Winamp Logo
Gesondheid Cover
Gesondheid Profile

Gesondheid

Afrikaans, Health / Medicine, 1 season, 519 episodes, 1 day, 21 hours, 56 minutes
About
Wat is ALS, die siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly? Is dit al soort motorneuron-siekte, of is daar ander? Hoe begin dit en hoe versprei dit na ander senuselle? Het rugbyspelers ‘n groter kans om dit te kry? Kan stamselbehandeling help? ‘n Motorneuronsiektes-spesialis verduidelik meer oor motorneuronsiektes.
Episode Artwork

Gesondheid 15 Mei 2024

As ’n beseerde persoon onder die puin van ’n ineengestorte gebou uitgehaal word, is die stryd om sy lewe nog nie afgehandel nie. Dokters moet dan veg teen ‘crush’-sindroom. Hoe kan ‘n vasgepende arm of been tot skielike nierversaking lei, of tot ‘n hartstilstand en die dood? Verskeie ingewikkelde metaboliese prosesse word aangeskakel as spiere deur ‘stomp’-beserings beskadig word. Mari Hudson gesels met ’n traumachirurg.
5/15/202423 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Mei 2024

Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Mari Hudson gesels met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg wat baie betrokke is by dié opbou-chirurgie.
5/8/202422 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Mei 2024

Wat is die oorsake van die toename in kanker in die gesig, mond en keel wat al hoe meer rekonstruksie-chirurgie noodsaak? Wat is die alarmsimptome, en hoe kan jy verseker dat dit vroeg opgespoor word? Mari Hudson gesels met ’n oor-, neus- en keelkankerspesialis voordat sy volgende keer verder met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg gesels oor die opbou-chirurgie.
5/1/202423 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 April 2024

Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig, waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Het jy geweet dat kakebene opgebou word uit een van die onderbene? Of dat elke deel wat oorgeplant word, se bloedvate met mikrochirurgie aan oorblywende bloedvate in die kop en nek geheg word? Mari Hudson praat met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg wat baie betrokke is by dié opbou-chirurgie.
4/24/202423 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 April 2024

Ons ken die advertensie waar FAF de Klerk in ’n klein ysbad sit. En om soggens vroeg in yskoue seewater te swem, is gewild. Watter uitwerking het ysbaddens of swem in koue water op jou liggaam? Kan dit spiere help om te herstel? ’n Ysbad of swem in koue water het onverwagte voordele. Mari Hudson praat met ’n sportwetenskaplike.
4/17/202423 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 April 2024

Prinses Catherine van Brittanje se kankerdiagnose plaas die siekte weer in die kollig, veral omdat studies wys dat kanker onder jongmense besig is om toe te neem. Hoekom neem dit toe? Word genoeg gedoen om kanker onder jonger mense vroeg op te spoor? Help vroeë opsporing jou kans op oorlewing? Laat alle chemoterapie jou hare uitval? Wat is voorkomende chemoterapie? Mari Hudson praat met ’n onkoloog om ’n beter perspektief te kry.
4/10/202424 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 3 April 2024

Het jy geweet dat as die pasiënt tot 18 grade Celsius afgekoel word, die hartlongmasjien vir tot 45 minute afgeskakel kan word sodat die hartchirurg ’n aneurisme kan herstel? Hoe koel jy ’n pasiënt af tydens ’n hartoperasie? Hoe lank kan die brein sonder suurstof wees sonder afkoeling? Hoekom word die pasiënt so stadig van die hartlongmasjien gespeen ná ’n hartoperasie? Mari Hudson praat met ’n perfusie-tegnoloog oor hoe hulle die hartlongmasjien tydens hartoperasies bestuur.
4/3/202423 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 Maart 2024

Het jy geweet jy het meer as 100 triljoen bakterieë in jou ingewande? As dié bakterieë nie reg werk en in die perfekte balans is nie, kan jy allerlei siekteprobleme ontwikkel. Moet jy aanhoudend probiotika drink, of hoe gemaak? ‘n Gastro-enteroloog vertel meer aan Mari Hudson.
3/27/202424 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 Maart 2024

Wat is aflatoksien, en hoekom word so baie produkte wat verwerkte grondboontjies bevat van die winkelrakke onttrek? Hoe kan ‘n middel wat een maal ‘n jaar toegedien word, jou ‘n jaar lank teen osteoporose beskerm? Hoekom behoort ortopede alle pasiënte wat ‘n heup- of rugfraktuur opdoen sonder dat hulle in ‘n groot ongeluk was, te verwys vir osteoporose behandeling? Marí Hudson het die antwoorde gaan vind.
3/20/202425 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 Maart 2024

Kan ‘n mens van ‘n Sagmoedige Sandra in ‘n Moordenaar Esther verander? Is daar iets soos alters in die regte lewe, of net in sepies en flieks? Is daar iets soos Dissosiatiewe Identiteitsteurnis, en hoe werk dit? Mari Hudson praat met ‘n psigiater om uit te vind.
3/13/202420 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 Maart 2024

Met ‘n instrument wat baie presies op die regte plek in jou hart se linker ontvangkamer geplaas word, word elektriese pulse blitsig, maar akkuraat, gevuur teen ‘n elektriese lading só spesifiek vir hartspierselle dat slegs dié selle sterf en geen ander selle nie. Mari Hudson gesels met ‘n hartritme-spesialis oor die jongste tegnologie om Atriale Fibrillasie, die algemeenste hartritme-defek in mense ouer as 60 jaar, te behandel. Hy het die afgelope jaar die eerste groep pasiënte in Afrika met die nuwe tegnologie, bekend as puls-veld-ablasie, of te wel elektroporasie behandel.
3/6/202424 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 28 Februarie 2024

Ná ‘n harde hou teen die kop, soos ‘n klap in ‘n kragklap-kompetisie, bons en stamp die grys- en witstof in jou brein rond in jou skedel soos rooi en geel jellie in ‘n harde bak. Neurone kan skeur as jou kop tol ná ‘n kragklap, en boonop kan elektrolietveranderings elke senuvesel nog meer breekbaar maak vir groter skade met die tweede klap in kragklapkompetisies. Die risiko vir harsingskudding en ander breinbeserings is só groot dat medici in Amerika nou ernstig besin oor die etiek van die ‘sport’. Mari Hudson praat hieroor met ‘n sportgeneeskundige.
2/28/202423 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 21 Februarie 2024

Kragklap-kompetisies is baie gewild in Amerika. In Suid-Afrika het dit ook posgevat, met mans en vroue wat deelneem. Die deelnemers staan doodstil sodat die teenstander hom of haar op die wang kan moker met ‘n kragtige plathand-klap. Wat gebeur met die brein as die kragklap die kop tref? Rugby probeer harsingskudding voorkom, en kragklap-kompetisies probeer harsingskudding veroorsaak. Mari Hudson gesels met ‘n sportgeneeskundige.
2/21/202423 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 14 Februarie 2024

In ‘n nuwe wending met ingewikkelde rugoperasies, het twee Suid-Afrikaanse ortopede ‘n rugoperasie wat van die voorkant én agterkant gedoen word, anders aangepak om dit veiliger en beter vir die pasiënt te maak. Mari Hudson het meer inligting.
2/14/202425 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 7 Februarie 2024

Mari Hudson kyk na die nuutste behandeling van ‘n goedaardige vergrote prostaat, na aanleiding van Koning Charles III se prostaatkankerdiagnose. Ons vind meer uit oor ‘n nuwe wending in ingewikkelde rugoperasies nadat twee Suid-Afrikaanse ortopede die eerstes in die wêreld geword het wat ‘n rugoperasie wat van die voor- én agterkant gedoen word, anders aangepak het om dit veiliger en beter vir die pasiënt te maak.
2/7/202425 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 31 Januarie 2024

Turkye is deesdae ‘n gewilde toevlugsoord vir mediese toeriste, veral vir plastiese en bariatriese chirurgie. Die aanbiedings is ook vir Suid-Afrikaners aanloklik. Watter vrae moet jy vra voordat jy hierdie chirurgie in die buiteland, en selfs in Suid-Afrika, oorweeg? Is daar goeie lande en slegte lande betreffende hierdie soorte chirurgie? Mari Hudson vind uit.
1/31/202425 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 Januarie 2024

