Winamp Logo
Loslip Cover
Loslip Profile

Loslip

Afrikaans, Chat, 1 season, 481 episodes, 5 days, 3 hours, 40 minutes
About
'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
Episode Artwork

10 Apr

Loslip 10 April 2015
4/10/201545 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

9 Apr

Loslip 9 April 2015
4/9/201539 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

8 Apr

Loslip 8 April 2015
4/8/201538 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

7 Apr

Loslip 7 April 2015
4/7/201540 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

6 Apr

Loslip 6 April 2015
4/6/201538 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

2 Apr

Loslip 2 April 2015
4/2/201539 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

1 Apr

Loslip 1 April 2015
4/1/201540 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

31 Mar

Loslip 31 Maart 2015
3/31/201533 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

30 Mar

Loslip 30 Maart 2015
3/30/201538 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

27 Mar

Loslip 27 Maart 2015
3/27/201535 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

27 Mar

Loslip 26 Maart 2015
3/27/201539 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

26 Mar

Loslip 25 Maart 2015
3/26/201539 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

24 Mar

Loslip 24 Maart 2015
3/24/201537 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

23 Mar

Loslip 23 Maart 2015
3/23/201532 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

20 Mar

Loslip 20 Maart 2015
3/20/201536 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

19 Mar

Loslip 19 Maart 2015
3/19/201535 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

18 Mar

Loslip 18 Maart 2015
3/18/201531 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

17 Mar

Loslip 17 Maart 2015
3/17/201537 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

16 Mar

Loslip 16 Maart 2015
3/16/201538 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

13 Mar

Loslip 13 Maart 2015
3/13/201530 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

12 Mar

Loslip 12 Maart 2015
3/12/201528 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

11 Mar

Loslip 11 Maart 2015
3/11/201539 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

10 Mar

Loslip 10 Maart 2015
3/10/201539 minutes
Episode Artwork

9 Mar

Loslip 9 Maart 2015
3/9/201533 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

6 Mar

Loslip 6 Maart 2015
3/6/201533 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

5 Mar

Loslip 5 Maart 2015
3/5/201531 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

4 Mar

Loslip 4 Maart 2015
3/4/201538 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

3 Mar

Dikwels hou ons instinktief nie van iemand nie, sonder enige rede. Hoekom gebeur dit, en hoe moet 'n mens dit hanteer? Probeer jy dit wegsteek met geveinsde oorvriendelike geselsies, of vermy jy die persoon bloot so ver as moontlik? Hoe laat dit jou voel as jy agterkom iemand hou nie van jou nie? Aanvaar jy dit maklik, of is jou eerste instink dat jy mos niks gedoen het om dit te verdien nie?
3/3/201537 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

2 Mar

Die fliek FIFTY SHADES OF GREY is by die loket die gewildste nóg in Suid-Afrika. Tog sien jy op sosiale media meer redes oor hoekom iemand dit nie wil sien nie, as opmerkings van fliekvlooie wat dit wel gesien het. Skynbaar is min mense mans genoeg - óf vrou genoeg - om te erken hulle was wel daar, en het die fliek geniet. Hoekom? Is Afrikaanse mense nuuskierig genoeg om anoniem te gaan kyk, maar nog te skaam om dit openlik te erken?
3/2/201538 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

27 Feb

Wat is die beste boeke wat jy die afgelope jaar gelees het?
2/27/201538 minutes
Episode Artwork

26 Feb

Talle huidige en potensiële Springbokrugbyspelers speel deesdae oorsee. Is dit op die langduur tot SA rugby se voordeel of nadeel? Water dit plaaslike kompetisies af as dit grootliks 'n B-span is wat hier deelneem? Moet oorsese spelers nog verkiesbaar wees vir die Bokke? Dink jy die aantrekkingskrag van die Euro, Jen en Pond kan dalk meebring dat meer belowende jongelinge rugby begin speel?
2/26/201535 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

24 Feb

Wat is jou verwagtings van die nasionale begroting?
2/24/201536 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

23 Feb

Daar was die afgelope tyd verskeie briewe van luisteraars wat kla oor mense wat kaalvoet in inkopiesentrums loop. Is dit 'n nuwe gier wat aan die toeneem is? Die meeste mense keur dit sterk af, maar meld nie die omstandighede of plek nie. Maak dit 'n verskil as dit oor vakansietye gebeur in winkels by vakansieoorde, of is dit altyd onvanpas?
2/23/201539 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

20 Feb

'n Man van die Weskusdistrik wat gereeld by troues betrokke is (as seremoniemeester en spysenier) sê hy het oor jare 'n tendens wargeneem. As dit Afrikaanse mense is wat trou, sal daar altyd 'n paar manne wees wat die bruidegom gas gee met tussenwerpsels, en hom probeer doodsing. By Engelse troues kan jy egter 'n speld hoor val wanneer die bruidegom sy toespraak lewer. Hoekom gun ons hom nie die geleentheid om sy ouers, nuwe vrou of spesiale mense in sy lewe te bedank nie? Is hierdie tradisie nie onbedagsaam nie?
2/20/201534 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

19 Feb

Hoe ervaar jy dokters wat gemeenskapsdiens doen? Onthou dat dit dokters insluit wat met lof geslaag het, sowel as die wat net-net deurgeskraap het. Het jy vertroue in hulle, of is hulle nog te jonk? Hoe oud moet 'n dokter dan wees voordat jy vetroue in hom of haar sal hê - en waar moet hulle daardie ervaring opdoen?
2/19/201536 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

18 Feb

Volgens 'n luisteraar is die meeste kelners deesdae vaste personeel, en dit is onregverdig dat klante met fooitjies hulle salarisse moet betaal. Die kos is klaar duur genoeg! Selfs by 'n winkel se bakkery sien sy 'n blikkie vir fooitjies vir die bakker. Dis sy brood wat mense na die winkel toe lok, dus moet die eienaar hom mos vergoed. Een van die dae moet ons fooitjies betaal vir elke diens! Hoe voel jy hieroor?
2/18/201537 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

17 Feb

Na die dood van Andre P. Brink is gereeld weer hulde gebring aan die sogenaamde sestigers – skrywers en digters wat destyds gesorg het vir 'n bloeitydperk van vernuwing in Afrikaanse letterkunde. Waar staan ons 'n halfeeu later? Sou die sestigers vandag nog sulke baanbrekers gewees het, of het hulle net naam gemaak in 'n era toe Afrikaanse letterkunde nog in sy kinderskoene was? Is daar hedendaagse skrywers wat soortgelyke erkenning verdien, en wie is hulle? Vernuwe ons letterkunde steeds flink, of is dit eerder aan die stagneer?
2/17/201537 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

16 Feb

'n Mansluisteraar sê vroue wat drome koester oor 'n ridder op 'n wit perd, moet wakker skrik uit hulle droomwêreld en besef mans is bloot nie romanties nie. Romanse leef net in vroue se koppe, en nou waardeer hulle nie 'n onromantiese man se ander goeie eienskappe nie. 'n Vroueluisteraar sê weer daar is vandag meer romantiese mans as in “die goeie ou dae.” Wie is reg?
2/16/201539 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

13 Feb

Behoort romantiese liefdesverklarings grootliks tot die verlede soos die kuns om liefdesbriewe te skryf, of het dit net verander saam met die tye? Indien wel, hoe verskil hedendaagse en outydse liefdesverklarings? Wat is die mees romantiese verklaring van liefde wat jy al gehoor het?
2/13/201535 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

12 Feb

Vrydag 13 Februarie 2015 is Wêreld Radiodag. Ons kyk terug op 75 jaar se inbelprogramme op Afrikaanse radio. Hoe dink jy het die rol van sulke programme en die onderwerpe waaroor luisteraars wil gesels, deur die jare verander? Help die menings van ander enigsins om jou eie mening te vorm? Hoekom is baie luisteraars so onverdraagsaam teenoor die wat anders dink? Het inbelprogramme nog enige rol as almal kan deesdae hulle menings op sosiale media kan lug?
2/12/201535 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

11 Feb

Hoe ervaar jy groot maatskappye se inbelsentrums?
2/11/201535 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

10 Feb

'n Luisteraar onthou uit sy skooldae voorvalle van kinders wat in 'n groep dinge doen wat hulle nooit alleen sou doen nie. Hy was nooit aggressief of skoorsoekerig nie, maar onthou hoe hy nadergestaan het om ook 'n hou in te kry toe 'n groep kinders 'n enkele kind getakel het – waaroor onthou hy nie eers meer nie. Hoekom tree kinders in groepe soms heel teenstrydig met hulle aard op? Het dit ooit met jou gebeur, of het jy stilgebly toe jy dalk onaanvaarbeare gedrag kon stopsit? Laat groepsdruk net goeie kinders slegte dinge doen, of werk dit andersom ook?
2/10/201533 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

9 Feb

Sommige mense het nou maar eenmaal eienskappe wat ons beny. As jy in iemand se kop kon klim om vir 24 uur te sien hoe daardie persoon redeneer, die lewe benader en moeilike situasies beredder, om jouself daardeur intellektueel en emosioneel te verryk, in wie se kop sou jy 24 uur wou deurbring?
2/9/201536 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

6 Feb

Sommige wêrledbekende akteurs was op skool so vaal dat hulle aangewys sou kon word as "least likely to succeed." Was jy dalk op skool saam met iemand wat later bekend geraak het in die sport- of sakewêreld of as kunstenaar? Hoe onthou jy die persoon? Het jy destyds gedink hy of sy gaan nog ver kom, of was dit vir jou 'n groot verrassing?
2/6/201540 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

5 Feb

Probleemkinders het probleemouers. So sê 'n luisteraar wat deeglik hieroor nagedink het. Die probleem is dat haas geen ouer dit sal erken nie, omdat die laaste plek waar hulle fout sal soek by hulself is. Die meeste dink dis genoeg as kinders goed versorg is. Hulle besef nie dat hulle gedrag en die woorde en denke waarmee hulle daagliks hulle kinders voer soos vrugbare bemesting of skadelike gif is wat die jong boompies van kleins af buig nie. Wat is jou mening?
2/5/201540 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

4 Feb

Enige kind kan met misdaad soos dwelms deurmekaar raak, en as dit gebeur, sal enige ouer wil help, maar wat is die beste manier? As jou kind gearresteer word vir 'n misdaad, moet jy hom dadelik probeer uitkry op borg, of is dit beter om hom in die selle te los sodat hy besef watter gevolge sy dade het? Mense praat dikwels van sogenaamde "tough love", maar moes jy dit al toepas?
2/4/201539 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

2 Feb

Shakespeare het gesê niks is op sigself goed of sleg nie, dis hoe ons daaroor dink wat dit so maak. Twee mense kan presies dieselfde ding ervaar, maar vir die een sal dit 'n ramp wees en vir die ander 'n leersame ondervinding. Het jy dit al so ondervind? So gesien is dit dan grootliks jou bril waardeur jy na die lewe kyk wat dit goed of sleg maak. Maar hoe sit 'n mens 'n ander, meer rooskleurige bril op?
2/2/201538 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

30 Jan

'n Luisteraar sê sy ouers wou hê hy moes ingenieurswese studeer om vir hom 'n goeie toekoms te verseker, maar hy wou eerder 'n wildbewaarder word. Sy skoolpunte was net-net voldoende om keuring te kry vir ingenieurswese, maar hy wens dit was eerder nie. Vele hereksamens en sleepvakke later het hy geen selfvertroue meer nie. Die voortdurende stres het sy tol geëis en hy het opgeskop. Ouers bedoel dit seker goed, maar is dit wys om namens jou kind sy studierigting te kies?
1/30/201541 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

30 Jan

Wat is die algemeenste foute wat nuwe bestuuders in maatskappye maak?
1/30/201540 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

29 Jan

Wat is die algemeenste foute wat nuwe bestuuders in maatskappye maak?
1/29/201540 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

28 Jan

'n Luisteraar kla oor haar status as middelkind. Volgens haar het die oudste kind altyd 'n spesiale plek. Is dit dalk omdat hy die familiename kry en altyd die plaas geërf het? Die jongste kind is dikwels die laatlam wat nie beplan is nie en dan as 'n spesiale seën beskou word. Maar die middelkind suig altyd aan die agterste speen. Is dit algemeen en pla dit jou nog as volwassene?
1/28/201538 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

27 Jan

Die redakteur van 'n gemeenskapskoerant onthou hoe gesteld Proteakaptein AB de Villiers al op laerskool was dat sy naam reg uitgespreek moet word. Het jy 'n naam wat pal verkeerd uitgespreek word? Hoe voel jy daaroor? Korrigeer jy mense wat dit doen, of het jy al moed opgegee? 'n Luisteraar sê dis bloot 'n teken van disrespek as iemand aanhou om jou naam verkeerd uit te spreek, of dit sommer verander deur bv. Van der Merwe "ou Van" te maak. Sal jy makliker iets koop by 'n verkoopspersoon wat moeite doen om jou naam te onthou en dit reg uit te spreek?
1/27/201540 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

26 Jan

'n Enkelouer sê 'n mens hoor dikwels dat naskoolse studie so duur geword het, dat net ryk mense se kinders dit kan bekostig. Sy verskil en sê die sleutel is eerder beplanning. Sy het kort na haar kind se geboorte reeds begin spaar vir universiteit. Dit was moeilik, maar met dissipline en opoffering is dit vir die meeste mense moontlik. Dis eerder swak beplanning wat die meest mense pootjie. Stem jy saam dat die toekoms behoort aan die wat daarvoor beplan?
1/26/201539 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

23 Jan

Sosioloë sê jou voorkoms en hoe jy aantrek, bepaal grootliks hoe mense teenoor jou optree. Veral skoene is glo bepalend. Lê ons nie te veel klem op voorkoms nie? Sukkel vet mense byvoorbeeld meer om by die werk erkenning te kry as maer mense? Het jy al ondervind dat mense jou anders behandel as jy jou voorkoms verander deur 'n ander klere- of haarstyl, of dat jou sosiale lewe begin blom het nadat jy gewig verloor het?
1/23/201540 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

22 Jan

Dr. Phil sê as 'n mens nie getrou lewe aan wie jy werklik is nie, en eerder probeer om te voldoen aan ander se verwagtings, is die gevolg dat jy onvolledig voel, asof daar 'n gat in jou siel is. Dit dreineer jou energie en verhoed jou om jou doel op aarde te vervul. Het jy ondervinding hiervan? As ons almal weet wie ons is en daarvolgens leef, sal dit nie groter harmonie en geluk in ons samelewing bring nie?
1/22/201537 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

21 Jan

In verlede week se Loslip oor terug-skool-toe-koste het baie mense gekla oor duur skooluniforms. As kinders hulle gewone klere skool toe dra, kan daardie geld mos beter aangewend word vir opvoedkundige hulpmidels en beter opvoeding. Sal dit nie tot voordeel van meer kinders wees nie? Mense sê altyd die arm kinders gaan afsteek by die ryk kinders, maar gebeur dit nie in elk geval maar na skool en oor naweke nie, of weet die arm kinders nie wie die ryk kinders is nie?
1/21/201535 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

20 Jan

As daar betroubare dieetriglyne is, hoekom is daar dan nie net een dieet wat vir almal werk nie? Meer vet maak mos vet?
1/20/201540 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

19 Jan

Maak jou lippe los oor gister se opwindende krieketwedstryd tussen die Proteas en die Wes Indiese Eilande, waar kaptein AB de Villiers die Windies stukkend gemoker het.
1/19/201538 minutes, 1 second
Episode Artwork

16 Jan

Mense bestee fortuine aan parfuum en naskeermiddels, maar is dit die moeite werd? Ruik jy nie meer dikwels iets wat jou laat neus optrek as naderstaan nie? En tot watter mate is dit persoonlike smaak? Sê nou die parfuum wat jy hoop die romanse sal laat vlamvat, blus juis die liefdesvlammetjie? Is dit nie veiliger om liewer net 'n deodorant te gebruik nie?
1/16/201534 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

15 Jan

Hoeveel mense hou nog dagboek van hulle daaglikse ervarings? In die verlede was dagboeke 'n waardevolle geskiedenisbron oor historiese lewenstyl en gebruike. 'n Luisteraar sê hulle het 'n oorlede familielid ook eers na sy dood werklik leer ken deur sy dagboek, en dit het baie gehelp met die helingsproses. Sy sê as jy elke dag net een bladsy skryf het jy na 40 jaar 14 400 bladsy oor jou lewe. Dit kan 'n wonderlike nalatenskap wees.
1/15/201538 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

14 Jan

Ouers met kinders in die skool moet weer beursie uithaal vir terug-skool-toe-koste. Wat is vir jou die grootste uitdaging, en hoe vergelyk vanjaar se koste met vorige jare s'n? As dit jou eerste keer is, het jy die verskuilde koste onderskat?
1/14/201536 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

13 Jan

Na raming bestaan tot 80% van die Afrikaanse musiekmark uit melodieë wat reeds oorsee as gewild bewys is, of vertalings van lirieke. Baie Afrikaanse kunstenaars probeer dit egter wegsteek omdat 'n effense stigma daaraan kleef. Anton Goosen noem hierdie kitsresepmusiek 'n riool-tsoenami, maar verkope dui daarop dat die publiek nie omgee nie. Voel jy minder trots op sulke musiek as op oorspronklike liedjies wat in Afrikaans gebore is?
1/13/201537 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

12 Jan

'n Luisteraar sê hy het 22 000 km oor 210 dae gery om vir 'n meisie te gaan kuier. Ai, die liefde darem! PG du Plessis het mos gesê afstand maak veral aan 'n oujongkêrel niks! Hoe ver en hoe lank moes jy al agter die liefde aanry? Was dit die moeite werd? Sal jy dit weer doen of kan jy vandag nie glo jy was so laf nie?
1/12/201539 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

9 Jan

Vir die meeste mense is die vakansie waarna hulle so uitgesien het, nou iets van die verlede. As 'n mens terugdink, is dit dikwels onverwagte herinneringe wat uitstaan en jou bybly. Wat was vir jou die hoogtepunte van die afgelope feestyd?
1/9/201536 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

8 Jan

'n Luisteraar wonder oor die toename in persoonlike nommerplate op voertuie, nogal teen aansienlike koste. Het dit die lemoentjie op die lugdraad en die hondjie in die agtervenster vervang om jou motor meer te laat uitstaan? Watter boodskap stuur dit uit? Verklap dit iets van die eienaar se persoonlikheid?
1/8/201540 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

7 Jan

Dis deel van die lewe om foute te maak, en as 'n mens iets uit jou foute kon leer, kom jy sterker anderkant uit. Watter foute het jy die afgelope jaar gemaak en wat het jy daaruit geleer wat jy in 2015 gaan toepas? Voel jy sommige foute was voorkombaar as jy dalk vroeër meer uit ander se foute probeer leer het, of moet 'n mens maar self jou kop stamp voor jy leer?
1/7/201534 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

6 Jan

'n Peiling onder 64 000 mense in 65 lande, wys dat 70% gelukkig en tevrede is en uitsien na 2015. Omstandighede het skynbaar min invloed op geluk, want net 25% van Griekeland se mense is gelukkig, teenoor 83% in Afrika. Sewntig persent van die wêreld se bevolking beskou huleself as gelukkig. Dit is 10% meer as 'n jaar gelede. Hoekom hoor 'n mens dan so selde om die braaivleisvure van iemand wat gelukkig en optimisties is? 'n Luisteraar sê mense voer talle redes aan hoekom hulle ongelukkig is, maar as daardie faktore reggestel word, sal die meeste net weer 'n ander verskoning kry om ongelukkig te wees. Ware geluk kom eintlik van binne ongeag jou omstandighede.
1/6/201541 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

5 Jan

Onthou jy nog toe jy jou matriekuitslae gekry het? Was jy vooraf opgewonde of bang, en hoe het jy gevoel toe jy finaal geweet het hoe jy gevaar het? Was dit 'n verligting of 'n teleurstelling, en hoe het dit jou toekomsplanne beïnvloed? As jy aanpassings moes maak en jy kyk vandag terug, het alles ten goede afgeloop? Is dit waar dat as een deur toegaan, 'n ander een altyd weer oopgaan?
1/5/201537 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

2 Jan

Is jy een van die slapruggies wat sommer voor die tyd gesê het jy gaan nie eers 'n nuwejaarsvoorneme maak nie "want dit hou tog nie?" Jy besef hopelik dat as jy niks verander nie, jy nie ander resultate gaan kry nie? Aan die ander kant stel die groot meerderheid van suksesvolle mense doelwitte, sit dit op skrif en meet hulle vordering. As jy een van hulle wil wees, wat is jou doelwit vir 2015?
1/2/201527 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

1 Jan

Hoe bring jy die eerste dag van die nuwe jaar deur. As familie kom kuier, sien jy uit daarna, of sien jy stilweg op daarteen? Daar is mos dikwels 'n klippie in die skoen, en het elke familie nie maar 'n swartskapie wat saam met die ander wei nie?
1/1/201540 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

31 Dec 2014

Baie TV-kletsprogramme moedig mense aan om die nuwe jaar met oormaaksessies te begin. Van 'n nuwe kapsel tot 'n sonbrandsessie, of selfs 'n bietjie snywerk aan jou gesig... Hoe ver is jy bereid om te gaan? En is dit waar dat 'n klein verandering mens sommer anders na die lewe laat kyk?
12/31/201412 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

30 Dec 2014

Anoniem sê die blote gedagte aan 'n nuwejaarspartytjie maak haar naar. Sy sien nie kans vir die harde musiek, en daai aftellery tot 2015 nie. Hoe gaan jy gewoonlik die nuwe jaar binne? En wat was jou beste… of slegste nuwejaarspartytjie?
12/30/201423 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

29 Dec 2014

Verkeersowerhede smeek mense elke jaar tydens die feestyd om versigtig te bestuur. Tog is daar steeds berigte van jaagduiwels wat vasgetrek word. Moet padvarke nie strenger gestraf word nie? Hoe behoort mense vir hulle jaagsondes te betaal?
12/29/201434 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

26 Dec 2014

Is jy een van daardie ongelukkiges wat naby Kersfees of Nuwejaar verjaar? Hoe maak jy seker dat dit behoorlik gevier word, en dat nie deur die feestyd oorskadu word nie?
12/26/201435 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

24 Dec 2014

Nie almal sien reikhalsend uit na Kersdag nie. 'n Ma vertel die Kersete begin gewoonlik vreedsaam met oupa se gebed, maar hier teen die middag raak dinge nogal rof. Dan vlieg die beledigings, skimpe, en dis nie lank nie of ou koeie word uit die sloot gegrawe. Om nie te praat van die geskinder agterna nie… Wat is die oorsaak van familietwis, en hoe sorg jy dat almal in liefde en vrede Kersdag kan geniet?
12/24/201419 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

23 Dec 2014

Hoekom verwaarloos mense hulle troeteldiere so erg oor die feesseisoen?
12/23/201436 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

22 Dec 2014

Waarna sien jy die meeste uit oor die feestyd? Beplan jy 'n spesiale uitstappie, is daar 'n spesiale boek waarvoor jy lippe aflek, of gaan jy iemand vir die eerste keer in jare weer sien? Of as jy moet werk, is dit dalk net Johannesburg se stil strate...
12/22/201438 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

19 Dec 2014

'n Oupa doen 'n beroep op sy eweknieë om om nie altyd te wil saamgaan as die kinders weggaan met vakansie nie. Party speel maklik op die kinders se gevoel en laat hulle skuldig voel. Gun die kinders en kleinkinders 'n wegbrekie alleen waar hulle 'n slag kan doen wat hulle wil en nie die heeltyd oumense in ag hoef te neem nie. Hoe voel die kinders en kleinkinders hieroor? Wil julle graag alleen vakansie hou, of voel julle skuldig om oupa en ouma agter te laat?
12/19/201434 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

18 Dec 2014

Vir die meeste van ons kom dit natuurlik om vergelding te soek teenoor iemand wat verantwoordelik was vir die dood van een van ons geliefdes. Hoe sou jy opgetree het teen die moordenaars van iemand na aan jou? Sou jy besluit het om te haat of om te vergewe?
12/18/201430 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

17 Dec 2014

Elke ouer probeer sy kind oorreed om hard te werk om so goed as moontlik in die jaareindeksamen te presteer. Sal jy tervrede wees as jou kinders net so hard leer soos wat jy het, en sal jy omgee as hulle deur jou ou rapporte blaai?
12/17/201431 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

15 Dec 2014

Sommige mense gaan werk willens en wetens in gevaarlike gebiede en neem hulle kinders saam. Hulle voel dikwels dis hulle roeping, al is die gebied waarheen hulle gaan vir ons volksvreemd. As iets dan verkeerd loop, aanvaar hulle dit as die Here se wil, maar vir ander mense is dit bloot onverantwoordelik om jou gesin se lewe so doelbewus in gevaar te stel en dan jou dom besluite te verdedig as die Here se wil. Hoe voel jy hieroor?
12/15/201439 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

