Winamp Logo
Rand en sent Cover
Rand en sent Profile

Rand en sent

Afrikaans, Finance, 1 season, 671 episodes, 3 days, 11 hours, 7 minutes
About
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Episode Artwork

Rand en sent 15 September 2024

Jody Hendricks praat met Thelma Bestbier oor die Staatsdiens Pensioenfonds oor die nuwe tweepot-aftreestelsel, soos die voordele wat lede in die verskillende potte ophoop, en hoe dienstydperke bepaal word.
9/15/202417 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 8 September 2024

Die besluit om te troue en of om te skei kan ‘n groot impak op beide partye se finansies hê. Die week in Rand en sent bespreek Jody Hendricks en sy gas Yolande Botha wat om te oorweeg indien jy finansieel onafhanklik van jou gade wil bly.
9/8/202419 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 1 September 2024

Meer as 11 miljoen Suid-Afrikaners behoort aan een of ander stokvelorganisasie. Jody Hendricks kyk na die geskiedenis van die stokvelkonsep, en vind uit hoe dit jou kan help om te spaar. 
9/1/202420 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 25 Augustus 2024

Almal is geregtig op ʼn gratis kredietverslag, wat wys hoeveel rente jy op verskillende kredietooreenkomste betaal, en wat jou in staat stel om jou krediettelling met die gemiddelde telling van kredietaktiewe Suid-Afrikaners te vergelyk. Jody Hendricks praat met Wikus Olivier, bestuurshoof van Creditsmart, oor die belangrikheid van jou krediettelling.
8/25/202421 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 18 Augustus 2024

Niks bevestig die belangrikheid van water en die impak op die ekonomie soos 'n groot droogte nie. Die belangrikheid van water en die prys wat jy daarvoor betaal, word deur verskeie faktore bepaal. Jody Hendricks praat met waterbeleidskenner Caryn Bosman oor die impak wat water op ‘n land se ekonomie het.
8/18/202421 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 11 Augustus 2024

Doris Viljoen van die Universiteit Stellenbosch Sakeskool vertel wat dit beteken om 'n vrou in 'n leierskapsrol te wees. Daar word algemeen aanvaar dat leierskap te make het met die invloed wat 'n persoon op 'n groep of individue het om hulle te motiveer en inspireer om ʼn gesamentlike doelwit te bereik. In bestuurswetenskappe word daar ʼn onderskeid gemaak tussen amptelike en nie-amptelike leierskapsrolle.
8/11/202419 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 4 Augustus 2024

Enactus Suid-Afrika is die wêreld se grootste ervaringsleerplatform, wat toegewy is aan die skep van 'n beter, meer volhoubare wêreld terwyl die volgende generasie entrepreneursleiers ontwikkel word. Hulle gebruik die Verenigde Nasies se 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte as raamwerk vir innovasie, insluitend doelwit 5 om geslagsgelykheid te bereik en alle vroue en meisies te bemagtig. Jody Hendricks praat met bestuurshoof Letitia de Wet oor die Enactusprogram en hoe hulle entrepreneurskap bevorder.
8/4/202419 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 Julie 2024

Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Elke persoon het sy eie drome of doelwitte wat hulle wil realiseer, en om dit te bewerkstellig, moet daar gespaar word. Julie is spaarmaand, en finansiële adviseur Yolande Botha praat oor die belangrikheid van spaar.
7/28/202419 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 21 Julie 2024

Die belastingseisoen het aangebreek. Jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan belastingkenner Anette Visser.
7/21/202422 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 14 Julie 2024

Die onlangse verhoging in kragtariewe word in verskeie blokke verdeel, en dít bepaal wat jy vir elelektrisiteit betaal. Jody Hendricks praat met drie kenners oor hoe die prys van elelektrisiteit bepaal word, en die impak op verbruikers en die ekonomie.
7/14/202421 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 Julie 2024

Finansiële adviseur JW Jonker praat oor die belangrikheid daarvan om jou finanises te diversifiseer, en die vaardighede en gesindheid wat nodig is om goeie finansiële besluite te neem. Dit sluit in kennis van begrotings, geldbestuur, wanneer om te spaar of te spandeer, en waarop om te spandeer.
7/7/202418 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 30 Junie 2024

Ons fokus op die arbeidsregulasies waaraan werknemers en werkgewers moet voldoen.
6/30/202420 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 23 Junie 2024

Jody Hendricks gesels met Dean Barnard, vanjaar se Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. Dié 40-jarige landbouer boer al 19 jaar saam met sy pa op Waboomskraal in die George-distrik. Hulle verbou hops, pruime, amandels en pekanneute.
6/23/202420 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 16 Junie 2024

Daar is verskeie redes waarom dit belangrik is om reeds van ’n jong ouderdom af entrepreneurskapsvaardighede vir die jeug te leer. Een van die redes hiervoor is dat hierdie lewensvaardighede ’n deurslaggewende rol speel in elke ander area van kinders se lewe en hulle toekoms. Net soos enige ander lesse of vaardighede, hoe vroeër dit vasgelê word, hoe beter. Dit slyp kinders se karakter en rat hulle vir die toekoms.
6/16/202421 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 9 Junie 2024

