Winamp Logo
Geestesgesondheid Cover
Geestesgesondheid Profile

Geestesgesondheid

Afrikaans, Psychology, 1 season, 609 episodes, 2 days, 19 hours, 23 minutes
About
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte rondom geestesgesondheid.
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 Mei 2024

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor manlike seksualiteit en geestesgesondheid. Hulle kyk na al die aspekte wat seksuele gesondheid in mans beînvloed, en die impak wat dit op mans se geestesgesondheid het.
5/14/202446 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 Mei 2024

Johan van Lill praat met kliniese pastorale berader, Fanie Kriel, oor die impak wat jou lewenskriteria op jou geestesgesondheid kan hê.
5/7/202445 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 30 April 2024

Johan van Lill praat met Dap Louw, ‘n buitengewone professor en voormalige hoof van die Departement Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, oor feite en mites oor geestesgesondheid.
4/30/202435 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 23 April 2024

Johan van Lill praat met geestesgesondheidspraktisyn Jacques Botes oor die impak wat eensaamheid op jou geestesgesonheid het.
4/23/202446 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 16 April 2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter dr. Jan Niemand oor motivering. Watter impak het motivering, nie net op my sukses in die lewe nie, maar ook op my geestesgesondheid?
4/16/202444 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 9 April 2024

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans en hulle lywe, en hoe dit mans se geestesgesondheid kan beïnvloed. Hoe beïnvloed 'n man se geestesgesondheid sy risiko vir hartverwante siektes? Watter rol speel stresbestuur en emosionele welstand in die voorkoming daarvan?
4/9/202443 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 2 April 2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat ‘n kankerdiagnose op 'n mens se geestesgesondheid het. Met soveel van die koninklikes van Engeland wat tans met kanker gediagnoseer is, is die gesprek oor so ‘n diagnose en die impak wat dit op jou en die mense om jou het, tans hoofopskrifte.
4/2/202444 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 Maart 2024

Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor hoekom verandering vir soveel mense uitdagend is en vir ander energie en nuwe lewenslus gee. Wat is die impak van verandering op ons geestesgesondheid?
3/26/202442 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 19 Maart 2024

Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, 'n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sielkunde en kriminologie, oor geestesgesondheid vanuit ‘n forensies-sielkundige perspektief, en hulle stel ondersoek in na wanneer misdade gepleeg word. Watter belangrike aspekte van sielkundige versteurings moet in aanmerking geneem word by die evaluering van ‘n persoon?
3/19/202447 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 12 Maart 2024

Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psgiater, oor positiewe vaderskap en die rol wat positiewe manlikheid daarin speel. Watter uitwerking het positiewe vaderskap op die geestesgesondheid van kinders en lewensmaats?
3/12/202440 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 5 Maart 2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om sin te maak van die lewe. Hoe kry ek betekenis in my daaglikse doen en late?
3/5/202446 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 27 Februarie 2024

Johan van Lill praat met Jacques Botes, ‘n geestesgesondheidspraktisyn, oor wat die mees algemene oorsake van angs is, en hoe jy kan identifiseer wat dit veroorsaak. Watter hulp is daar vir mense wat elke dag saam met angs leef?
2/27/202446 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 20 Februarie 2024

Johan van Lill praat met 'n ontwikkelingskenner oor die impak van swaartekrag op ons geestesgesonheid. Watter rol speel die vestibulêre stelsel, ‘n sintuiglike stelsel in die binne-oor, in ons geestesgesondheid?
2/20/202442 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 13 Februarie 2024

Johan van Lill praat met psigiater dr. Chris van den Berg oor die merkers en mylpale wat belangrik is vir mans se geestesgesondheid. Wat is die padkaart waarop mans hulle geestesgesonheid kan bou?
2/13/202444 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 6 Februarie 2024

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die hantering van die onophoudelike druk en eise wat die moderne lewe op ons plaas. Wat is die impak daarvan op ons mees intieme kring – ons geliefdes, gesinne en familielede? En meer nog, op ons geestesgesondheid?
2/6/202441 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 30 Januarie 2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter, dr. Jan Niemand, oor mense se gesindheid, houding en ingesteldheid. Watter rol speel dit in jou geestesgesondheid en sukses in die lewe? Hoe verander ‘n mens jou houding of ingesteldheid?
1/30/202441 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 23 Januarie 2024

