Winamp Logo
Hoe verklaar jy dit? Cover
Hoe verklaar jy dit? Profile

Hoe verklaar jy dit?

Afrikaans, Nature/Natural sciences, 1 season, 605 episodes, 3 days, 12 hours, 52 minutes
About
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 Mei 2024

Mag jy die voëls in jou tuin voer? Veroorsaak dit afhanklikheid? Watter kossoorte is veilig en watter is ongesond vir die voëls? Hoe is dit moontlik dat platannas (Afrikapadda) in Amerika voorkom?
5/12/202422 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 Mei 2024

Paddas is besig om uit te sterf, en niemand praat daaroor nie! Hoekom mag ons deesdae ons selfone op vliegtuie gebruik - is dit nie gevaarlik nie?
5/5/202422 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 28 April 2024

Hoekom verskil die spookvoël se roep so baie van ander voëls? Hoe word reënboë sonder kleur verklaar? Hoe is dit moontlik dat ystervarke amper alles vreet?
4/28/202423 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 21 April 2024

Leer meer oor die pampoen-paddatjie wat kan spring, maar nie land nie, en wat gesels met sy maats, maar nie een kan hoor nie. Is dit waar dat jy elektrisiteit kan spaar deur jou selfoonlaaier te ontkoppel, en hoeveel spaar mens?
4/21/202422 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 14 April 2024

Is daar ‘n verskil tussen kakkerlakke en kokkerotte? Wat gebeur tydens wolkbestuiwing? Het dit nie ‘n negatiewe uitwerking op die ekologie nie?
4/14/202422 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 7 April 2024

Wat tel as vreemde gedrag by akkedisse? Ons kyk weer na hoe molle grondhopies maak as hulle agtertoe skop. Help ‘n waaier om muskiete weg te hou, of is dit ‘n mite?
4/7/202422 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 31 Maart 2024

Hoe kan ‘n vliegtuig, teen ‘n snelheid van 300 plus kilometer per uur, se wiele so vinnig versnel in ‘n breukdeel van ‘n sekonde wanneer dit land? Hoekom klink die sang van ‘n rooivlerkspreeu soms so mooi, maar soms ook so lelik?
3/31/202423 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 24 Maart 2024

Hoekom sing die meeste voëls vroegoggend of laataand? Wat gebeur in die middel van die dag wat die sang stuit? Hoekom is die flapnek-verkleurmannetjie so groot, en sit hy so stil?
3/24/202422 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 17 Maart 2024

Hoekom raak sout laf? Wanneer jy rooibostee maak, het jy ooit gewonder of dit miere se dood kan veroorsaak?
3/17/202422 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 10 Maart 2024

Hoe maak molle molshope as hulle agteruit grou? Hoekom word jellievisse deur klein slakkies vermoor, en wat is die doel van ‘n jellievis?
3/10/202423 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 3 Maart 2024

Hoe kan ‘n vliegtuig se bande van 0 tot 300 km per uur, in ‘n breukdeel van ‘n sekonde versnel, en nie die vliegtuig van koers afdruk nie? Hoe beïnvloed wolkbestuiwing die aarde se temperatuur en weerpatrone?
3/3/202422 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 25 Februarie 2024

Is daar iets soos visse, of is ons op skool verkeerd geleer? Hoekom kan sperm vir jare gevries word, maar ‘n mens se toon kan nie na ‘n paar ure weer aangeheg word nie, selfs al is dit gevries?
2/25/202422 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 18 Februarie 2024

Wat maak die lug blou? Hoekom is die lug nie violet nie? Hoekom is sekere haaie warmbloedig, en nie koudbloedig soos meeste seelewende diere nie?
2/18/202424 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 11 Februarie 2024

Hoekom vreet die wyfie knopiespinnekop die mannetjie? Slaap ‘n dikkop, en kan hulle slange naboots? Is dit waar dat nagape giftig is?
2/11/202424 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 4 Februarie 2024

Woon jy dalk op ‘n hitte-eiland in Suid-Afrika? Soos Musina… Wat is die marsupialis in die springbok se wetenskaplike naam, Antidorcas marsupialis? Hoekom is die ruimte tussen sterre en planete koud?
2/4/202424 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 28 Januarie 2024

Het dit al met jou gebeur dat ietsie kleins uit jou hand val en spoorloos verdwyn, of nie naby die plek lê waar jy staan nie? Watter rol speel die aarde se rotasie in hierdie voorbeeld? Hoekom spoeg ‘n spoegslang?
1/28/202424 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 21 Januarie 2024