Leon Louw van die Vryemarkstigting praat oor die impak wat ‘n koalisieregering op die ekonomie en burgers se finansies kan en sal hê.
6/9/202422 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 2 Junie 2024

Suid-Afrika se jongmense is nie net ʼn groep passievolle individue en baanbrekers nie, hulle het ook finansiële veerkragtigheid en die eienskappe van rentmeesterskap. Dis die mening van Wikus Olivier, besturende direkteur by CreditSmart Finansiële Dienste.
6/2/202422 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 Mei 2024

Verskeie internasionale besighede het besluit om Suid-Afrika te verlaat. Die maatskapye sal hulle bates verkoop, en werkers kan moontlik afleggings in die gesig staar. Wat is die redes waarom internasionale maatskapye die land verlaat?
5/26/202418 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 19 Mei 2024

Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor al die wette en prosesse wat 'n impak het op 29 Mei se algemene verkiesing.
5/19/202416 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 12 Mei 2024

Prof. Jurie Van Vuuren praat oor die risiko's verbonde aan entrepreneurskap, nadat ‘n internasionale studie bevind het dat meer as 70% van nuwe besighede binne die eerste twee jaar bankrot speel.
5/12/202421 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 Mei 2024

Die Suid-Afrikaanse ekonomie trek swaar, en vir baie mense beteken dit dat ’n huis van hulle eie hulle dalk nie beskore is nie. Tog meen kenners en adviseurs daar is nie ’n beter tyd as nóú om vir die eerste keer ’n huis te koop nie. Finansiele raadgewer Yolande Botha vertel of dit beter is om eiendom te koop of te huur.
5/5/202419 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 April 2024

Arbeidskenner Chris Marias praat oor afleggings en werkgewers wat verskillende opsies oorweeg om by ‘n veranderende omgewing aan te pas. Personeelvermindering (aflegging) is die afdanking van ‘n werknemer op grond van die werkgewer se operasionele vereistes.
4/28/202420 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 21 April 2024

Volgens nuwe data, het die skuld-tot-inkomste-verhouding onder die middelklas in Suid-Afrika met byna 50%  gestyg. Wickus Olivier verduidelik hoe verbruikers in hierdie inkomstegroep hulle skuld beter kan bestuur.
4/21/202419 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 14 April 2024

Finansiële adviseur Morné Henn verduidelik watter soorte versekeringsprodukte jy in plek moet hê, veral as daar ‘n natuurramp tref.
4/14/202422 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 April 2024

Dr. Willie Cilliers verduidelik wat klein besighede alles in plek moet kry voor hulle finansiële jaareinde. Hy gee ook praktiese wenke om die boekhouding van ‘n besigheid op datum te hou.
4/7/202423 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 31 Maart 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor CSOS Connect.
3/31/202424 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 24 Maart 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor hoekom reëls nodig is in ‘n gemeenskapskema.
3/24/202425 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 17 Maart 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Coertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor alternatiewe geskilbeslegting.
3/17/202425 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 Maart 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n gemeenskapskema.
3/10/202425 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 3 Marat 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n  gemeenskapskema.
3/3/202425 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 25 Februarie 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n  gemeenskapskema.
2/25/202427 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 18 Februarie 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n  gemeenskapskema.
2/18/202427 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 11 Februarie 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor verskeie aspekte van ‘n  gemeenskapskema.
2/10/202426 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 4 Februarie 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor die verantwoordelikhede van die trustees van 'n gemeenskapskema.
2/4/202425 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 Januarie 2024

Besit jy 'n eiendom in 'n landgoed of woon jy in ‘n woonstelblok, 'n deeltitel-kompleks, aftreeoord of behuisingkoöperasie? Chantelle Koertzen van die Gemeenskapskema-ombudsdiens praat oor die verantwoordelikhede van die trustees van 'n gemeenskapskema.
1/28/202421 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en Sent 21 Januarie 2024

Dit is episode drie in die reeks met die GKOD en in hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody Hendricks en sy gas Chantelle Koertzen, wat is ‘n gemeenskapskema?
1/21/202422 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Rand en Sent 14 Januarie 2024

Dit is episode twee in die reeks met die GKOD en in hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody Hendricks en sy gas Chantelle Koertzen, wat is ‘n gemeenskapskema?
1/14/202422 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 Januarie 2024

In hierdie aflewering van Rand en Sent bespreek Jody en ‘n verteenwoordiger van die GKOD hoe dispute in ‘n gemeenskapsform opgelos word.
1/7/202420 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 31 Desember 2023

In hierdie aflewering van Rand en Sent doen Jody ‘n oorsig van die programme wat die afgelope jaar baie aanklank by luisteraars gekry het.
12/31/202320 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 24 Desember 2023