12 Dec 2014

In tydskrifartikels vra hulle soms vir bekendes wie hulle vir ete sal nooi as hulle enigiemand kon nooi (lewend of dood) en hoekom. Dis nogal interessant hoe uiteenlopend mense hierop reageer. Wat sal jou antwoord wees?
12/12/201432 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

11 Dec 2014

'n Suksesvolle entrepreneur se raad is dat suinigheid en gierigheid die grootste sondes is om te vermy. Ons is bang om ons stukkie koek met ander te deel, maar ons moet besef die koek is groot genoeg vir almal om van te eet. Het jy al dieselfde waargeneem en is dit eie aan entrepreneurs, of ondervind 'n mens dit ook in die alledaagse lewe?
12/11/201435 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

10 Dec 2014

Wat is jou gunsteling Afrikaanse rolprent van alle tye, en hoekom?
12/10/201441 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

9 Dec 2014

Tydskrifte het elke maand artikels oor die jongste wenke vir onthaal - van oorspronklike skemerkelkies en versierings, tot nuwe resepte vir iets anders as die gewone. Maar hoeveel mense wil iets anders hê? Sal jy eerder die ou beproefde dinge herhaal, omdat jy weet dit werk, of soek jy juis vars idees om dit anders te doen as verlede keer? Wanneer laas het jy iets nuuts probeer en wat was jou gaste se reaksie?
12/9/201436 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

8 Dec 2014

'n Sakeman in Zimbabwe sê hoewel daar baie probleme in die land is, is daar steeds talle suksesvolle sakemanne. Hy sê die grootste fout wat die meeste mense maak, is om hulle blind te staar teen eksterne faktore soos die ekonomie. 'n Mens skep egter grootliks jou eie ekonomie met die besluite wat jy neem. Soos in Poker kan jy met 'n swak hand steeds wen. Dit is die hoofrede hoekom party mense slaag en ander misluk onder presies dieselfde omstandighede.
12/8/201433 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

4 Dec 2014

Hoe kry sommige vroue dit reg om uit 'n geweldadige verhouding te ontsnap, terwyl ander steeds vasgevang bly?
12/4/201432 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

3 Dec 2014

Wat is die beste raad wat jy nog ooit van iemand gekry het? Van wie was dit en het dit jou gehelp om gelukkiger te wees, beter menseverhoudings te hê, of was dit waardevol ten opsigte van sukses in jou loopbaan?
12/3/201436 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

2 Dec 2014

'n Motiveringspreker vra my of ek dink dit sal hom baat om al die inhoud op sy webwerf en Facebookblad in albei tale beskikbaar te stel. Tans volg 'n klompie Afrikaanssprekendes hom, maar hoewel dit baie moeite is, is hy bereid om alles te vertaal as hy meer besprekings vir optredes in Afrikaans daardeur sal kry. Ek het nie geweet wat om te sê nie. Aan die een kant is Afrikaansprekendes lojaal teenoor hulle taal, maar aan die ander kant is die meeste tweetalig genoeg om meer aandag te gee aan die inhoud van bv. 'n fliek of praatjie as die taal waarin dit aangebied word. Wat dink jy?
12/2/201434 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

1 Dec 2014

Baie mense trou in Desember, en gewoonlik moet 'n mens maar meet en pas en die sente omdraai om die meeste van elkeen te maak. Hoe sou jou droomonthaal gelyk het as geld geen kwessie was nie? Waar sou jy dit gehou het? Wat sou jy bedien het? Wie sou die musiek gemaak het?
12/1/201437 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

28 Nov 2014

Elke jaar stroom duisende matrikulante na verskeie vakansiebestemmings om die einde van hulle skoolloopbaan te vier. Dis tradisie, so dis heel waarskynlik dat baie mense wat nou ouers is, dit doerie tyd ook gedoen het. Hoe voel dit egter om toestemming te moet gee? Jy ken die stories, en miskien dink jy terug aan jou matriekvakansie, en jy sidder...
11/28/201431 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

27 Nov 2014

In 'n onlangse studie moes een groep mense daagliks meer groente en vrugte as die kontrolegroep eet. Hulle was gelukkiger, nuuskieriger oor daaglikse aktiwiteite en het meer betrokke daarby gevoel. Is mense wat hulle neus vir groente optrek dalk ongelukkiger as ander? Het jy al gevind dat dit wat jy eet 'n invloed het op hoe jy oor die lewe voel?
11/27/201430 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

26 Nov 2014

Soms ontmoet 'n mens iemand en daar is dadelik 'n vonk, nog voor jy kans gehad het om mekaar te leer ken. Het dit al met jou gebeur? Hoe verklaar jy dit, want dikwels het jy al baie mooier en sexier mense ontmoet sonder dat daai vonkie daar was?
11/26/201435 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

25 Nov 2014

Navorsers wat die gene van 409 gay tweelingbroers vergelyk het, sê hulle is 'n stap nader aan die identifisering van 'n gay-geen wat iemand se seksuele voorkeur bepaal. Sommige gosdienstige groepe glo egter seksuele oriëntasie is 'n keuse. Hoe verklaar 'n mens dan volgens hulle siening dat moeders dikwels sê 'n kind was nog baie klein, toe het hulle al geweet hy of sy is anders?
11/25/201435 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

24 Nov 2014

Is mense geneig om meer begrip te toon wanneer jy sigbaar gestremd of siek is, as wanneer dit nie so ooglopend is nie? Iemand met 'n erge migraine verduur tog dikwels baie meer pyn as iemand met 'n verband om sy kop. Wat is jou ondervinding hiervan en hoe moet 'n mens dit hanteer? Jy wil tog nie vir almal vertel jy ly aan depressie en dis hoekom jy iets nie wil doen nie.
11/24/201436 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

21 Nov 2014

Is byname meer algemeen in sommige streke van die land as in ander, en speel dit wat jy vir 'n lewe doen, 'n rol? Is daar bv. meer boere as dokters met byname? Deel mense vandag nog net so geredelik nuwe byname uit, of behoort dit grootliks tot 'n era wat verby is?
11/21/201435 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

20 Nov 2014

As jy 'n hakkelaar is, watter invloed het dit op jou lewe? Sou jy bv. 'n ander werk gekies het of iets anders aangepak het as jy nie gehakkel het nie? Kan 'n mens die probleem op jou eie oorkom, of moet jy professionele hulp kry? 'n Luisteraar sê nadat ons 'n paar maal oor positiwiteit gepraat het, konsentreer hy nou eerder op die 80% woorde wat hy regkry as op die 20% wanneer hy hakkel, en hy val wraggies minder vas!
11/20/201436 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

19 Nov 2014

Onthou jy nog die redes hoekom jou eerste liefde skipbreuk gely het? Het jy al gewonder of dit nie dalk 'n fout was nie? Met dit wat jy intussen geleer het in gedagte, sê nou julle was altwee beskikbaar en julle moet mekaar nou weer raakloop, dink jy daar sal steeds 'n kans op 'n vonkie wees wat dalk tot 'n verhoudng kan lei?
11/19/201434 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

18 Nov 2014

'n Mediese fonds het 'n peiling onder 3 000 gegraduerdes gedoen om vas te stel wat vir hulle die meeste stres veroorsaak. Hulle families was los voor met 40%, teenoor net 17% wie se werk stres veroorsaak. Geldsake is vir slegs 16% 'n bron van stres. Ervaar jy gereeld stres as gevolg van jou familie? Indien wel wie is daarvoor verantwoordelik en wat doen hy of sy wat jou laat stres? Of is dit eerder iets wat nie gedoen word nie?
11/18/201436 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

17 Nov 2014

Vrydag was nasionale diabetesdag. Dit staan primêr bekend as 'n leefstylsiekte. Nou sê 'n luisteraar as 'n mens hoor hoe daar daagliks al meer mense kla hoe sleg dit gaan, dan rym dit mos nie met die toename in diabetes nie. Hoe meer oordadig jou leefstyl, hoe beter is jou kanse om diabetes te kry. As dit werklik so broekskeur met jou gegaan het, sou jy mos gesonder gewees het?
11/17/201438 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

10 Nov 2014

Hoe gemaak as jy die dag besef jy het in 'n groef verval? Dinge gaan nie te sleg nie, maar jou lewe is so vervelig en saai, en jy weet jy het nog nie naastenby bereik en gedoen wat jy wou nie. Hoe sit 'n mens weer daai vonk terug in jou daaglikse bestaan? Hoe kry jy jouself so ver om uit daardie gemaksone, waarin jy al vir jare leef, te beweeg?
11/10/201430 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

7 Nov 2014

Mense wat gereeld met gestremdes in aanraking kom, kan dikwels getuig van hulle blymoedigheid, teenoor talle van ons wat gedurig kla met die witbrood onder die arm. Hoekom is mense wat daagliks sulke uitdagings moet oorkom, dan so gereeld meer positief oor die lewe as ander wat meer rede tot dankbaarheid het? Wat kan ons by hulle leer?
11/7/201434 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

6 Nov 2014

Sommige ouers is bloot swak rolmodelle, maar hoe beïnvloed die gebrek aan 'n rolmodel kinders wat sonder 'n ma of pa grootword? Ontwikkel hulle anders, vaar hulle swakker of benadeel dit hulle enigsins in hulle latere lewe? 'n Onderwyser sê dis opvallend hoe baie kinders wat in sy skool uitblink, grootgemaak word deur enkelouers.
11/6/201437 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

5 Nov 2014

Die matriekeindeksamen is aan die gang, en hoewel almal graag goeie uitslae wil hê, hoor jy ook gereeld die gesegde dat die kinders wat A's kry dikwels eendag werk vir die wat C's gekry het. Een motivering lui dat die gemaklike skoolpresteerders die aanvanklike uitdagings en onsekerheid wat entrepreneurs moet oorkom, swakker hanteer. Kan goeie skoolprestasie jou in 'n gemaksone laat beland waar jy gewoond raak aan almal se goedkeuring?
11/5/201436 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

4 Nov 2014

Almal het al gehoor van “The Law of Attraction.” In 'n neutedop sê dit dat alles in die heelal uit energie bestaan, wat op verskillende frekwensies vibreer. Jou gedagtes is so kragtig dat dit waaraan jy die meeste dink, na jou toe aangetrek word omdat dit dieselfde frekwensie het. Dit kan dalk verklaar hoekom mense wat gedurig bang is om siek te word, so dikwels siek is. Nou sê 'n luisteraar ons moet liewer hoop daar bestaan nie iets soos die “Law of Attraction” nie, want al waaroor die meeste mense kan praat, is watter teenspoed hulle volgende voorspel en hoe die land op die randjie van die afgrond wankel. As dit jou oorheersende gedagtes is, is dit mos al wat jy na jou toe aantrek...
11/4/201437 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

3 Nov 2014

Na die oorweldigende reaksie op ons program oor aangenome kinders, gesels ons verder oor 'n ander aspek daarvan. Dit is natuurlik om te wonder waar jy vandaan kom, maar dit is ook soms traumaties en teleurstellend om wel te weet. Tot watter mate raak dit 'n aangenome kind wat sy biologiese ouers gaan soek het, as hy uitvind hy het meer rede om skaam as trots op sy herkoms te wees? Beïnvloed dit sy selfbeeld en laat dit hom twyfel in sy vermoë om iets in die lewe te bereik?
11/3/201434 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

31 Oct 2014

Daar is al baie flieks gemaak oor die skokke wat soms voorkom wanneer die oorledene se testament gelees word. Sommige mense erf onverwags 'n fortuin terwyl ander hoopvolles niks kry nie. Soms besef 'n mens eers wanneer die testament gelees word hoe ryk iemand was wat altyd baie beskeie geleef het. Weet jy van skokke met die lees van testamente?
10/31/201428 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

30 Oct 2014

'n Man skryf hy kan 'n uitstekende werksgeleentheid kry, maar hy sal byna die helfte van die jaar oorsee moet werk om sy maatskappy se bemarking op ander vastelande te bestuur. Hy sien geweldig uit na die uitdaging, maar voel skuldig om sy vrou so lank alleen te los. Aan die ander kant sal hy homself verwyt as hy nie die geleentheid tot professionele groei aangryp nie. Hy vra raad by luisteraars wat ondervinding het van sulke pendelhuwelike.
10/30/201435 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

29 Oct 2014

Daar was onlangs totaal uiteenlopende briewe van twee getroude vroue in 'n tydskrif. Die een sê sy hou haar man op sy tone deur hom goed te laat verstaan dat verskeie mans in haar belangstel. Omdat hy dit weet, trap hy in sy spoor. Die ander vrou sê 'n man is minder geneig om ontrou te wees as hy weet sy vrou vertrou hom ten volle. Wie is reg?
10/29/201433 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

28 Oct 2014

Baie huisvroue voel in die gesig gevat na 'n onlangse rubriek, maar 'n peiling sedertdien staaf grootliks die onvleiende opmerkings daarin. Minder as 40% van die huisvroue het nog nooit skuldig, depressief of verveeld gevoel omdat hulle nie formele werk het nie. Byna 60% is bang hulle sal verveeld wees as die kinders uit die huis is en 46% se mans het al gesê hulle doen heeldag niks, al het net 5% gereeld 'n huiswerker wat help. Die feit dat 80% van alle huisvroue graag eendag weer in die formele sektor wil werk, is moeilik versoenbaar met die feit dat so baie sê hulle is gelukkig om tuisteskeppers te wees. Is die gelukkiges hoofsaaklik die ouer mense wat grootgeword het in die era toe 'n vrou se plek by die huis was?
10/28/201434 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

27 Oct 2014

'n Anonieme luisteraar sê hy is 'n angenome kind en het onlangs as volwassene daarna begin hunker om sy biologiese ouers te ontmoet. Hy het hulle opgespoor, maar twyfel nou hoe hy dit moet hanteer. Hoe sal hulle en hulle gesinne dit hanteer? Hy wil nie onmin veroorsaak nie, maar voel hy sal nie berusting kan vind as hy nie met hulle kontak maak nie.
10/27/201424 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

24 Oct 2014

Beskou jy dit as 'n nuttige vaardigheid om meer as een taal te kan praat? Kan jy in meer as een taal 'n gesprek voer? Watter invloed het dit op jou lewe?
10/24/201437 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

23 Oct 2014

Daar is onlangs beweer dat Suid Afrikaners lui is. Tog, wanneer Suid-Afrikaners oorsee gaan werk, kan die buitelanders nie ophou praat oor hoe hardwerkend ons is nie. Is ons net in ons grense lui, of is dit 'n geval van 'n paar vrot appels wat die mandjie onbruikbaar maak?
10/23/201435 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

22 Oct 2014

Was jy al in 'n groot verleentheid? Luisteraars deel hulle bloos-oomblikke.
10/22/201438 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

21 Oct 2014

Wanneer 'n broodwinner se dood veroorsaak word deur die skuld van iemand anders, verbeur die afhanklikes van die oorledene die inkomste wat hulle nog in die toekoms van hom of haar sou ontvang het. As jy so 'n afhanklike was - bv. 'n eggenoot, kind of ouer - sou jy so 'n eis instel?
10/21/201437 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

20 Oct 2014

Bepaal jou benadering tot die lewe jou geluk?
10/20/201440 minutes, 1 second
Episode Artwork

17 Oct 2014

Kinders kan soms met die oulikste sêgoed vorendag kom wat só beskrywend is, dat jy wonder hoekom jy nie eerste daaraan gedink het nie. Vertel ons van die beste name en beskrywings wat jy al gehoor het hulle vir iets gee, of van 'n situasie waar kinders flink gedink het om uit die moeilikheid te bly.
10/17/201438 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

16 Oct 2014

Dikwels weet 'n mens presies wat jy moet doen, maar die motivering ontbreek. Wat presies is hierdie ontwykende ding waarsonder so baie ongedoen bly? Het jy al gewonder hoe anders jou lewe kon gelyk het as jy meer gemotiveerd was, byvoorbeeld om verder te studeer? Wat motiveer jou, of hoe motiveer jy jou span by die werk? Kan iemand anders jou enigsins motiveer of is dit iets wat net jyself kan doen?
10/16/201436 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

15 Oct 2014

Ons almal slaan soms ons naam met 'n plank, maar dis net sommige mense wat groot genoeg is om vir hulleself te kan lag. Hopelik is jy een van hulle. Deel 'n verleentheid met ons waar jy agterna nie kon glo dis regtig jy wat nie van beter geweet het nie.
10/15/201433 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

14 Oct 2014

Hoekom het egskeidings die afgelope paar jaar so baie toegeneem?
10/14/201438 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

13 Oct 2014

Oktober is gemeenskapontwikkelingsmaand. Ons is baie lief om te wag dat die regering of munisipaliteit iets doen, maar ons het net beheer oor dit wat ons self doen. Vertel ons van 'n gemeenskapontwikkelingprojek in jou omgewing wat 'n verskil probeer maak. Dit kan wyd uiteenlopend wees - van die verfraaiing van die omgewing tot hulp aan mense, of diere, wat op een of ander manier hulpbehoewend is. Dalk kan jy ons inspireer om soortgelyke projekte in ons gemeenskappe te begin.
10/13/201426 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

10 Oct

'n Luisteraar bevraagteken die gesindheid waarmee ons liefdadigheid ondersteun en vra hoekom ons meer geredelik gee as ons 'n motor of 'n bootreis kan wen? Ook in die kerk gee baie mense hulle tiende eerder uit skuldgevoel. Sy voel dat ons moet skenk uit dankbaarheid sodat minderbevoorregte mense daaruit kan baat vind, ongeag watter voordeel daar vir die skenker kan wees. Hoe voel jy?
10/10/201434 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

9 Oct

Kyk rond in enige parkeerterrein en jy sal talle motors vind wat oor die lyne van die parkeerplekke staan en dit moeilik of onmoontlik maak om die parkeerplek langsaan te gebruik. Dikwels parkeer iemand ook so naby aan jou motor dat jy nie eers aan die bestuurder se kant kan inklim nie. Hulle sê hoe 'n mens optree ten opsigte van die klein dingetjies is ook hoe jy sal optree met belangriker dinge. Beteken dit al hoe meer bestuurders raak onbedagsaam, of is hulle net te deur die blare om op te let hoe swak hulle parkeer? Lê die oplossing in beter opleiding of 'n verandering van gesindheid?
10/9/201435 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

8 Oct

Tyd is 'n gelyke geleenthede werkgewer. Ons kry almal 1440 minute per dag, maar sommige mense kan berge daarmee versit terwyl ander te besig is om iets gedaan te kry. Wat is die verskil? Werk hulle vinniger, beplan hulle beter, of weet hulle net wat hulle wil doen en fokus doelgerig daarop? Wil jy graag elke minuut laat tel? Wat kan jy dan leer by mense wat dit regkry? Het iemand praktiese wenke?
10/8/201437 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

7 Oct

Werk ondernemings se lojaliteitsprogramme vir jou? Is dit gebruikersvriendelik en trek jy voordeel daaruit?
10/7/201434 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

6 Oct

Karen Zoid het in 1997 nuwe lewe geblaas in die tradisionele liedjie van ene ADE Gutsche. 'n Luisteraar onthou egter die stroewe gesigte van ons leiers uit die verlede en hoe graag ons mense tog oor alles wroeg, en hy bevraagteken of en wanneer Afrikaners ooit plesierig was? Volgens hom is geluk iets binne in jou wat onafhanklik is van materiële dinge. As jy om jou kyk en luister waaroor mense gesels, dink jy Afrikaners is steeds plesierig?
10/6/201435 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

3 Oct

Wat is die mees algemene redes hoekom skoonma's en skoondogters se verhoudings soms stram is? Raak dit erger in vandag se snelveranderende tye waar hulle dalk minder vertroud is met die wêreld waarin elkeen leef? Wie het die grootste kans op harmonie - die skoonma's en skoondogters wat mekaar gereeld gesien het voor die troue, of die wat minder kans gehad het en nog skrikkerig is om op liddorings te trap?
10/3/201437 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

2 Oct

Dit raak al hoe meer algemeen om notas in die klaskamer op 'n skootrekenaar of tablet te maak i.p.v. met pen en papier, maar nou het 'n studie by die Universiteit van Kalifornië bevind dat studente wat dit doen minder inligting onthou. "Handwriting consistently leads to better memory encoding." Hoekom sou dit wees? Hang dit af van hoe goed jy kan tik? Sal iemand wat "outomaties" kan tik sonder om daaroor hoef te dink, ook minder onthou? Indien wel, sal die studie oor 20 jaar dieselfde resultaat lewer?
10/2/201435 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

1 Oct

Hoekom word 'n kind 'n boelie? Is daar gewoonlik sekere minder gunstige gemeenskaplike omstandighede aanwesig, of het ouers al tot hulle skok agtergekom dis hulle dierbare enegeltjie wat die ander kinders afknou? Hoe hanteer 'n mens dit? Kan dit afgeleer word, of lê die wet van die oerwoud selfs by kinders net onder die oppervlak - dat die sterkes oor die swakkeres sal heers?
10/1/201435 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

30 Sep

Hoekom kry ons 'n terminaal siek persoon jammer as hy homself skiet, maar vervolg die dokter wat hom op sy versoek bystaan?
9/30/201434 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

29 Sep

Wil jy veras of begrawe word? Het jy spesiale wense vir jou begrafnis, soos hoe jou kis moet lyk, wat op jou grafsteen moet staan of wat met jou as gedoen moet word? Weet jou familie wat jou wense is?
9/29/201439 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

26 Sep

'n Luisteraar sê trok- en motorfietsbestuurders is onverskillig en arrogant. Soveel so dat hy wil voorstel dat hulle hulle eie baan kry om in te ry, of selfs van die pad verban word op sekere tye. Ervaar jy dat dit slegs die trokke en motorfietse is wat bydrae tot aggressie op die paaie, of is almal van ons skuldig?
9/26/201437 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

25 Sep

Dra ons lafhartigheid nie by tot swak kommunikasie nie? As iemand 'n opmerking maak wat jou seermaak, is die oorsaak dikwels eintlik die foutiewe afleiding wat jy maak, eerder as sy bedoeling. Dan loop mense kwaad vir mekaar rond oor iets wat dadelik opgeklaar kon gewees het, as jy nie te lafhartig was om dadelik die persoon te konfronteer nie. Hoekom doen ons dit nie? Was jy al die slagoffer van sulke foutiewe afleidings?
9/25/201438 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

24 Sep

Ons voorouers het verskillende dinge bygedra tot die Suid Afrikaanse erfenis. As 'n mens die horlosie ver terugdraai, kan jy dit gaan haal by die Franse Hugenote wat 'n wynbedryf gevestig het en tradisionele geregte soos bobotie waaraan die Maleiers ons voorgestel het. Wat beskou jy as ons belangrikste erfenis en doen ons genoeg om dit te bewaar en te laat voortleef? Wat kan ons vandag bydra tot die erfenis van komende geslagte?
9/24/201436 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

23 Sep

Wie moet verantwoordelikheid aanvaar vir die ineenstorting van die gastehuis van die sogenaamde profeet, TB Joshua? As daar nalatigheid ter sprake was, moet iemand vervolg word vir strafbare manslag, en wat van siviele eise? As dit 'n hotel was, sou oorlewendes en afhanklikes van broodwinners wat gesterf het, dadelik eise teen die eienaars ingestel het. Gaan hulle dit teen Joshua en sy kerk doen? Al wat hy blykbaar sê, is dat God sal voorsien...
9/23/201440 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

22 Sep

Ons is almal geneig om te veralgemeen, maar soms kan dit nogal in 'n verleentheid ontaard. 'n Mens verwag nie sommer dat 'n Chinees of Indiër Afrikaans kan praat nie, en soms is jy dan te uitgesproke - net soos sommige mense wat aanvaar almal glo, dink en doen soos jy. Hoe het jy al in die verleentheid beland a.g.v. jou uitgesprokenheid of foutiewe aannames?
9/22/201436 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

19 Sep

Waar is die beste staproetes in Suid-Afrika?
9/19/201438 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

18 Sep

Die trouseisoen kom vinnig nader. Hoe kies jy die venue vir jou onthaal? Moet jy gaan vir die romantiese, idilliese en eksotiese plek waarvan jy droom? 'n Mens trou mos net een keer (vir die eerste keer.) Maar wat as dit heelwat reiskoste vir jou gaste meebring en hulle moet dalk oorslaap? Wie was al spyt dat jy jou droomtroue moes afskaal uit bedagsaamheid teenoor die gaste, of wie het agterna skuldig gevoel omdat jy te veel aan jouself gedink het?
9/18/201436 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