Is ‘n Rooi Roman giftig? Hoekom kom die "marsupialis" in die springbok se wetenskaplike naam Antidorcas marsupialis voor? En, Hoe is dit moontlik dat die goue katvis ‘n allen bestaan voer onder die kalahari?
1/21/202424 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 14 Januarie 2024

Kan die bekende Kaaiman van namakwaland die weer voorspel? Hoekom het brandpaaie in die Wes-Kaap in onbruik verval? En, hoe is dit moontlik dat ‘n wurm uit die dooie liggam van ‘n kokkerot kan klim?
1/14/202424 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 7 Januarie 2024

Hoekom hou miere van jou toonnaels? Wat is die verskil tussen ‘n spinnekop en insek en hoekom help dit om verstaan? En, Hoe vlieg vliegtuie onderstebo as dit die vorm van die vlerke is wat hulle laat vlieg?
1/7/202423 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 31 Desember 2023

Hoekom kan ‘n plat lens nie lig fokus nie? Watter rol vervul ‘n bidspringkaan in ekosisteme? En, hoekom lyk ‘n geietjie blink en slymerig, maar is tog droog?
12/31/202324 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 24 Desember 2023

Wat kan die oorsaak wees van groeter getalle duif-vrektes? Is daar iets soos ‘n giftige akkedis en waar kom hulle voor? En ons dierkundige gaan ‘n vreemde seediertjie van Hermanus identifiseer.
12/24/202324 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 17 Desember 2023

Waar word kortgolf- en mediumgolflengtes aangewend? Watter soort golwe word vir TV gebruik? En hoekom is ‘n roman insek so rats en aggressief?
12/17/202323 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 10 Desember 2023

Hoe kan 'n spieël 'n voorwerp agter ‘n stuk papier sien?  Hoe weet die spieël die voorwerp is daar? En, indien dit sou gebeur dat muskiete wat Malaria dra die wêreld sou oorneem, wat sal van ons word?
12/10/202324 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 3 Desember 2023

Hoekom is ‘n skilpad se dop so hard? Hoe kan jy ‘n sonsondergang geniet in jou glas melk? En wat presies is die doel van slakke?
12/3/202324 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 26 November 2023

Het kanker bestaan voordat mensgemaakte chemikalieë daar was? Hoe verskil visie van oë wat langs die kop teenoor voor die kop geposisioneer is? Kan ons meer goud maak uit ander elemente, en só die finansiële krisis oplos?
11/26/202324 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 19 November 2023

Kan 'n skokgolf lig maak wat deur die liggrens kan breek? Wie leef langer: diere in gevangenis of wilde diere? Hoekom is dit dat ons nooit dooie voëltjies sien rondlê nie?
11/19/202323 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 November 2023

Hoekom gee koue temperature jou verkoue? Het Suid-Afrika buideldiere? Hoekom is die volledige metamorfose van sekere insekte so ingewikkeld?
11/12/202323 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 November 2023

Hoe kan dit so moeilik wees om rubber oor gladde glas te sleep as wrywing deur oppervlakwrywing veroorsaak word? Hoekom is erdwurms so reusagtig in Cradock?
11/5/202324 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 29 Oktober 2023

Ons leer meer oor liewenheersbesies, of skilpadkewers. Waar kom hulle vandaan? Watter spesies het onlangs in Suid-Afrika aangekom? Wat is hulle groepgedrag? Ons vind ook meer uit van die blikslanerkie en die snorkmodderpaddatjies.
10/29/202322 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 22 Oktober 2023

Hoekom neem blou-ape dwelms? Hoekom raak olifante dronk? Hoekom vrek sekere voëls van alkoholvergiftiging? Hoekom word vlêrmuise deur niks geaffekteer nie? Hoe perfeksionisties is stinkbesies? Is daar iets soos gratis elektrisiteit wat al ons kragprobleme kan oplos?
10/22/202324 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 15 Oktober 2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Ons bespreek klimaatsverandering met ekoloog dr. Dave Pepler, medikus dr. Heinz Mödler en teoretiese fiskikus prof. Hendrik Geyer. Hoe sal dit die mens en diere affekteer?
10/15/202321 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 8 Oktober 2023

Ons leer meer van voëls se voedingspatrone, die mens se invloed daarop, hullw vere, en die vere se gebruike.
10/8/202323 minutes
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 1 Oktober 2023

Ons leer meer oor bio-indikators in jou tuin. Hoekom verloor jou horlosie tyd, veral in Suid-Afrika? Kan jy iets doen om dit te verhoed?
10/1/202324 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 24 September 2023

