gesin – in perspektief plaas. Sielkundige Fiona Doman Olivier herinner ons aan wat saak maak en hoe om alles mooi op te weeg en te besin.
12/21/202323 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 14 Desember 2023

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
12/14/202322 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 7 Desember 2023

In hierdie week se Groeipyne sit ons ons gesprek rondom neuro-diverse kinders en meer spesifiek kinders met outisme voort. Arbeidsterapeut Armandi Kotze deel haar insigte en gee raad.
12/7/202323 minutes
Episode Artwork

Groeipyne 30 November 2023

In hierdie week se Groeipyne fokus ons op neuro-diversiteit en veral kinders met outisme. Arbeidsterapeut Armandi Kotze deel haar insigte en gee raad.
11/30/202325 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 23 November 2023

Ons fokus weer op sensoriese integrasiedisfunksie, en gesels met die ma van ‘n seuntjie wat op tweejarige ouderdom gediagnoseer is. Die historikus en biograaf, Lindie Koorts, deel hulle persoonlike reis met ons.
11/23/202324 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 16 November 2023

Wanneer is die regte tyd vir potjie-afrigting (potty training), en waar begin ‘n mens? Die vroeë kinderontwikkelingspesialis, Yolandi van den Heever, gee raad.
11/16/202323 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 November 2023

Die meeste van ons was as kinders bevoorreg om 'n pop of twee te kon hê, en herinneringe hieraan kan dikwels jou hart warm laat klop. Kliniese sielkundige dr. Jo-Marie Bothma praat oor die talle voordele verbonde aan popspeel.
11/9/202325 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 November 2023

Charlize Calitz, die RR-graadhoof by Skuilkrosies, Laerskool Skuilkrans se Vroeë Kinder-ontwikkelingsentrum, praat oor kreatiwiteit in die kleuterskoolklaskamer.
11/2/202324 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 26 Oktober 2023

Elke jaar wonder ouers van graad R-kinders of hulle kinders werklik skoolgereed is. Dis ʼn baie moeilike situasie omdat jy moet besluit oor iets wat moontlik ʼn groot impak kan hê op die toekoms van jou kind, vir wie jy wil net die heel beste wil hê. Kleuterskoolhoof Marietjie Havenga deel 'n paar riglyne wat ouers en onderwysers kan gebruik wanneer hulle die groot besluit moet maak.
10/26/202324 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 19 Oktober 2023

Ons fokus ons op die LSD-benadering vir voorskoolse kinders: Liefde, Sekuriteit, Dissipline. Dr. Elsabe Wessels verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde verduidelik wat dit behels.
10/19/202325 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 12 Oktober 2023

Sommige kinders met sensoriese integrasiedisfunksie het 'n afkeer aan sekere soorte kos, wat kan lei tot 'n beperkte maaltydplan. Dieetkundige Christa Dunn het raad.
10/12/202325 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 5 Oktober 2023

Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank deel haar gesin se reis met disleksie, en gee raad oor hoe om dit te hanteer.
10/5/202325 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 28 September 2023

Spraakterapeut en skrywer Christien Neser praat oor voordele wat moedertaal en moedertaalonderrig vir kinders inhou.
9/28/202323 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 21 September 2023

Ons fokus op die Noordwes-Universiteit se Vroeë Kinderopvoeding Leerfees. Dis 'n Inisiatief om betrokkenheid, kennisontginning en sosiale relevante leer vir almal in die veld te bevorder. Dr. Andri Schoonen van NWU se Fakulteit Opvoedkunde het al die inligting.
9/21/202322 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 14 September 2023

Ons fokus op kleuterskool-gereedheid. Wat is die ideale ouderdom om jou kind kleuterskool toe te stuur? Hoe berei jy hom en jouself voor vir dié groot stap? Marietjie Havenga, 'n kleuterskoolhoof van Pretoria, gee raad en deel waardevolle wenke.
9/14/202325 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 7 September 2023