17 Sep

'n Moedswillige luisteraar sê almal wat nou so baklei vir godsdiens in skole moet 'n bietjie terugdink aan hulle eie skooldae en ophou skynheilig wees. Die meeste van hulle het die godsdiensperiode gebruik om skelm agterstallige huiswerk te doen, of onder die skoolhoof se gebed in die saal die meisies se vlegsels getrek, briefies rondgestuur of mekaar met peashooters geskiet. Van eerbiedige godsdiensonderrig was daar maar min sprake. Daar is selfs met onderwysers se hoogdrawende gebede gespot. Onthou jy nog jou godsdiensperiodes?
9/17/201436 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

16 Sep

Dink jy as Suid-Afrika 'n juriestelsel gehad het, waar gewone lede van die publiek die bevinding oor die feite van die saak maak, sou meer beskuldigdes vrygespreek word of skuldig bevind word as tans? As jy deel van die jurie was, sou jy Oscar geglo het dat hy vier skote deur die toiletdeur geskiet het, maar nie voorsien het dat hy die persoon agter die deur kon doodskiet nie? Dink jy die publiek sal meer vertoue in die juriestelsel hê omdat die gemeenskap direk daarop verteenwoordig word?
9/16/201438 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

15 Sep

Dis nou eers middel September en daar is al mense wat sê die jaar kan nou maar klaarmaak, hulle is poegaai! Is die lewe dan nie juis te kort om tyd te mors nie? Dink net hoeveel lekkerder sal jy vakansie hou as jy nou nog 'n drie-maand doelwit of twee stel en wat jy voor Kersfees kan bereik? Dis dalk net die verskil tussen wenners en verloorders. Wat gaan jy doen - of het jy te lanklaas gevoel hoe bevredigend dit is om selfs net 'n klein doelwit te bereik?
9/15/201436 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

12 Sep

Iemand laat weet dat wanneer hulle vergadering by die aftree-oord hoy, wemel dit van die hoogwaardigheidsbekleërs. Al die ou titels word weer afgestof en mense praat graag as majoor of kolonel. Hoekom voel pastoor, professor of dokter hulle menings sal meer gewig dra as hulle so aangespreek word? Baie sakereuse gebruik dan nie eers die titel van meneer nie en hou dikwels baie informeel direksievergaderings.
9/12/201436 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

11 Sep

Soms moet ouers weens omstandighede op hulle oudag by hulle kinders intrek. Die kinders kla dan dikwels dat die ouers hulle steeds soos kinders behandel en baie voorskriftelik is. Dikwels word ook uitgepraat oor huishoudelike sake teenoor ander kinders en familie. Is dit 'n algemene probleem, of wat is die grootste uitdagings om in harmonie saam te leef?
9/11/201438 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

10 Sep

Maak jy seker elke item in die supermark word korrek opgelui en word nie dalk gedupliseer nie? Gaan jy jou bank- en kredietkaartstate noukeurig na? Kry jy gereeld foute of kom dit so selde voor dat dit net tydmors is?
9/10/201434 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

9 Sep

Volgens 'n geheime dokument wat die naweek onthul is, moet die helfte van die Springbokke oor vyf jaar na bewering gekleurde spelers wees, waarvan 60% etnies swart moet wees. Waar het rugby-ontwikkeling die afgelope 20 jaar gefaal? Wat word van belowende swart skolespelers? Is daar op skoolvlak genoeg van hulle om op meriete sulke kwotas te vul? Word hulle misgekyk, of hoekom ontwikkel daar so min tot op toetsvlak? Hoekom is daar meer bruin as swart spelers in die meeste Curriebekerspanne, al is Suid-Afrika se swart bevolking soveel groter?
9/9/201440 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

8 Sep

'n Mens hoor gereeld van paartjies wat in hulle twintigs trou met sterre in hulle oë, maar binne 'n jaar of twee weer skei, dikwels omdat hulle "uitmekaar gegroei het." Weet mense wat later trou beter wat hulle uit die lewe wil hê en van 'n huwelksmaat verwag? Verminder dit die kanse van 'n egskeiding, of pas hulle juis moeiliker aan omdat hulle langer onafhanklik was?
9/8/201436 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

5 Sep

'n Luisteraar sê selfs waardige en gesofistikeerde vroue sukkel om hulle emosies in toom te hou by sportgeleenthede waar 'n aflosatleet of 'n rugbyspeler, wat die bal onderskep het, deur sy opponente ingehaal word. Hulle reageer spontaan en gaan daarna selfbewus sit, terwyl mans oor die algemeen meer beheers bly. Mans draf glo ook in stilte, terwyl vrouens graag met 'n mededrawwer gesels. Strook dit met jou ondervinding?
9/5/201436 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

4 Sep

September is Wêreld Alzheimermaand. Denise Fredericks, 'n verteenwoordiger en berader van Alzheimer SA kuier in die ateljee om te help om mites oor die siekte uit te wys en raad te gee oor die uitdagings en frustrasies wat met demensie gepaard gaan.
9/4/201436 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

3 Sep

Party mense wil graag terugloop op hulle familiewortels tot by Adam, terwyl ander weer skrikkerig is vir wat hulle mag vind. In watter kategorie val jy en wat is jou motivering? Hou so 'n terugblik vir individue waarde in, of wil sommige te veel ploeg met hulle voorsate se kalwers?
9/3/201439 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

2 Sep

As 'n getroude man of vrou owerspel pleeg met 'n derde party, wat sê dit van hulle huwelik? Sal iemand wat gelukkig getroud is dit doen, of is dit meestal 'n teken dat iets reeds skort in die huwelik? As jy daarna wil skei, behoort jy skadevergoeding te kan eis van die persoon met wie jou man of vrou jou gekul het? Gaan 'n paar duisend rand jou regtig help om van die vernedering te vergeet, of wil jy eintlik maar net die derde party straf met so 'n eis?
9/2/201433 minutes
Episode Artwork

1 Sep

Selfs al is 'n mens nie regtig sentimenteel nie, is dit tog spesiaal om die eerste groen blaartjies of bloeisels van die lente te sien. Baie mense voel ook spontaan lus vir "spring clean" en nuut begin. Jy merk selfs in inkopiesentrums 'n nuwe huppel in mense se stap. Hoe affekteer die lente jou? Doen jy iets om dit te vier, voel jy meer energiek en kreatief? Is die moderne mens steeds in pas met moeder natuur se siklusse, al leef hy nie meer so na aan haar nie?
9/1/201435 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

29 Aug

Deel jou stories oor diere wat mense se lewens gered het.
8/29/201433 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

28 Aug

Baie mense bevind hulleself, as gevolg van omstandighede, in 'n beroep en voel dit is te laat om 'n loopbaanskuif te maak. As jy jou lewe kon oorhê, sou jy dieselfde beroep gekies het, of watter ander loopbaan sal jy volg? Hoekom?
8/28/201438 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

27 Aug

'n Luisteraar sê ouer mense praat maklik oor hoe "vandag se kinders" nie so pligsgetrou kerk toe gaan soos hulle nie, maar hoekom was vorige geslagte dan soveel meer bygelowig? Is bygelowig en kleingelowig dan nie 'n tweeling nie? Jy sukkel om jonger mense te kry wat nog glo in nonsens, soos dat 'n uil die dood bring of dat jy nie 'n sambreel in die huis mag oopmaak nie. Watter bygelowe het jou ma en pa of oupa en ouma gehad? Glo jy dit ook?
8/27/201432 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

26 Aug

Die Bokke was lanklaas so in trurat in die skrums soos Saterdag teen Argentinië, en die gees onder die publiek kan mos in twee weke verander van bonuspuntdrome tot fire die afgrigter en kies 'n ander span. Feit is dat ons heelwat beter sal moet speel teen die Wallabies en All Blacks. Byna al die spelers kan beter speel as Saterdag, maar as jy in Heyneke Meyer se skoene was, wie sou jy weglaat of in die beginspan kies vir die oorblywende toetse, of wat sou jy verander? Hou beserings in gedagte. Jannie du Plessis is opgespeel, maar as hy moet rus of dalk self beseer word, wie moet vasskop speel in sy plek? Vergeet bietjie van emosie en probeer nugter dink.
8/26/201440 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

25 Aug

Help 'n snor of 'n baard om een of ander swak gelaatstrek soos 'n swak ken, lang bolip of lelike vel te kamoefleer, of dra mans dit om 'n stelling te maak? Kan 'n mens iets van die draer aflei na gelang van die grootte en vorm van sy groeisel, soos klossie onder die lip, volbaard, stoppelbaard of bokbaard, dun snorretjie of kruiwa snor? Wat verkies die dames, of lyk 'n gladgeskeerde man beter versorg?
8/25/201438 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

22 Aug

In 'n artikel met wenke vir mans om vroue beter te verstaan, staan die volgende: "Moenie haar probleme probeer oplos nie. Sy het jou oor nodig, nie jou raad nie. Sy wil voel jy is aan haar kant, jy luister, maar ook dat jy vertrou sy kan haar eie probleme oplos." Wat beteken dit? Wat moet 'n man dan sê? Weet vrouens nie elke man wil graag 'n ridder op 'n wit perd wees wat haar probleme laat verdwyn nie?
8/22/201439 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

21 Aug

Hoeveel het padwoede te doen met verkeer en die toestande op ons paaie, en hoeveel met ander frustrasies wat in ons prut en dan oorkook in die motor? Speel jou houding nie net so 'n groot rol soos met ander suksesse of mislukkings in jou lewe nie? Indien wel, wie behalwe jy kan dit verander? Wie het al sy neiging tot padwoede oorkom?
8/21/201432 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

20 Aug

Soms kan 'n mens net kopskud oor die slenters wat misdadigers uitdink om slagoffers in te loop. Meestal is dit mense sonder enige opleiding wat so slinks kan wees. Hulle volg dikwels dieselfde modus operandi totdat 'n teenvoeter gevind word. Het jy ondervinding van die jongste werkwyse van misdadigers? Waarsku gerus ander luisteraars waarvoor om uit te kyk.
8/20/201439 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

19 Aug

Sonde met die bure...bestaan daar nog so iets? Ken jy jou bure, of verkies jy om eerder Anoniem te bly?
8/19/201435 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

18 Aug

Na die dood van die briljante akteur, Robin Williams, word daar weer gereeld opmerkings gehoor oor hoe baie geniale akteurs of komediante ons laat lag, terwyl hulle self binnekant huil. Is daar 'n verband tusssen intelligensie, depressie en selfdood, of is ons net meer verbaas as suksesvolle mense hulle eie lewens neem? Word mense met die insig om meer vrae oor die lewe te vra, meer teleurgestel as die wat niks bevraagteken nie?
8/18/201437 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

15 Aug

Daar is baie weduwees, wewenaars, geskeides en enkellopendes aan wie die die eensaamheid vreet. Waar kan hulle mense van min of meer dieselfde ouderdom ontmoet met die oog op vriendskap en dalk romanse? Is daar luisteraars wat uit praktiese ondervinding kan raad gee?
8/15/201436 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

14 Aug

'n Luisteraar sê toe sy op skool was, was die taalgebruik in die handboeke oor die algemeen baie "hoog". Sy het nou, na 'n paar dekades uit die skool, weer 'n biologiehandboek onder oë gehad en dink steeds die inhoud sal baie meer verstaanbaar wees as die handboek in eenvoudiger taal geskryf is. Dink jy die taalgebruik in skoolhandboeke dra dalk by tot die swak uitslae?
8/14/201437 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

13 Aug

In baie oorsese lande is dit verpligtend om jou afval te sorteer voor jy dit weggooi, sodat dit makliker herwin kan word. Dat daar baie potensiaal vir herwinning in Suid-Afrika bestaan, word bewys deur die duisende sypaadjieversamelaars. Een ton papier wat herwin word, spaar 17 groot bome. Is jy herwinningsbewus? Dink jy mense sal vrywillig hulle vullis sorteer en apart weggooi om herwinning te vergemaklik, of is dit te veel moeite?
8/13/201437 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

12 Aug

Volgens 'n opname deur 'n dagblad wissel die pryse van matriekafskeidrokke van ongeveer R3 600 tot meer as R47 000! Die gemeenskap oordeel vroue steeds grootliks op voorkoms, en volgens die modeontwerper Simon Rademan wil matriekmeisies mense om hulle selfs meer beïndruk as bruide. Maar hoe blywend is die indrukke? Hoe gereeld kyk jy na jou matriekafskeidfoto's en watter perspektief bring tyd? Hoe lank bly dit jou pla as jy dalk afgesteek het op jou matriekafskeid? Hoe lank daarna voel jy nog goed as jy een van die mooiste rokke aangehad het? Wat sal jy anders doen as jy dit kon oordoen?
8/12/201430 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

11 Aug

Mattheus 13:12: 'n Luisteraar sê van sy Sondagskooldae af pla die Bybelteks hom wat sê: "Hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het." Dit klink op die oog af mos onregverdig, maar wat beteken dit regtig? Die luisteraar is een van die wat nie het nie. Moet hy nou maar daarin berus dat hy nooit die vrugte van sy harde arbeid sal geniet nie.
8/11/201436 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

8 Aug

Saterdag 9 Augustus is Vrouedag, maar vroue dra baie verskillende hoede. Maak nie saak of jy 'n tiener, beroepsvrou, moeder of tuisteskepper is nie, vandag wil ons weet wat pla jou van vrouwees. Is daar 'n klippie in jou hofskoen, tekkie of pantoffel wat net mans of die gemeenskap daar kan uithaal deur anders op te tree? As jy een aspek of persepsie oor vrouwees kon verander, wat sou dit wees?
8/8/201435 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

7 Aug

Hoe het die vroue oor die tyd gegroei en verander? Is die veranderinge ten goede?
8/7/201433 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

6 Aug

Die menslike natuur is geneig om te oorkorrigeer. As jou ma of pa 'n koue, harde mens was, is die kanse 80% dat jy baie sagter en warmer teenoor jou kinders sal optree. Of as hulle baie suinig was, sal jy waarkynlik vrygewig wees. Dis ook algemeen in amateursport. As jou gholfmaat se sethou ver verby was, sal jy dikwels joune daarna weer te kort slaan. Het jy al voorbeelde van die pendulum-effek in jou eie lewe waargeneem?
8/6/201436 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

5 Aug

Die afgelope paar jaar is die vereistes waaraan finansiële adviseurs moet voldoen drasties uitgebrei met verpligte registrasie en streng eksamens om hulle kundigheid te toets. Gladdebek polissmouse bestaan nie meer nie, maar het dit in die algemeen tot groter vertroue onder die publiek gelei, of het kla oor alles al so mode geword dat mense sal soek tot hulle iets vind om oor te kla?
8/5/201434 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

4 Aug

'n Polisieman vra dat ons gesels oor wat die polisie moet doen om die vertroue in hulle te herstel. As mense eers 'n mening gevorm het, is dit mos baie moeilik om hulle weer iets anders te laat glo. Dis amper of mense voorbeelde versamel om hulle menings te bewys of te verdedig. Tog is daar natuurlik baie goeie polisiemanne wat onregverdig 'n swak reputasie gekry het. Het jy 'n positiewe storie oor die polisie se diens?
8/4/201439 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

1 Aug

Verskillende dinge is vir verskillende mense belangrik. Wat sal jy eerste opgee as jy gedwing word om jou uitgawes te besnoei en nie meer alles kan bekostig wat jy nou het of gereeld doen nie? Hoekom spesifiek daardie item en nie iets anders nie?
8/1/201436 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

31 Jul

'n Mens hoor nogal dikwels dat iemand wat pas iets geleer het (dikwels op die harde manier) oor dinge soos finansies, persoonlike ontwikkeling of menseverhoudinge vra: "Nou hoekom het hulle my dit nie op skool geleer nie?" Watter kennis het jy na skool bekom wat jy graag in skole se leerplanne sal wil sien om kinders beter toe te rus vir die lewe?
7/31/201438 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

30 Jul

Die slaap is 'n wondersoete ding, maar soms só ontwykend dat mense na slaapille gryp en later nie daarsonder kan klaarkom nie. Volgens 'n apteker neem verkope toe. Hoekom sukkel ons dan toenemend met slapeloosheid? As dit iets met leefstyl te doen het, moet 'n mens nie eerder die oorsaak vind en probeer oplos nie? Watter ander rate is daar behalwe medikasie?
7/30/201437 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

29 Jul

'n Hele klompie tydskrifte het die laaste tyd gesluit, maar dit is moeilik om 'n tendens te vind omdat hulle fokus so verskil. Insig en Wiel in Afrikaans het gesneuwel en ook 'n paar gemik op mans wat graag na foto's van mooi meisies kyk. Nou gaan Oprah Winfrey se tydskryf O na meer as 10 jaar in Suid-Afrika sluit. Die tydskryf het lesers probeer help om die beste van hulle lewens te maak. Die vraag is: Wat wil ons lees? As jy net een tydskrif kon koop, in watter genre sal dit wees, bv. 'n vaktydskryf, een oor sport of stokperdjies, christelike artikels, kinderopvoeding of 'n tydskrif wat fokus op mans of vrouekwessies?
7/29/201436 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

28 Jul

'n Luisteraar wonder wat familie alles op iemand se rekenaar of in sy kaste ontdek na sy dood. Soms is dit mos die mense van wie jy dit die minste verwag wat na pornografie kyk of in buite egtelike verhoudings betrokke is. Aan die ander kant ontdek jy dalk in dagboeke of privaatskryfsels 'n deernisvolle persoon of soekende siel waarvan jy nie bewus was nie.
7/28/201428 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

25 Jul

Daar is deesdae 'n nasionale dag vir alles - soms vir 'n edel doel soos bewusmaking van iets wat met gesondheid, gestremdheid of natuurbewaring te doen het, maar daar is selfs 'n internasionale bordspeletjiedag.
7/25/201434 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

24 Jul

Ouers is veronderstel om ewe lief te wees vir al hulle kinders, maar 'n mens hoor dikwels van witbroodjies wat voorgetrek word en ander kinders wat minder aandag kry. Dalk is jy een? Wat is die redes hiervoor? Gebeur dit omdat die ouer om een of ander rede trotser kan wees op een kind, of wat kan 'n kind moontlik doen wat veroorsaak dat 'n ouer hom afskeep of selfs verwerp? Blameer ouers soms die kind vir 'n ongewenste swangerskap?
7/24/201434 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

23 Jul

Iemand wat haarself 'n huisvrou noem, voel dat beroepsvroue op hulle neersien as "koek en tee tannies" terwyl huisvrouens net so hard werk en kerke en skole nie sonder hulle kan funksioneer nie. 'n Onderwyseres sê weer huisvrouens is te sensitief hieroor en moet liewer werk aan hulle selfbeeld. Maar sy voeg by dat sy maklik rolle kan omruil en ook gaan bak en huisvrou speel, maar huisvrouens gaan sukkel in die werksplek.
7/23/201437 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

22 Jul

Onbekend is onbemind, lui die spreekwoord. Dit veroorsaak dat mense dikwels (aanvanklik) gekant is teen alle verandering. Daar is sprake dat elke skoolkind vanaf graad 4 binnekort 'n tablet sal hê wat handboeke grootliks sal vervang. Dit ontsluit natuurlik baie nuwe moontlikhede tot interaktiewe onderwys vir onderwysers, mits die nuwe tegnologie oordeelkundig ingespan word. Hoe voel ouers daaroor? Wat dink jy sal die grootste voor- en nadele wees, of skop jy bloot daarteen omdat jy nie eintlik genoeg weet om ingelig te kan saampraat nie?
7/22/201436 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

21 Jul

Dis een ding om 'n 4x4 te koop as jy gereeld op plekke ry waar so 'n voertuig nodig is, maar hoeveel viertrekvoertuie sien gereeld slegte grondpaaie? 'n Luisteraar sê die grootste avontuur wat baie van die voertuie ooit beleef is om op die sypaadjie te parkeer by feeste. Hoekom is hulle dan so gewild as hulle ook so duur is? Vir sommige mense is hulle voertuie mos 'n verlengstuk van hulle persoonlikheid, maar wat wil die eienaars dan hê 'n 4x4 moet sê wat 'n gewone bakkie nie kan sê nie? Praat hy die waarheid of lieg hy namens jou?
7/21/201440 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

18 Jul

Daar is verskeie kunstefeeste in Suid-Afrika en hoewel daar baie ooreenkomste is, verskil die karakter en aanbod van feesprogramme tog. Wat onderskei die bekendste feeste van mekaar en wat is die grootste verskil tussen oorsese kunstefeeste en plaaslikes? Om te kan voortbestaan moet elke fees se boeke klop en daarvoor is borge en kaartjieverkope nodig. Vir watter soort produksies is borgskappe die maklikste bekombaar en verkoop kaartjies die beste? Die doef-doef-musiek is vir baie mense dalk nie kuns nie, maar subsidieer die gewildheid daarvan miskien ernstiger produksies wat net deur 'n nismark waardeer word? Of is die stalletjies vir jou die hoogtepunt? Wat kry jy daar wat jy nie elders kan koop nie?
7/18/201438 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

17 Jul

Die gebruik om die geskiedenis uit te beeld deur openbare simbole soos standbeelde is algemeen – veral in post-koloniale lande soos Suid-Afrika. Dikwels vier dit egter net die prestasies van 'n deel van die bevolking, in die mate dat sulke simbole selfs struikelblokke vir nasiebou kan word. Die borsbeeld van JBM Hertzog in die Kovsies-koshuis wat sy naam dra en die uitstalling van ander historiese gedenkwaardighede was onlangs in die nuus. Aan wie behoort sulke simbole regtig, en wat beteken dit om dit uit te stal? Gee jy daarmee bloot erkenning aan die historiese rol wat die persoon gespeel het, of beteken dit jy vereenselwig jou ook met alles waarvoor hy gestaan het? Die geskiedenis verander voortdurend en die helde uit enige era kan heel moontlik oor 'n gaslag of twee betekenisloos wees, net soos die naam JBM Hertzog vandag vir baie mense net 'n vae klokkie lui, sonder dat hulle weet presies wie hy was.
7/17/201441 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

16 Jul

Hoekom is kookboeke en TV-programme oor kos so gewild? Hoe lyk die gemiddelde leser/kyker – beginnerkok vir basiese resepte, oorwerkte moeder vir vinnige en maklike resepte of ervare kok wat kinkels wil byvoeg? Koop die gemiddelde leser so 'n boek vir die leeservaring, omdat die skrywer bekend is, vir die koffietafel se versierings, die snobwaarde daarvan, of regtig vir die resepte? Indien laasgenoemde, hoeveel lesers beproef werklik 'n verskeidenheid resepte, of maak hulle maar een of twee gunstelinge oor en oor? As mense regtig kook en geniet, hoekom het hulle dan so baie boeke nodig? Jy kan omtrent enige resep Google en wat van self 'n bietjie eksperimenteer? En TV-programme? Gaan dit oor die idees vir resepte of die vermaakwaarde?
7/16/201436 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

15 Jul

Soos jy seker in die nuus gehoor het, is daar 'n landwye tekort aan bloed. RSG wil saam met sy luisteraars 6 700 eenhede bloed insamel teen Mandeladag op Vrydag 18 Julie. Hoekom het jy begin bloedskenk en hoe lank skenk jy al? Watter luisteraar het al die meeste bloed geskenk en hoe laat dit jou voel om te weet jy het al so baie lewens gered? Wat is jou boodskap aan mense wat bang is om bloed te skenk? Het jou kantoor, kerk of ander organisasie dalk iets gereël waar julle as 'n groep kan bloed skenk?
7/15/201436 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

14 Jul

Die ekonomie dwing baie mense om van 'n nuwe motor te vergeet en gebruikte motors te koop. Daar was altyd grappies oor slinkse verkoopsmanne, maar deesdae hoor 'n mens dit selde. Het die mededingende mark gesorg dat kansvatters nie oorleef nie en kan 'n mens deesdae met groter vertroue 'n gebruikte motor koop? Of is die motors net betroubaarder en hou langer sodat daar minder probleme is?
7/14/201439 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

11 Jul

Die publiek kla maklik oor swak diens. Soms het hulle rede, maar dikwels is mense ook maar onredelik. Vandag kyk ons uit die oë van restaurante en gastehuise se personeel na die publiek se nukke en grille wat dikwels spruit uit onkunde of oordrewe vernaamdheid. Wat is die einaardigste klagtes of eise waarmee julle al te doen gekry het?
7/11/201435 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

10 Jul

Slagoffers van traumatiese gebeure se eerste reaksie is dikwels om weg te kruip, maar vrees kan eintlik net vanuit jou innerlike beveg word, anders bly jy lewenslank 'n slagoffer. Mense wat hulleself geestelik en emosioneel versorg, herstel ook vinniger. Hoe het jy daarin geslaag om traumatiese gebeure te verwerk en aan te gaan met jou lewe? Al hanteer almal dit nie deiselfde nie, is daar dalk praktiese wenke wat ander slagoffers kan help.
7/10/201445 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