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet maak beloftes wat nie eens oor 30 jaar kan realiseer nie. Hulle maak ‘n groot denkfout as hulle dink dat private pasiënte se mediese fondspremies bloot in die NGV-fonds inbetaal kan word, of dat belasting verhoog kan word om dit te finansier, of dat huidige private pasiënte die reg tot private gesondheidsorg en private finansiering deur mediese fondse ontneem kan word, of dat staatspasiënte beter dienste sal kry. In die vierde en laaste episode in die reeks oor die NGV, verduidelik ‘n gesondheidsekonoom hierdie stellings aan Mari Hudson.
1/24/202426 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 Januarie 2024

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet het geen finansiële kosteberekenings gedoen nie, want dan sou hulle self die publiek moes meedeel dat die plan onbekostigbaar is. Die NGV-fonds word bloot geskep vir plundering. Voorts is die wet op verskeie maniere ongrondwetlik. Hofsake sal volg die oomblik nadat Pres Ramaphosa die wet onderteken. In die derde episode in ‘n reeks oor die NGV, verduidelik ‘n gesondheidsekonoom hierdie stellings aan Mari Hudson.
1/17/202424 minutes
Episode Artwork

Gesondheid 10 Januarie 2024

Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet? In die tweede episode in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n verteenwoordiger van 25000 dokters en ander gesondheidslui en ‘n gesondheidsekonoom. 
1/10/202425 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 3 Januarie 2024

Wat behels die Nasionale Gesondheidsversekeringswet wat bloot op die handtekening van Cyril Ramaphosa wag? Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die wet? Gaan dit dan nie maklike toegang tot baie goeie gesondheidsdienste lewer nie? In die eerste in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n dokter wat namens sowat 25000 dokters en ander gesondheidslui praat en nie doekies omdraai nie. 
1/3/202424 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 Desember 2023

Dokters moet aan besliste en spesiefieke etiese optrede voldoen. Maar wat van die pasiënt? Wat mag die dokter van die pasiënt verwag? Is jy ‘n ideale pasiënt, ‘n loskop-pasiënt, 'n volstruis-pasiënt of  ‘n buffel-pasiënt? Kom toets jouself. Wat sal jou reaksies op sekere situasies die beste beskryf? vra Marí Hudson.
12/27/202322 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 Desember 2023

Navorsing is aan die gang om op ’n nuwe manier antwoorde te vind om antibiotika-weerstandinge bakteriële infeksies te behandel. Tuberkulose is een van die belangrikstes in Suid-Afrika. Die oplossing lê moontlik in bakteriofaag-behandeling. Wat is bakteriofage en hoe kan dit ingespan word teen bakterieë? Marí Hudson het gaan uitvind.
12/20/202325 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 Desember 2023

Wat is epilepsie? Kan ’n mens dit ontgroei? Kan jy jou tong insluk tydens ’n aanval? Hoe gevaarlik is ’n epileptiese aanval? ’n Neuroloog gesels meer oor die elektriese storms in jou brein.
12/12/202324 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 Desember 2023

Kan ’n bystaander ’n lewe red op ’n ongelukstoneel? Wat is die belangrikste: dat die beseerde kan asemhaal of dat sy hart klop? Hoe besluit ’n dokter watter traumabeseerde om eerste te behandel?  Wat beteken dit as iemand ‘uitbloei’? En watter skade rig ’n koeël aan?
12/6/202325 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 29 November 2023

Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.
11/29/202323 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 November 2023

Retinitis pigmentosum, nierversaking, nieroorplantings, bipolêre gemoedsversteuring, boeliegedrag, die uitwerking van diereslagting op die slagter se gemoed. Kom vind uit hoe al dié aspekte verweef is. Mari Hudson gesels met ’n gesin van Malmesbury.
11/22/202324 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 November 2023

Wat is bewuste sedasie? Hoe verskil ’n epidurale verdowing van ’n spinale verdowing? Wanneer is ’n pynblok voldoende?
11/15/202322 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 November 2023

Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?
11/8/202325 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 November 2023

Kan ’n middel soos dagga en Tik ’n psigose soos skisofrenie aanskakel? Wat is ’n psigose? Hoekom is ’n jong brein so vatbaar vir die aanskakeling, wat selfs hulle IK kan verlaag? Kan die psigose weer afgeskakel word as die jongmens ophou om die middels te gebruik?
11/1/202325 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 25 Oktober 2023

Skielike kardiale dood in jonger mense het meestal niks te doen met ’n hartaanval of bloedvatsiekte nie. Ons vind meer uit oor Skielike Kardiale Dood, en hoekom ’n hart wat hopeloos te vinnig klop, noodlottig kan wees.
10/25/202325 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 18 Oktober 2023

Hoe verskil Alzheimer se siekte van ander soorte demensie? Wat loop verkeerd in die brein? Waar staan die wetenskap in die verstaan en behandeling van Alzheimers? Kan Alzheimer se siekte jou dood kos? Kan goeie slaappatrone help teen dié soort demensie?
10/18/202325 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 11 Oktober 2023

Jy is oorgewig en wil gewig verloor. Jy verloor 5 kg en dan steek alles vas. Hoekom? Kom vind uit hoe werk die fisiologie van oorgewig en gewigsverlies, want twee nuwe middels sal in die toekoms help om die foutiewe metaboliese bane in jou liggaam te help herstel.
10/11/202325 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 4 Oktober 2023

Wat is die jongste benadering tot die behandeling van gewigsverlies vir oorgewig mense? Kan ’n nuwe middel wat binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, dalk baie gevalle van bariatriese chirurgie vervang?
10/4/202325 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 September 2023

’n Rugoperasie om ‘n fusie te doen, of die drukking weens ’n lekkende tussenwerwelskyfie te herstel, kan nou deur twee klein sleutelgat-snytjies gedoen word. Jy gaan enkele ure later huis toe en beweeg asof niks gebeur het nie! En jy kan agt dae later weer begin oefen. Dié soort operasie word nou ook in Suid-Afrika gedoen.
9/27/202326 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 September 2023

In die tweede program in 'n kort reeks oor sarkoom, kyk ons na geteikende- en immunoterapie en die kans op herstel. Daar is baie vorms van dié sagteweefsel-kanker, wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig.
9/20/202321 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 September 2023

Wat is sarkoom, die kanker wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig? Wat is die tekens? Waar kom dit vandaan? Hoe doeltreffend is die behandeling? In die eerste program in ’n kort reeks, verken ons in Kinderkanker-bewustheidsmaand dié kankersoort.
9/13/202325 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 September 2023

Baie vroue wil nie daaroor praat nie, maar sukkel met blaaslek. Maar soos die uroginekoloë sê: Nappies are for babies, not for ladies. Daar is twee soorte blaaslek, en daar is hulp vir enige van dié twee vorms.
9/6/202322 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 30 Augustus 2023

Die diabetesmiddel, Ozempic, kan oorgewig mense help om gewig te verloor. Is daar slaggate, en is dit ooit in die regte dosering vir gewigsverlies? En kan die nuwe middel wat nierversaking so dramaties kan vertraag, vir mense in laatstadium nierversaking of diegene reeds op dialise, voorgeskryf word?
8/30/202322 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 23 Augustus 2023

’n Middel wat oorspronklik vir die behandeling van diabetes ontwikkel is, én voordele vir jou hart inhou, kan voorts nierversaking dramaties vertraag én die tyd tot dialise met tot 15 jaar uitstel. Ons praat oor die jongste navorsingsbevindings en wat dit vir pasiënte beteken.
8/23/202325 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 16 Augustus 2023

Suid-Afrika se verpleegdienste is op die rand van die afgrond. Teen die huidige tempo en kwaliteit van opleiding, sal pasiënte se veiligheid in ’n swakker kaliber verpleegkundige se hande, in groter gevaar wees as ooit. In ’n spesiale verslag kyk Marí Hudson indringend na die stand van verpleegdienste in ons land.
8/16/202325 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 9 Augustus 2023

’n Nuwe middel kan die lewe van mense met sistiese fibrose dramaties verander. Wat is sistiese fibrose? Hoe werk die nuwe middel? Hoe bekom Suid-Afrikaanse pasiënte dié midde,l wat nie in die land beskikbaar is nie?
8/9/202324 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 2 Augustus 2023