Wat is sensoriese integrasie met betrekking tot voorskoolse kinders? Wat word bedoel met sensoriese integrasiedisfunksie? Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank beantwoord ons vrae.
9/7/202324 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 31 Augustus 2023

Daar is al baie gesê oor die belangrike rol van taal-en leesvaardighede as belangrike boustene vir kinders se ontwikkeling. So ook wiskunde. Ons fokus op die ontwikkeling van wiskundige vaardighede by peuters en kleuters, met remediërende terapeut en skrywer, Reinette Lombard.
8/31/202324 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 24 Augustus 2023

Kinderkinetikus Karyna le Roux vertel van speletjies en buitemuurse aktiwiteite om peuters en kleuters weer aktief te kry ná die winter.
8/24/202325 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 17 Augustus 2023

Daar is baie ouers van voorskoolse kinders wat nou hulle opsies opweeg oor kleuterskole vir aanstaande jaar, en wat die beste is vir hulle kinders. Of dalk is jy 'n tuisbly ma of pa? Vroeëkinderontwikkelingspesialis Yolandi van den Heever deel haar kennis hieroor.
8/17/202325 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 10 Augustus 2023

Aktrise Juanita de Villiers en radiopersoonlikheid Christelle Webb-Joubert vertel van hulle breinkind, Lekker Luister. Dis 'n platform waarop kinders na oudiostories met karakters, klank en musiek kan luister.
8/10/202325 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 3 Augustus 2023

Ons fokus op die brein se chrono-sensor, wat onder meer daarvoor verantwoordelik is om chronologiese, tydsverloop en ritme-inligting te versamel en te verwerk.
8/3/202325 minutes
Episode Artwork

Groeipyne 27 Julie 2023

Ons fokus op kinders met spesiale leerbehoeftes en uitdagings. Ronel van Dijk van die Paarl Skool gesels passievol oor dié skool en sy leerders.
7/27/202325 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 20 Julie 2023

Ons kyk na die onskatbare waarde van musiek in die ontwikkeling van voorskoolse kinders. Magdalene Minnaar, sopraan en artistieke direkteur van Kaapstad Opera, vertel van haar projek om klassieke musiek en opera aan jong kinders bekend te stel.
7/20/202323 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 13 Julie 2023

Daar is 'n magdom inligting op die internet beskikbaar om ouers van voorskoolse kinders te bemagtig. Hoe betroubaar is daardie inligting? Anthea Fredricks gesels met die mense van Afrikaans.com, 'n aanlynplatform waar Afrikaanses met die druk van 'n knoppie geholpe kan raak. Ons hoor ook by kinderontwikkelingspesialis Yolandie van den Heever van boeliegedrag en wat gemaak met 'n klein kind wat byt.
7/13/202325 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 6 Julie 2023

Ons fokus op kinderontwikkeling en liggaamlike funksionaliteit met arbeidsterapeut Charlene Cruickshank. Sy vertel waarom dit belangrik is om klein huistakies aan jou voorskoolse kind toe te vertrou.
7/6/202325 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 29 Junie 2023

Ons fokus op die belangrike rol wat ouers speel om 'n liefde vir lees by hulle kinders aan te wakker, en hoe tradisionele boeke die leeservaring kan verryk. Spraakterapeut en skrywer Christien Neser vertel meer.
6/29/202326 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 22 Junie 2023

Joey de Villiers, wat as baba aangeneem is, neem ons op 'n persoonlike reis van aanneming.
6/22/202326 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 15 Junie 2023

Ons kyk in diepte na voorskoolse kinders se emosionele welstand. Kliniese sielkundige en spelterapeut, Jo-Marie Bothma, help ons om ons kinders se emosies beter te verstaan.
6/15/202325 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 8 Junie 2023

‘n Vyfjaarlikse internasionale verslag het weer bevestig dat Suid-Afrikaanse leerders swak lesers is. Waar lê die probleem, en hoe kan dit doeltreffend aangespreek word? Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd deel haar insigte.
6/8/202325 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 1 Junie 2023