9 Jul

'n Dame sê daar is altyd bordjies wat sê jy wanneer 'n laer spoedgrens tydelik geld, maar diwels is daar nie 'n bordjie wat aandui wanneer jy weer vinniger mag ry nie. Ook die spoedperke is dikwels inkonsekwent en maak nie sin nie. Soms kan jy 120 ry op 'n smal pad en ander kere moet jy 80 ry op 'n breë pad soos die N2 buite Plettenbergbaai en as jy rondkyk, is daar nie skole of iets naby wat dit regverdig nie. Sien jy ook sulke voorbeelde? Hoekom word 'n konsekwente beleid dan nie toegepas nie?
7/9/201432 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

8 Jul

Meer as 90% van 'n Britse lugredery se passasiers wil op korter roetes wegdoen met sitplekke wat terugleun. Hoe voel jy daaroor?
7/8/201433 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

7 Jul

Die Bybel sê "word verander deur die vernuwing van jou gedagtes..." Sodra 'n mens nuut en anders oor iets dink, voel alles anders, al het net jou gedagtes verander. Het jy dit al so ondervind? Kinders eet skielik spinasie as hulle glo dit maak hulle so sterk soos Popeye, en volwassenes kla dadelik minder en waardeer wat hulle het as hulle te doen gehad het met blymoedige gestremdes. Is dit dan nie makliker om jou eie denke te verander nie, in plaas van die hele wêreld? Die resultaat is tog grootliks dieselfde.
7/7/201434 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

4 Jul

Bestaan daar moderne spookstories, of dateer dit uit 'n era toe mense dalk meer naïef en goedgelowig was? Dikwels het dit mos gegaan oor vermoorde siele wat nie tot rus kon kom nie, maar as dit is waar is, behoort spoke eintlik drasties toe te neem, of hoe? Of is die risiko om afgeneem te word deesdae te groot noudat almal selfone het? Wanneer laas het jy 'n spookstorie gehoor? Deel hom met ons.
7/4/201436 minutes, 1 second
Episode Artwork

3 Jul

Die sogenaamde "How To..." boeke oor enige denkbare onderwerp is van die grootste verkopers. 'n Luisteraar voel dit is omdat so min mense tevrede is met wie hulle is en wat hulle het, maar sy wonder oor die sukses van die boeke. Hoeveel mense put werklik waarde daaruit en kry dit reg om te leer doen wat die boek belowe? Maar dan moet 'n mens seker ook vra hoeveel mense lees net die boek en hoeveel pas dit wat hulle gelees het werklik doelgerig toe?
7/3/201435 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

2 Jul

Lyk dit vir jou of rokers minder raak? Indien wel, is dit omdat hulle aan die uitsterf is, of wat veroorsaak dat mense nooit begin rook nie, of ophou rook? Is dit die verbod op rookadvertensies, die hoë pryse van sigarette, of die ongerief om 'n rookarea by die werk of in openbare plekke te vind?
7/2/201436 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

1 Jul

Data wat 'n versekeringsmaatskappy versamel het deur middel van 'n selfoontoepassing wat monitor of bestuurders by die spoedgrens hou, skerp rem, versnel of draai, het interessante bevindings opgelewer. Mense in Gauteng en die Wes-Kaap hou die meeste by die spoedgrens en Limpopo en Mpumalanga die minste. Bestuursvermoë verbeter soos jy ouer word, maar vrouens tussen 40 en 50 s'n neem af. Hoekom sou dit wees? Vrouens bestuur oor die algemeen beter as mans, maar is bestuurders wat stadig rem en draai noodwendig beter bestuurders? Dan behoort 'n bang leerlingbestuurder met 'n outomatiese motor mos die koek te vat?
7/1/201438 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

30 Jun

Wie sou jy beskou as die drie top Suid-Afrikaanse sportmanne en -vroue van alle tye, en hoekom? Is prestasie jou enigste maatstaf, of trek ons maar iemand uit ons kontrei en kultuur 'n bietjie voor? Is 'n mens nie dalk ook geneig om die sportsterre van jou jongdae nostalgies te onthou as groter helde as wat hulle werklik was nie?
6/30/201440 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

27 Jun

Ons het verlede week gesels oor die ideale man, 'n bedreigde spesie - as hy ooit bestaan het! Daar is baie meer mans wat allerhande flou verskonings uitdink vir enige denkbare ding, maar veral as hy laat by die huis kom. Wat is die eienaardigste, beste of flouste verskonings wat jy al gehoor het of self gemaak het? En maak vrouens ook soms sulke verskonings?
6/27/201422 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

26 Jun

Tye verander en daarmee saam ook ons idees van rolmodelle en die ideale vrou. Voorheen moes sy 'n voorslag in die kombuis wees, of 'n bobaas naaister, maar deesdae brei en hekel al hoe minder vroue mos. Menere, loop die pad na 'n man se hart nog direk deur sy maag of is dit eerder 'n long and winding road met verskeie afdraaipaadjies? Hoe lyk vandag se ideale vrou, of wie is sy?
6/26/201439 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

25 Jun

Ons almal is al deur iemand te na gekom, maar dit is moeilik om te vergeet en vergewe. Moet so 'n persoon eers berou toon en jou om vergifnis vra, of behoort jy hom te vergewe al is hy nie eers jammer nie? 'n Mens koester soms wraakgedagtes, maar benadeel jou onwilligheid om te vergewe jou nie meer as die persoon vir wie jy kwaad is nie? Vertel ons of jy al geworstel het met die kwessie van vergifnis en hoe dit jou geaffekteer het.
6/25/201440 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

24 Jun

63% van mense wie se troeteldiere by hulle slaap, kry nie genoeg slaap nie. Dalk is dit hoekom jy so iesegrimmig is?
6/24/201435 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

23 Jun

Waar lê die grens tussen omkopery en 'n blyk van waardering? Gaan dit oor die tydstip waarop jy die geskenk oorhandig of die rede hoekom jy dit gee, of net oor wat die ontvanger in ruil doen? 'n Voormalige staatsaanklaer sê sy wonder hoekom die landdros altyd hope biltong, kreef, wyn, brandewyn en rugbykaartjies persent gekry het, veral van boere en prokureurs. Sy onthou ook dat hierdie goeie gewers nooit in 'n ry moes staan nie en dikwels sommer in die landdros se kantoor gehelp is.
6/23/201439 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

20 Jun

Die Kaap was nog altyd 'n Kaap van storms en die Vrystaat se winternagte was nog nooit warm nie, maar baie mense voel ekstreme weerstoestande kom al hoe meer voor. Is dit jou ondervinding ook? Beïnvloed dit waar jy eiendom sal koop, byvoorbeeld reg teen die see of in 'n laagliggende gebied teen 'n rivier?
6/20/201438 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

19 Jun

Tye verander en daarmee saam ook ons idees van rolmodelle en die ideale man. Voorheen was fisieke krag dalk belangriker as deesdae. Dames, wat beskou julle vandag as noodsaaklike eienskappe van 'n ideale man? Moet hy help skottelgoed was of kosmaak, kinders bad en met huiswerk help, of moet hy 'n sterk man wees wat verhewe is bo sulke tradisonele vrouedinge?
6/19/201437 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

18 Jun

Verlede week toe ons oor Projek Winterhoop gepraat het, was dit weer opvallend hoe baie mense voel dat dit tevergeefs is om te probeer help. Alles wat jy gee word tog verkwansel vir drank- of dwelmgeld, sê hulle. Is daar enigsins stories van haweloses wat die wil gehad het om die krukke van welsyn weg te gooi en 'n nuwe begin te maak? Wat het in hulle geval die verskil gemaak? Kom ons deel 'n paar inspirerende verhale.
6/18/201442 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

18 Jun

Verlede week toe ons oor Projek Winterhoop gepraat het, was dit weer opvallend hoe baie mense voel dat dit tevergeefs is om te probeer help. Alles wat jy gee word tog verkwansel vir drank- of dwelmgeld, sê hulle. Is daar enigsins stories van haweloses wat die wil gehad het om die krukke van welsyn weg te gooi en 'n nuwe begin te maak? Wat het in hulle geval die verskil gemaak? Kom ons deel 'n paar inspirerende verhale.
6/18/201442 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

17 Jun

Klagtes van kindermishandeling is al ingedien teen onderwysers by kleuterskole omdat hulle op kinders geskree het, of hulle aan 'n leiband vasgemaak het. Tog skree ouers gereeld op kinders en in inkopiesentrums sien jy soms kinders aan leibande, maar gewoonlik sê mense dis oulik. Kom sulke optrede noodwendig op kindermishandeling neer? 'n Luisteraar sê ons is hopeloos te sensitief daaroor. Die meeste volwassenes van vandag het baie erger beleef aan die hand van hulle eie ouers en gereeld word daar gesê hoe goed hulle "uitgedraai het."
6/17/201440 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

16 Jun

Almal wil graag sy land op die sportveld verteenwoordig, maar jy is ook maar gou vergete sodra jy uitgetree het, of selfs as jy lank herstel van 'n besering. Wat sou jy gedoen het as jy 'n professionele rugbyspeler was wat vir heelwat meer geld oorsee kon speel? Moet 'n mens die maksimum skep terwyl dit pap reën om die beste voorsiening te maak vir jou gesin se toekoms, of vir minder geld vir die Springbokke speel en lojaal bly teenoor jou land? Is lojaltet 'n tweerigtingstraat?
6/16/201441 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

13 Jun

Junie is nasionale bloedskenkmaand. Ettienne Ludick praat met 'n kenner en hanteer navrae oor die bloedskenkproses.
6/13/201445 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

12 Jun

Dink jy die koms van geld in professionele sport het die plek ingeneem van nasionale trots?
6/12/201439 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

11 Jun

Ian Wessels vind meer uit oor Projek Winterhoop.
6/11/201442 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

10 Jun

Suid Afrikaanse skole se swak prestasie in wiskunde was onlangs weer in die nuus. 'n Luisteraar sê dis maklik om die onderwysstelsel te blameer, maar in die 60's en 70's toe hy op skool was, het kinders reeds wiskunde gevrees as gevolg van al die bangpraat stories oor algebra wat totaal volksvreemd is. Die probleem lê juis by ons "mental block" teen wiskunde. Kinders probeer dit eerder vermy, en as hulle wiskunde as vak moet kies, benader hulle dit soos soldate wat verwag om te sneuwel. Dinge sal nie verander tensy ons van wiskunde 'n lekker uitdaging kan maak nie.
6/10/201438 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

9 Jun

Hoekom kry party mense 'n voorgevoel voor hulle dood?
6/9/201439 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

6 Jun

Baie kontrakteurs sê sommer reguit hulle doen nie klein werkies nie. 'n Hele huis se plafonne is gaaf, maar net die badkamer is te klein, of die loodgieter is traag om net een kraan te skuif. Tog faal baie besighede. Hoe rym dit met ekonomies moeilike tye - elke sent tel tog! Behoort besighede nie juis elke klein geleentheid aan te gryp nie, of wag almal vir die groot kontrak wat hulle oornag sal ryk maak?
6/6/201438 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

6 Jun

Baie kontrakteurs sê sommer prontuit dat hulle nie klein werkies doen nie. Kan hulle dit bekostig in die ekonomie?
6/6/201438 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

5 Jun

Baie kontrakteurs sê sommer reguit hulle doen nie klein werkies nie. 'n Hele huis se plafonne is gaaf, maar net die badkamer is te klein, of die loodgieter is traag om net een kraan te skuif. Tog faal baie besighede. Hoe rym dit met ekonomies moeilike tye - elke sent tel tog! Behoort besighede nie juis elke klein geleentheid aan te gryp nie, of wag almal vir die groot kontrak wat hulle oornag sal ryk maak?
6/5/201438 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

5 Jun

Almal het gehoor van die voorval waar twee babas kort na geboorte per ongeluk in die hospitaal omgeruil is. Die fout is drie jaar later eers ontdek. Wat sal jy onder sulke omstandighede doen - sal jy jou biologiese kind wil terughê of voortgaan om die omgeruilde kind groot te maak soos die afgelope drie jaar? Die belangrikste vraag is egter wat in die beste belang van die kind sal wees.
6/5/201437 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

4 Jun

'n Luisteraar sê daar bestaan 'n toestand soos FOMO - Fear Of Missing Out. Sulke mense gaan tot uiterstes. Hulle wil altyd eerste iets sien of beleef. Daar kan nie genoeg foto's uit elke moontlike hoek geneem word nie; by 'n partytjie bly hulle tot heel laaste uit vrees hulle mis dalk iets, en as 'n staproete hier eindig, wil hulle altyd nog 'n entjie stap om te sien wat is daar voor. Blykbaar ly babas wat net 10 minute op 'n slag slaap ook aan FOMO. Ken jy sulke mense en is die toestand onskadelik, of kan dit irriterend raak? Hoe hanteer jy dit?
6/4/201437 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

3 Jun

Gestel jy weet een van jou bure, kollegas of iemand wat jy ken rand sy vrou en kinders gereeld aan, of jy het dalk rede om iets van die aard te vermoed. Wat sal jy doen? Het dit die norm in ons samelewing geword om nie betrokke te raak nie? Netnou moet jy in die hof getuig of jy word dalk ook gedreig? Tog spook die gesegde by ons almal dat slegte dinge in ons samelewing gedy as goeie mense daarvan weet maar stilbly en niks doen nie. So wat gáán jy volgende keer doen as jy van so iets bewus word?
6/3/201442 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

2 Jun

Elke ouer wil graag hê sy kind moet goeie punte vir sy skooltake kry, maar 'n mens hoor gereeld van ma's of pa's en oupa's of ouma's wat so graag wil help dat hulle sommer die hele taak self doen! Weet jy van sulke gevalle? Hoekom beskou hulle dit nie as ongerymd nie? Aan die ander kant is daar weer ouers wat glad nie help nie, al sukkel die kind hoe baie. Waar lê die balans en wat is die beste vir die kind?
6/2/201439 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

30 May

'n Mens hoor soms die uitdrukking dat mense se vrees vir mislukking hulle verlam omdat dit groter is as hulle honger na sukses. Hoe kan jy ooit 'n doelwit bereik as jy nie eers weet wat jy uit die lewe wil hê nie of dit net aan die toeval oorlaat? Kom ons doen vandag 'n bietjie selfondersoek en stof ou drome af. Wat sou jy aangepak het as jy vooraf geweet het jy kan nie misluk nie?
5/30/201437 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

29 May

Dit lyk of naamgee van kinders deur siklusse gaan. Eers was dit ondenkbaar om nie familiename te gee nie. Na die koms van TV is baie kinders na TV helde of heldinne vernoem en dan is daar mense wat van hulle beskeie agtergrond probeer ontvlug met eksotiese Franse name wat onderwysers opdraande gee. Maar watter verwagtings skep 'n naam en het dit enige invloed op hoe mense teenoor jou optree? Voel die meisie van Avignon mooier as die een uit Muskietvlei, en is Jean-Luc meer romanties as Koos?
5/29/201437 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

28 May

Mense raak dikwels kwaaivriende en verbreek selfs verhoudings as gevolg van 'n opmerking wat onskuldig bedoel was en verkeerd opgeneem is. Swak kommunikasie kan tog maklik voorkom word, of hoe? Hoekom praat ons so maklik by mekaar verby? Is dit die spreker wat homself swak uitdruk of die hoorder wat ongegronde aannames maak as gevolg van sy eie vooroordele? Hoe kan ons beter kommunikeer?
5/28/201439 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

27 May

Arnold Schwarzenegger is seker een van die bekendste liggaamsbouers en sy bultende spiere het perfek gepas by die intimiderende karakters wat hy in flieks vertolk het. Dit is goed en wel, maar wat van liggaamsbouers onder gewone mense? Wat dink jy as jy iemand met bultende spiere sien? Sou jy graag so wou lyk? Wat dryf liggaamsbouers om die grens oor te steek tussen gereeld oefen en spiere te bou met 'n spesiale eetprogram waarop jy 'n hele gesin kan voed?
5/27/201439 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

26 May

Baie mense weier volstrek om 'n sielkundige te gaan sien, want "ek is mos nie mal nie." Tog is een uit elke vyf mense in die tronk psigopate wat nooit behandel is nie. Baie mense ly aan dinge soos angsversteurings waarmee hulle gehelp kan word om hulle lewens makliker te maak. Hoekom kleef daar steeds so 'n stigma aan 'n erkende studieveld soos die sielkunde, terwyl mense maklik val vir enige wonderkuur, al is dit hoe eienaardig en onbeproef?
5/26/201439 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

23 May

Behoort eggenote mekaar se skoolreünies by te woon? Geniet julle dit om mekaar se ou skoolmaats te ontmoet, of verveel dit jou teen die mure uit om te luister na hulle vervelige stories wat jou meestal in die verleentheid stel? Moet 'n mens nie dalk sommer vóór jou troue al vrystelling kry van die verpligting nie?
5/23/201439 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

22 May

Sommige dokters se ontvangsdames is baie ywerig. Hulle vra sommer voor al die wagtende pasiënte uit waar die pyn sit en hoe lank dit al duur, of kondig hulle diagnose summier aan: "Dit lyk darem nie of die armpie gebreek is nie." Hoe ervaar jy dit? Help hulle ywerigheid om die hele konsultasieproses vinniger te laat verloop? Is hulle hulpvaardig, of skend hulle jou privaatheid deur so dokter te speel?
5/22/201438 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

21 May

Ken jy mense wat só alles van alles weet dat jy te bang is om self iets te sê? Of daai palpraters wat jou net laat kopknik, want jy kry eers 'n halfuur later kans om te reageer? Hoe voel jy oor hulle - dankbaar dat hulle jou die moeite spaar om self iets te sê, of geïrriteerd omdat jy moet maak of jy met alles saamstem. Hoe hanteer jy hulle? Word sulke mense so gebore, of hoe raak hulle so?
5/21/201434 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

20 May

In moderne oopplankantore word werknemers toenemend soos sardientjies ingeryg. 'n Mens kan verstaan dat werkgewers koste wil bespaar, maar hoe beïnvloed dit produktiwiteit en kreatiwiteit?
5/20/201436 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

19 May

Bemarkingsfoto's op die internet van eiendom te koop of te huur probeer dit adverteer, maar 'n luisteraar sê soms sit dit jou meer af. Die plek is deurmekaar, sommige kasdeure hang aan hulle skarniere of jy sien sommer die swart muf in die stort. Soms neem eiendomsagente meer foto's van die huidige inwoners se meubels as van die eiendom. Watter vertrekke of aspekte van 'n huis sal jy die graagste op foto's wil sien en hoe akkuraat gee dit die werklikheid weer?
5/19/201435 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

16 May

Jake White sê wanneer die Superrugby-spanne van Suid-Afrika swak is, speel die Bokke gewoonlik uitstekend. Met die Sharks bo-aan die punteleer, die Bulls met 'n buitekans en selfs die Lions wat nie 'n te slegte jaar ervaar nie, is ons superspanne vanjaar werklik so swak?
5/16/201440 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

15 May

Suid-Afrikaners wat in die buiteland gestem het, het verlede week heelwat publisiteit gekry. Die opgewondenheid en trots waarmee hulle dit op sosiale media gedeel het, was opvallend. Tog vra sommige mense hoekom hulle nou eintlik wil stem. Dis een ding om tydelik vir 'n vasgestelde termyn oorsee te werk, maar het baie van die stemmers Suid-Afrika nie reeds vir groener weivelde verrruil nie? Watter belang het hulle dan by wie hier in die parlement sit?
5/15/201431 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

14 May

Maandag was Verplegingsdag. Dit bly maar een van die uitdagendste en terselfdertyd vervullendste beroepe wat daar is. Wat verg dit om 'n goeie verpleër te wees? Het 'n spesifieke verpleër al vir jou as pasiënt 'n verskil gemaak met besondere bedagsaamheid of begrip? En wat van die ligter oomblikke en moontlike misverstande wat 'n mens jare later nog met 'n glimlag onthou?
5/14/201438 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

13 May

Kort na Moedersdag leer ons uit moeders se foute. Wat sou jy anders doen as jy jou kinders van voor af kon grootmaak?
5/13/201439 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

12 May

Sonder hoop, is daar geen hoop nie. Tot 'n mate is dit die lot van elke hospies wat die laaste dae van terminaal siek mense gemakliker probeer maak. Het jy al eerstehands blootstelling aan 'n hospies gehad? Wie baat die meeste daarby - die pasiënt of die persoon wat hom andersins sou moes versorg? Die hospies is 'n nie-winsgewende organisasie, so op watter maniere kan die publiek dalk wel help om hulle hoop te gee om dit wat hulle reeds doen, beter te doen?
5/12/201439 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

9 May

Gebruik mense nog hulle stoep soos in die oue dae?
5/9/201441 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

8 May

April het lekker baie vakansiedae vir salaristrekkers, maar te min werksdae vir die meeste sakemanne. Sien jy die effek van vakansiedae in jou omset en die uitgawes van jou besigheid as jy werkers oortyd moet betaal om op die vakansiedae te werk? Wat van mense wat vir kommissie werk en nie afsprake met kliënte kan kry nie? Was die vakansiedae vir jou 'n seën omdat jy vier dae se verlof kon omskep in 11 dae se vakansie, of is jy bly dis nou verby?
5/8/201435 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

7 May

Het jy al vandag jou kruisie gaan trek? Hoe lank moes jy wag en wat was die atmosfeer by jou stempunt? Was mense oor die algemeen geduldig? Besef mense wat nie die moeite doen om te gaan stem nie watter invloed dit op die uitslag kan hê? Dit kan byvoorbeeld aan een party 'n tweederde meerderheid gee, of bepaal hoe sterk die opposisie sal wees en watter partye moontlik koalisies sal vorm. Veral op provinsiale vlak kan dit dalk 'n groter verskil maak. 'n Luisteraar sê as jy nie jou demokratiese reg uitoefen nie, kan Suid-Afrika net sowel 'n outokratiese heerser kry.
5/7/201437 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

6 May

Saterdag was Wêreldpersvryheidsdag. 'n Luisteraar sê vreeslose ondersoekende joernalistiek speel 'n uiters belangrike rol in die openbaarmaking van inligting aan die breë publiek. Daarsonder sou die openbare beskermer Nkandla nooit eers ondersoek het nie. As daar minder persvryheid was, soos voorheen by tye in Suid-Afrika se geskiedenis, sou die breë publiek egter meer optimisties oor die toekoms gewees het, bloot omdat hulle minder bewus sou gewees het van probleme soos korrupsie. Waardeer ons persvryheid genoeg?
5/6/201436 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

5 May

Mense wat alleen is, voel dikwels oor langnaweke, waarvan daar onlangs heelwat was, nog meer eensaam as gewoonlik - tot die punt waar depressiewe gedagtes die oorhand kan kry. 'n Luisteraar wat haar eie lewe probeer neem het, maar misluk het en vandag baie gelukkig is, het gevra dat ons verhale deel van mense wat baie dankbaar is hulle pogings was onsuksesvol. Hopelik kan dit dien as bewys dat dinge kan verander.
5/5/201439 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

2 May

'n Mens hoor gereeld die ouer generasie wat sê "In my dae was ons so sterk, die dorings was bang vir ons voete!" Hoe het dit dan verander dat ons vandag 'n samelewing van pille en brille geword het? Is daar nog mense wat nie in moderne medisyne glo nie?
5/2/201433 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

1 May

Soms vang 'n sportuitsending op TV jou oog - maak nie saak watter sportsoort nie. Kom ons aanvaar jou span of een van jou sporthelde neem nie deel nie. Kies jy dadelik 'n gunsteling, of begin jy as neutrale kyker, maar begin tog na 'n rukkie iemand ondersteun? Wat bepaal wie se kant jy kies? Blykbaar word mans en vrouens deur verskillende dinge beïnvloed. Is dit voorkoms van die spelers, die kleure van hulle sportdrag, of wie voorloop?
5/1/201432 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

30 Apr

Dalk het jy al van tree huggers gehoor? Iemand het boomknuffelaars as Afrikaanse vertaling voorgestel. Hierdie mense put blykbaar energie of vertroosting daaruit om bome te knuffel. Het hulle dalk iets beet of is hulle eerder 'n bietjie betotteld? Kan ons die natuur meer gebruik vir emosionele ondersteuning en geld dieselfde vir almal? Put jy meer krag uit die see, die berge of die Karoo?
4/30/201434 minutes
Episode Artwork

29 Apr

Besef ons watter eise dit aan versorgers stel as iemand vir absoluut alles van jou afhanklik is? Hoe hanteer 'n mens dit?
4/29/201433 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

28 Apr

Ons dink 20 jaar terug na 27 April 1994. Waar was jy op daardie dag en watter herinneringe bly jou by?
4/28/201434 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