In hierdie bespreking kyk Jody na of Desembermaand ‘n goeie tyd is om ‘n nuwe motor te koop en kyk ook na die faktore wat jy in ag moet neem indien jy dit oorweeg.
12/24/202321 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 17 Desember 2023

In hierdie bespreking kyk Jody na wat verbruikers tydens die feesseisoen in gedgate moet hou wanneer hulle ekstra geld soos byvoorbeeld ‘n bonus kry, en gee ook ‘n paar wenke oor hoe om binne jou begroting te bly.
12/17/202318 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 Desember 2023

In hierdie bespreking kyk Jody na die uitdagings wat entrepreneurs in die gesig staar en hoor by Dr Willie Cilliers voorsitter van die AHI wat die kleinsakesektor kan doen om volhoubaar te bly.
12/10/202321 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 3 Desember 2023

Hierdie week kyk Jody na wat die GEPF se algehele prestasie in die boekjaar 2022 – 2023 was. Netto beleggingsinkomste vir die jaar het R82,2 miljard beloop. Die positiewe prestasie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan onder andere waardevermindering van die plaaslike geldeenheid.
12/3/202319 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 November 2023

Tracy Peters van Staatsdienspensioenfonds praat oor die GEPF se veerkragtigheid. Lede word dikwels gekonfronteer met halwe waarhede oor die pensioenfonds se finansiële gesondheid. Die GEPF-lede en pensioenarisse word gereeld meegedeel dat hulle moet bedank, en al hul spaargeld uit die fonds haal en dit privaat belê, omdat dit kwansuis met rasse skrede sal groei.
11/26/202321 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 19 November 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds verduidelik hoe die GEPF sy goeie finansiële prestasie oor die jare bestuur het, en hoe die fonds sy veerkragtigheid behou het, selfs tydens moeilike ekonomiese toestande.
11/19/202319 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 November 2023

Die Staatsdienspensioenfonds word jaarliks ​​gekonfronteer met vrae oor bonusse vir pensioenarisse, belasting op pensioen, lewensertifisering, en om die koopkrag van lede ongeskonde te hou.
11/12/202317 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 November 2023

Themla Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die aktuariële belangefaktore wat gebruik word om die aktuariële rentevoordele te bepaal, wat die waarde van ‘n lid se voordeel in die fonds verteenwoordig.
11/5/202318 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 29 Oktober 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor onopgeëiste voordele.
10/29/202318 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 22 Oktober 2023

Bedrog is een van die mees algemene maniere waarop besighede en mense geld verloor. Dis een van die kwessies waaroor die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) ernstig bekommerd is. Tracy Peters van GEPF praat oor die veiligheidsmaatreëls wat in plek kan stel om nie ‘n slagoffer te word nie.
10/22/202322 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 15 Oktober 2023

Tracy Peters  van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die Wet op Staatsamptenare van 1996 wat voorsiening maak vir die fonds se Raad van Trustees om die maandelikse pensioen vir te lede te verhoog. Die wet sit uiteen wat trustees in ag moet neem by die neem van hierdie besluit.
10/15/202319 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 8 Oktober 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor wat met lede se pensioengeld vyf jaar na aftrede gebeur, en hoe lank uitbetalings aanhou.
10/8/202319 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 1 Oktober 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds verduidelik die belangrikheid daarvan om te verseker dat al jou besonderhede en nominasielyste op datum gehou word.
10/1/202320 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 24 September 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die voordele wat die fonds bied, wanneer word dit in werking tree, en watter proses gevolg moet word om dit op te eis.
9/24/202321 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 17 September 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die tendens waar lede binne die aftreeouderdom van 55 tot 60 jaar kies vir bedankingsvoordele in plaas van aftreevoordele. Terwyl die fonds lede aanmoedig om aftrede te kies en lewenslange voordele te ontvang, blyk dit dat finansiële adviseurs in die versekeringsbedryf hierdie gedrag aanmoedig.
9/17/202321 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 September 2023

Tracy Peters van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die regering se konsepwetgewing oor aftreehervorming. Die wetgewing maak voorsiening vir vroeë toegang tot pensioenfondsgeld terwyl die lid nog in diens is.
9/10/202319 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 3 September 2023

Huishoudings moet hulle nie vasstaar teen die land se inflasiekoers nie, maar eerder hulle eie inflasiekoers bepaal, sê prof. Jannie Rossouw, hoof van die Skool vir Ekonomiese en Besigheidswetenskappe by Wits.
9/3/202323 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 27 Augustus 2023

Die uitvoerende hoof van AgriSA, Christo van der Rheede, praat oor die ekonomiese geleenthede wat die BRICS-beraad vir Suid-Afrika se ekonomie en vir Jan Alleman kan inhou.
8/27/202324 minutes, 1 second
Episode Artwork

