Winamp Logo
Monitor Cover
Monitor Profile

Monitor

Afrikaans, Foreign/International, 1 season, 3886 episodes, 1 day, 5 hours, 33 minutes
About
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Episode Artwork

Monitor 25 Oktober 2024

Die diamanthandelaar, Louis Liebenberg, en vyf medebeskuldigdes bly nóg 'n week in aanhouding. Die gebrek aan 'n eenvormige buitelandse beleid in die Regering van Nasionale Eenheid onder die soeklig. Frelimo bly aan bewind in Mosambiek.
10/25/202448 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Oktober 2024

Drie waterprojekte moet onmiddelik in Gauteng begin word om 'n Dag Zero te voorkom. Duisende mense is nog dakloos na hierdie week se storms in die Oos-Kaap. Meer as 17 000 mense onderteken 'n petisie teen misdaad in die sakekern van Stellenbosch. Die eerste besending Suid-Afrikaanse avokados het in China aangekom.
10/24/202446 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Oktober 2024

Afriforum gaan stappe doen om die rioolprobleem in Kroonstad op te los. Swaar reën rig groot skade aan in Kariega en omliggende gebiede in die Oos-Kaap. Ons fokus op die eerste honderd dae van die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald.
10/23/202448 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Oktober 2024

Die BRICS- en Statebond-berade vind vandeesweek plaas - ons praat met 'n ontleder oor Suid-Afrika se belange. 'n Gladde begin vir die matriek-eindeksamen in KwaZulu-Natal, ondanks baie reën. Die fokus is vandag op Wêreld-Hakkeldag.
10/22/202448 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Oktober 2024

Derduisende matrikulante skryf vandag hulle eerste vraestel in die eindeksamen. Die Joshlin Smith-hofsaak hervat enkele dae voor haar verjaarsdag. Afriforum sê die waterkrisis in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die premier, Panyaza Lesufi, se versuim om munisipaliteite reg te ruk.
10/21/202447 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Oktober 2024

Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban.
10/18/202448 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Oktober 2024

Kleinhandelverkope styg vir die sesde agtereenvolgende maand. Hoe gaan jy vir 'n mammogram? Ons praat met 'n kenner oor borskanker-bewusmaking. 'n Elekrtiese motorfiets kom 6 000 kilometer later, vanaf Kenia in die Kaap aan.
10/17/202447 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Oktober 2024

'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie.
10/16/202448 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Oktober 2024

President Ramaphosa vra dat die Regering van Nasionale Eenheid regverdig beoordeel word. Action SA sê hy is nog nie klaar met die Phala Phala-skandaal nie. Ons praat met Helen Zille oor koalisie-politiek, veral op plaaslike regeringsvlak.
10/15/202441 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Oktober 2024

Die polisie ondersoek 'n massa-skietvoorval in Orange Farm. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni. Ons bespreek Mboweni se invloed op die ekonomie en politiek. Die polisiediens kry 'n ongekwalifiseerde ouditmening. Moontlike regstappe oor die besnoeiing aan onderwysposte in die Wes-Kaap.
10/14/202446 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Oktober 2024

Ons praat met 'n kenner oor die reuse bedrae wat in die Amerikaanse verkiesingsveldtogte betrokke is. Massa-optrede beplan teen die Wet op Basiese Onderwys en Orkaan Milton eis die lewens van 16 mense.
10/11/202449 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Oktober 2024

Dr Nasiphi Moya van Action SA dra nou die burgemeestersketting in die Tshwane Metro. Die Gautengse kantoor vir verbruikersake vra mense om nie kosprodukte sonder etikette, te koop nie. Mosambiekers wag op die uitslag van dié land se algemene verkiesing. 
10/10/202445 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Oktober 2024

Spaza-winkels onder die vergrootglas ná die dood van vyf kinders. Een van die sterkste orkane ooit op pad na Florida. Die SAUK is tegnies insolvent - ons praat met ons eie finansiële hoof.
10/9/202447 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Oktober 2024

Dr. John Hlophe trek sy benoeming terug as lid van die Regterlike Dienskommissie. 'n Versoek om die wettige ouderdom om alkohol te gebruik, tot 21 jaar te verhoog. Daar is 'n groot tekort aan personeel by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.
10/8/202448 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Oktober 2024

Hamas het Israel 'n jaar gelede aangeval, met skrikwekkende gevolge en Israel wat nou op verskeie fronte oorlog voer - ons praat met 'n militêre kenner. Hulde aan ‘n politieke leier en 'n bekroonde joernalis. 'n Belangegroep sê ’n reuse skuif is nodig om geestesgesondheidsorg vir almal toeganklik te maak.
10/7/202448 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Oktober 2024

Treindienste op ses van Durban se agt spoorweglyne weer in bedryf gestel. Die AA bevraagteken die Gautrein-uitbreiding ten bedrae van R120 miljard. 'n Elektriese motorfiets pak die 6 000 kilometer van Kenia na Stellenbosch aan.
10/4/202449 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Oktober 2024

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy ondersteun nie 'n moontlike teenaanval deur Israel op kernkragaanlegte in Iran nie. Solidariteit nader Nedlac om die regering te dwing om 'n bemiddelingsproses oor die Bela-wet te begin. Ons skyn die kollig op laerskoolleerders se leesvermoë. Verskeie lande eis dat Afrika dringend permanente setels in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad moet kry.
10/3/202448 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Oktober 2024

Ons ontleed Iran se grootskaalse aanval op Israel. Brandstof is vandag aansienlik goedkoper, maar is dit 'n tendens wat sal voortduur, gegewe die konflik in die Midde-Ooste. Wilgenhoffers wil hof toe om die omstrede koshuis oop te hou.
10/2/202449 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Oktober 2024

‘n Spesiale uitsending om Monitor se 50ste bestaansjaar te vier. Gure rweer tref die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Daar is 'n min skenkers van stamselle. Moord op vroue is aan die toeneem. Meer munisipaliteite dien hulle finansiële state betyds in.
10/1/202449 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 September 2024

Voorstanders van AfriKaaps vra groter status. Die Woordfees se direkteur, Saartjie Botha, praat oor vanjaar se kleiner fees. Ons hoor met watter interessante nuutskeppings ons luisteraars vorendag kom.
9/30/202449 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 September 2024

Action SA hoop die ANC steun hulle kandidaat vir die burgemeesterskap in Tshwane, adjunkburgemeester dr. Nasiphi Moya, nadat 'n mosie van wantroue teen die burgemeester, Cillier Brink, geslaag het. Ons praat met die DA oor wat hulle nou gaan doen. Sanparke stel sy Visie 2040-plan bekend. Een van die doelwitte is om 30% van die land se grondgebied teen 2030 onder bewaring te bring. In Libanon sterf minstens 92 mense in lugaanvalle deur Israel op 'n woonstelgebou in die suide van Beiroet.
9/27/202446 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 September 2024

Provinsiale onderwysdepartemente sal teen 2027 'n reuse begrotingstekort hê. 'n Openbare raadplegingsproses begin oor Eskom se voorgestelde kragtariefverhogings. 'n Mosie van wantroue sal na verwagting vandag teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, gebring word.
9/26/202446 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 September 2024

Die oorskot van 49 vryheidsvegters wat in Zimbabwe en Zambië oorlede is, word geherpatrieër. 'n Suid-Afrikaanse organisasie help met vlugtelinge in die suide van Libanon. Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux, word met groot blydskap tuis in Oudtshoorn verwelkom. Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen Argentinië.
9/25/202447 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 September 2024

'n Ondersoek word gevra na die aanstelling van departementshoofde in die Mangaung-metro. Die Limpopo-regering plaas die Thabazimbi-munisipaliteit onder administrasie. Bykans 500 mense is in Libanon dood, nadat Israel sy lugaanvalle op Hezobollah-teikens verskerp.
9/24/202448 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 September 2024

Huldeblyke stroom in vir die ontslape veteraan-parlementariër, Koos van der Merwe. Hulpverlening en reddingspogings is gister by van Reenenspas in die Drakensberg voortgesit. Die DNS van mense wat tienduisend jaar gelede in die George-omgewing gewoon het, word uitgepluis.
9/23/202446 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 September 2024

Die repokoers verlaag vir die eerste keer in vier jaar. Die regering vergader met sakelui oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. Die Tshwane Metro sê goeie vordering word gemaak om agterstallige skuld te verhaal.
9/20/202449 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 September 2024

Ten minste 20 mense word in 'n tweede golf van ontploffings in Libanon gedood - dié keer was tweerigtingradios die teiken. Die konstruksiemafia word onder meer vir die vertragings met die installering van sonkrag warmwaterstelsels deur die regering blameer. Ons praat met Business Against Crime oor die jongste tendense wat die konstruksiemafia betref. Die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA, nooi Suid-Afrikaanse wetenskaplikes uit om aan 'n studie oor die dwergplaneet, Pluto, deel te neem.
9/19/202447 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 September 2024

Die organisasie, WaterCan, sê swak beplanning is die rede vir waterprobleme in Gauteng. Vyf munisipaliteite in die Vrystaat skuld die Vaal Sentraal-waterraad R10 miljard. Ons praat met 'n ontleder oor die verhoogde spanning in die Midde-Ooste, wat die Lebanon-ontploffings meebring.
9/18/202448 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 September 2024

Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, onderneem om die nuwe BELA-onderwyswet toe te pas, al het sy verlede week se ondertekening geboikot. Stellenbosch Universiteit se Wilgenhof-koshuis gaan vir 'n jaar sluit. sowat 30 000 besoekers word by die Africa Aerospace and Defence-skou in Pretoria verwag.
9/17/202448 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 September 2024

Die Polisiediens hoes sedert 2018 R2,4 miljard aan uitbetalings weens onregmatige arrestasies. Die Raad van die Universiteit Stellenbosch besluit vandag oor die toekoms van die Wilgenhof-manskoshuis. Die jongste oor die sluipmoordpoging op Donald Trump.
9/16/202447 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 September 2024

Die omstrede BELA-wet sal waarskynlik vandag bekragtig word. Is kernkrag 'n lewensvatbare opsie vir Suid-Afrika se energiebehoeftes? Reën is volgende week op pad na groot dele van die binneland.
9/13/202449 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 September 2024

Die DA dreig om uit die regering van nasionale eenheid te stap indien president Cyril Ramaphosa die BELA-wysigingswetsontwerp onderteken. Landdroste se salarisse en werksomstandighede weer onder die vergrootglas. Die Jagersfontein-ramp van twee jaar gelede word met 'n foto-uitstalling herdenk.
9/12/202448 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 September 2024

Die paroolverhoor van Najwa Petersen sal na verwagting vandag plaasvind. Honderde onderwysers se poste in gedrang weens besnoeiings aan provinsiale onderwysbegrotings. Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in 'n debat.
9/11/202450 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 September 2024

Skok oor Gauteng se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se onderbesteding van R554 miljoen. Een uit elke vier kinders in Suid-Afrika het vertraagde groei en ontwikkeling weens wanvoeding. Die VSA se twee presidensiële kandidate pak mekaar in 'n debat.
9/10/202448 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 September 2024

Duitse masels onder kinders aan die toeneem. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die skrywer en aktivis, James Matthews. Ons fokus op die Springbokke en die Vroue Bokspan se oorwinnings.
9/9/202448 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 September

Die minister van basiese onderwys word gevra hoe ‘n nuwe plan om sportgeriewe aan alle skole beskikbaar te stel gedoen sal word. 'n Beweerde lid van die konstruksiemafia sê politici sit agter dié soort misdaad en president Ramaphosa sê daar was geen druk op Suid-Afrika om nie handelsooreenkomste met China te sluit nie.
9/6/202449 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 September

Die Minister van korrektiewe dienste vra strenger paroolvoorwaardes en groter deelname deur die gemeenskap. Suid-Afrika wil meer na China uitvoer en die Nama Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap verlaag residensiële eiendomsbelasting met 19 persent. 
9/5/202448 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 September 2024

Burgerregte-organisasies plaas druk op die president om die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg te onderteken. Die ekonomie het effens gegroei in die tweede kwartaal van die jaar. 'n Rolprent oor plaaskinders wat hulle honde oplei om toertjies te doen, is as beste dokumentêre rolprent by die Silwerskermfees aangewys.
9/4/202447 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 September 2024

Die heropende ondersoek na die dood van die Cradock Vier is tot volgende jaar uitgestel. Kommer oor die toename in die stroop van inheemse plante. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?
9/3/202446 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 September 2024

Kommer oor die toename in moord op kinders, en die verkragting van vroue. Die taalraad, Pansat, vra dat Khoe- en San-tale by openbare skole aangebied moet word. Ons fokus op die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks.
9/2/202450 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Augustus 2024

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement moet 2 400 onderwysposte besnoei - 'n onderwyskenner reageer. Nóg sukses vir Suid-Afrika by die Onder 20-spele. Die oud-Bok André Pretorius praat oor môre se stryd tussen die Bokke en All Blacks.
8/30/202447 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Augustus 2024

Slegs vier munisipaliteite in KwaZulu-Natal het 'n skoon oudit gekry. Munisipaliteite se skuld aan waterrade beloop meer as R22-miljard. Goeienuus wink steeds vir motoriste by die brandstofpomp.
8/29/202449 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Augustus 2024

Politieke partye en nie-regeringsorganisasies vra dat Justisie-minister Thembi Simelane ondersoek word. Ons praat met 'n belastingkenner oor die tweepot-stelsel. Die Silwerskermfees pas aan by die manier waarop ons na rolprente en televisie kyk.
8/28/202449 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Augustus 2024

Vyf verdagtes verskyn in die hof in Camperdown, KwaZulu-Natal, in verband met die konstruksiemafia in uMsunduzi. Ons praat met Business Against Crime South Africa oor hierdie soort misdaad. Planne word gemaak om 'n muisplaag op Marion-eiland te beveg. Huldeblyke stroom in vir die voormalige rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap, prof. Brian O'Connell. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking bevestig dat hulle die konsulgeneraal in Dubai, Tsepo Lebona, herroep het.
8/27/202450 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 26 Augustus 2024

Nóg 'n brandende gebou in Johannesburg eis lewens. 'n Nuwe inisiatief om vroue en kinders wat erg getraumatiseer is deur geslagsgebaseerde geweld, by te staan. 'n 72-jarige Suid-Afrikaner stel sy eerste rolprent as regisseur vry.
8/26/202451 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Augustus 2024

Floyd Shivambu organiseer nou die MK-Party. R67 miljoen vir sportontwikkeling bewillig. 'n Nuwe veldtog om kinders wat skool toe stap, te beveilig.
8/23/202446 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Augustrus 2024

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan nie die presidensiële gesondheidsverdrag onderteken nie. Ons fokus op die uittredende hoofregter Raymond Zondo se invloed op die bevordering van demokrasie en die politiek. Tim Walz aanvaar amptelik sy benoeming as die Demokratiese Party se visepresidentskandidaat.
8/22/202446 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Augustus 2024

Vrae oor bewerings dat bendelede die topvlakke van die polisie in die Wes-Kaap geïnfiltreer het. Die Minister van Binnelandse Sake sê die departement se werkswyse is 'n bedreiging vir nasionale veiligheid. Kommer oor 'n brand by 'n skool in Eldorado Park, waar daar 'n voorval van messtekery onder leerlinge was. Die Universiteit van Pretoria teken 'n ooreenkoms om malaria in die SADEK-streek te beveg.
8/21/202447 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Augustus 2024

Die ANC gaan nie sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal ontbind nie. Die Tshwane Metro sê eiendomskaping is aan die toeneem. Ons fokus op die Amerikaanse Demokratiese Party se Nasionale Konvensie.
8/20/202447 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Augustus 2024

Die ANC se leier in Gauteng, Panyaza Lesufi, waarsku lede teen leedvermaak oor Floyd Shivambo se uittog uit die EFF. Inwoners van Riverlands in die Swartland is bekommerd nadat 'n vierde dam oorstroom. Sommige politieke partye is ongelukkig oor die Koalisiewetsontwerp. Die 95 Libiërs wat militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang het, word gedeporteer.
8/19/202447 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Augustus 2024