Waar kom die term, Slip him a Mickey, vandaan? Watter opsies is daar om indringerbome te bestuur? Hoe affekteer LED-ligte insekte se getalle?
9/24/202324 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 17 September 2023

Ons kyk intiem na wildeganse se liefdeslewe en hulle ewige trouheid. Ons vind uit wat die verskil is tussen kapok en sneeu – dis nou as daar enigsins ‘n verskil is…
9/17/202322 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 10 September 2023

Ons probeer uitwerk of daar ‘n monster in die Cunenerivier woon. Ons gesels oor James Bond, treintjiewurms en hoekom uie ons oë brand.
9/10/202324 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 3 September 2023

Ons vind meer uit oor reuse spinnekoppe, en die wanpersepsies wat ons oor hulle het. Hoe werk ‘n barometer?
9/3/202324 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 27 Augustus 2023

Ons vind meer uit oor duiwe en hoekom hulle eiers se kleure verskil. Hoekom lei ‘n sianiedpil so vining na die dood? Hoe lyk ‘n aanloklike uilhuis?
8/27/202325 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 20 Augustus 2023

Ons vind meer uit oor dopluise en daar is raad oor hoe om hulle getalle te bestuur. Ons kyk ook na die land se kleinboere, en hoe (en hoekom) ons almal hulle moet ondersteun – dis ‘n saak van lewe en dood.
8/20/202324 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 13 Augustus 2023

Hoekom kan ‘n mens ‘n plat staalstaaf makliker buig oor die platkant asoor die rugkant, wat baie moeiliker buig? ‘n Donker figuur soos ‘n reuse slang, ongeveer 40 voet in lengte en met die dikte van ‘n man se lyf, was sigbaar bo die wateroppervlak. Is daar ‘n monster in die Vaaldam?
8/13/202325 minutes, 1 second
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 6 Augustus 2023

Blykbaar is daar ‘n sekere soort klip in die Kongo wat elektrisiteit kan opwek. Daar is ook ‘n teël waarmee jy jou vloerteëls mee kan vervang, wat ook elektrisiteit kan opwek. Is dit waar? En, is dit waar dat sekere insekte hulle middelweerstandigheid kan omkeer?
8/6/202323 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 30 Julie 2023

Glo jy uile is ‘n aanduider van dood wat om die hoek skuil? Wat maak ‘n spoorfossiel eiesoortig? Wat is die ekologiese voordeel van groot geboude diere – van destyds tot nou? Hoe intelligent is ‘n padda?
7/30/202324 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 23 Julie 2023

Watter likkewaan is die grootste, en hoe maak hulle geluide sonder stembande? Kan boorgatwater jou ystervlakke affekteer? Watter doen voëls om die wyfies te beïndruk?
7/23/202324 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 16 Julie 2023

Hoe verklaar jy die kamera-effek in skaduwees? Watter vlieg help ons met kankernavorsing en lanklewendheid? Watter akkedis is die grootste akkedis in die wêreld?
7/16/202324 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 9 Julie 2023

Is dit waar dat jy demensie kan ontwikkel wanneer jy in jou neus krap? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende kontinente so na mekaar kan aard? Kan motte honderde kilometers in die oop see oorleef?
7/9/202323 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 2 Julie 2023

Wat is die slegste vir ‘n land se toekoms - oorbevolking of te min mense? Hoe beïnvloed seep oppervlakspanning? Is dit moontlik dat melk van kamertemperatuur koffie stadiger kan laat afkoel?
7/2/202324 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 25 Junie 2023

Ons leer meer van parsitoïdes van insekte en spinnekoppe. Watter uitwerking het geraas, of klank, op diere? Produseer jou liggaam vitamien D wanneer jy binne die huis in die son sit?
6/25/202324 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 18 Junie 2023

Reën ‘n mens meer nat wanneer jy hardloop of stap? Ons kyk ook na die hoep-hoep se kroos, want nie almal in haar nes hoort daar nie.
6/18/202324 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 11 Junie 2023

Ons bespreek opvolgvrae van luisteraars oor warmwaterflesse en watertenks. Hoekom het sekere soogdiere meer vet as ander?  Hoe kan jy molle in jou tuin aanpak?
6/11/202324 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 4 Junie 2023

Beweeg elektrisiteit so vinnig soos die spoed van lig, of beweeg dit teen 9 km per uur? Hoekom gaan die lig aan sodra jy die skakelaar druk? Waar kom volstruise vandaan, en hoe oorleef hulle.
6/4/202324 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 28 Mei 2023