Heruitsending: Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog van Pretoria.
8/2/202326 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 Julie 2023

Wat het rook, alkohol, damprook en die herpesvirus in gemeen? Al vier is van die snellers vir kankers in die kop- en nekgebied, wat aan die toeneem is. Daar is goeie nuus: baie van die kankers kan voorkom word, dit kan vroeg en akkuraat gediagnoseer word en goed behandel word sodat baie lewens gered kan word.
7/26/202323 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 19 Julie 2023

Wat weet ons nou meer oor Covid? Wat is feit en wat is fiksie? In die eerste episode in ’n kort reeks oor ’n Covid-terugskouing kyk ons na inligting wat dikwels eenkant toe geskuif is of verswyg is in ons poging om by die beste moontlike wetenskaplike inligting uit te kom.
7/19/202325 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 12 Julie 2023

Baie hoërskoolleerders, en selfs laerskoolleerders, damprook, of vape soos dit bekend is in Engels. Heerlike geure maak dit aanloklik, en dis sosiaal aanvaarbaar vir tieners en ook vir baie ouers. Is damprook gevaarlik? Is dit verslawend? Hoekom vape so baie kinders?
7/12/202322 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 5 Julie 2023

Gloukoom begin sonder enige opvallende simptome. Mense wat nie gereeld die druk in hulle oë laat toets nie, kan blind word indien gloukoom nie betyds opgespoor en behandel word nie. Moenie dat gloukoom jou stilweg bekruip en blind maak nie.
7/5/202325 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 28 Junie 2023

Makulêre degenerasie is ’n algemene oogsiekte in veral ouer mense. Ons kyk na die verskil tussen die droë en nat tipe makulêre degenerasie, hoekom mense met dié oogsiekte ’n dowwe kol reg in die middel van hulle gesigsveld sien, en die oorsake en behandeling. Ons gesels ook oor Stargardz se siekte, wat veral jongmense tref.
6/28/202324 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 21 Junie 2023

Het jy geweet dat indien retinale loslating nie onmiddellik en as ’n noodgeval behandel word nie, jy alle sig in die aangetaste oog kan verloor. Ook kan diabetiese retinopatie en makulêre degenerasie tot blindheid lei. Dié drie oogprobleme word bespreek.
6/21/202321 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 14 Junie 2023

Manlike onvrugbaarheid weens die gebruik van anaboliese steroïede, is een van die moeilikste probleme om te behandel. Hoërskool-rugbyspelers en ander sportmanne wat anaboliese steroïede gebruik, besef dikwels nie dat dié middels hulle planne om eendag pa te word, kan pootjie nie.
6/14/202325 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 7 Junie 2023

Berg Everest het hierdie seisoen reeds meer lewens geëis as enige ander jaar. Hoekom is die doodsone so gevaarlik? Hoe werk hoogtesiekte?
6/7/202325 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 31 Mei 2023

Die jongste inligting oor ova-bevriesing, embrioseleksie, polisistiese ovariële sindroom, endometriose, histerektomies en die kunsmatige stop van menstruasie in jong meisies en vroue, word bespreek.
5/31/202325 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 Mei 2023

Het jy geweet dat die kans op swangerskap met gevriesde ova en embrios net so goed is as met vars ova en embrios? En dat ‘n 45-jarige vrou se kans op swangerskap beter is met haar gevriesde ova wat 15 jaar vantevore gevries is as met haar vars ova? Ons kyk na die vooruitgang in embriobevriesing en embrioseleksie om kans op swangerskap maksimaal te maak.
5/24/202326 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 Mei 2023

Het jy geweet dat geen mens te oud is om baat te vind by osteoporose-behandeling nie? Of dat as ’n ouer mens ná ’n klein val ’n beenbreuk opdoen, dit klaar ’n diagnose van osteoporose beteken, en dat dié pasiënt beslis evauleer moet word vir osteoporose-behandeling. Tog laat ortopede en algemene praktisyns in 80% van gevalle na om dié pasiënt se osteoporose te behandel om verdere beenbreuke te voorkom.
5/17/202327 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 Mei 2023

Osteoporose is ’n kindersiekte wat in jou latere jare sigbaar word, sê ’n spesialis. Hoe werk dit dat dinge wat jy in jou tienerjare doen, jou in so kan inhaal as jy ouer is?
5/10/202326 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 3 Mei 2023

Die nuutste ablasie-tegnologie om atriale fibrillasie te behandel, antistolmiddels en die ChadsVasc Score word alles ingespan om jou brein teen beroerte te beskerm. Vind uit wat is die jongste verwikkelings, hoe werk die tegnologie en werk dan jou eie risiko-puntetelling uit.
5/3/202328 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 April 2023

Behandeling van atriale fibrillasie, ’n algemene hartritme-defek wat tot beroertes en hartversaking kan lei, gaan vinnig vooruit. Nuwe tegnologie is nou vinniger en veiliger as voorheen. Dit veroorsaak ook dat hittetegnologie nie meer in die behandeling van nuwe pasiënte met AF gebruik behoort te word nie.
4/25/202325 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 19 April 2023

Ystertekorte in tienermeisies, swanger vroue en mense met hartversaking is baie algemeen, maar moet met baie groter sorg en bewustheid gediagnoseer en behandel word as jy skade aan jou eie brein, die ongebore baba en die reeds verswakte hart van mense in hartversaking wil voorkom. Dokters moet ook meer aandag aan die diagnosering van ystertekorte gee. Ysteroorlading en die gebruik van EPO (Lance Armstrong se prestasiemiddel) word ook bespreek.
4/19/202324 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 12 April 2023

’n Ystertekort móét behandel word, want te lae ystervlakke het ’n impak op veral jou brein en hart, en op ’n ongebore baba. ’n Derde van tienermeisies het ’n ystertekort en benodig behandeling. Hoe werk die verband tussen yster, jou bloed en suurstof? Wat is die oorsake, simptome en behandeling?
4/12/202324 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 5 April 2023

Oorgewig skakel skadelike prosesse in jou liggaam aan en dryf die groot toename in nie net diabetes nie, maar ook lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker. Jy kan jou risiko verlaag. Daar is ook nuttige wenke vir die versorging van pasiënte met demensie.
4/5/202323 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 29 Maart 2023

Is vitamien-gevulde dieet-gummies ’n blink idee vir gewigsverlies? Lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker is vinnig aan die toeneem. Wat is die verband tussen dié probleme met die lewer en pankreas en oorgewig?
3/29/202328 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 Maart 2023

’n Tiener en 'n jongmens kan nie help nie dat hulle gedrag riskant is sonder veel insig, en hulle eerder hulle vriende wil aanhang as hulle gesinne. Hoekom ontwikkel hulle breine só? Wanneer is jou brein ontwikkel genoeg vir volwasse gedrag? En kan jy jou brein skerper slyp?
3/22/202325 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 Maart 2023

Hoe ontwikkel die mens se brein? Het jy geweet dat alle neurone in die embrio se brein binne vier weke ná bevrugting ontwikkel is? En dat een deel van die brein na die ander oopgestel word vir ontwikkeling soos wat die baba, die kleuter, die tiener en die volwassene dit nodig het vir oorlewing? En dat die ontwikkelende brein baie vatbaar is vir skade?
3/15/202325 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Maart 2023

Om te sterf is stil. Marí Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor die laaste paar dae van lewe, oor die fases van dood, die opflikkering kort voor dood en die sien van gestorwe geliefdes voor die stil uitblaas van die laaste asem.
3/8/202326 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Maart 2023

Nuwe tegnologie is vandeesweek die eerste keer in Afrika ingespan om ’n pasiënt met artriale fibrillasie, die algemeenste hartritme-defek in mense ouer as 60 jaar, te herstel. ’n Reeks pasiënte word dan ook die eerste reeks in Afrika, en dit word deur ’n Suid-Afrikaanse hartritmespesialis in Panorama Mediclinic gedoen. Wat behels dié tegnologie, wat beskryf word as revolusionêr?
3/1/202326 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 Februarie 2023

Ons gesels oor ’n heilige onderwerp - die dood. Is daar herkenbare fases en tekens dat die liggaam begin afskakel? Wat beteken dit? Is daar iets soos ’n opflikkering kort voordat ’n mens sterf?
2/22/202325 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 Februarie 2023