EFF-leier Julius Malema verwag dat talle lede die party sal verlaat nadat Floyd Shivambo na die MK-party oorgeloop het. Skoolveiligheid kom onder die loep ná 'n skietvoorval by 'n skool in Eldoradopark in Johannesburg. Rusland mobiliseer om Oekraïne se inval teen te staan.
8/16/202450 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Augustus 2024

Verbruikers het in Junie vanjaar meer klere en skoene gekoop as 'n jaar gelede. Die SAUK-wetsontwerp is terug na die parlement gestuur. Israel gaan voort met aanvalle teen Hamas in die Gasastrook, ure voor beplande vredesamesprekings.
8/15/202449 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Augustus 2024

Een uit drie volwassenes in Suid-Afrika is werkloos. Johannesburg maak gereed vir 'n nuwe burgemeester. 'n Einde aan diskriminasie teen linkshandiges word bepleit. Namibië beoog om 'n radioteleskoop te bou wat in die millimetergolflengte-spektrum sal kan waarneem - dit sal die eerste van sy soort in Afrika wees. Die parlement se justisiekomitee wil hê 'n nuwe adjunk openbare beskermer moet teen die einde van November aangestel wees.
8/14/202446 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Augustus 2024

Ace Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, sê die staat se saak teen haar is swak. OUTA vra die parlement om in te gryp om die SA Maritieme Veiligheidsowerheid reg te ruk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê werkloosheid is wêreldwyd aan die afneem onder jongmense.
8/13/202447 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Augustus 2024

Twee-derdes van alle misdaadsake bly onopgelos. Die MK-party wankel onder interne toutrekkery. Opruimingswerk gaan voort in Riverlands in die Wes-Kaap waar twee damwalle verlede week meegegee het. Genadiglik het dit daar opgehou reën.
8/12/202447 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Augustus 2024

Inwoners van Riverlands buite Malmesbury vertel van hulle nagmerrie-ondervinding nadat plaasdamwalle breek. Vrouedag word vandag gevier. Zola Budd praat oor dáái voorval, 50 jaar gelede, by die Olimpiese Spele in Los Angeles. 'n Groot tekort aan ambulanse in die Oos-Kaap. Ons praat met oud-Bok Johan Muller oor môre se toets teen die Wallabies.
8/9/202450 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Augustus 2024

Binnelandse Sake het die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Ade-tshina, ondersoek en bevind dat daar moontlik identiteitsbedrog gepleeg is. Die Vereniging van Staatsamptenare sê werknemers by die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur moet weens ondersoek word vir die verval by die polisie se hoofkwartier in Pretoria. Superkerninflasie sal voortaan ingespan word om rentekoerse te bepaal.
8/8/202448 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Augustus 2024

ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party en sy alliansievennote begin uiteindelik mekaar vind wat betref die grondwet van die regering van nasionale eenheid. Die veelbesproke Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting is terug op die sewende administrasie se agenda. Ons praat met 'n ontleder oor Tim Walz, die Demokrate se keuse vir visepresident in Amerika.
8/7/202446 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Augustus 2024

Brandstofpryse daal, maar druk op die rand is slegte nuus vir rentekoerse. Die ANC blameer sy swakker vertoning in die algemene verkiesing op plaaslike regerings. Die belangrikste internasionale gebeurtenis op die sterrekundige kalender begin in Kaapstad.
8/6/202447 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Augustus 2024

'n Gesagbehebbende studie wys dat slegte cholestrol en gehoorverlies bydra tot demensie. Die ANC neem bestek van die steun wat hy in die verkiesing verloor het. Ons gesels met Span Suid-Afrika se kopdokter by die Olimpiese Spele oor gisteraand se geskiedkundige 100 meter finaal.
8/5/202448 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Augustus 2024

Tatjana Smith wen haar vierde Olimpiese medalje by vanjaar se spele in Parys, gevolg deur die aankondiging van haar uittrede uit die sport. Oudtshoorn het 'n nuwe burgemeester. Ons praat met 'n kuberdeskundige oor 'n skerp toename in aanvalle op finansiële instansies.
8/2/202449 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Augustus 2024

Media 24 gaan nie nog joernaliste afdank nie, ná druk uit talle oorde - ons praat met Beeld se redakteur. Wêreld-veldwagterdag fokus op veldwagters se welstand. Appèl teen die hoë ouderdomsbeperking op 'n Zapiro-dokumentêr.
8/1/202448 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Julie 2024

Die Menseregtekommissie gaan bewerings van rassisme by Hoërskool Pinelands in Kaapstad ondersoek. Venezuela se ambassadeur in Suid-Afrika vra wêreldleiers om die uitslag van dié land se presidentsverkiesing te aanvaar. Suid-Afrika is hoopvol dat die AGOA-ooreenkoms verleng sal word, ongeag die uitslag van die Amerikaanse verkiesing.
7/31/202445 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Julie 2024

Die ANC gee sy voormalige president, Jacob Zuma, amptelik, 21 dae om teen sy skorsing te appelleer. Die 95 Libiese burgers wat by 'n verdagte militêre opleidingsentrum in hegtenis geneem is, verskyn in die hof. Ons probeer om agter die kap van die byl kom. Meer oor Tatjana Smith se uitsonderlike prestasie.
7/30/202447 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Julie 2024

Die ANC se tugkomitee beveel aan dat Jacob Zuma uit die party geskop moet word. Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Wêreldleiers is bekommerd dat die konflik tussen Israel en Hezbollah kan uitbrei.
7/29/202449 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Julie 2024

Uitspraak in die DA se Kieshof-saak teen president Cyril Ramaphosa is voorbehou. Ons praat met die nuwe Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur oor die vordering in die herstel van die parlementsgebou ná die brandskade van meer as twee jaar gelede. Afwagting bou in aanloop tot vanaand se openingseremonie van die 33ste Olimpiese Spele in Parys, Frankryk.
7/26/202447 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Julie 2024

Kosprysinflasie is die laagste in 45 maande. Israel se Eerste Minister verdedig die Gasa-oorlog in die Amerikaanse Kongres. 200 brandbestryders vertrek vandag na Kanada. 'n Hartseer begin vir die Blitsbokke by die Olimpiese Spele. Driekwart van Suid-Afrikaners sê hulle beleef finansiële stres.
7/25/202448 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Julie 2024

Die stig van 'n oorsigkomitee oor die Presidensie is weer in die kollig. Die organisasie. Voice To Parliament. vra die president om die Bela-wetgewing terug na die parlement te stuur. Ons praat met 'n belastingkenner oor die regering se voorneme om meer produkte van BTW vry te stel.
7/24/202449 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Julie 2024

President Ramaphosa lewer repliek op die debat oor sy staatsrede. Visepresident Kamala Harris kry al hoe meer steun as die Demokrate se presidentskandidaat. Action SA verander van deuntjie oor samewerking met die ANC in Gauteng se metro's.
7/23/202448 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Julie 2024

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, glo Suid-Afrika sal teen volgende jaar van die gryslys verwyder word. Afriforum nader die Konstitusionele Hof om John Hlophe se aanstelling as ‘n verteenwoordiger van die parlement op die Regterlike Dienskommissie tersyde te stel. Die Amerikaanse president, Joe Biden, laat vaar sy veldtog om herverkies te word.
7/22/202447 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Julie 2024

President Cyril Ramaphosa deel sy regering se vyfjaarplan met die nasie tydens die opening van die 7de Parlement. Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad is ontevrede oor die gebrek aan voldoende interpretasiedienste in die Parlement. Amerikaanse presidentskandidaat Donald Trump spreek sy ondersteuners toe in Milwaukee op die laaste dag van die Republikeinse konvensie. Gure weer duur voort in die Wes-Kaap met verskeie oorstromings in sekere woonbuurte.
7/19/202446 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Julie 2024

Groot afwagting op vanaand se parlementsopening. Internasionale Mandeladag word vandag gevier. 'n Afgetrede dokter wil 'n wêreldrekord op 'n trekker verbeter om arm kinders gratis operasies te gee.
7/18/202446 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Julie 2024

Die Inkomstediens vra belastingbetalers om waaksaam teen bedrieërs te wees. Meer as 150 000 mense in die Wes-Kaap is dakloos gelaat weens swaar reën. Die Republikeine in Amerika wys 'n verenigde front by hulle nasionale konvensie.
7/17/202447 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Julie 2024

Die Wes-Kaapse premier verduidelik hoe die rampgebiedverklaring sy provinsie sal help. Die Minister van Polisie sê samewerking met rolspelers sal misdaadbekamping verbeter. Donald Trump wys sy adjunk aan by die Rebublikeine se nasionale konvensie.
7/16/202447 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Julie 2024

Die Amerikaanse president, Joe Biden, vra vir politieke kalmte ná 'n mislukte sluipmoordaanval op Donald Trump. Ses brandbestryders sterf in KwaZulu-Natal in wegholveldbrande, en talle ander is beseer. Kragverbuikers in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap is kwaad oor 'n styging in voorafbetaalde elektrisiteitstariewe van 12,7%. Nóg reen word in die vloedgeteisterde Wes-Kaap verwag.
7/15/202447 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Julie 2024

Katastrofiese skade aan die landbousektor in Limpopo weens die afgelope week se gure weerspatrone. Ons praat met 'n kenner oor van die knellende kwessies na afloop van die jaarlikse Navo-beraad in die VSA. Die stof oor Krieket SA se besluit, vroeër vanjaar, om David Teeger van sy onder-19 Proteas kapteinskap te ontneem, het nog nie gaan lê nie. Die regering se plan en beleid vir die volgende vyf jaar sal die naweek by die Kabinet Lekgotla bepaal word. Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge betree 'n nuwe era onder die voorsitterskap van Songezo Zibi, die leier van Rise Mzansi.
7/12/202446 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Julie 2024

Cyril Xaba is Ethekwini se nuwe burgemeester. Nog ontwrigtende reën tref die Wes-Kaap. Reaksie op die uitspraak van die Life Esidimeni geregtelike ondersoek.
7/11/202447 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Julie 2024

Nog 'n soldaat sterf in die Demokratiese Republiek Kongo. Uitspraak verwag in die Esidimeni-ondersoek na 146 sterftes in 2016 by fasiliteite vir geestesongesteldes. Inwoners van Barberton in Mpumalanga is ontevrede oor dwelmhandelverdagtes wat los rondloop.
7/10/202446 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Julie 2024

Nóg ontwrigtende reën, sterk wind en moontlike oorstromings in dele van die land. Openbare skole open vandag - ons praat met die nuwe Minister van Basiese Onderwys oor die uitdagings.
7/9/202447 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Julie 2024

Portugese Suid-Afrikaners leef in vrees te midde van 'n reeks ontvoerings. Navorsing wys dat jong kinders in Krugersdorp die gas van uraan, arseen en kwik in asem, wat afkomstig is van ou myne. 'n Simulasie van 'n sending na Mars kom ná 'n jaar tot 'n einde. Die linkse Nuwe Populêre Front neem die voortou in die Franse parlemenêre verkiesing.
7/8/202447 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Julie 2024

Druk laai op téén oudregter John Hlophe se nominasie as lid van die Regterlike Dienskommissie. Die magsbalans verskuif in Beaufort-Wes ná 'n DA-oorwinning. Vroeë aanduidings dat Brittanje 'n nuwe Eerste Minister sal hê.
7/5/202444 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Julie 2024

Gauteng se premier Panyaza Lesufi kondig laatnag sy nuwe kabinet aan nadat onderhandelinge met die DA om 'n eenheidsregering te vorm vir die laaste keer skipbreuk gely het. Die raad bestaan nou uit sewe ANC--lede en drie lede uit die IVP, Rise Mzanzi en Patriotic Alliance. Intussen is die adjunkpresident en 75 ministers en adjunkministers beëdig - ons vra: Hoe verbonde voel hulle aan daardie eed wat hulle so plegtig afgelê het? eThekwini hoop op 'n stewige toerismemeevaller met die naweek se Durban July-perdewedrenbyeenkoms.
7/4/202444 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Julie 2024

Wéér geen ooreenkoms tussen die DA en ANC in Gauteng nie. Die VN bevind dat die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee onwettig is. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?
7/3/202445 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Julie 2024

Onderhandelinge vir 'n nuwe provinsiale uitvoerende raad in Gauteng bereik 'n dooiepunt. Daar is intussen steeds baie reaksie op die nuwe kabinet wat Sondagaand aangekondig is. Kabeldiefstal in Ventersdorp in Noordwes is 'n ernstige probleem vir sakeondernemings en boere.
7/2/202448 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Julie 2024

Ons fokus ons op die nuwe kabinet, en praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Monitor is vandag 50 jaar oud.
7/1/202446 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Junie 2024

Verskeie stigtings stel 'n nasionale dialoog voor om die land te red, maar nie almal stem saam dat dit nodig is nie. Werkers wat die ineenstorting van 'n gebou in Mei oorleef het, sê dit gaan nou sleg met hulle. Solidariteit verskerp sy stryd teen afleggings by Media24.
6/28/202449 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Junie 2024

Instansies betreur die inhuldiging van parlementslede wat strafregtelik aangekla word. 'n Duidelike swaai na regs in Europese verkiesings. 'n Projek op die Kaapse Vlakte om die polisie te help om vermiste kinders te soek.
6/27/202446 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Junie 2024

Voormalige regter John Hlophe, wat weens beskuldigings van korrupsie van die regbank verwyder is, word as 'n MK-parlementslid ingehuldig. Onderhandelinge tussen die ANC en die DA is gister voortgesit, maar sal dit vandag lei tot die aankondiging van ‘n kabinet? Die Chinese bring maanrotse terug wat vir die eerste keer van die donker kant van die maan versamel is. Werkloosheid neem toe.
6/26/202445 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Junie 2024

Suid-Afrika sal vanjaar 600 dollarmiljoenêrs verloor. Vrae oor die Naspers-baas se R330 miljoen uitbetaling, terwyl werkers afgedank en koerante gesluit word. Kan die ANC met kleiner partye 'n nuwe regering saamstel, sonder die DA?
6/25/202447 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Junie 2024

Altesaam tien partye onderteken die Regering van Nasionale Eenheid se Verklaring van Voorneme, terwyl afwagting op die aankodiging van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet bou. Rand Water sê sy beplande instandhoudingswerk sal waterverskaffing nie tot 'n stilstand bring nie, maar lae waterdruk en watertekorte sál oor die volgende paar weke ervaar word.
6/24/202449 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Junie 2024

Groothandelverkope neem toe. Die DA wen groot in tussenverkiesings in Beaufort-Wes. Daar is groot verwagtings van president Cyril Ramaphosa om sy kabinet binnekort aan te kondig.
6/21/202446 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Junie 2024

Die 7de administrasie is amptelik ingehuldig met die beëdiging van president Cyril Ramaphosa as hoof van die Regering van Nasionale Eenheid. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die president en die nuwe regering se uitdagings. 'n Gesoute koerantman bespreek die kwyn van gedrukte media.
6/20/202447 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Junie 2024

Groot voorbereidings vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa later vanoggend. Action SA kritiseer die DA se beweerde u-draaie oor sy ooreenkoms rakende die Regering van Nasionale Eenheid, terwyl Jacob Zuma se MK-party steeds die strydbyl swaai teen die verkiesingsuitslae. Meer as 300 kinders is in die eerste ses maande van die jaar deur dwaalkoeëls op die Kaapse Vlakte gewond. 'n Jong bankier van Kwazulu-Natal hou sy familienaam hoog met die verbouing van eetbare veldplante.
6/19/202448 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Junie 2024

Vyf partye is amptelik deel van die regering van nasionale eenheid. Die GATS-opname wys dat bykans 30% van volwassenes in Suid-Afrika tabakprodukte gebruik. Israel se oorlogkabinet ontbind.
6/18/202451 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Junie 2024

Jeugdagvieringe word oorskadu deur werkloosheid onder jongmense. Ons praat met kenners oor die uitdagings van die nuwe regering. Hulde aan Thys die Bosveldklong.
6/17/202446 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Junie 2024