Johan van Lill praat met kliniese pastorale berader, Fanie Kriel. Ons begin so maklik die jaar met voorspoedige nuwejaar, maar wat beteken dit? Wat beteken voorspoed in jou lewe, en wat is die impak op jou geestesgesondheid?
1/23/202451 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 16 Januarie 2024

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor positiewe manlikheid en die impak wat dit op mans se geestesgesondheid het. Wat is die algemene wanopvattings oor manlikheid wat veral met geestesgesondheidsuitdagings gepaard gaan. 
1/16/202444 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 9 Januarie 2024

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige, dr Elzette Fritz, oor hoe ‘n vrees vir mislukking jou geestesgesondheid kan beinvloed? Waar kom hierdie vrees vir mislukking vandaan en hoe kan ‘n mens dit hanteer? 
1/9/202445 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 2 Januarie 2024

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lynette Beer, motiveringspreker en -skrywer oor hoe om goed te wees vir jouself en die impak wat dit op jou geestesgesondheid het. Hier aan die begin van die nuwe jaar het baie van ons die idee dat ons ‘n nuwe kans het om van voor af te begin – hoe realisties is dit?
1/2/202444 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 Desember 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met lewensafrigter, Jan Niemand, oor hoekom dit belangrik is dat ons nooit ophou om persoonlik te ontwikkel nie. Wat is die impak van persoonlike ontwikkeling op jou geestesgesondheid? 
12/26/202341 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 19 Desember 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor “wat is ‘n man sonder sy werk?”. Ons fokus op manlike geestesgesondheid en praat oor mans wat hulle identiteit rondom hulle werk bou en hoe ons op nuwe manière na manlikheid moet kyk om mans se geestesgesonheid te bevorder.
12/19/202340 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 12 Desember 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizelle de Bruin, radiojoernalis en kenner van ekspressiewe kunsterapie. Hoe en wanneer kan kunsterapie ‘n bydrae maak tot jou geestesgesondheid? 
12/12/202340 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 5 Desember 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met kliniese pastorale terapeur, Fanie Kriel, oor die familie-dinamika en geestesgesondheid. Oor die feestye kom families byeen om saam te kuier en die interaksie tussen familielede kan ‘n groot impak hê op jou geestesgesondheid. 
12/5/202343 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 28 November 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizette Volkwyn oor kwesbaarheid. Lizette is ‘n lewensafrigter wat in 2023 besluit het om haar kwesbaarheid aan te spreek deur iets aan te pak wat sy altyd gedink het sy kan nie doen nie en dis om voor mense te sing. Sy vertel vir ons van die pad wat sy gestap het om haar eie kwesbaarheid te oorkom.
11/28/202345 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 21 November 2023

Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op post-traumatiese stresversteuring. Wat veroorsaak dit? Hoe word dit behandel?
11/21/202345 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 November 2023

Johan van Lill met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat om te doen wanneer die lewe bietjie kleurloos raak. Hoekom het ons gesonde stres nodig?
11/14/202344 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 November 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor hoe om lig te skep in tye van swaarkry. Hoe hanteer ek swaar tye? Hoe kan ek “ligtyd” in sulke tye vir my gesin, vriende en familie skep sodat alles nie net oor die swaarkry gaan nie?
11/7/202340 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 31 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Simone Hieradien oor die pad wat sy gestap het as ‘n transgender vrou. Hule gesels oor die uitdagings, die proses en hoe sy haar lewe elke dag leef.
10/31/202342 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 24 Oktober 2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om jou volle potensiaal te bereik en om die maksimum vermoë te behaal. Hoe vind jy jou nering in die lewe?
10/24/202341 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 17 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om uit jou groef te kom en positief na dinge te kyk. Watter impak het ‘n positiewe ingesteldheid op jou geestesgesondheid?
10/17/202342 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 10 Oktober 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor seksualisering by kinders. In 'n era waar die media en sosiale netwerke wemel van geseksualiseerde beelde en boodskappe, is dit noodsaaklik om te besin oor 'n gesonde manier om volwasse te word.
10/10/202342 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 3 Oktober 2023

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor verhoudingsafrigting. Hoe verskil verhoudingsafrigting van huweliksberading, en wanneer kan paartjies daarby baat? Watter verskil kan verhoudingsafrigting maak aan jou geestesgesondheid?
10/3/202344 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 September 2023