Is prof. Hendrik Geyer wetlik aanspreeklik vir sy gebruik van die woord biljoen i.p.v. triljoen? Sal waterslange Desiree se visse in haar dam opvreet? Wanneer sal kunsmatige intelligensie Hoe verklaar jy dit se paneel kenners vervang?
5/28/202324 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 21 Mei 2023

Hoe verklaar jy dit dat die Jesus-akkedis oor water kan hardloop sonder om te sink? 'n Luisteraar vra of ons 'n wollerige wurm van Ellisras kan identifiseer. En, watter vreemde swamme groei in Humansdorp?
5/21/202323 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 14 Mei 2023

Ons pak die raaisel van dooie bye wat in die oggende aangetref word by fluoresserende ligte. Ons gaan ook uitvind of ‘n halfvol warmwaterfles langer warm bly as ‘n propvol warmwaterfles.
5/14/202324 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 7 Mei 2023

Hoe kan dit wees dat die heelal 92 miljard ligjare wyd is, terwyl die ouderdom van die heelal "net" 13,7 miljard jaar is? Hoekom het sekere manlike bospesies horings en die ooie nie?
5/7/202324 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 30 April 2023

Ons hoor hoe ‘n ruspe, en later 'n vlinder, jou lelies kan verwoes. Hoe gebruik mens sonkrag om te kook, bak en braai? En ons hoor hoe verwarrend ‘n dinosourus-voetafdruk kan wees.
4/30/202325 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 23 April 2023

Ons vind uit hoe jou waarneming van die horison deur hitte of koue beïnvloed word, en ons beskou die skuimnespadda en sy skuim van nader.
4/23/202324 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 16 April 2023

Watter persentasie van die totale energie wat die son uitstraal, bereik die aarde? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende vastelande so na mekaar kan aard? En, ons leer meer oor die koringkriek.
4/16/202324 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 9 April 2023

Kan ons voorspel waar ‘n weerligstraal volgende gaan slaan? En, ons leer meer oor die kardinale belang van temperatuur by soogdiere, en hoe dit ons organe beskerm.
4/9/202324 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 2 April 2023

Na aanleiding van ‘n foto op sosiale media wil almal weet hoekom daar amper 10 paddas op ‘n slang se rug sit? Wat veroorsaak hierdie gedrag? Is jy waarlik besig om jou deel te doen in die oorlog teen klimaatsverandering? Dave Pepler het raad.
4/2/202323 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 26 Maart 2023

Wat is die effek van elektrolietinhoud op die latente hitte van water? Met ander woorde, kan gevriesde soutwater jou yskas langer koel hou tydens beurtkrag? Hoekom eet orcas net die lewer van haaie? En, ons leer meer van die snuitkewer.
3/26/202324 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 19 Maart 2023

Wanneer vang luiperds dassies as hulle slaappatrone verskil? Pigmentasie van voëls speel ‘n kardinale rol in oorlewing. Kom vind uit hoe hulle die kleure verskerp wanneer nodig. En, ons ontleed die botsspoed van motors.
3/19/202324 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 Maart 2023

Is daar so iets soos grys oë? Hoekom word blou oë nie net deur genetika bepaal nie? Het jy geweet daar is sekere akkedisse in Suid-Afrika wat baie geld werd is oorsee? Vind uit hoe smokkelaars te werk gaan, en hoe jy kan help om hulle te vang. En ons hoor van motte wat lyk, beweeg en vlieg soos sekere voëls.
3/12/202324 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 Maart 2023

Watter rol speel geopolitiek in die toekoms van die aarde, en hoe kan individue ‘n stem daarin vind? Hoe lank is die rakleeftyd van ou en nuwe gloeilampe, en hoe kan ‘n braaivuur dit beïnvloed?
3/5/202324 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 26 Februarie 2023

Stem jy saam dat die Matamata-waterskilpad ‘n vreemde gedroggie is? Hoekom lyk hy so? Maak dit (ekologies) saak as 'n onbelangrike diertjie uitsterf? Ons vind meer uit oor die ontwikkeling van insekvlerke.
2/26/202324 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 19 Februarie 2023

Hoekom het mense en diere hare? Hoekom is die naakte molrot haarloos? Hoekom mag mens nie naelpolitoer dra tydens ‘n operasie nie? Ons leer meer oor branders, groot en klein, in die see.
2/19/202325 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 Februarie 2023