Die EFF sê hy sal nié aan 'n regering van nasionale eenheid deelneem nie, terwyl die ANC nie veel uitlaat oor wie sy nuwe regeringsgenote is nie. Koerante soos City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun sal vanaf Oktober glo nie meer gedruk word nie. Ons praat hieroor met 'n mediakenner. 'n Multimiljoen Rand asbeshofsaak word vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof aangehoor. Gauteng se Polisiekommissaris praat oor sy eerste 100 dae in die amp.
6/14/202447 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Junie 2024

'n Ooreenkoms tussen die IVP, ANC, DA en NFP in KwaZulu-Natal is op hande. 'n Waarskuwing oor A-pokke ná die eerste sterfgeval. Agri SA verwelkom 'n regeringsbesluit oor waterbestuur. Die Bulls sê hulle sal nie Saterdag kanse vat in die VRK halfeindstryd nie.
6/13/202448 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Junie 2024

Die vervaardigingsektor verbeter in April. Die Israel/Gasa-oorlog en die konflik in Oekraïne sal hoog op die agenda van die G7-beraad wees. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê 'n minister van finansies wat nie aan 'n politieke party verbonde is nie, moet aangestel word.
6/12/202448 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Junie 2024

Parlementslede word Vrydag ingehuldig, maar laat dit genoeg tyd vir onderhangelinge vir 'n regering van nasionale eenheid? Die VN Veiligheidsraad aanvaar 'n konsepresolusie wat 'n driefase-stilstand tussen Israel en Hamas voorstel. Klein hoeveelhede ingevoerde klerasie sal voortaan belas word.
6/11/202448 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Junie 2024

Daar is uiteenlopende reaksie op die plan om 'n regering van nasionale eenheid saam te stel. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se hawens is van die swakste ter wêreld. Afriforum bring 'n dringende hofaansoek oor die verhogings in kragtariewe.
6/10/202448 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Junie 2024

Die ANC se NUK besluit om 'n regering van nasionale eenheid te vorm. Action SA verlaat die Veelpartyhandves. Die Wêreld Voedselprogram sê akute voedselonsekerheid is aan die toeneem in Haïti.
6/7/202448 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Junie 2024

Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, bedank te midde van sy hofverskyning op korrupsie-aanklagte. Terwyl die ANC 'n regering van nasionale eenheid voorstaan, gee MK die ANC 'n koue skouer. Sekere paaie in die Klein Karoo is steeds gesluit.
6/6/202445 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Junie 2024

Stormweer rig groot skade aan in KwaZulu-Natal, asook die Oos- en Suid-Kaap. Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste kwartaal van 2024 ingekrimp. Op Wêreld Omgewingsdag word die kollig geplaas op die rehabilitasie van grond.
6/5/202448 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Junie 2024

Stormsterk wind, ontwrigtende reën en sneeu in groot dele van die land. Die MK-stigter voer aan dat hy onwettig verwyder is. Brandstof word om middernag goedkoper.
6/4/202445 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Junie 2024

Die OVK verklaar die sewende algemene verkiesing as vry en regverdig. Die president onderteken wetgewing om die tweepot-stelsel vir aftreegeld in werking te stel. Sakelui is onrustig oor Suid-Afrika se toekomstige koalisieregering.
6/3/202447 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Mei 2024

Daar word voorspel die MK-party moontlik die derde grootste party in die parlement kan word.
5/31/202447 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Mei 2024

Suid-Afrikaners trek hulle kruisies by die stembus, maar laataand was daar nog lang toue. Die eerste uitslae is al bekend - met een of twee verassings. Die MK-party is amptelik op die telbord, en die vraag bly staan, wie sal die eerste onafhanklike kandidaat wees om ‘n setel in die nasionale vergadering te verseker. Algerië beoog 'n tweede resolusie in die Verendigde Nasies om die oorlog tussen Hamas en Israel te beëindig.
5/30/202448 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Mei 2024

Ons skakel oor na ons verslaggewers landwyd om te hoor hoe dit by die stembusse lyk. Wees op die uitkyk vir fopnuus. Ons kry in diepte ontleding oor wat ons vandag, en nadat die stemme getel is, kan verwag.
5/29/202451 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Mei 2024

Suid-Afrikaners wat vir spesiale stemme geregistreer het, gaan na die stembus. Uit die meer as 400 stemlokale in die Oos-Kaap waar daar gisteroggend probleme was, is daar ten minste 107 wat toe gebly het. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader om oor die rentekoers te besin.
5/28/202448 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Mei 2024

Die OVK sê hy's slaggereed vir kiesers wat vandag en môre spesiale stemme uitbring. Die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur, NATJOINTS, waarsku teen pogings om die verkiesing te destabiliseer. Reaksie op die president se toespraak gisteraand.
5/27/202450 minutes
Episode Artwork

Monitor 24 Mei 2024

Kommer oor die impak van klimaatsverandering op Suider-Afrika. Is 'n stem vir 'n kleiner party, 'n vermorsing van 'n stem? Nuwe visumregulasies maak dit baie makliker vir digitale swerwers om in Suid-Afrika te bly.
5/24/202449 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Mei 2024

Die Verkiesingskommissie stel die verkiesingsuitslagsentrum in Midrand amptelik in bedryf. Gun Free SA sê die gebrek aan politieke wil om vuurwapenbeheer behoorlik te pak, is kommerwekkend. Sekswerk-voorspraakgroepe sê dis tyd dat die wysigingswetsontwerp wat sekswerk dekriminaliseer, amptelik wet word.
5/23/202447 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Mei 2024

Die DA-strydros James Selfe is oorlede. Die Regterlike Dienskommissie beveel Mandisa Maya aan as hoofregter. Burgerregte-organisasies is nie tevrede met die paneellede wat die kiesstelsel moet hersien nie.
5/22/202449 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Mei 2024

Oudpresident Zuma mag nie vanjaar parlement toe nie. Wat is die implikasies van die aansoek vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van die leiers van Hamas en Israel? Twee kenners gee antwoorde oor wie verantwoordelik is vir die veiligheid op boupersele.
5/21/202447 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Mei 2024

Die polisie ondersoek die dood van vier konstruksiewerkers op 'n bouperseel in Ballito in KwaZulu-Natal. Suid-Afrikaners stem in die buiteland. Kommer oor politieke geweld in aanloop tot die verkiesing.
5/20/202449 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Mei 2024

Verskeie wette word op die laaste oomblik deur die parlement goedgekeur. Suid-Afrikaners in die buiteland stem vandag en môre in die verkiesing. 'n Interessante nuwe konsep word by Nampo bekendgestel - 'n plaaskombuis met die doel om voedselsekerheid te bevorder.
5/17/202450 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Mei 2024

Die Nasionale Gesondheidsversekerings-wet onderteken, maar daar is hewige reaksie uit sekere geledere. Die verkiesing maak landbouers onseker.
5/16/202448 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Mei 2024

Werkloosheid styg in die eerste kwartaal van die jaar. Die president sal vanmiddag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering onderteken. Die geregtelike doodsondersoek na Albert Luthuli gaan heropen word.
5/15/202447 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Mei 2024

Die ouma van Joslin Smith pleit by Smith se ma vir meer inligting. Ons praat met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering oor die jongste in die George gebou-ramp. Solidariteit dien 'n petisie by die parlement in teen die beplande BELA-wetgewing.
5/14/202450 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Mei 2024

Die polisieminister sê die George-gebouramp sal deeglik ondersoek word. Die moordenaars van die vyf-jarige Ditebogo Junior Phalane word gesoek. Politieke moorde is in die kollig. Openbare skole sal binnekort verplig word om leerlinge voorlopig te skors wat van ernstige misdrywe aangekla word.
5/13/202450 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Mei 2024

'n Pa vertel hoe sy seun 25 uur lank onder die puin in George vasgevang was. Daar word gesoek na die ontwikkelaar van die George-gebou wat ingetuimel het. Wie het die Kanna-toekennings gewen?
5/10/202447 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Mei 2024

'n Hofgeding dreig oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op Verkiesingsake. Reddingswerkers sal vandag met 'n soek- en herwinningsoperasie begin by die gebouramp in George. Eskom se stryd teen kabeldiewe is in die kollig.
5/9/202449 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Mei 2024

ActionSA se premierskandidaat in Gauteng, Funzi Ngobeni, en en nog 'n lid van die party, Hluphi Gafane, word ongedeerd uit 'n kapingsituasie gered. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê ondersoekbeamptes is reeds op die toneel in George waar 'n gebou Maandag ineengestort het. Intussen gaan die soektog na vasgekeerdes voort. ANC-veteraan Tokyo Sexwale vergelyk die regerende party met 'n huis wat brand.
5/8/202450 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Mei 2024

Minstens vier dood en 51 steeds vasgekeer in die George gebouramp. Vrystaat Landbou vra boere om omsigtig te werk te gaan wanneer hulle werkers in diens neem. Hamas aanvaar 'n skietstilstandooreenkoms.
5/7/202448 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Mei 2024

Werknemers van die Johannesburg-stadsraad word verantwoordelik gehou vir verlede jaar se brand in die Usindiso-gebou wat 76 lewens geëis het. Die ANC is skynbaar ontspanne oor die moontlike bedreiging wat die MK-party vir hulle inhou. Verskeie ongeregistreerde partye wil die uitstel van die verkiesing in die Konstitusionele Hof afdwing.
5/6/202449 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Mei 2024

Aktiviste in Kimberley glo nie politieke partye se planne om geslagsgeweld te stuit, is genoeg nie. Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel Suid-Afrika sal vanjaar die grootste ekonomie in Afrika word. Wêreld Persvryheidsdag word vandag herdenk.
5/3/202448 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Mei 2024

Die RGN waarsku dat gegradueerdes nie voldoende gekwalifiseer is nie. Versoeke dat die regering die boubedryfmafia vasvat. 'n Brand onder een van Johannesburg se besigste snelweë deur vandalisme veroorsaak.
5/2/202450 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Mei 2024

Die SAUK ontken bewerings van inmenging deur die Staatsveiligheidsagentskap. Die polisie ondersoek bewerings dat die MK-party handtekeninge vervals het as deel van sy registrasie as 'n nuwe politieke party. Die kopermynbedryf in Namakwaland herleef.
5/1/202450 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 April 2024

Die presidensie ontken dat die SAUK-groephoof van nuus en aktualiteit geteiken word in aanloop tot die verkiesing. Petrol om middernag duurder, maar diesel goedkoper. 'n Inentingspesialis verduidelik die voordele van 'n griepinspuiting.
4/30/202450 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 April 2024

Die slagoffers van die aanval op die Highgate Hotel in Oos-Londen in 1993, verwelkom die heropening van die ondersoek na dié voorval. Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die lewensomstandighede van mense in die tronk is beter as dié van die mense in Alexandra in Johannesburg. Die diep verdeeldheid in Israel se regering oor die Gasa-kwessie tree sterk na vore.
4/29/202449 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 April 2024

Die DA eis optrede van die Minister van Polisie, Bheki Cele, ná die dood van die driejarige Emilio Hutchinson. 'n Groep skepe met noodvoorraad vertrek vandag uit Turkye na Gasa. Die Menseregtekommissie wys die vinger na verskeie owerhede oor die Enyobeni-taverne-tragedie.
4/26/202447 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 April 2024

Meer tamaties sal binnekort op die winkelrakke beskikbaar wees. Die Veelpartykoalisie stel voor dat die kindertoelaag ook aan swanger vroue toegeken word. Ons fokus op die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing.
4/25/202447 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 April 2024

Vordering met die herstel van spoorlyne en treinstasies. Ons praat met 'n psigiater oor die groot aantal Suid-Afrikaners met hoë spanningsvlakke en depressie. Die soeklig val op Suid-Afrika se 30 jaar van demokrasie.
4/24/202449 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 April 2024

Die ANC sê hy gaan teen die MK-party se regsoorwinning appelleer. Die Kaapstad-metro bied 'n beloning van R250 000 aan vir inligting wat tot tot die inhegtenisneming van afpersers kan lei. Intelligente robotte word ingespan om mynwerk veiliger te maak.
4/23/202450 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 April 2024

'n Groep Afrikaner-organisasies wil 'n kultuurverdrag met die regering sluit. Wisselvallige weerpatrone plaas druk op boere. 'n Spesiale SAUK-projek fokus op die afgelope drie dekades se suksesse en nederlae.
4/22/202448 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 April 2024

Meer as 31 000 onderwysposte in openbare skole is vakant. Die Tshwane Metro het groot planne om sy finansies reg te ruk. In Iran word ontploffings gehoor in wat vermoedelik 'n Israelse aanval is.
4/19/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 April 2024

Agt mense word in die laaste 24 uur in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Dié slagting kom juis te midde van 'n debat oor 'n koeëlvaste-speelpark in Mitchellsplein om kinders teen bendegeweld te beskerm. 89 sake van geslags-gebaseerde-geweld word oor 'n tydperk van ses maande van die hofrol verwyder en die verkoop van gebottelde water neem ingrypend toe.
4/18/202449 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 April 2024

Suid-Afrika verklaar 'n dispuut met die Europese Unie by die Wêreldhandelsorganisasie oor regulasies op sitrus. Die OVK moedig kiesers aan wat nie op stemdag kan stem nie, om aansoek vir spesiale stemme te doen. Die DA dien 'n nuwe privatelede-wetsontwerp in om koalisieregerings op munisipale vlak beter te bestuur. Die Patriotic Alliance mik om die DA in die Wes-Kaap te onttroon.
4/17/202449 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 April 2024

'n Fratsoorstroming in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus eis vyf lewens. Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word in Amerika in hegtenis geneem. Landsburgers kan nou vrae en versoeke direk by die parlement indien.
4/16/202449 minutes
Episode Artwork

Monitor 15 April 2024

Iran se aanval op Israel verhoog die spanning in die Midde-Ooste - ons praat met 'n militêre kenner. Die IVP se KZN-premierskandidaat sê die skut van sy blouligkonvooi is polities gemotiveerd. Beleggers is versigtig om in Suid-Afrika te belê voor die verkiesing.
4/15/202451 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 April 2024

Maart was wéér, vir die tiende agtereenvolgende maand, die warmste maand op rekord. Plantgebaseerde alternatiewe produkte vir vleis sal nou permanent op winkelrakke beskikbaar wees. Twee brandweermanne durf die Twee Oseane-halfmarathon met hulle volledige uitrustings aan - vir 'n goeie doel.
4/12/202450 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 April 2024

Die stadsraad van Ekurhuleni in Gauteng kies na alle verwagting vandag ’n burgemeester. E-tol kom tot ’n einde, maar jy sal steeds jou agterstallige tolgeld moet betaal. Outisme-diagnoses neem toe.
4/11/202448 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 April 2024

Oudpresident Jacob Zuma mag as kandidaat in die verkiesing staan. Die Hooggeregshof gevra om Zuma se private vervolging van Billy Downer en Karyn Maughan te skrap. Die Persombud tik Rapport en Media 24 oor die vingers.
4/10/202450 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 April 2024

Uitspraak word vandag verwag in die hofsaak om te bepaal of oudpresident Jacob Zuma op die stembrief sal verskyn. Nuwe riglyne word bekendgestel, wat beurtkrag tot op vlak 16 moontlik maak. Hoe voel jy oor 'n ANC/EFF-koalisieregering? Ons vind uit of dit kan gebeur.
4/9/202448 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 April 2024

Skole is in drie distrikte van die Wes-Kaap gesluit weens stormweer. Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het 'n paar brande suksesvol bekamp. Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die ANC beplan om die DA in die Wes-Kaap te onttroon. Ons praat met die Cheetahs oor die groot vraag: Moet die Curriebeker voortgaan soos geskeduleer?
4/8/202449 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 April 2024

Politieke partye beloof om die verkiesingsgedragskode te eerbiedig. Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal weer op 4 Junie in die hof verskyn. NAVO vier sy 75ste bestaansjaar - wat hou die toekoms in vir dié verdagsorganisasie?
4/5/202450 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 April 2024