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor angs by mans. Wat is angs? Hoe manifesteer dit by mans? Hoe kan dit behandel word?
9/26/202345 minutes
Episode Artwork

Geestesgesondheid 19 September 2023

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n kliniese pastorale terapeut, oor delirium. Mense met LangCovid ly dikwels hieraan. Wat is die simptome, en hoe kan mens dit hanteer?
9/19/202342 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 12 September 2023

Johan van Lill praatmet opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor uitbranding by kinders. Wat is die tekens, en hoe word dit behandel?
9/12/202343 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 5 September 2023

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om by mislukkings verby te beweeg. Hoe moet ek dit hanteer wanneer dít waarvoor ek so hard gewerk het, nie gebeur soos ek dit voorsien het nie?
9/5/202343 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 29 Augustus 2023

Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor positiewe manlikheid. Hoe beïnvloed die “goeie ou sindroom” en verskillende argetipes mans se geestesgesondheid?
8/28/202342 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 22 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om jou emosies te beheer. Soms maak ons onsself dinge wys wat ver van die waarheid is, net omdat ons nie ons emosies kan beheer nie.
8/22/202343 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 15 Augustus 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die dinge wat ouers met die beste bedoelings in die wêreld doen, maar wat baie keer kinders met emosionele letsels laat, en kan lei tot latere geestesgesondheidsuitdagings. Hoe beïnvloed ouers se optrede hulle kinders se geestesgesondheid nou én later in hulle lewe?
8/15/202337 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 8 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Margit Meyer-Rödenbeck, bekende aktrise, komediant and kunste-entrepreneur, oor haar lewensreis, en hoe sy deur al die tye haar geestesgesondheid bestuur het.
8/8/202339 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 1 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gemaak as jy glad nie van jou werk hou nie? Watter impak het dit op jou geestesgesondheid, en wat kan jy daaraan doen?
8/1/202342 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 25 Julie 2023

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale berader, oor die versorging van jou eie geestesgesondheid. Watter rol speel bekommernis, die maak van foute en terugslae in my geestesgesondheid?
7/25/202342 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 18 Julie 2023

Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor heelheid of “wellness”. Hoe handhaaf ek as man my geestesgesondheid op ‘n daaglikse basis?
7/18/202344 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 11 Julie 2023

Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor doelwitstelling. Wat is die moets en moenies met doelwitte vir jou lewe? Hoe onderskei jy tussen haalbare en onhaalbare doelwitte? Hoe pak jy dinge aan wat groot veranderinge in jou lewe vereis?
7/11/202340 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 4 Julie 2023

Johan van Lill praat met dr. Francois Hanekom, ‘n verhoudingsterapeut, oor wat verhoudingsterapie behels. Wat is die redes oor hoekom paartjies en mense in ‘n verhouding soms terapie nodig het, en hoe werk dit?
7/4/202342 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 27 Junie 2023

Johan van Lill praat met dr. Frederik Nel oor verlies en rou. Hoe werk die proses van rou? Wat is die gesonde manier om oor verlies te rou?
6/27/202341 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 20 Junie 2023

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, 'n skrywer en inspirasiespreker, oor ons frustrasies moet hanteer om te floreer in die lewe.
6/20/202347 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 13 Junie 2023

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater en persoonlikheidsprofielkenner, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op kwesbaarheid (vulnerability) en praat spesifiek oor waarom kwesbaarheid nodig is, en wat gebeur as mens nie kwesbaarheid toelaat nie. Wat is die verskil tussen swakheid en kwesbaarheid, en hoe kan ‘n mens gelyktydig sowel sterk as kwesbaar wees?
6/13/202337 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 6 Junie 2023

Johan van Lill praat met persoonlikheid-profielkenner Lynette Beer oor vrees. Hoe kan ons daagliks met ons vrese saamleef? Wanneer moet ek hulp kry?
6/6/202342 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 30 Mei 2023

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n menslike leuenverklikker, oor leuens, misleiding en bedrog. Hoe kan jy jouself die beste toerus om dit te hanteer wanneer dit jou lewe voorkom?
5/30/202346 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 23 Mei 2023

Johan van Lill fokus op depressie, en ons luister na ‘n paar TED Talks oor hierdie aspek van geestesgesondheid. Johan verduidelik die konteks van elke praatjie, en hoe dit jou met jou geestesgesondheid kan help.
5/23/202343 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 16 Mei 2023