Rand en sent 20 Augustus 2023

Dr. Thelma Louw bespsreek die talle slaggate en struikelblokke vir vroue wat hulle eie besigheid wil begin. Sy beklemtoon dat ’n gelyke speelveld noodsaaklik is vir eienaars van klein ondernemings.
8/20/202320 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 13 Augustus 2023

Staatsverval is ’n dreigende gevaar vir florerende besighede en gemeenskappe. Sakeliga is ‘n voertuig vir entrepreneurs, professionele persone en beleggers om skaalbare oplossings tot staatsverval te gee, en om ‘n gesonde sakeomgewing te skep.
8/13/202324 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 6 Augustus 2023

Dis Vrouemaand, en Jody Hendricks praat met Denise Stubbs, 'n entrepreneur in die landbou- en toerismesektor, oor die uitdagings en geleenthede vir vroueentrepeneurs in Suid-Afrika.
8/6/202322 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 30 Julie 2023

Jody Hendricks praat met prof. Nelie Swart oor die bekostigbaarheid van toerisme vir Suid-Afrikaners. Hulle kyk ook na die ekonomiese bydrae wat die toerismebedryf maak.
7/30/202324 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 23 Julie 2023

Jody Hendricks praat met belastingkenner Annette Visser oor die belastingseisoen wat onlangs begin  het, en wat jou verantwoordelikheid teenoor Jan Taks is.
7/23/202323 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 16 Julie 2023

Jody Hendricks praat met fondsbestuurder Mia Kriegler oor die belangrikheid daarvan om ‘n begroting te hê, en daarby te hou. Navorsing wys dat meer as 75% van Suid-Afrikaners nie met hulle maandelikse salaris kan uitkom nie.
7/16/202322 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 9 Julie 2023

Jody Hendricks praat met skuldberader Carla Oberholzer oor hoe jy jou skuld beter kan bestuur, en die proses indien jy vir skuldberading wil aansoek doen.
7/9/202322 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 2 Julie 2023

Jody Hendricks praat met prof. Annemarie Davis oor die belangrikheid van mentors vir entrepreneurs, en hoe dit hulle kan help om suksesvol te wees en slaggate te vermy in die sakewêreld.
7/2/202319 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 25 Januarie 2023

Leatitia de Wet vertel van ‘n internasionale entrepreneurskapsprogram wat plaaslike studente help om globale kwessies aan te pak.
6/25/202319 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 18 Junie 2023

Jody Hendricks praat met twee entrepreneurs wat hul eie ding doen, en ‘n positiewe bydrae tot Suid-Afrika wil maak. Anna-Lea van Niekerk is jong beesboer van die Vrystaat, en Ashley Wynand is ‘n sjef van Stellenbosch. Hulle gee raad aan jongmense oor die uitdagings en geleenthede wat met entrepreneurskap gepaard gaan.
6/18/202320 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 11 Junie 2023

Yolanda Botha en Magnus Heysteck vertel wat jy alles in ag moet neem voor jy jou geld belê. Daar is so baie menings en opsies as dit by beleggings kom, dat die gemiddelde persoon verlore voel en nie weet wat om te doen nie. Dié gebrek aan kennis en inligting, of dan eerder die oormaat opsies, veroorsaak dat baie mense hulle kontant net in die bank los, wat beslis nie ’n positiewe opbrengs sal realiseer nie.
6/11/202323 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 4 Junie 2023

Jaco Deacon van FEDSAS praat oor die ekonomiese uitdagings om jou kind op skool te hou. Hy bespreek die koste van skoolfooie, handboeke, skryfbehoeftes en uitstappies.
6/4/202320 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 Mei 2023

Manie van Schalkwyk verduidelik die proses wat jy moet volg indien daar 'n rekening by 'n kettingwinkel in jou naam oopgemaak word, Hy praat ook oor die gevare wanneer jy 'n skakel op 'n vreemde SM of e-pos opmaak.
5/28/202320 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 21 Mei 2023

Wat is die verantwoordelikheid van verbruikers en die sakesektor ten opsigte van billike en etiese handel?
5/21/202320 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 14 Mei 2023

Ekonoom Hassan Essop praat oor die implikasies daarvan om R19 vir 'n Amerikaanse dollar te betaal. Tegnologiekenner Pieter Gelkdenhuys gee raad aan sakeondernemings oor hoe om CHATGPT te gebruik om meer doeltreffend te wees.
5/14/202320 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 Mei 2023

Ekonoom Hugo Pienaar praat oor die faktore wat tot ‘n styging in die brandstofprys gelei het. Hy en Dawie Roodt antwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor die nuwe note en munte wat vandeesweek bekendgestel is.
5/7/202321 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 30 April 2023

Ekonoom prof. Raymond Parsons en Christo van der Rheede, bestuurshoof van Agri SA, praat oor die sakevertroueindeks en hoe dit voedselpryse beïnvloed.
4/30/202322 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 23 April 2023