Masels mag ’n kindersiekte wees, maar wanneer komplikasies soos breinontsteking, breinskade, erge diarree of ernstige longontsteking intree, is dit alles behalwe kinderspeletjies. Dis hoogs aansteeklik. Kinders wat nie ingeënt is nie, kan ander kinders en grootmense aansteek, wat tot ernstige siekte en sterfte kan lei.
2/15/202322 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Februarie 2023

Hoekom word mens geel as jy geelsug het? Is geelsug en hepatitis dieselfde ding? Word alle gevalle van lewerontsteking deur virusse veroorsaak? Is daar meer as een hepatitisvirus?
2/8/202324 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Februarie 2023

’n Leweroorplanting is tegnies ’n baie moeilike operasie, en om ’n stukkie van ’n lewende skenker se lewer oor te plant, is nog moeiliker. En dit onder tyddruk, want die lewer kan nie lank sonder bloedvoorsiening wees nie. Nie net moet die chirurg baie bedrewe wees nie, maar die narkotiseur moet uiters vaardig wees. Een van Suid-Afrika se vaardige oorplantingchirurge vertel hoe ’n volle lewer en ’n stukkie van ’n lewer oorgeplant word.
2/1/202324 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 25 Januarie 2023

Sowat 50 babas en kleuters wag tans op ’n leweroorplanting. Die meeste is gebore met ’n siekte wat die lewergalwëe beskadig. Ander is te veel parasetamol toegedien, en ander het ’n diaree-virus opgedoen wat lewerskade aangerig het. ’n Oorplantingchirurg vertel meer.
1/25/202323 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Gesond 18 Januarie 2023

Sowat 9 000 Suid-Afrikaners sterf jaarliks weens selfdood. Te veel mense wat aan depressie ly, kry nie noodsaaklike chroniese langtermyn behandeling nie. Selfs ligte depressie MOET behandel word, en geen uiting van selfdoodgedagtes mag ooit ligtelik opgeneem word nie. Leer meer oor die kliniese en persoonlike aspekte van depressie en selfdood in die laaste aflwering van die reeks, LAAT DIE LIG IN.
1/18/202326 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 11 Januarie 2023

Depressie hoef nie die einde van jou lewe, of ’n uitsiglose bestaan in ’n aanneenlopende donker tonnel te wees nie. Willemien Brümmer, bekende joernalis van Netwerk24, vertel hoe sy die lig inlaat.
1/11/202325 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 4 Januarie 2023

Verskeie gevalle van bosluisbytkoors, hondsdolheid en baie gevalle van masels is die afgelope tyd in Suid-Afrika aangemeld. Wat is hierdie siektes, hoekom is hondsdolheid byna altyd dodelik vir die mens, en hoekom moet maselsuitbrekings ten alle koste voorkom word deur vaksineringsprogramme?
1/4/202325 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 28 Desember 2022

Laat net die lig in, sê iemand wat al self ’n einde aan haar lewe probeer maak het. As jy in hierdie tyd nie kans sien vir die slae van die lewe nie, kry hulp, want daar wag nog ’n wonderlike, onvoorspelbare avontuur met die naam ‘lewe’ op jou. Laat net die lig in.
12/28/202227 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 21 Desember 2022

Dis vakansie- en feestyd, maar pleks van vreugde, het baie mense donker gedagtes van selfdood, sien nie meer kans vir die lewe nie, en ervaar al weke lank ongediagnoseerde depressie of angstigheid. Drie formidabele en talentvolle vroue wat regstreeks gekonfronteer is met angs, depressie en selfdood, deel enkele insigtige.
12/21/202227 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 14 Desember 2022

Is daar nuwe verwikkelings in gewigsverlies? ’n Endokrinoloog gee vyf wenke wat jou kan help om nie die feestyd te veel gewig op te tel nie, maar steeds die tyd te geniet. Daar is ook raad oor versoeters en die anakonda om jou middellyf.
12/14/202225 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 7 Desember 2022

Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog van Pretoria.
12/7/202226 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 30 November 2022

Baie mans ouer as 50 ondervind erektiele disfunksie. Dis nie iets waaroor mans wil praat nie. Daar is natuurlik die blou pilletjie, maar daar is ook baie méér hulp as dié pil.
11/30/202226 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 23 November 2022

Daar is oral swendelaars – diegene wat mense oortuig om hulle geld in piramiedeskemas of sakkies diamante te belê, of die karakters in Steinheist, of die liefdeswendelaars wat vroue oortuig om duisende rande in sy rekening in te betaal. Is daar tipiese slagoffers? Hoe lyk die profiel van ’n swendelaar wat maklik lieg en bedrieg? ’n Psigiater vertel meer.
11/23/202225 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 16 November 2022

Het jy geweet die insekdoder, DDT, en afvalprodukte van sekere plastiek dra by tot testikulêre kanker by jong mans? Of dat selfs verspreide testikulêre kanker genees kan word? Of dat nuwer (maar baie duur) middels beskikbaar is om prostaatkanker te behandel? Marí Hudson gesels met ‘n uroloog van Pretoria.
11/16/202224 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 9 November 2022

’n Onkoloog beantwoord luisteraarsvrae oor warmgloede, biologiese middels, borskanker wat versprei het, en nuwe middels.
11/9/202225 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 2 November 2022

‘n Kankerchirurg beantwoord luisteraarsvrae oor ’n dubbele mastektomie, limfdreinering, mammogramme en meer.
11/2/202228 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 Oktober 2022

“My reis met borskanker was nie altyd maklik of sonder pyn nie, maar dit was goed.” Só gesels Lana Ehlers oor haar belewenis met  borskanker. Sy vertel eerlik van die skok van die diagnose, hoe dinge aan haar en binne haar verander het. ‘n Onkoloog dui ook aan of jaarlikse opvolg pet- of CT-skanderings ’n goeie ding is of nie.
10/26/202223 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 19 Oktober 2022

Dit is van groot belang dat pasiënte wat met borskanker gediagnoseer word, diep asemhaal en nie in ’n radikale mastektomie injaag nie. Goeie en deeglike ondersoeke en toetse kan die soort borskanker, die stadium en die behandeling bepaal, jou moontlik chemoterapie spaar, en jou kans op 10 jaar oorlewing verbeter. Maar alles begin met gereelde mammogramme, want een uit agt vroue sal borskanker ontwikkel. Marí Hudson gesels met ’n onkoloog oor die diagnose, klassifikasie en behandeling van borskanker.
10/19/202225 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 12 Oktober 2022

Die dae van haastige en verminkende mastektomieë is verby. As jou kankerspan nie vir jou die opsie aanbied om in een operasie die kanker te verwyder en die bors dan te rekonstrueer nie, soek ’n ander span kankerdokters. Marí Hudson gesels met ‘n kankerchirurg oor die chirurgiese deel van die behandeling.
10/12/202223 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 5 Oktober 2022

Die Whipple-operasie is een van die groot operasies wat gedoen word om ’n deel van die pankreas weg te sny, meestal in die geval van pankreaskanker. ’n Chirurg verduidelik hoe die operasie gedoen word, en waarom dele van ander organe ook weggesny moet word.
10/5/202226 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 28 September 2022

Het jy geweet dat selfs aggressiewe klierkanker (limfoom) nou met nuwe middels goed behandel kan word, mits dit vroeg gediagnoseer word? Of dat die kliergeswel van limfoom dikwels met tuberkulose verwar word? Of dat limfoom eintlik net met ’n biopsie gediagnoseer kan word? Mari Hudson praat met ’n kliniese hematoloog oor hierdie soort bloedkanker.
9/28/202226 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 21 September 2022

Het jy geweet dat as ’n weerligstraal jou tref, of jy aan ‘n hoogspanningskabel raak, die straal eers binne-in jou lyf rondbons en skade veroorsaak voordat dit jou lyf verlaat? In ons gesprek oor ernstige brandwonde kyk ons na die klassifikasie van brandwonde, hoekom dit so pynlik is, veloorplantings, velkwekings, longskade en besef ons ook dat nie alle pasiënte gered word nie. Mari Hudson gesels met die hoof van ’n spesialis-brandwondeenheid.
9/21/202222 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 14 September 2022