Hou jy van ‘n netjiese tuin, of ‘n wille woeste tuin? Watter soort tuin is die beste vir die klimaat waarin ons onsself tans bevind? Wat was die oorspronklike voorsate waaruit insekte ontwikkel het? Dave Pepler vertel van ‘n vrou wat groot sukses behaal het met haar balkontuin in New York. Sy is ‘n Suid-Afrikaner wat besluit het om ‘n werkende tuin te skep.
2/12/202324 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 Februarie 2023

Is die kontrei-mite waar dat slange en selfs likkewane melk uit koeie se spene drink? Wat is hitte? Hoekom kry sekere mense bosluiskoors, maar ander nie?
2/5/202324 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 29 Januarie 2023

Hoe affekteer jou velkeur en jou gewig jou hittetoleransie? Ons bevraagteken die die evolusie van die verkleurmannetjie. Wat sou gebeur as die hele heelal beurtkrag sou ervaar?
1/29/202325 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 22 Januarie 2023

Hoekom, maak nie saak wat jy eet nie, grom jou maag in die kerk? Hoekom is daar spesifiek so baie blomme een keer per jaar in Namakwaland? Hoe word die ouderdom van die aarde gemeet?
1/22/202324 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 15 Januarie 2023

Hoekom is daar meer muskiete in die Karoo,waar dit droog is, as in die natter Oos-Kaap? Ons leer leer oor die middel-akkedis en kraaie se gedragsprobleme.
1/15/202325 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 8 Januarie 2022

Hoe kan waterstof as ‘n kragbron gebruik word? Hoe slaap olifante? Ons dissekteer die goggas in jou swembad.
1/8/202324 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 1 Januarie 2023

Hoe kan waterstof as kragbron gebruik word? Hoe word wetenskaplike benamings aan diere gegee? Hoe oorleef akkedisse in die glyhellings van duine?
1/1/202325 minutes
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 18 Desember 2022

Hoekom is die naakte mol naak? Was dinosourusse warmbloedig of koudbloedig, en hoe weet ons wat die antwoord is?
12/18/202224 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 11 Desember 2022

Prof. Le Fras Mouton, ’n herpeteloog, verduidelik hoe slange nog ‘n moontlike dodelike byt kan toedien nadat die kop afgekap is. Hoe word weerligballe gevorm? Hoe verskil hommelbye en houtkapperbye van mekaar?
12/11/202224 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 4 Desember 2022

Wat is die verskil tussen mierleeus en naaldekokers? Hoe verskil slange en wurms? Wat is die feite van klimaatsverandering?
12/4/202224 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 27 November 2022

Watter uitwerking het insekmiddels op die mens? Hoe verklaar jy dit dat die Indiese Huiskraai ook hier in Suid-Afrika voorkom? En, waar skuil die seeleeu met die bal op sy snoet?
11/27/202222 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 20 November 2022

Ons leer meer oor kruipmolle in die Paarl, motte in Pretoria, en hoekom die mens diere mak gemaak het.
11/20/202223 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 13 November 2022

Ons leer van suikerbekkies se ouerskapstyl, springkane en springkaanplae. Is links regs, of is regs dalk links?
11/13/202219 minutes
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 6 November 2022

Kan dassie-urine dalk help met epilepsie? Ons kyk na miere se kommunikasie-tegnieke, en ons leer meer oor spieëls en jou refleksie daarin.
11/6/202224 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 30 Oktober 2022

Wat is die verskil in voedingswaarde van boorgatwater en reënwater. Het dinosourusvoëls hulle eiers uitgebroei? Hoekom bou miere miershopies?
10/30/202224 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 23 Oktober 2022

Ons leer meer oor ‘n vorm van parasitisme, waar mens en vertibraatdiere se weefsel en organe spesifiek deur vlieglarwes beset word. Ons kry ‘n nuwe ekowenk, en daar word weer gekyk na die middelpunt van Suid-Afrika.
10/23/202224 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 16 Oktober 2022

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Lise Swart gesels met prof. Hendrik Geyer oor lawwe sout, met medikus dr. Heinz Mödler oor kunslense se tweedehandse waarde, en met ekoloog Dave Pepler oor uile se eetgewoontes.
10/16/202224 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 9 Oktober 2022

Ons leer meer oor suikerbekkies se voeding van hulle kuikens, mensgemaakte damme se uitwerking op die effek ekologie, en vreemde goggas in mense se tuine en badkamers.
10/9/202224 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 2 Oktober 2022