Johan van Lill praat verder met psigiater dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Soms kom ons op 'n kruispad in die lewe waar ons 'n belangrike besluit moet neem oor ons geestesgesondheid. Hoe maak jy hierdie keuse?
5/16/202340 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 9 Mei 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor geestesgesondheidskwessies by kinders. Hoe kan ouers, versorgers en skole hulle geestesgesondheid ondersteun?
5/9/202343 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 2 Mei 2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om ‘n gewoonte te maak daarvan om gelukkig te wees. Watter rol speel groei, leer en selfontwikkeling in lewensgeluk?
5/2/202342 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 25 April 2023

Johan van Lill praat met beradingsielkundige dr. Frank Benadé oor die impak wat geestesgesondheidsuitdagings op verhoudings het. Hoe kan mense in ‘n verhouding saamwerk om 'n veilige en gemaklike omgewing vir beide individue te skep?
4/25/202337 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 18 April 2023

Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor geluk in moeilike tye. Kan swaarkry jou lewensgeluk van jou wegneem? Hoe kan ek steeds gelukkig wees al gaan dinge swaar?
4/18/202343 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 11 April 2023

Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op beskermingsmeganismes, en hoe om dit te hanteer as dit ‘n probleem word.
4/11/202343 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 4 April 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor selfbeeld, en hoe dit jou verhoudings en optrede beïnvloed.
4/4/202342 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 28 Maart 2023

Johan van Lill praat met maatskaplike werker Jaques Botes oor trauma. Wat is trauma, en hoe kan mens dit die beste hanteer vir jou langtermyn geestesgesondheid?
3/28/202345 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 21 Maart 2023

Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat lewensafrigting is, en watter verskil dit in jou lewe en geestesgesondheid kan. Wat is die verskil tussen lewensafrigting en terapie?
3/21/202343 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 Maart 2023

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, bekende inspirasie-spreker en skrywer, oor goeie kommunikasie in verhoudings. Hoekom verstaan ons mekaar so dikwels verkeerd?  Watter rol speel effektief-luister in verhoudings?
3/14/202346 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 Maart 2023

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Hoe leer jy om jouself te beskerm om nie weer seer te kry nie?
3/7/202341 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 28 Februarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor wat om te doen as jy en jou kinders glad nie van mekaar hou of oor die weg kom nie. Wat maak ‘n mens as jou lewensmaat nie ‘n goeie verhouding met die kinders het nie, en jy het? Wat is die impak van problematiese ouer en volwasse kindverhoudings op gesinne en families?
2/28/202341 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 21 Februarie 2023

Johan van Lill praat met Susan Swanepoel, ‘n fasiliteitsbestuurder by ‘n versorgingsoord vir demensie- en Alzheimerpasiënte, oor die uitdagings vir die pasiënt en die familie wat saam met hierdie siekte leef. Watter rol kan ‘n versorgingsoord speel as jy dit kan bekostig in die versorging van ‘n geliefde met Alzheimers.
2/21/202342 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 Februarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg oor hoe mans se geestesgesondheid deur verwonding, vernedering en oneer beïnvloed word. 
2/14/202340 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 Februarie 2023

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor neurodiversiteit in die werkplek. Wat is die uitdagings? Hoe kan neurodiversiteit bevorder word? Wat kan werknemers en werkgewers doen om die werkplek vir almal meer toeganklik en gemaklik te maak?
2/7/202345 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 31 Januarie 2023

Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die uitdagings van Alzheimers vir die pasiënt, en veral die familie. Wat is die moeilike besluite wat deur die loop van die siekte geneem moet word, en wie kan jou op die pad bystaan?
1/31/202349 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 24 Januarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, ‘n psigiater, oor hoe ‘n man se psige ‘n pad kan vind na geestesgesondheid, veral wanneer die manier waarop jy elke dag oorleef het, later in jou lewe nie meer werk werk nie, maar ‘n las word.
1/24/202344 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 17 Januarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor selfdood onder tieners en jong mense. Is daar hoegenaamd tekens dat jou tiener dit oorweeg? Hoe hanteer ‘n mens ‘n selfdoodpoging in jou gesin?
1/17/202343 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 10 Januarie 2023