Verstommende vooruitgang is gemaak in die behandeling van miëloom, een van die drie vorms van bloedkanker. Danksy die nuwe middels het die oorlewingsyfer van vroeggediagnoseerde miëloom, wat beskryf kan word as bloedplasma-kanker, die afgelope 15 jaar verbeter van sowat 2 jaar tot 10 jaar plus. Mari Hudson gesels met ’n kliniese hematoloog.
9/14/202226 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 7 September 2022

Ons fokus in Bloedkanker-bewustheidsmaand op leukemie, een van die drie soorte bloedkanker. Leukemie se behandeling verg dikwels stamsel-oorplantings. Mari Hudson praat met ’n kliniese hematoloog hieroor.
9/7/202223 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 31 Augustus 2022

Dit is goed en wel om klinies oor ’n chroniese siekte soos Tipe 1 Diabetes te gesels, maar hoe navigeer ’n tiener of jongmens sy of haar pad deur al die emosies van adollesensie, hindernisse, versoekings en andersheid? Mari Hudson gesels met ’n jong vrou wat op 10-jarige ouderdom met Tipe 1 Diabetes gediagnoseer is, en ook laagtepunte beleef het.
8/31/202224 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 Augustus 2022

Een van die groot probleme van kinders wat orgaanoorplantings ondergaan het, is risikogedrag van tieners wat hulle noodsaaklike daaglikse medikasie staak, met tragiese gevolge. Mense se frontale breinlobbe is eers teen 25 goed genoeg ontwikkel om sulke verantwoordelike besluite te neem. Hoe gemaak? Mari Hudson praat met die hoof van die Nier- en orgaanoorplantingseenheid by Rooikruis Kinderhospitaal.
8/24/202224 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 Augustus 2022

Het jy geweet ’n tweede ligte stamp teen die kop kort ná ’n eerste stamp en harsingskudding, kan tot die dood lei? Of dat geen teken van harsingskudding met ’n breinskandering gesien kan word nie, maar dat die brein wel toksiese stowwe afskei wat gemeet kan word? Mari Hudson praat met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.
8/17/202227 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 Augustus 2022

Hoe ernstig is harsingskudding? Kan dit tot latere breinskade lei? Ons vertel aan die hand van Faf de Klerk se beseringsvideo hoe om dit onmiddellik op die rugbyveld uit te ken. Mari Hudson gesels met een van die beste wêreldkenners op die gebied van harsingskudding in rugby, dr. Pierre Viviers.
8/10/202226 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 3 Augustus 2022

Endometriose veroorsaak rou skaafmerke in jou bekken en kan teen en in jou derms, nierpype, eierstokke en ander weefsel groei. Endometriose-chirurgie is ingewikkeld, maar die endometriose weefsel moet in een korrekte operasie verwyder word, en nie elke jaar gebrand word nie. Mari Hudson praat met een van die land se voorste endometriose chirurge.
8/3/202227 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 Julie 2022

Hoekom kom ’n pasiënt van Kanada na Suid-Afrika vir ’n operasie? Hoe word heupdisplasie herstel sonder ’n heupvervanging?  Waarop stuur ons dokters- en verpleegtekorte af? Is daar lewe vir ’n eens besig dokter ná aftrede?
7/27/202226 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 Julie 2022

Kan ons staatmaak op kommersiële DNS-toetse vir voeding? Hoekom is vesel so belangrik? Bou proteïenskommels spiere? Hoe werk kankerpasiënte se eetplanne? Mari Hudson praat hieroor met ’n dieetkundige.
7/20/202225 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 Julie 2022

Dit is moontlik om ’n eetplan te volg wat jou help om spesifiek vet te verloor en nie ander weefsel nie. Vetselle het ’n geheue, en wil hulle vet vashou,  maar hulle kan gefnuik word. Mari Hudson praat met ’n dieetkundige en biochemikus oor die tegniek van termo-genese, oftewel hitte-skepping.
7/13/202223 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 Julie 2022

Waarop op moet ’n versorger van bejaardes bedag wees? Wat kan skeef loop? Is versorgers goed opgelei? Waar staan ons met verpleegopleiding as daar meer as 10 000 vakante verpleegposte by staatshospitale is? Mari Hudson gesels met ’n spesialis in verpleeg- en kwaliteitsbestuur oor dié kwessies.
7/6/202225 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 29 Junie 2022

Hoe werk bloedstolling? Waar pas bloedplaatjies, kollageen en vitamien K in die hele proses in? Hoeveel bloed kan jy verloor, en nog lewe?
6/29/202223 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 Junie 2022

Moet mens besorg wees oor skeelheid? Wanneer moet ’n baba se skeel ogies by ’n oogarts kom? Hoe werk operasies om skeelheid te herstel? Kan ’n mens dieptepersepsie ontwikkel as jy slegs met een oog kan sien? Mari Hudson praat hieroor met ’n oogarts.
6/22/202224 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 Junie 2022

Baie meer vroue as wat ons besef, beleef ernstige depressie ná die geboorte van hulle baba. Baie vroue voel skuldig en reken hulle is slegte ma’s as hulle sukkel. Sommige dink selfs aan selfdood. Maar te veel soek nie hulp nie. Daar ís doeltreffende medikasie en behandeling. Watter vroue het die grootste risiko vir hierdie siekte, en wat is die gevaartekens? Mari Hudson gesels met ’n psigiater oor postnatale depressie.
6/15/202226 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Junie 2022

Die herpes-familie van virusse veroorsaak nie net koorsblare en waterpokkies nie, maar nog ander siektes. Dit is ’n taai en geslepe kalant wat lank in jou senuweevesels kan skuil, om later baie pynlike gordelroos te veroorsaak. Daar is entstowwe wat jou baie pyn kan spaar. Mari Hudson praat hieroor met ’n viroloog.
6/8/202224 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Junie 2022

Moet ons bekommerd wees oor die voorkoms van aappokke, wat nou al in meer as 20 lande opgeduik het? Hoe verskil dit van pokke en waterpokkies? Mari Hudson praat hieroor met ’n infeksiesiekte-spesialis.
6/1/202221 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 25 Mei 2022

Hoe werk ’n knokkeltoon-operasie, en hoe lank is jy buite aksie? Kan testosteroon-aanvullings jou spermtelling laat daal? Waarom kry sommige mense met hoë tiroïedvlakke uitpeuloë? En, wat is die werklike verband tussen sooibrand en kanker? Mari Hudson praat met vier spesialiste oor dié vrae.
5/24/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 18 Mei 2022

Sooibrand is nie ’n rare siekte nie, maar hoe werk refluks? Het oorgewig iets hiermee te make? Wanneer het jy ‘n operasie nodig? En hoe pas Barret-slukderm in by refluks? Mari Hudson praat met ’n gastro-enteroloog oor dié probleme.
5/18/202225 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 11 Mei 2022

’n Hartprosedure wat Maandag op ’n sesjarige meisie gedoen is, het haar lewe gered. Haar hart het vandat sy drie jaar oud is, soms teen ’n allemintige 280 slae per minuut geklop, wat lewensbedreigend was. Mari Hudson praat met ’n kardioloog oor die prosedure, en hoe hartritme-defekte in kinders herstel word.
5/11/202224 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 4 Mei 2022

Kan jy na een drankie nog goed bestuur? Het ‘binge-drinking’ bykomende gevare? Kan enigiets jou lewer help om alkohol vinniger af te breek? Hoekom lyk dit of gewoontedrinkers nie so gou dronk word nie? Hoe lyk die stadiums van dronkenskap? Mari Hudson praat met ’n forensiese patoloog oor die uitwerking van alkohol op jou liggaam en andersom.
5/4/202225 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 April 2022

’n Klein skoenlappervormige kliertjie in jou keel bepaal hoeveel petrol in jou enjin is. Sowat een uit tien mense ouer as 40 se tiroïed werk nie reg nie. As dié wanfunksie nie gediagnoseer en behandel word nie, kan dit enersyds tot lewensmoegheid en andersyds selfs tot jou dood lei. Mari Hudson praat met ’n internis oor tiroïedfunksie.
4/27/202227 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 April 2022

Vertigo, die verskriklike duiseligheid weens probleme in jou binne-oor se boogkanaaltjies, kan met sekere oefeninge verbeter. Middels soos teen-seesiekpille en Serc help, maar Mari Hudson en haar gaste gesels oor die nie-mediese behandeling van vertigo en tinnitus.
4/20/202222 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 April 2022