25 Apr

Ons geheue is soms maar kort. Nadat die Springbokke twee Wêreldbekers gewen het en veral ons swemmers verskeie medaljes op die Olimpiese Spele ingepalm het, onthou min mense dat Suid-Afrika nie toegelaat is om deel te neem voordat ons 'n volle demokrasie geword het nie. Wat het 20 jaar van demokrasie vir Suid-Afrika as geheel beteken? Behalwe die voor die hand liggende goed soos menseregte, was daar ook baie indirekte voordele vir mense wat oorsee reis, werk en handel dryf. Wat het jy die afgelope 20 jaar gedoen, geniet of bereik wat sonder demokrasie nie moontlik sou gewees het nie?
4/25/201425 minutes
Episode Artwork

24 Apr

Werk die huidige indeling van kinders volgens ouderdom in skoolspanne, of lei dit soms tot onregverdigheid of ongelukkigheid? 'n Luisteraar sê sy seun het in Desember 7 geword en is vanjaar in Graad 1. Nou sê die skool hy is te oud om aan atletiek deel te neem saam met sy klasmaats. Hy moet saam met die Graad 2 kinders hardloop. Is dit regverdig en hoe algemeen is sulke gevalle? Is indeling volgens massa, soos in boks, nie dalk regverdiger vir kinders in sommige sportsoorte nie?
4/24/201428 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

23 Apr

Daar word dikwels na kinders met Downsindroom verwys as hemelkinders of engelkinders. Word hulle tog soms blootgestel aan vernedering en bespotting, of behandel ander kinders en die publiek hulle meestal met begrip? Is 'n dag soos Downsindroomdag werklik nodig om mense bewus te maak daarvan, of in watter opsig lewer dit 'n bydrae?
4/23/201433 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

22 Apr

Die Krugerwildtuin was tjok en blok oor die Paasnaweek. Dis goed dat mense ons erfenis geniet en waardering het vir die bewaring van wild en die natuur. Ongelukkig hoor 'n mens te gereeld van gedrag wat 'n rooi vlag laat wapper. Blykbaar het 'n vrou oor die naweek 'n leeu met haar motor gestamp om hom uit die pad te kry en toe weggejaag. Hoe algemeen is dit dat mense in wildreservate se optrede indruis teen die doel hoekom dit in die eerste plek gestig is, naamlik om 'n veilige omgewing te skep waarbinne diere en die natuur kan floreer? Het jy al wangedrag waargeneem?
4/22/201434 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

21 Apr

Is dit die moete werd om vir Paasnaweek weg te gaan as 'n mens die druk verkeer en duurder vliegkaartjies in ag neem? Tap die terugtog huis toe nie dalk meer energie uit jou uit as wat die naweek weg herlaai het nie? 'n Luisteraar sê hy moet daagliks 'n dosis spitsverkeer sluk en die laaste plek waar hy op Paasmaandag wil wees is op die besige paaie. Rus liewer tuis en bederf jou gesin op 'n ander manier. Wat sê jy?
4/21/201434 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

17 Apr

Die regstreekse uitsending van Oscar Pistorius se verhoor is vir baie mense 'n opvoedingsproses oor hoe 'n strafverhoor werk. Dit het gelei tot hernude belangstelling in die regsproses. Is daar ruimte vir 'n permanente hofkanaal op TV, of was dit net Oscar se bekendheid wat dit so gewild gemaak het? Sal jy in die toekoms ook na ander moordsake op TV wil kyk?
4/17/201435 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

16 Apr

Mense is besig om al hoe ouer te word. Die oudste geverifieerde persoon is in 1997 op 122 in Frankryk oorlede, maar 'n bekende genetikus reken 100 kan binnekort die nuwe 70 of 80 wees. Abraham het vir Isak op 'n flinke honderdtal verwek en toe nog 75 jaar geleef, maar 'n mens kan tereg vra wie graag só oud wil word, laat staan nog 969 soos Metusalem? 'n Luisteraar sê ons moet hoop 100 raak nie die norm nie. Dit sal een lang lyding wees want niemand se aftreegeld sal so lank hou nie.
4/16/201437 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

15 Apr

'n Onlangse opname oor hoekom kliënte van finansiële adviseur verander, wys dat die top vier redes almal met kommunikasie te doen het - dinge soos e-posse en telefoonboodskappe wat nie gou genoeg beantwoord word nie. Eers laer af op die lys kom redes soos swak advies voor. Wat kan 'n mens hieruit aflei of leer? Sou dit spesifiek van toepassing wees op finansiële adviseurs, of voel mense min of meer dieselfde oor persoonlike dienste in die algemeen?
4/15/201436 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

14 Apr

'n Hele paar blogs het al tot boeke en toekennings vir bloggers gelei. Dis makliker as ooit om jou eie blog te begin. Het jy jou eie blog - waaroor skryf jy? Oorweeg jy 'n blog - waaroor en wat hou jou terug? Of lees jy iemand anders se blogs gereeld? Wat trek jou na daardie persoon se blog toe?
4/14/201431 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

11 Apr

Die samelewing aanvaar baie maklik dat oormatige gebruik van alkohol maar iets is wat mans doen, maar keur dit dikwels sterk af as vrouens dieselfde doen. 'n Luisteraar sê egter dat hoe meer vrouens stresvolle betrekkings beklee, hoe meer raak dit vir hulle 'n gewoonte om ná werk iets te drink - en soms ook een te veel. As jy kyk na vriende, familie en kollegas, kry jy die indruk dat alkoholmisbruik onder vroue aan die toeneem is?
4/11/201432 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

10 Apr

Ons is almal 'n mengsel van goed en sleg, maar as 'n mens iets goeds doen, is hy net iemand wat iets goeds gedoen het. Maak egter 'n fout, dan wórd jy as't ware jou fout. In die oë van ander mense word die hele persoon dan dikwels verwerp, vermy of gekasty - al is ons nie veronderstel om te oordeel nie, en al moet ons eintlik vergewe. Hoekom doen ons dit? Is dit dan onmoontlik om te sê sy's dierbaar al is sy 'n skinderbek, of al dwaal sy oë maklik is hy die hulpvaardigste ou wat ek ken? Om mense net in swart en wit te sien, is mos nie realisties nie? Of is dit?
4/10/201432 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

9 Apr

Sommige mense wil graag tradisies behou, maar waar het die Afrikaanse tradisie van soengroet ontstaan? Selfs mense wat jy pas ontmoet het, is maklik gesoen. Jy hoor gereeld van soensku kinders wat sommer gevlug het as famile kom kuier, maar selde van iemand wat met lof praat van die groetmetode. Tot watter mate word dit nog gevolg, en waar? En hoe behoort 'n mens te groet?
4/9/201431 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

8 Apr

Is daar nuwe belangstelling in skoonheidskompetisies of maak ons net maar so 'n ophef van Mej. SA omdat sy Afrikaans is?
4/8/201432 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

7 Apr

Soos mense kla, sal 'n mens dink dit het nog nooit slegter gegaan nie, maar kom ons kry 'n bietjie perpektief. As jy na die geskiedenis kyk, gedurende watter tydperke het mense die swaarste gekry? Die Jode in die Tweede Wêreldoorlog kom dadelik by 'n mens op, maar plaaslik kon veral sekere dele van die Groot Trek nie maklik gewees het nie. En wat van die konsentrasiekampe, die groot griep of die depressie? Sê nou jy is aan die begin van die 80 jarige oorlog gebore of jy moes 40 jaar in die woestyn ronddwaal? Sou jy omstandighede wou ruil?
4/7/201429 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

4 Apr

'n Luisteraar sê in die goeie ou dae het mense meestal die sportspan ondersteun uit die streek waar hulle woon of grootgeword het, maar deesdae is dit deurmekaar. Hoe gebeur dit dat mense wat nog nooit in Pretoria was nie vir die Bulle skree en binnelanders vir die Sharks, al het hulle nog nooit die Sharks in lewende lywe gesien of in Durban vakansie gehou nie? Wat laat jou assosieer met 'n span met wie jy geen verbintenis het nie?
4/4/201438 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

3 Apr

Hulle sê die gelukkigste verhouding het sy rusies, maar tot watter mate? Waaroor stry paartjies wat maar 'n maand of twee saam is? Jy is dan nog in die maanskyn en rose stadium van verlief wees waar jy jouself as't ware nog aan jou maat bemark. Wat van 'n vrou wat soms bang was vir die man? Het dit later geblyk dat jou vrese ongegrond was, of het dit erger geraak?
4/3/201439 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

2 Apr

Weens die krieketkommentaar was daar verlede week nog baie mense wat wou vertel hoe hulle in hulle beroepe beland het. Wou jy dit van kleins af doen, was daar 'n "a-ha!" oomblik toe jy besef het dit is wat jy wil doen, of het jy met snaakse draaie daar uitgekom en toe 'n belangstelling en passie daarvoor ontwikkel? Wie doen iets heel anders as waarvoor hy aanvanklik opgelei is?
4/2/201435 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

1 Apr

Taalbeleid by universiteite
4/1/201442 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

1 Apr

'n Gebrek aan ondervinding tel dikwels teen eerste keer werksoekers. Die opdoen van relevante ondervinding is juis een van die oogmerke van die regering se beoogde gemeenskapsjaar vir studente wat gradueer. Kan dit studente help om makliker werk te kry? As hulle tans meeding met ander studente sonder ondervinding, gaan hulle nie dan maar steeds op gelyke voet meeding, maar net teen studente met een jaar ondervinding nie?
4/1/201438 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

28 Mar

Die Woordfees en die Oppiwater Kunstefees is pas verby en die KKNK begin more. Het Afrikaans werklik al hierdie feeste nodig? Dra almal daartoe by dat meer nuwe kuns in Afrikaans geskep word, of gee dit net verskillende mense 'n geleentheid om by 'n kunstefees naby hulle uit te kom? Hoeveel mense woon meer as een kunstefees by? Waarna sien jy die meeste uit by die 20ste KKNK?
3/28/201437 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

27 Mar

Kom ons aanvaar jy het 'n beroep gevind waaroor jy passievol is. Hoe het dit gebeur? Was daar 'n "A-ha!" oomblik toe jy skielik besef het dis wat jy met jou lewe wil doen? Wou jy van kleins af die beroep volg, of het jy toevallig daarin beland en 'n belangstelling daarvoor ontwikkel?
3/27/201426 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

26 Mar

Sommige vloede is eenvoudig van so 'n aard dat niks in hulle pad 'n kans staan nie, maar 'n luisteraar sê baie skade kon verhoed gewees het as ons net die verskillende vloedlynvoorskrifte noukeuriger wil toepas. Geld dit ooit nog? Centurion is bv. gebou in 'n natuurlike kom waar oorstromings van die riviere voorsienbaar is en Klein Kariba is onder 'n damwal gebou. Moet ons nie versigtiger wees oor waar ons bou en so skade beperk nie?
3/26/201436 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

25 Mar

'n Gesin het pas geslaag met 'n eis teen 'n sekuriteitsmaatskappy omdat een van hulle wagte nalatig was deur 'n rower, vermom as 'n polisieman, toegang tot hulle kompleks te gee. Dit laat die vraag ontstaan hoe effektief veiligheidswagte oor die algemeen is. Slaag hulle gereeld daarin om misdaad te verhoed, of gooi 'n mens meestal maar die geld in die water wat jy betaal vir wagte om toegangsbeheer toe te pas?
3/25/201437 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

24 Mar

Die Proteas kon nog nooit 'n Wêreldbeker wen nie, al klop hulle gereeld die spanne teen wie hulle tydens sulke toernooie verloor. Weet ons wie is ons beste kombinasies in T20-krieket en speel die regte spelers om ons die beste kans te gee? Glo jy die Proteas gaan dalk vanjaar hulle eerste beker wen... of is jy al te veel teleurgestel?
3/24/201424 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

21 Mar

Dis menseregtedag. Suid-Afrika se grondwet word uit verskillende oorde geloof vir sy beskerming van menseregte, maar wat weet ons van die Menseregtehandves in die Grondwet? Weet jy byvoorbeeld wat is die verskil tussen primêre en sekondêre menseregte? Hoe ernstig is ons oor menseregte as ons so min moeite doen om ingelig te wees daaroor? Sien ons dit in perspektief, of is ons net begaan oor ons eie spesifieke menseregte wat dalk bedreig word?
3/21/201434 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

20 Mar

Met SAL wat kort-kort 'n nuwe reddingsboei nodig het, sê al hoe meer mense Suid-Afrika het nie 'n nasionale lugdiens nodig nie. Privaatlugdienste kan net so goed, of beter in die behoefte voorsien. Maar wat van roetes wat nie winsgewend is nie? Sal privaatrederye aanhou vlieg na die kleiner lughawens waarheen min mense reis of net die besiger winsgewender roetes dek? Wat is die voor- en nadele as SAL geprivatiseer word?
3/20/201437 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

19 Mar

'n Luisteraar sê hy weet nie hoe hulle die parkeertariewe op die lughawe uitwerk nie. Volgens die bordjie kos 1 uur R20 en 24 uur kos R155. Maar as hy 25 uur parkeer, vra die masjien R232. Hy is egter te haastig om by die huis te kom, om iemand te gaan soek om daaroor te stry. 'n Mens kan dit seker verstaan, veral sakemanne wat laataand na 'n lang dag land, maar hoe algemeen is foutiewe berekenings by parkeergarages oor die algemeen? Behoort 'n mens iewers daaroor te probeer kla, of is dit maar meestal 'n mors van tyd?
3/19/201424 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

18 Mar

Nadat die Fast and Furious-akteur, Paul Walker, in 'n motorongeluk gesterf het, het iemand sy sonbril op die ongelukstoneel opgetel en iemand anders die brandblusser wat daar gebruik is. Hulle wil die items nou verkoop. Frons jy oor sulke geldmaakpogings of is dit bloot opportunisme? Persoonlike items van bekendes is dikwels 'n fortuin werd. Besit jy dalk so 'n aandenking van een of ander bekende of 'n beroemde sportheld, en sal jy oorweeg om dit te verkoop?
3/18/201440 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

17 Mar

Sondagaande op Keimoes hou hulle "braaikerk". Gemeentelede bring iets om te braai en dan word daar lekker informeel om die braaivleisvuur gekuier terwyl hulle gesels oor 'n relevante onderwerp. Watter innoverende maniere gebruik kerke deesdae om te vernuwe en werk dit om meer lidmate betrokke te kry?
3/17/201436 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

14 Mar

'n Vrou in haar 20's sê sy weet nie meer watter kant toe met aanspreekvorme nie. Die riglyn was altyd dat as iemand 10 jaar ouer as jy is, dan is hulle oom of tannie, maar deesdae lyk dit of net oupas en oumas is wat nog ooms en tannies wil wees. Die res sê dit laat hulle oud voel en sommige ontken selfs geïrriteerd dat hulle familie is. Is oom en tannie se tyd uitgedien, of wie wil nog so genoem word?
3/14/201440 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

13 Mar

Daar is baie argumente vir of teen klimaatsverandering en hoe meer jy daaroor lees, hoe meer hardloop jy jouself teen mure vas. Is die idee van klimaatsverandering 'n mite of 'n feit waaroor mens regtig bekommerd moet raak? En kan die publiek werklik iets daaraan doen, of dit eenvoudig los vir wetgewing en aktiviste.
3/13/201442 minutes
Episode Artwork

12 Mar

'n Ongelukkige ouma sê hulle wou 'n liefdevolle huis bied aan een van die DBV se honde, maar is die mense nou vol nonsens! Alles moet perfek wees. Hulle maak dit so moeilik dat ouma voel hulle soek nie regtig nuwe huise vir die diere nie. As die diere kon kies, sou hulle sekerlik die meeste huise gekies het bo die DBV se hokke. Het jy al een van die DBV se diere probeer aanneem? Wat was jou ondervinding?
3/12/201435 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

11 Mar

'n Mens verstom jou gereeld oor Amerikaners se oningeligtheid, maar volgens 'n onlangse peiling onder mense met internettoegang is Suid-Afrikaners nog minder ingelig oor basiese wetenskapvrae soos of anti-biotika virusse doodmaak, of elektrone kleiner is as atome en wie van die pa of ma se gene die geslag van hul baba bepaal. Amerikaners het 65% gekry en Suid Afrikaners 50%. 'n Koerant noem dit skandalig, maar behoort Amerika as eerstewêreldland ons nie gemaklik te klop nie? En hoe belangrik is sulke inligting regtig? 'n Tiener sê sy ma het maar 2 uit 10 gekry, maar hy dink sy is nogal bright.
3/11/201435 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

10 Mar

Al ontken al die universiteite dat ontgroening nog bestaan, kom voorvalle van doop gereeld voor - soms steeds met rassistiese ondertone. 'n Luisteraar vra hoekom dit meestal op tradisoneel Afrikaanse kampusse gebeur. Is Afrikaanse studente minder verdraagsaam teenoor verskille in menings en kultuur? Beteken lojaal wees aan 'n koshuis se tradisie dat 'n mens moet saamstem oor alles, of is daar ruimte vir verskille? Kan iemand wat nie deel was van ou tradisies nie dan nie deel wees van die toekoms nie?
3/10/201438 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

7 Mar

Waaroor moet 'n mens met iemand gesels wat jy pas ontmoet het? Is dit swak maniere om te vra wat die persoon vir 'n lewe doen of waar hy woon? Sommige mense vertolk dit as onbehoorlike nuuskierugheid, maar tog het Dale Carnegie dertyds in sy boek voorgestel dat jy makliker vriende maak met iemand as jy hom uitvra oor homself, sy werk en sy stokperdjies. Hou ons dan nie maar almal 'n bietjie daarvan om oor onsself te gesels nie?
3/7/201440 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

6 Mar

Iemand sê nou die aand 'n mens kan sien dit gaan goed in die Kaap - kyk net hoe min bedelaars is daar. Toe antwoord 'n wynfilosoof dat almal weet Gauteng is loshande die rykste provinsie. Die aanbod is groter, dus is daar ook meer bedelaars - net dom bedelaars trek Kaap toe! Kan 'n mens uit die groot getal bedelaars in 'n streek aflei dat dit 'n arm gebied is waar meer mense moet bedel, of dat dit 'n ryk streek is waar mense kan bekostig om te gee?
3/6/201437 minutes, 1 second
Episode Artwork

5 Mar

Hoe vorder jy met jou vooroordele oor voorkoms? Het jy ook die vrou met die geel rok by die parlementsopening veroordeel sonder om eers verder te dink? Meneer, stel jy eerder 'n mooi poppie by jou werk aan omdat iemand wat so oulik lyk tog flukser móet wees as 'n vet vrou? En is 'n man met 'n baard vir jou óf 'n boer óf 'n terroris, afhangende van sy kleur? Hoekom oordeel ons eerder op voorkoms as op feitelike inligting?
3/5/201432 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

4 Mar

Oscar Pistorius se verhoor is seker die eerste in Suid-Afrika wat regstreeks op 'n toegewyde TV-kanaal uitgesaai word. Gaan mense wat sê die media moet hom tog nou uitlos ook maar kyk, sonder om te besef hulle koop so kaartjies en raak deel van die sirkus? Maar belangriker, gaan die kameras enige invloed hê op die getuies? As jy die waarheid praat, het jy mos niks om weg te stek nie, maar wie gaan nie sy woorde tel as hy weet die wêreld hou hom dop nie?
3/4/201429 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

3 Mar

Elke jaar hoor jy meer mense sê die tyd vlieg deesdae darem regtig. Hoekom voel dit of tyd al hoe vinniger verbygaan? Voel dit stadiger as jy gereeld nuwe dinge ervaar, as wanneer jy 'n roetinebestaan voer? Het die gejaagde lewe iets daarmee te doen? Indien wel, moet die tyd op die platteland mos stadiger verbygaan as in die stad, en dan behoort dit ook briek aan te draai as jy aftree. Is dit so?
3/3/201432 minutes
Episode Artwork

28 Feb

Sal ons ooit 'n punt bereik waar alle moontlike melodië uitgeput is? Wiskundig is dit seker onmoontlik, maar waarom klink sommige liedjies presies dieselfde? Waterloo van Abba klink soos Build me Up Buttercup van die Foundations. Die Beach Boys se Surfin' U.S.A en Chuck Berry se Sweet Little Sixteen... Of Fun se Some Nights en Simon en Garfunkel se Cecilia... Is dit bloot toeval of plant ons musikale saadjies soos die musiek versprei?
2/28/201434 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

27 Feb

Het jy vanjaar 'n matrikulant op skool? Hoe ondersteun jy jhulle, of laat jy alles oor aan die onderwyser? Daar word gesê ouers skryf saam toets, sit nagte saam op met take, ry meer taxi as gewoonlik, en einde laaste, maak saam matriekrok en skryf weer matriekeksamen. Is jy reg vir jou volgende matriekeksamen?
2/27/201435 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

26 Feb

Hou jy van die moderne Afrikaanse musiekfiek met sangers as akteurs? Elkeen het spesifieke fliekvoorkeure, maar dit lyk tans asof die Afrikaanse musiekflieks groot inkomste genereer by die loket. Waarom gaan jy fliek, en watter soort flieks doen die ding vir jou?
2/26/201419 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

25 Feb

Is jy die bron van skinderstories by die werkplek, of vertel jy graag stories oor ander? Volgens Gerda de Villiers van Live the Life Coaching is onvoldoende kennis of onvolledige inligting dikwels die rede vir 'n skinderstorie. 'n Storie versprei, daar word stukkies bygevoeg langs die pad, totdat dit buite beheer raak met nadelige gevolge.
2/25/201434 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

24 Feb

Jou oë is nie meer so goed nie. Jy sukkel om by die motordeur in of uit te klim. Daar is meer stampies en skrapies hier of daar. Hoe nou gemaak? Roep jy motorbestuur vaarwel toe? Hoe het dit jou lewe verander? En indien jy nie so oud is nie, hoe het jou ma, pa, oupa of ouma die situasie hanteer? Of wat het jy gedoen om hulle te oortuig om nie meer te bestuur nie? Tot watter ouderdom het hulle aktief bestuur?
2/24/201439 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

21 Feb

Is daar so iets soos common mense? Wat is common en het almal van ons nie maar 'n common-streep weg nie?
2/21/201430 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

20 Feb

Almal het 'n behoefte om aanvaar te word soos jy is, anders sê dit mos jy is nie goed genoeg nie, tensy jy verander? Aan die ander kant is daar mos altyd ruimte vir verbetering. Aanvaar jy jouself soos jy is, en wat beteken dit? Kan jy nou maar ophou om 'n beter mens te probeer wees?
2/20/201430 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

19 Feb

'n Ware demokrasie veronderstel dat kiesers behoorlik ingelig sal wees oor die verskillende partye se beleid sodat hulle 'n ingeligte keuse kan maak. Het jy enigsins huiswerk gedoen oor waarvoor die party staan vir wie jy dit oorweeg om te stem, of stem jy eintlik vir die persoon wat die "gesig" van die party is. Het jy selfs net 'n vae idee hoe ander partye se beleid van jou party s'n verskil, of is lojaliteit die deurslaggewenede faktor?
2/19/201436 minutes, 1 second
Episode Artwork

18 Feb

Die meeste krieketgeesdriftiges stem saam die seerste verloor is teen Australië. Ongelukkig weet die Aussies hoe om te wen en na die eerste toets vrees ondersteuners die Proteas het reeds vir die reeks verwelk. Is Australië soveel beter as SA, is hulle sielkundig net sterker, of is dit bloot arrogansie wat hulle dra? Wat moet die Proteas doen om beter te vaar in die 2de toets wat Donderdag begin? Kan hulle die reeks gelyk maak, of net 'n bietjie verlore aansien herwin?
2/18/201435 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

17 Feb

As 'n mens duidelikheid binne jouself het oor waaroor die lewe regtig gaan, moet jy tog gelukkiger wees. Jy kan dan makliker keuses maak oor wat jou nader aan jou doel sal bring, en wat nie. Maar is daar 'n maklike universele antwoord op hierdie eenvoudige vraag, of gaan die lewe vir verskillende mense oor verskillende dinge?
2/17/201437 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

14 Feb

Gelukkig val Valentynsdag vanjaar op 'n Vrydag. Dit maak dit mos darem makliker om vir liefie 'n bietjie te bederf. Gaan jy vanaand iets romanties doen? Dit hoef mos nie duur te wees nie. En as jy glo elke dag is Valentynsdag, wat gaan jy vandag doen om te bewys jy bedoel dit?
2/14/201428 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

13 Feb

Almal wil graag 'n blyplek met 'n mooi uitsig hê, maar as jy dit nie het nie, hoe kan jy dit opvrolik sodat dit darem meer strelend op die oog is as jy om jou rondkyk? Hoe belangrik is dit wat jy sien vir jou gemoedstoetand? Is mense met 'n mooi uitsig gelukkiger as ander, en hoe beïnvloed dit jou kreatiwiteit? Sal 'n skrywer beter skryf as hy opkyk na die natuur in plaas van 'n muur?
2/13/201429 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