Johan van Lill vertel van ’n paar TED Talk-praatjies wat jou kan inlig, inspireer en jou lewe verryk. Die praatjies fokus daarop om jou met geestesgesondheidsuitdagings te help, en is boonop gratis. Die temas sluit in hoe om jou kwesbaarheid in die lewe tot jou voordeel te gebruik, om nie in stilte te ly as jy geestesgesondheidsuitdagings het nie, wat om te doen as jy gestres is, en hoe om slegte gewoontes te oorkom.
1/10/202341 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 3 Januarie 2023

Johan van Lill praat met met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Wat is die uitdagings wat spesifiek mans se geestesgesondheid raak, en watter hulp is daar?
1/3/202341 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 27 Desember 2022

Johan van Lill gesels met twee kenners oor tieneruitdagings. In die eerste gedeelte word daar gefokus op moeilike tieners en hulle gedragsuitdagings. Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale berader, gee raad. In die tweede gedeelte gesels Lynette Beer oor tieners se temperamente en hoe kennis hiervan jou kan help om jou tiener beter te verstaan.
12/27/202244 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 20 Desember 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor vriendskappe. Hierdie tyd van die jaar is soveel mense alleen en baie bewus van hulle eensaamheid. Watter rol speel vriendskappe as dit by eensaamheid kom?
12/20/202247 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 13 Desember 2022

Johan van Lill praat met Anina Koekemoer, ‘n loopbaanbreier, oor die impak wat werksgeluk en werksbevrediging op jou geestesgesondheid het. Hoe gemaak as ek nie meer gelukkig is met my werk of beroep nie, en as ek voel dit bring nie die beste in my uit nie?
12/13/202241 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 6 Desember 2022

Johan van Lill praat met menseregteprokureur Nadine Blom oor geweld teenoor vroue en kinders, en hoe dit jou geestesgesondheid kan beïnvloed. Hulle kyk na verskillende vorme van geweld en hoe dit subtiel mens se geestesgesondheid kan ondermyn.
12/6/202243 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 29 November 2022

Johan van Lill praat met dr. Frank Benade, 'n beradingsielkundige, oor die geestesgesondheidsbehoeftes van mense wat met kanker gediagnoseer is.
11/29/202240 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 22 November 2022

Johan van Lill praat met André Vlok, ’n konflikkenner. Ons gaan binnekort die feestyd in, en baie keer sit families en gesinne dan om die tafel. Saam met die lekker kuier en opvang, ontstaan daar ook baie keer konflik. Hoe kan ek hierdie konflik hanteer?
11/22/202242 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 15 November 2022

Johan van Lill praat met kliniese pastorale terapeut Theunis Botha oor vergifnis. Is dit moontlik om iemand te vergewe, of leer mens net om saam te leef met wat gebeur het? Wat is die proses om iemand te vergewe? Hoekom is dit vir sekere mense makliker om mense te vergewe as vir ander? Hoe verhoed ek dat ek bitter raak oor alles wat met my gebeur het of wat mense aan my gedoen het?
11/15/202242 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 8 November 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor woede, en die impak daarvan op geestesgesondheid.
11/8/202246 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 1 November 2022

Johan van Lill met praat met emeritusprofessor Karin Calitz oor uitbranding. Wat is die oorsake en simptome? Wat is die werkgewer en werknemer se verantwoordelikheid?
11/1/202243 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 25 Oktober 2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat borskanker op geestesgesondheid het. Sy vertel van haar pad met borskanker, en gee wenke oor hoe jy en jou geliefdes die pad met kanker kan stap, en watter ondersteuningstelsels jy nodig het om dit te kan hanteer.
10/25/202242 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 18 Oktober 2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel oor hoekom Oktober, wat veronderstel is om die mooiste maand te wees, vir soveel mense ‘n moeilike maand is. Wat is ‘n seisonale steurnis, en hoe kan ek hierdie uitdaging oorkom? Baie mense beleef konflik, swaarmoedigheid, uitsigloosheid en moedeloosheid hierdie tyd van die jaar. Is daar ‘n wetenskaplike verklaring hiervoor?
10/18/202243 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 11 Oktober 2022

Johan van Lill praat met dr. Louisa Stoker, ‘n familieberader, oor hoekom sommige mense gewilder en meer geliefd is as ander. Waarom hou mense dadelik van iemand, en daardie persoon klim dan soveel makliker die suksesleer as ander? Is dit anders vir introverte as ekstroverte? Wat is daardie x-faktor? Word dit deur jou geestesgesondheid beïnvloed?
10/11/202242 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 4 Oktober 2022