Jody Hendricks praat met ekonoom Richard Downing oor die sakevertroue-indeks en verbruikersprysinflasie.
4/23/202323 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 16 April 2023

Prof. Jurie van Vuuren praat oor die rol en impak wat klein tot medium sakeondernemings kan speel om ekonomiese groei in die land te bevorder.
4/16/202323 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 9 April 2023

Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na verskeie metodes hoe jy rente op jou geld en beleggings kan verdien. Daar word ook gekyk na die gevare van beleggings.
4/9/202322 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 2 April 2023

Jody Hendricks en sy gas, Yolande Botha, kyk na die konsep en definisie van finansiële geletterdheid.  Daar word ook gekyk na hoe die nuwe uitleenkoers jou sak sal raak.
4/2/202322 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 Maart 2023

Arehan Brand gesels met Jan Vermeulen, die redakteur van MyBroadband, oor internet-konnektiwiteit en die koste van data.
3/26/202319 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 19 Maart 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake. Hulle bied ook duidelikhied oor belastingsake, aftrede en bedanking, en onopgeëisde voordele.
3/19/202320 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 12 Maart 2023

Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord luisteraars se vrae oor die fonds, pensioenvoordele, aftrede en ander verwante sake.
3/12/202318 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 Maart 2023

Fabian Crouch van die Staatspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae oor die fonds, voordele en aftrede.
3/5/202318 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 Februarie 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarisse se vrae.
2/26/202324 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 19 Februarie 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.
2/19/202324 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 12 Februarie 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds beantwoord lede en pensionarise se vrae.
2/12/202324 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 Februarie 2023

Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die probleme en uitdagings wat lede het.
2/5/202321 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 29 Januarie 2023

Athina Jansen praat met Neil van der Walt van Debtsafe oor die belangrikheid daarvan om aandag te skenk aan ons finansiële situasie. Sy gesels ook met twee entrepreneurs in die skoonheidsbedryf oor hoe beurtkrag en ander uitdagings hulle werk affekteer.
1/29/202323 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 22 Januarie 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die opdatering van persoonlike inligting en die nominasievorm.
1/22/202321 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 15 Januarie 2023

Tracy Peters van die Staatsdiens-pensioenfonds verduidelik hoe die fonds sy lede teen bedrog, swendelary en kansvatters beskerm.
1/15/202320 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 8 Januarie 2023

Arehan Brand gesels met Johann Rossouw, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, oor hoe om meer geld as dae in Januarie te hê. Hulle bespreek hoe om met begrotings te werk, finansiële doelwitte te stel, en om jou geldsake verantwoordelik te bestuur met die hulp van ‘n finansiële beplanner. ‘n Paar luisteraars deel ook hulle 2023 finansiële doelwitte.
1/8/202322 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 1 Januarie 2023

Dawie Roodt, ekonoom by die Efficient Groep, praat oor die ekonomiese gebeure van 2022 en die vooruitsigte vir 2023. Hy maak sin van die stygende rentekoerse, skerp inflasie, politieke gebeure, asook die voortslepende kragkrisis. Hy deel ook ‘n paar wenke om verbruikers finansieel te help.
1/1/202329 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 18 Desember 2022

Arehan Brand praat met Pierre Cloete, ‘n korttermyn-versekeringspesialis, oor motor-, reis- en huisinhoudverserkering, asook die belangrikheid van hierdie soorte dekking in die feesseisoen.
12/18/202226 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 11 Desember 2022

Arehan Brand praat met Tracy Peters van die Staatsdioens-pensioenfonds oor die ontstaan en doel van die fonds. Hulle bespreek ook verskeie voordele van die fonds, en die bydraes wat werknemers en die werkgewer maak.
12/11/202220 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 4 Desember 2022

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor aftrede en bedanking.
12/4/202223 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 27 November 2022

Athina Jansen gesels met Fabian Crouch van die Staatsdiens-pensioenfonds oor onopgeëiste voordele.
11/27/202218 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 20 November 2022

Arehan Brand gesels met Tracy Peters van die Staatspensioenfonds oor die ontstaan en doel van die fonds. Hulle bespreek ook verskeie voordele van die fonds, asook die bydraes wat werknemers en die werkgewer maak.
11/20/202218 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 13 November 2022

Athina Jansen gesels met Fabian Crouch van die Staatsdienspensioenfonds oor die hoër belastings wat sedert September van pensioenarisse se pensioen afgetrek is. Hy verduidelik wat pensioenarisse te doen staan om hierdie aftrekkings te verander, of om terug te keer na die normale laer aftrekkings.
11/13/202217 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 6 November 2022

Athina Jansen gesels met entrepreneur Marina Prinsloo oor die belangrikheid van jou en jou besigheid se handelsmerk. Christiaan van der Spuy, ‘n argitek en entrepreneur, het onlangs sy eie besigheid begin. Hy deel wenke met mense wat ook werk wil skep.
11/6/202222 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 30 Oktober 2022