Is eetlusdempers gevaarlik, of ’n goeie hulpmiddel? ’n Endokrinoloog praat oor die rol van eetlusdempers in gewigsverlies. En ’n histopatoloog gee ons ‘n kykie in ’n patologielaboratorium.
4/13/202226 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 April 2022

Glo dit as jy wil, maar spatare en diep veneuse trombose word gereeld verkeerd gediagnoseer. Ons kyk na die nuutste behandeling van spatare, waarom mense se enkels opswel en die gevare van diep veneuse trombose. Mari Hudson praat hieroor met ’n vaskulêre chirurg van Bloemfontein.
4/6/202223 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 30 Maart 2022

Kan drastiese vloeistof-diëte jou hart aantas? Is alle vloeistof-diëte dieselfde? Help radikale diëte jou om gewig te verloor? Mari Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog.
3/30/202226 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 23 Maart 2022

Beroertes is een van die top tien oorsake van dood in Suid-Afrika en ter wêreld. Hoe ken mens dit uit? Waarom moet mens letterlik binne minute, en beslis binne ’n uur, by ‘n hospitaal kom? Waarom moet mense met mini-beroertes beslis mediese sorg opsoek? Wat kan jyself doen om jou risiko vir beroerte te verlaag? Mari Hudson praat hieroor met ’n neurochirurg.
3/23/202225 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 16 Maart 2022

Fibromialgie is ’n siekte gekenmerk deur pyn. Baie lyers se lewe word ontwrig deur dié siekte, wat dikwels ook saamgaan met ander siektes wat dan lei tot abnormale pynversterking. Daar is hoop vir dié lyers. Ons kyk na die diagnose, oorsake en behandeling.
3/16/202227 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 9 Maart 2022

Katarakvorming is die oorsaak van blindheid by byna ’n kwartmiljoen mense in Suid-Afrika. Dit is ook 'n vorm van blindheid wat met chirurgie behandel kan word om mense weer te laat sien. ’n Nuwe inisiatief is bekend gestel om meer katarakoperasies en lensinplantings op die platteland te doen. Hoe vorm katarakte? Hoe word ’n nuwe lens in die oog ingeplant? Hoe werk die nuwe inisiatief? Mari Hudson het gaan vasstel.
3/9/202221 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 2 Maart 2022

Robot-tegnologie word al hoe meer ingespan in knievervangings. Hoe werk dit? Sny die robot, of sny die ortopeed? Hoe kan dit akkurater wees? Is die uitkoms werklik beter? Is dit duurder vir die pasiënt? Mari Hudson het ’n operasie bygewoon, en met 'n ortopediese chirurg oor die jongste tegniek gesels.
3/2/202222 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 23 Februarie 2022

Wat is die jongste stand van sake in die behandeling van outo-immuun reumatoïede artritissiektes? Hoe goed werk biologiese middels? Hoe veilig is dié middels? En hoe bekostigbaar is die middels? Mari Hudson gesels met ’n reumatoloog om antwoorde op dié vrae te vind.
2/23/202226 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 16 Februarie 2022

Kan ’n knopiespinnekop se byt jou dood veroorsaak? Hoe gevaarlik is ’n selonsroos en siringa-bessies werklik? Hoe weet mens die skerpioen wat jou bygedam het, is giftig? Moet jy slangteengif by jou dra wanneer jy veld toe gaan? Mari Hudson praat met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.
2/16/202223 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 9 Februarie 2022

Waarom is dokters so besorg oor parasetamol-oordosisse? Kan ysterpille gevaarlik wees vir kinders? Wat van anti-allergiese middels? Sal ’n kind oorleef as hy ’n halwe teelepel Two-Step ingekry het? Mari Hudson gesels met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.
2/9/202223 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 2 Februarie 2022

Help hiperbariese suurstofterapie vir Covid-pasiënte? En vir diabete se wondgenesing, of vir bestralingspasiënte? Hoe verskil dié behandeling van osoon en peroksied? Mari Hudson praat met ’n spesialis in lugvaart- en duikgeneeskunde en kundige in die gebruik van hiperbariese suurstofbehandeling om antwoorde op dié vrae te vind.
2/2/202226 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 Januarie 2022

Hoe suksesvol is laerrug-operasies? Wat van nuwer tegnieke? Kan jy self iets doen om jou rug te versterk? Mari Hudson gesels met ’n neurochirurg oor laerrug-probleme en -operasies.
1/26/202223 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 19 Januarie 2022

Vier uit elke vyf mense ondervind die een of ander tyd in hulle lewe pyn in die laer dele van hulle rug. Wat is die oorsake? Wat is die rooi vlae wat verder ondersoek moet word? Wanneer is ’n rugoperasie die beste opsie? Mari Hudson praat met ’n neurochirurg om antwoorde op dié vrae te vind.
1/19/202226 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 12 Januarie 2022

Wat behels die inflammatoriese reaksie – daardie reaksie wat deels verantwoordelik is vir Covid-simptome en die goor gevoel wat sommiges ervaar ná hulle die entstof ontvang het? Waar pas antiliggame, antigene, T-limfosiete en sitokiene in? Mari Hudson praat met ’n mediese biochemikus en ’n immunoloog om beter te verstaan.
1/12/202225 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 5 Januarie 2022

Die nuwe jaar se hartklop is nog vars. Weet jy wat die lub-dub klanke van jou eie hartklop veroorsaak? Hoekom klop ’n baba se hart vinniger as ‘n grootmens s’n? Hoe klink ’n lekkende hartklep? Wat kan ’n dokter vasstel as hy met ’n stetoskoop na ’n baba se hart luister? Mari Hudson praat met ’n pediatriese kardioloog wat verduidelik hoe hartklanke klink en werk.
1/5/202222 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 29 Desember 2021

Covid het ons sterflikheid onder ons aandag gebring. Hoe lyk die paadjie van iemand met ’n terminale siekte tot die einde? Wie is die dokters wat probeer help om dié pasiënte so pynvry en gemaklik te maak? Wanneer moet die proses van palliatiewe sorg begin? Mari Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor sorg wat nie genees nie, maar ewe belangrik is.
12/29/202125 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 Desember 2021

Waar is die gewone virusse heen tydens die Covid-inperkings? Moet ouers besorg wees oor koorskonvulsies of -stuiptrekkings? En waarom parasetamol en nie aspiriene vir babas en kleuters met koors nie? Mari Hudson praat ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters.
12/22/202124 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 Desember 2021

Sal die vierde (Omikron) golf lank en uitgerek wees soos die Delta-golf? Of sal getalle net so vinnig afneem as wat dit toeneem? Sal ons waakeenhede weer oorloop? ’n Dataontleder vertolk die beskikbare data. Mari Hudson gesels ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters.
12/15/202124 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Desember 2021

’n Tegniek om ’n vergrote prostaat te verklein sonder ’n operasie, word nou ook in Suid-Afrika gedoen. Mari Hudson gesels met ’n uroloog om vas te stel hoe ’n vergrote, goedaardige prostaat met stoom verklein kan word.
12/8/202121 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Desember 2021

Nierversaking kan met ’n nuwe middel vertraag word, vertel ’n nefroloog. Ons kyk ook na die effek van Covid op pasiënte met nierversaking, en dat tot 85% van staatspasiënte met nierversaking geen plek kry op beperkte dialise-lyste is nie. Mari Hudson praat met ‘n nefroloog in die laaste van twee aflewerings oor nierversaking, die siekte wat jou so stilweg kan bekruip, en dikwels so laat opgespoor word dat slegs dialise en ’n nieroorplanting jou lewe kan red.
12/1/202123 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 November 2021

Nierversaking kan jou so stilweg bekruip dat jy dit eers agterkom as jy skaars 10 tot 20 persent van jou nierfunksie oor het. Dan is dialise en ‘n nieroorplanting al uitweg. Mari Hudson praat met ‘n nefroloog in die eerste van twee aflewerings oor nierversaking.
11/24/202124 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 November 2021

Die keto-dieet is deesdae baie ter sprake. Mense sê hulle brein voel skerper op dié dieet. Wat behels dit? Wat is ketone? Watter rol speel hulle in die liggaam en in jou brein?
11/17/202123 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 November 2021