12 Feb

Maandag het ons gepraat oor die stink houding van sommige landverlaters. Vandag praat ons oor die stink houding van party tuisblyers. As jy dan hier is vir goed, hoekom weier jy om iets positiefs raak te sien? Hoekom kry mense byna lekker as iets verkeerd gaan sodat hulle kan sê: "Ek het mos gesê?" 'n Luisteraar reken ons steel ons kinders se toekoms as ons hulle hoop steel. Ons praat mekaar so moedeloos om die braaivleisvure dat ons begin glo daar is geen hoop nie. Dan raak dit gou jou realiteit, ongeag die werklikheid.
2/12/201433 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

11 Feb

Daar word beweer dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens al sedert November tussen R50 en R100 bysit by die prys van vlugte vanaf OR Tambo Lughawe vir die toedraai van jou bagasie in plastiek. Die diens is egter nooit amptelik aangekondig nie, al betaal passasiers outomaties daarvoor. Die SAL betaal egter net R30 vir elk van die bagasiestukke wat hy hanteer aan die verskaffer van die diens oor. Is die toedraai van bagasie 'n waarborg dat daar nie mee gepeuter sal word nie?
2/11/201433 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

10 Feb

Baie Suid Afrikaners wat oorsee gaan woon, begin dadelik hulle nuwe tuiste ophemel en hulle oue swartsmeer. Alles in die nuwe land is wonderlik in die ootreffende trap en niks hier is goed genoeg nie. Hoekom hierdie leedvermaak, maar nog interessanter, hoekom keer heelwat van die trekvoëls terug as die gras dan so groen daar oorkant is en hier geen hoop in Suid-Afrika is nie?
2/10/201440 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

7 Feb

Deesdae is dit byna ondenkbaar om nie 'n selfoon te hê nie. Is daar nog mense wat vasskop en nie 'n selfoon wil hê nie, of een gehad het en besluit het om dit nie meer te gebruik nie? Wat is hulle motivering? Dink jy hulle is agterosse of voorbokke? 'n Luisteraar sê hy het sy selfoon in die see gegooi en hy mis dit glad nie. Nou het hy baie meer sielerus en baie minder stres.
2/7/201439 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

6 Feb

Met brandstofpryse wat knaend styg, raak brandstofbesparing al hoe belangriker. Die beste is natuurlik om glad nie te ry nie. Neem die gebruik van saamryklubs toe, of wat verhoed jou om een te begin? Watter ander brandstofbesparingswenke kan jy met ons deel?
2/6/201437 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

5 Feb

In die goeie ou dae was dit vir baie mans makliker om 'n wilde perd te vang en te tem as om vir 'n vrou te sê "ek is lief vir jou." Tot watter mate het dit verander? Wys die moderne man vandag makliker liefde en toegeneentheid? En wat van die moderne vrou en vriende teenoor mekaar?
2/5/201437 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

4 Feb

Toe ons nou die dag oor FAAN SE TREIN gepraat het, het besonder baie mense gesê hulle is moeg vir flieks wat die Afrikaner as "kommin" en "agterlik" uitbeeld. In reaksie daarop sê 'n ou plattelander FAAN SE TREIN beeld 1959 se plattelanders baie akkuraat uit, en eintlik lyk vandag se platteland grootliks nog so. Hy wonder hoekom Afrikaners dan so sensitief is oor hulle verlede as hulle terselfdertyd ook sê hulle is trots daarop. Verwar ons nie dalk die platteland se eenvoud en sout van die aarde mense met agterlik nie?
2/4/201435 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

3 Feb

4 Februarie is Wêreld Kankerdag. Gelukkig is daar al hoe meer mense wat kanker oorwin. As jy een van hulle is, kan jy aan vriende en familie van iemand wat met kanker gediagnoseer is raad gee oor hoe hulle lyers die beste kan ondersteun. Mense maak soms 'n oorlas van hulleself as jy net wil rus en kyk ander dinge waarmee jy hulp nodig het weer mis. Watter hulp het vir jou die meeste beteken?
2/3/201438 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

31 Jan

Wil die gemiddelde tydskrifleser regtig hoor hoe 'n glanspaartjie dit regkry om hulle huwelik te laat werk? Of wil jy liewer praktiese raad hê van mense wat 'n paar sakke sout saam opgeëet het en op 'n beskeie salaris 'n paar kinders "laat leer" het? Hulle mag die ware helde en heldinne wees, maar wie wil van hulle lees?
1/31/201436 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

30 Jan

Toe Gauteng se e-tolstelsel ingestel is, het sommige mense gesê 'n oorsese maatskappy administreer dit, so ons sal beter administrasie sien as met die plaaslike metropolisie. Hoe lyk die werklikheid sover? Is daar mense wat die tolpaaie gebruik en nie rekeninge kry nie, of andersom? Wat van buitensporige bedrae? Is mense wat wel vir die skyfie geregistreer het, bly of spyt?
1/30/201434 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

29 Jan

Mense kla maklik oor die polisie se diens, maar ons is medeverantwoordelik vir ons eie veiligheid. Is daar 'n buurtwag in jou omgewing en staan mense tou om aan te sluit en hulle kant te bring of moet hulle maar raap en skraap om dit te beman? Het dit 'n merkbare invloed op misdaad, of laat dit mense net veiliger voel om te weet iemand patrolleer wel hulle buurt?
1/29/201433 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

28 Jan

Die publiek en resensente het lanklaas so saamgestem oor die gehalte van 'n fliek soos oor FAAN SE TREIN, Pieter Fourie se tydlose vehoogstuk wat nou op die silwerdoek skitter. Maar gaan dit by die loket ook so wees, gedagtig daaraan dat 'n gehaltefliek soos DIE WONDERWERKER nie 'n top verdiener was nie? As Afrikaanse rolprente van top kwaliteit dan finansiëel minder lonend is, moet 'n mens seker vra hoekom die breë publiek dit nie in groter getalle ondersteun nie. As net 'n nismark dit kan waardeer, hoekom sal fliekmakers die risko loop?
1/28/201437 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

27 Jan

Die meerderheid van almal wat vanjaar studeer, gaan nie die kwalifikasie verwerf waarvoor hulle ingeskryf het nie. Baie van hulle gaan sukkel om die teleurstelling te oorkom, maar baie van die mense wat so krities is, se uitslae was self nie te waffers nie. Hoe het jy swak eksamenuitslae verwerk? Was dit 'n keerpunt, of die begin van 'n herhalende patroon waaruit jy nooit weer regtig kon wegbreek nie?
1/27/201436 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

24 Jan

'n Hele paar mense was dalk al lus om hulle vakansie met 'n dag of wat te verleng. Het jy al 'n wit leuen vertel oor hoekom jy nie kan kom werk nie? Wat is die flouste, oortuigendste of oorspronklikste verskonings wat jy al gehoor het?
1/24/201437 minutes
Episode Artwork

23 Jan

In Amerika het baie mense benewens 'n huisdokter of tandarts, ook 'n terapeut. Hoe algemeen is dit in Suid-Afrika en hoe suksevol is die behandeling? Oorkom 'n mens jou probleem of trauma en het dan nooit weer behandeling nodig nie, of is mense geneig om afhanklik daarvan te raak sodat hulle sukkel om as't ware die kruk weg te gooi? Hoeveel mense is daar wat die lewe se stampe en stote bloot nie kan hanteer nie en nie op hulle eie kan cope nie?
1/23/201436 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

22 Jan

Dowwe Dolla sê kathare is vir eensame mense is soos glitter. Troeteldiere kikker inderdaad 'n mens se lewe op, maar ongelukkig is hulle lewensverwagting baie korter as joune. Hoe maklik verwerk mense wat hulle troeteldiere as kinders beskou, so 'n dier se dood? Wat is die beste: om so gou moontlik weer een te kry, of voel jy een dier kan nie 'n ander een vervang nie?
1/22/201436 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

21 Jan

'n Paartjie wil tot in die hoogste hof baklei vir die wettige besit van dagga. Hulle sê ongeag die effek daarvan, is dit elke mens se reg om self te besluit wat hy in sy liggaam wil sit. Rook en alkohol veroorsaak duisende steftes, maar is wettig, al het dit nie medisinale gebruike soos dagga nie. In Portugal het dwelmverslawing glo met 40% afgeneem binne 10 jaar nadat alle dwelms gewettig is, bloot omdat dit nie meer verbode vrugte is nie.
1/21/201440 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

20 Jan

'n Wynmaker sê die beoordelaars van wynkompetisies hou van groen geure in sauvignon blanc, maar die publiek verkies meer tropiese geure. Steur jy jou enigsens aan wat die wynskrywers sê of die toekennings en sterre wat 'n wyn gekry het? Vind jy die beskrywings op wynspyskaarte betroubaar en 'n hulp om wyn te bestel? Is die beoordelaars uit voeling met die publiek, of registreer jou proeknoppe dalk net soet en suur?
1/20/201436 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

17 Jan

Onbekend is onbemind, sê die spreekwoord. Jou kinders se wêreld lyk dalk baie anders as joune. Hulle skop moontlik op skool heel natuurlik sokkerballe rond saam met kinders van ander kulture. Dit is seker nie toevallig nie dat Suid-Afrikaners van alle kulture nader aan mekaar was met die wêreldbekertoernooie in 1995 en 2010. Kan belangstelling in mekaar se gunsteling sportsoorte dien as 'n vorm van uitreiking tussen kulture?
1/17/201429 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

16 Jan

Wanneer twee tieners 'n verhouding begin, of jonger kinders maak maatjies, watter invloed het hulle ouers daarop? Sê nou jy hou nie van die laaitie wat by jou dogter kuier nie - byt jy maar op jou tande, of hoe wys jy dit? En dalk vang die ouers 'n totale gly in mekaar, maar moet noodgedwonge kontak hê as die kinders wil oorslaap. Het jy raad?
1/16/201439 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

15 Jan

Dit het so gewild geword om 'n foto van jouself met jou selfoon te neem, dat "selfie" selfs 2013 se woord van die jaar is. Is dit net 'n nuwe gier wat saam met selfone se verbeterde kameras gekom het, of gaan dit bly? Wat maak dit so gewild? Wanneer neem mense die graagste 'n selfie en doen skaam mense dit ook, of net die ekshibisioniste wat aandag soek?
1/15/201441 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

14 Jan

Statisties behoort studente met die hoogste matriekpunte ook die beste te vaar as hulle verder studeer. Dit is egter nie voor die voet so so nie, hoewel daar beslis meer slaag wat A-simbole behaal het as C-simbole. Tot watter mate is skoolprestasie 'n aanduiding van toekomstige prestasie en wat is die belangrikste faktore wat bepaal hoe goed jy vaar as jy verder studeer? Hoe kan 'n mens dus jou kanse om te slaag verhoog?
1/14/201438 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

13 Jan

Het jou gewig tydens die vakansie 'n nuwe piek bereik? Gaan jy maar voortbeur in jou stywe klere of gaan jy iets daadwerkliks daaraan doen? Of smelt dit vanself weer weg noudat die vakansiebederf verby is? Wat is die maklikste en vinnigste manier om van die vakansievetjies ontslae te raak? Het jy 'n beproefde metode wat vir jou werk?
1/13/201438 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

10 Jan

'n Mens hoor gereeld van 'n ooraanbod gegradueerdes in sommige vakrigtings en tekorte in ander. Wat behoort matrieks in ag te neem voordat hulle 'n studierigting kies? Jou eie aanleg en belangstelling, of eerder die kanse om werk te kry of die hoër salrisse wat met sommige beroepe geassosieer word? Sal jy jou kan uitleef in 'n werk wat goed betaal, maar waarin jy nie regtig belangstel nie?
1/10/201440 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

9 Jan

Wat kan 'n mens aflei uit die matriekuitslae wat Dinsdag bekendgemaak is? Is die standaard van onderwys in die algemeen besig om te verbeter? As daar 'n skool in jou omgewing is wat aansienlik beter gevaar het as verlede jaar, waaraan kan dit toegeskryf word?
1/9/201437 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

8 Jan

Jy hoor gereeld mense kla dat hulle tydens hulle vakansie tyd met familie moes spandeer omdat dit van hulle verwag word, en dat dit gou ontaard het in een of ander onsmaaklikheid wat almal se rus bederf het. Wat is die hoofoorsake van familierusies en hoekom is dit so algemeen? Voel jy nader aan jou vriende as aan jou familie?
1/8/201440 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

7 Jan

Jou CV is gewoonlik die eerste stap tot werksoek, maar as joune nes honderde ander lyk, is die kanse dat dit sal uitstaan maar skraal. Wat kan 'n mens doen om die kanse te verbeter dat jou CV raakgesien word tussen al die ander werksoekers? Is daar sekere dinge om te vermy?
1/7/201439 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

6 Jan

Al het jy met Jan Tuisbly se karretjie gery, was daar hopelik oor die feestyd vir jou ook 'n hoogtepunt of twee. Mense geniet altyd verskillende dinge. Vertel ons wat jy die meeste tydens die afgelope vakansie geniet het. Hoe voel jy nou aan die begin van die nuwe jaar? Het die vakansie jou batterye herlaai, of is jy so moeg "gerus" dat jy kwalik krag het vir die nuwe jaar?
1/6/201437 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

3 Jan

Dis nou maar eenmaal so dat dieselfde ding waaroor een persoon mal is, die volgende ou mal maak! Noudat jy hopelik kans gehad het om 'n bietjie te ontspan deur te lees of die DVD's van die flieks wat jy die afgelope jaar gemis het te kyk, vra ons vandag: Watter boek, fliek, toneelstuk, konsert, CD of TV-program het jy die meeste in 2013 geniet? Kan jy jou vinger daarop lê waarom dit jou gunsteling is?
1/3/201440 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

2 Jan

As jy in 2014 niks anders gaan doen as in 2013 nie, kan jy seker nie beter resultate verwag nie, of hoe? Net mense wat doodtevrede is met die afgelope jaar hoef dus nie nuwejaarvoornemens te maak nie. Waarmee gaan jy vanjaar begin, ophou, of ten minste aanpassings maak? 'n Luisteraar sê net slapgatte sê "ek maak geen nuwejaarsvoornbekems nie, want dit hou tog nie." Hoekom nie? Dis tog net jyself wat dit kan maak of breek.
1/2/201440 minutes, 1 second
Episode Artwork

1 Jan

Wat was jou moeilikste besluit in 2013?
1/1/201419 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

31 Dec 2013

Wat is jou persoonlike hoogtepunte van 2013?
12/31/201338 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

30 Dec 2013

2013 het heelwat sporthoogtepunte opgelewer. Die Proteas is die nommer 1 toetsspan in die wêreld, die Springbokke het almal behalwe die All Blacks geklop en Chad le Clos het die wêreld aan sy voete. Internasionaal het Sebastiaan Vettel 'n droomjaar gehad in Formule 1. Wat is vir jou die beste sportherinneringe van 2013? Watter sportman- of vrou het jou verbeelding aangegryp?
12/30/201323 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

27 Dec 2013

Baie mense is nou by hulle vakansiebestemmings, maar moet natuurlik weer die terugtog aandurf. Wat was vir jou die grootste uitdagings op jou vakansieroete? Sal jy op pad terug liewer 'n alternatiewe roete soek as een beskikbaar is, of meer reistyd toelaat a.g.v. padwerke of druk verkeer? Waarop moet padgebruikers veral bedag wees?
12/27/201327 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

26 Dec 2013

Sommige mense gaan tot die uiterste toe om hulle geliefdes op kersdag te verras. Dikwels gaan groot beplanning daarmee gepaard om in die geheim planne te smee of iemand op 'n dwaalspoor te bring sodat die verrassing nie uitlek nie. Watter apies het die verrassers hierdie jaar uit die mou gelaat?
12/26/201321 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

24 Dec 2013

Boodskapprogramme is seker die verveligste, maar ook die gewildste vorm van radio wat daar is. Ian Wessels verander Loslip vandag sodat luisteraars kersboodskappe aan geleifdes en vriende kan stuur.
12/24/201338 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

23 Dec 2013

Nie almal kan duur kersgeskenke bekostig nie, maar die meeste mense (veral vrouens?) verkies iets persoonliks wat sê "ek is vir jou spesiaal." Is dit beter om gekenke in hierdie kategorie te soek, of is iets prakties vir die huis net so spesiaal?
12/23/201336 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

20 Dec 2013

Het jy al jou vingers verbrand deur te veel op jou vakansie te bestee? Watter lesse het jy daaruit geleer en wat doen jy nou anders. Wat gaan jy doen om jouself te beloon vir 'n harde jaar se werk, sonder om jou platsak te laat?
12/20/201324 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

19 Dec 2013

Iemand sê op Facebook dis ironies dat so min van die mense wat kla oor min vakansie en klein bonusse self iets doen om hulle huishulpe of tuinwerkers 'n bonus te probeer gee.
12/19/201325 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

18 Dec 2013

Hoe verduidelik 'n mens vir jong kinders wat die dood beteken? Behoort hulle die begrafnis van 'n familielid by te woon? 'n Luisteraar sê haar pa het haar gedwing om na haar ouma se lyk in die kis te gaan kyk, maar dit het haar mooi herinneringe aan haar ouma totaal verdring.
12/18/201336 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

17 Dec 2013

Hoe het die groot matriekpartytjies toe afgeloop? Daar was minder stories oor wangedrag op Margate en Plet, maar het die matrieks hulle stemmiger gedra, of het die stories net nie die koerante gehaal nie? Hoe het matrieks die einde van hulle skooljare elders gevier? 'n Mens moet mos darem groot gaan met so 'n groot mylpaal, of hoe?
12/17/201333 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

16 Dec 2013

Vir baie mense het die langverwagte vakansie uiteindelik aangebreek. Waarna sien jy die heel meeste uit, al is dit net om rustig terug te kan sit om 'n boek ongehinderd te kan lees.
12/16/201337 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

5 Dec 2013

RSG se stasiebestuurder, Magdaleen Krüger, gesels met luisteraars oor verskeie RSG-aangeleenthede.
12/5/201331 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

4 Dec 2013

Ná die matriekeksamen gaan baie matrieks die vakansie van hulle lewe hou, terwyl ander gaan probeer …
12/4/201328 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

3 Dec 2013

Daar is baie mense wat dink alle kuns moet onskadelike vermaak wees met ordentlike taalgebruik wat g…
12/3/201331 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

2 Dec 2013

Die feit dat taxi's vrygestel is van Gauteng se e-tolgeld het baie mense laat vra hoekom meer mense …
12/2/201334 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

13 Sep 2013

Ons sal volgende week 'n aparte program aan romantiese vroue wy, maar vandag kyk ons na die romantieste dinge wat 'n man vir 'n vrou kan doen en hoe baie dit wat hy as romanties beskou, van haar siening verskil. Britse mans dink die top romantiese dade is om vir haar die afstandbeheerder te gee of die vullis uit te vat. WOW! Maar blykbaar maak vullisverwydering dames nie lam in die knieë nie. Sowaar? Vroue verkies glo blomme, aandete, of as hy vir haar 'n warm bad tap. Wat vind jy romanties?
9/13/201335 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

12 Sep 2013

Daar is drastiese verskille in die tempo waarteen mense verouder. Sommige verras almal met hulle energie op 'n hoë ouderdom, terwyl ander weer oud is voor hulle tyd. Wat veroorsaak dit? Word diegene wat gesond gelewe het wel op hulle oudag beloon met beter gesondheid? Kan 'n mens iets doen om die verouderingsproses te vertraag, en wat is die beste - om baie te rus, of om liewer besig te bly so lank jy kan?
9/12/201335 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

11 Sep 2013

Wanneer iemand tronkstraf vir 'n oortreding uitgedien het, is sy skuld betaal. Maar hy of sy het nou 'n kriminele rekord en sukkel meestal om weer werk te kry. Kan ons verwag sulke mense moet weer volwaardige lede van die samelewing word as ons hulle grootliks verstoot, juis wanneer hulle ondersteuning die nodigste het? Hoe kan die gemeenskap help om mense wat uit die gevangenis kom, by te staan en hulle 'n beter kans te gee?
9/11/201336 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

10 Sep 2013

Petroljoggies landwyd dreig om te staak, maar is hulle dienste in die eerste plek werklik nodig? Werkskepping is belangrik, maar is iemand wat jou brandstof ingooi nie eintlik 'n luukse nie? In baie eerstewêreld lande doen almal dit self. Sal jy jou eie brandstof ingooi, of as jy bang jou elegante ontwerperspakkie word dalk vuil? Wat is jy bereid om iemand te betaal om dit te doen?
9/10/201337 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

9 Sep 2013

Word 'n mens gebore met 'n voorliefde vir sekere smake en 'n afkeer in ander, of hoe ontstaan dit? As babas reeds sekere soorte babakos bo ander verkies, kan dit tog nie iets wees wat hulle aangeleer het nie, of raak 'n mens eers later vol fiemies? Kan 'n mens dus jou kinders leer om alle soorte kos te eet, en indien wel, hoe doen jy dit? Dink jy dat mense deedae 'n groter verskeidenheid produkte of geregte eet omdat 'n groter verskeidenheid beskikbaar is, of probeer ons maar selde iets nuuts?
9/9/201337 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

6 Sep 2013

RSG se stasiebestuurder, Magdaleen Krüger, praat oor RSG se toekomsplanne en antwoord luisteraarsvrae.
9/6/201341 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

5 Sep 2013

Dr. Sarah Slabbert van die Plain Language Institute gesels oor die noodsaaklikheid van eenvoudige en verstaanbare taal op die verpakking van pille en medisyne. Waarvoor moet ons op die uitkyk wees en wat is die verbruiker se regte hieroor?
9/5/201339 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

4 Sep 2013

'n Ouer sê die kos by die meeste skole se snoepies is meestal ongesond, dikwels oud en gans te duur. Voordat iemand hulle nie direk aanvat soos wat Jamie Oliver in Brittanje gedoen het nie, sal niks verander nie. Wat is jou ondervinding van snoepies? Het iemand dalk praktiese wenke om die standaard te verhoog? Sal die kinders gesonde kos eet, of verkies hulle maar 'n olierige paai?
9/4/201337 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

3 Sep 2013

Sommige mense sê hulle lees nie meer koerante nie want daar is amper nooit goeie nuus in nie. Hulle skryf mos net oor moord en doodslag! Nou het die SAUK aangekondig dat sy navorsing inderdaad wys mense is moeg vir misdaad en om oor negatiewe onderwerpe te praat. Positiewe nuus bou 'n nasie en eerder as om alles in 'n negatiewe lig te stel, beoog hulle dat minstens 70% van toekomstige nuusbulletins uit "sonskyn nuus" moet bestaan. Hoe voel jy hieroor?
9/3/201339 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

2 Sep 2013

Vroeër was lentedag 'n groot geleentheid met kinders wat deelneem aan lentelope en mense wat blomme werk toe neem. Het jy vanjaar iets spesiaals gedoen om die aanbreek van die lente te vier? En al is dit plek-plek nog koud, voel jy die verandering van 'n nuwe seisoen aan? As lente jou nuwe hoop en energie gee, vertel ons wat se veranderinge jy in jou lewe wil aanbring, of wat jy met jou nuwe energie gaan maak.
9/2/201336 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

30 Aug 2013

Die bestuurders van groot 4x4's en kragtige weeldewaens word dikwels uitgekryt as arrogante padvarke, maar het die voertuig wat jy ry regtig so 'n groot invloed op hoe jy bestuur? Kan 'n nuwe kar jou oornag van 'n hoflike en bedagsame motoris in 'n padvark verander? En is die ouens in die skedonke nie dalk net 'n tikkie jaloers nie? En as jy sukkel om by 120km/h uit te kom, lyk enige ou nie maar windgat as hy dubbel soveel krag as jy het en moeiteloos by jou verbyvlieg nie?
8/30/201336 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

29 Aug 2013

Ons maak almal foute en soms wonder 'n mens hoe jou lewe sou verloop het as jy dit kon oordoen sonder om weer die fout te maak. As jy nou terugdink, wat is die grootste fout wat jy in jou lewe gemaak het? Hoekom het jy dit nie toe besef nie en is dit regtig te laat om dit reg te stel? Het jy jouself al vergewe of dink jy nog gereeld daaraan?
8/29/201336 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

28 Aug 2013

Volgens 'n studie wat die RGN saam met die Mediese Navorsingsraad onder meer as 25 000 Suid-Afrikaners gedoen het, het 68% van vroue en 20% van mans 'n middelomtrek wat so groot is dat dit gesondheidsrisikos inhou. 'n Derde van die mans en die helfte van die vroue is onfiks. Hoe rym dit met die tradisionele prentjie van lui mans met bierpense en vrouens wat saans uitgeput in die bed klim nadat hulle die heel dag agter kinders moes aanhardloop en al hulle ander pligte nakom?
8/28/201333 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