Arehan Brand praat met prof. Jurie van Vuuren van die Leerstoel vir Entrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria, oor hoekom sekere entrepreneurs se produkte nie verkoop nie. Hy gee raad oor hoe klein sakeondernemings hulle verkope kan vermeerder deur middel van bemarking.
10/30/202222 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 23 Oktober 2022

Verskeie Suid-Afrikaanse besighede beplan om van Februarie 2023 af, ‘n vierdag werksweek te implementeer om werkstevredenheid en produktiwiteit te verhoog. Dis ‘n projek deur die niewinsgewende organisasie, 4 Day Work Week SA, wat vir ses maande geïmplementeer sal word, waarna die navorsing en uitslae evalueer sal word. Arehan Brand gesels met Jakobus Wilken, ‘n vennoot by IQBusiness in Kaapstad, wat hieraan deel gaan neem.
10/23/202220 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 16 Oktober 2022

Onlangse navorsingwys dat slegs 8% van Suid-Afrikaners genoeg finansiële beplanning in plek het vir hulle aftrede. Arehan Brand vind uit wat die verreikende gevolge hiervan is, en wat jy kan doen om te verseker dat jy genoeg geld het vir jou oudag. Johann Rossouw, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, het raad. ‘n Paar Suid-Afrikaners deel ook wenke en vertel van hulle aftreeplanne.
10/16/202221 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 9 Oktober 2022

Inflasie veroorsaak dat verbruikers al duurder vir goedere en dienste betaal.  Arehan Brand gesels met Johann Rossouw, ‘n finansiële beplanner, oor hoe om die impak van inflasie te verminder. Pierre Cloete, ‘n korttermynversekeringspesialis, deel geldspaar wenke.
10/9/202221 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 2 Oktober 2022

Athina Jansen gesels met prof. Jurie van Vuuren van die Leerstoel vir Entrepreneurskap by die Universiteit van Pretoria oor entrepreneurskap, en gee raad oor hoe om jou eie besigheid te begin.
10/2/202218 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 25 September 2022

Met al die ekonomiese onsekerheid, stygende inflasie en hoë brandstofpryse, hoe kan ‘n mens steeds optimisties bly oor jou persoonlike finansies? Lise-Mari Crafford, hoof van Fondsdistribusie by Allan Gray, het raad hieroor. Marilyn Andreas, die eienaar van Polish Perfection by Marilyn, vertel van haar entrepreneurskapsreis.
9/25/202219 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 18 September 2022

Athina Jansen gesels met die bestuurshoof: aktuarieel by Hollard Life Solutions, Gerhard van Wyngaardt, oor lewensversekering en hoe beter finansiële opvoeding groter inklusiwiteit in die versekeringsmark kan bevorder.
9/18/202217 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 11 September 2022

Athina Jansen gesels met entrepreneur Jolene Barnes, die eienaar van Prettyful, oor hoe om jou eie besigheid te begin. Sy gesels ook met finansiële adviseur Luther Jooste oor hoe verbruikers hulle finansies beter kan bestuur.
9/11/202220 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 4 September 2022

Athina Jansen gesels met skuldadviseur Carla Oberholzer van Debtsafe, oor hulle opname oor Suid-Afrikaanse verbruikers se finansiële realiteit. Sy gee ook praktiese wenke oor hoe om jou finansies aan te pak.
9/4/202221 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 Augustus 2022

Hoe kan jy beheer van jou persoonlike finansies en geldsake neem? Arehan Brand praat hieroor met Lelané Bezuidenhout, die bestuurshoof van die Finansiële Beplanningsinstituut. Sy verduidelik ook hoe ‘n finansiële beplanner jou kan bystaan en ondersteun.
8/28/202216 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 21 Augustus 2022

Waarom verval internet-databondels? Betaal Suid-Afrikaners te veel vir data? Arehan Brand praat met Jan Vermeulen, die redakteur van My Broadband, om antwoorde op hierdie vrae te kry.
8/21/202222 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 14 Augustus 2022

Arehan Brand gesels met Nico van Gijsen, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, en Karen Bongers, ‘n produkaktuaris by Sanlam, oor finansiële beplanning en langtermynversekering. Die bepalings en voorwaardes van versekeringspolisse is in die kollig, asook waar om te begin om dekking te kry.
8/14/202222 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 Augustus 2022

Arehan Brand praat met Nico van Gijsen, ‘n geregistreerde finansiële beplanner, oor finansiële beplanning en langtermynversekering. Nico vertel watter versekering verbuikers moet hê, en of dit moontlik is om daarop te spaar.
8/6/202220 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 31 Julie 2022

Hoe raak die onlangse rentekoersverhoging jou geldsake? Arehan Brand praat met Johann van Tonder, 'n ekonoom en navorser, oor die redes vir die styging. Hy vertel ook watter van jou maandelikse paaiemente voorkeur moet geniet, wat verbruikers kan doen om geld te spaar, en hoe die res van 2022 lyk vanuit ‘n ekonomiese perspektief.
7/31/202225 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 24 Julie 2022