Die dood en verlies is onvermydelik en dis iets waarmee die meeste van ons vertroud is. Maar hoe praat ek met my voorskoolse kind oor die onderwerp? Sielkundige Fiona Doman-Olivier kuier in die Groeipyne ateljee om ons vrae te beantwoord.
6/1/202326 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 25 Mei 2023

Die gesprek oor vroeë breinstimulasie en taalontwikkeling word voortgesit met remediërende leeskenner, Brand van Dyk.
5/25/202325 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 18 Mei 2023

Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor verantwoordelike ouerskap en breinstimulering. 
5/18/202324 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 10 Mei 2023

Ronel Beukes, 'n dieetkundige verbonde aan die Afdeling Menslike Voeding by die Universiteit Stellenbosch, praat oor vetsug by voorskoolse kinders.
5/11/202326 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 4 Mei 2023

Ronel Beukes, 'n dieetkundige van die Departement Menslike Voeding by die Universiteit Stellenbosch, praat oor die Departement van Gesondheid se PAD NA GESONDHEID-boekie wat uitgereik word met die geboorte van elke baba in die land.
5/4/202326 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 27 April 2023

Deesdae moet beide ouers in ‘n huishouding werk om die pot aan die kook te hou. Dit lei daartoe dat baie skoolgaande kinders smiddae by naskoolsentra deurbring tot die werksdag verby is. Naskool-juffrou Tina Kleynhans vertel wat naskool behels.
4/27/202321 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 20 April 2023

Anthea Fredericks fokus op die ATKV se AbbAsorg-projek, hulle sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram wat onder meer gehalte onderwys aan kwesbare voorskoolse kinders bied.
4/20/202325 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 13 April 2023

Met Suid-Afrika se warm klimaat, vind baie buitemuurse aktiwiteite in en om water plaas. En steeds hoor ons tragiese stories van kinders wat verdrink. Sweminstrukteur Ida van Wyk praat oor swemlesse en waterveiligheid vir voorskoolse kinders.
4/13/202322 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 6 April 2023

Baie ouers is nou al bekommerd oor 2024 en die inskrywingsproses vir Graad R of Graad 1. Dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit het raad.
4/6/202326 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 30 Maart 2023

Klein ongelukke in en om die huis, en ook op die speelgrond, is iets waarmee menige ouer van voorskoolse kinders al te bekend is. Maar weet ons kinders wat om te doen as daar nie ‘n volwassene  naby is nie?  Anthea Fredericks praat hieroor met gesertifiseerde noodhulpinstrukteur Margi Snyders.
3/30/202323 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 23 Maart 2023

Professor Renier Coetzee van die Skool vir Openbare Gesondheid aan die Universiteit van Weskaapland praat oor die impak van tuberkulsoe op kinders.
3/23/202325 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 16 Maart 2023

Die gesprek oor gehoorverlies by babas en voorskoolse kinders word voortgesit. Ilouise le Roux, 'n spraakterapeut en oudioloog, verduidelik waarom vroeë diagnose so belangrik is.
3/16/202324 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 Maart 2023

Watter impak het gehoorverlies op kinders se ontwikkeling en taalgebruik? Ilouise le Roux, spraakterapeut en oudioloog, beantwoord hierdie en ander vrae.
3/9/202323 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 Maart 2023

Die gesprek oor Wiskunde en voorskoolse kinders word voortgesit. Prof. Corné Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakulteit opvoedkunde praat oor Wiskundeonderrig in die grondslagfase.
3/2/202321 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 23 Februarie 2023

Prof. Corne Kruger van die Noordwes-Universiteit se fakultieit opvoedkunde praat oor Wiskunde-onderrig in die grondslagfase.
2/23/202325 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 16 Februarie 2023

(Heruitsending) Ons fokus op voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging. Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied wie se ondervinding oor 30 jaar strek, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer.
2/16/202323 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 Februarie 2023

Benita Taylor, 'n dosent in vroeë kinderontwikkeling by die Noordwes-Universiteit, het haar doktorale tesis oor die motoriese ontwikkeling van babas gedoen. Sy vertel wat haar bevindings was.
2/9/202323 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 Februarie 2023