Waar is die geografiese middelpunt van Suid-Afrika? Ons leer meer oor rooimiere en miere, en hoe hierdie klein diertjies baie meer van ons aandag in beslag kan neem.
10/2/202224 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 25 September 2022

Hoe werk die simbiose tussen termiete en Njalabome? Kan jy parfuum maak van orgidieë? Hoekom verskil soogdierorgane van mekaar? Hoe werk feromone?
9/25/202224 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 18 September 2022

Watter uitwerking het natuurlike en geboude damme op die ekologie. Hoekom vind mens gereeld 'n klomp slange saam onder ‘n klip? ‘n Luisteraar glo hy het bewegende lig vasgevang op ‘n foto – kom vind uit of hy reg is.
9/18/202223 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 11 September 2022

Wat is die belangrikheid van insekte? Hoekom is daar minder verkleurmannetjies in die Paarl? Hoe verskil die spoed van lug wat ingeasem word tussen ‘n fikse en onfikse persoon?
9/11/202224 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 4 September 2022

Ons hoor wat die verskil tussen miere, rysmiere en termiete is. En, Calvyn Steyn het ‘n vraag aan teoretiese fisikus, Prof. Hendrik Geyer gerig waarin hy vra hoekom hy “doof” word wanneer daar skuim in sy ore is, byvoorbeeld in die stort terwyl hy hare was. Prof. Geyer begin sy verduideliking deur te verwys na die warm sjokolade-effek waar klank geaffekteer word deur verskeie faktore.
9/4/202224 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 28 Augustus 2022

Ons hoor hoe diere en voëls hulleself dokter met medikasie uit die natuur, of duiwe wat in ‘n hok rondvlieg minder weeg as wanneer die duiwe sit, en hoekom ‘n rissie langer bramd as jou whiskey.
8/28/202224 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 21 Augustus 2022

Is meelwurms dalk die helde in die stryd teen klimaatsverwarming? Hoekom het ‘n salamander ‘n stert, maar nie ‘n padda nie. Hoekom sien mens soms kleure wanneer jou oë toe is?
8/21/202224 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 14 Augustus 2022

Hoe vorm ryp, en is daar verskillende soorte? Hoe kan jy die plantluise in jou tuin onder beheer kry? En ons kyk na waterskerpioene.
8/14/202224 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 7 Augustus 2022

Hoe plak kleeflint? Hoe verskil dié proses met supergom? Ons kyk ook na narvorsing oor diere wat die rouproses deurgaan. Ervaar diere emosies?
8/7/202224 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 31 Julie 2022

Het jy geweet 20% van alle soogdiere is vlermuise? Migreer vlermuise soos die seisoene verander? Het jy gewwet geitjies kan blaf, en dat daar geen giftige akkedisse in Suid-Afrika is nie?
7/31/202224 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 24 Julie 2022

Ons kyk na die sonopkoms en -ondergang, sonstilstand en die verandering in daglengtes. Daarna gaan ons meer leer oor swamme wat insekte aanval of parasiteer op insekte.
7/24/202224 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 17 Julie 2022

Ons kyk na die verskeie name wat luisteraars deur die jare aan insekte gegee het, wat kenners hulle noem, en waar baie van die name vandaan kom. Ons vind uit hoekom sommige mense met hulle oë oop sterf, en Dave Pepler gee sy wenk van die week.
7/17/202224 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 10 Julie 2022

Hoekom hou bye nie van die Sy-eikebome in Randburg nie? ‘n Plaag wurms in Pietermaritzburg neem ‘n luieteraar se boom oor, maar dit lyk asof daar geen natuurlike predatore byderhand is nie. Hoekom nie? Is dit waar dat die getalle van pofadders besig is om toe te neem in in die Sentraal-Vrystaat?
7/10/202224 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 3 Julie 2022

Soos wat spinnekoppe, slange en paddas giftig kan wees, is daar giftige soogdiere? Is jou houtbord in die kombuis meer higiënies as jou plastiekbord? Wat is die ontstaan van Homo Sapiens?
7/3/202224 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 26 Junie 2022

Wat is ruimtetyd en hoe word dit gemeet? Hoekom word die baskewer deur almal verkeerd verstaan?
6/26/202224 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 19 Junie 2022

Woon daar perdeybye in vye, en hoekom is hulle nie ‘n gevaar vir die mens nie? Hoekom eet karetskilpaaie plastiek? Sien hulle dit aan as ‘n voedelsoort?
6/19/202224 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 Junie 2022