Wat is die impak van die voortslepende kragonderbrekings op Suid-Afrikaners en ondernemings, veral in die vervaardigingssektor?
7/24/202225 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 17 Julie 2022

Athina Jansen gesels met ‘n skuldberader oor die rol van ‘n skuldberader, en hoe voordelig hulle kan wees vir verbruikers wat deur hulle uitgawes oorweldig word. Sy gee ook wenke oor hoe jy kan spaar.
7/17/202216 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 Julie 2022

Athina Jansen gesels met Denise Maré, eienaar van Maré Squared, oor BTW en die belastingseisoen.
7/10/202218 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 3 Julie 2022

Athina Jansen gesels met belastingpraktisyn Martin de Kock oor die belastingseisoen wat aangebreek het, en hoe dit werk.
7/3/202220 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 Junie 2022

Athina Jansen praat met verbruikersjoernalis Ina Opperman oor hoe ons spaarsamig ons geld kan bestuur.
6/26/202217 minutes
Episode Artwork

Rand en sent 19 Junie 2022

Athina Jansen gesels met ‘n finansiële geletterheidsambassadeur, Delphine van Wyk, olor hoe pa’s kan spaar en hulle geld beter bestuur.
6/19/202213 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 12 Junie 2022

Olivia Sambo praat met rekenmeester Ilze Botha oor rekeningkunde en finansiële state. Wicky Oosthuizen van Functional Forms Architectural Studio gee raad vir wanneer jy jou droomhuis wil ontwerp of net wil aanbou.
6/12/202221 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 Junie 2022

Olivia Sambo praat met die eienaar van’ n gastehuis om uit te vind hoe jy suksesvol in gasvryheidsbedryf kan wees. Sy vind ook uit hoe jy kan bespaar op selfoonkoste as jy ‘n besigheid besit.
6/5/202221 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 29 mei 2022

Mei is Nasionale Energiemaand. Athina Jansen hoor by skuldadviseur Carla Oberholzer hoe ons krag en geld kan spaar, en hoe ons kan aanpas met beurtkrag hierdie winter.
5/29/202217 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 22 Mei 2022

Olivia Sambo praat met Lizette Botha van L & A Medical Accounts, wat mediese praktisyns help met hulle rekeninge. Susan Marais van die The Ultimate Bucket List vertel van die wonderlike aktiwiteite en eetervarings in Pretoria, en hoe jy plaaslike besighede kan ondersteun.
5/22/202220 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 15 Mei 2022

Athina Jansen gesels met ‘n die hoof van belasting by Allan Gray, Carla Rossouw, oor belastingterugbetaling en hoe om dit te bestuur. Sy praat ook met Eduann Vorster ‘n bemarkingdirekteur by Capital Legacy oor testamente.
5/15/202217 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 8 Mei 2022

Athina Jansen praat met ‘n skuldadviseur oor die uitdagings en uitgawes wat moeders ervaar. Sy gee raad oor hoe hulle hulle geld beter kan bestuur.
5/8/202221 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 1 Mei 2022

Argitek Wicky Oosthuizen gesels oor haar liefde vir argitektuur en hoe belangrik kreatiwiteit vir haar is. Lizette Botha vertel meer van die dienste wat sy in die mediese sektor aanbied, soos die bestuur van rekeninge en skudinvordering. Caro van Caro’s Creations gesels oor haar unieke handsakke met bemoedigende boodskappe daarop. Susan Marais deel haar liefde vir Bybelskrywing, en verduidelik hoekom sy vroue aanmoedig om dit te probeer.
5/1/202222 minutes, 1 second
Episode Artwork

Rand en sent 24 April 2022

Verbruikersjoernalis Ina Opperman praat oor hoe versigtig jy moet wees oor waar jy jou geld belê.
4/24/202213 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 17 April 2022

Athina Jansen praat met rekenmeester en belastingpraktisyn Eben Genis oor belasting en belastingopgawes.
4/17/202221 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 10 April 2022

Ons sluit die reeks oor die Staatsdoens Pensioenfonds af met 'n bespreking van die belangrikheid van nominasievorms.
4/10/202220 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 3 April 2022

Tracy Peters van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor versekering wat vier lede beskikbaar is, en hoe die nominasievorms werk.
4/3/202223 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 27 Maart 2022

Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor veranderings aan egskeidingsreëls en oor verhogings in die maandelikse pensioen.
3/27/202226 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 20 Maart 2022

Omelia Hartzenberg van die Staatsdiens Pensioenfonds praat ooor gade- en kinderpensioen.
3/20/202226 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 13 Maart 2022

Tracy Peters van die Staatsdiens Pensionfonds praat oor hoe om bedrog te voorkom.
3/13/202218 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 6 Maart 2022

Omelia Hartzenberg van die staatsdienspensioenfonds praat oor begrafnisvoordele.
3/6/202223 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 27 Februarie 2022