Nelmari Kemp, projekleier by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, vertel van hulle voorleesprojek en hulpbronne.
2/2/202325 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 26 Januarie 2023

Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd fokus op leesvoorbereiding vir voorskoolse kinders.
1/26/202317 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 19 Januarie 2023

Ons kyk verder na grondslagfase onderwys met dr. Elsabé Wessels van die Noordwes-Universiteit.
1/19/202319 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 12 Januarie 2023

Ons fokus ons op grondslagfaseonderwys met dr. Elsabe Wessels van die Fakulteit Opvoedkunde by Noordwes-Universiteit.
1/12/202324 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 5 Januarie 2023

Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.
1/5/202324 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 29 Desember 2022

Anthea Fredericks deel van die hoogtepunte wat die afgelope jaar op die program uitgesaai is.
12/29/202225 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 22 Desember 2022

Die somervakansie is in volle swang. Kinderbiokinetikus Karyna le Roux gee wenke oor hoe om voorskoolse kinders in hierdie tydperk aktief te hou.
12/22/202223 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 15 Desember 2022

Is kos jou liefdestaal as ouer? Anthea Fredericks sit haar gesprek met Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch voort oor die feesseisoen en watter kosriglyne ons behoort te volg.
12/15/202224 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 8 Desember 2022

Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch praat oor die moets en moenies van voorskoolse kinders se dieet tydens die feesseisoen.
12/8/202222 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 1 Desember 2022

Anthea Fredericks fokus op die toekoms van Afrikaans teen die agtergrond van moedertaalonderrig. Dr. Hendrik Theys van die Afrikaanse Taalraad en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans kuier in die ateljee.
12/1/202226 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 24 November 2022

Anthea Fredericks sit haar gesprek met spesialisdermatoloog dr. Suretha Kannenberg voort oor velsiektes en velprobleme by voorskoolse kinders.
11/24/202221 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 17 November 2022

Anthea Fredericks fokus op die  liggaam se grootste orgaan, die vel, en veral op velsiektes en velprobleme wat by voorskoolse kinders kan kop uitsteek. Spesialis dermatoloog dr. Suretha Kannenberg gee raad.
11/17/202226 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 10 November 2022

Anthea Fredericks hoor van ‘n navorsingstudie by die Universiteit van Weskaapland oor die impak van hoërisiko swangerskappe op pa's. Erika Erasmus het haar tesis as sielkunde honneurs-student hieroor gedoen. En ‘n ma van Wellington vertel van hulle pleegseuntjie wat as premature baba aan hulle toevertrou is.
11/10/202218 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 3 November 2022

In Suid-Afrika word 15% van alle babas (een uit elke sewe) vroeg gebore. Nicolle Groskopf, wat ‘n premature baba gehad het, bied ondersteuning aan ander ouers in soortgelyke omstandighede.
11/3/202225 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 27 Oktober 2022

Ons gesels verder oor die uitdagings van babas, veral dié ouer as ses maande, wat nie goed slaap nie. Baie nuwe ouers ken dit al te goed, en is dikwels raadop. Slaapkonsultant Rhonel Scheepers deel nog insigte en wenke.
10/27/202221 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 20 Oktober 2022

In hierdie week se Groeipyne fokus ons op slaap, die wondersoete ding soos die digter daarna verwys. Maar wat as dit in ‘n nagmerrie ontaard met ‘n nuwe baba wat sukkel om te slaap, en die ouers heelnag wakker hou? Slaapkonsultant Rhonel Scheepershet raad.
10/20/202225 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 13 Oktober 2022

Anthea Fredericks kyk na die invloed van taalontwikkeling op geletterdheidswerwing met betrekking tot voorskoolse kinders. Spraak- en taalterapeut, Hannekie Verwoerd, is passievol oor hierdie onderwerp, en deel nuttige insigte en wenke.
10/13/202226 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 6 Oktober 2022