Johan van Lill fokus op angs, stres, bekommernis en vrese. Wat is dit? Hoe kan dit gesinne, kinders en volwassenes se geestesgesondheid bedreig. Sy gaste is Elzette opvoedkundige sielkundiges Fritz en Melissa Cawood. Hulle luister ook na musiek wat spesifiek gekomponeer is om te help met die verligting van angs.
10/4/202230 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 27 September 2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel oor wat om te doen wanneer dinge jou oorweldig. Wat doen ek as my kop so vol dinge is wat my dag deurmekaar krap?
9/27/202241 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 20 September 2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor innerlike krag en wat beteken dit om innerlik sterk te wees.
9/20/202245 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 13 September 2022

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n menslike leuenverklikker, oor hoe om agter die waarheid te kom as jy dalk vermoed jou geliefde verkul jou, of as ‘n kollega by die werk nie na wense presteer nie. Hoe weet jy wanneer iemand jok? Hoe moet ons oor leuens dink?
9/13/202241 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 6 September 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor waarom iets vir ons mooi is. Hoe kan mens meer waarderend in die lewe wees oor die mooi rondom jou? Watter rol speel kreatiwiteit in jou geestesgesondheid?
9/6/202245 minutes
Episode Artwork

Geestesgesondheid 30 Augustus 2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale terapeurt, oor hoe gemaak as tegnologie jou lewe oorneem en begin om jou gesinslewe, vriendekring en geestesgesondheid negatief te beïnvloed.
8/30/202240 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 23 Augustus 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat rituele in geestesgesondheid speel. Mense dink baie keer rituele is betekenislose gewoontes. Tog, baie suksesvolle mense het rituele om hulle deur die dag te kry, en mense wat deur diep waters gaan, word ook deur rituele ondersteun. Kan dit jou ook help? Ja, indien jy dit reg verstaan, reg beplan, reg gebruik.
8/23/202241 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 16 Augustus 2022

Johan van Lill praat met Adri Klindt van Huis Jabes, ‘n plek van veiligheid vir vroue in Kaapstad, oor vroue wat aan geweld blootgestel is of was, en weer ’n lewe moet herbou of ’n plan moet maak om uit so ’n situasie te kom.
8/16/202243 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 9 Augustus 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor die impak wat kinders op verhoudings het. Hoe verander ouerpare se verhouding wanneer daar ‘n nuwe baba in die huis is, wat ‘n peuter word, later ‘n tiener en ‘n volwassene wat die huis moet verlaat.
8/9/202243 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 2 Augustus 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat nostalgie in geestesgesondheid speel, en hoe ons die uitdagings van die lewe kan aangryp in weerwil van angs daaroor. Is jou brein gerat hiervoor?
8/2/202245 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 Julie 2022

Johan van Lill praat met Lynette Beer, 'n skrywer, pastoor, motiveringspreker en verhoudingspesialis, oor hoe om dit te hanteer wanneer mense vir jou sê: “maar gryp net die dag”, “doen soveel jy kan” of “lewe asof dit vandag jou laaste dag is”. Vir mense wat met geestesgesondheid sukkel, is dit net olie op die vuur. Watter rol speel jou temperament hierin?
7/26/202243 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 19 Julie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor slim mense. Wat is die eienskappe van slim mense, en kan jy jou jouself slimmer maak? Baie mense dink hulle is slim, gemiddeld of selfs dom. Die waarheid is, dat met die regte tegnieke, kan jy jou potensiaal bereik.
7/19/202246 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 12 Julie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die maak van besluite. Hoe leer ‘n mens om goeie besluite te neem?
7/12/202239 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 5 Julie 2022

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor die lewensreis wat ons met ons sintuie en sintuigelike sitelsels het, en hoe dit ons gemoed en geestesgesondheid kan beïnvloed.
7/5/202245 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 28 Junie 2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat jou te doen staan wanneer jy voel dat alles om jou buite beheer is. Jou gesinslewe, werk, beurtkrag en vele ander dinge maak dit vir jou onmoontlik om dinge te organiseer en te laat werk. Hoe gemaak as jy voel jy is buite beheer?
6/28/202243 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 21 Junie 2022