27 Aug 2013

Net een uit elke vier voltydse studente verwerf 'n driejaar-graad in drie jaar... en meer as die helfte vang na 5 jaar steeds nie graad nie. Wat was vir jou die grootste uitdaging op universiteit - die volume werk of die moeilikheidsgraad? Sal meer studente nie slaag as hulle van die begin af kan kies om die verpligte vakke oor 'n langer tydperk te versprei nie? Dis tog makliker om intensief te fokus op minder werk as om alles te probeer leer en niks behoorlik onder die knie te kry nie. 'n Halwe eier is dalk beter as 'n leë dop, maar geld dit vir halwe grade ook?
8/27/201338 minutes
Episode Artwork

26 Aug 2013

Soms kan 'n mens die taalfoute verstaan wat Afrikaanssprekendes in navolging van Engels maak, maar hoekom gebruik al hoe meer mense deesdae die oortreffende trap verkeerd? Dis tog makliker om te sê "belangrikste" as "mees belangrikste?" Wat is die algemeenste taalfoute wat jy deesdae opmerk en wat dink jy gee aanleiding daartoe? Is dit die invloed van Engels?
8/26/201335 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

23 Aug 2013

Elke seisoen het sy eie hoogtepunte en koesteroomblikke, en as die winter se koue nie daar was nie, sou ons waarskynlik nie die somerson waardeer het nie. Die winter staan nou einde se kant toe. Gaan jy hom mis, en as jy nou terugdink, wat is jou lekkerste herinnering van die afgelope winter?
8/23/201340 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

22 Aug 2013

'n Teoloog se navorsing onder mans en vrouens wat tronkstraf uitdien vir moord, het bevind dat daar minimale verskille tussen die twee gesalgte is. Die hoofmotief by beide was woede, wat seker deels verklaar hoekom meer as 80% van die moorde nie vooraf beplan is nie, maar impulsief gepleeg is. Stem jy saam dat dit die minderheid moorde is wat vooraf koelbloedig beplan word?
8/22/201333 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

21 Aug 2013

'n Luisteraar maak die stelling dat vandag se ouers nie meer hulle kinders kan beheer nie. Het vorige geslagte hulle kinders beter beheer, of was dit toe maar net ondenkbaar vir kinders om hulle teë te sit? Is 'n ouer wat sy kind kan beheer noodwendig 'n beter ouer of werk dit soos die bestuurder van 'n maatskappy? Sommige bestuurders se werknemers doen wat hulle sê uit vrees, terwyl ander bestuurders sulke goeie leiers is dat hulle werkers motiveer om hulle te wil volg.
8/21/201337 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

20 Aug 2013

SARU het opdrag gegee dat elk van die 14 Vodacombeker rugbyspanne 'n minimum van sewe gekeurde spelers in hulle 22-tal vir elke wedstryd moet hê, waarvan minstens 5 in die beginspan moet wees. Die Vodacombeker reeks is oorspronklik juis ingestel om jong spelers te help ontwikkel, maar ongelukkig vaar selfs unies in streke met volop gekleurde spelers kwalik beter as die res. Hoekom sukkel byna alle die unies 20 jaar na transformasie dan nog so met ontwikkeling dat kwotas nou afgedwing moet word?
8/20/201338 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

19 Aug 2013

Die aantal oorgewig mense in Suid-Afrika het die afgelope 10 jaar toegeneem van 27% tot 40% en ons kinders is nou amptelik vetter as die Amerikaners. Mense blameer graag tydskrifte met foto's van oordrewe maer modelle vir tieners se dieetsteurnisse, maar as die media dan sê "maer is mooi" hoe rym hierdie toename daarmee? En hoekom maak moeilike ekonomiese tye ons dan vet? Het ons ophou probeer om gesonder te leef, ten spyte van die hoë risiko van leefstylsiektes? Download audio: http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20130819_LOSLIP.mp3
8/19/201340 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

16 Aug 2013

"As liefde gebottel kon word, sal dit lyk en smaak soos my ma se inmaakperskes," hoor ek nou die dag by iemand. Ons het natuurlik almal unieke herinneringe. Wat sal jou definisie wees van gebottelde liefde?
8/16/201336 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

15 Aug 2013

Soms loop 'n mens vriende (of familie) wie se spoor jy verloor het weer raak by reünies, troues of begrafnisse. 'n Luisteraar sê dis gewoonlik heel lekker, maar soms raak die mense dan lastig en wil tydig en ontydig kom kuier, asof hulle die verlore tyd wil inhaal. Wat is jou ondervinding? Hervat jy maklik na jare weer 'n normale vriendskap, of raak jy gou weer uitgekuier?
8/15/201337 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

14 Aug 2013

'n Mens hoor gereeld van mense wat eers agterkom dat hulle name op 'n kredietburo se swartlys is wanneer hulle afgekeur word vir krediet. Hoe gereeld kom foute voor en hoe maklik is dit om weer reg te stel? Is dit nie net regverdig dat 'n mens in kennis gestel word as jou naam op 'n swartlys geplaas word nie? Download audio: http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20130814_LOSLIP.mp3
8/14/201335 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

13 Aug 2013

Maak die alledaagse lewe genoeg voorsiening vir linkshandiges, of waarmee sukkel hulle?
8/13/201340 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

12 Aug 2013

Bedelaars by verkeersligte kan nogal innoverend wees. Sommige vermaak motoriste op allerlei maniere en en jy kan sien daar het heelwat dinkwerk ingegaan in party van hulle se plakkate. Wat is die oorspronklikste bemarkingsmetodes en bewoording wat jy al gesien het? Sal jy meer geneë wees om iets te gee vir iemand wat moeite gedoen het om oorspronklik te wees?
8/12/201338 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

9 Aug 2013

Dit het eeue geneem voordat vroue as volwaardige mense beskou is. Vandag hoor 'n mens darem meer gereeld dat hulle erkenning en waardering kry. Voel die vroue hulle het nou hulle regmatige plek in die samelewing ingeneem, of op watter gebiede word daar nog teen hulle gediskrimineer? En vertolk moderne mans die woord "onderdanig" in die huweliksformulier minder letterlik as voorheen?
8/9/201336 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

8 Aug 2013

Goeie huurders wat gereeld betaal en jou eiendom oppas soos hulle eie, is maar skaars. 'n Luisteraar beweer verhuurders waardeer hulle nie genoeg nie en doen niks om hulle te behou nie. Huurgeld gaan bv. jaarliks steeds met 10% op - ver bo die persentasie wat salarisse styg. Is dit nie vir 'n verhuurder voordelig om 'n goeie huurder te probeer behou deur sy huurgeld met minder te laat styg nie? Dalk spaar jy meer as dit op onderhoudskoste?
8/8/201338 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

7 Aug 2013

Mense wat oorsee gaan woon of vakansie hou gehoorsaam dikwels al die padverkeersreëls getrou... in skrille kontras met toe hulle nog in SA gewoon het. Dan gaan dit mos nie oor selfdissipline nie? Hoekom werk die goeie opvoeding wat jy plaaslik gekry het dan beter oorsee?
8/7/201340 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

6 Aug 2013

Iemand sê ons dink maklik as 'n leier afwyk van ons idee van goeie sedes, is hy outomaties 'n swak leier. Ons behoort leierskap en sedes egter te skei soos die Franse doen. Wie sou jy byvoorbeeld wou hê moet die 3de Wêreldoorlog lei? Iemand so voorbeeldig en sedig soos George Bush of Jimmy Carter, of eerder 'n man met 'n dwalende oog soos John Kennedy of Bill Clinton?
8/6/201332 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

5 Aug 2013

Johann Symington, wat nou 'n beroep in Japan aanvaar het, sê hoe meer 'n mens trek, hoe wyser word jy. Dit verbreed jou verwysingsraamwerk. Het jy nuwe perspektief gekry nadat jy na 'n ander streek verhuis het? En is mense wat hulle hele lewe op dieselfde plek woon, geneig om 'n bietjie te stagneer?
8/5/201336 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

2 Aug 2013

Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het op die Nasionale Dag teen Kinderarbeid gesê dat sowat 821 000 kinders in Suid-Afrika nog betrokke is by kinderarbeid. Die Internasionale Arbeidsorganisasie skat dat daar wêreldwyd meer as 246-miljoen kinders tussen die ouderdomme van 5 en 17 jaar werk. Hoe voel jy oor kinderarbeid?
8/2/201344 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

1 Aug 2013

Met behulp van 'n ateljeegas beantwoord ons luisteraars se vrae oor orgaanskenking en moedig mense aan om lewens te red en orgaanskenkers te word.
8/1/201342 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

31 Jul 2013

'n Luisteraar sê dit moet wonderbaarlik goed gaan met motorverkope as haas geen verkoopspersoon die moeite doen om jou terug te bel nie. Hy was by die vertoonlokale van vyf verskillende ondernemings om te vra om 'n motor te toetsbestuur en om 'n aabod op sy huidige motor as inruil te maak. Behalwe vir 'n SMS om dankie te sê vir sy besoek, het nie een van hulle hom meer as 'n maand later nog teruggebel nie. Wat was jou ondervinding van diens toe jy 'n motor wou koop?
7/31/201337 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

30 Jul 2013

'n Mens kan amper sê dat iemand wat vandag nie 'n selfoon het nie, nie een WIL hê nie. En dan is daar derduisende toeps waarmee jy jou selfoon as't ware 'n turboboost kan gee vir vinniger werk of groter plesier. Wat is die gewildste en ongewoonste selfoontoepassings wat jy gebruik. Waarvoor gebruik jy dit en hoe maak dit jou lewe makliker of lekkerder?
7/30/201335 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

29 Jul 2013

Suid Afrika het al langer as 'n halfeeu gelede 'n onafhanklike republiek geword, maar die geboorte van prins George het weer gewys hoe behep baie Suid Afrikaners nog met die Britse koningshuis is. Hoekom voel ons nie dieselfde oor ander koninklikes met wie ons ook historiese bande het nie? Mense koer oor die trotse mamma en pappa, maar is dit nie maar hoe elke nuwe mamma en pappa voel nie? Is ons beheptheid normaal, of ontvlug ons dalk in 'n moderne sprokie?
7/29/201337 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

26 Jul 2013

Omstrede beslissings van skeidsregters wat die uitslag van wedstryde beïnvloed, was nog altyd deel van sport, en soos die duiwel dit wil hê is dit mos altyd jóú span wat beduiwel word. Tot watter mate het die gebruik van TV-skeidsregters gehelp om verkeerde beslissings uit te skakel? 'n Luisteraar wonder ook watter rol die TV-regisseur speel. Kry die TV-skeidsregter al die relevante beeldmateriaal, of hoekom sien ons soms eers ná die wedstryd die kopstamp wat die vuishou uitgelok het?
7/26/201335 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

25 Jul 2013

'n Studie onder jongmense in Suid-Afrika wys dat dié wat gewerk het terwyl hulle studeer het, die maklikste werk gekry het. Die ander interessante bevinding is dat dié wat van 'n netwerk van kontakte soos vriende of familie gebruik gemaak het om hulle CV te verspei, makliker werk gekry het as die wat by hulle ouers gebly en op hulle eie probeer het - skynbaar omdat laasgenoemde nie so 'n groot netwerk het wat kan help nie.
7/25/201338 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

24 Jul 2013

'n Mens hoor al hoe meer van werknemers wat hulle eie slimfone, skootrekenaars of tablette by die werk gebruik om meer produktief en innoverend te wees omdat die toerusting by die werk nie verskaf word nie, of so verouderd is dat dit frustrerend stadig is om te gebruik. Aan die een kant help dit om die werk vinniger gedoen te kry, maar hou dit nie 'n risiko in dat vertroulike maatskappy inligting kan uitlek nie? Verskaf jou werk voldoende infatruktuur, of gebruik jy van jou eie items by die werk?
7/24/201331 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

23 Jul 2013

Hou skole se haarrreëls tred met die tye? As alle mans hulle hare lank dra volgens die mode, hoekom moet seuns se hare dan kort wees?
7/23/201333 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

22 Jul 2013

'n Mens sien nogal heel dikwels padtekens met koeëlgate, soms ver van die naaste dorp af. 'n Luisteraar wonder wie dit doen en wanneer. Hoekom kry 'n mens skielik 'n bevlieging om aan die skiet te gaan op 'n padteken? Is dit blote vernielsug, soos kwajongens wat 'n leë gebou se vensters stukkend gooi, of dalk dronk manne met wapens? Download audio: http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20130722_LOSLIP.mp3
7/22/201335 minutes
Episode Artwork

19 Jul 2013

Dit raak weer tyd vir die jaarlikse matriekafskeid. Hang skole nog so uit soos in die verlede, of het die ekonomie baie al gedwing om af te skaal? Wat beplan jou skool en het jy al gedink oor wat jy gaan aantrek? Dink jy aan jou matriekafskeid as die belangrikste geselligheid van jou lewe tot dusver?
7/19/201340 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

18 Jul 2013

Hoe realisties moet dialoog in verhale wees, hetsy op radio, in TV-reekse, of in boeke? Laat 'n goeie skrywer sy karakters praat soos wat hulle in die werklike lewe praat, of moet hy as't ware sensuur op hulle toepas en hulle "ordentlik" laat praat, sonder enige kragwoorde? Sal 'n mens kan identifiseer met 'n gewelddadige skurk wat fatsoenlike taal gebruik?
7/18/201337 minutes
Episode Artwork

17 Jul 2013

As deel van hulle bemarking het versekeringsmaatskappye so 20 jaar gelede dikwels projeksies gemaak oor toekomstige studiekoste. Ongelukkig het baie ouers dit as oordrwewe afgemaak want: "hulle wil net 'n polis verkoop." Dalk moes jy maar daai polis gekoop het! Volgens 'n onlangse koerantberig gaan 'n graad wat tans R400 000 kos oor 10 jaar byna R720 000 beloop. Dalk moet oupas en oumas daaraan dink om in hulle testamente iets aan hulle kleinkinders te bemaak spesifiek vir studiekoste. Dit gaan nie makliker raak nie. Kan 'n mens nog met ekstra werk self vir jou studies betaal, of watter innoverende maniere van befondsing is daar?
7/17/201340 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

16 Jul 2013

Hoekom versaak die wag voor jou mond jou so maklik op Facebook of Twitter sodat jy makliker beledigende opmerkings maak as elders?
7/16/201335 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

15 Jul 2013

Daar word gereeld gespot dat mans baie meer kleinserig is as vrouens. Dalk het jy die onlangse eksperiment, waar mans probeer waks het, op YouTube gesien. Vrouens sê ook dat as 'n man griep kry, draai hy mos by die dood om. Word mans dalk regtig sieker as vroue as hulle die slag griep kry? Ervaar hulle pyn anders, of kan hulle net nie die hulpeloosheid van siekwees verduur nie?
7/15/201336 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

12 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/12/201342 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

11 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/11/201337 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

10 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/10/201337 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

9 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/9/201327 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

8 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/8/201336 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

5 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/5/201340 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

4 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/4/201341 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

3 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/3/201333 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

2 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/2/201332 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

1 Jul 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
7/1/201339 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

28 Jun 2013

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!
6/28/201337 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

27 Jun 2013

Hoe belangrik is korrekte spelling vir jou?
6/27/201338 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

26 Jun 2013

Vakansieplanne met troeteldiere.
6/26/201341 minutes
Episode Artwork

25 Jun 2013

Die Proteas het nou vir die eerste keer erken hulle het wéér gechoke. Waar het als begin en is dit die eerste stap tot herstel?
6/25/201337 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

24 Jun 2013

Almal wil graag vir hulleself die mooiste moontlike toekoms in die lewensbos oopkap en vir hulle kinders die beste geleenthede skep. Dis 'n feit dat geld daarvoor nodig is, veral vir kinders wat ekstra buitemuurse aktiwiteite doen om talent te ontwikkel, of ekstra klasse moet neem om by te bly. 'n Mens hoor dikwels veral van pa's wat uiters lang ure werk, of ver van hulle gesinne af werk omdat hulle só meer kan verdien, maar is dit die opoffering werd?
6/24/201341 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

21 Jun 2013

Daar is 'n gesegde dat 'n mens nooit die meeste van jou toekoms kan maak solank jy nog 'n slaaf van die verlede is nie. 'n Mens hoor baie van die goeie ou dae, maar min van 'n hoopvolle toekoms. Tog het mense al onder baie moeiliker omstandighede as joune oor die toekoms gedroom en hulle drome nagejaag. Weet jy van sulke gevalle en waarna sien jy vandag hoopvol uit?
6/21/201334 minutes
Episode Artwork

20 Jun 2013

Daar is baie mense vir wie kaggels, verwarmers en elektriese komberse daagliks help om die winterkoue te verdryf. Ongelukkig is daar meer mense wat daarsonder moet klaarkom. Vandag soek ons stories oor gemeenskapsprojekte en liefdadigheid in jou kontrei wat die hart verwarm. Waarby is jy betrokke, en as jy al ooit self baat gevind het by projekte soos Winterhoop, wil ons graag hoor wat dit vir jou beteken het.
6/20/201336 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

19 Jun 2013

Baie TV en radioprogramme word vervaardig met agtergrondmusiek onder die aanbieder se stem, ook bekend as bedmusiek. Sommige radiostasies gebruik dit ook tydens sport- en verkeersverslae en selfs nuusbulletins. Dra dit by tot die programme of is dit steurend? Hoekom pla dit ons selde in rolprente?
6/19/201329 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

18 Jun 2013

Dana Snyman skryf in 'n koerantartikel dat skole se leuses in vyf kategorieë ingedeel kan word: Dié in Latyn (Dignitas in Laboria est), patriotiese leuses (dikwels uit die era van Afrikaner Nasionalisme in die 1930's en 1940's soos Voor in die wapad brand 'n lig), dié wat strewe na hoër hoogtes (Koersvas na die kruin), dié wat jou probeer moed inpraat en wat veral op die platteland voorkom (soos Verdraagsaam dog Beslis) en dié met filosofiese ondertone (Ek leef en sal lewe). Ken jy nog gepaste of ongewone skoolleuses? Onthou jy nog jou skool s'n en het dit later in jou lewe vir jou iets beteken?
6/18/201335 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

17 Jun 2013

Dis algemeen dat ouer mense maar selde iets goeds te sê het oor vandag se jeug, maar is dit geregverdig? Is dieselfde nie maar van daardie mense gesê toe hulle kinders was nie? En as vandag se kinders dan so treurig is, wat sê dit van die opvoeding wat hulle kry?
6/17/201338 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

14 Jun 2013

Sondag is Vadersdag en vandag kyk ons op 'n ligter trant terug na die kattekwaad wat jy as kind aangevang het. Het jou pa ooit van alles uitgevind en hoe het hy gereageer? (As jy aan die program deelneem kan ons seker aanvaar hy het jou toe nie doodgeslaan soos jy dalk toe gevrees het nie.) As jy self 'n pa is, hoor ons graag jou kant van die storie. Dalk weet jy meer van jou kinders se sondes as wat hulle vermoed?
6/14/201335 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

13 Jun 2013

Volgens die jongste navorsing oor produktiwiteit lyk dit of jy minder op jou doenlysie moet sit sodat jy die dinge wat werklik saakmaak, kan klaarkry. Wat dink jy is die mees algemene foute wat ons van beter produktiwiteit weerhou en watter praktiese wenke werk vir jou by die werk, of by die huis?
6/13/201338 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

12 Jun 2013

'n Luisteraar sê mans bo 50 kom net in twee uiterstes: Hulle is of futloos en vet, of hulle ontken die middeljare deur verwoed te oefen en hulle jonk en laf te hou. Sy sê egter niks van vrouens bo 50 nie... Hoe lyk die gemiddelde mens in sy 50's? Is hulle tevrede met wie hulle is, of wat sal hulle die graagste wil verander?
6/12/201337 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

11 Jun 2013

Nuwe idees word selde gebore in 'n enkele Eureka-oomblik. Meer dikwels groei dit uit toevallige opmerkings in stimulernde geselskap. 'n Rubriekskrywer voel die beste teelaarde is die kringetjie waar die rokers bymekaarkom. Dalk die witste lelie wat uit die swartste modder groei? Moet ons dan nie meer geleenthede vir sulke onvoorspelbare en stimulerende interaksie probeer skep nie? Waar het jy van jou beste idees gekry of vir die eerste keer gewonder oor iets wat jou lewe sou verander?
6/11/201338 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

10 Jun 2013

Formele skoolopvoeding soos ons dit ken, het in die tyd van die nywerheidsrevolusie ontstaan om mense op te lei om in fabrieke te werk, met weinig aandag aan die ontwikkeling van kreatiwiteit. Vandag nog is die kunste en musiek wêreldwyd minder belangrike vakke. Die toekoms vra egter toenemend kreatiewe denke. Maak die manier hoe ons kinders grootmaak en in skole opvoed nie die kreatiwiteit waarmee hulle gebore word, dood nie? Hoe kan ons dit eerder voed en ontwikkel?
6/10/201333 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

7 Jun 2013

Verlede week het ons oor manwees gesels en vandag gee ons die vroue kans. Wanneer voel jy soos 'n ware dame? Is 'n man enigsins betrokke, of is dit wanneer jy met 'n spesifieke aktiwiteit besig is of gepamperlang word? Soos verlede week toe die dames kon sê wat vir hulle besonder manlik is, is dit net billik dat ons die mans ook kans gee om te vertel wat is vir hulle die toppunt van vroulikheid.
6/7/201336 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

6 Jun 2013

Hoe lyk jou reisjoernaal?
6/6/201328 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

5 Jun 2013

Dis verkoue- en griepseisoen en voorkoming bly beter as genesing. Wat kan 'n mens doen om die kanse te verminder dat jy siek word? 'n Verpleegster-ma sê ons besef nie hoe belangrik handewas is in die voorkoming van siektes nie. Vandat haar gesin meer bedag daarop is, raak hulle baie minder siek. Het jy al so daaraan gedink of watter voorkomingsmaatreëls werk vir jou?
6/5/201334 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

4 Jun 2013

Protesoptrede is aan die orde van die dag, maar selfs al voel ons baie sterk oor 'n saak soos die beplande e-tolstelsel, is dit vir baie Afrikaanse mense darem te volksvreemd om aan optogte deel te neem of met plakkate te betoog. "Wat help dit in elk geval?" vra baie. Dink jy protesoptrede het al ooit iets bereik, of is daar meer effektiewe maniere om jou misnoë te kenne gee en druk uit te oefen om besluite verander te kry?
6/4/201336 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

3 Jun 2013

Dis een ding om gereeld te draf of selfs aan ‘n marathon deel te neem, maar die Comrades se 86 km stel ander eise. Selfs mense wat gesond lewe en gereeld oefen, sien nie sommer daarvoor kans nie. Aan die ander kant durf mense wat nooit gereeld aan langafstandatletiek deelgeneem het nie dit weer aan. Hoekom? Leer 'n mens iets uit die voltooing van die Comrades wat jy elders in jou lewe ook kan toepas?
6/3/201336 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

31 May 2013

'n Luisteraar beweer dat 'n mens nie in die gimnasium met oefenapparate dieselfde sterk spiere kan bou as wanneer jy daagliks harde fisieke werk verrig nie. Hy sê die harde manne word deur die lewe gebrei en die “pretty boys kry afshow spiere in die gym." Steek daar enige waarheid in?
5/31/201333 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

30 May 2013

Na verlede week se Loslip waarin 'n luisteraar gesê het mense met 'n kwaai Afrikaanse aksent word moeiliker in maatskappye met 'n Engelse kultuur bevorder, het ek nogal heelwat haatpos en beledigings ontvang van mense wat hulleself Afrikaners noem. Die sentrale tema is: Jy is 'n Afrikaner hater omdat jy ALTYD die Afrikaner probeer verneder. Kom ons steek hand in eie boesem en vra hoekom Afrikaners so emosioneel raak om sulke wilde aannames te maak en die boodskapper aan te val as hulle nie van die vraag of boodskap hou nie? Dit kan tog nie wees dat die Afrikaner aan gebrekkige perspektief ly wat hom so kleinserig maak nie?
5/30/201336 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

29 May 2013

Hulle sê 'n gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees, maar as 'n mens gereeld met gestremde mense in aanraking kom, begin jy dink dit behoort eintlik andersom te wees. Hoekom is gestremde mense gereeld opgeruimd en positief, terwyl mense sonder enige gestremdheid weer makliker kla en op die oog af meer dikwels swaarmoedig is? Lê die verskil dalk in groter waardering van lewe?
5/29/201337 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

28 May 2013

Verskillende goed laat verskillende mans soos ware mans voel. In 'n koerantartikel sê Theuns Jordaan hy hou van skiet. Dit ruik soos testosteroon. Watter aktiwiteite laat jou as man regtig voel dat jy manwees die meeste geniet?
5/28/201339 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