Anthea Fredericks fokus op die invloed van taalontwikkeling op geletterdheidswerwing met betrekking tot voorskoolse kinders. Spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd is passievol oor die onderwerp, en deel nuttige insigte en wenke.
10/6/202223 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 29 September 2022

Anthea Fredericks fokus op jong kinders se blootstelling aan pornografie na aanleiding van ‘n onlangse artikel in dat kinders so jonk as vyf jaar oud aan eksplisiete seksuele inhoud blootgestel is. Dr. Elna Rudolph, 'n mediese dokter en seksuoloog, gee haar indrukke en verskaf waardevolle raad.
9/29/202224 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 22 September 2022

Anthea Fredericks kyk na die verskeie uitdagings wat voorskoolse kinders in die gesig staar - van emosionele regulering tot skermtyd. Sielkundige Fiona Doman Olivier gee raad.
9/22/202223 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 15 September 2022

Anthea Fredericks fokus op die veranderende dinamika in ‘n gesin met die koms van ‘n nuwe baba. Dit kan nogal uitdagend wees vir jong sibbe, veral as hulle self nog peuters of kleuters is. Spesialisberader Wietske Boon gee raad.
9/15/202220 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 8 September 2022

Anthea Fredericks fokus op voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging. Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied, wie se ondervinding oor byna 30 jaar strek, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer,  en wat ouers by die huis kan doen.
9/8/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 1 September 2022

Corne Kotze, ‘n kenner op die gebied van voorskoolse kinders se breinontwikkeling deur middel van musiek en beweging, verduidelik hoe musiek aangewend word om klein kinders se breinontwikkeling te stimuleer.
9/1/202223 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 25 Augustus 2022

Die fokus is op vroeë breinstimulasie vir voorskoolse kinders. Brand van Dyk, ‘n remedierende leeskenner, praat oor die brein se ontsaglike vermoë.
8/25/202224 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 18 Augustus 2022

Daar is heelwat navorsing en getuienis van die groot voordele wat diere inhou vir die mens se welstand en geestes-en liggaamlike gesondheid. Die span van Paws4Life kuier in die ateljee saam met Anthea Fredericks om onder meer oor die opleiding van terapie- en dienshonde te gesels. Die honde help kinders op verskeie  maniere met uiteenlopende uitdagings.
8/18/202225 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 11 Augustus 2022

Dr. Thandi Wessels, ‘n distrikspediater by Tygerberg Hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement Pediatrie en Kindergesondheid, vertel hoekom kinder-immunisasie so belangrik is.
8/11/202224 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 4 Augustus 2022

Ons sit die gesprek voort oor die uitdagings wat peuters en kleuters by vroeë kinderontwikkelingsentra in die gesig staar. Daar word gefokus op dissipline. Anthea Fredericks praat met Emily Solomon, wie se loopbaan en bydrae tot die onderwys oor meer as 50 jaar strek.
8/4/202223 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 28 Julie 2022

Ons fokus op skoolvoorbereiding en die uitdagings wat peuters en kleuters by vroeë kinderontwikkelingsentra in die gesig staar. ‘n Onlangse Suid-Afrikaanse studie het bevind dat heelwat van hierdie kinders nie leergereed is nie. Anthea Fredericks praat hieroor met Emily Solomon, wie se loopbaan en bydrae tot die onderwys oor meer as 50 jaar strek.
7/28/202224 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 21 Julie 2022

Anthea Fredericks praat met musiekterapeut Anja Pollard oor musiekterapie vir voorskoolse kinders.
7/21/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 14 Julie 2022

Die fokus is op kinderkinetika – die dissipline van bewegingsontwikkeling en oefening. Anthea Fredericks steek kers op by kinderkinetikus, Karyna le Roux, oor watter voordele dit inhou vir jong kinders.
7/14/202223 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 7 Julie 2022