Het jy geweet dat meer as 410 000 mense jaarliks in die wêreld aan die muskietgedraagde parasitiese siekte, malaria, sterf. En dat 94% van die 219 miljoen malariagevalle in Afrika voorkom? Met ‘n groot aanslag is dit moontlik dat twee van Suid-Afrika se malaria-endemiese gebiede, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, teen 2023 malariavry kan wees. Marí Hudson praat met ’n malariakenner oor die jongste malaria-inligting.
11/10/202123 minutes
Episode Artwork

Gesondheid 3 November 2021

Meer as 60-miljoen mense in die wêreld ly aan hartversaking, en die helfte sal binne vyf jaar sterf. ’n Nuwe diabetesmiddel kan van hierdie lewens red.
11/3/202127 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 Oktober 2021

Dit is nou moontlik om hartversaking en vordering van nierversaking te stuit in Tipe 2-diabete. Hoe kan hulle gehelp word om langer en gesonder te lewe? Luister na deel 2 van die reeks oor die jongste behandelings vir Tipe 2-diabete.
10/27/202121 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 9 September 2020

'n Beenmurg-oorplanting kan iemand met 'n sekere soort bloedkanker (leukemie) se lewe red. Hoe werk dit? Vir watter pasiënte kan dit help? Waarom word beenmurg gebruik om kanker van bloedselle te behandel? Wanneer word skenker-beenmurg gebruik en wanneer die pasiënt se eie beenmurg? Marí Hudson praat met prof. Vernon Louw, hoof van kliniese hematologie van die Universiteit van Kaapstad, oor beenmurgoorplantings.
9/9/202027 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 4 Desember 2019

Dit is 35 jaar sedert ons in Suid-Afrika bewus geword het van MIV/Vigs. Vandag word MIV/Vigs, danksy nuwer medikasies, nie meer beskou as 'n terminale siekte nie. Suid-Afrika het die grootste vigsbehandelingsprogram in die wêreld, want een uit vyf is MIV positief. Neem dit steeds toe? Waar staan ons vandag in terme van opsporing, behandeling, voorkoming en nuwe navorsing? Marí Hudson gesels verder met 'n dokter betrokke by vigsnavorsing oor die stand van MIV/Vigs en behandeling in Suid-Afrika.
12/4/201926 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 27 November 2019

Een-derde van tienermeisies en die helfte van mense met hartversaking lei aan 'n ystertekort, wat in laasgenoemde geval die hart verder kan beskadig. 'n Ystertekort in 'n swanger vrou kan tot groeivertraging van haar baba, premature geboorte en breinskade lei. Marí Hudson gesels verder met 'n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan, en ook oor yster-oorlading in die bloed.
11/27/201924 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 20 November 2019

Bloedarmoede is een van die algemeenste siekteprobleme waaraan die mensdom ly, en dit is inderwaarheid die laatstadium van ystertekort. Moegheid, geheueprobleme en voedsel “cravings' is van die tipiese simptome van 'n ystertekort. Wat is die oorsake daarvan, waarom moet dit behandel word, en watter ystermiddels werk die beste? Marí Hudson gesels met 'n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan.
11/20/201923 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 13 November 2019

Wat het Handre Pollard en Claude die Chimpanzee gemeen? Dis kaak-, gesig- en mondchirurgie, onderskeidelik vir 'n gebreekte wangbeen en vir 'n beseerde kakebeen. Marí Hudson gesels met 'n kaak-, gesig- en mondchirurg oor die dissipline, die vordering wat gemaak is in die skep van nuwe kakebene, en ander vooruitgang in die veld.
11/13/201925 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 6 November 2019

Elke dag sterf 18 mense in Suid-Afrika aan hulle eie hand. Is al die gevalle van selfdood voorkombaar? Is daar gapings in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsels wat oorbrug kan word om die risiko van selfdoodpogings te verminder? Is daar spesifieke stadiums binne depressiesiklusse wat iemand meer weerloos maak vir selfdood? Is daar gevaartekens wat nie ernstig genoeg opgeneem word nie? Speel medikasie 'n rol? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor risiko's en risiko-stadiums vir selfdood.
11/6/201926 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 30 Oktober 2019

Al hoe meer navorsing dui op 'n baie duidelike verband tussen hartoperasies en depressie. Hoe werk dit? Het dit te make met die operasie of die hart? Moet 'n dokter en pasiënt ook bedag wees op depressie ná enige ander groot siekte of chirurgie? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die verband tussen depressie en fisieke siektetoestande.
10/30/201923 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 23 Oktober 2019

Die diagnose, klassifisering en behandeling van kanker het die afgelope dekade baie verander omdat navorsing meer insigte gebring het. Wat gebeur as jy pas gediagnoseer is met borskanker? Het jy genoeg tyd dat jou behandeling goed beplan kan word? Watter rol speel genetiese toetse? Hoe beïnvloed die soort en stadium van borskanker jou behandeling en prognose? Wanneer is die beste tyd vit 'n borsrekonstruksie? Marí Hudson praat met 'n borskanker-chirurg oor al die aspekte.
10/23/201927 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 16 Oktober 2019

Almal van ons het al van geelsug gehoor. Dit is een van die simptome van hepatitis, oftewel lewer-inflammasie of lewer-ontsteking. Het jy geweet daar is verskillende soorte hepatitis, en dat sommige soorte chronies is? Of dat groot doserings van 'n pynstiller soos Panado lewerskade kan veroorsaak? Marí Hudson praat met 'n gastro-enteroloog oor die oorsake en behandeling van hepatitis.
10/16/201925 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 2 Oktober 2019

Dit is een van die pynlikste en verminkendste ervarings om ernstige brandwonde op te doen. Hoe lank hou die vel nog aan met brand ná die brandvoorval? Hoe besluit 'n dokter hoe diep en ernstig 'n brandwond is? Wanneer kom oorlewing in gedrang? Hoe ver het die wetenskap gevorder met veloorplantings en ander behandelingsmetodes dat die diep brandwond so goed as moontlik genees en die vel nie styf en onelasties word nie? Marí Hudson praat met een van die land se voorste brandwondkenners hieroor.
10/2/201928 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 25 September 2019

Al hoe meer mense wend hulle tot dagga-olie om verskeie redes, maar daar is nog baie vrae en onsekerhede. Sommige hoop dit kan hulle kanker genees, ander neem dit vir pynverligting, en ander om goed te slaap. Hoe werk die verskillende bestanddele van die daggaplant? Wat gebeur in die liggaam? Watter bestanddeel is medies gesproke die een wat hoop bring in die behandeling of hantering vir siektes? Hoe weet ons watter dagga-olie om te koop, en waar? Marí Hudson gesels met 'n endokrinoloog oor hoe die verskillende dagga-bestanddele die liggaam affekteer.
9/25/201929 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 18 September 2019

Kan verbode middels soos anaboliese steroiede werklik sportprestasie verbeter? Tot watter mate? Watter middels het Aphiwe Dyantyi in die moeilikheid laat beland? Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor verbode middels, sportprestasie, tieners en voedingaanvullers.
9/18/201928 minutes, 1 second
Episode Artwork

Gesondheid 11 September 2019

Wat is palliatiewe sorg? Hoe goed kan pyn en ander simptome werklik beheer word? Kan dit die kwaliteit van jou lewe verbeter in die laaste deel van jou aardse reis? Begin dokters met die sorg net as geen ander behandeling jou meer kan red nie? Kan dit tuis gedoen word, of net in 'n hospies of hospitaal?
9/11/201924 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 4 September 2019

Wat is in daardie proteïendrankie wat jy of jou sportmal tiener daagliks afsluk? Kan dit wees dat dit verbode middels bevat, al word dit nie op die etiket aangedui nie? Kan dit wees dat een van die 'onskuldige' proteïendrankies wat Aphiwe Dyantyi dalk gebruik het, drie verbode middels bevat? Marí Hudson gesels met 'n wetenskaplike wat navorsing gedoen het op die inhoud van verskeie 'onskuldige' proteïendrankies. Jou ore sal tuit oor wat hy in die drankies gekry het, want die nywerheid van voedsel-aanvullers is na jare steeds totaal ongereguleerd in Suid-Afrika!
9/4/201927 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 28 Augustus 2019