Wat is ‘n turksvy se voedingswaarde, en kan mens hulle pitte sommer net plant? Waar is die reuse grondgeitjie woonagtig, en hoekom het hulle nie suigkussings op hulle tone nie? Is ‘n sandvlooi gevaarlik vir die mens?
6/12/202224 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 Junie 2022

Hoekom verrimpel mense se vingerpunte en tone in warm water? Eet sekere spinnekoppe ander spinnekoppe, en hoe doen hulle dit? Wat is ‘n weerligbal, en wat veroorsaak dit?
6/5/202224 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 29 Mei 2022

Hoe werk geitjies se voete en tone? Watter insekte speel almal ‘n rol in die produksie van heuning? Wat is ‘n molkriek?
5/29/202224 minutes
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 22 Mei 2022

Hoekom is ‘n reënboog ‘n boog? Hoe sien ons die verskillende kleure? Ons kyk na 'n sekere mot, en hoekom dit ‘n beskermde spesie is.
5/22/202224 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 15 Mei 2022

Watter kweekhuisgasse is betrokke by aardverwarming, en hoespeel dit ‘n rol hierin? Hoe goed kan vlieë ruik en sien? Hoekom het muskiete nie voorkeure? Waar kom maaiers vandaan?
5/15/202223 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 8 Mei 2022

Watter effek het jou elektriese heining op die fauna en flora van jou omgewing? Ons leer meer oor die Europese spreeus wat Cecil John Rhodes na Suid-Afrika gebring het, en die die genepoel van die luiperd.
5/8/202224 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 1 Mei 2022

Ons paneel kenners verduidelik wat die aarde laat draai; wat swaartekrag is en waarom is die maan se swaartekrag swakker as die aarde s’n is. Ons vind ook uit hoekom voëls so lief is vir ‘n son- en stofbad.
5/1/202224 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 24 April 2022

Weet jy wat ‘n broekmannetjie is? Wat is melanisme en albinisme? Ons vind uit hoe diere diversiteit in hulle genepoel probeer inbring.
4/24/202224 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 17 April 2022

Hoe kan ‘n sandstorm in die Sahara-woestyn ‘n stoflaag op die wit sneeu in Europa veroorsaak? Hoe ver is die horison van jou af? Ons identifiseer klein eiertjies na aanleiding van ‘n foto wat deur ‘n luisteraar ingestuur is.
4/17/202224 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 10 April 2022

Hoekom moet ons verstaan hoe atome lig absorbeer? Behalwe vir muskiete, wat byt jou in die skemertyd? Hoe werk die proses van verassing?
4/10/202223 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 3 April 2022

Hoe weet molle in jou tuin dit is aand? Hoe trek ‘n koningin by en haar trawante? Kan ‘n spook die verklaring wees vir ‘n lig in die nag in in Carnarvon in die Noord-Kaap? Die vraagsteller wonder of dit nie dalk iemand is wat nie tot ruste kan kom nie. Hoor teoretiese fisikus prof. Hendrik Geyer se verklaring van hierdie spookstorie.
4/3/202224 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 27 Maart 2022

Die paneel kenners leer ons meer oor hoe PET-skanderings kanker opspoor en wat om aan ‘n witvliegieplaag te doen. Prof. Le Fras Mouton beantwoord ‘n vraag van Serita Ribeiro van Vanderbijlpark. Sy het foto’s gestuur van ‘n slangetjie wat toe al die tyd ‘n vrylewende hammerkop-platwurm is. Hy is familie van die lintwurm.
3/27/202224 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 20 Maart 2022

Ons leer meer oor die wolfspinnekop wat vir ons uit die gras loer; hoekom net groot krewe gevang mag word; en die voëlgeluide wat papegaaie naboots.
3/20/202224 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 13 Maart 2022

Ons leer meer oor appelslakke se parasitiese eiers waaraan mense nooit moet vat nie. Ons vind oor die bewaring van insekte in Suid-Afrika. Kan jy glo daar is ‘n klip wat dalk jou lewe kan red ná ‘n slangbyt?
3/13/202224 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 4 Maart 2022

Die paneel kenners leer ons meer van nagapies se eetgewoontes en van hulle familiestamboom. En ons gesels  oor platannas – hoe en hoekom hulle nou onlangs Onrus in die Wes-Kaap omtrent oorgeneem het.
3/6/202224 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 27 Februarie 2022

Wat is ambergris? Hoe slaap insekte? Hoe beheer duisendpote hulle pote? Verkies muskiete ‘n sekere bloedgroep bo ander bloedgroepe?
2/27/202224 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 20 Februarie 2022