Athina Jansen praat met Omelia Hartzenberg van die regering se pensioenfonds oor aftrede en bedanking.
2/27/202225 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 20 Februarie 2022

Omelia Hartzenberg en Marie van der Klashorst van die Regeringswerknemer-pensioenfonds praat oor onopgeëiste voordele.
2/20/202223 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 13 Februarie 2022

Athina Jansen  praat met ‘n verteenwoordiger van die regering se pensioenfonds, Omelia Hartzenberg. Sy is 'n kliëntedienskonsultant, en beantwoord al jou vrae oor die werking van die fonds.
2/13/202224 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 6 Februarie 2022

Athina Jansen gesels met ‘n paartjie wat albei hulle eie klein ondernemings besit. Roenel en Renier Swart gee raad aan mense wat ook entrepreneurs wil word, en vertel meer van hulle besighede, Tihmily Cakes en Eden’s Providence.
2/6/202223 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 30 Januarie 2022

Athina Jansen praat met ‘n motiveringsafrigter en stigter en eienaar van Her Own Business Online Coaching School, Rene Arendse. Sy gee praktiese wenke hoe mense hulle eie besigheid kan begin en finansieel kan groei.
1/30/202225 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 23 Januarie 2022

Athina Jansen praat met die joernalis Ina Opperman oor die regte van verbruikers, en hoe belangrik dit is om te begroot en te spaar in 2022.
1/23/202214 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 16 Januarie 2022

Athina Jansen praat met Veon Wentzel, eienaar en ontwerper van Haus Of Vjorn. Hy vertel hoe hy finansieel moes aanpas tydens die pandemie, en gee raad aan ontwerpers wat hulle eie besigheid wil begin.
1/16/202217 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 9 Januarie 2022

Athina Jansen praat met Romario Chan-Kuo Abrahams oor hoe om jou finansies beter te bestuur en om te begroot in 2022.
1/9/202217 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 2 Januarie 2022

Athina Jansen praat met Daniel Tharrat, bestuurder by Rivera On Vaal Hotel en Country Club, en met die eienaar van Grandeur Travel oor die gasvryheidsbedryf.
1/2/202221 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 26 Desember 2021

Athina Jansen praat met entrepreneur Daniel Strauss oor hoe sake-eienaars hulle besighede vinnig kan laat groei in ‘n kort tydperk. Hy gee ook wenke oor hoe ondernemings hulle finansies kan bestuur.
12/26/202117 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 19 Desember 2021

Athina Jansen praat ‘n paar entrepreneurs in die klere- en tekstielbedryf oor hoe belangrik dit is dat Suid-Afrikaners plaaslike besighede moet ondersteun.
12/19/202117 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 12 Desember 2021

Athina Jansen praat met finansiële adviseur Henriko Pieters oor hoe om jou finansies te benader. Sy hoor ook by ‘n jong werkende vrou hoe sy haar begroting laat klop.
12/12/202114 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 5 Desember 2021

Athina Jansen praat met die eienaar van The Locker SA, Junay Lange, oor hoe sy haar besigheid begin het en finansies bestuur. Sy deel ook wenke hoe jy kan begroot en spaar.
12/5/202125 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 28 November 2021

Athina Jansen praat met die eienaar van Styling Perfect Events, Elmarie Daniels, oor hoe sy haar besigheid begin het en haar finansies bestuur. Stefan Du Toit ‘n aktuariële analis praat oor sakeversekering.
11/28/202123 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 21 November 2021

Athina Jansen praat met Nazlee Mustapha wat haar eie besigheid begin het. Sy gee raad oor hoe om jou finansies beter te bestuur.
11/21/202119 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 14 November 2021

Athina Jansen praat met ‘n geoktrooieerde rekenmeester oor hoe om jou finansies beter te bestuur. En Blanche Skaal, wat finansiële bestuur studeer het en by ‘n bank werk, gee wenke oor hoe om te spaar.
11/14/202125 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 7 November 2021

Athina Jansen praat met Marise Bester van Allan Gray oor hoe om die regte finansiële adviseur te kies. Gerhard Papenfus, NEASA se bestuurshoof, vertel van opwindende projekte waarby ondernemings betrokke kan raak om werk te skep.
11/7/202126 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 31 Oktober 2021

Athina Jansen praat met entrepreneurs wat wenke gee oor hoe om jou geld te bestuur tydens ‘n pandemie. Sy hoor ook by bestuurders van besighede hoe tegnologie voordelig kan wees, en hoe belangrik dit is dat Suid-Afrikaners plaaslike besighede moet ondersteun.
10/31/202118 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Rand en sent 15 Augustus 2021

Carla Oberholzer van Debtsafe het raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter, vertel hoe om te oorleef as jy vasgevang in ’n werk wat jy haat, en hoe jy jou persepsie kan verander.
8/15/202122 minutes, 32 seconds