Suid-Afrika se traumachirurge tel onder die bestes ter wêreld, ongelukkig juis omdat ons hospitale se noodeenhede deur te veel traumagevalle oorweldig word. Wat presies is trauma? Wat is die grootste uitdagings, ook op die wêreldverhoog? Kan 'n mens met 'n rib deur die long so afgeblaas word soos Nurse Nettie se ramkat? Marí Hudson gesels met 'n traumachirurg oor die kwessies.
8/28/201924 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 21 Augustus 2019

Wat is retinale loslating, en hoe word dit behandel? En hoe werk diabetiese retinopatie? 'n Mens word ook gewaarsku oor die komplikasies van diabetes wat nie goed beheer word nie. Een van die komplikasies is diabetiese retinopatie, wat beteken dat die retina aangetas word. Maar hoe gebeur dit? Marí Hudson gesels met 'n oogpesialis oor die twee oogprobleme.
8/21/201923 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 14 Augustus 2019

Blaaslek is baie meer algemeen as wat 'n mens dink. Baie vroue se blaas- of anale knypers of albei, werk nie meer so goed soos voorheen nie. Dit lei tot groot verleentheid vir die vroue, en hulle is dikwels te skaam om hulp te soek. Maar daar is hulp wat die vroue se lewens weer ten goede kan verander. Een van die behandelingsopsies is die plaas van 'n klein 'pasaangeër' in die boud. Ander behandelingsopsies sluit selfs botoksinspuitings in die blaas in.
8/14/201921 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 7 Augustus 2019

Candida auris word beskou as een van die gevaarlike nuwe superkieme wat die potensiaal het om glad nie op medikasie te reageer nie. Dit is 'n swamsiekte wat die afgelope 10 jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het, en nou veral in private hospitale in Gauteng gevind word. Marí Hudson gesels met 'n mediese kundige oor die en ander swamsiektes.
8/7/201919 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 31 Julie 2019

Die TV-minireeks, Chernobyl, het 'n mens laat skrik vir die gevolge van 'n kernkrag-ongeluk. In die tweede deel van die kort reeks oor radio-aktiewe bestraling, kyk ons na die behandeling van 'n mens wat met hoë doserings radio-aktiwiteit bestraal is, en wat die grootste risiko vir 'n bestralingsinsident inhou... en dis nie 'n kernkragontploffing by Koeberg nie!
7/31/201925 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 24 Julie 2019

In die onlangse TVminireeks, Chernobyl, het die groot kernkragongeluk tot ernstige bestralingskade aan die omgewing en ook akute bestralingsiekte gelei. Wat gebeur in die liggaam met hoë doserings radio-aktiewe bestraling? Watter bestralingsdosis is hoog genoeg vir bestralingsiekte? Wat gebeur wanneer jou eie liggaam radio-aktief word? En is ons liggame nie in elk geval effe radio-aktief nie? Marí Hudson gesels met 'n beroepsgeneeskundige oor akute bestralingsiekte.
7/24/201926 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 17 Julie 2019

'Ons gaan voluit voort met Nasionale Gesondheidsversekering' het die nuwe Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, tydens sy begrotingsrede gesê. Wat beteken sy jongste aankondigings oor R30-miljard en die vul van kliniese poste, en ander inligting vir jou en my?
7/17/201928 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 Julie 2019

Heupvervangings kan nou met 'n bikini-snit van voor op die heup gedoen word, pleks van deur die boud. Die pasiënt het minder pyn omdat daar aan minder spiere gekarring word, en is binne 'n dag weer op die been, en binne 2 tot 3 dae weer tuis. Marí Hudson gesels met 'n ortopediese chirurg oor die aangepaste metode vir heupvervangings.
7/10/201921 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 3 Julie 2019

Mari Hudson praat met prof. Jan van Zyl van die Universiteit van die Vrystaat oor pankreatitis, oftewel infeksie van die pankreas.
7/3/201926 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 Junie 2019

Marí Hudson praat met 'n sportsielkundige oor die beginsels van sportsielkunde en wenners.
6/26/201925 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 19 Junie 2019

Mari Hudson praat met 'n dokter oor vanjaar se griep. Is dit ernstiger as vorige jare? Help die griepinspuiting werklik?
6/19/201923 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 12 Junie 2019

Marí Hudson praat met 'n psigiater oor postnatale depressie.
6/12/201926 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 5 Junie 2019

Wat is sistiese fibrose? Hoe hou 'n ensiemtekort verband met longprobleme? Waarom sukkel kinders met sistiese fibrose om asem te haal? Kan dit behandel word? Kan dit voorkom word?
6/5/201919 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 29 Mei 2019

Saray Khumalo het pas die eerste swart vrou van Afrika geword wat die kruin van die berg Everest bereik het. Die Berg van Berge het egter die afgelope drie weke die lewe van tien klimmers geëis. Hoe werk hoogtesiekte - of lugdruksiekte? Wat gebeur met die brein en liggaam wat hierdie hoogtesiekte lewensgevaarlik maak? Op watter hoogte kan dinge skeef loop? Hoe moet mens 'n hoë bergkruin aandurf om wel voldoende te akklimatiseer? En waarom kan die sjerpas Everest op en af klim sonder probleme?
5/29/201925 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 22 Mei 2019

Het jy geweet dat atlete wat hulle harte tot die uiterste beproef in strawwe uithou-sport, soos die Comrades-marathon, die Cape Epic-fietstoer of strawwe ystermankompetisies, hulle hartstruktuur kan beskadig. Die skade kan dan lei tot hartritme-stoornisse wat selfs tot skielike dood kan lei. Marí Hudson praat met 'n hartspesialis oor die verband tussen strawwe sport en hartritme-defekte.
5/22/201924 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 15 Mei 2019

Wat sal gebeur as Caster Semenya middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag? Kan haar voordeel in dieselfde asem genoem word as groot voete vir swemmers en lang lywe vir basketbalspelers? Dít is van die vrae wat beantwoord word in die tweede aflewering in die kort reeks oor die Caster Semenya/Testosteroon/IAAF-kwessie. Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor die komplekse saak.
5/15/201925 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 8 Mei 2019

Wat is die werklike wetenskaplike bewyse vir of teen die besluit van die Sportarbitrasiehof teen Caster Semenya. Tot watter mate lei hoër testosteroonvlakke tot beter sportprestasie? Geld die voordeel werklik vir Caster Semenya? Kan die voordeel gemeet word? Hoe verskil Caster Semenya en ander vroue wat met testes gebore word, van transgender-vroue ten opsigte van testosteroon-voordele? Sal Caster Semeya ook so kan uitblink in die 3000m en 5000m as in die 800m en 1500m? Marí Hudson gesels met die internasionaal-erkende sportwetenskaplike, prof. Ross Tucker, wat self in Lausanne voor die Hof vir Arbitrasie in Sport, wetenskaplike studies voorgelê het.
5/8/201925 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 1 Mei 2019

Wat presies beteken goeie en slegte bakterieë in jou ingewande? Help dit om gefermenteerde kosse te eet of aanhoudend probiotika te drink om jou ingewandsbakterie te verbeter? En wat van probiotika saam met antibiotika? Marí Hudson praat met 'n gastro-enteroloog oor ingewandsbakterie.
5/1/201923 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 10 Oktober 2018

Wat is die verskil tussen pre-diabetes en diabetes? Kan pre-diabetes omgekeer word? Wat is die verskil tussen insulien-sensitiwiteit (voorheen genoem insulien-weerstandigheid) en pre-diabetes? En waar pas oorgewig en Banting in? Marí Hudson praat met prof. Tess van Merwe, 'n endokrinoloog, om verwarring oor die siektes en kwessies op te klaar.
10/10/201824 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Gesondheid 26 September 2018

Moet mens nou baie, of min koolhidrate eet vir goeie gesondheid? En baie of min diereproteïene en -vette? Waar presies pas insulienweerstandigheid, diabetes en oorgewig in die prentjie? 'n Insiggewende verslag is onlangs in die gesaghebbende Lancet mediese joernaal gepubliseer. Marí Hudson praat met prof. Tess van der Merwe, 'n endokrinoloog, om die jongste inligting vir ons te verduidelik.
9/26/201827 minutes, 9 seconds