Johan van Lill praat oor gesinsverhoudinge met Lezinda Beer, 'n pastorale berader en jeugwerker. Die wêreld het die afgelope paar jaar baie verander, en dit het ‘n geweldige impak gehad op hoe gesinne funksioneer en daarmee saam ook die verhoudinge onderling met mekaar. Die rol wat elkeen in ‘n gesin speel, is nou meer belangrik as ooit.
6/21/202242 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 Junie 2022

Johan van Lill praat oor spanning en stres met dr. Deon Bruwer, 'n pastorale berader, en dr. ST Potgieter, 'n kliniese sielkundige. Terwyl stres ‘n normale deel van die lewe is, is te veel stres skadelik vir jou liggaamlike en geestelike welstand. Gelukkig is daar baie maniere om stres te hanteer, en daar is effektiewe behandelings vir angs en depressie wat daarmee verband hou.
6/14/202243 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 Junie 2022

Johan van Lill kyk na uitstel en afstel. Ons vermy dikwels dinge wat ons weet ons moet of behoort te doen. Hoe oorkom ek die nare gewoonte van uitstel? En is dit regtig so sleg as jy ‘n uitsteller is?
6/7/202240 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 31 Mei 2022

Johan van Lill praat met Clyde Schroeder, 'n maatskaplike werker by Ramot Rehabilitasie-kliniek, oor verslawing en spesifiek die rol wat instaatstellers in die lewe van ‘n verslaafde speel. Wat is die impak op die mense om die verslaafde? Hoe moet hulle optree en saam met die verslaafde leef?
5/31/202242 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 24 Mei 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, Elzette Fritz, oor angs, stres, trauma en post-traumatiese stres. Noudat ons weer stadigaan terugkeer na die lewe voor die pandemie, praat al hoe meer mense oor die impak wat trauma, angs en stres op hulle lewe het. Hoe bly ons geestesgesond in hierdie tye?
5/24/202244 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 17 Mei 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe jy jou brein lewenskragtig kan hou. Wat is geestelike higïene? Is daar pille wat jou brein beter kan laat funksionieer, en jou meer suksesvol kan maak?
5/17/202239 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 10 Mei 2022

Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin en Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale terapeut, oor veerkragtigheid – die vermoë om terug te kan bons as jou lewe omver gegooi word deur trauma of iets wat gebeur het. Hoe kry jou jouself om weer te floreer en om dit wat met jou gebeur het, as ‘n geleentheid vir groei te sien?
5/10/202244 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 3 Mei 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous, navorser en kundige oor die werking van die brein, oor die Dunning-Kruger-effek. Hoekom is dit so dat hoe meer jy van iets leer of ervaring het, hoe minder voel jy of dit so is? Hoe beïnvloed dit jou geestesgesondheid?
5/3/202233 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 April 2022

Johan van Lill fokus op volwassenes met ADHD. Carlo Keyser, ‘n hoogs suksesvolle entrepreneur, vertel hoe hy elke dag daarmee saamleef. Prof. Renata Schoeman, 'n psigiater met 'n spesifieke belangstelling in ADHD en ADD, praat oor al die aspekte in 'n mens se lewe wat hierdeur geraak word.
4/26/202242 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 19 April 2022

Hoe gemaak as my lewe anders uitdraai as wat ek gehoop, gedink of gedroom het? Het die seerkry op jou lewenspad, en wat jy graag wou hê of bereik, ‘n vernietigende impak op jou lewe gehad?. Johan van Lille se gas is Johannes de Villiers, 'n skrywer, mindfulness-afrigter en oudjoernalis.
4/19/202240 minutes
Episode Artwork

Geestesgesondheid 12 April 2022

Johan van Lill kyk na uitsigloosheid. Hoe gemaak as jy voel dat alle deure in die lewe vir jou toeklap? Hoe hou jy jouself regop, en waar begin jy om weer jou lewe se stukke op te tel? Opvoedkundige sielkundige Quinton Adams is die gas.
4/12/202245 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 5 April 2022

Johan van Lill kyk na die impak wat kinders met leer- en ontwikkelingsprobleme of neurologiese uitdagings het op ouers se geestesgesondheid. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, gee raad oor hoe om dit nie net tot voordeel van jou eie geestesgesondheid te hanteer nie, maar ook sodat jou verhouding(s) nie daaronder ly nie.
4/5/202243 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 29 Maart 2022

Dit is Christelle Webb-Joubert se laaste keer as aanbieder van Geestesgesondheid. In die program gee vyf van haar gereelde gaste wenke en deel wysheid oor hoe om geestesgesond te bly in die toekoms.
3/29/202242 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 22 Maart 2022