Die EFF open 'n saak van crimen injuria by die polisie teen die DA-raadslid in Knysna, Sharon Sabbagh. Politieke partye is verlig oor die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as Speaker van die Nasionale Vergadering. Vier nasionale parke gaan vergroot word.
4/4/202450 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 April 2024

Dit is onduidelik wanneer Nosiviwe Mapisa-Nqakula haarself aan die polisie sal oorgee, of in hegtenis geneem word. Die Inkomstediens het meer geld ingevorder as verwag. Die tweepot-stelsel vir aftreegeld is een tree nader daaraan om in werking gestel te word.
4/3/202447 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 April 2024

Die renosterbedryf reageer op die regering se plan om die teel-in-aanhouding van renosters en ander wilde diere te stop. Ons praat oor fopnuus wat weer kop uitsteek. 'n Boek oor 'n Suid-Afrikaanse Mossad-agent sien die lig.
4/2/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 April 2024

Eskom se regstreekse kliënte sal van vandag af duurder betaal vir krag. Daar word voorgestel dat leefstyloudits op senior parlementariërs gedoen word. 'n Aantal senior ANC-lede in Noordwes verskyn nie op die party se provinsiale kandidaatlys nie.
4/1/202451 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2024

Die burgemeester van Ekhuruleni, Sivuyile Ngodwana, word uit sy amp verwyder. Duisende studente se toekoms hang in die weegskaal omdat vier privaat-kolleges se deure moet sluit. Die jongste toerismesyfers wys 'n toename in reisigers na en van Suid-Afrika. Boere in die Oos-Kaap vrees die ergste vir hulle mieliegewasse weens die provinsie se uitermatige droogte.
3/29/202447 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2024

Die repokoers word onveranderd gelaat. Die Tesourie is in die sop oor 'n onreëlmatige kontrak wat sowat tien jaar gelede toegeken is. Die Kaapstad Metro stel 'n verhoging in krag- en watertariewe voor.
3/28/202447 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Maart 2024

Statistieke Suid-Afrika sê indiensneming in die formele sektor het met meer as 10,7 miljoen mense afgeneem. Ladysmith in KwaZulu-Natal kry 'n nuwe naam. Die MK-party bly vir eers op die stembriewe.
3/27/202448 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Maart 2024

Suid-Afrika verwelkom die Verenigde Nasies se aanvaarding van 'n resolusie wat 'n skietstilstand in Gasa eis. Nog 'n beskuldigde in die Joslin Smith saak laat vaar haar borgtogaansoek. Bassirou Bioyome Faye, ’n voormalige politieke gevangene, moontlik die nuwe president van Senegal.
3/26/202448 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Maart 2025

Vier beskuldigdes verskyn in die hof in verband met Vrydagaand se terreuraanval in Moskou. Tagtig aasvoëls word in die Krugerwildtuin vergiftig. Die KKNK skop af.
3/25/202449 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2024

Die voormalige bestuurshoof van Steinhoff, Markus Jooste, neem sy eie lewe 'n dag nadat hy 'n boete van R475-miljoen opgelê is. Die Nasionale Vergadering vra dat die Spesiale Ondersoekeenheid die SAL-Takatso-transaksie ondersoek. Johannesburg-huishoudings oorskry daagliks die gemiddelde toelaatbare waterverbruik. 'n Splinternuwe erfenissentrum in die Wes-Kaap word gebou ter bevordering van die Khoi- en San-gemeenskappe.
3/22/202449 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2024

Daar is groot teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake. Kleinhandelverkope het in Januarie met 2,1% op 'n jaargrondslag gedaal. Negentien kandidate ding mee om Senegal se volgende president te word. Ons fokus op die vordering wat gemaak is om Suid-Afrikaners se menseregte te bevorder.
3/21/202448 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Maart 2024

Politieke partye eis die kop van die Speaker in die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die hoogeregshof staan 'n eis van R93 miljoen toe teen polisieminister Bheki Cele, weens misdadige polisiebeamptes. Zimbabwe en Suid-Afrika sluit 'n waterooreenkoms.
3/20/202448 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Maart 2024

Private operateurs sal binnekort Transnet se spoorlyne kan gebruik. Goeie nuus wink vir dieselverbruikers by die vulstasie in April. Die DA wil hê die weermag moet help met die waterkrisis in Gauteng.
3/19/202449 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Maart 2024

Spanning tussen die IVP en ANC tydens 'n tradisionele geleentheid in Nongoma, KwaZulu-Natal. Rusland gaan na die stembus, maar die verwagting is dat Wladimir Poetin weer met 'n groot meerderheid sal wen. Inwoners van Tshwane en Johannesburg word gemaan om water spaarsamig te gebruik.
3/18/202447 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2024

Dreigemente teen die Verkiesingskommissie sal nié geduld word nie, waarsku die Minister in die Presidensie. Dit gons steeds oor 'n besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Dis vandag Wêreld Slaapdag. Ons praat met 'n kenner oor die belangrikheid van wondersoete slaap.
3/15/202448 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2024

Bykans tweemiljoen strafsake kon die afgelope sewe jaar nie afgehandel word nie weens gebrekkige dossiere. Die Takatso/SAL-transaksie is van die baan. Landbou is bekommerd oor die uitermate hitte en min reën.
3/14/202445 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Maart 2024

Sivuyile Ngodwana behou, vir nou, sy posisie as burgemeester van Ekurhuleni nadat 'n tweede mosie van wantroue teen hom uitgestel word. Ons vind meer uit oor die stand van watersake in Johannesburg met die voortslepende watertekort in groot dele van die metro. 'n Werknemer van die Verkiesingskommissie kry die trekpas nadat kandidaatlyste uitlek - ons praat met 'n ontleder oor die OVK se beslissende optrede. Gauteng se moordsyfer styg met byna vier persent in die derde kwartaal van verlede jaar.
3/13/202445 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Maart 2024

'n Meningsopname plaas Jacob Zuma se MK Party algeheel derde - en eerste in KwaZuluNatal, voor die verkiesing. Ramadaan begin amptelik vir Moslems in Suid-Afrika. 'n Rolprentmaker van Oekraïne palm 'n Oscar in.
3/12/202446 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Maart 2024

Die IVP sê poste wat min of geen vaardighede vereis, moet vir Suid-Afrikaners gereserveer word. Die ACDP wil 'n nuwe Bybelse wetgewing ter tafel lê. Al Jama-ah sê hy gaan die onwettige uitvloei van geld uit Suid-Afrika beveg en die rolprent Oppenheimer, is die groot wenner by vanjaar se Oscar-toekennings.
3/11/202450 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2024

Februarie is die negende agtereenvolgende maand van rekord-temperature. Goud bereik 'n rekordprys - wat hou dit vir Suid-Afrika in? Vandag is die verkiesingspertyd vir die inhandiging van kandidatelyste en handtekeninge.
3/8/202450 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2024

Die soektog na die sesjarige Joshlin Smith wat in Sandanha in die Wes-Kaap vermis geraak het, bereik 'n kritieke stadium. Intussen word sowat 1 300 gevalle van mense wat vermis word, elke maand aangemeld. Presies hoeveel withaaie swem langs die Suid-Afrikaanse kus? Wetenskaplikes verskil daaroor.
3/7/202446 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Maart 2024

Gauteng se regering nader banke om e-tolskuld te delg. Suid-Afrika spring 'n tegniese resessie vry. Ons ontleed die jongste uitslag van die Amerikaanse voorverkiesings.
3/6/202450 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Maart 2024

Brandstofpryse styg wéér, hoofsaaklik weens geo-politieke kwessies. Geld word steeds deur Suid-Afrika gekanaliseer om militante organisasies soos ISIS in Wes-Afrika te finansier. Hoe rustig is jy op die pad, of is jy geirriteerd en gefrustreerd? Ons praat oor padwoede.
3/5/202449 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Maart 2024

Die onwettige grondbesetting in Lourierpark in Bloemfontein gaan voort, ondanks 'n hofbevel. DNS-toetse sal gedoen word op bebloede klere wat in 'n oop veld gevind is, om te bepaal of dit aan die vermiste Joslin Smith behoort. Navorsing wys dat 50% van Suid-Afrikaanse vroue teen 2030 oorgewig kan wees of aan vetsug ly.
3/4/202450 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2024

Die soektog na die vermiste Joslin Smith van Saldanha duur onverpoosd voort. Reaksie op Transnet se nuwe leierskap. Die Wetsontwerp op Skuldverligting aan Eskom is na die president verwys om dit te onderteken.
3/1/202447 minutes
Episode Artwork

Monitor 29 Februarie 2024

Politieke skaakstukke val in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap, en dalk ook vandag in Ekurhuleni in Gauteng. Die polisie se hoofkantoor in Pretoria word gesluit omdat dit nie aan die vereistes van beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen nie. Vyf verdagtes in die hof in verband met die moord op die rap-kunstenaar, Kienan 'AKA' Forbes, en sy vriend, Tebello 'Tibs' Motsoane.
2/29/202449 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Februarie 2024

Ses in hegtenis geneem vir die moord op AKA, maar hoe verloop die strafregproses nou? Action SA wys Angela Sobey as sy premierskandidaat vir die Wes-Kaap aan. Kommer oor die groot aantal renosters wat in KwaZulu-Natal gestroop word.
2/28/202450 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Februarie 2024

Die verkiesingskommissie verwerp sommige politieke partye se klagtes dat daar te min tyd is om registrasieprosse af te handel. Die soektog in Saldanha in die Wes-Kaap na die vermiste sesjarige Joslin Smith gaan voort. Die Amerikaanse president, Joe Biden, hoop dat 'n tydelike skietstaking in die Gazastrook teen Maandag bereik sal word.
2/27/202448 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Februarie 2024

Pro-Palestynse aktiviste betoog landwyd vir 'n einde aan die oorlog tussen Israel en Hamas. Ons bespreek die verskil in beleid tussen die drie grootste politieke partye. Oudpresident Donald Trump stewig op koers na nóg 'n presidentsbenoeming.
2/26/202450 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Februarie 2024

Gemeenskapsforums in die Noord-Kaap stig 'n nuwe politieke party. Die Tesourie ken R1,4 miljard toe aan Nasionale Gesondheidsversekering. Statistieke Suid-Afrika sê minder toeriste het in gastehuise tuisgegaan in Desember verlede jaar.
2/23/202446 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Februarie 2024

Die parlement stem ten gunste daarvan om twee regters te skors. 'n Video van 'n Suid-Afrikaner wat sy lot in Ierland bekla, ontketen 'n debat op sosiale media. Honderde veteraanmotors, presies soos die dag toe hulle vervaardig is, word onder 'n dik laag stof in 'n skuur ontdek.
2/22/202448 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Februarie 2024

Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei stembus toe. Meer as 60 beweerde aanhitsers van die 2021-onluste van terrorisme aangekla. Sal ons meer inkomstebelasting betaal, of sal daar aan dienste besnoei word?
2/21/202448 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Februarie 2024

Kommer dat skuld dalk in Finansminister Enoch Godongwana se begroting sal toeneem. Roger Jardine se nuwe party, Change Starts Now, sal 'n welvaartsbelasting inspan om die land reg te ruk. 'n Afvaardiging van omgewingsaktiviste en regeringsamptenare besoek Munsieville aan die Wes-Rand om waterbesoedeling te ondersoek.
2/20/202448 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Februarie 2024

Die DA-leier sê sy party werp alles in die stryd vir die verkiesing. Varkpes breek wéér uit in die Wes-Kaap. Honderde Russe in hegtenis geneem ná die dood van die opposisiepolitikus Alexei Nawalni.
2/19/202440 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Februarie 2024

Die Veelpartyhandves vra die hulp van buitelandse waarnemers tydens die verkiesing. 'n Politieke wetenskaplike ontleed die president se staatsrede-repliek. Agt vooraanstaande Suid-Afrikaanse medici steun bystanddood.
2/16/202448 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Februarie 2024

Kommer oor die gebruik van glisofaat om waterslaai in die Vaalrivier te verwyder. Die DA se mosie om die Ethekwini Metro te ontbind, misluk. Prabowo Subianto is die voorloper in Indonesië se presidentsverkiesing.
2/15/202447 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Februarie 2024

Bafana Bafana deur talle ondersteuners verwelkom by OR Tambo-lughawe. Die ANC gaan voort met kaderontplooiing, ter wille van transformasie. Zimbabwe begin binnekort met openbare verhore oor die Matabeleland-slagting van die 1980's. Navorsing gedoen oor depressie onder die werklose jeug.
2/14/202448 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Februarie 2024

Inwoners van Ermelo vra vir ingryping oor die waterkrisis in dié dorp. Die Tshwane Metro wil sy uitgawes oor die volgende ses maande met 'n miljard rand per maand verminder. Die uitdagings van radio in 'n digitale wêreld is in die kollig.
2/13/202449 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Februarie 2024

Twee Suid-Afrikaners is ná 'n jaar steeds in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee, maar die regering sleep glo sy voete om hulle vrygelaat te kry. Eskom ontken dat Vlak 6-beurtkrag die gevolg van sabotasie is. Sal die EFF die amptelike opposisie word?
2/12/202449 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Februarie 2024

President Cyril Ramaphosa fokus in sy staatsrede op die afgelope 30 jaar se suksesse. Ons vra ontleders wat hulle dink. Tientalle onwettige elektrisiteitsverbindings is onlangs in Tshwane ontkoppel, en die metro het nóg sowat 1 500 wanbetalers in sy visier. Miljoene kiesers stroom na die stembusse in Pakistan, ondanks die onlangse vlaag van terreur en geweld.
2/9/202448 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Februarie 2024

Rolspelers in die onderwys en landbou vertel wat hulle verwagtinge van die staatsrede verwag. Die Nasionale Tesourie gaan volstoom voort om die tweepot-aftreestelsel teen September in werking te stel. Bafana Bafana herstel trots in hom, in weerwil van die nederlaag teen Nigerië.
2/8/202448 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Februarie 2024

Ses leerders sterf in 'n busongeluk naby Ventersburg in die Vrystaat. Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Duduzane Zuma, stig sy eie party, en wys sy kleure. Opposisiepartye het ’n reuse taak voor hulle om die ANC uit die saal te lig.
2/7/202450 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Februarie 2024

Sakelui vra die president om die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering terug parlement toe te stuur. Die werkgewersorganisasie, NEASA, meen die styging in die nasionale minimumloon kan werkskepping ontmoedig. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die ontslape president van Namibië, Hage Geingob.
2/6/202449 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Februarie 2024

Baie mense het die afgelope naweek vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings geregistreer, maar kiesersapatie bly 'n probleem. 'n Nuwe skietstilstand is op die tafel tussen Israel en Hamas, maar dit bring ook nuwe eise. Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van Namibië se president, Hage Geingob.
2/5/202448 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Februarie 2024

Eskom brei sy ladingverminderingsprojek in Gauteng uit ná 'n suksesvolle toetslopie in een van die provinsie se voorstede. Die regering verlaag invoertariewe op bevrore hoenderstukke. Dié naweek is jou laaste kans om te registreer om te stem in vanjaar se provinsiale en nasionale verkiesings.
2/2/202447 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Februarie 2024

'n Suid-Afrikaanse vrou ontvang 'n genadedood in Switserland. Die aantal geregistreerde kiesers styg tot meer as 27 miljoen op die vooraand van die tweede verkiesingsregistrasie-naweek. Die Afrika-voorkeurhandelsooreekoms tree in werking.
2/1/202450 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Januarie 2024

Die brand in Pringlebaai woed steeds buite beheer. Transperancy International sê demokrasie in Afrika is in gedrang. Hoërskoolleerlinge kan nou 'n kwalifikasie in sitrusproduksie verwerf.
1/31/202448 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Januarie 2024

President Cyril Ramaphosa sê hy is nie bekommerd oor oudpresident Jacob Zuma se skorsing nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind intussen dat die 2021-onluste nie met oudpresident Jacob Zuma verbind kan word nie. 10111 - Hoe werk dié nooddiens vir jou?
1/30/202448 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Januarie 2024