Die paneel kenners praat oor skemer-strale, of hoe paralelle lyne een word. Ons vind uit oor lewe in boorgatwater, en hoe iguana-akkedisse Madagaskar van Suid-Amerika af bereik het.
2/20/202224 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 13 Februarie 2022

Ons paneel kenners praat oor springkaanplae en wanneer die beste tyd is om dit te bestry; sampioene wat nader aan diere as plante is; en vasodilatasie, of te wel bloos.
2/13/202224 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 6 Februarie 2022

Die paneel kenners praat oor houtbrandende motors, en ons leer meer van die Namakwaland verkleurmannetjie en sy buurman, die sand-dys
2/6/202224 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 30 Januarie 2022

Die paneel kenners leer ons meer van ons reuksintuie; die teepot-effek (daai lastige druppel op die teepot se tuit); hoekom sommige diere maak asof hulle dood is; en die belang van die hyoïedbeen.
1/30/202224 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 23 Januarie 2022

Die span kenners beantwoord luisteraarsvrae oor die sig van slange (en wees gewaarsku van hulle sien goed), erdwurms wat in blikbekers skuil, en hoekom beet jou urine verkleur, maar nie rooiwyn nie.
1/23/202223 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 16 Januarie 2022

Ons kenners gaan ons meer leer van die ontbindingsproses tot die punt waar ‘n walvis ontplof, en ons gaan leer van die slangakkedis - hoekom is dit ‘n akkedis, en nie ‘n slang nie?
1/16/202223 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 9 Januarie 2022

Hoekom kry sommige mense halusinasies ná ‘n aorta-aneurisme? Hoe verloor akkedisse hulle sterte, en hoe werk die regenerasie daarvan? Hoekom is zebras geweldadig teenoor mekaar?
1/9/202223 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 2 Januarie 2022

Die kenners praat oor die temperatuur van meteoriete, veral wanneer dit op jou kopkussing land! Hoekom hou Kapenaars aan om te sê die dassie en olifant is naasverwant?
1/2/202224 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 26 Desember 2021

Ons leer meer van orgaanskenking, en hoe ons almal ‘n skenker is. Ons kyk na die Hadeda en Ibis se ooreenkomste en verskille, en ons ondersoek slange se giftande.
12/26/202124 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 19 Desember 2021

Hoe beskerm gesigmaskers jou? Watter maskers bied meer beskerming? Kan menslike aanraking ‘n seester laat vrek?
12/19/202124 minutes
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 12 Desember 2021

Ons kenners leer ons meer van die verskynsels by bewegende motorwiele – soos om regdeur te kan sien, of hoekom dit soms lyk asof die wiel agteruit beweeg. Ons vind ook meer uit van die voor- en nadele van voorbrande in die Nasionale Kruger Wildtuin.
12/12/202124 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 5 Desember 2021

Hoe hoor ons? Hoe gehoorsensitief is ons? Die span bespreek ook die velkleur en genetika van die witleeu en bruinleeu.
12/5/202124 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 28 November 2021

Die kenners leer ons meer van die MRI-masjien en die onmenslike geraas wat dit maak. Kan mRNA jou DNS verander? Hoekom is sommige slange se giftande voor in die mond, terwyl ander agter is?
11/28/202124 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 21 November 2021

Die kenners praat oor drome en halusinasies; wat presies reuk is; hoe besoelde lug ons affekteer; en hoe  geelvinke die weer voorspel, en kan ons by hulle leer.
11/21/202123 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 14 November 2021

Ons leer meer van die geheimsinnige bloustertakkedis, en vind uit of daar slim en dom katte en honde is. Is dit waar dat mense met rooi hare ‘n hoër pyntolleransie het, of meer narkose benodig?
11/14/202124 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 7 November 2021

Hoekom lê geitjies net twee eiers? Hoekom vrek robbe in groot getalle?  En, ons leer meer oor sonenergie se gebruike, en die invloed van sonpanele.
11/7/202124 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 31 Oktober 2021

Ons leer meer oor grootpoot-voëls se broeigedrag, hoe windrigtings ontstaan, hoekom ons huil, en of rooibostee voordelig kan wees vir skape.
10/31/202124 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Hoe verklaar jy dit? 22 Augustus 2021

Ons kenners verklaar termietkolonies, superorganismes en feetjiesirkels. Ons kyk na redes hoekom wildebeeste se getalle vermeerder. Kan jou houtlepel man alleen verhoed dat jou pot oorkook?
8/22/202124 minutes, 41 seconds