Is jy van mening dat die wêreld ‘n al hoe gevaarliker plek word? Maatskaplike werker Sorika de Swardt verduidelik hoe om anders te dink oor dít wat om ons gebeur.
3/22/202241 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 15 Maart 2022

Fisioterapeut Laurel Doman praat oor die verskillende soorte stres en trauma. Sy gee ook raad oor hoe jy jouself kan help as jy nie die vermoë het om by ‘n sielkundige uit te kom nie.
3/15/202248 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 8 Maart 2022

Opvoedkundige sielkundige dr. Ilse Karsten verduidelik wat emosionele intelligensie is, en hoe om dit te reguleer.
3/8/202239 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 1 Maart 2022

Wil jou kind nie eet wat jy vir hom of haar gee nie? Eet jou kind dalk te veel? Sit julle as gesin om die tafel, of eet elkeen waar hulle wil, wanneer hulle wil? Dieëtkundige Maya Naumann verduidelik wat die ouer se verantwoordelikheid is met voeding kom, en wat die kind se verantwoordelikheid is.
3/1/202245 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 22 Februarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met dieëtkundige Maya Naumann oor hoe gesonde eetgewoontes baie verder strek as net die liggaam. Mense wat emosioneel gesond is, eet ook gesonder, want dieselfde eienskappe wat jy nodig het om na jou geestesgesondheid om te sien, gebruik jy om gesond te eet.
2/22/202247 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 15 Februarie 2022

Sielkundige dr. Johan Ferreira beantwoord luisteraarsvrae oor 'n verskeidenheid geestesgesondheidskwessies.
2/15/202245 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 8 Februarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor selfhipnose.
2/8/202238 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 1 Februarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor hipnose.
2/1/202248 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 25 Januarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor die verskillende soorte sielkundiges, en die verskil tussen ‘n psigiater, sielkundige en berader.
1/25/202243 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 18 Januarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met fisioterapeut Laurel Doman oor hoe jou storie, of die emosionele gebeure in jou lewe, ‘n fisiologiese invloed op jou liggaam het.
1/18/202239 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 11 Januarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor nuwejaarsvoornemens. Waarom gebeur dit so dikwels dat mens nie die voornemens nakom nie?
1/11/202244 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 4 Januarie 2022

Christelle Webb-Joubert praat met kunstenaar en aktivis Carin Bester oor geslagsgeweld en haar veldtog, She had a name 365.
1/4/202246 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 28 Desember 2021

Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut Fanie Kriel oor identiteit. Hoekom is dit belangrik om te weet wie jy is?
12/28/202148 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 21 Desember 2021

Christelle Webb-Joubert praat met traumatoloog dr. Tessa van Wijk oor aanhoudende trauma, en hoe om ander te help as jyself nie meer kan nie.
12/21/202142 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 14 Desember 2021

Christelle Webb-Joubert se gas is die psigometris Martie du Plooy. Sy het ‘n studie gedoen onder mense met ‘n amputasie om te bepaal of hulle breinprofiel ‘n invloed het op die manier hoe hulle die verlies hanteer.
12/14/202142 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 7 Desember 2021

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor die fantasie en werklikheid van swangerskap, geboorte en die eerste paar maande by die huis.
12/7/202146 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 30 November 2021

Christelle Webb-Joubert praat met voorligtingsielkundige dr. Hannetjie van Zyl-Edeling oor hoe om positief ouer te word, en jouself voor te berei vir aftrede en al die veranderinge wat volg.
11/30/202141 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 23 November 2021

Christelle Webb-Joubert praat met opvoedkundige sielkundige dr. Ilse Karsten oor dissipline.
11/23/202142 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 16 November 2021

Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor na-geboorte depressie.
11/16/202145 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 9 November 2021

Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut Fanie Kriel oor vergifnis.
11/9/202147 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 2 November 2021

Christelle Webb-Joubert se gas is die aktrise Marion Holm. Sy deel haar pad, en hoe sy haar uitdagings hanteer.
11/2/202146 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Geestesgesondheid 26 Oktober 2021

Christelle Webb-Joubert se gas is die pastorale terapeut Fanie Kriel. Hy gee praktiese raad oor wat jy kan doen as jy nie by ‘n sielkundige of terapeut kan uitkom nie.
10/26/202149 minutes, 47 seconds