Die brande in die Kaapse Wynlanddistrik woed voort. Build One South Africa het groot planne om werkskepping te bevorder. Zimbabwe plaas 'n tydelike verbod op die invoer van aartappels uit Suid-Afrika.
1/29/202448 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Januarie 2024

Die Internasionale Geregshof lewer later vandag uitspraak in die Suid-Afrikaanse regering se volksmoord-saak teen Israel. Die stryd teen die brand in die Wolseley-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Die Reserwebank laat die rentekoers vir die vierde keer onveranderd op 8,25%.
1/26/202449 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Januarie 2024

Drankmisbruik is die hoofoorsaak van padsterftes oor die feestyd. Die Veelparty Handves onderneem om eiendomsreg te beskerm. Ekonome verwag nie dat rentekoerse vandag sal daal nie.
1/25/202448 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Januarie 2024

Politieke partye kritiseer die premier van Noordwes, Bushy Maape, nadat hy na Thailand reis om mediese behandeling te ontvang. Donald Trump word voorspel om die Amerikaanse deelstaat, New Hampshire, se Republikeinse voorverkiesing te wen. Die rand begin effens versterk teen die Amerikaanse dollar.
1/24/202449 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Januarie 2024

Daar is verskeie opsies vir matriekleerlinge wat gedruip het - ons praat met 'n onderwyskenner. Opposisiepartye bevraagteken weermagvlugte na ANC-bedrywighede. Die MK-party werk saam met ander linkse partye - 'n politieke ontleder bespreek die moontlikheid van 'n linkse koalisie.
1/23/202448 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Januarie 2023

Die regering gaan voort met sy plan om 'n onderwys-sertifikaat vir graad nege leerlinge in te stel. Die redakteursforum, SANEF, en Media Monitoring Africa vra die parlement om die SAUK-wetsontwerp terug te trek. Die politieke party, Rise Mzansi, wil wanfunksionele munisipaliteite onder administrasie plaas, indien hy aan bewind sou kom.
1/22/202448 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Januarie 2024

Onderwyskenners ontleed die matrie-uitslae. Pakistan loods teenaanvalle op Iran en kommer oor hongersnood en dodelike siektes in Gaza.
1/19/202449 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Januarie 2024

Die Onafhanklike Eksamenraad se matriek slaagsyfer is hoër as verlede jaar. 'n Styging in die brandstofprys word vir Februarie verwag en twee gevalle van Cholera is in Limpopo aangemeld.
1/18/202446 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Januarie 2024

Die land se skole begin vandag....maar plek-plek is daar probleme. Nóg ontwrigtende reën vir KwaZulu-Natal en die Wonderboom-lughawe in Pretoria gaan privaat bestuur word.
1/17/202447 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Januarie 2024

Kan Suid-Afrika se regsoptrede teen Israel Westerse beleggers afskrik? Die gemeenskap van Lethabo-park in Kimberley in the Noord-Kaap trek saam om leerlinge skoolgereed te kry. Die Kaapse Metro word van die selektiewe toepassing van munisipale regulasies beskuldig na die toeverf van 'n Palestynse vlag in die Bo-Kaap en die DA soek antwoorde, na Krieket Suid-Afrika se besluit om David Teeger van sy onder-19-kapteinskap te onthef.
1/16/202450 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Januarie 2024

Meer as 16-duisend misdadigers is verlede jaar saam met oud-president Zuma vrygelaat.. Sterrekundiges is opgewonde oor die sogenaamde Groot Ring wat ondek is en die sanger Koos du Plessis is vandag 40 jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede.
1/15/202449 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Januarie 2024

Suid-Afrika stel sy saak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die Tshwane Universiteit van Tegnologie smelt Joernalistiek en Openbare betrekkinge saam. 'n Mediakenner verduidelik die implikasies daarvan, en 'n Suid-Afrikaanse seiljag in 'n wedvaart om die wêreld - sonder moderne tegnologie.
1/12/202451 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Januarie 2024

Suid-Afrika se hofsaak teen Israel begin vandag. Ons fokus op die proses en die politieke gevolge vir alby lande en minstens 700-duisend SASSA begunstigdes wag steeds op hul  maatskaplike toelaes vir die maand van Januarie.
1/11/202447 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Januarie 2024

Minstens vyf mense nog vermis ná die oorstromings in KwaZulu-Natal. Regsspanne van Suid-Afrika en Israel berei voor vir die saak wat môre by die Internasionale Strafhof in Den Haag begin, en 'n politieke ontleder bespreek die ANC se LEUENS oor oud-president Zuma se brandpoel.
1/10/202449 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Januarie 2024

Siviele eise teen die polisie beloop in die eerste kwartaal reeds miljoene rand. 'n Deurbraak in die ondersoek na 'n vee-diefstal-sindikaat in Noordwes. Meer oor die nuwe Covid-19 variant, geken as J-N-punt-1, en kontant kraai lankal nie meer koning nie - maar wat is die implikasies van 'n kontantlose samelewing? Ons praat met 'n kenner.
1/9/202450 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Januarie 2024

Hoë-koppe word betrek by guns-lone van miljoene rande by NSFAS. Die ondersoek na die dood van die Cradock 4 heropen. en 158 aasvoëls gaan van Noordwes na die Oos-Kaap verskuif word.
1/8/202447 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Januarie 2024

Hulde aan 'n legendariese radio- en televisie-persoonlikheid. Die tronkdeure swaai oop vir Oscar Pistorius, en die voortslepende waterkrisis in dele van die Noord-Kaap noop die burgerlike samelewing om die howe te nader.
1/5/202453 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Januarie 2024

Nog vyf lande sluit by BRICS aan..Kommer oor 'n hernude vlaag beurtkrag, en 'n bekende hotel langs die Weskus brand af.
1/4/202453 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Januarie 2024

Brandstofpryse daal vir die derde agtereenvolgende maand. Ramp-reaksiespanne in KwaZulu-Natal is op 'n gereedheidsgrondslag, met nog storms vandag, en nuwejaars-babas plaas tienerswangerskappe en afwesige pa's onder die soeklig.
1/3/202450 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Januarie 2024

27 lyke reeds gevind ná oorstromings  in die KwaZulu-Natalse Middellande. 'n Sensoriese tuin in Bronkhorstspruit verryk die lewens van dementia-lyers, en vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert 1994.
1/2/202446 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Januarie 2024

Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.
1/1/202443 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Desember 2023

Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.
12/29/202349 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Desember 2023

Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.
12/28/202352 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Desember 2023

Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.
12/27/202350 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Desember 2023

Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.
12/26/202349 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Desember 2023

'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.
12/25/202353 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Desember 2023

Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.
12/22/202347 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Desember 2023

Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.
12/21/202346 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Desember 2023

Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang.  'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in.  Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.
12/20/202344 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Desember 2023

Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.
12/19/202341 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Desember 2023

Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.
12/18/202346 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Desember 2023

'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.
12/15/202349 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Desember 2023

Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.
12/14/202349 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Desember 2023

Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik  - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.
12/13/202349 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Desember 2023

Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.
12/12/202344 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Desember 2023

Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.
12/11/202349 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Desember 2023

Die omstrede wysigingswetsontwerp op OPOD word na die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Kommer oor junior dokters wat nog nie vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar geplaas is nie. Botswana verleng sy verbod op die invoer van groente en vrugte uit Suid-Afrika.
12/8/202350 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Desember 2023

Hoe gaan Suid-Afrika sy waterkrisis oplos? Ons praat met die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu. RGN-navorsing dui op die mees negatiewe stemming voor verkiesings tot nog toe, en daar word vordering gemaak om die houer-agterstand by Durban se hawe uit die weg te ruim.
12/7/202348 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Desember 2023

'n Inkrimping in die ekonomie, maar brandstof is vandag goedkoper. Kritiek op die goedkeuring van die Haat-misdade en Haat-spraak wetsontwerp, en SkaakSA bied 'n aanlyn-toernooi aan.
12/6/202349 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Desember 2023

Die polisie maan teen verdere vigilante-optredes in Diepsloot in Johannesburg, waar sewe mense die naweek dood is. Wetenskaplikes by die COP-28-beraad beklemtoon die verband tussen klimaatsverandering en nuwe epidemies, en treinwiele rol weer tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad.
12/5/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Desember 2023

Die minister van Elektrisiteit moet binne 2 maande hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrystel. Die president van COP28 los 'n bom, en Zimbabwiërs en Lesotho burgers nog 2 jaar grasie gegee.
12/4/202349 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Desember 2023

Die voedselstelsel se bydra tot klimaatsverandering sal hoog op die agenda van die COP28-klimaatsberaad wees. Suid-Afrikaners gebruik al hoe minder kondome, wat die bekamping van MIV moeilik maak. Afriforum sê die konsepweergawe van die Nasionale Polisiëringsbeleid bied nie oplossings om polisiëring te verbeter nie.
12/1/202346 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 November 2023

'n Nuwe ontleding van politieke meningsopnames wys die ANC se steun het tot 33 persent gedaal. Die COP28-beraad begin later vandag in Dubai, en die Kaapstadse hawe sê hy het meeste van die agterstand by die hawe uit die weg geruim.
11/30/202347 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 November 2023

Ernstige waterprobleme in Limpopo en Noordwes. Gauteng wil by die regering leen om sy uitstaande 13 miljard-rand E-Tol skuld te delg, en Minister Cele moet Ian Cameron om verskoning vra.
11/29/202349 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 November 2023

Verskeie mense sterf in 'n mynongeluk by Impala Platinum se nommer elf skag in Rustenburg, in Noordwes. Volkswagen Suid-Afrika ontken dat hy sy deure gaan sluit. En die land beleef 'n ernstige tekort aan veeartse.
11/28/202348 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 November 2023

Die Sutherland 9 word waardig her-begrawe. 'n Welkome daling in brandstofpryse volgende week verwag, en Agri SA praat oor die impak van die hittegolf op landbou.
11/27/202348 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 November 2023

Navorsing wys dat een spesifieke atibiotikum 'n doeltreffende middel teen weerstandige tuberkulose is. Daar word verwag dat die skietstilstand in Gasa om sewe-uur vanoggend in werking sal tree. In Stellenbosch vind 'n konferensie hierdie naweek plaas om die rol van Bruinmense in die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou te neem.
11/24/202345 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 November 2023

Kommer oor die vinnige tempo waarteen die aarde se temperatuur styg. Solidariteit eis dat die NVG die voormalige Eskombaas, Matsela Khoko, en sy medebeskuldigdes wéér voor die hof bring. 'n Ekonoom bespreek die voor- en nadele van die tweepot aftreestelsel.
11/23/202347 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 22 November 2023

Die polisie is opsoek na verdagtes ná die skietdood van 'n beweerde bendeleier van Westbury in Johannesburg. Die Nasionale Vergadering aanvaar 'n mosie om Israel se ambassade tydelik te sluit. Die provinsiale wetgewer in Mpumalanga begin op kort kennisgewing met openbare sittings oor die Bela-wetgewing. Kiesers in Nederland gaan vandag na die stembus toe.
11/22/202347 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 November 2023

Kommer oor die Gautengse regering se voorneme om kinderwelsyn by nie-regeringsorganisasies oor te neem. Meer jongmense het die afgelope naweek geregistreer om te stem. Katar tree toe tot onderhandelinge tussen Israel en Hamas.
11/21/202347 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 November 2023

Regstappe word beplan oor die opeenhoping van vragmotors by die Richardsbaai-hawe. Die punte van leerlinge wat swak vaar in graad 4 en 9, sal weer aangepas word. Die polisie sê veediefstal het tussen Julie en September vanjaar afgeneem.
11/20/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 November 2023

Die DA sal vandag 'n klag teen Rand Water by die Menseregtekommissie lê. Nie alle partye in die parlement stem saam oor 'n diplomatieke sanksie van Israel nie. Die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, eis dat die regering alle diplomatieke bande met Israel verbreek.
11/17/202348 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 November 2023

'n Afgetrede brigadier sê die Eskom-intelligensie verslag is gegrond op ongestaafde inligting. Die Protea-afrigter sê die span het nie 'n probleem om vandag tweede te kolf nie, en ons skakel oor na Kaapstad, vir gesprekke oor Groen Geboue.
11/16/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 November 2023

Transnet staal hom teen 'n moontlike kredietafgradering. Die DA eis dringende ingryping in die waterkrisis in Gauteng. Meer Suid-Afrikaners werk nou, as voor die Covid-19-pandemie.
11/15/202348 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 November 2023

Die gesondheidstelsel in Gasa is op sy knieë. Madagaskar se verkiesing is in die weegskaal. Dis Wêreld Diabetesdag, en ons praat met 'n kenner oor die tekens en voorkoming.
11/14/202348 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 November 2023

Patricia De Lille is onbestrede as die leier van die Good-party herverkies.Die DA wil sy kiesersteun in die Wes-Kaap vermeerder. Nog verligting by die brandstofpomp voorspel.
11/13/202346 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 November 2023

Kommer oor ministers en hulle departemente wat nie wetgewing betyds voorlê nie. Die oorlog in Gaza gaan 'n diepgaande sosio-ekonomiese impak hê. Nóg 'n wêreldbeker vir Suid-Afrika - in blomkringe.
11/10/202345 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 November 2023

'n Toename in malariagevalle. Suid-Afrika werk saam met organisasies om humanitêre hulp aan Gaza te verskaf. 'n Versoek om die moord op polisiebeamptes tot verraad te verklaar.
11/9/202346 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 November 2023

Die politieke koors in Suid-Afrika loop hoog oor die Israel-Hamas konflik. Joernaliste in Gaza waag hulle lewe, maar hoekom doen hulle dit? Ons praat met 'n kenner. 'n Nuwe boek oor die geskidenis van swart rugby word gepubliseer.
11/8/202349 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 November 2023

Die Suid-Afrikaanse regering ontbied sy diplomate in Israel na Suid-Afrika. Watter impak sal El Niño op mielieproduksie hê? Dit is Aanneem-bewustheidsmaand.
11/7/202345 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 November 2023

Kritiek oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringskema met mediesefonds-belastingkortings te befonds. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Anthony Blinken, besoek die Midde-Ooste oor die oorlog tussen Israel en Hamas. In George word hommeltuie ingespan om drenkelinge te help.
11/6/202348 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 November 2023

Sakelui sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika deel bly van die AGOA-ooreenkoms. 'n Prokureur in verbruikersreg waarsku oor die slaggate van Swartvrydag. 'n Jong byeboer kraai koning oorsee.
11/3/202346 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 November 2023

Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.
11/2/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 November 2023

Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het.
11/1/202350 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Oktober 2023

Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.
10/31/202349 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Oktober 2023

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?
10/30/202349 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Oktober 2023

Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.
10/27/202348 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Oktober 2023

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.
10/26/202346 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Oktober 2023

Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.
10/25/202348 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Oktober 2023

Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.
10/24/202349 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Oktober 2023

Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose.
10/23/202349 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Oktober 2023

Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes.
10/20/202351 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Oktober 2023

Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?
10/19/202349 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Oktober 2023

Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties.
10/18/202349 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Oktober 2023

Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon.
10/17/202348 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Oktober 2023

Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk.
10/16/202349 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Oktober 2023

Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend.
10/13/202352 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Oktober 2023

Kgosi Kwena Mangope is Action SA se premierskandidaat vir Noordwes. Daar is toenemende druk op die Departement van Openbare Ondernemings om Transnet reg te ruk. Meer as twee miljard mense wêreldwyd ervaar probleme met hulle sig. Voedselsekerheid is in die kollig by Agri SA se nasionale kongres.
10/12/202349 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Oktober 2023

Ons praat met 'n kenner oor die metode van oorlogvoering in Gaza. Maties se viserektor verduidelik hoe die Khampephe-verslag op die kampus geïmplimenteer word. Ons praat oor 'n dokumentêre film wat oor die verskuiwing van Bruinmense in Stellenbosch handel.
10/11/202348 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Oktober 2023

Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITSA en ROU.
10/10/202350 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Oktober 2023

Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.
10/9/202347 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Oktober 2023

Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.
10/6/202347 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Oktober 2023

Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.
10/5/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Oktober 2023

Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...
10/4/202348 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Oktober 2023

Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan.
10/3/202348 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Oktober 2023

Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum.
10/2/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 September 2023

Eskom hoop om beurtkrag in die somer tot fase vier te beperk. Ons kry die jongste nuus uit die Tshwane-metro, waar dienslewering stilstaan weens die voortslepende onwettige munisipale staking. Inwoners van Kariega in die Oos-Kaap sê daar is 'n toename in pogings van ontvoering van tienermeisies.
9/29/202347 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 September 2023

Wes-Kaapse boere doen skadebepalings ná die naweek se swaar reën en oorstromings. Die H7-stam van voëlgriep kom nou in minstens vyf provinsies voor. 'n Waternavorsingspesialis sê swak bestuur en instandhouding van waterinfrastruktuur dra grootliks by tot die watertekorte in Gauteng.
9/28/202346 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 September 2023

Sommige paaie in die Wes-Kaap is weer begaanbaar nadat storms die provinsie vroeër vandeesweek getref het. Suid-Afrika staan bekend as die proteshoofstad van die wêreld. Die laaste groep Working on Fire-brandbestryders, wat vroeër vanjaar na Kanada ontplooi is, is terug in die land.
9/27/202348 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 September 2023

Swaar reën en oorstromings in die Wes-Kaap rig groot skade aan. Boere het reeds 'n miljard rand se vee en weidingsveld verloor weens die verwoestende brande. Chris Pappas is die DA se premierskandidaat in KwaZulu-Natal. Die nuwe transmissie-maatskappy van Eskom wil teen November begin handel dryf.
9/26/202345 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 September 2023

Action Society loof die vinnige optrede van die polisie en Hoedspruit Plaaswag om transitorowers vas te trek. Suid-Afrikaners vier Erfenisdag. 'n Onvoltooide multimiljoenrand waterbehandeling- en rioolaanleg by Kampersrus in Hoedspruit, Limpopo, is gestaak.
9/25/202346 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 September 2023

Die hof beveel die minister van landbou om alle inligting rakende grondeise bekend te maak. Die Reserwebank het die repokoers onverandered gelaat. Daar is steeds 'n groot tekort aan bloedvoorraad in die Wes-Kaap. Kommer oor 'n groot aantal hartpasiënte wat nie hulle medikasie drink nie.
9/22/202345 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 September 2023

Sal die Reserwebank vandag aan die rentekoers torring? Suid-Afrika sal steeds as gasheer optree vir die AGOA-forum in November. Ruan Pienaar bespreek die Bokke se strategie teen Ierland.
9/21/202346 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 September 2023

President Cyril Ramaphosa vra die Verenigde Nasies om vredesinisiatiewe in Oekraïne te versnel. Die implementering van die Zondo-kommissie se voorstelle oor staatskaping vorder teen 'n slakkepas. Solidariteit besoek die VSA oor AGOA en Suid-Afrika se buitelandse beleid.
9/20/202346 minutes
Episode Artwork

Monitor 19 September 2023

Die jongste oor die brande in Noordwes. Afrikalande sluit 'n veiligheidsooreenkoms. Vir die eerste keer in 'n jaar is daar weer 'n Afrikaanse rolprent op die silwerdoek.
9/19/202347 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 September 2023

Die Weerburo waarsku oor voortgesette onstuimige seetoestande in die Suid-Kaap. Wat is die stand van ons demokrasie in 'n wêreld waar dit toenemend met outokrasie vervang word? President Cyril Ramaphosa vlieg na New York waar die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vandeesweek sit.
9/18/202347 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 September 2023

Minstens die helfte van kankergevalle onder kinders in Suid-Afrika word nooit gediagnoseer nie. Kommer oor die lae vervolgingskoers van plaasaanvalle- en moordsake. Opposisiepartye in Noordwes beplan om 'n mosie van wantroue in die Premier in te dien. Die Tshwane-metro sê die munisipale staking en gepaardgaande geweld is 'n poging om die stad onregeerbaar te maak.
9/15/202344 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 September 2023

Die raad van ondersoek na die brand in Marshalltown, Johannesburg, kry skerp tande om sy taak te verrig. Die DA maak sy premierskandidaat in Gauteng bekend. Ons praat oor gerugte dat Vlak 7-beurtkrag dalk geïmplementeer gaan word.
9/14/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 September 2023

Meer as 2 300 mense dood en 10 000 steeds vermis ná oorstromings in Libië. Eiertekorte weens voëlgriep. Voormalige Springbokkapteins die josie in oor die Bokke se peperment-tandepasta truie.
9/13/202350 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 September 2023

'n Wedloop teen tyd om oorlewendes uit die puin van die aardbewing in Marokko te grawe. Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal miljoene verloor as sy in 'n staat van beskuldiging geplaas word, ten gunste waarvan die parlement met 'n oorweldigende meerderheid gestem het. Ideologiese verskille kniehalter die NEDLAC-forum.
9/12/202350 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 September 2023

Ons bespreek Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap. Die dodetal in die Marokko-aardbewing styg skerp. Ons ontleed die G20-beraad.
9/11/202349 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 September 2023

Die Parlement gee die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente twee weke om uitdagings in sy huidige finansieringsmodel op te los. Navorsing wys 'n toename in Suid-Afrikaners se lewenstevredenheid, ondanks 'n vertrouensbreuk tussen landsburgers en die regering. Owerhede in Johannesburg slaan toe op gekaapte geboue in die middestad.
9/8/202350 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 September 2023

Eskom bestee miljarde aan diesel vir turbines om noodkrag op te wek. 'n Studie wys gelduitleners gebruik slenters om skuld van leners se salarisse te verhaal. Sakevertroue styg effens in die derde kwartaal. Vroue in Mexiko het nou die reg op aborsie.
9/7/202350 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 September 2023

'n Rekordverhoging in brandstofpryse. Noord-Korea beplan om wapens aan Moskou te verskaf. Ons skakel oor na Pretoria, waar die span by TLU-SA se jaarkongres uitsaai.
9/6/202346 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 September 2023

Die Appèlhof beslis die ANC moet sy kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig. Die Gautengse onderwysdepartement begin met die plasing van leerlinge vir die 2024 skooljaar. Politieke partye reageer op die verslag oor die Russiese vragskip, Lady R. 'n Studie bevind dat die bedryfsprobleme by Transnet die land se ekonomie daagliks R1 miljard kos.
9/5/202348 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 September 2023

'n Onafhanklike paneel bevind dat geen wapens op die Russiese skip Lady R gelaai is nie. Brande woed in die Vrystaat. Die Kill the Boer-saak sal vandag in die Appèlhof aangehoor word.
9/4/202350 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 September 2023

Die Wes-Kaapse owerheid sluit 'n ooreenkoms met die taxibedryf. Julle het jullle plig versuim, sê oudburgemeester Herman Mashaba oor gister se brand in Johannesburg se middestad. 'n Nuwe algoritme is suksesvol om asteroïedes op te spoor wat die aarde bedreig.
9/1/202350 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Augustus 2023

Die omstrede Ace Magashule stig 'n nuwe party. Die Tshwane-metro beplan streng optrede teen stakers. 'n Egpaar wat lewens wil red, reis met 'n omgeboude trok om die aarde met olie van vis-en-skyfie winkels.
8/31/202347 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Augustus 2023

Kholeka Gcaleka is benoem om die nuwe Openbare Beskermer te wees, maar nie almal stem daarmee saam nie. Die Menseregtekommissie ondersoek die rioolprobleme in Kimberley. Kommer oor riool wat in die Seekoeivlei-natuurreservaat in die Vrystaat vloei. Wysigings aan die Kieswet word in die Konstitusionele Hof betwis.
8/30/202350 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Augustus 2023

'n Kritieke tekort aan bloed in die Wes-Kaap. Kommer oor Johannesburg se vuil lug. 'n Huldeblyk aan die akteur, Bradley Olivier.
8/29/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Augustus 2023

Die DA wil hê die raad van die Johannesburg Metro moet ontbind word. Boere bereken die skade ná veldbrande in die Vrystaat. Alan Winde staan vir 'n tweede termyn as premier van die Wes-Kaap. Die opposisie in Zimbabwe weier om die verkiesingsuitslag te aanvaar.
8/28/202347 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Augustus 2023

'n Tshwane-metro vergadering oor stakende werkers stort in duie. Dwaalkoeëls teister inwoners in die omgewing van die Wespark-begraafplaas in Johannesburg, waar bendeleiers en politieke figure dikwels met die skiet van vuurwapens begrawe word. Een van die slagoffers van die sogenaamde Springs Monster praat oor sy ervaring.
8/25/202343 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Augustus 2023

Russiese lugvaart-owerhede bevestig dat die Wagner-hoof op 'n vliegtuig was wat neergestort het. Indië maak geskiedenis met 'n maanlanding. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die BRICS-beraad.
8/24/202348 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Augustus 2023

Onderhoude word vandag gevoer met kandidate vir die amp van Openbare Beskermer. Die ondersoekende joernalis, Derek Watts, sterf. Stewige groei in die inkomste van restaurante en koffiewinkels. Zimbabwiërs trek vandag kruisies in die algemene verkiesing.
8/23/202347 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Augustus 2023

Twee-en-dertig vlieëniers van die Lugmag kon die afgelope twee jaar nie vlieg nie. Opposisiepartye grom oor die Reserwebank se Phala-Phala bevindings. Die Silwerskerm-fees skud sy vere reg.
8/22/202346 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Augustus 2023

Kommer oor die groot toename in moorde op polisielede. Meer as 20 lande het aansoek gedoen om by BRICS aan te sluit. Die UDF vier sy 40e bestaansjaar.
8/21/202349 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Augustus 2023

Landbou vra dat die minimumloon in toom gehou word. Opposisiepartye by die veelpartykonvensie bereik 'n ooreenkoms oor die verdeling van mag. Ons praat met 'n politieke ontleder hieroor. Meer as 20 000 Kanadese vlug voor verwoestende brande.
8/18/202349 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Augustus 2023

Die Solidariteit Navorsingsinstituut sê daar is nie genoeg geld in die fiskus om die Nasionale Gesondheidsversekering te befonds nie. Kommer oor die hoë werkloosheidsyfer, veral onder huiswerkers. Opposisiepartye gaan vandag voort met samesprekings om 'n voorverkiesingsooreenkoms te bereik. 'n Kragkrisis in Lichtenburg het 'n groot impak op die produksie van sonneblomolie.
8/17/202349 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Augustus 2023

Verskeie politieke partye is ontevrede met die verklaring van die ANC se nasionale dialoog oor koalisieregerings, en sal dit nie onderteken nie. Intussen vind 'n gesprek onder opposiepartye oor die DA se sogenaamde "moonshot pact" vandag plaas. Die drukgroep, Open Secrets, maak skokbewerings oor die Lady R Russiese vragskip-sage.
8/16/202350 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Augustus 2023

OUTA wil hê die Johannesburg Metro moet die verhoging in eiendomswaarde tot nege persent beperk. Die nasionale burgerlike organisasie ISANCO gaan deelneem aan die veelparty-konferensie. Afriforum eis optrede van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit oor die rioolbesoedeling in die Vaalrivier. 'n Nuwe Covid-subvariant van belang is besig om wêreldwyd te versprei.
8/15/202349 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Augustus 2023

Talle onwettige buitelanders word in polisie-operasies in die middestad van Johannesburg vasgetrek. Die DA stel sy visier op die ANC, maar is dit as bondgenoot of aartsvyand? Niger se militere regering beoog om die afgesette president, Mohammed Bazoum, vir hoogverraad te vervolg.
8/14/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Augustus 2023

Wat gebeur noudat Die taxistaking in die Wes-Kaap afgelas is? OUTA hou vol NSFAS het onreëlmatig tenders aan derdeparty-diensverskaffers toegeken. Iran is dalk binnekort 'n lid van die BRICS-groepering.
8/11/202349 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Augustus 2023

Julie was die aarde se warmste maand nóg, en die Suidpool se ys het tot sy laagste vlak gekrimp. Boonop sal Suid-Afrika dié somer 'n El Niño-stelsel beleef. Ons praat hieroor met 'n klimatoloog en 'n landbou-ekonoom. Nuwe navorsing beklemtoon die voordele wat stap inhou. 'n Totale aanslag teen dwelmhandel in Suid- en Sentraal-Amerika.
8/10/202350 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Augustus 2023

Hongersnood blyk 'n dringende probleem in die Oos-Kaap te wees, nadat 'n ma haar drie dogters en haarself om die lewe gebring het. 'n Ooreenkoms oor taxigeweld teen busse word in die Oos-Kaap bereik. Ons praat oor die politieke dimensie van die taxistakng in die Wes-Kaap.
8/9/202349 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Augustus 2023

Kaapstad kry 'n interdik teen die taxibedryf. Kommer oor ’n toename in plaasmoorde. Die Wêreldbeker Springbokgroep word vandag bekendgemaak.
8/8/202350 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Augustus 2023

Die taxistaking in Kaapstad gaan voort nadat gesprekke tussen SANTACO en die Wes-Kaapse regering misluk. Politieke partye besluit op 'n raamwerk om koalisies te bestuur. Onwettige mynwerkers en die Johannesburg metropolisie raak slaags aan die Wes-Rand.
8/7/202348 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Augustus 2023

EFF-leier Julius Malema se uitsprake oor Rusland en die boere wek opspraak in die buiteland. 'n Beraad van politieke partye oor koalisies begin vandag. Rusland bou 'n fasiliteit by die Hartebeesthoek-ruimtesentrum in Noordwes om ruimterommel waar te neem.
8/4/202351 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Augustus 2023

Agt vermeende onwettige myners sterf naby Kleinsee in die Noord-Kaap. Oudpresident Donald Trump is vandag weer terug in die hof. Suid-Afrikaners voeg hulle stem by 'n internasionale veldtog teen mensehandel.
8/3/202352 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Augustus 2023

Inwoners van Riverlea, suid van Johannesburg, vra vir deurlopende polisie-teenwoordigheid in die gebied om orde daar te herstel. Die agt lede van die presidensiële beskermingseenheid moet weer in September in die hof verskyn nadat die staat die hof nié kon oortuig om borgtog te weier nie. Daar was 'n afname in renosterstropery, maar dis nie alles goeie nuus nie.
8/2/202350 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Augustus 2023

Die DA wend hom tot die VN oor die EFF se Kill the Boer-singery. AGRI SA waarsku dat voorgestelde watergebruikwetgewing voedselsekerheid kan benadeel. Ontstoke inwoners van Riverlea eis dat die regering dringend ingryp by onwettige mynbedrywighede.
8/1/202347 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Julie 2023

Agri SA woedend oor EFF se sing van Kill the boer. Die oorlog in Oekraïne veroorsaak groot kunsmistekorte. Hoe relevant is die ANC Veteraneliga?
7/31/202348 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Julie 2023

Die EFF vier sy tiende bestaansjaar - ons praat met 'n ontleder oor dié party se politieke ontwikkeling. Die landboumuseum op Lichtenburg beleef nóg ’n terugslag. Banyana Banyana speel gelykop teen Argentinië in die Vroue Sokkerwêreldbekertoernooi - die droom van die uitklopfase lê nog nie aan skerwe nie.
7/28/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Julie 2023

Johannesburg se middestad sal as 'n rampgebied verklaar word. Weermagoffisiere kondig 'n suksesvolle staatsgreep in Niger in Wes-Afrika aan. Die Ierse sanger, Sinead O'Connor, sterf in die ouderdom van 56.
7/27/202347 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Julie 2023

Die Wes-Kaapse regering maak 'n strategie vir die versnelling van ekonomiese groei in dié provinsie bekend. Infeksiebeheermaatreëls in Gauteng se staatshospitale is onder die soeklig nadat duisende pasiënte oor die afgelope jaar infeksies opgedoen het. Die ANC se verkiesings van die bestuurslede van sy jeug- en vroueligas is agter die rug - ons vra of die party werklik besig is om sy huis in orde te kry.
7/26/202349 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 Julie 2023