Anthea Fredericks fokus op Grondslagfase-onderwys en die oorgang van Graad R na Graad Een. Susan Burgess van die Curro Kurrikulum bestuurspan en Grondslag Fase bestuurshoof praat oor kreatiewe maniere om die leerervaring in die formele onderwysmilieu vir hierdie jong leerders aangenaam te maak.
7/7/202224 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 30 Junie 2022

Anthea Fredericks praat met Brand van Dyk, wie se remediërende leesagtergrond oor 25 jaar strek, oor voorskoolse kinders se breinstimulasie en die vroeë ontwikkeling van leesvaardighede. Goeie leesvaardigheid is van die belangrike boustene vir suksesvolle akademiese en persoonlike ontwikkeling. 
6/30/202225 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 23 Junie 2022

Geld laat die wereld draai; geld wat krom is, maak reg wat stom is. Daar is 'n menigte idiome en gesegdes oor geld, en as volwassenes verstaan ons die rol wat geld in ons alledaagse lewe speel. Dis ook ons plig om ons kinders toe te rus met die nodige vaardighede om hulle te help om hulle geldsake suksesvol te bestuur. Anthea Fredericks praat hieroor met Nico van Gijsen, 'n gesertifiseerde finansiële beplanner.
6/23/202224 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 16 Junie 2022

Anthea Fredricks plaas die fokus op kinders se dieet en gesonde eetgewoontes. Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch gee wenke aan swanger vroue om te verseker dat hulle ongebore babas die regte voeding kry. Daar word ook gesels oor kleuters en peuters se kieskeurige kossmake.
6/16/202225 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 Junie 2022

Dis bloktyd! Die land se leerders is midde in eksamens. Dit beteken dat stresvlakke hoog kan loop in baie huishoudings. Ons kyk na maniere om kinders se stresvlakke te verlig, en fokus op die ondersteuningsrol wat ouers en versorgers kan speel. Celeste Labuschagne, 'n onderwys-spesialis by die Skole Ondersteuningsentrum,  deel waardevolle wenke.
6/9/202225 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 Junie 2022

Vir baie jare was seks en seksualiteit taboe onderwerpe in vele Suid-Afrikaanse huishoudings.  Dis mos immers iets baie privaat. Ouers blyk steeds sku en ongemaklik om die onderwerp aan te roer. Maar dis tog sekerlik by die huis waar seksopvoeding moet begin? Anthea Fredericks het dr. Elmari Craig, 'n internasionaal gesertifiseerde seksuoloog en verhoudingsterapeut,  genader om die vrae te beantwoord.
6/2/202222 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 26 Mei 2022

'n Groot aantal kinders sukkel met Wiskunde. Vir baie leerders is dit 'n gevreesde vak, hoewel dit 'n belangrike komponent van die kurrikulum is. Sommige kinders gee eenvoudig tou op. Anthea Fredericks praat met Kurt Minnaar, 'n voormalige Wiskunde-onderwyser en deesdae vakadviseur vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor maniere om 'n hernieude belangstelling in Wiskunde te prikkel.
5/26/202226 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 19 Mei 2022

Hoe leesfiks is ons kinders? Anthea Fredericks praat met Nelmari Kemp van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans oor die belangrikheid van lees, en hoe dit al die fassette van kinders se lewe raak.
5/19/202226 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 12 Mei 2022

Anthea Fredericks praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor skoolgeweld.
5/12/202226 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 5 Mei 2022

Wat is troeteldiere se rol in 'n gesin. Wanneer is die regte tyd om 'n troeteldier aan te skaf? Watter implikasies en voordele hou dit vir kinders en die gesin in? Staatsveearts dr. Annelie Cloete beantwoord al die vrae.
5/5/202225 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 28 April 2022

Wanneer ons aan gesinne dink is die prentjie dikwels dié van 'n pa en ma en minstens twee sibbe. Maar wat as daar net een kind is? Behoort enkelkinders anders grootgemaak te word? Sielkundige Fiona Diman-Olivier beantwoord hierdie en ander vrae.
4/28/202225 minutes, 1 second
Episode Artwork