27 May 2013

Daar is aanduidings dat gevalle van bipolêre depressie aan die toeneem is. Wat is die oorsake en simptome en is daar enige moets en moenies wat ons in gedagte moet hou as ons 'n vriend of familielid, wat 'n lyer is, wil ondersteun?
5/27/201344 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

24 May 2013

Vyfendertigduisend mense het aansoek gedoen vir die sogenaamde eenrigtingkaartjie na Mars. Dis een ding om 'n bietjie weg te breek, maar wat sou die redes wees hoekom mense graag na 'n ander planeet toe sou wou gaan? Waarvan wil hulle wegkom hier op aarde? En wat pak 'n mens nou in vir so 'n trippie na Mars?
5/24/201336 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

23 May 2013

Baie Suid Afrikaners sukkel met skuld en soms lê die balju beslag op bates wat verkoop moet word om dit te delg. Winnie Mandela was onlangs daaroor in die nuus en 50 skilderye, 'n silwer teestel van 24 stukke, 2 tafels, 14 stoele, boeke en beeldhouwerke gaan opgeveil word om skuld van R20 000 te delg. Hoewel goedere op sulke veilings meestal onder markwaarde verkoop word, klink dit na baie goed vir R20 000. Is die balju te baldadig om te veel goed "op te skryf”?
5/23/201338 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

22 May 2013

Selfone is vandag alledaags, maar onthou jy nog jou eerste kennismaking daarmee? Waar het jy die eerste keer iemand op 'n selfoon hoor praat en na wie was jou eerste oproep? Wou jy dadelik ook 'n selfoon hê of was jy aanvanklik skepties? En wat van stories en staaltjies oor die dae toe mense nog windgat was oor hulle selfone?
5/22/201339 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

21 May 2013

Min mense spaar genoeg vir aftrede. Hoekom glo ons dit gaan uitwerk, al beplan ons nie? Kon jy regtig nooit meer wegsit vir jou oudag nie?
5/21/201337 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

20 May 2013

Mei is nasionale bloeddrukmaand en baie Suid Afrikaners sukkel weens hulle leefstyl met veral hoë bloeddruk. Die meeste mense is vaagweg van die gevare bewus, maar besef dit nie regtig nie en maak moeilik aanpassings. Hoekom dobbel ons so met ons gesondheid?
5/20/201337 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

17 May 2013

Hoe lyk die ideale stad van die toekoms? 'n Luisteraar voel dat goeie buurmanskap sal baat by die beginsel van soort soek soort. Sy propageer afsonderlike voorstede daarop gebaseer. Een waar jy nie troeteldiere mag aanhou nie en een waar jy dit onbeperk kan doen. 'n Voorstad vir mense wat wil lawaai en tot laat na harde musiek wil luister en een vir stil skrywers en lesers. 'n Voorstad vir mense met jong kinders waar skole en parke volop is en selfs een vir mense wat nie omgee hoe hulle erwe en sypaadjies lyk nie. Wat sê jy?
5/17/201334 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

16 May 2013

Syfers dui aan dat moedertaalonderrig net vir Afrikaans en Engelssprekendes 'n werklikheid is. Sowat 100 000 meer leerders as wie se moedertaal Afrikaans is word in Afrikaans onderrig. Dit kom neer op 109% van moedertaalsprekers. Volgende in die ry is Xhosa, maar net 33% Xhosas gaan skool in Xhosa. Daar is 'n globale neiging na Engels as voorkeuronderrigtaal om beter internasionaal te kan kommunikeer. 'n Ouer luisteraar sê sy onvermoë om goeie Engels sonder ‘n swaar aksent te praat, het hom baie geleenthede gekos. As hy sy lewe kon oorhê, sou hy ook liewer in Engels wou skoolgaan. Is ons onprakties met ons oordrewe lojaliteit teenoor Afrikaans?
5/16/201337 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

15 May 2013

Kinders wat vir alles bang is of maklik seerkry, word soms anders deur ma's en pa's behandel. Ma raak dikwels oorbeskermend en piep hom verder op, terwyl pa soms ongeduldig raak met opmerkings soos: "Hou op huil! Jy is mos nie meer 'n ou babatjie nie?" Hoe behoort ouers dit te hanteer?
5/15/201335 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

14 May 2013

Almal in die krieketwêreld was geskok oor Gary Kirsten se onverwagse aankondiging dat hy nie gaan aanbly as afrigter van die Proteas nie. 'n Sportgeesdriftige sê as dit so onverwags was, is hy meer geskok oor die ongekende haas waarmee Russel Domingo skaars 24 uur later in Gary se plek aangestel is. Eers sou 'n komitee aangetsel word om oor 'n geskikte opvolger te besin, maar die volgende dag word 'n nuuskonferensie gehou om Domingo se aanstelling te bekragtig. Dit terwyl sy kontrak nog nie eers gefinaliseer is nie. Iets rym nie. Wat sê jy?
5/14/201335 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

13 May 2013

Ter viering van Internasionale verplegingsdag Sondag, gesels Ian Wessels met 'n manlike verpleër wat ook in Londen gewerk het. Hulle praat oor verskeie aspekte van verpleging as beroep. Hoekom kies so min mans dié beroep en hoe verskil dit oorsee van hier op eie bodem? Ian wil ook weet wat vroulike pasiënte se reaksie is as 'n man hulle moet was?
5/13/201341 minutes, 20 seconds
Episode Artwork

10 May 2013

‘n Mens hoor gereeld van bejaarde moeders wat nooit iets van hulle kinders hoor nie. Hoekom gebeur dit? Was daar een of ander voorval wat ‘n skeuring tussen julle veroorsaak het? Pla dit jou glad nie? Waardeer jy nog die opofferings wat jou ma vir jou gemaak het? Of leef julle bloot in sulke verskillende wêrelde dat dit moeilik is om te kommunikeer? Wat keer jou om haar op Moedersdag te bel? Dink daaroor en deel dit met ons. Dit help altyd om te praat...
5/10/201340 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

9 May 2013

Is daar iets soos 'n tipiese Afrikaanse manier van groet, of wissel dit te veel van streek tot streek? 'n Luisteraar onderskei tussen die mondsoeners en die wangsoeners, die piksoeners, windsoeners en hoopvolle natsoeners - en nou het ons nog nie eers hand geskud nie! Kan 'n mens iets van 'n persoon aflei na aanleiding van die manier waarop hy of sy jou groet? Was jy al in die verleentheid oor onverwagse of onvanpaste maniere van groet?
5/9/201339 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

8 May 2013

Die wêreld raak al hoe kleiner, maar hoe beïnvloed dit ons vriendskappe in hierdie global village? Het jy nou meer vriende van ander lande en kulture as voorheen? Die spreekwoord sê "soort soek soort", maar is dit nie juis interessanter en meer verrykend om ook vriende te hê met ander gebruike, gewoontes en tradisies nie?
5/8/201335 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

7 May 2013

Binne twee jaar gaan 30 000 laerskoolleerlinge tablette kry vir gebruik so vroeg as Graad 1. Maar terwyl sommige sê dis die klaskamer van die toekoms waarin kinders met behulp van die tegnologie vinniger leer spel, tel en skryf, voel ander opvoedkundiges weer kinders jonger as Graad 3 moet glad nie aan tablette blootgestel word nie omdat dit hulle lees- en skryfvaardighede belemmer en hulle lui maak om te konsentreer sonder visuele stimulasie. As jy kan kies, sal jy jou Graad 1-tjie in 'n klas met of sonder tablette sit?
5/7/201345 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

6 May 2013

Wat kan ons leer van Irene van Niekerk wat presteer ten spyte van veminkte voete en die haglike lewe in 'n plakkerskamp?
5/6/201336 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

3 May 2013

Waarmee hou jy jouself besig wanneer die krag af is?
5/3/201336 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

2 May 2013

Wie dra die broek in Suid-Afrikaanse huishoudings?
5/2/201342 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

1 May 2013

Hoe lyk die padoppervlaktoestande in jou omgewing? Het jy al skade gely as gevolg van swak padtoestande?
5/1/201343 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

30 Apr 2013

Die rol van sosiale media in jou lewe.
4/30/201337 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

29 Apr 2013

Wat dien as afskrikmiddels vir diewe wat by jou huis wil inbreek en wat nie?
4/29/201342 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

26 Apr 2013

Die tema van Vrywillgersweek is: “Gee van jouself. Dit is die grootste geskenk wat jy ooit sal ontvang." Dink ons ooit so aan vrywillgerswerk, of sien ons daarteen op as te veel moeite? Het jy hierdie week iets van jouself gegee, of gaan jy nog oor die langnaweek?
4/26/201337 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

25 Apr 2013

Dra 'n openbare vakansiedag soos Vryheidsdag enigsins by tot versoening, of vervreem die verskillende saamtrekke wat deur organisasies en politieke partye gehou word Suid-Afrikaners eerder verder? Vier mense wat nog altyd al die vryhede gehad het ook Vryheidsdag, of net die vir wie dit nog nuut is? Wat kan ons doen om die dag beter te benut vir nasiebou?
4/25/201334 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

23 Apr 2013

Twee uit drie pikkies wat rugby begin speel voor hulle tienerjare, staak dit op hoërskool. Nou word vermoed dat een van die redes kan wees dat ouers én onderwysers te vroeg, te veel klem lê op die wenfaktor ten koste van genot - en dit by outjies so jonk as sewe! Dis die groter en sterker mannetjies wat die span laat wen, maar sommige mense sê te vroeë kompetisie benadeel kleiner sowel as groter kinders se algemene fisiese ontwikkeling. Wat dink jy?
4/23/201331 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

22 Apr 2013

Beïnvloed die omvang van iemand se begrafnis enigsins die herinneringe aan die oorledene? Sal jy skuldig voel as jy vir 'n familielied 'n beskeie begrafnis reël? En wat van jou eie? Sal jy vooraf betrokke raak by jou begrafnis, soos om jou kis te kies en instruksies te gee oor wat gesing of gesê moet word, of laat jy dit oor aan jou naasbestaandes? En wat moet jou grafskrif wees?
4/22/201339 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

19 Apr 2013

Die gewildheid van kookprogramme op TV en TV-sjefs neem steeds toe. Daar was 'n tyd toe "vinnig en maklik" die wagwoord was, maar deesdae hoor 'n mens al meer van mense wat die genot van kookkuns herontdek en dit net soveel vir die plesier doen as vir die lekker eet aan die einde. Hoe rym dit met die besige tyd waarin ons lewe? Is daar 'n beweging terug na ons wortels toe op soek na egtheid, of vind mense terapeutiese waarde en afleiding in kook?
4/19/201339 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

18 Apr 2013

Die mening is verlede week in Loslip geopper dat een van die redes hoekom Afrikaans ontstaan het, is dat mense met verskillende moedertale in Suid-Afrika moes leer kommunikeer om saam te werk en dat dit dan natuurlik is om "kortpad te vat" om die kommunikasieproses te vergemaklik. Dit mag aanvanklik so gewees het, maar hoekom lyk dit of hierdie proses vandag steeds aktief is en daartoe lei dat ons woordeskat aanhou verskraal?
4/18/201338 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

17 Apr 2013

Volgens 'n onlangse studie glo 70% mense wêreldwyd hulle kan sowel 'n suksesvolle loopbaan as 'n vervullende lewe buite die werk hê teenoor 84% Suid Afrikaners. Wêreldwyd het 52% al 'n betrekking van die hand gewys uit vrees dat dit die balans in hulle lewens sal versteur, teenoor 67% in SA. Hoe rym dit met so baie mense wat hier kla dat hulle nie uitkom met hulle salarisse nie, en waaraan sal jy die verskille tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld toeskryf?
4/17/201334 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

16 Apr 2013

Mense verskil nou maar eenmaal en wat vir jou buurman heeltemal normaal is, steek jou dalk dwars in die krop. Watter onbedagsame optrede van bure moes jy al verduur? Is daar vreedsame oplossings, of versuur enige poging om daaroor te praat die buurmanskap net verder?
4/16/201340 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

15 Apr 2013

"My nooi is in 'n nartjie-tjie, my ouma in in 'n kaneelstokkie-tjie" en oupa dan seker in 'n half jekkie-tjie? Soos mense al hoe meer verkleinwoordjies gebruik, gaan dit dalk een van die dae nie eers meer snaaks klink nie! Die rubriekskrywer Sonja Loots merk dit veral onder damestudente op en skryf dit toe aan die hernieude "poppiefikasie" van Afrikaanse vrouestudente. Is dit net hulle, of doen ouer vroue en mans dit ook? Hoekom? Moet 'n mens hierdie verskynsel probeer beveg of maar aanvaar?
4/15/201339 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

12 Apr 2013

Ons ouers het die beste bedoelings gehad, maar sommige van die goed wat hulle ons wou wysmaak, glo niemand meer vandag nie. Sommige van ons het ook later toe ons meer blootstelling en perspektief gekry het, met 'n skok agtergekom die geskiedenis is nie so eensydig soos ons geleer is nie. Wat was vir jou die grootste ontnugterings en wat laat jou vandag glimlag as jy terugdink?
4/12/201340 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

11 Apr 2013

Iemand bekend vir sy puik Afrikaans, sê onlangs daar bestaan nie iets soos suiwer Afrikaans nie. Afrikaans het as mengeltaal ontstaan en is dus eerder 'n suiwer pavement special. Besef ons dat as almal so gesteld was op suiwer taalgebruik, Afrikaans in die eerste plek nooit sou ontstaan het nie?
4/11/201339 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

10 Apr 2013

'n Luisteraar sê 'n misdadiger is iemand wat 'n wet oortree - enige wet! Ons is almal misdadigers, want wie het nog nie te vinnig gery of oor 'n stopstraat gery as die pad stil is nie? Dis dubbele standaarde om tekere te gaan oor sommige misdade as jyself deel is van die misdaadstatistiek. Hoe voel jy hieroor?
4/10/201337 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

9 Apr 2013

'n Professionele persoon wat onlangs gereeld in dokters se spreekkamers moes wag, sê hy kon amper nooit betyds ingaan nie. Selfs toe syne die eerste afspraak na middagete was, moes hy meer as 'n uur wag. Hy beskou dit as onprofessioneel en vra hoekom die ontvangsdame jou nie bel as die dokter ver agter skedule is nie? Dan kan jy mos aangaan met jou werk i.p.v. om in die wagkamer 'n ou tydskrif te lees.
4/9/201339 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

8 Apr 2013

Samoa se lugdiens laat nou swaar passasiers meer betaal. Dis 'n gewigtige besluit wat ander lugdienste ook al oorweeg het. Hoe voel jy daaroor? Maak dit sin of is dit diskriminasie?
4/8/201339 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

5 Apr 2013

Skuldberadingskenners sê die jongste styging in brandstofpryse sal talle verbuikers verder in die skuld, en in die omhelsing van mikroleners en geldskieters dryf. Wat doen jy om sulke ekonomiese onvoorsieninghede te absorber en jou begroting aan te pas?
4/5/201336 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

3 Apr 2013

Voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, voordele en nadele.
4/3/201343 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

1 Apr 2013

Mariëtta Kruger gesels oor Paasnaweekverkeer.
4/1/201338 minutes, 1 second
Episode Artwork

28 Mar 2013

Elke geslag tieners en studente het hulle eie unieke woorde en uitdrukkings wat Afrikaans verryk en soms bly steek en later algemeen gebruik word deur ouer mense ook. Kom ons hoor hoe klink hulle woorde en sêgoed deur die jare - al is dit nog nie in die woordeboek opgeneem nie.
3/28/201337 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

27 Mar 2013

Dis weer vakansietyd en tyd vir speel. Die speelgoed waarmee kinders hulle vermaak, het egter deur die jare baie verander en die verskeidenheid opsies het dramaties toegeneem. Wat was jou gunsteling speelding as kind?
3/27/201336 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

26 Mar 2013

Dit is ongelukkig 'n feit dat baie getroudes hulle huweliksmaats op een of ander stadium verkul en as gevolg daarvan skei. As jy een van hulle was, is jy toe met die skelmpie getroud, en as jy vandag terugkyk, was dit die regte besluit? Dink jy jy is gelukkiger as wat jy sou gewees het as jy getroud gebly het?
3/26/201334 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

25 Mar 2013

In 'n onlangse studie is bevind kinders met leesprobleme verbeter vinniger as hulle vir 'n hond lees in plaas van 'n ouer of 'n onderwyser. Hoekom sou dit wees? Dink jy ander troeteldiere sal dieselfde effek hê?
3/25/201336 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

22 Mar 2013

'n Luisteraar vertel van 'n koei wat snuf in die neus gekry het voor die diere gelaai is vir die slagpale en gaan wegkruip het. Diere tree soms vreemd op en dikwels kom jy eers later agter die dier het op een of ander ongewone manier met jou probeer kommunikeer, maar jy was net te dom om te verstaan. Het jy al sulke dieregiere waargeneem?
3/22/201335 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

21 Mar 2013

Menseregte is een van daardie begrippe waaraan verkillende mense verkillende inhoud heg, dikwels na gelang van hulle eie perspektief. Wat beskou jy as die meeste vordering wat ons in die onlangse verlede met menseregte gemaak het, en wat is die grootste tekortkomige wat aandag moet geniet?
3/21/201329 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

20 Mar 2013

Dit is nasionale waterweek en ten spyte van gereelde oorstromings is Suid-Afrika eintlik 'n waterskaars land. Dink jy gereeld bewustelik aan watersbeparing, of net in tye van droogte? Watter praktiese waterbesparingswenke kan jy met ander luisteraars deel?
3/20/201336 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

19 Mar 2013

Lede van die polisiediens word meer blootgestel aan omstandighede wat post traumatiese stressindroom kan veroorsaak as die meeste ander beroepe. Van die simptome is verhoogde aggressie en 'n verlaagde vermoë om werk behoorlik te kan doen, wat deels die kritiek kan verklaar waaronder die SAP tans gebuk gaan. Is professionele hulp geredelik beskikbaar of is lede soms te trots om hulp te soek? Tot watter mate kan 'n ondersteunende gesin help?
3/19/201335 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

18 Mar 2013

Sal jy 'n huis koop as jy weet iemand is in die huis vermoor, aangerand of mishandel? Wat beïnvloed jou besluit? Bly daar iets agter in so 'n huis, of hoe voel sommige mense aan 'n huis het 'n "ongelukkige geskiedenis"?
3/18/201337 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

15 Mar 2013

Die hoekie vir eensames in tydskrifte het plek gemaak vir 'n hoekie op Facebook waar baie mense vandag ontmoet. Korrespondensie is baie vinniger en meer gereeld. Beteken dit jy leer iemand beter ken uit dit wat op sy FB-blad aangaan? Ons sal graag wil hoor van mense wat op FB ontmoet het en dalk al die knoop deurgehaak het.
3/15/201331 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

14 Mar 2013

Veral moeders was onlangs onthuts toe 'n man en vrou tot 13 en 10 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir moord ná die dood van 'n kind weens mishandeling. Die regter is 'n vrou en later het 'n vroulike regskenner die straf as gepas bestempel met inagneming van al die feite. Is strawwe in Suid-Afrika oor die algemeen te lig, of soek ons te maklik wraak sonder die nodige insig en kennis van die omstandighede van die betrokke saak?
3/14/201335 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

13 Mar 2013

Ná feeste soos die pas afgelope Woordfees, hoor 'n mens gereeld opmerkings oor hoe daar nie nog so 'n volkleurtaal soos Afrikaans is nie. Tog is dit welbekend dat Afrikaanse skrywers meestal maar 'n opdraande stryd voer en dat net enkele toneelstukke werklik suksesvol is. Wat staan dan in ons pad om Afrikaans in sy vele fasette op verhoë en in boekwinkels beter te ondersteun as ons so lief is vir die soetste taal?
3/13/201337 minutes, 37 seconds
Episode Artwork

12 Mar 2013

Afrikaanse media fokus veral op misdaad wat Afrikaanse mense raak en slegte nuus soos "moord en doodslag" sal altyd koerantopskrifte en nuushooftrekke oorheers. 'n Mens wil graag ingelig wees, maar 'n luisteraar sê dit maak hom so neerslagtig dat dit 'n negatiewe invloed het op sy produktiwiteit en kreatiwiteit. Vandat hy opgehou het om nuus te kyk, te lees en te luister, is hy strate gelukkiger. Is dit dan die moeite werd om ingelig te wees as dit jou ongelukkig maak?
3/12/201336 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

11 Mar 2013

Mense is maar geneig om te veralgemeen en dikwels kry almal wat 'n sekere beroep beoefen 'n swak naam na slegte publisiteit oor hulle beroep, al is hulle self hoe bekwaam. Hoe voel lede van die SA Polisie en hulle vriende en familie oor die huidige reputasie van die polisie? En hoe voel die publiek? Was die polisie maar altyd geneig tot die gebruik van oormatige geweld, of is dit deesdae net moeiliker om toe te smeer?
3/11/201336 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

8 Mar 2013

Die kanse is baie goed dat jy dalk al onwetend perd, donkie, waterbuffel of zebra geëet het, dit geniet het en steeds perdfris voel. Hoekom eet ons sekere soorte diere sonder skroom, maar ander is taboe? Dit kan mos nie die smaak wees as jy dit eet sonder om dit agter te kom nie? Is daar enige logiese reël of op grond waarvan onderskei ons? Wat maak 'n koedoe meer aanvaarbaar as 'n waterbuffel of 'n perd?
3/8/201337 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

7 Mar 2013

Baie mense het een of ander brokkie skindernuus oor bekendes of vooraanstaandes, maar dikwels hou hulle dit vir hulleself totdat die bekende in een of ander verleentheid beland. Dan is dit asof hulle dit nie gou genoeg kan oorvertel nie. Hoekom? As dit jaloesie is, sal hulle dit mos juis oorvertel as die bekende iewers opgehemel word.Of is dit 'n primitiewe soort kinderagtigheid? Iets soos: "Ek het tog geweet hy het voete van klei? Wat motiveer sulke gedrag?
3/7/201337 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

6 Mar 2013

Uitnodigings na huweliksonthale versoek dikwels dat geen kinders onder 16 dit bywoon nie. Wat is die hoofbeweegrede en is dit 'n billike versoek? Hoekom ignoreer sommige mense hierdie wens blatant, terwyl ander hulle weer wip en sê "as my kinders nie welkom is nie, kom ek ook nie?"
3/6/201337 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

5 Mar 2013

Mense kla dikwels omdat daar net slegte nuus in die koerante is, maar dan kla hulle self steen en been oor alles om die braaivleisvure sonder enige poging om goeie nuus oor te vertel. Vandag deel ons net goeie nuus met mekaar - enigiets wat opbouend of inspirerend is en 'n mens weer 'n bietjie hoop gee.
3/5/201336 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

4 Mar 2013

In bykans elke begrotingsrede is rokers en drinkers 'n sagte teiken en "sondebelasting" word ruim verhoog. Die slagoffers kla en dreig om op te hou of af te skaal, maar selde hou dit langer as 'n week... of doen dit? Die mens is 'n aanpasbare ding, maar pas jy jou rook en drinkgewoontes aan, of pas jy iets anders aan om darem nog "een van die min plesiertjies" in die lewe te kan geniet?
3/4/201341 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

1 Mar 2013

Daar word gereken dat mense gemiddeld elke tien jaar van loopbaan verander. Vroeër het mense hulle hele lewe lank binne een loopbaanrigting gebly. Waarom is dit belangrik dat mense hulle loopbane verander en watter voordele of nadele hou dit in?
3/1/201335 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

28 Feb 2013

Kry jy dit reg om elke maand spaargeld weg te sit, of spandeer jy alles wat jy kry en bekommer jou dan later daaroor?
2/28/201332 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

26 Feb 2013

Soms sien 'n mens 'n vriend of familielid worstel met 'n probleem soos die hantering van aggressie of alkoholisme, maar ons is dikwels te bang vir konfrontasie om te probeer help... tot dit te laat is. Was jy al te laat spyt dat jy niks gedoen het nie, of spyt dat jy wel iets probeer doen het? Hoe behoort 'n mens dit te hanteer?
2/26/201334 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

25 Feb 2013

Joernaliste het ons die afgelope week vir die eerste keer letterlik van minuut tot minuut op hoogte gehou van elke wending in 'n hofsaak. Die meetbaarheid van die sosiale media het onomwonde die gewildheid daarvan bewys. Een joernalis se volgelinge op Twitter het van 10 000 tot meer as 130 000 toegeneem. Hoekom kla mense dan oor die onsensitiwiteit van die media? As jy die inligting so graag verslind, is jy mos aandadig, en as niemand dit wil lees nie, sal die media mos gou ophou om dit te doen?
2/25/201322 minutes, 24 seconds