Die regering stel 'n meesterplan bekend vir die ontwikkeling van 'n hernubare energiebedryf. Afriforum wil hê die Verenigde Nasies moet Suid-Afrika se swak voorsiening van water ondersoek. Veiligheidsraadgewers van die Brics-groepering kom in Suid-Afrika byeen om onder meer die hervorming van die VN-veiligheidsraad te bespreek.
7/25/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Julie 2023

Die ANC-Vroueliga het 'n nuwe president - hoe relevant is die liga nog? 'n Opname bevind dat Suid-Afrikaners toegegooi is onder die skuld. Durban se filmmark lok vervaardigers van dwarsoor die wêreld.
7/24/202349 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Julie 2023

Rentekoerse bly onveranderd. Moontlike redes vir die Johannesburg-ontploffing gegee. Oekraïne gebruik nou trosbomme teen Rusland.
7/21/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Julie 2023

Een persoon sterf in 'n ontploffing in Johannesburg se middestad. Die BRICS-beraad in Suid-Afrika gaan volstoom voort, maar sonder die Russiese president, Wladimir Putin. Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor die implikasies van die besluit. Is die einde van rentekoersverhogings in sig?
7/20/202344 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Julie 2023

Die prys van diesel sal na verwagting aanstaande maand styg. Gebaretaal word vandag amptelik 'n landstaal. Die polise onderneem om onopgeloste sake, wat verbind word aan Norman Afzal Simons, weer te ondersoek.
7/19/202349 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Julie 2023

Na byna 30 jaar is daar meer vrae as antwoorde op die vooraand van die sogenaamde "station strangler" se vrylating op parool. Die DA se konsepwetsontwerp wat meer magte aan premiers sal gee, ontlok kritiek. Op internasionale Nelson Mandeladag wonder mense waar politieke leiers die spoor byster geraak het.
7/18/202349 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Julie 2023

Die AA sê die Aarto-wetgewing sal nié padveiligheid verbeter nie. Die sogenaamde stasiemoordenaar sal onder huisarres geplaas word wanneer hy op parool vrygelaat word. 'n Kenner sê belastingbetalers moet hulle outomatiese belastingassessering deeglik bestudeer. Die Swartsee-graanooreenkoms verstryk vandag, tensy Rusland dit verleng.
7/17/202349 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Julie 2023

Gauteng se regering wil 'n provinsiale staatsbank op die been bring. 'n Kenner antwoord die vraag - sal oudpresident Jacob Zuma terug tronk toe gaan? Wie gaan more uitdraf as Springbok-kaptein?
7/14/202349 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Julie 2023

Vrae oor hoekom daar nie vinniger teen vragmotoraanvallers opgetree is nie. 'n Party-woordvoerder sê hulle COPE steeds. Dis nou baie makliker om 'n orgaanskenker te word.
7/13/202348 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Julie 2023

Watertoevoer na groot dele van Johannesburg word tot Vrydag onderbreek. Rand Water sê munisipale wanbestuur dra by tot die waterkrisis in Gauteng. 'n Dodelike haassiekte steek weer kop uit. Die Poskantoor is in sakeredding geplaas - ons vind uit hoe dié proses werk.
7/12/202348 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Julie 2023

Die oudpolisieman wat die blouligaanval op sosiale media versprei het, kry dreigemente. Die Verkiesingskommissie teken 'n ooreenkoms om fopnuus op sosiale media te bekamp. Gautengers baljaar in die sneeu.
7/11/202349 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Julie 2023

Die ANC sê die koalisiestelsel moet hersien word. Sneeu word in Mpumalanga en die Oos-Kaap voorspel. Die SAUK se geldelike verknorsing verdiep. Wintersiektes by kinders is in die kollig.
7/10/202350 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Julie 2023

Die polisie ondersoek ’n massa skietvoorval in Hanover Park op die Kaapse Vlakte. Sakelui verwag dat inflasie vanjaar tot bykans 7% persent kan styg. Navorsing wys Suid-Afrikaners is treurig om geld te spaar. Kommer oor die groot tekort aan maatskaplike werkers.
7/7/202348 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Julie 2023

'n Gaslekkasie aan die Oosrand wat 16 lewens geëis het, word met onwettige myners verbind. Cosatu betoog vandag landwyd oor 'n lang lys kwessies. Die slagoffers van Maandag se bloulig-aanranding oorweeg regstappe.
7/6/202349 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Julie 2023

Petrol is vandag goedkoper, maar diesel duurder - 'n ekonoom verduidelik hoekom. OPOD ondervra die slagoffers van adjunkpresident Paul Mashatile se beskermingseenheid. 'n Politieke wetenskaplike bekyk die uitsonderlike verhouding tussen die VSA en Israel.
7/5/202349 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Julie 2023

Beurtkrag of kragvermindering - wat verkies jy? Ons hoor wat Eskom se nuwe plan behels. 'n Biskop van Springbok in die Noord-Kaap verskyn in die hof op aanklagte van seksuele misdrywe. Frankryk is kalm, maar gespanne na die afgelope paar dae se onluste.
7/4/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Julie 2023

Nóg liggame in Namakwaland gevind ná oorstromings. Hoe relevant is die ANC Jeugliga? Die Inniebos-fees is 'n dawerende sukses.
7/3/202349 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Junie 2023

Suid-Afrika begin die vierdag-werksweek toets. Navorsers sê mense raak te hans met leeus. Ons skakel oor na InniBos waar Lizz Meiring met ons gaan praat oor interaktiewe teater.
6/30/202348 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Junie 2023

Die KVBA beslis dat ras nie die enigste faktor mag wees, en dat niemand afgedank mag word nie. 'n Rolprentmaker werp lig op 'n Suid-Afrikaner wat glo 'n kind by 'n ruimtewese gehad het. Ons skakel oor na InniBos.
6/29/202346 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Junie 2023

Tot soveel as 97 000 mense het hulle werk die afgelope jaar veloor. Nog Suid-Afrikaanse jagluiperds sterf in die noorde van Indië. Die Wagner-huursoldategroep neem glo beheer oor in die Sentraal Afrika Republiek.
6/28/202348 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Junie 2023

Groot kommer oor Suid-Afrika se hoë vlakke van dwelmmisbruik. Ontleders sê president Waldimir Poetin is verswak deur die kortstondige Wagner-rebellie. 'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker bring hulde aan sy tuisdorp, Calvinië.
6/27/202346 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Junie 2023

President Cyril Ramaphosa sê die doel van die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland was om verdere lewensverlies te beperk. Die ANC in die Wes-Kaap het 'n nuwe leier. Meer as 700 verdagtes in die konstruksiemafia word gearresteer.
6/26/202348 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Junie 2023

Die Artikel 194-ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane, sleep voort, terwyl die soeke na 'n nuwe OB nou amptelik begin het. Die ANC in die Wes-Kaap se langverwagte negende provinsiale konferensie vind uiteindelik die naweek in Kaapstad plaas. Ons praat met Agri Wes-Kaap vir die jongste nuus in die nadraai van die oorstromings in dié provinsie.
6/23/202346 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Junie 2023

Nóg 'n bloedige week op die Kaapse Vlakte. Inflasie sak terug - beteken dit die einde van rentekoersverhogings? Museumteater maak sy verskyning in Suid-Afrika.
6/22/202348 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Junie 2023

Die ANC in die Wes-Kaap hou sy provinsiale konferensie maande nadat dit moes gebeur het. Georganiseerde landbou beraam die skade van die oorstromings in die Wes-Kaap. Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê verkeerde inligting word oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp versprei.
6/21/202348 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Junie 2023

Wes-Kapenaars staal hulle vir nog reën te midde grootskaalse opruimingswerk weens die onlangse oorstromings. Die ANC het nog tot môre toe kans om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. Tienerswangerskap in die Noord-Kaap skiet die hoogte in.
6/20/202347 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Junie 2023

Nog stormweer word vandag in die Kaap verwag. President Cyril Ramaphosa oorhandig 'n tienpuntplan vir vrede aan Wladimir Putin, maar daar is 'n angeltjie in die voorstelle. Ons saai die eerste van 'n reeks bydraes oor Sirië uit.
6/19/202347 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Junie 2023

Vakbonde bereik 'n historiese loonooreenkoms met ESKOM. Nóg koue fronte op pad na die Wes- en Noord-Kaap. Jeugdag word vandag gevier.
6/16/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Junie 2023

Die aansoekproses begin vandag vir plasing van graad 1 en 8 leerlinge in Gautengse skole vir 2024. Die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering is in die kollig. OUTA kritiseer die Gautengse regering vir sy gesloer met die afskaffing van die e-tolstelsel. Die Minister van Elektrisiteit gaan na China reis om met die ses grootste sonpaneelvervaardigers te vergader.
6/15/202348 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Junie 2023

Reaksie op die goedkeuring van die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Republikeine én Demokrate oorweeg dit nou om Suid-Afrika uit AGOA te skop. Die sardientjies begin loop.
6/14/202347 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Junie 2023

Suid-Afrika kry krag van Mosambiek. Ace Magashule is uit die ANC geskop. Daar is steeds 'n tekort aan teengif vir slangbyte. Agbiz is bekommerd oor die beplande raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies.
6/13/202348 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Junie 2023

'n Geoloog verduidelik gister se aardbewing in Gauteng, en of 'n grote verwag moet word. 'n Projek wat bekostigbare kos verskaf, groei met rasse skrede. Hoe volhoubaar is die laer beurtkrag-fases? Ons praat met 'n kenner.
6/12/202352 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Junie 2023

TLU SA vra die president om die minister van polisie, Bheki Cele, af te dank. Honderde senior bestuurders in die staatsdiens het nie die nodige kwalifikasies vir hulle poste nie. Daar is 'n groot tekort aan bloedvoorraad. Drie lande word lede van die nuwe ontwikkelingsbank, wat deur die BRICS-groepering gestig is.
6/9/202349 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Junie 2023

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, bedank ná skokbewerings van omkopery waarby Dyanti en twee ander ANC-hoës betrek word. Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president sal teen gister se hofuitspraak appelleer, wat sy private vervolging van advokaat Billy Downer en joernalis Karyn Maughan tersyde gestel het. Duisende mense word jaarliks as onbekendes in Suid-Afrika en ander lande begrawe, ondanks die vooruitgang wat daar met DNS-ontleding gemaak is.
6/8/202347 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Junie 2023

Kommer oor beplande raskwotas en 'n moontlike uitvloei van vaardighede. ’n Resessie is vir nou eers afgeweer, maar ekonome waarsku oor die tweede kwartaal. Verskeie munisipaliteite gewaarsku oor die kwaliteit van drinkwater.
6/7/202349 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Junie 2023

Politieke Partye reageer op die dood van die LP en voormalige kabinetslid, Tina Joemat Pettersen. Johannesburg se toekoms word vandag duideliker met die lewering van die stadsrede. Eskom betrek ou ingenieurs om sy kragstasies aan die gang te hou. Suid-Afrikaanse onderwysers word oorsee gelok.
6/6/202351 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Junie 2023

Suid-Afrika oorweeg sy opsies vir die BRICS-beraad in Augustus. Die Suid-Afrikaanse boubedryf skud sy vere reg op Wêreld Omgewingsdag. 'n Bekende politieke ontleder sê die tekens is daar dat die ANC, nes die NP destyds, se einde in sig is.
6/5/202350 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Junie 2023

Die Motor van die Jaar is... 'n bakkie! Die Mzanzi Jeugkoor maak opslae in die VSA. 'n Projek om pappegaaie van uitwissing te red, help ook arm Oos-Kaapse gemeenskappe.
6/2/202346 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Junie 2023

President Cyril Ramaphosa word as 'n bedrieër beskryf, wat nie sy beloftes nakom nie. Die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gee vandag meer besonderhede oor die regering se ingryping teen cholera in Tshwane. Die geskiedkundige figuur, Wolraad Woltemade, se heldedaad van 250 jaar gelede word herdenk.
6/1/202349 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Mei 2023

Nog gevalle van cholera in Hammanskraal aangemeld. Meer as 10 000 verkragtings is in die eerste drie maande van vanjaar by die polisie aangemeld. Die bevordering van entrepreneurskap is in die kollig, te midde van grootskaalse afleggings wat dreig. Buitelandse ministers van BRICS-lidlande vergader môre in Kaapstad oor die moontlike uitbreiding van dié groepering.
5/31/202349 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 30 Mei 2021

Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken dat hy wapens op die Russiese vragskip, Lady R, gelaai het. Nie-regeringsorganisasies wat kinderbeskermingsdienste lewer, kla omdat die regering hulle finansieel nie genoeg help nie. Is die Menseregtekommissie se beslissings afdwingbaar? 'n Hof sal nou daaroor besluit.
5/30/202350 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Mei 2023

Vakbonde verwerp Eskom se jongste loonaanbod. Die minister van elektrisiteit kry uiteindelik sy magte en pligte, maar kommer bestaan oor wat hy met dié nuwe bevoegdhede gaan doen. 'n Onafhanklike paneel is aangestel om die bewerings te ondersoek dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het. 'n Navorser sê rioolbesoedeling en die swak bestuur van afvalwaterstelsels dra by tot die cholera-krisis.
5/29/202347 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 Mei 2023

Die eerste sterfte aan cholera word in die Vrystaat aangeteken. Afriforum neem watermonsters in die Vaalrivier waarvan een positief vir cholera toets. Rentekoerse styg met 'n verdere 50 basispunte. 'n Mosie van wantroue teen die burgemeester in die Nelson Mandela Metro, Retief Odendaal, word na verwagting vandag gedebatteer.
5/26/202348 minutes
Episode Artwork

Monitor 25 Mei 2023

Verbruikersinflasie is op sy laagste vlak in maande. Kommer oor 'n skerp styging in skole se eiendomsbelasting. 'n Eeu gelede het die eerste vrou onwettig aan die Comrades deelgeneem.
5/25/202343 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Mei 2023

'n Toename in gevalle van pampoentjies. Burgerregtegroepe glo konsepwetgewing oor die nasionale raad op geslagsgeweld is onvoldoende om dié misdaad te stuit. Verskeie lande oorweeg voorstelle om kunsmatige intelligensie te reguleer.
5/24/202347 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Mei 2023

Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging.
5/23/202346 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Mei 2023

Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig.
5/22/202348 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 Mei 2023

Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees.
5/19/202353 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 Mei 2023

Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas.
5/18/202350 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Mei 2023

President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag.
5/17/202350 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Mei 2023

President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom.
5/16/202349 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Mei 2023

President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het.
5/15/202350 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 Mei 2023

Die VSA beskuldig Suid-Afrika dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf. Die rand val skerp teen die dollar. Koue en reën word vir groot dele van die land voorspel.
5/12/202350 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 Mei 2023

Die nasionale regering gaan ingryp by die bestuur van die eThwekini Metro. Daar is vier keer meer private veiligheidswagte as polisielede in die land. Gun Free South Africa wil 'n groepsgeding teen die polisiediens instel. Die Eskom-raad kom onder skoot in die parlement oor bewerings van korrupsie en misdaadsindikate by die kragvoorsiener.
5/11/202351 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Mei 2023

Dit is vandag 29 jaar sedert oudpresident Nelson Mandela sy inhuldigingstoespraak gelewer het – hoe lyk ons demokrasie vandag? Onderhandelinge oor die vrylating van die gyselaar, Gerco van Deventer, vorder stadig maar seker. Ons praat met die medekaptein van die land se eerste beroepsrugbyspan vir vroue, Libbie Janse Van Rensburg.
5/10/202351 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Mei 2023

Die tweede ronde van loononderhandelinge by Eskom begin. Die Minister van Toerisme stel 'n ambisieuse teiken om miljoene besoekers teen 2030 na Suid-Afrika te lok. ons praat met twee kenners oor hoe die ekonomiese en maatskaplike omstandighede in die land Suid-Afrikaners se geestesgesondheid beïnvloed.
5/9/202349 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Mei 2023

Die burgemeester van Gqeberha, Retief Odendaal, wend hom na die hof om 'n mosie van wantroue af te weer. Die sonkragverskaffer, Rural Free State, vergader met Eskom oor beurtkrag in Frankfort. dagga-aktiviste betoog by die parlement.
5/8/202350 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 Mei 2023