Groeipyne 21 April 2022

Watter impak het die dra van gesigmaskers tydens die Covid-19-pandemie op kinders se luistervaardighede gehad? Anthea Fredericks praat hieroor met spraakterapeut Jacolien Britz.
4/21/202224 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 14 April 2022

Die Covid-19-pandemie het ons lewe vir altyd verander, ongeag of dit endemies gaan word of nie. Vra enige kind, en jy sal 'n storie of twee hoor van verlies. Hetsy dit die dood van 'n geliefde is of vriendskappe wat weens die afstand gesneuwel het. Kinders se ware emosies en gesigsuitdrukkings kan maklik agter 'n masker weggesteek word. Hoe rus ons ons kinders toe om te midde van die voortslepende onsekerheid gegrond te bly? Anthea Fredericks praat hieroor met spesialisberader, dr. Wietske Boon.
4/14/202224 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 7 April 2022

Anthea Fredericks praat met twee opvoeders oor die groot sprong van laerskool na hoërskool. Johanni Dreyer en Sebastiaan Agulhas van Curro Century City Hoërskool in Kaapstad deel hulle insigte oor hoe om die aanpassing vir leerders makliker te maak. Ons hoor ook wat 'n paar Graad 8's te sê het oor hulle nuwe skoolervaring.
4/7/202225 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 31 Maart 2022

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor of daar deesdae meer kinders is wat leer- en ontwikkelingsuitdagings het as vroeër. Wat is die dinge wat belangrik is wat ek as ouer en versorger op moet fokus om kinders se ontwikkeling te stimuleer?
3/31/202224 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 24 Maart 2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die impak van dinge wat om ons gebeur, op tieners se interne self. Hoe moet ek as ouer en versorger hulle ondersteun wanneer daar soveel dinge gebeur waaroor ons nie beheer het nie?
3/24/202221 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 17 Maart 2022

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor dinge wat jy met kinders kan doen oor naweke en in vakansietye, wat hulle nie net sinvol besig hou nie, maar ook hulle spelenderwys ontwikkel.
3/17/202221 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 10 Maart 2022

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die dagprogram by voorskoolse sentrums. Wat gebeur alles deur die dag nadat jy jou kind afgelaai het? Wat is die belangrike dinge wat moet gebeur, en hoekom leer hulle nie om te lees of skryf nie?
3/10/202222 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 3 Maart 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor die stel van grense. Wat is grense, en hoe gemaak as ek nie goed daarmee is om my kinders van grense te leer of om dit toe te pas nie? Wat is die verband tussen grense stel en gedrag?
3/3/202220 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 24 Februarie 2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat finansiële stres en armoede op gesinne het. Hoe hanteer ek dit as ek my werk verloor het, en hoeveel moet die kinders daarvan weet?
2/24/202222 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 17 Februarie 2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor wat jou te doen staan as jou kind nie met mense oor die weg kom nie. Hoe hanteer ek dit as my kind nie met Juffrou of Meneer kliek nie, of selfs met ander volwassenes en straks ook met my as ouer?
2/17/202222 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 10 Februarie 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en historikus, oor die belangrikheid van familieverbindings vir die ontwikkeling van kinders. Hoe kan waar jy in die familie inpas, vir jou kind tot voordeel wees?
2/10/202222 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 3 Februarie 2022

Johan van Lill praat met Johan Olivier, ‘n gekwalifiseerde finansiële opleier, oor hoe ouers en versorgers goeie en gesonde geldgewoontes by kinders kan ontwikkel. Wat is finansiële geletterdheid? Wat is die onderwerpe wat jy met jou kinders kan bespreek om hulle geldsake van jongs af goed te bestuur?
2/3/202224 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 27 Januarie 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor kinderdepressie. Wat is dit, en wanneer moet ek as ouer en versorger bekommerd wees?
1/27/202222 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 20 Januarie 2022

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Anel Hattingh en Salomi Morkel, oor die moets en moenies van kinderkamers. Hoe lyk die ideale kinderkamer wat by jou kind se ontwikkelingstadium pas? Wat moet ek eerder vermy, en wat is belangrik vir ‘n kinderkamer?
1/20/202222 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 13 Januarie 2022