Die Johannesburg Metroraad sal vandag weer probeer om 'n nuwe burgemeester te verkies nadat verskeie politieke partye gister samesprekings gevoer het. Suid-Afrikaanse gebaretaal is een stap nader om 'n amptelike landstaal te word. Die DA lê nuwe wetgewing in die parlement ter tafel om kabinetslede se byvoordele te reguleer. Ons praat met Suid-Afrika se enigste aktiewe speler in die Amerikaanse voetballiga, die NFL.
5/5/202349 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 Mei 2023

Die aktivistegroep, Verslaggewers Sonder Grense, waarsku teen die opkoms van 'n sogenaamde fopnuus-bedryf. 'n Hofordonnans word in Motherwell in die Oos-Kaap doodgeskiet tydens ’n ontsnappingspoging. Die Reserwebank stel nuwe munte en banknote bekend.
5/4/202352 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Mei 2023

Suid-Afrika in 'n stryd om sitrus na die Europese Unie uit te voer. Parlementslede krap kop oor hoe Suid-Afrika van die gryslys verwyder kan word. Die dieselprys sak weer, maar petrol is vandag duurder.
5/3/202349 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Mei 2023

Suid-Afrikaners wat in Soedan was, is verlig om weer by die huis te wees, maar daar is nog ten minste 22 wat sukkel om terug te keer. Gauteng se eksperiment met 'n misdaadvoorkomingsmag word verwelkom. Werkersdag wat gister gevier is, is vir meeste mense 'n herinnering aan lae lone en hoë inflasie.
5/2/202352 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Monitor 1 Mei 2023

Die laaste groep Suid-Afrikaners vanuit Soedan is by die huis. 'n Onsekere toekoms vir Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon en werk. Reaksie op die nuutaangestelde misdaadvoorkomingsbeamptes in Gauteng.
5/1/202352 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 April 2023

Black Sash is bekommerd oor die uitdagings wat begunstigdes van maatskaplike toelaes kan ondervind, met die instelling van 'n nuwe kaartlose betalingstelsel. Bahrein, Egipte en Indonesië wil lidlande van die BRICS-groepering word. Die openbare raadplegingsproses oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys word verleng.
4/28/202348 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 April 2023

Die voormalige Eskombaas, André de Ruyter, frustreer parlementslede met sy swye oor korrupsie by die energieverskaffer. Die Wes-Kaapse regering se plan met haweloses word gekritiseer, maar ook geprys. Die jagluiperd-projek in Indië vorder glo goed, in weerwil van die dood van twee van die diere.
4/27/202349 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 26 April 2023

Suid-Afrika gaan aan die Internasionale Strafhof onttrek. Nóg 'n verkrygingsskandaal by die Gautengse Departement van Gesondheid. President Joe Biden van die VSA gaan vir 'n tweede termyn staan.
4/26/202349 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Monitor 25 April 2023

'n Nood-ontruimingsplan vir Suid-Afrikaners in Soedan is gister in werking gestel. Ons verneem dat die plan twee busse behels, maar die res van die plan is in geheimhouding gehul. Die burgemeester van Johannesburg, Thapelo Amad, bedank uit sy pos. Presisdent Cyril Ramaphosa praat oor 'n ANC-voorstel om koalisies te reguleer.
4/25/202348 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 April 2023

Dit sal R29-miljard kos om die Vrystaat se paaie rybaar te maak. Nuwe hoop vir 'n man wat reeds ses jaar deur Al Kaïda aangehou word. 'n Beroep gedoen dat Suid-Afrika uit BRICS padgee.
4/24/202348 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 April 2023

Is die Fase 6-beurtkrag van vandag dieselfde Fase 6 van twee of drie jaar gelede? Boere vra dat kragvermindering op hulle plase toegepas word. Hoe maak ons seker dat kunsmatige intelligensie nie buite beheer raak nie.
4/21/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 April 2023

Die beweerde meesterbrein agter ’n kinderhandel-en-molesteringsnetwerk, Gerhard Ackerman, hou vol hy is onskuldig. Die Thabo Bester-sage neem die een wending na die ander. Ons vra ’n SAUK-navorser om die nuwe stukkies van die legkaart bymekaar te sit. Die Tshwane-metro wil sy ongebruikte munisipale grond verkoop om die stad se geldsake te help herstel.
4/20/202348 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 19 April 2023

Verskeie politieke partye verwelkom die aanstelling van 'n nuwe SAUK-raad. Die president bekragtig veranderinge aan die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld. Die Departement van Basiese Onderwys sê daar is 'n afname in die getal leerlinge wat skool voortydig verlaat.
4/19/202349 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 18 April 2023

Onafhanklike kandidate sal voortaan aan provinsiale en nasionale verkiesings mag deelneem. Die vrou van die paramedikus wat al ses jaar deur Al Kaïda aangehou word, praat. Aantygings van nepotisme teen die Matie-rektor sal deur 'n komitee ondersoek word.
4/18/202346 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 April 2023

Die Tshwane-metro kan moontlik onder administrasie geplaas word. Kommer oor die sielkundige impak wat die droogte op boere in die Noord-Kaap het. Die voorsitter van die Afrika Unie Kommissie gaan na Soedan reis om 'n skietstilstand te onderhandel.
4/17/202349 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 April 2023

Verskeie organisasies wil hof toe gaan ná die bekragtiging van die Wet op Diensbillikheid. Die president wil in die volgende vyf jaar beleggings van R2 000-miljard na Suid-Afrika lok. Die Munisipale Afbakeningsraad oorweeg 'n aansoek om Rustenburg in 'n metropolitaanse munisipaliteit te verander.
4/14/202348 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 April 2023

Die jongste nuus oor die terugkeur na Suid Afrika van Thabo Bester en Nandipha Magudumana. 'n Vrou wat jare gelede deur Bester geteiken is, vertel van haar noue ontkoming met hom. Hooggeplaastes, sakelui en staatsamptenare van regoor die wêreld is in Sandton, Johannesburgm vir die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie.
4/13/202350 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Monitor 12 April 2023

Woede oor die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping meer as 'n jaar gelede, is aan die toeneem onder Suid-Afrikaners. Ons berig oor twee beskuldigdes wat intussen in die hof verskyn het in verband met Bester se ontsnapping, en nog arrestasies word in die saak verwag. Planne om die ou duikboot, SAS Assegaai, na sy laaste rusplek te verskuif, is in 'n gevorderde stadium.
4/12/202349 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Monitor 11 April 2023

Gevalle van Afrika-perdesiekte is aan die toeneem in Gauteng. Onderwysersvakbonde is bekommerd oor die toename in rooftogte by openbare skole. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie monitor 'n nuwe subvariant van Covid-19.
4/11/202342 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 April 2023

'n Misdaadaktivis beweer Thabo Bester het die tronk verskeie kere verlaat voor sy finale ontsnapping in Mei verlede jaar. Ons praat oor verskeie van die vrae oor dié storie, asook die mislukte uitlewering van die Guptas ontstaan. 'n jong Suid-Afrikaner kry die geleentheid om dalk eendag aan die Formule 1-kampioenskap deel te neem.
4/10/202347 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 April 2023

Die bloeddiens het 'n tekort aan bloedvoorraad vir die O-groep. Hoër fases van beurtkrag kan dalk hierdie winter ingestel word. Frankryk plaas sy hoop op China om Rusland te oorreed om vredesamesprekings met Oekraïne te begin.
4/7/202350 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 April 2023

Eskom sal wel verantwoording moet doen oor wanbesteding, nadat die regering die kragvoorsiener se vrystelling van sekere bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur voorlopig terugtrek. Die ramptoestand oor die kragkrisis word na minder as twee maande beëindig. Verkeersowerhede regoor die land is slaggereed vir wanneer Paasverkeer toeneem.
4/6/202349 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Monitor 5 April 2023

'n Spesiale gesamentlike sitting van verskeie parlementêre komitees sal vandag plaasvind oor die vrystel van Eskom om onreëlmatige en verwistende uitgawes te rapporteer. Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, sê sy vervolging weens die beweerde betaling van omkoopgeld is polities gemotiveer. Australië word die sewende land om Tiktok weens spioenasieoorwegings op regeringsfone te verban.
4/5/202347 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 4 April 2023

'n Bykomende R37,4 miljard gaan bestee word aan salarisse vir staatsdiensamptenare. Kommer oor die swak bestuur van Transnet. Finland word vandag amptelik 'n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.
4/4/202351 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 April 2023

John Steenhuisen word as leier van die DA herverkies, en kom met 'n ambisieuse plan vorendag. Die veteraanjoernalis, Jeremy Gordin, word dood by sy huis in Joahnnesburg aangetref. Die luukse passasierskip, Queen Mary 2, kom vandag in Durban se hawe aan.
4/3/202351 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Monitor 31 Maart 2023

'n Skokrentekoersverhoging laat Suid-Afrikaners na hulle asem snak. 'n Nuwe politieke party wil die meer gevestigde partye die stryd aansê in aanstaande jaar se verkiesing. Ons vra hoeveel waarde sal die minister van elektrisiteit se besoeke aan kragstasies ons werklik bied?
3/31/202345 minutes, 1 second
Episode Artwork

Monitor 30 Maart 2023

Amerikaanse veghonde verskeur 'n bejaarde vrou in Bonteheuwel in die Wes-Kaap. Rentekoerse word moontlik vandag met 25 basispunte verhoog. China Airlines hervat vlugte na Suid-Afrika.
3/30/202347 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Monitor 29 Maart 2023

Die Tshwane-metro het uiteindelik 'n burgemeester. Die Vereniging van Staatsdiensamptenare aanvaar 'n loonverhoging van 7,5%. Humza Yousaf is die nuwe premier van Skotland.
3/29/202347 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Monitor 28 Maart 2023

Drie mense word vir ondervraging aangehou in verband met die moord op die kletsrymer, AKA. Die paroolraad sit Vrydag oor die voormalige lemnaelloper, Oscar Pistorius. Vertroue in die kleinhandelsektor daal weens faktore soos inflasie, rentekoerse en beurtkrag.
3/28/202347 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Monitor 27 Maart 2023

'n Ugandese joernalis praat oor nuwe, drakoniese wetgewing in haar land. Die Slag van Cuito Cuanavale word herdenk - 'n draaipunt in Suidelike Afrika se geskiedenis. Wat is president Poetin se plan met Russiese kernwapens in Belarus?
3/27/202348 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Monitor 24 Maart 2023

BP onttrek sy dienste aan Suid-Afrikaanse lughawens. Die Wes-Kaap stel 'n 15 jaar waterplan bekend om toekomstige droogtes te oorleef. 'n Groep spesiale ateljeegaste vertel hoe hulle skolesport gaan gebruik om kinders in nood te help. Op Wêreld TB-dag ondersoek ons die voorkoms van dié siekte onder diere.
3/24/202345 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 23 Maart 2023

Beurtkrag se impak op selfoonopvangs kos landbou reeds R400 miljoen. 'n Nooddienswerker vertel van die verwoesting wat Sikloon Freddy in Malawi gesaai het. Die inflasiekoers styg tot 7%.
3/23/202344 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 22 Maart 2023

Die Nasionale Vergadering hou vandag 'n debat oor 'n mosie van wantroue in die Speaker. Die DA gaan regstappe teen die regering doen om puttoilette by openbare skole te verwyder. Die jongste navorsing wys dat maatskaplike werkers bedank weens groot werksladings en stres.
3/22/202347 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Monitor 21 Maart 2023

Reaksie op die EFF se protesaksie. Hoeveel is daar te vier vandag op Menseregtedag? Oudpresident Donald Trump moontlik vandeesweek in hegtenis geneem.
3/21/202347 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Monitor 20 Maart 2023

Die polisie is gereed om moontlike geweld tydens die EFF se betogings te stuit. Openbare sittings word oor die omstrede Bela-wetgewing gehou. Suid-Afrika wil gasheer wees vir vredesamesprekings tussen Rusland en Oekraïne.
3/20/202349 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Monitor 17 Maart 2023

Die polisie belowe dat die EFF nie Maandag die land tot 'n stilstand sal dwing nie. Ons vra 'n kenner of die polisie wel die staking onder beheer kan hou. Die bankreus, Credit Suisse, moet miljarde dollar leen om sy finansies te ondersteun.
3/17/202348 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Monitor 16 Maart 2023

Die EFF sê hulle sal Maandag vreedsaam betoog, tensy hulle gekeer word. Reaksie op die MRK-verslag oor Maties se taalbeleid. Die mans Proteaspan begin vandag met 'n splinternuwe witbalera. Ons praat met die kolfafrigter JP Duminy.
3/16/202345 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Monitor 15 Maart 2023

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie vra lande om strenger wetgewing in te stel om landsburgers se soutinname drasties te verminder. Minder staal- en metaalprodukte is in Janaurie vervaardig as 'n jaar gelede. Die president van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, is môre op 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika.
3/15/202348 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Monitor 14 Maart 2023

ActionSA se voorsitter in Gauteng bedank. Sikloon Freddy tref Mosambiek wéér - ons praat met 'n kenner oor dié uitsonderlike verskynsel. Die land se pampoenkoning praat oor sy bielie van 890 kilogram.
3/14/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 13 Maart 2023

Huldeblyke stroom in na die dood van die kletsrymer, Costa Titch. Opposisiepartye verwerp die Openbare Beskermer se voorlopige verslag oor die Phala Phala-sage. Die president van China, Xi Jinping, maak veranderinge aan sy kabinet.
3/13/202351 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Monitor 10 Maart 2023

Die DA het 'n oorsigbesoek aan drie hospitale in Bloemfontein gedoen om die omvang van die staking deur gesondheidswerkers in dié stad te bepaal. Die Kaapse Metro gaan bome verwyder wat met die stompkopkewer besmet is. Opposisiepartye in Turkye snoer kragte saam om die regerende party in die komende verkiesing te ontsetel.
3/10/202348 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Monitor 9 Maart 2023

Amptenare van die departement van gesondheid sê daar sal streng teen stakende gesondheidswerkers optree wat hulle aan geweld of intimidasie skuldig maak. 'n Parlementêre debat oor die Afghaanse immigrante vind plaas. 'n Leeu het in Centurion in Pretoria ontsnap. Mense word gewaarsku om binneshuis met hulle kinders en troeteldiere te bly.
3/9/202348 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Monitor 8 Maart 2023

Pretoria is wéér sonder 'n burgemeester. Beurtkrag dwing die ekonomie tot op die rand van 'n resessie. Die tweede kriekettoets teen die Windies begin op die Wanderers.
3/8/202347 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Monitor 7 Maart 2023

Landsburgers het gister geen illusies gehad oor wat hulle van president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling verwag nie. Die situasie by Wits bly gespanne met studente wat voortgaan met betogings. Die stroomdiens, Showmax, skik hom reg vir 'n nuwe gedaante.
3/7/202348 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Monitor 6 Maart 2023

'n Regskenner reageer op die ANC se prokureursbrief aan André de Ruyter. Die president se woordvoerder verdedig sy traagheid om 'n nuwe kabinet aan te kondig. Kleinboere vra die regering om toegang tot versekering.
3/6/202348 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Monitor 3 Maart 2023

'n Egpaar kry 14 jaar tronkstraf vir die herhaaldelike aanranding van 'n ses maande oue baba. Die regering word gedwing om vlugtelinge uit Afghanistan in die land toe te laat. 'n Entrepreneur van Hartebeespoort maak jenewer uit indringer waterhiasinte.
3/3/202347 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Monitor 2 Maart 2023

Veranderinge aan die kabinet sal in die komende dae aangekondig word. Die rioolprobleem dra by tot die hiasinteplaag in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Verskeie partye eis die Noordwes-premier se kop.
3/2/202348 minutes
Episode Artwork

Monitor 1 Maart 2023

Die DA kry slae in die Tshwane-burgemeestersverkiesing. Meer Suid-Afrikaners het werk, maar minder het geld in die sak om elke maand te oorleef. 'n Amerikaanse resolusie om betrekkinge met Suid-Afrika te hersien ná die militêre oefening met Rusland.