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Natalie Pretorius en Tanya van der Walt, oor tieneruitdagings. Hoe gemaak as my tiener vloermoere gooi en emosionele uitbarstings het?
1/13/202220 minutes
Episode Artwork

Groeipyne 6 Januarie 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, Talitha Veldtsman, oor die rol wat ouers en versorgers as opvoeders speel, en hoe ouers hulle kinders in hierdie rol kan voorberei vir terug skool toe gaan.
1/6/202222 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 30 Desember 2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Alicia Bestbier en Jacoleen Vogel, oor ontwikkelingsuitdagings by kinders, wat soms lyk asof dit ADHD kan wees, maar dit is nie. Daar word so maklik ‘n diagnose van ADHD gemaak by kinders, maar baie ander ontwikkelingsuitdagings het presies dieselfde simptome, en moet eers uitgeskakel word.
12/30/202124 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 23 Desember 2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Jacoleen Vogel en Marezelda Combrinck, oor of mylpale by kinders se ontwikkeling nog belangrik is. Maak dit saak of jou kind op ‘n sekere ouderdom begin praat en kruip het of regop kon sit?
12/23/202123 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 16 Desember 2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Melissa Cawood en Talita Veldsmaner, oor kindertrauma en die impak wat dit op die gesin en kinders se ontwikkeling het.
12/16/202122 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 9 Desember 2021

Johan van Lill praat met Betsie Hartzer, ‘n geregistreerde berader, en Mariaan de Vos, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe jy met jou kind oor kinderveiligheid moet gesels. Baie van die gesprekke wat jy met jou kind hieroor het, is gevul met stereotipes. Hoe help ek my kind om altyd paraat te wees?
12/9/202122 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 2 Desember 2021

Johan van Lill praat met Lizette Labuschagne, 'n forensiese maatskaplike werker, en Minke Saayman'n kliniese maatskaplike werker, oor wat geweld teenoor kinders behels? Geweld kan soveel vorme aanneem. Wat moet ek as volwassene doen wanneer dit voorkom?
12/2/202122 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 25 November 2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor kinders se uitvoerende funksies, en die rol wat dit speel wanneer hulle leer, studeer en ontwikkel. Hoe leer ek my kind om te prioritiseer, te selfreguleer en om te fokus op dit wat hy moet klaarmaak?
11/25/202123 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 18 November 2021

Johan van Lill praat met Lezinda Beer, ‘n pastorale jeugberader, en Sonja Teitge, ‘n spesialis welstandsberader, oor wat om te doen wanneer kinders oor alles baklei. Wat maak ek as my kinders net nie met mekaar oor die weg kom nie?
11/18/202120 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 11 November 2021

Johan van Lill praat met Marezelda Combrinck, 'n ontwikkelingskenner, en Mariette van Zyl, 'n opvoedkundige sielkundige, oor watter speelgoed goed is vir kinders se ontwikkeling. Hierdie tyd van die jaar kreun die winkels se rakke onder die speelgoed vir die feesseisoen – watter speelgoed kan my kind geniet en terselfdertyd goeie stimulasie bied vir ontwikkeling?
11/10/202123 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 4 November 2021

Johan van Lill praat met Sonja Teitge, ‘n welstandsberader en spelterapeut, en Lezinda Beer, 'n pastorale en jeugberader, oor wat om te doen wanneer jou kind na niks en niemand luister nie en hom of haar nie aan die reëls van die huis steur nie.
11/4/202123 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Groeipyne 28 Oktober 2021

Johan van Lill praat met Elzette Fritz en Melissa Cawood, opvoedkundige sielkundiges, oor hoe om kinderstres, -angs en -vrese te hanteer. Wanneer moet ek bekommerd wees oor my kind se stres- en angsvlakke, en hoe gaan soek ek hulp daarvoor.
10/28/202122 minutes, 3 seconds